Open-access The war for Southern Africa (1966-1989) that continues to fascinate and haunt us

Abstract

In hierdie oorsigartikel word sekere aspekte van die geskiedenis van die Oorlog vir Suidelike Afrika van 1966 tot 1989, asook die gevolge wat dit ingehou het, krities geëvalueer aan die hand van drie onlangse publikasies oor verbandhoudende temas. Die mees omstrede van hierdie boeke handel oor die hoogs geklassifiseerde operasies wat vanaf 1978 tot 1988 deur Suid-Afrikaanse Spesiale Magte in Angola en Mosambiek van stapel gestuur is, danksy die deurslaggewend belangrike hulp wat deur die Suid-Afrikaanse Vloot verleen is. Die tweede boek fokus op die oorlog in Angola in die jare 1975 tot 1989, belig dié konflik vanuit die Suid-Afrikaanse, Russiese, Kubaanse en Oos-Duitse oogpunt, en bevat ook 'n waardevolle lys van bronne wat oor die oorlog handel. Die derde boek ondersoek onder meer die impak wat die jare van konflik op die Suid-Afrikaanse samelewing en kultuur gehad het (en steeds het). Hierdie drie publikasies maak deel uit van die voortgesette stroom boeke wat oor die stryd in suidelike Afrika gepubliseer word, maar is van 'n beter kwaliteit as sommige van die talle populêre publikasies wat verskyn.

Namibië; Angola; bevrydingstryd; burgeroorlog; Suid-Afrikaanse Weermag (SAW); Suid-Afrikaanse Vloot; Spesiale Magte; Kubane; South West African Peoples' Organisation (SWAPO); herdenking


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top