Open-access Unpacking Complex Masculinities in the Zimbabwe People's Revolutionary Army (ZPRA) Guerrilla Warfare

Abstract

Die Zimbabwe People's Revolutionary Army (ZPRA) se guerrilla-oorlogvoering van die vroeë 1960's tot 1979 is gekenmerk deur gewapende mans aan die front, terwyl opgeleide vroulike kaders in die agtergrond gebly het. Werwing, opleiding, ontplooiing en gevegservarings het plaasgevind binne 'n Afrika-patriargale konteks wat deur manlike aggressie en vroulike onderdanigheid gekenmerk is. Die komplekse vorme van manlikheid binne hierdie guerrillaleër bly 'n grys gebied - beide wat hulle invloed op die verloop van die oorlog betref en met betrekking tot die teenswoordige gespanne verhoudings tussen voormalige vegters. Die bronne vir hierdie artikel sluit in outobiografieë en onderhoude met voormalige ZPRA-stryders, publikasies van die Zimbabwe African People's Union (ZAPU), sowel as sekondêre literatuur, ten einde die verband tussen manlikheid en militarisme te ondersoek. Hierdie navorsing het bevind dat ZPRA-guerrilla-oorlogvoering 'n ontmoetingspunt van komplekse manlikheid was, waar elke individuele guerrilla sy militêre pligte uitgevoer het volgens sy eie realiteit, werklik of verbeel, op 'n bepaalde tydstip. Die artikel dra by tot 'n beter begrip van hoe mans hulle in 'n oorlogsomgewing gedra. Die lyding en "vervrouliking" van mans het tot dusver min akademiese aandag geniet in beskouings oor guerrillavegters, wat sedert die verkryging van onafhanklikheid in 1980 as óf helde óf skurke beskou is. Hierdie navorsing oor manlikheid lewer insig in mans se persepsies van hulle rol binne gewapende konflik.

Manlikheid; vroulikheid; Mkushi-kamp; Zimbabwe People's Revolutionary Army; Zimbabwe African People's Union


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba