Open-access Republics, Revolutions and Racialisation: The South African Republic at the 1889 Paris Exposition Universelle

Hierdie artikel dokumenteer en ontleed die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR) se deelname aan die 1889 Parys Exposition Universelle. Ter viering van 'n eeu van die Franse Rewolusie en industriële ontwikkeling, het die ZAR se teenwoordigheid as 'n amptelike uitstaller gedien as 'n inligtingsentrum vir die bevordering van kommersiële en diplomatieke belange in Suid-Afrika in 'n toenemend Anglo-Duits-Portugees gedomineerde imperiale sfeer. Geïnisieer en gekoördineer deur die Franse konsulaat in Pretoria as 'n tydige geleentheid om die industriële onsekerhede te verlig wat Johannesburg se mynbedryf teëgekom het, het die ZAR se deelname in die Koloniale Uitstalling gedien as 'n propaganda-instrument vir setlaar-kolonialisme en die onderwerping van nie-Westerse samelewings. Die ZAR se posisie, geleë tussen ontmenslikende 'etnografiese dorpies', het Frankryk se visie van republikanisme, industrialisasie en rasse-onderskeid tydens die hoogbloei van die 'Stormloop vir Afrika' ondersteun. Met die beskouing van die 1889 Parys Exposition Universelle as 'n belangrike handels- en inligtingsentrum vir nywerheid, etnografie en imperiale politiek, ontleed hierdie artikel die ZAR se diplomatieke poging om homself uit te beeld as 'n welvarende setlaarsrepubliek wat daarna gestreef het om die wêreldleier in die goudbedryf te word. As 'n belangrike deelnemer aan die Koloniale Uitstalling, is die ZAR uitgebeeld as 'n Franse republikeinse vennoot en simbool van koloniale medewerking tussen 'n Europese setlaarsgemeenskap en Afrika ekonomieë.

Suid-Afrikaanse Republiek; Frankryk; wêreldtentoonstelling; kolonialisme; industrialisasie; goudmynbou; republikanisme; ras; Franco-Afrikaner-verhoudinge


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top