Open-access Food, nutrition and the Afrikaans housewife in Die Huisvrou, 1922-1945

Abstract

In die bladsye van Die Huisvrou, 'n Suid-Afrikaanse tydskrif wat een van die eerste tydskrifte vir Afrikaanse vroue was, lê daar vreemde resepte, voedingswenke en verwagtinge oor die verhouding tussen vroue en kos. 'n Ondersoek van die tydskrif bewys dat daar 'n verwagting was dat kos 'n baie belangrike rol moes speel in die lewens van huisvrouens. Hierdie resepte en artikels gee 'n blik op wat tussen 1922 en 1945 as "voedsaame" kos beskou was, asook die deel wat voedselverwante aktiwiteite in vroue se alledaagse lewens sou hê. Die inhoud van Die Huisvrou onthul die idee dat vroue die gesondheid van hul gesin met hul kookkuns kon bepaal. Dit was van vrouens verwag om voedsel te gebruik om die gesondheid van hul gesin, en verder, "die nasie", te verseker. Die tydskrif gee ook inligting oor hoe vroue dié ideaal kon bereik.

Vroue; voeding; kookkuns; huishouding; Afrikaanse huisvrouens; tydskrifte


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo