Open-access Die behoud van 'n Britse lewenswyse: Engelssprekende Suid-Afrikaners se patriotiese, kulturele en liefdadigheidsverenigings

As deel van voortgesette navorsing oor die geskiedenis van wit, Engelssprekende Suid-Afrikaners, ondersoek hierdie artikel die rol wat 'n aantal patriotiese, kulturele en liefdadigheidsverenigings in die negentiende en twintigste eeu in die lewens van Engelssprekendes gespeel het. Die meeste van hierdie verenigings is uit die Verenigde Koninkryk of Kanada na Suid-Afrika oorgeplant, en hulle fondasies was deeglik in die Britse en imperiale etos gevestig - 'n kenmerkende eienskap van die groep. Die artikel ondersoek die stigting en groei van die verenigings, en dui aan tot watter mate hulle gedurende die jare van Britse oppergesag oor die sub-kontinent, asook gedurende krisistye soos die twee Wêreldoorloë, gedy het. Dit ondersoek dan ook redes waarom lidmaatskap van die verenigings van die middel van die twintigste eeu afgeneem het.

British Empire Service League; Britsheid; broederskap; Caledoniese Verenigings; Eerste Wêreldoorlog; Engelssprekende Suid-Afrikaners; Guild of Loyal Women; imperialisme; kultuur; liefdadigheid; MOTH's; patriotiese; kulturele en liefdadigheidsorganisasies; patriotisme; Protestantisme; Sons of England; sport; Suid-Afrikanisme; Tweede Wêreldoorlog; Vrymesselaars


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba