Open-access Die ANC/SAKP in Angola: 'n Gevallestudie rakende interne demokrasie

The ANC/SACP in Angola: A case study in internal democracy

Die ANC/Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het altyd beweer dat die doel van hulle gewapende stryd, vryheid en demokrasie was. Een manier om dit te toets is om te kyk na die alliansie se praktiese toepassing van interne demokrasie in die jare van ballingskap. Met dié doel voor oë word in hierdie artikel ondersoek ingestel na die situasie in MK se kampe in Angola, die twee gewapende opstande in 1984, en die strafkamp Quatro. Twee paradigmas om die situasie te verklaar, word ontleed. Die een is die standpunt van die ANC dat die probleme die gevolg was van die apartheidsregering se spioenasie, en dié van die dissidente dat hulle eenvoudig 'ndemokratiese kultuur van verantwoordbaarheid wou hê. Die eindgevolgtrekking is dat ofskoon daar waarheid in die ANC se verklaring steek, dit 'nfeit is dat die alliansie se interne demokrasie veel te wense oorgelaat het.

African National Congress (ANC); Angolese kampe; demokrasie; gewapende stryd; Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP); Umkhonto we Sizwe (MK)


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo