Open-access Die Universele in die Besondere: Die universalisering van sosiale wetenskappe

Twee epistemologiese vrae met betrekking tot die universalisering van die sosiale wetenskappe word in hierdie artikel gevra. In die eerste plek kan aanvaar word dat die sosiale wetenskappe wat in die Weste ontstaan het, inheems aan die Weste is, maar is hulle noodwendig van universele waarde vir die res? In die tweede plek, kan die universele altyd die besondere verduidelik, tensy die universele in die besondere bydra tot die konstruksie van die universele? 'n Argument is te make vir die inheemsing - teenoor die parogialisasie - van die sosiale wetenskappe in die nie-Westerse wêreld vir die bereiking van die doelwit van die universalisering van die sosiale wetenskappe. Die wyse waarop dit bereik kan word, is om navorsing te ontwerp wat buite die konteks daarvan kan veralgemeen. Inheems-ontwerpte navorsing moet homself bevry van die "gevange gees" sindroom en die "logika van die ondersoek" volg, aangedryf deur teoreties-metodologiese nougesetheid. Hierdie argument word geïllustreer aan die hand van 'n kritiese ontleding van die betekenis van die konsepte en teorieë van Westerse "moderniteit" en "multikulturalisme" in die Indiese, Suid-Asiese konteks.

Assimilasie; Eurosentrisme; gemeenskaplike welsyn; gemeenskapsontwikkeling; gevange gees; globalisasie; hulpmiddels; inheemsheid; integrasie; multikulturalisme; nasiestaat; panchayati raj; paradigmas; parogialisme; pluralisme; tradisie; universalisme; utopisties; veralgemening; Westerse moderniteit


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba