Open-access The ramifications of the Appellate Body Ruling in United States - measures affecting the production and sale of clove cigarettes on consumer protection measures at international trade level

Die gevolge van die Appêlligaam Beslissing in United States - measures affecting the production and sale of clove cigarettes op verbruikersbeskerming op internasionale handelsvlak

Abstract

Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) is in 1995 gestig met 'n duidelike handelsgeoriënteerde filosofie. Die primêre fokus van die WHO se institusionele raamwerk is dus te verstane op produkte en dienste eerder as op verbuikers. Sonder om hierdie benadering noodwendig te bevraagteken, is dit 'n bron van kommer dat die WHO se implementering van sy mandaat en ooreenkomste tog negatief inwerk op sosiale belange wat die regte van verbruikers insluit. 'n Onlangse en historiese ondersoek na die WHO/'GATT' dispuutoplossing wys na talle besluite wat geneem is terwyl dit die verbruiker se gesondheid en veiligheid ondermyn, ten gunste van kommersiële belange. Die verwerping van die VSA se gesondheidsbeleid algemeen bekend as die 'youth anti-smoking law', gebaseer op die 'Family Smoking Prevention and Tobacco Control Act' van 2009, deur die Appelraad in 'Measures Affecting the Production and Sale of Clove Cigarettes, WT/DS406/AB/R (April 4, 2012)' is maar een van baie besluite wat gedurig debatte sal ontlok of die WHO enigsins sensitief is vir verbruikersbelange, of is sulke belange net te ver verwyder van dit waarvoor hulle staan.


location_on
Pretoria University Law Press De Jure, Office No 2-3, Faculty of Law, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0002, Tel: +27 12 420 3158 - E-mail: pulp@up.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo