Open-access Die invloed van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 op die waarborg teen verborge gerbreke, voetstootsklousules en aanspreeklikheid vir skade

Abstract

Die bespreking fokus op die invloed van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 op die gemeenregtelike waarborg teen verborge gebreke en die gemeenregtelike remedies tot die koper se beskikking waar die waarborg nie nagekom word nie. Die verbruiker se regte op veilige, goeie gehalte goedere ingevolge artikel 55 sowel as die versweë waarborg van gehalte ingevolge artikel 56 word krities bespreek. Die voortbestaan van voetstootsklousules ingevolge die Wet word bespreek asook die posisie waar eiendomsagente betrokke is by die verkoop van onroerende eiendom en die posisie ten opsigte van tweedehandse goedere. Ten laaste word die aanspreeklikheid vir skade deur goedere veroorsaak soos beoog in artikel 61 van die Wet bespreek.


location_on
Pretoria University Law Press De Jure, Office No 2-3, Faculty of Law, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0002, Tel: +27 12 420 3158 - E-mail: pulp@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top