Open-access WTO Appellate Body Ruling in United States - Certain country of origin labeling requirements: Trading away consumer rights and protections, or striking a balance between competition-based approach in trade and consumer interests?

WHO Appelliggaam Beslissing in United States - Certain country of origin labeling requirements: Erosie van verbruikersbeskerming en veiligheid, of is dit noodsaaklik ten einde 'n balans te bewerkstellig tussen handelsregulering en verbruikersbelang?

Abstract

Hierdie bydra oorweeg die bevinding van die Appelliggaam van die Wêreldhandelsorganisaise (World Trade Organization) in die geval van United States - Certain Country of Origin Labeling (COOL) requirements (US -COOL). Die kern oorweging is of die bevinding in die voormelde beslissing, neerkom op 'n erosie van verbruikersbeskerming en veiligheid, en of dit 'n noodsaaklike euwel is in 'n poging om 'n balans tussen handelsregulering en verbruikersbelange daar te stel. Die bevinding dien as bewys van die kompleksiteit van die interpretasie en toepassing van die Wêreldhandels-organisasie se ooreenkomste. Sommige van die interpretasies het die potensiaal om 'n positiewe of 'n negatiewe impak op verbruikersregte te hê. Die betrokke bevinding van die Wêreldhandelsorganisasie sit gedeeltelik die beskouing voort dat hierdie organisasie nie verbruikers-belange vooropstel nie. In 'n poging om 'n balans tussen die kompeterende benadering in handel aan die een kant, en verbruikers-belange aan die ander kant te handhaaf, het die betrokke bevinding die onvermydelike impak dat dit die vermoë van die staat om verbruikers te beskerm, verswak het.


location_on
Pretoria University Law Press De Jure, Office No 2-3, Faculty of Law, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0002, Tel: +27 12 420 3158 - E-mail: pulp@up.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba