Open-access Kliniese Regsopleiding: Die Vasstelling van die Missie en Fokus van 'n Universiteitregskliniek en die Verwagte Uitkomste, Tegnieke en Waardes

Abstract

Die doel en fokus van verskillende tipes regsklinieke word aangedui waarna daar op universiteitsregsklinieke gefokus word. Kritiek vanuit die regspraktyk rakende die praktiese gereedheid van LLB graduandi bevestig die belangrike rol van praktiese regskursusse. Sodanige kursusse moet, ten einde suksesvol te wees, volgens universeel aanvaarbare riglyne beplan word. Alvorens 'n leerplan beplan word, moet die kliniek se missie en fokus, asook die rol van die kliniese toesighouers bepaal word. Die leerplan moet aan bepaalde uitkomste, tegnieke en waardes voldoen. In hierdie artikel word uitkomste, tegnieke en waardes uit verskeie internasionale jurisdiksies saamgevat en met die van Suid-Afrikaanse universiteitsregsklinieke vergelyk. Die doel is tweesydig: die resultaat toon eerstens in hoeverre Suid-Afrikaanse klinieke aan internationale tendense voldoen Tweedens verleen dit dan ook aan Suid-Afrikaanse klinieke die geleentheid om hulle leerplanne in die lig van die resultate te hersien, waar nodig.


location_on
Pretoria University Law Press De Jure, Office No 2-3, Faculty of Law, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0002, Tel: +27 12 420 3158 - E-mail: pulp@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top