Open-access Linking air quality and quality of life for a just transition

Abstract

Hierdie studie ondersoek hoe lewenskwaliteit-aanwysers (LK) geïntegreer kan word met die Suid-Afrikaanse lugkwaliteit bestuurstelsel om 'n regverdige oorgang te ondersteun. Hiervoor word raamwerktoepassing, literatuursintese en induktiewe kodering gekombineer. Deur gebruik te maak van 'n begronde, konteks-spesifieke LK-raamwerk wat ontwikkel is deur Suid-Afrikaanse beleidsontleding en gemeenskapsgebaseerde navorsing, karteer die studie sosiale aanwysers oor vyf kapitaaldomeine: ekonomies, menslik, sosiaal, natuurlik en polities. 'n Kwalitatiewe sintese van die globale literatuur toon 'n geografiese vooroordeel ten gunste van die konteks in die globale Noorde, wat die behoefte aan plaaslik relevante benaderings uitlig. Deur LK-aanwysers met bestaande regeringsinstrumente te belyn, identifiseer die navorsing leemtes in deelnemende en geregtigheidsgerigte meganismes. Die studie stel 'n multidimensionele raamwerk voor vir meer inklusiewe, meetbare en sosiaal- sensitiewe lugkwaliteit bestuur. Die bevindinge posisioneer hierdie studie as 'n kritiese bydrae tot kontekssensitiewe omgewingsbeplanning en die regverdige oorgang debat in die globale Suide.

Lugkwaliteit; Lewenskwaliteit; Regverdige Oorgang; Suid-Afrika


location_on
National Association for Clean Air 17 Riverview, Brakfontein Road, The Reeds, Centurion, Pretoria, Gauteng, ZA, 0001, Tel: +27 12 339 8543 - E-mail: cleanairjournal@gmail.com
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo