Table of contents
Acta Structilia, Volume: 30, Issue: 1, Published: 2023Acta Structilia, Volume: 30, Issue: 1, Published: 2023
| Documents |
|---|
|
Research Articles A conceptual quality improvement protocol for Free State public works projects Thulo, Lehlohonolo Emuze, Fidelis Theron, Elizabeth Abstract in English: Materials delivered on public works project sites deviate from technical specifications, with detrimental implications for the quality of the construction process and product. When delivered materials differ from specifications, quality issues such as defects and re-work ensue at greater cost to the clients. The inadequate application of concepts and techniques of quality improvement also appears to perpetuate the problems. This study aims to find answers as to which quality improvement protocol would ensure that materials are delivered on construction sites as specified by the engineers. A case-based design with multiple data-collection techniques and points was expedited in the study. The primary data collected through a semi-structured, self-administered questionnaire, semi-structured interviews, and purposive sampling from the Department of Public Works and Infrastructure's technical personnel provided the platform for compiling a quality improvement protocol contextualised for the Department of Public Works and Infrastructure in the Free State, which constituted the case study. The statistical and textual data outlined how the department could address quality planning, quality control, and quality improvement concerning materials delivery for public works projects. The article's contribution is the proposed quality improvement protocol that should guide the specification and delivery of construction materials for projects.Abstract in af: Materiaal wat gelewer word vir openbare werke projekte wyk af van tegniese spesifikasies met nadelige gevolge vir die kwaliteit van die konstruksieproses en produk. Met aflewering variëer materiale van spesifikasies, en gehalte kwessies soos defekte en addisionele werk volg, met die kliënt wat addisionele kostes ervaar. Hierdie probleme dui op 'n gebrek aan kwaliteit tydens beide die ontwerp en konstruksieproses rakende materiaalbestuur. Die onvoldoende toepassing van kwaliteitverbetering konsepte en tegnieke blyk ook by te dra tot die bogenoemde probleme. Die doel van die studie is dus om 'n gepaste kwaliteitverbeteringsprotokol te vind wat sal verseker dat afgelewerde materiale voldoen aan die nodige ingenieurs-spesifikasies. 'n Gevallestudie-gebaseerde ontwerp met veelvuldige data-insamelingstegnieke is gebruik om die studie te bespoedig. Dit is gebaseer op pragmatisme as navorsingsfilosofie wat daarop gemik is om werklike probleme op te los. Die primêre data is versamel met behulp van 'n semi-gestruktureerde, self-geadministreerde vraelys, semi-gestruktureerde onderhoude en dokumentontleding. Dit het die platform verskaf vir die samestelling van 'n kwaliteitsverbeteringsprotokol wat gekontekstualiseer is vir die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in die Vrystaat provinsie. Die statistiese en geskrewe data toon hoe die departement die kwessies rakende kwaliteit-beplanning, -beheer, en -verbetering met betrekking tot materiaallewering op Openbare Werke projekte kan aanspreek. Die artikel se bydrae is die voorgestelde gehalteverbeteringsprotokol rakende die spesifikasie en aflewering van konstruksiemateriale. |
|
Research Articles The nexus between monetary and fiscal policies and construction output in Tanzania Kikwasi, Geraldine Sospeter, Nyamagere Gladys Abstract in English: There is insufficient knowledge on the influence of monetary and fiscal policies elements on the construction sector output in Tanzania. Monetary and fiscal policies elements are paramount in decisions pertaining to project viability or feasibility. The purpose of this study is to determine the relationship of monetary and fiscal policies elements with the construction sector output in Tanzania. Accordingly, this study adopts a correlational research design to examine the extant relationship between various elements of fiscal and monetary policies and construction output. Time-series data was obtained from Tanzania National Bureau of Statistics and Bank of Tanzania, covering a period of twenty-three (23) years from 1998 to 2021. The data obtained was tested for stationarity, followed by correlation and regression analysis. Results reveal that construction output is negatively related to commercial bank's weighted interest and inflation rates. On the other hand, construction output is positively related to exchange rate, government expenditure on construction, and total tax on product. Multiple regression analysis revealed similar results, with the exception of exchange rate which has turned out to be negatively related to construction output. Nevertheless, the relationship of construction output and all elements of monetary and fiscal policies is not statistically significant. The study provides knowledge on the nexus between monetary and fiscal policies on the construction sector output within a previously unexplored Tanzanian context. This can help developers make informed decisions on investments in times of high or low inflation and interest rates, and during an upsurge of exchange rates. It also informs the public on how the government regulates the construction output by increasing or decreasing expenditure on construction.Abstract in af: Daar is onvoldoende kennis oor die invloed van monetêre en fiskale beleidselemente op die konstruksiesektor se uitset in Tanzanië. Monetêre en fiskale beleidselemente is deurslaggewend in besluite wat verband hou met projek lewensvatbaarheid of haalbaarheid. Die doel van hierdie studie is om die verwantskap van monetêre en fiskale beleidselemente met die konstruksiesektor se uitset in Tanzanië te bepaal. Gevolglik gebruik hierdie studie 'n korrelasionele navorsingsontwerp om die bestaande verband tussen verskeie elemente van fiskale en monetêre beleid en konstruksie-uitset te ondersoek. Tydreeksdata is verkry van Tanzanië Nasionale Buro vir Statistiek en Bank van Tanzanië, wat 'n tydperk van drie-en-twintig (23) jaar van 1998 tot 2021 dek. Die data is getoets vir stasionariteit, gevolg deur korrelasie- en regressie-analise. Resultate toon dat konstruksie-uitset negatief verband hou met kommersiële banke se geweegde rente- en inflasiekoerse. Aan die ander kant is konstruksie-uitset positief verwant aan wisselkoers, staatsbesteding aan konstruksie en totale belasting op produk. Meervoudige regressie-analise het soortgelyke resultate aan die lig gebring, met die uitsondering van wisselkoers wat negatief met konstruksie-uitset verband hou. Nietemin is die verband tussen konstruksie-uitset en alle elemente van monetêre en fiskale beleid nie statisties betekenisvol nie. Die studie verskaf kennis oor die verband tussen monetêre en fiskale beleid oor die konstruksiesektor se uitset binne 'n voorheen onontginde Tanzaniese konteks. Dit kan ontwikkelaars help om ingeligte besluite oor beleggings te neem in tye van hoë of lae inflasie en rentekoerse, en tydens 'n oplewing van wisselkoerse. Dit lig ook die publiek in oor hoe die regering die konstruksie-uitset reguleer deur uitgawes aan konstruksie te verhoog of te verminder. |
|
Research Articles Labour productivity in construction SMEs: perspectives from South Africa Adebowale, Oluseyi Agumba, Justus Abstract in English: Small and medium-sized enterprises (SMEs) are strategic to South African economic performance. Despite their strategic role in economic growth, South African construction SMEs are predominantly confronted with the problem of poor performance, which is partly due to poor productivity. This contributes to a negative outlook for construction and undermines its contribution to the nation's economy. This study determines essential strategies to help improve construction SMEs' productivity in South Africa. Qualitative data were collected from registered small and medium-sized construction organisations in South Africa, using a semi-structured interview approach. The research data were analysed, using content analysis. The study reported key strategies, including the need for proficiency at managerial and non-managerial levels, effective teamwork, and effective planning, to improve contractors' productivity. Although existing studies have widely reported major factors influencing contractors' productivity, there is still a shortage of research on SMEs' productivity, especially in South Africa. This research determines SMEs-specific productivity challenges and the interventions needed to improve productivity in the SME sector.Abstract in af: Klein en mediumgrootte ondernemings (KMO's) is strategies vir Suid-Afrikaanse ekonomiese prestasie. Ten spyte van hul strategiese rol in ekonomiese groei, word Suid-Afrikaanse konstruksie-KMO's oorwegend gekonfronteer met die probleem van swak prestasie, wat deels te wyte is aan swak produktiwiteit. Dit dra by tot 'n negatiewe vooruitsig vir konstruksie en ondermyn die bydrae daarvan tot die land se ekonomie. Hierdie studie bepaal noodsaaklike strategieë om konstruksie-KMO's se produktiwiteit in Suid-Afrika te help verbeter. Kwalitatiewe data is ingesamel vanaf geregistreerde klein en mediumgrootte konstruksie-organisasies in Suid-Afrika deur gebruik te maak van 'n semi-gestruktureerde onderhoudbenadering. Die navorsingsdata is ontleed met behulp van inhoudsanalise. Die studie het sleutelstrategieë wat die behoefte aan vaardigheid op bestuurs- en nie-bestuursvlakke, effektiewe spanwerk en effektiewe beplanning insluit, gerapporteer om kontrakteurs se produktiwiteit te verbeter. Alhoewel bestaande studies wyd gerapporteer het oor belangrike faktore wat kontrakteurs se produktiwiteit beïnvloed, is daar steeds 'n tekort aan navorsing oor KMO's se produktiwiteit, veral in Suid-Afrika. Hierdie navorsing bepaal KMO's-spesifieke produktiwiteitsuitdagings en die intervensies wat nodig is om produktiwiteit in die KMO-sektor te verbeter. |
|
Research Articles Predictors of corruption among town planners: a Nigerian case study Badiora, Adewumi Bako, Abdullateef Abstract in English: This article examines the predictors of corruption among selected town planners in Ogun State, Nigeria, through the Differential Association-Reinforcement Theory. Questionnaires were used to gather data about corruption, economic situation, job dissatisfaction, lack of commitment, learnt behaviour (criminal or anti-criminal), and reinforcement favourable to corruption among the sample of 81 town planners. Descriptive statistics, bivariate relationships, and a series of Ordinary Least Squares (OLS) regression models were used to analyse the data. Findings show that variables with the highest correlation with corruption are job dissatisfaction, commitment, learnt criminal behaviour, and reinforcement towards corruption. Findings also show that town planners significantly engage more in corruption when higher levels of job dissatisfaction and higher levels of lack of commitment interact with higher levels of learnt criminal behaviour. This study makes an important theoretical contribution to the existing literature as well as to urban and regional planning practice in Nigeria, considering the accountability of town-planning 'officials'.Abstract in af: Hierdie artikel ondersoek die voorspellers van korrupsie onder geselekteerde stadsbeplanners in Ogun-staat, Nigerië, deur middel van die Differential Association-Reinforcement Theory. Vraelyste is gebruik om data oor korrupsie, ekonomiese situasie, werksontevredenheid, gebrek aan toewyding, aangeleerde gedrag (krimineel of anti-krimineel) en versterking wat gunstig is vir korrupsie onder die steekproef van 81 stadsbeplanners in te samel. Beskrywende statistiek, tweeveranderlike verwantskappe en 'n reeks van gewone kleinste vierkante (OLS) regressiemodelle is gebruik om die data te ontleed. Bevindinge toon dat veranderlikes wat die meeste met korrupsie korreleer, is werksontevredenheid, toewyding, aangeleerde kriminele gedrag, en versterking tot korrupsie. Bevindinge toon ook dat stadsbeplanners aansienlik meer betrokke is by korrupsie wanneer hoër vlakke van werksontevredenheid en hoër vlakke van gebrek aan toewyding interaksie het met hoër vlakke van aangeleerde kriminele gedrag. Hierdie studie lewer 'n belangrike teoretiese bydrae tot die bestaande literatuur en stedelike en streeksbeplanningspraktyke in Nigerië, met inagneming van stadsbeplanning 'amptenare' se aanspreeklikheid. |
|
Research Articles Optimisation of labour-intensive productivity for construction projects in Ghana Bamfo-Agyei, Emmanuel Thwala, Didibhuku Wellington Aigbavboa, Clinton Abstract in English: The construction industry in Ghana is labour-intensive and relies heavily on the skills of its workforce. No coordinated policy framework has been implemented or developed to guide and mainstream the application of labour-intensive methods in Ghana's development process. The aim of this article is to develop a framework for optimising labour-intensive productivity for construction work. The article adopted a quantitative research design, using a questionnaire survey to determine the factors influencing labour-intensive productivity in the Ghanaian construction industry. Records available at the Ghana Social Opportunity Project (GSOP) indicate that there are 920 professionals involved in labour-intensive works on road infrastructure. A purposive sampling technique was used to select 40 districts that were into road construction projects; from these, 560 respondents were considered. Descriptive statistics and inferential statistics were used for the data analysis. Principal axis factor analysis revealed six components in the three labour-productivity categories with eigenvalues above 1 that may influence the optimisation of labour-intensive productivity for construction projects in Ghana. These comprise equipment and tools, material and temperature. Optimising labour-intensive productivity in construction works requires the involvement of all stakeholders, including project managers, workers, suppliers, and subcontractors. By implementing the six components in the proposed labour productivity framework, construction projects can achieve increased productivity, cost savings, and improved outcomes. The framework may help policymakers in the construction industry review the existing national policies that are geared towards helping indigenous firms in improving productivity in the construction industry.Abstract in af: Die konstruksiebedryf in Ghana is arbeidsintensief en maak staat op die vaardighede van sy arbeidsmag. Geen gekoördineerde beleidsraamwerk is geïmplementeer of ontwikkel om die toepassing van arbeidsintensiewe metodes in Ghana se ontwikkelingsproses te lei nie. Die doel van hierdie artikel is om 'n raamwerk te ontwikkel vir die optimalisering van arbeidsintensiewe produktiwiteit vir konstruksiewerk. Die artikel het 'n kwantitatiewe navorsingsontwerp aangeneem wat 'n vraelysopname gebruik het om die faktore te bepaal wat arbeidsintensiewe produktiwiteit in die Ghanese konstruksiebedryf beïnvloed. Rekords beskikbaar by die Ghana Social Opportunity Project (GSOP) dui aan dat 920 professionele persone betrokke was by arbeidsintensiewe werke aan padinfrastruktuur. 'n Doelgerigte steekproeftegniek is gebruik om 40 distrikte te selekteer wat in padbouprojekte betrokke was; hieruit is 560 respondente oorweeg. Beskrywende en inferensiële statistiek is vir die data-analise gebruik. Hoofasfaktoranalise het ses komponente in die drie arbeidsproduktiwiteitskategorieë met eiewaardes bo 1 aan die lig gebring wat die optimalisering van arbeidsintensiewe produktiwiteit vir konstruksieprojekte in Ghana kan beïnvloed. Dit bestaan uit toerusting en gereedskap, materiaal en temperatuur. Die optimalisering van arbeidsintensiewe produktiwiteit in konstruksiewerke vereis die betrokkenheid van alle belanghebbendes, insluitend projekbestuurders, werkers, verskaffers en subkontrakteurs. Deur die ses komponente in die voorgestelde arbeidsproduktiwiteitsraamwerk te implementeer, kan konstruksieprojekte verhoogde produktiwiteit, kostebesparings en verbeterde uitkomste behaal. Die raamwerk kan beleidmakers in die konstruksiebedryf help om die bestaande nasionale beleid te hersien wat daarop gemik is om inheemse firmas te help om produktiwiteit in die konstruksiebedryf te verbeter. |
|
Research Articles Impact of urban renewal changes on urban landscape identity: case study of Kisumu City, Kenya K'oyoo, Edwin Abstract in English: Urban renewal undertaken to respond to physical deterioration and decay within cities results in various changes. The changes can impact on physical, socio-economic, and meaning aspects attached to various features, thus affecting the urban landscape identity of the city. Urban renewal in Africa is undertaken in the existing built forms in post-colonial times with the works impacting on city identities. Cities are striving to be unique and distinct, in order to attract and promote world trade and tourism, making city identity an issue of great concern. This study postulates that a city's uniqueness and distinctiveness lie in its landscape identity that should be highly considered when upgrading urban environments in renewals. This study aims to investigate the impact of changes in urban form elements, due to urban renewal, on landscape identity. This is a case study analysis of Kisumu City, Kenya, which has recently undergone the upgrading of urban forms. A sample of 384 participants were involved in the field survey, 12 participants for the photo elicitation interview (PEI), and four key informants. Quantitative and qualitative approaches were used. The survey results supported by PEI responses revealed that renewal changes of urban physical forms had a positive impact on the city's landscape identity, thus making it a visually appealing place. The vast majority of the respondents were satisfied with both the various components implemented and the overall outcome. They opined that the city had become a different but better place. The article highlights concern for the preservation of urban landscape identity within urban renewal projects in the post-colonial era.Abstract in af: Stedelike vernuwing wat onderneem word om te reageer op fisiese agteruitgang en verval binne stede lei tot verskeie veranderinge. Die veranderinge kan 'n impak hê op fisiese, sosio-ekonomiese en betekenisaspekte wat aan verskeie kenmerke geheg word, dus word die stedelike landskapsidentiteit van die stad beïnvloed. Stedelike vernuwing in Afrika word onderneem in die bestaande geboude vorms van die post-koloniale tye met die werke wat 'n impak het op stadsidentiteite. Stede streef daarna om uniek en afsonderlik te wees om wêreldhandel en toerisme te lok en te bevorder. Dit maak stadsidentiteit 'n kwessie van groot kommer. Hierdie studie postuleer dat 'n stad se uniekheid en eiesoortigheid in sy landskapsidentiteit lê wat hoog in ag geneem moet word wanneer stedelike omgewings deur hernuwings opgegradeer word. Hierdie studie het ten doel om die impak van veranderinge in stedelike vormelemente as gevolg van stedelike vernuwing op landskapsidentiteit te ondersoek. Dit is 'n gevallestudie-analise van Kisumu Stad, Kenia, wat onlangs opgradering van stedelike vorms ondergaan het. 'n Steekproef van 384 deelnemers is by die veldopname betrek, 12 deelnemers vir die foto-onttrekkingsonderhoud (PEI) en vier sleutelinformante. Kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings is gebruik. Die opnameresultate wat deur PEI-antwoorde ondersteun is, het aan die lig gebring dat vernuwingsveranderinge op stedelike fisiese vorms 'n positiewe impak op die stad se landskapsidentiteit gehad het en dit sodoende 'n visueel aantreklike plek gemaak het. Meeste van die respondente was tevrede met die verskillende komponente wat geïmplementeer is en met die algehele uitkoms. Hulle het gevoel dat die stad 'n ander maar beter plek geword het. Die artikel beklemtoon kommer oor die behoud van stedelike landskapsidentiteit binne stedelike hernuwingsprojekte in die post-koloniale era. |
|
Review articles Litema artivism: community-engaged scholarship with international online learning Bosman, Gerhard Venter, Anita Mabe, Phadi Abstract in English: The misconception that online learning and teaching for the building sciences is ineffective has been proven wrong. A blended learning technique, combining service-learning activities and research (community-engaged scholarship) with Collaborative Online International Learning (COIL), has shown great learning and teaching possibilities on an international digital platform. This article considers how community-engaged scholarship and COIL can support an international learning experience celebrating rural art and architecture in central parts of South Africa. The research used a qualitative participatory action research approach and social learning theory framework. Combining practical outcomes in service-learning activities with collaborative international desk research provided a new perspective of litema wall-decorating art in rural parts of the eastern Free State province. These activities developed into a collaboration opportunity as a COIL exchange. A novel conceptual service-learning approach requires good communication and networking, clear agendas, as well as dedicated staff and students. The study merged service-learning activities by South African architecture students at the University of the Free State with literature from American art history students from Colorado State University through COIL that resulted in a collaborative exhibition of research findings. The study follows the United Nations' Sustainable Development Goals (SDGs) of quality education and gender equality, as well as the "Art-Lab for Human Rights and Dialogue" that intervenes ethically for human rights as "activist" acts of care for rural domestic art.Abstract in af: Die wanopvatting dat aanlyn-leer en onderrig vir die bouwetenskappe ondoeltreffend is, is verkeerd bewys. 'n Gemengde leertegniek, wat diensleeraktiwiteite en navorsing (gemeenskapsbetrokke vakkundigheid) kombineer met Collaborative Online International Learning (COIL), het wonderlike leer- en onderrigmoontlikhede op 'n internasionale digitale platform getoon. Hierdie artikel kyk na hoe gemeenskapsbetrokke vakkundigheid en COIL 'n internasionale leerervaring kan ondersteun wat landelike kuns en argitektuur in sentrale dele van Suid-Afrika vier. Die navorsing het 'n kwalitatiewe deelnemende aksie navorsingsbenadering en sosiale leerteorie-raamwerk gebruik. Die kombinasie van praktiese uitkomste in diensleeraktiwiteite met 'n samewerkende internasionale literatuurstudie het 'n nuwe perspektief van Litema-muurversieringkuns in landelike dele van die Oos-Vrystaat-provinsie gebied. Hierdie aktiwiteite het ontwikkel in 'n samewerkingsgeleentheid as 'n COIL-ervaring. 'n Nuwe konseptuele diensleerbenadering vereis goeie kommunikasie en netwerkvorming, duidelike agendas sowel as toegewyde personeel en studente. Die studie het diensleeraktiwiteite deur Suid-Afrikaanse argitektuurstudente aan die Universiteit van die Vrystaat saamgesmelt met literatuur van Amerikaanse kunsgeskiedenis-studente van Colorado State University deur middel van 'n COIL wat gelei het tot 'n samewerkende uitstalling van navorsingsbevindinge. Die studiebenadering volg die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) van kwaliteit onderwys en geslagsgelykheid en die "Art-Lab for Human Rights and Dialogue" wat eties ingryp vir menseregte as "kunsaktivistiese" dade van sorg vir plattelandse woonhuiskuns. |
Read our Open Access Statement
