Tabla de contenido
Acta Structilia, Volumen: 26, Numero: 2, Publicado: 2019Acta Structilia, Volumen: 26, Numero: 2, Publicado: 2019
| Documents |
|---|
|
Research Articles Decent working conditions for improved construction workers' productivity on Zimbabwean building projects Moyo, Tirivavi Crafford, Gerrit Emuze, Fidelis Resumen en Inglés: Construction labour productivity is declining, due to shortcomings in the Decent Work Agenda. This research seeks to determine decent working conditions that could improve the productivity of skilled and semi-skilled workers on construction sites in Zimbabwe. A quantitative research approach enabled a self-administered questionnaire survey among site management and workers from selected trades. The randomly selected respondents work for construction companies affiliated with the Construction Industry Federation of Zimbabwe database. The companies are based in Harare, Bulawayo, and Shurugwi. In addition, thirteen building project sites in the study area were purposively selected through the National Social Security Authority register. The results indicate that adequate work-related health and safety conditions and facilities were identified through ranking as the most significant decent work conditions under which improved labour productivity can be achieved. It is also notable that all the decent working conditions assessed were deemed significant in terms of improving labour productivity. A Kruskal-Wallis test ascertained that there were no statistically significant differences due to the age, gender and experience of respondents. However, statistically significant differences were found due to the designation and educational levels of the respondents. The research study recommends that training on decent working conditions be undertaken and that accentuation of adequate decent working conditions on sites be encouraged. Adequate planning and financing for decent work conditions are also proffered.Resumen en af: Die afname in die boukonstruksie se arbeidsproduktiwiteit is te wyte aan tekortkominge in die Voldoende Werksagenda. Hierdie navorsingstudie poog om behoorlike werksomstandighede te identifiseer wat arbeidsproduktiwiteit op boupersele sal kan verbeter. 'n Kwantitatiewe navorsingsbenadering het 'n opname deur middel van 'n self-geadministreerde vraelys onder bouperseel-en projekbestuurders asook 'n vraelys wat voltooi is tydens 'n onderhoud met geskoolde en ongeskoolde werknemers uit geselekteerde ambagte moontlik gemaak. Die geselekteerde ambagte is beperk tot baksteen- en bloklegging, timmer- en skrynwerk asook verfwerk, aangesien hierdie die mees bevolkte ambagte is asook kritiese padaktiwiteite. Die deelnemers aan die opname is geaffilieerd aan boumaatskappye wat in Harare, Bulawayo en Shurugwi in Zimbabwe gebaseer is. Hulle is lukraak van die databasis van die Konstruksiebedryf Federasie van Zimbabwe geselekteer. Daarbenewens is dertien bouprojekpersele doelbewus uitgekies deur middel van die register van die Nasionale Maatskaplike Sekuriteitsinstansie. Die uitslae dui daarop dat voldoende gesondheids- en veiligheidsmaatreëls en fasiliteite geïdentifiseer is as die beduidendste behoorlike werksomstandighede waaronder verbeterde arbeidsproduktiwiteit bereik kan word. Dit is ook opmerklik dat al die geskikte werksomstandighede wat in die navorsing geëvalueer is, beduidend is met betrekking tot die verbetering van arbeidsproduktiwiteit. 'n Kruskal-Wallis-toets het vasgestel dat daar geen statisties beduidende verskille was as gevolg van die verskille in ouderdom, geslag of ondervinding nie. Nietemin is daar statisties beduidende verskille gevind as gevolg van die beroep en onderwysvlak van die respondente. Die navorsingstudie beveel aan dat ingryping behoort plaas te vind met verwysing na opleiding met betrekking tot geskikte werksomstandighede en die beklemtoning van geskikte werksomstandighede op boupersele met gepaardgaande beplanning en uitvoering van aktiwiteite. Konstruksiewerknemers behoort ook aan te dring op geskikte werksomstandighede in die omgewing van boupersele. Voorts ondersteun die navorsingstudie die noodsaaklikheid vir voldoende beplanning en finansiering vir voldoende werksomstandighede gebaseer op die waarnemings van die bouperseelbestuur asook die boukonstruksiewerknemers. |
|
Research Articles Effectiveness of contractor development programme in KwaZulu-Natal Haupt, Theo Hadebe, Weziwe Akinlolu, Mariam Resumen en Inglés: The article investigates the level of satisfaction with the South African Department of Public Work's Contractor Development Programme (CDP) in terms of its effectiveness. A mixed method research approach (combination of quantitative and qualitative approach) is employed for the collection of both statistical and in-depth information on the perceptions of participants on the CDP. Survey data collected from 364 participants and interview data from six focus-group participants in the KwaZulu-Natal (KZN) province of South Africa forms the data sets for the article. Data was analysed using the Statistical Package for the Social Sciences (SPSS) version 23. Descriptive statistics is used to report the reliability of the various constructs, mean scores, standard deviations, and correlations. The findings show that participants not only deemed the programme unsatisfactory, but also reported an overall negative experience with the programme. Specific findings show that the CDP offers no training opportunities to registered members, lacks effective communication mediums, and benefited only those with political connections. The correlation results show that there is a strong relation between population and registering on the CDP, thus confirming that the open and easy access when registering on the CDP allows any interested person to automatically become a contractor creating the possibility of abuse of the programme. The study was limited to KZN contractors only and may, therefore, not be generalised to the entire national population of contractors. This article is relevant, as it gives insight into how satisfied contractors are with the CDP. It may help potential contractors to consider whether the CDP will be beneficial to them, before they decide to join the programme.Resumen en af: Die artikel ondersoek die vlak van tevredenheid met die Suid-Afrikaanse Departement van Openbare Werke se kontrakteurontwikkelingsprogram (KOP) in terme van die doeltreffendheid daarvan. ' n Gemengde navorsingsbenadering (kombinasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings) is gebruik. Die metode maak gebruik van die versameling van beide statistiese en in-diepte inligting oor die persepsies van deelnemers op die KOP oor die effektiwiteit daarvan. Opname-data versamel van 364 deelnemers en onderhouddata van ses fokusgroep-deelnemers in die KwaZulu-Natal (KZN) provinsie van Suid-Afrika vorm die datastelle vir die artikel. Data is geanaliseer met behulp van die SPSS-weergawe 23. Beskrywende statistiek is gebruik om die betroubaarheid van die verskillende konstrukte, gemiddelde tellings, standaardafwykings en korrelasies te rapporteer. Die bevindinge toon dat deelnemers nie net die program as onbevredigend beskou het nie, maar ook 'n algehele negatiewe ervaring met die program gerapporteer het. Spesifieke bevindings toon dat die KOP nie opleidingsgeleenthede aan geregistreerde lede bied nie, nie effektiewe kommunikasiemediums het nie en slegs diegene met politieke verbindings bevoordeel. Die korrelasieresultate toon dat daar 'n sterk verband is tussen die populasie en registrasie op die KOP wat bevestig dat die oop en maklike toegang tot die program deur enige belanghebbende persoon om outomaties 'n kontrakteur te word, die moontlikheid skep dat die program misbruik word. Die studie is slegs beperk tot KZN kontrakteurs en mag dus nie noodwendig tot die hele nasionale bevolking van kontrakteurs genasionaliseer word nie. Hierdie artikel is relevant, aangesien dit insig gee oor hoe tevrede kontrakteurs met die KOP is. Dit kan potensiële kontrakteurs help om te besluit of die KOP voordelig sal wees voordat hulle besluit om by die program aan te sluit. |
|
Research Articles An assessment of transformation strategies in South Africa: A multi-case study of the accounting, financial services, government, and construction sectors Musonda, Innocent Gumbo, Trynos Okoro, Chioma Resumen en Inglés: Globally, transformation is etched in all sectors of the economy. In the South African context, transformation is viewed as the catalyst to address the country's socio-economic problems and their associated impact on different sectors and the economy at large. However, progress on transformation within the built environment has been slow in comparison with other sectors of the economy. As a result, this has led to a need to examine the transformation processes in the country. This article aims to analyse transformation strategies as conceptualised and implemented by various sectors. The article is based on a multi-case study of identified sectors and organisations that have developed and implemented transformation strategies. The materials used to conduct the study include sector transformation strategies, charters, journal articles, articles published in reputable South African newspapers, organisation reports, information publicly available on the internet, and interviews conducted with sector representatives. The findings show that, for all sectors, transformation strategies are driven through skills development of human resources, with a view to redressing historical imbalances and providing equal opportunities. The process of strategy development involves sector-wide participation and having a champion for the strategy. In order to ensure that strategies are implemented, specific structured training and education programmes from the grassroots to professional level, as well as monitoring of progress are emphasised. Recommendations are made in line with the findings in order to guide the Council for the Built Environment in the development of a strategy for the built environment.Resumen en af: Transformasie word wêreldwyd in alle sektore van die ekonomie geëts. In die Suid-Afrikaanse konteks word transformasie gesien as die katalisator om die land se sosio-ekonomiese probleme en die gepaardgaande impak daarvan op verskillende sektore en die ekonomie in die algemeen aan te spreek. Nietemin, in vergelyking met ander sektore in die ekonomie vorder transformasie binne die bou-omgewing stadig. Dit het daartoe gelei dat dit nodig is om die transformasieprosesse in die land te ondersoek. Hierdie artikel het ten doel om transformasiestrategieë te ontleed soos gekonseptualiseer en geïmplementeer deur verskillende sektore. Die artikel is gebaseer op 'n multi-gevallestudie van geïdentifiseerde sektore en organisasies wat transformasiestrategieë ontwikkel en geïmplementeer het. Die materiaal wat gebruik is om die studie uit te voer, is onder meer sektortransformasiestrategieë, handveste, tydskrifartikels, artikels wat in betroubare Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer is, organisasieverslae, inligting wat op die internet beskikbaar is en onderhoude met verteenwoordigers van die sektor. Uit die bevindinge blyk dit dat transformasiestrategieë vir alle sektore deur vaardigheidsontwikkeling van menslike hulpbronne gedryf word met die doel om historiese wanbalanse reg te stel en gelyke geleenthede te bied. Die proses van strategie-ontwikkeling behels deelname aan die sektor en ook om 'n kampioen te hê wat die strategie dryf. Ten einde te verseker dat strategieë geïmplementeer word, is spesifieke gestruktureerde onderrrig- en opleidingsprogramme van voetsoolvlak tot op professionele vlak, asook die monitering van vordering, belangrik. Aanbevelings is gemaak in ooreenstemming met die bevindinge om die Raad vir die Bou-omgewing te lei in die ontwikkeling van 'n strategie vir die bou-omgewing. |
|
Research Articles Theoretical model of trust-based relationships in building information modelling supply chain for construction projects Olugboyega, Oluseye Windapo, Abimbola Resumen en Inglés: The structure of relationships among project participants has a significant impact on trust development, while the number of participants involved in the relationship increases the complexity of trust. Hence, it becomes inappropriate to generalise the existing dimension and components of trust-based relationships to trust-based relationships among the building information modelling (BIM) supply chain members because of the multiple structures of relationship and the numerous interpersonal and inter-organisations that participate on BIM-based construction projects. This article investigates the nature of trust-based relationships among the BIM supply chain members and establishes whether the requirements of the BIM process influence trust-based relationships among the BIM supply chain members. A five-stage PRISMA was adopted for systematic reviews and meta-analysis. The systematic review enabled the development of a theoretical model of trust-based relationships in BIM supply chain which was subjected to meta-analysis for validation. The findings revealed that trust-based relationships among the BIM supply chain members entail trusting and trustworthy behaviours, positive expectations, and positive reputations, under which twenty-seven components were identified and classified appropriately. The article concludes that the nature of trust-based relationships among the BIM supply chain members, as influenced by the requirements of the BIM process, can be explained as trusting and trustworthy behaviours, positive expectations, and positive reputations. The article advances the understanding of trust-based relationships among the BIM supply chain members and recommends a first-hand investigation into the nature of trust-based relationships among the BIM supply chain members in future studies.Resumen en af: Die struktuur van verhoudings tussen die projekdeelnemers het 'n beduidende impak op vertroue-ontwikkeling, terwyl die aantal deelnemers wat betrokke is in die verhouding, die kompleksiteit van vertroue verhoog. Daarom word dit onvanpas om die bestaande dimensie en komponente van vertrouensgebaseerde verhoudings te veralgemeen na vertrouensgebaseerde verhoudings tussen die building information modelling (BIM)-toevoerketting lede as gevolg van die veelvoudige strukture van verhoudings en verskeie interpersoonlike en interorganisasies wat deelneem aan BIM-gebaseerde konstruksieprojekte. Hierdie studie ondersoek die aard van vertrouensverwante verhoudings onder lede van die die BIM-toevoerketting en stel vas of die vereistes van die BIM-proses die trustgebaseerde verhoudings tussen die lede van die BIM-toevoerketting beïnvloed. 'n Vyf-stadium PRISMA is aangeneem vir sistematiese oorsigte en meta-analise. Die sistematiese oorsig het die ontwikkeling van 'n teoretiese model van vertrouensgebaseerde verhoudings in BIM-toevoerketting moontlik gemaak wat aan meta-analise onderworpe gestel is vir validering. Die bevindinge het getoon dat vertroue-gebaseerde verhoudings tussen die lede van die BIM-toevoerketting behels vertroue en betroubare gedrag, positiewe verwagtinge en positiewe reputasies waaronder sewe-en-twintig komponente geïdentifiseer en gepas geklassifiseer is. Die studie het tot die gevolgtrekking gekom dat die aard van vertrouensgebaseerde verhoudings tussen lede van die BIM-toevoerketting, soos beïnvloed deur die vereistes van die BIM-proses, as vertroue en betroubare gedrag, positiewe verwagtinge en positiewe reputasie verklaar kan word. Die studie bevorder die begrip van vertrouensgebaseerde verhoudings onder lede van die BIM-toevoerketting en beveel aan om 'n eerstehandse ondersoek te doen na die aard van vertrouensgebaseerde verhoudings tussen lede van die BIM-toevoerketting in toekomstige studies. |
|
Research Articles Factors influencing professionalism and the viability of local firms in Nigeria Oladimeji, Olubimbola Resumen en Inglés: It is imperative to know the place of professionalism in the viability of local construction firms (LCFs) in developing countries. This article identified and examined various factors related to professionalism from diverse aspects that influence firms' viability in the construction industry. From a literature review, 37 variables influencing the viability of local construction firms were identified of which 19 relate to professionalism. 177 staff from LCFs who were awarded building contracts in selected institutions in Nigeria were requested to rate the importance of each viability factor on a 5-point Likert scale. Mean score ratings and principal component analysis were used to identify and summarise the most important factors. Three of the four "extremely important" factors are directly related to professionalism in the construction industry: organisational competence, quality of work and services, and quality of construction work and services, with mean scores of 4.4, 4.31, and 4.30, respectively. Out of the 11 component factors obtained, three topmost factors are directly related to professionalism in the construction industry. These factors were labelled: "construction resources" (9.27%); "improved construction method" (3.24%), and "quality service and satisfaction" (2.84%). These factors substantiate the importance of professionalism in the viability of LCFs and should motivate various professionals in the construction industry to demonstrate their effectiveness in good service delivery and ethics.Resumen en af: Dit is noodsaaklik om die plek van professionaliteit in die lewensvatbaarheid van plaaslike konstruksiemaatskappye in ontwikkelende lande te weet. Hierdie artikel het verskillende faktore wat met professionaliteit verband hou, geïdentifiseer en ondersoek uit die verskillende faktore wat ondernemings se lewensvatbaarheid in die konstruksiebedryf beïnvloed. Uit 'n literatuurstudie is 37 veranderlikes geïdentifiseer wat die lewensvatbaarheid van plaaslike konstruksiemaatskappye beïnvloed, waarvan 19 betrekking het op professionaliteit. 177 personeellede van plaaslike konstruksiefirmas wat boukontrakte by geselekteerde instellings in Nigerië ontvang het, is versoek om die belangrikheid van elke lewensvatbaarheidsfaktor op 'n Likert-skaal van 5 punte te beoordeel. Gemiddelde tellingwaardes en hoofkomponentanalise is gebruik om die belangrikste faktore te identifiseer en op te som. Drie van die vier "uiters belangrike" faktore hou direk verband met professionaliteit in die konstruksiebedryf: organisasiebevoegdheid, kwaliteit van werk en dienste, en kwaliteit van konstruksiewerk en dienste, met 'n gemiddelde punt van onderskeidelik 4.4, 4.31, en 4.30. Uit die 11 faktore wat verkry is, is drie faktore direk verwant aan professionaliteit in die konstruksiebedryf. Die faktore is gemerk: "konstruksiehulpbronne" (9.27%); "Verbeterde konstruksiemetode" (3.24%), en "Kwaliteit diens en tevredenheid" (2.84%). Hierdie faktore bevestig die belangrikheid van professionaliteit in die lewensvatbaarheid van LCF's en behoort verskillende professionele persone in die konstruksiebedryf te motiveer om hul doeltreffendheid in goeie dienslewering en etiek te demonstreer. |
Lea la Declaración de Acceso abierto
