<?xml version="1.0" encoding="ISO-8859-1"?><article xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance">
<front>
<journal-meta>
<journal-id>1727-3781</journal-id>
<journal-title><![CDATA[PER: Potchefstroomse Elektroniese Regsblad]]></journal-title>
<abbrev-journal-title><![CDATA[PER]]></abbrev-journal-title>
<issn>1727-3781</issn>
<publisher>
<publisher-name><![CDATA[Publication of North-West University (Potchefstroom Campus)]]></publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id>S1727-37812012000200002</article-id>
<title-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Die rol van en beperkings op die regbank om sosiale vrede in Suid-Afrika te bevorder]]></article-title>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[The role of and limitations on the judiciary in the promotion of social peace in South Africa]]></article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Bertelsmann]]></surname>
<given-names><![CDATA[E]]></given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="A01"/>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="A01">
<institution><![CDATA[,Hooggeregshof  ]]></institution>
<addr-line><![CDATA[Potchefstroom ]]></addr-line>
</aff>
<pub-date pub-type="pub">
<day>00</day>
<month>08</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="epub">
<day>00</day>
<month>08</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<volume>15</volume>
<numero>2</numero>
<fpage>01</fpage>
<lpage>20</lpage>
<copyright-statement/>
<copyright-year/>
<self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&amp;pid=S1727-37812012000200002&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&amp;pid=S1727-37812012000200002&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_pdf&amp;pid=S1727-37812012000200002&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><abstract abstract-type="short" xml:lang="en"><p><![CDATA[Judge Eberhard Bertelsmann of the North Gauteng High Court delivered the address published here as he delivered it in Afrikaans in the series of FW de Klerk lectures in Potchefstroom on 20 February 2012. He dealt with the role of and limitations on the judiciary to promote social peace in South Africa, pointing out the achievements of the courts in the establishment of the constitutional dispensation over the past decades. He however also showed that the courts are over-burdened and that court administration leaves much to be desired. Litigants and practitioners do not hesitate to abuse the system and ugly incidents of unethical conduct have marred the professions. Judges however do not take these trends lying down and measures to rectify the situation are well underway. Fair, understandable, predictable and speedy adjudication without fear, favour or prejudice continues to be the contribution of judges to the protection of the South African democracy.]]></p></abstract>
<kwd-group>
<kwd lng="en"><![CDATA[Judiciary]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[social justice]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[court administration]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[professional ethics]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[democracy]]></kwd>
</kwd-group>
</article-meta>
</front><body><![CDATA[ <p align="right"><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>ORATIONES</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="4"><b>Die rol van    en beperkings op die regbank om sosiale vrede in Suid-Afrika te bevorder</b></font></p>     <p>&nbsp;</p> <p/>  <p/>      <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>The role of    and limitations on the judiciary in the promotion of social peace in South Africa</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p> <p/>      <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>E Bertelsmann</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"> Regter van die    Hooggeregshof, Noord-Gauteng. FW de Klerklesing gelewer te Potchefstroom op    20 Februarie, <a href="mailto:EBertelsmann@justice.gov.za">EBertelsmann@justice.gov.za</a></font></p>     <p>&nbsp;</p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p>&nbsp;</p> <hr size="1" noshade>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>SUMMARY</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Judge Eberhard    Bertelsmann of the North Gauteng High Court delivered the address published    here as he delivered it in Afrikaans in the series of FW de Klerk lectures in    Potchefstroom on 20 February 2012. He dealt with the role of and limitations    on the judiciary to promote social peace in South Africa, pointing out the achievements    of the courts in the establishment of the constitutional dispensation over the    past decades. He however also showed that the courts are over-burdened and that    court administration leaves much to be desired. Litigants and practitioners    do not hesitate to abuse the system and ugly incidents of unethical conduct    have marred the professions. Judges however do not take these trends lying down    and measures to rectify the situation are well underway. Fair, understandable,    predictable and speedy adjudication without fear, favour or prejudice continues    to be the contribution of judges to the protection of the South African democracy.</font></p> <p/>      <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Keywords:</b>    Judiciary, social justice, court administration, professional ethics, democracy</font></p> <hr size="1" noshade>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>1 Opening</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Dankie vir die    onverdiende eer wat iemand ontvang wie se verbintenisse met Potchefstroom tot    'n paar besoeke tydens diensplig in die sestigerjare, twee Rondgange en die    bywoning van verskeie Aardklopfeeste beperk is. Ek wil nederig my erkentlikheid    betoon.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">My raakpunte met    Oud-President F W de Klerk behoort my met die eerste oogopslag as 'n spreker    by hierdie gedenkrede uit te sluit. Ek is oortuig daarvan dat ek die eerste    gas is wat die Oud-President wat vanaand vereer word, gedagvaar het. Dit was    darem slegs in my professionele hoedanigheid as advokaat. In 1992 het hy 23    senior Weermagoffisiere afgedank in die sogenaamde "Nag van die Generaals".    Verskeie onder hulle was betrokke by die verrigtinge van die Harmskommissie,    hoofsaaklik as getuies wat van medepligtigheid by onwettige moordbendes verdink    was of oor inligting daaroor beskik het. Ek het voor die Harmskommissie vir    Max du Preez, Die Vrye Weekblad, wyle dr Dullah Omar en die families van verskeie    slagoffers van moordbendes opgetree. Daar was gerugte dat die BSB my op sy moordlys    gesit het. Die generaals en ek was nie op goeie voet nie. Toe hulle afgedank    word, vra hulle my om vir hulle in hulle skadevergoedingsaksie teen onder andere    die destydse President op te tree. Ek was nie min verbaas nie en s&ecirc;-vra    toe dat ons nog heeltyd in teenoorgestelde kampe was. Hulle leier antwoord toe    "Ja, maar ons het nou 'n advokaat nodig wat nie met die baas se stem praat nie."    Toe dagvaar ons "pienk Frikkie", soos my kli&euml;nte na die agbare Staatspresident    verwys het. Ons het later geskik - toe blyk dit dat een van die manne wat ek    verteenwoordig het, as lid van die BSB opdrag gehad het om my te skiet - wat    hy dalk sou gedoen het as Mnr F W de Klerk se optrede nie 'n nuwe orde geskep    het nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Deur sy toedoen    is ek tot die beste van my wete die enigste advokaat in die geskiedenis wat    vir sy eie sluipmoordenaar in 'n hofgeding opgetree het en dit oorleef het.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>2 Om nie met    die baas se stem te praat nie</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Hierdie treffende    frase vat die belangrikste eienskap van die regsprofessie en die regbank pragtig    raak. Dit is in ons huidige tydvak, waar ons tekens van 'n moontlik toenemende    ongemoedelikheid in die interaksie tussen regbank en uitvoerende en wetgewende    gesag waarneem, van toepassing. Onafhanklikheid ken geen baas nie en kan geen    voorskrifte van buitestaanders verduur nie. In die agtste FW de Klerklesing<a name="top1"></a><a href="#back1"><sup>1</sup></a>het    Mnr de Klerk ges&ecirc;:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die konvensie      waarop demokrasie rus is dat vrae rondom politieke mag nie beslis moet word      deur verwoestende en verdelende konflik nie, maar deur vrye en regverdige      verkiesings. Die noodsaaklike afleiding hiervan is dat wenners van verkiesings      die burger- en politieke regte van die verloorders moet respekteer. Hierdie      proses moet gereguleer word deur grondwette en handveste van regte en moet      bereg word deur regverdige en onafhanklike howe. In </font><font  size="2">&#329;</font><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">      sin word grondwette hoofsaaklik opgestel om die belange van minderhede en      individue wat nie mag besit nie te beskerm - aangesien meerderhede gewoonlik      hul beheer van staatsmag kan gebruik om hul eie belange te beskerm. In die      geval van Suid-Afrika is dit veral belangrik.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die nuwe bedeling    wat deur Staatspresident De Klerk se optrede teweeggebring is, het ontsaglike    uitdagings gestel aan 'n Grondwet wat menswaardigheid, gelykheid en 'n verbod    op diskriminasie as fundamentele regte in sy handves veranker. Die verskille    tussen ras en klas, geleerd en ongeletterd, bevoorregtes en benadeeldes, tussen    diegene wat toegang tot dienste het en diegene wat in krotbuurte bly, was en    is kras. 'n Gemeenskap met elf amptelike tale, met hemelho&euml; werkloosheidssyfers,    met 'n relatief klein aantal uitmuntende en baie swak skole wat hoofsaaklik    op rasgrondslag verdeel was, is 'n potensi&euml;le resep vir onrus en opstand.    Die feit dat daar na 21 jaar nog relatiewe vrede in ons land heers, is enersyds    'n wonderwerk en andersyds 'n pluimpie vir ons "regverdige en onafhanklike howe"    wat in die twee dekades talle dispute moes oplos wat rondom maatskaplike geregtigheid    - of die gebrek daraan - ontstaan het; maar ook vir 'n gemeenskap wat ten spyte    van ontsaglike frustrasies relatiewe vrede bewaar het.</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>3 Maatskaplike    vrede - "social peace"</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die woord "peace"    het sy ontstaan uit die Latynse <i>pax</i>, wat op die afwesigheid van maatskaplike    konflik dui. <i>Wikipedia</i>definier vrede ("peace") as:<a name="top2"></a><a href="#back2"><sup>2</sup></a></font></p>     <blockquote>        ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">... a state of      harmony characterised by the absence of violent conflict. Commonly understood      as the absence of hostility, peace also suggests the existence of healthy      or newly healed interpersonal or international relationships, prosperity in      matters of social or economic welfare, the establishment of equality, and      a working political order that serves the true interests of all.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die onlangse Arabiese    revolusies het bewys gelewer dat groot verskille tussen arm en ryk 'n groot    bedreiging vir maatskaplike vrede inhou.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die eise en aansprake    wat tans die openbare debat oorheers, weerspie&euml;l hierdie uitdagings: nasionalisering    van myne, banke en finansi&euml;le instellings, omgewingsbewaring, veral besoedeling    en renosterstropery, grondeise en herverdeling van "gesteelde" grond, onderwys    en armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling, misdaad en korrupsie, geweld    teen vroue en kinders en, les bes, die magte van die Konstitusionele Hof: -    "ieder woelt hier om verandering."</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die Grondwet verklaar    in die Aanhef dat bestaande ongelykhede uitgeskakel moet word om 'n regverdige    maatskaplike orde te skep waarin gelykheid 'n fundamentele waarde is.</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">The people of      South Africa are committed to the attainment of social justice and the improvement      of the quality of life for everyone. The preamble to our Constitution records      this commitment. The Constitution declares the founding values of our society      to be (h)uman dignity, the achievement of equality and the advancement of      human rights and freedoms.<a name="top3"></a><a href="#back3"><sup>3</sup></a></font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">In <i>Soobramoney    v Minister of Health (Kwazulu-Natal)</i> s&ecirc; Hoofregter Chaskalson<a name="top4"></a><a href="#back4"><sup>4</sup></a>onder    meer die volgende:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">We live in a      society in which there are great disparities in wealth. Millions of people      are living in deplorable conditions and in great poverty. There is a high      level of unemployment, inadequate social security, and many do not have access      to clean water or to adequate health services. These conditions already existed      when the Constitution was adopted and a commitment to address them, and to      transform our society into one in which there will be human dignity, freedom      amd equality, lies at the heart of our new constitutional order. For as long      as these conditions continue to exist that aspiration will have a hollow ring.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die regbank het    dus die opwindende en tegelykertyd soms skrikwekkende uitdaging om sosiale of    maatskaplike vrede te bevorder deur gestalte en inhoud aan die grondliggende    waardes te gee wat in die Grondwet veranker is. Hoe groter die rol wat hulle    in die daaglikse lewe van die gemeenskap speel, hoe nader kom die ideal van    maatskaplike vrede.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">'n Oorsigtelike,    gedeeltelike beskouing van die regspraak sedert die demokratiese bedeling tot    stand gekom het, wat vanwe&euml; die raamwerk van hierdie lesing noodwendig    erg oppervlakkig moet wees, toon aan dat die howe wel 'n nuwe bedeling tot stand    help bring het.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Menswaardigheid,    wat onbestaanbaar is met wrede en buitengewone strawwe, is reeds in die afskaffing    van die doodstraf in <i>S v Makwanyane &amp; Another</i> 1995 (3) SA 391 (KH)as    die rigtinggewende beginsel van die Grondwet aanvaar en telkemale het die howe    daarna beklemtoon dat mense in ooreenstemming daarmee behandel moet word:<a name="top5"></a><a href="#back5"><sup>5</sup></a></font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">...courts need      on the one hand to be aware of the enormity of the task that Governments perform      in seeking to "(i)mprove the quality of life of all citizens" and be astute      not to impair the government's ability to perform this task. On the other      hand, courts must not permit government to treat citizens in a manner that      is not consistent with human dignity while pursuing laudable programmes.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">In hierdie beslissing    is, soos ook in <i>Beja v Premier of the Western Cape</i> 2011 (10) BCLR 1077    (WCC) die nood van mense sonder heenkome en behuising - of menswaardige toilette    - aangespreek. Vergelyk ook Ngcobo r (soos hy toe was) in <i>Hoffmann v South    African Airways</i>:<a name="top6"></a><a href="#back6"><sup>6</sup></a></font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">At the heart      of the prohibition of unfair discrimination is the recognition that under      our Constitution all human beings, regardless of their position in society,      must be accorded equal dignity.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Gelykheid word    dikwels aan menswaardigheid gekoppel en het eweneens die onderwerp van 'n veeltal    beslissings gevorm.<a name="top7"></a><a href="#back7"><sup>7</sup></a></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Deur Wet 4 van    200, die <i>Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act,</i>    is die Gelykheidshof geskep wat miskien minder prominent funksioneer as wat    verwag is, maar nietemin belangrike bydraes gelewer het deur rassistiese uitlatings    aan te spreek, die gebruik van Afrikaans in ouditeurseksamens te bevorder en    om die gebruik van haatspraak te belet en vryheid van spraak daardeur in te    kort.<a name="top8"></a><a href="#back8"><sup>8</sup></a></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die insluiting    van die sosio-ekonomiese regte gee die Grondwet 'n duidelike transformatiewe    karakter en funksie. Reeds in die sertifiseringsuitspraak het die KH bevind    dat hierdie regte nie net riglyne daarstel nie, maar beregbaar en afdwingbaar    is.<a name="top9"></a><a href="#back9"><sup>9</sup></a>Indien hulle nie positief    afdwingbaar sou wees nie, moes hulle ten minste negatief teen vergrype beskerm    word.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Daar het egter    nooit enige ernstige twyfel daaroor bestaan dat hulle wel positief afdwingbaar    is nie. Hulle verleen stukrag aan die noodsaak om 'n maatskaplike orde teweeg    te bring wat gelykheid nastreef en waar beskikbare hulpbronne op 'n eweredige    wyse verdeel word. Juis daarom het verskeie juriste betoog dat elke sodanige    reg 'n sogenaamde "core" of kerninhoud moet verkry wat 'n minimumstandaard skep    waarop elke individu by die verwesenliking daarvan kan aandring.<a name="top10"></a><a href="#back10"><sup>10</sup></a></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die sosio-ekonomiese    regte is egter deur die Konstitutionele Hof telkemale uitgel&ecirc; op 'n wyse    wat die historiese konteks by die toepassing daarvan in gedagte hou.<a name="top11"></a><a href="#back11"><sup>11</sup></a>Die    gevolge van apartheid moet reggestel word. Al verskyn die litigasie oor sosio-ekonomiese    regte in die gewaad van 'n enkele eiser moet die regshulp daarop gemik wees    om die belange van die gemeenskap as geheel, en die Staat se vermo&euml; om    maatskaplike en sosio-ekonomiese dienste te lewer, in aanmerking te neem. Die    manier waarop die howe, en by name die Konstitusionele Hof, hierdie kwessie    benader, is as "distributive" regspleging beskryf.<a name="top12"></a><a href="#back12"><sup>12</sup></a>(Die    Groot Woordeboek vertaal "distributive" met o.a. "verdelend" of "verpreidende".    In ons konteks is "gemeenskapsbetrokke" m.i. nader aan die kol.)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Sosio-ekonomiese    regte en gepaardgaande aansprake word in artikels 25 (grondregte), 26 (behuising),    27 (gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid) veranker, waarby    die gewaarborgde onderwys en taalregte in artikels 29 en 30 gevoeg moet word.    Kinders se belange geniet voorrang (artikel 28).</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die reg op behuising    asook gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike versorging is onderworpe    aan die beperking dat die reg slegs toegang tot sodanige dienste waarborg en    ondergeskik is aan die staat se vermo&euml; om dit uit sy beperkte bronne te    verskaf.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Maatskaplike ontwikkeling,    basiese onderwys, armoedeverligting, regstellende aksie, grondeise en basiese    onderwys is in die eerste instansie die owerheid se plig, wat beleid en dienslewering    moet bepaal.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die drie vernaamste    beslissings wat met die toepassing van sosio-ekonomiese regte handel waarvan    die reikwydte deur die Grondwet beperkend uitgel&ecirc; word, is <i>Soobramoney</i>,<a name="top13"></a><a href="#back13"><sup>13</sup></a><i>Minister    of Health v TAC (2)</i>,<a name="top14"></a><a href="#back14"><sup>14</sup></a>(die    reg op gesondheidsorg) en <i>Grootboom</i>(die reg op behuising).<a name="top15"></a><a href="#back15"><sup>15</sup></a>    In <i>Grootboom</i>het Yacoob R in paragraaf &#91;94&#93; bevestig dat hierdie    fundamentele regte se verwesenliking in die Grondwet direk aan die Staat se    vermo&euml; gekoppel word om dit op 'n redelike basis te lewer, maar dat die    howe nogtans kan toesien dat dit afgedwing word indien die Staat versuim om    hierdie (beperkte) verpligting na te kom:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">I am conscious      that it is an extremely difficult task for the State to meet this obligation      in the conditions that prevail in our country. This is recognised by the Constitution      which expressly provides that the State is not obliged to go beyond available      resources or to realise these rights immediately. I stress, however, that      despite all these qualifications, these are rights, and the Constitution obliges      the State to give effect to them. This is an obligation that the Courts can,      and in appropriate circumstances, must enforce.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">En in paragraaf    &#91;33&#93;:</font></p>     <blockquote>        ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">The determination      of a minimum core in the context of "the right to have access to adequate      housing" presents difficult questions. This is so because the needs in the      context of access to adequate housing are diverse: there are those who need      land; others need both land and houses; yet others need financial assistance.      There are difficult questions relating to the definition of minimum core in      the context of a right to have access to adequate housing, in particular whether      the minimum core obligation should be defined generally or with regard to      specific groups of people. As will appear from the discussion below, the real      question in terms of our Constitution is whether the measures taken by the      State to realise the right afforded by s 26 are reasonable. There may be cases      where it may be possible and appropriate to have regard to the content of      a minimum core obligation to determine whether the measures taken by the State      are reasonable. However, even if it were appropriate to do so, it could not      be done unless sufficient information is placed before a Court to enable it      to determine the minimum core in any given context. In this case, we do not      have sufficient information to determine what would comprise the minimum core      obligation in the context of our Constitution. It is not in any event necessary      to decide whether it is appropriate for a Court to determine in the first      instance the minimum core content of a right.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">En in paragraaf    &#91;38&#93;:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Courts are ill-suited      to adjudicate upon issues where court orders could have multiple social and      economic consequences for the community. The Constitution contemplates rather      a restrained and focused role for the courts, namely, to require the state      to take measures to meet its constitutional obligations and to subject the      reasonableness of the measures to evaluation. Such determinations of reasonableness      may in fact have budgetary implications, but are not in themselves aimed at      rearranging budgets. In this way the judicial, legislative and executive functions      achieve appropriate constitutional balance.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die Konstitusionele    Hof het hom dus duidelik op die standpunt gestel dat daar geen sogenaamde fundamentele    of minimum voldoeningsvereiste bestaan wat aan elke persoon in Suid-Afrika 'n    minimum aanspraak ten opsigte van elke sosio-ekonomiese reg sou gee nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die opsigtelike    uitdaging wat daar vir sowel die howe en die gemeenskap in hierdie benadering    vervat is, is die feit dat die redelikheidsmaatstaf waarmee die Staat se prestasie    gemeet word, na gelang van ekonomiese omstandighede opwaarts of afwaarts aangepas    sal moet word. Indien 'n kwaai resessie - of misplaaste polities geinspireerde    projekte - die Staat se beursie leegtap, sal dit volgens huidige regspraak onredelik    wees om 'n verlaging van die Staat se maatskaplike prestasie te voorkom. Die    howe mag dus magteloos wees om menslike leed en lyding te voorkom.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Aan die ander kant    egter het die howe in 'n reeks beslissings die negatiewe beskerming van die    fundamentele reg op behuising gevestig wat uitsetting sonder 'n lasbrief toenemend    in die ban gedoen het. In ten minste een van hierdie aangeleenthede het die    Hof <i>mero motu</i> opgetree. Hierdie beskerming is uitsluitlik teen private    besighede of persone gerig en het ekonomiese uitbuiting daardeur verhoed.<a name="top16"></a><a href="#back16"><sup>16</sup></a></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Wat hierdie sosio-ekonomiese    regte betref is die howe se magte beperk tot 'n analise van die redelikheid    van die beleid wat die uitvoerende gesag bepaal. Ander, meer opsigtelike beperkings,    is die feit dat dit die howe nie vrystaan om self litigasie van stapel te stuur    en om partye te verplig om grondwetlike vraagstukke aan die orde te stel of    beleidsmaatre&euml;ls aan die Grondwet se redelikheidsmaatstaf te toets nie.    Al mag die kwessie hoe dringend wees en al is dit in die hoogste mate in die    openbare belang dat openbare vraagstukke aangespreek word, kan howe nie pro-aktief    optree nie. Hulle is eers geroepe om op te tree as litigante 'n werklike geskilpunt    vir beslegting aan die regsproses onderwerp. Dit moet 'n wesenlike en <i>bona    fide</i>geskilpunt wees waarvan die oplossing 'n praktiese uitwerking vir die    partye voor die hof het. Howe mag nie opinies vestrek of partye by wyse van    hul werksaamhede van raad bedien nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Howe oefen egter    gereeld 'n inherente hersieningsbevoegdheid uit wanneer dit op app&eacute;l    blyk dat daar 'n onre&euml;lmatigheid in die verhoor van ander beskuldigdes,    wat nie self app&eacute;l aangeteken het nie, plaasgevind het. Dikwels word    hierdie proses gevolg om geregtigheid te laat geskied selfs sonder dat die betrokke    gevonniste oortreder ooit voor die Hof verskyn of bewus is daarvan dat 'n ingryping    oorweeg word.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">In die adversariese    stelsel van geskilbeslegting is dit feitlik uitsluitlik die partye wat die regsgronde    van die aksie of aansoek bepaal en wat die dispuut omskryf wat die hof moet    uitklaar. Hierdie beginsel geld ook vir grondwetlike litigasie. Dit is net in    uitsonderlike gevalle wat 'n hof in die verrigtinge mag ingryp om 'n regspunt    of 'n grondwetlike aspek te opper waarop die saak belis kan en moet word. Ngcobo    R (soos hy toe was) het die volgende hieroor in <i>Director of Public Prosecutions,    Transvaal v Minister of Justice</i><a name="top17"></a><a href="#back17"><sup>17</sup></a>verklaar:</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">&#91;39&#93;      In our adversarial system, courts are required to be impartial and ordinarily      only decide issues that the parties have properly raised and are properly      before the court in terms of its factual underpinnings. This principle is      subject to an exception. A court is not always confined to issues of law explicitly      raised by the parties.34 If a litigant overlooks a question of law which arises      on the facts, a court is not bound to ignore the question of law overlooked.35      Another equally relevant principle in this regard is that of the separation      of powers. Courts should observe the limits of their powers. They should not      constitute themselves as the overseers of laws made by the legislature. Ordinarily,      therefore, they should raise and consider the constitutionality of laws that      are properly engaged before them and where this is necessary for the proper      resolution of the dispute before them.....</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">&#91;43&#93;      It must be stressed that the constitutional issue sought to be raised must      arise on the facts of the case before the court. In addition, the parties      must be afforded an adequate opportunity to deal with the issue. A court may      not ordinarily raise and decide a constitutional issue, in abstract, which      does not arise on the facts of the case in which the issue is sought to be      raised. A court may therefore, of its own accord, raise and decide a constitutional      issue where (a) the constitutional question arises on the facts; and (b) a      decision on the constitutional question is necessary for a proper determination      of the case before it; or it is in the interests of justice to do so.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">(U sal onthou dat    ek die uitspraak in eerste instansie gelewer het, wat die verwysing na die Konstitusionele    Hof nie oorleef het nie). Die Konstitutionele Hof het egter uit eie beweging    'n toesighoudende bevel uitgevaardig om te verseker dat tussengangers beskikbaar    is om kinderslagoffers van seksuele misdrywe in verhore by te staan.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Waar die regering    egter versuim om enige stappe hoegneaamd te doen om gestalte aan 'n grondwetlike    reg te gee, soos bv in die geval van die nog steeds omstrede Taalwet, kan die    howe so ver gaan om die owerheid te gelas om die versuim op gepaste wyse reg    te stel. In <i>Lourens v President van die Republiek van Suid-Afrika</i><a name="top18"></a><a href="#back18"><sup>18</sup></a>illustreer    Du Plessis R hoe 'n Hof te werk mag gaan wanneer hy voorskriftelik teenoor die    wetgewende of uitvoerende gesag moet optree:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die grondwetlike      verpligting op die nasionale regering is om sy gebruik van amptelike tale      te reel en te monitor. Dit moet die regering doen deur wetgewende en ander      maatreels. Ek het reeds hierbo daarop gewys dat die maatreels waarna die respondente      in die beantwoordende verklaring verwys nie nakoming van daardie verpligting      daarstel nie. In kort het die nasionale regering begin om sy verpligting ingevolge      artikel 6(4) van die Grondwet na te kom, maar die proses het tot stilstand      gekom.<i>Die proses moet hervat word maar dit is nie vir hierdie hof om, voordat      die nasionale regering sy verpligting nagekom het, voorskrifte te gee oor      hoe dit gedoen moet word nie. In die konteks van die skeiding van regsprekende,      uitvoerende en wetgewende magte, moet die nasionale regering se grondwetlike      verpligting eers nagekom word. Daarna, indien dit aangevoer word dat selfs      sodanige nakoming of gepoogde nakoming nie ooreenkomstig die Grondwet is nie,      kan die hof dit wat ter nakoming gedoen is, aan die Grondwet toets.</i> (My      beklemtoning)</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">...</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Dit is gevestigde      reg dat waar, soos in hierdie geval, versuim om die Grondwet na te kom vas      staan, die hof gepaste regshulp moet formuleer. .... (D)it moet verklaar word      dat die betrokke grondwetlike verpligting nie nagekom is nie en die nasionale      regering moet gelas word om die verpligting binne 'n bepaalde tyd na te kom.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die reg op onderwys    is nie beperk nie. Dit het positiewe lasgewings om kinders in skole toe te laat    in verskeie sake gemotiveer,<a name="top19"></a><a href="#back19"><sup>19</sup></a>    - soms ten koste van moedertaalonderrig (wat aan die beperking van artikel 29(2)    blootstaan dat dit redelik moontlik moet wees om te verskaf). Die ongekwalifiseerde    reg op onderwys is egter ook uitgebrei om 'n negatiewe plig op private instansies    te plaas om onderwys en skole nie te belemmer nie.<a name="top20"></a><a href="#back20"><sup>20</sup></a></font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Wat kinders betref,    het die howe reeds voor die instelling van die Grondwet die bevoegdheid gehad    om <i>mero motu</i> te handel om kinders se belange te beskerm:<a name="top21"></a><a href="#back21"><sup>21</sup></a></font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">&#91;20&#93;      As the upper guardian of minors, this Court is empowered and under a duty      to consider and evaluate all relevant facts placed before it with a view to      deciding the issue which is of paramount importance: the best interests of      the child. In Terblanche v Terblanche it was stated that when a Court sits      as upper guardian in a custody matter - </font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">..... it has      extremely wide powers in establishing what is in the best interests of minor      or dependent children. It is not bound by procedural strictures or by the      limitations of the evidence presented or contentions advanced by the respective      parties. It may in fact have recourse to any source of information, of whatever      nature, which may be able to assist it in resolving custody and related disputes.</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">In P and Another      v P and AnotherHurt J stated that the Court does not look at sets of circumstances      in isolation:</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">I am bound, in      considering what is in the best interests of G, to take everything into account,      which has happened in the past, even after the close of pleadings and in fact      right up to today. Furthermore, I am bound to take into account the possibility      of what might happen in the future if I make any specific order.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die nuwe <i>Child    Justice Act</i>is 'n welkome toevoeging tot ons wetgewing, wat die beginsels    van versoenende regspleging op die strafreg van toepassing maak en op die lange    duur hopelik 'n groot verskil aan kinders sal maak wat met die reg bots. Ongelukkig    kan die howe nie self toesien dat daar genoeg proefbeamptes opgelei word om    alle kinders by te staan nie, of dat daar voldoende kindervriendelike instellings    bestaan waar hulle probleme aangespreek kan word sonder dat hulle aan 'n formele    regsproses blootgestel word.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Ek het doelbewus    nie met die strafreg en met administratiewe en uitvoerende magte en bevoegdhede    wat eweneens aan regterlike kontrole onderworpe is, gehandel nie. Die uitoefening    van hierdie hersieningsbevoegdhede mag wel direk of indirek bydra tot die skepping    en handhawing van sosiale vrede.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Of die howe se    bydraes voldoende sal blyk te wees om maatskaplike vrede vir ons gemeenskap    te waarborg, sal die toekoms moet leer. 'n Mens sou dalk graag meer wou gedoen    het, maar dit is 'n baie gesonde beginsel dat die skeiding van magte gehandhaaf    moet word.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Daar is egter 'n    ander aspek wat wel vermeld moet word.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Woodrow Wilson    het in 1918 ges&ecirc;:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">I say plainly      that every American who takes part in the action of a mob or gives it any      sort of countenance is no true son of this great Democracy, but its betrayer,      and does more to discredit her by that single disloyalty to her standards      of law and of right than the words of her statesmen or the sacrifices of her      heroic boys in the trenches can do to make suffering peoples believe her to      be their savior.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">'n Geloofwaardige    regbank wat vanwe&euml; sy onafhanklikheid, integriteit, vaardigheid asook sy    effektiwiteit en geloofwaardigheid die gemeenskap se vertroue geniet, is die    beste bolwerk teen die chaos van eiereg, boendoehowe en bendegeweld. Om hierdie    vertroue te verwerf en te behou is dit noodsaaklik dat die howe hul as betroubare    diensleweraars handhaaf. Dit is noodsaaklik, maar nie genoeg om bloot 'n betroubare    regbank te h&ecirc; nie, wat Hoofregter Mahomed in Julie 1998 in sy toespraak    voor die Internasionale Juristekommissie beskryf het as:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">&#91;S&#93;ociety      is ... entitled to demand from Judges fidelity to those qualities in the judicial      temper which legitimize the exercise of judicial power. Many and subtle are      the qualities which define that temper. Conspicuous among them are scholarship,      experience, dignity, rationality, courage, forensic skill, capacity for articulation,      diligence, intellectual integrity and energy. More difficult to articulate      but arguably even more crucial to that temper, is that quality called wisdom,      enriched as it must be by a substantial measure of humility, and by an instinctive      moral ability to distinguish right from wrong and sometimes the more agonising      ability to weigh two rights or two wrongs against each other which comes from      the consciousness of our own imperfection.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">In wese is die    regbank 'n instelling wat diens aan die gemeenskap lewer en as hierdie diens    te wense oorlaat, is daar rede tot kommer.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Dit is gebrekkige    dienslewering wat ons howe kniehalter. Ons howe is oorvol. Litigante moet soms    jare vir hul beurt wag. Ek het in 2005 'n verkragter vir 17 jaar tronk toe gestuur.    In 2008 het hy aansoek gedoen om verlof om te appelleer. Hy is 'n kwalik geletterde    leek wat in 'n maksimumveiligheidsgevangenis sit. Sy aansoek het tot in November    2011 tussen die kantore rondgeswerf voordat dit uiteindelik op die rol geplaas    is. Niemand wou verantwoordelikheid vir die gemors aanvaar nie en geen verduideliking    is ooit aan die applikant verstrek nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die hofadministrasie    laat inderdaad veel te wense oor. L&ecirc;ers raak weg of word verkwansel. Laasjaar    is daar in ons Griffierskantoor verkeie egskeidingsbevele uitgereik waar daar    nooit 'n saakl&ecirc;er geopen is en geen party ooit in die hof verskyn het    nie - en die verweerder(es) nooit meegedeel is dat hy of sy geskei is nie. Die    alewige gesukkel om duplikaatl&ecirc;ers te moet open en vermiste dokumente    te laat opspoor mors geld en tyd en laat mense aan die regsproses twyfel.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die stelsel word    daarbenewens gereeld deur litigante en praktisyns misbruik. Sake word doelbewus    deur onnodige uitstelle of nuttelose twissiekerigheid in pleitbesorging vertraag,    dikwels omdat die party wat die uiteindelike uitslag vrees, sy bes doen om die    onvermydelike so lank as moontlik uit te stel. Uitstelle word gere&euml;l om    die persoonlike dagboeke van praktisyns te pas, met gepaardgaande vermorsing    van geld en mannekrag.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Neem 'n mens in    aanmerking dat net 10% van alle misdade wat jaarliks gepleeg word, tot 'n vervolging    lei, en dat strafverhore dan nog by herhaling vertraag word omdat getuies nie    by die hof opdaag nie, ondersoekbeamptes op ander tonele besig is en dossiere    soek raak, moet 'n mens nie verbaas wees as die publiek se vertroue in ons howe    taan nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Dit is nie al nie.    Die regstelsel is onlangs besoedel met die skrapping of skorsing van 13 ho&euml;profiel    advokate van die Pretoriase Balie omdat hulle die Padongelukkefonds letterlik    met miljoene bedrieg het deur vals eise in te dien vir werk wat nooit gedoen    is nie.<a name="top22"></a><a href="#back22"><sup>22</sup></a> Dit is duidelik    dat hierdie voorval net die klein ore van 'n baie groot seekoei is; immers kon    hulle nie sonder prokureurs se opragte en bystand die skyn verwek dat hulle    werklik professionele dienste tydens hulle dubbelbreveterings gelewer het nie.    Die georganiseerde oneerlikheid is klaarblyklik ook nie tot Pretoria beperk    nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Daar is ongelukkig    nog voorbeelde wat 'n mens tot onrustigheid stem. Gedurende November verlede    jaar het Tuchten R en ek 'n aansoek om skorsing van 'n prokureur verhoor. Dit    was onverdedig, maar het nogtans langer as 'n jaar na betekening van die aansoek    op die respondent op die rol verskyn. Ons het navraag oor hierdie vertraging    gedoen. Dit blyk toe dat die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies aan    die ende van 2011 nie minder nie as 4590 hangende klagtes van professionele    wangedrag teen lede van die prokureursprofessie in hierdie vier provinsies moes    verwerk. Slegs 417 hiervan is gereed om deur die dissiplin&ecirc;re komitee    verhoor te word. Die balans is nog glad nie ondersoek nie. Intussen is daar    58 aansoeke hangende voor ons hof vir die skorsing en 121 vir die skrapping    van die respondente. Daar is groot vertragings met die afhandeling van hierdie    aansoeke, onder andere omdat daar volgens konvensie altyd twee regters in 'n    dissiplin&ecirc;re aansoek sit en die sake dus nie maklik op die hofrol ingepas    kan word nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">As regters is ons    verantwoordelik vir die twee vertakkings van die regsberoep wat verreweg die    meeste regters oplewer. Die Hooggeregshof het inherente jurisdiksie om die geskiktheid    van 'n persoon te beoordeel om as 'n beampte van die Hof toegelaat of geskrap    te word.<a name="top23"></a><a href="#back23"><sup>23</sup></a> As die professies    se integriteit en onkreukbaarheid betwyfel moet word, is dit net 'n kwessie    van tyd voordat dieselfde met die regbank gebeur.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Geen wonder nie    dat die regstelsel onder druk is.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die regbank slaan    hierdie toedrag van sake nie met gevoude hande gade nie. Ons is besig met daadwerklike    optrede. Die afgelope jaar of wat is daar 'n komitee onder leiding van die Agbare    Hoofregter besig om die wyse waarop sake bestuur word, radikaal te verander    deur 'n model soortgelyk aan die Amerikaanse hofprosedures in te voer. Binnekort    sal daar in verskeie sentra begin word om die bestuur van litigasie uit die    hande van die griffierskantoor direk aan die regters oor te dra. Die tradisie    om gedingvoering in die hande van die partye te laat sonder om met die bestuur    van die sake in te meng, het ons uit die Engelse adversariese prosedure oorgeneem.    Soos reeds ges&ecirc;, maak die partye dikwels nie erns met 'n spoedige afhandeling    van die saak nie. Daarom word sakebestuur nou die regters en voorsittende beamptes    se plig.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Sodra 'n saak bestrede    word, word die l&ecirc;er of dossier aan 'n regter toevertrou, wat verantwoordelik    is daarvoor dat dit so spoedig moontlik afgehandel moet word. Die regter sal    toesien dat pleitstukke betyds afgelewer word, dat daar reeds na 'n paar weke    voorverhoorkonferensies onder haar of sy leiding plaasvind en dat die werklike    geskilpunte in die litigasie op die vroegste moontlike tydstip uitkristalliseer.    Tegniese punte wat geen betrekking op die kern van die saak het nie, onnodige    twissiekerigheid en voetesleep sal nie geduld word nie - die regter moet toesien    dat geen saak langer as twee jaar, verkieslik na 18 maande na uitrreiking van    dagvaarding, afgehandel word nie. In die VSA word regters skerp dopgehou wat    sake nie met bekwame spoed afhandel nie en word daar dikwels in die media gewag    van ongewenste vertragings gemaak - met vermelding van die regter wat die saak    moet afhandel se naam.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Niemand anders    as ons self sal kan toesien dat toeganklikheid tot die howe verbeter word nie.    Litigante en getuies moet op 'n wyse behandel word wat voldoen aan die eise    van menswaardigheid wat ons in die Grondwet op ons vaandels geskryf het. Dit    is totaal onaanvaarbaar dat getuies, veral getuies wat nie Afrikaans of Engels    as moedertaal besig nie, deur aanklaers of regsverteenwoordigers op die voornaam    aangespreek word, soos ek dit hierdie jaar nog in 'n appelnotule van 'n landdroshof    gelees het. Uitsprake moet spoedig gelewer word, en op 'n wyse gemotiveer en    geformuleer word sodat dit vir leke volkome toeganklik is.&nbsp;</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Ons het reeds begin    om die nuwe bedeling toe te pas. Veral ingewikkelde sake en aangeleenthede waarin    kinders se belange ter sprake kom, word reeds aan 'n individuele regter toevertrou    om as saakbestuurder op te tree en die aangeleentheid te bespoedig. Ons voorlopige    resultate is baie bemoedigend - in siviele sake het ons in Pretoria die waglys    van meer as twee jaar na minder as een jaar verminder en dikwels kan ons reeds    feitlik onmiddellik nadat die voorverhoorre&euml;lings afgehandel is, 'n verhoordatum    binne 'n paar weke toeken. Waar advokate en prokureurs in die verlede oor vertragings    gekla het, brom hulle nou soms al dat hulle nie voldoende tyd vir voorbereiding    vir die verhoor het nie. Die vertragings in die dissiplin&ecirc;re sake word    in samewerking met die prokureursorde aangespreek. Ons is in die bevoorregte    posisie dat die Agbare Adjunk-Regterpresident, regter W J van der Merwe ARP,    persoonlik toesig oor die nuwe bedeling in ons afdeling hou.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Natuurlik kan ons    hierdie proses nie alleen deurvoer nie. Ons moet staatmaak op die samewerking    van alle rolspelers in die regsproses, die praktisyns, die polisie, die Vervolgingsgesag    en Legal Aid SA, die betrokke staatsdepartemente en die hofpersoneel. Almal    het reeds aangedui dat hulle die voorgenome veranderinge ondersteun. Ook die    nodige elektroniese hulpmiddele, waarsonder geen sodanige vernuwing effektief    deurgevoer kan word nie, sal in plek gestel word.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die belangrikste    bydrae wat ons kan maak, is egter om te midde van alle uitdagings en te midde    van felle debat oor die plek wat ons in die samelewing moet beklee, ons werk    - om regverdige, verstaanbare, voorspelbare en spoedige uitsprake te gee - sonder    vrees, sonder aansien des persoon en sonder vooroordeel te verrig. Dit is ons    enigste bydrae tot die debat, maar dit is die beste waarborg wat 'n regter kan    gee dat die demokrasie behoue sal bly en dat sosiale vrede gehandhaaf kan word.</font></p>     <p>&nbsp;</p> <p/>      <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>Bibliografie</b></font></p>     <!-- ref --><p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">De Klerk FW "A    future perspective on constitutional stability" 2010 <i>PER</i>(13)2 15-28</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=372007&pid=S1727-3781201200020000200001&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">De Vos P "Grootboom,    the right to housing and substantive equality as contextual fairness"2001 <i>SAJHR</i>258-276</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=372008&pid=S1727-3781201200020000200002&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Liebenberg S "South    Africa's evolving jurisprudence on socio-economic rights: An effective tool    in challenging poverty?" 2002 <i>Law, Democracy and Development</i>159-191</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=372009&pid=S1727-3781201200020000200003&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Mbazira C "Appropriate,    just and equitable relief in socio-economic rights litigation: the tension between    corrective and distributive forms of justice"2008 <i>SALJ</i>71-94</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=372010&pid=S1727-3781201200020000200004&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Register van    sake</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Absa Bank Ltd    v Ntsane</i> 2007 3 SA 554 (T)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>AD and DD v    DW</i> 2008 3 SA 183 (CC)</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Afriforum v    Malema</i> 2011 6 SA 240 (EqC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Brink v Kitshoff</i>    1996 4 SA 197 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Certification    of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996</i> 1996 4 SA 744    (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Director of    Public Prosecutions, Transvaal v Minister of Justice</i> 2009 4 SA 222 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Governing Body    of the Juma Musjid Primary School v Essay</i> 2011 8 BCLR 761 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Government of    the Republic of South Africa v Grootboom</i>2000 11 BCLR 1169 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Gundwane v Steko    Development</i> 2011 3 SA 608 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Ho&euml;rskool    Ermelo v Head of Department, Mpumalanga Department of Education</i>2010 2 SA    415 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Hoffmann v South    African Airways</i> 2001 1 SA 1 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>J v J</i> 2008    6 SA 30 (C)</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Jaftha v Schoeman;    Van Rooyen v Stolz</i> 2005 2 SA 140 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Laerskool Middelburg    v Departementshoof: Mpumalanga Departement Onderwys</i>2003 4 SA 160 (T)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Lourens v President    van die Republiek van Suid-Afrika</i>Saakno 49807/09, Gauteng Noord Afdeling    van die Hooggeregshof, Pretoria</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Minister of    Health v TAC (No 2)</i> 2002 5 SA 721 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Pretoria Society    of Advocates v Geach</i> 2011 6 SA 441 (GNP)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Prokureursorde    van Transvaal v Kleynhans</i> 1995 1 SA 839 (T)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Residents of    Joe Slovo Community, Western Cape v Thubelisha Homes</i> 2010 3 SA 454 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Satchwell v    The President of the Republic of South Africa</i> 2002 (6) SA 1 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Soobramoney    v Minister of Health (Kwazulu-Natal)</i>1998 1 SA 765 (CC)</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Standard Bank    of South Africa Ltd v Saunderson</i> 2006 2 SA 264 (SCA)</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Register van    internetbronne</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Anon Date unknown    en.wikipedia.org</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Anon Date unknown    Peace en.wikipedia.org/wiki/Peace &#91;datum van gebruik 21 Mei 2012&#93;</font><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">&nbsp;</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Lys van afkortings</b></font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">PER Potchefstroom      Electronic Law Journal </font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">SAJHR South African      Journal on Human Rights</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">SALJ South African      Law Journal</font></p> </blockquote>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><a name="back1"></a><a href="#top1">1</a>    De Klerk 2010 <i>PER</i>.    <br>   <a name="back2"></a><a href="#top2">2</a> Anon Date Unknown en.wikipedia.org.    <br>   <a name="back3"></a><a href="#top3">3</a> <i>Government of the Republic of South    Africa v Grootboom</i> 2000 11 BCLR 1169 (CC) <i>per</i> Yacoob R.    <br>   <a name="back4"></a><a href="#top4">4</a> <i>Soobramoney v Minister of Health    (Kwazulu-Natal)</i> 1998 1 SA 765 (CC) para &#91;8&#93;.    <br>   <a name="back5"></a><a href="#top5">5</a> <i>Residents of Joe Slovo Community,    Western Cape v Thubelisha Homes</i> 2010 3 SA 454 (CC) <i>per</i> O'Regan R.    <br>   <a name="back6"></a><a href="#top6">6</a> <i>Hoffmann v South African Airways</i>    2001 1 SA 1 (CC) para &#91;27&#93;.    <br>   <a name="back7"></a><a href="#top7">7</a> Soos bv <i>Brink v Kitshoff</i> 1996    4 SA 197 (CC) en <i>Satchwell v The President of the Republic of South Africa</i>    2002 6 SA 1 (CC).    <br>   <a name="back8"></a><a href="#top8">8</a> <i>Afriforum v Malema</i> 2011 (6)    SA 240 (EqC).    <br>   <a name="back9"></a><a href="#top9">9</a> <i>Certification of the Constitution    of the Republic of South Africa, 1996</i> 1996 4 SA 744 (CC) para &#91;78&#93;.    <br>   <a name="back10"></a><a href="#top10">10</a> Sien in hierdie verband Liebenberg    2002 <i>Law, Democracy and Development</i> 159.    ]]></body>
<body><![CDATA[<br>   <a name="back11"></a><a href="#top11">11</a> De Vos 2001 <i>SAJHR</i> 262.    <br>   <a name="back12"></a><a href="#top12">12</a> Mbazira 2008 <i>SALJ</i> 71.    <br>   <a name="back13"></a><a href="#top13">13</a> <i>Soobramoney v Minister of Health    (Kwazulu-Natal)</i> 1998 1 SA 765 (CC).    <br>   <a name="back14"></a><a href="#top14">14</a> <i>Minister of Health v TAC (No    2)</i> 2002 5 SA 721 (CC).    <br>   <a name="back15"></a><a href="#top15">15</a> <i>Government of the Republic of    South Africa v Grootboom</i> 2000 11 BCLR 1169 (CC).    <br>   <a name="back16"></a><a href="#top16">16</a> <i>Jaftha v Schoeman</i>; <i>Van    R</i>ooyen v <i>Stolz</i> 2005 2 SA 140 (CC); <i>Nedbank Ltd v Mortinson</i>    2005 6 SA 462 (W); <i>Standard Bank of South Africa Ltd v Saunderson</i> 2006    2 SA 264 (SCA); <i>Absa Bank Ltd v Ntsane</i> 2007 3 SA 554 (T); <i>Gundwane    v Steko Development</i> 2011 3 SA 608 (CC).<i>    <br>   </i> <a name="back17"></a><a href="#top17">17</a> Director of Public Prosecutions,    Transvaal v Minister of Justice 2009 4 SA 222 (CC).    <br>   <a name="back18"></a><a href="#top18">18</a> <i>Lourens v President van die    Republiek van Suid-Afrika</i> Saakno 49807/09, Gauteng Noord Afdeling van die    Hooggeregshof, Pretoria.    <br>   <a name="back19"></a><a href="#top19">19</a> <i>Laerskool Middelburg v Departementshoof:    Mpumalanga Departement Onderwys</i> 2003 4 SA 160 (T); <i>Ho&euml;rskool Ermelo    v Head of Department, Mpumalanga Department of Education</i> 2010 2 SA 415 (CC).    <br>   <a name="back20"></a><a href="#top20">20</a> <i>Governing Body of the Juma Musjid    Primary School v Essay</i> 2011 8 BCLR 761 (CC).    ]]></body>
<body><![CDATA[<br>   <a name="back21"></a><a href="#top21">21</a> <i>J v J</i> 2008 6 SA 30 (C) para    &#91;20&#93;. Sien verder <i>AD and DD v DW</i> 2008 3 SA 183 (CC) en Director    of Public Prosecutions, Transvaal v Minister of Justice 2009 4 SA 222 (CC).    <br>   <a name="back22"></a><a href="#top22">22</a> <i>Pretoria Society of Advocates    v Geach</i> 2011 6 SA 441 (GNP).    <br>   <a name="back23"></a><a href="#top23">23</a> <i>Prokureursorde van Transvaal    v Kleynhans</i> 1995 1 SA 839 (T) 851 F.</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">FW de Klerklesing    gelewer te Potchefstroom op 20 Februarie</font></p>      ]]></body>
<REFERENCES></REFERENCES<back>
<ref-list>
<ref id="B1">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[De Klerk]]></surname>
<given-names><![CDATA[FW]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA["A future perspective on constitutional stability"]]></article-title>
<source><![CDATA[PER]]></source>
<year></year>
<volume>13</volume>
<numero>2</numero>
<issue>2</issue>
<page-range>15-28</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B2">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[De Vos]]></surname>
<given-names><![CDATA[P]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA["Grootboom, the right to housing and substantive equality as contextual fairness"]]></source>
<year>2001</year>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B3">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Liebenberg]]></surname>
<given-names><![CDATA[S]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA["South Africa's evolving jurisprudence on socio-economic rights: An effective tool in challenging poverty?"]]></source>
<year>2002</year>
<page-range>159-191</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B4">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Mbazira]]></surname>
<given-names><![CDATA[C]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA["Appropriate, just and equitable relief in socio-economic rights litigation: the tension between corrective and distributive forms of justice"]]></source>
<year>2008</year>
<page-range>1-94</page-range></nlm-citation>
</ref>
</ref-list>
</back>
</article>
