Poem: dedicated to Andries G. van Aarde by Lina Spies
Lina Spies
Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa
]]> Ontdaan
Nee, dit was nie 'n heilige nag nie;
dit was 'n nag soos alle ander nagte.
Miskien was dit 'n sterligte nag
waarin dieselfde sterre
– soos die wette van die natuur bepaal –
geskyn het bo Galilea,
die oproerige provinsie
waarop die Romeine altyd 'n wakende oog moes hou.
Nee, jy het nie – hoogswanger – die reis afgel
]]> saam met Josef, die fiktiewe vader van jou ongebore kind,om jou te laat inskryf in die sensus
soos bepaal deur keiser Augustus nie;
vrouens het nie getel as inwoners van 'n land nie.
Nee, jy het nie gelyk soos die Italiaanse meesters
jou later geskilder het nie –
die nakomelinge van Pontius Pilatus
wat daardie kind wat jy in skande moes baar
toe hy rens in sy dertigerjare was
veroordeel het tot die skanddood aan 'n kruis.
]]> Nee, jy het nie 'n Fra Angelico-blou mantel gedraen bo jou hoof het geen stralekrans geskyn
toe 'n sogenaamde engel jou die boodskap sou gebring het
dat die kind wat jy gedra het die Seun van God was nie.
Nee, jy moes donker gewees het van huid en haar
– eie aan die volk waartoe jy behoort het –
en aan die vrug van jou skoot
moes jy soos alle uitgeworpenes swaar gedra het;
of hy uit ongeoorloofde liefde verwek is
of uit geoorloofde misbruik van 'n vrou.
]]> Vaderloos in Galilea, het God van hom besit geneemsodat hy aan swakkes en geminagtes
die status van menswees kon gee;
sy hande op kinders kon l
en vrouens na hom aan kon trek
onder wie hy jou nooit uitgesonder het
as die Moeder van God nie.
Ek was lank op reis na hom
maar eers toe die engelekore stil geword het
en ek sy stem kon hoor;
]]> eers toe die geur van wierook en mirre verdamp heten ek die sweet en stof kon ruik
van sy tuistelose omswerwinge,
het ek my rug gedraai op die Kind van Bethlehem
en jou seun ontmoet, rabbi Jesjoea van Nasaret.
Correspondence to:
Lina Spies
PO Box 675, Stellenbosch 7599, South Africa ]]>
Email: linaspies@xsinet.co.za