<?xml version="1.0" encoding="ISO-8859-1"?><article xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance">
<front>
<journal-meta>
<journal-id>0041-476X</journal-id>
<journal-title><![CDATA[Tydskrif vir Letterkunde]]></journal-title>
<abbrev-journal-title><![CDATA[Tydskr. letterkd.]]></abbrev-journal-title>
<issn>0041-476X</issn>
<publisher>
<publisher-name><![CDATA[Tydskrif vir Letterkunde Association, Department of Afrikaans, University of Pretoria]]></publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id>S0041-476X2012000200012</article-id>
<title-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Huldeblyk: Willie Adams (1951 - 2012)]]></article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Willemse]]></surname>
<given-names><![CDATA[Hein]]></given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="A01"/>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="A01">
<institution><![CDATA[,Universiteit van Pretoria Departement Afrikaans ]]></institution>
<addr-line><![CDATA[ ]]></addr-line>
</aff>
<pub-date pub-type="pub">
<day>00</day>
<month>00</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="epub">
<day>00</day>
<month>00</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<volume>49</volume>
<numero>2</numero>
<fpage>160</fpage>
<lpage>163</lpage>
<copyright-statement/>
<copyright-year/>
<self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&amp;pid=S0041-476X2012000200012&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&amp;pid=S0041-476X2012000200012&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_pdf&amp;pid=S0041-476X2012000200012&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri></article-meta>
</front><body><![CDATA[ <p align="right"><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>HULDEBLYK</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="4"><b>Huldeblyk: Willie    Adams (1951 - 2012)</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Hein Willemse</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Hein Willemse is    professor inLetterkunde in die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria.    E-pos: <a href="mailto:hein.willemse@up.ac.za">hein.willemse@up.ac.za</a></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p align="center"><img src="/img/revistas/tvl/v49n2/12img01.jpg"></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Get up, stand up    (so we can't give up the fight)    <br>   Stand up for your right (lord lord)    <br>   Get up, stand up (people struggling on)    <br>   Don't give up the fight (yeah)    <br>   "Get up, stand up"</font><font  size="2">&#8212;</font><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Bob    Marley</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die laatmiddag    van 24 Mei 2012 ontvang ek 'n e-posboodskap met onder meer hierdie sin: "Ek    dink ek het aan die einde van die herskryf van <i>Re&euml;nboog</i> gekom, behalwe    vir die regstellings &#91;...&#93; want my pen het opgedroog." Naas enkele opmerkings    en vrae oor die manuskrip bevat die boodskap 'n aanhangsel met die werkstitel    <i>Toe die re&euml;nboog nog die re&euml;nboog was.</i> Skaars drie weke later    skakel die skrywer se vrou my te midde van die oggendspitsverkeer: "Ek laat    jou net weet dat Willie gisteraand oorlede is."</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die voorafgaande    jaar het ek en Willie Adams verskeie ontmoetings in Kaapstad gehad om oor sy    manuskrip-in-wording te praat. Hy het aanvanklik net my oordeel gevra oor wat    hy gedink het 'n afgeronde manuskrip was en met ons eerste sessie het ek uitgebreide    aanpassings voorgestel oor styl, karakter en komposisie, oor outobiografie    en versinsel. Wat 'n kort outobiografiese teks was, het ek aanbeveel kon soveel    meer word en as die moontlikhede werklik ontgin is, behoort selfs 'n gevestigde    uitgewer daarin belang te stel. Daarop het hy gegrinnik, maar tog met tussenposes    sy hersienings aangestuur.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Sy grinnik moet    verklaar word, want al sy vorige werke het sy eie uitgewery Domestica uitgegee.    Ek weet nie of hy 'n "gevestigde uitgewer" sou oorweeg nie, want Domestica was    vir hom 'n teken van kulturele selfstandigheid. Sedert die vroe&euml; 1970's    was hy 'n sterk aanhanger van Black Consciousness en <i>self-reliance,</i> en    Steve Biko se uitspraak "Black man you're on your own" het hy uitgeleef. Hy    was oortuig dat geen swart mens ernstig opgeneem kan word as hy voor die poorte    van wit mag moes kniel nie. Hy het geglo in selfhelp en dwarsdeur sy loopbaan    het hy in sy gemeenskap moue opgerol.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Hy publiseer onder    meer die digbundel <i>Riemvasmaak</i> (1995), vier kort toneelstukke in <i>Episodes    en ander gemeenskapsdramas</i> (1995), 'n bundel kontrei- en biografiese sketse    <i>Eureka Estate se ho&euml; gebou</i> (1997) en twee bundels sosiale en politieke    kommentaar, onderskeidelik <i>Townshipgesprekke uit die ou Suid-Afrika</i> (2007)    en <i>Townshipgesprekke uit die nuwe Suid-Afrika</i> (2007). Domestica het ook    die bloemlesing <i>Optog</i> (1990) wat hy met Leonard Koza en Patrick Petersen    saamgestel het, uitgegee. Met Willie se heengaan is al drie di&eacute; redakteurs,    veels te vroeg, oorlede.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Alhoewel sy debuutbundel    in 1995 gepubliseer is, het sy publikasies reeds sedert die 1970's in plaaslike    tydskrifte soos <i>Blac, Contrast, Ensovoort, Graffier, New Classic, Praat,    Stet</i> en <i>Vakalisa</i> verskyn. Sy werk is ook gepubliseer in oorsese publikasies    soos <i>Gar Magazine, Greenfield Review</i> en <i>Somehow We Survive.</i> Van    sy gedigte is opgeneem in bloemlesings soos <i>iQabane Labantu, Poskaarte, Re&euml;nboogstemme</i>    en Gerrit Komrij se <i>De Afrikaanse po&euml;zie in duizend en enige gedichten.</i></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">In die Plankierama,    'n houtsaaltjie in Matroosfontein naby Elsiesrivier, het Willie sy eerste dramas    met sy Township Players opgevoer. Veral sy <i>Episodes</i> en die latere <i>Hypocrites</i>    was gewild omdat dit gehandel het oor sake van die dag, byvoorbeeld die opstande    van 1976 of die skandale van die veragte bestuursliggame of die keuse vir politieke    verset.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">William Edward    Adams is op Saterdag 24 Maart 1951 in Elsiesrivier gebore, en bring sy jeug    deur in een van die Kaap se oudste townships, Bishop Lavis. Hy matrikuleer aan    Elswood Ho&euml;rskool in Elsiesrivier en na sy BSc-studie van die Universiteit    van Wes-Kaapland en 'n onderwysdiploma van Unisa onderrig hy, sedert 1974, Biologie    aan verskeie skole op die Kaapse Vlakte. In 1980 word hy aangestel as 'n lektor    aan die Hewat Onderwyskollege in Athlone, Kaapstad waar onder meer die Engelse    skrywer Richard Rive een van sy kritiese gespreksgenote was. In 1993 behaal    hy sy MEd aan die Universiteit van Kaapstad wat hy opvolg met 'n honneurs in    Argeologie (2011) aan dieselfde instelling.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Vir talle ander    was hy bekend as 'n sportman en 'n leidende sportadministrateur, want kultuur,    sport, die onderwys en die aktiewe politiek was deel van sy vol lewe. Hy was    'n stigterslid van verskeie sportklubs en in Kaapstad se noordelike gebiede    is sy naam sinoniem met die Celtic Sokkerklub en die Bishop Lavis Krieketklub.    Danie Mitchell, een van sy oud-leerlinge, beskou sy rol as gemeenskapsleier    as "monumentaal in Bishop Lavis" omdat hy daar menige jongmens se sosiale bewustheid    gerig het.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Sedert sy studentedae    was Willie 'n lid van verskeie swartbewustheidsorganisasies, onder meer SASO    en later AZAPO. In die laat-ne&euml;ntigerjare word hy verkies tot Wes-Kaapse    voorsitter van AZAPO. Die destydse streeksorganiseerder, Mkhufeli Khokhoda,    herinner hom dat Willie in die tyd vir hom soos 'n pa was: "Hy kon goed organiseer    en hy het duidelike standpunte gehad. Hy was destyds sterk gekant teen die Kaapse    bod vir die Olimpiese Spele, want dit sou ons net benadeel en bankrot maak."</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Niemand sou Willie    van manteldraaiery kon beskuldig nie; vir sy kennisse en vriende was hy 'n man    uit een stuk. Selfs sy bundel <i>Riemvasmaak</i> het hy opgedra aan "alle persone    wat nog nie geko&ouml;pteer is deur die establishment nie". Willie was soos    van die ander oorblywende lede van die laaste South African Council of Sport    (SACOS)-bestuur, Basil Brown en Dallas Haynes, gekant teen die oorhaastige vereniging    van Suid-Afrikaanse sport. In die vroe&euml; jare ne&euml;ntig, reken hulle    dat die ANC die verenging van Suid-Afrikaanse sport as deel van hul onderhandelingstrategie    gebruik het om (wit) sport internasionaal aanvaarbaar te maak, maar in hul haas    die behoeftes van die meerderheid Suid-Afrikaners agterwe&euml; gelaat het.    "Nie-rassige sport is opgeoffer," s&ecirc; Brown, "en vandag sien ons die negatiewe    gevolge daarvan. Daar is byna geen georganiseerde sport meer in ons gemeenskappe    of skole nie. Mense soos ek en Willie se standpunte van destyds was geregverdig."</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Ook in sy onderwysloopbaan    was Willie verbind tot gemeenskapsleiding. Volgens Hennie Ulster, 'n voormalige    Hewat-kollega, het hy omgegee vir die <i>underdog</i> en die onderwys was vir    hom 'n manier om die uitgestotenes op te hef. As deel van sy persoonlike verbintenis    het hy as 'n kollegedosent fabriekwerkers en verpleegsters deeltyds onderrig.    Dit was veral sy oortuigde sin vir reg en geregtigheid wat sy kollegas getref    het. 'n Sprekende voorbeeld was toe Hewat in 1996 moes sluit om saam te smelt    met die (eertydse wit) Kaapstadse onderwyskollege. Uit protes het Willie besluit    om nie oor te gaan nie en verkies om sy pos as senior lektor prys te gee. Later    sluit hy as gewone onderwyser aan by die onderpresterende Luhlaza Sekond&ecirc;re    Skool in Khayalitsha.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Willie Adams was    'n gemeenskapskrywer wat sy w&ecirc;reld bre&euml;r bekend wou stel. In sy <i>Re&euml;nboog</i>-manuskrip    skryf hy met deernis oor karakters in sy lewe soos 'n hakkelende pa wat met    vullerfrases soos "hiesa da" en "why of cause" sy stameling oorkom het: "Dit    was 'n hiersa da', why of cause vuil wedstryd, meneer die voorsitter, maar ek    is trots op my voorspelers &#91;...&#93; ons het die wedstryd gewen met hiersa    da', why of cause 52 - 14. Dis hiersa da', why of cause al wat ek wil s&ecirc;,    meneer die voorsitter."</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Met sy heengaan    is daar nie genoeg woorde om ons verlies te beskryf nie, selfs nie eens "hiesa    da" en "why of cause" sal die leemte kan vul nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Na 'n mediese ondersoek    in Maart 2012 het Willie sy persoonlike sake met doelgerigtheid agtermekaar    gekry. Hy het sy manuskrip afgehandel, uitdruklike instruksies vir sy verassing    en sekul&ecirc;re gedenkdiens opgestel selfs met 'n versoek vir die reggae-klanke    van Bob Marley. Hy sterf op Maandagaand 18 Junie 2012 na nierversaking aan 'n    hartaanval. Hy word oorleef deur sy vrou Joan, sy kinders Robert, Wilnelia en    Olivia, en kleindogter Tori.</font></p> <p/>      ]]></body>
<body><![CDATA[ ]]></body>
<REFERENCES></REFERENCES
</article>
