<?xml version="1.0" encoding="ISO-8859-1"?><article xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance">
<front>
<journal-meta>
<journal-id>0041-476X</journal-id>
<journal-title><![CDATA[Tydskrif vir Letterkunde]]></journal-title>
<abbrev-journal-title><![CDATA[Tydskr. letterkd.]]></abbrev-journal-title>
<issn>0041-476X</issn>
<publisher>
<publisher-name><![CDATA[Tydskrif vir Letterkunde Association, Department of Afrikaans, University of Pretoria]]></publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id>S0041-476X2012000100007</article-id>
<title-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Outobiografie en herinnering as verset in Adam Small se The Orange Earth]]></article-title>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[Autobiography and memory as resistance in Adam Small's The Orange Earth]]></article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Willemse]]></surname>
<given-names><![CDATA[Hein]]></given-names>
</name>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="A01">
<institution><![CDATA[,Universiteit van Pretoria Departement Afrikaans ]]></institution>
<addr-line><![CDATA[Pretoria ]]></addr-line>
</aff>
<pub-date pub-type="pub">
<day>00</day>
<month>00</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="epub">
<day>00</day>
<month>00</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<volume>49</volume>
<numero>1</numero>
<fpage>70</fpage>
<lpage>81</lpage>
<copyright-statement/>
<copyright-year/>
<self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&amp;pid=S0041-476X2012000100007&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&amp;pid=S0041-476X2012000100007&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_pdf&amp;pid=S0041-476X2012000100007&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><abstract abstract-type="short" xml:lang="en"><p><![CDATA[The Orange Earth is discussed here as a fictionalised autobiographical account in which the Afrikaans poet and playwright, Adam Small, reflects on the impact of apartheid, creating a counternarrative of a marginalised life during that political system. In the play, presented essentially as a play of ideas, the Coloured main character Johnny Adams, the fictionalised alter ego of the author, plants a bomb that kills a white child and much of the action involves his rationalization of his deed of terror. The play references the cultural and linguistic relationship between Coloured and white Afrikaans-speaking people, and the former's humiliation and exclusion under the apartheid policy. It is argued inter alia that Small's choice of English as a language of literary expression could be interpreted as part of a counterdiscourse on cultural disaffection and political disillusion just as his option of urban violence as a solution to apartheid, his "cry for citizenship", amounts to a desperate act rather than one of revolutionary violence. The article concludes with a discussion on the multiple meanings associated with the title that serves as a metaphor for the countermemory of Small's narrative]]></p></abstract>
<kwd-group>
<kwd lng="en"><![CDATA[Adam Small]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[Afrikaans culture]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[Afrikaans plays]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[antiapartheid literature]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[The Orange Earth]]></kwd>
<kwd lng="en"><![CDATA[revolutionary violence]]></kwd>
</kwd-group>
</article-meta>
</front><body><![CDATA[ <p><font size="4" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Outobiografie en herinnering as verset in Adam Small se <i>The Orange Earth</i></b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Autobiography and memory as resistance in Adam Small's <i>The Orange Earth </i></b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Hein Willemse </b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p> <hr size="1" noshade>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>ABSTRACT</b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><i>The Orange Earth</i> is discussed here as a fictionalised autobiographical account in which the Afrikaans poet and playwright, Adam Small, reflects on the impact of apartheid, creating a counternarrative of a marginalised life during that political system. In the play, presented essentially as a play of ideas, the Coloured main character Johnny Adams, the fictionalised alter ego of the author, plants a bomb that kills a white child and much of the action involves his rationalization of his deed of terror. The play references the cultural and linguistic relationship between Coloured and white Afrikaans-speaking people, and the former's humiliation and exclusion under the apartheid policy. It is argued inter alia that Small's choice of English as a language of literary expression could be interpreted as part of a counterdiscourse on cultural disaffection and political disillusion just as his option of urban violence as a solution to apartheid, his "cry for citizenship", amounts to a desperate act rather than one of revolutionary violence. The article concludes with a discussion on the multiple meanings associated with the title that serves as a metaphor for the countermemory of Small's narrative. </font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Keywords:</b> Adam Small, Afrikaans culture, Afrikaans plays, antiapartheid literature, <i>The Orange Earth,</i> revolutionary violence. </font></p> <hr size="1" noshade>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Inleiding </b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington gebore, die oudste kind van 'n onderwyser met 'n Nederduitse Gereformeerde Sendingagtergrond en 'n Moslemvrou van deels-Indiese afkoms. Sy vroegste jare bring hy deur op die gehuggie Goree aan die buitewyke van Robertson. Die gesin verhuis na Retreat en later na Heathfield, suidelike woonbuurte in Kaapstad, en woon hy verskeie Rooms-Katolieke skole by. Ten spyte van sy Afrikaanse agtergrond was die skrander leerling se ho&euml;rskool- en universitietsloopbaan byna volledig in Engels. Na afloop van sy meestersgraadstudie aan die Universiteit van Kaapstad, gevolg deur periodes van buitelandse studie, doseer hy Filosofie aan die Universiteite van Fort Hare en Wes-Kaapland. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Hierdie skrapse biografiese besonderhede is van belang by 'n besinning van Small se Engelse drama, <i>The Orange Earth</i>, 'n gefiksonaliseerde outobiografiese geskrif oor 'n intellektueel se gemarginaliseerde lewe waarin oor die uitwerking van apartheid gereflekteer en 'n teennarratief (<i>a counternarrative</i>) geskryf word. In talle onderhoude beskryf Small sy drama as semi-outobiografies (vergelyk "Adam Small skryf"; Bowes Taylor). Die outobiografie is 'n oop genre waarvan selfrepresentasie en refleksie van die hoofkenmerke is. Om 'n lewensverhaal te vertel, is om erkenning aan daardie lewe te gee en so herinneringe van 'n bestaan te skep (Anderson 114, 118-19). Die outobiograaf word 'n getuie en verslaggewer van 'n verlede. <i>The Orange Earth </i>kan beskou word as die openbare wroeging van 'n sensitiewe en krities-denkende individu, 'n opposisionele intellektueel, 'n gegewe waarin die openbare persona van Small as liberale denker herkenbaar is. In die opsig formuleer die Palestynse kritikus Edward Said 'n standpunt wat hier ter sake is: "The intellectual's role is to present alternative narratives and other perspectives on history than those provided by combatants on behalf of official memory and national identity and mission &#91;...&#93; The intellectual is perhaps a kind of countermemory, with its own counterdiscourse that will not allow conscience to look away or fall asleep" (Said 141). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">In die Afrikaanse letterkunde het Small van vroegaf 'n teennarratief geskep waarin hy hoofsaaklik die aard en uitwerking van apartheid op arm Kaapse plattelanders en mense uit die stedelike onderklas verbeeld het. Hierdie teennarratief is ook aanwesig in <i>The Orange Earth</i>, al word hier, soos in sy essaybundel, <i>Die eerste steen?</i>, gekonsentreer op die lotgevalle van 'n ontnugterde intellektueel uit 'n middelklasagtergrond. In die artikel word in die eerste analise-afdeling die verhouding tussen taal, godsdiens, herinnering en geweld as aspekte van di&eacute; teennarratief bespreek. Gesien teen sy hoofsaaklik Afrikaanse agtergrond is Small se keuse vir Engels as medium van uitdrukking deel van 'n teendiskoers waarmee ontgogeling en politieke afstand bedui word. Onderliggend aan die drama is die uitgangspunt dat nieteenstaande die verdelende gevolge van apartheid gekleurde en wit Afrikaanssprekendes taal en godsdiens as kultuurwaardes in gemeen het. Die hooffiguur, Johnny Adams, se ontnugtering met die sosiale toestand waarin hy verkeer, lei tot die pleeg van 'n daad van stedelike terreur wat hier as 'n "noodroep vir burgerskap" ge&iuml;nterpreteer word, 'n desperate handeling eerder as een wat getuig van revolusion&ecirc;re optrede. In 'n tweede analise-afdeling word 'n aantal van die uiteenlopende betekenisse van die "oranje aarde" as deel van die teendiskoers ondersoek. Die assosiatiewe betekenisse verwys onder meer na die hoofkarakter se herinneringe aan sy verlede en die uitgebuite lewens van die werkers op die gehuggie, Goree; die band tussen grond en die eendersklinkende skrywersvoornaam en die familienaam van hoofkarakter; die kultuurband tussen gekleurde en wit Afrikaanssprekendes en die ambivalensie jeens nasionalisme en patriotisme. </font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Die drama: <i>The Orange Earth </i></b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><i>The Orange Earth </i>met die ondertitel "essential elements of a personal history" beleef sy premi&egrave;re in die winter van 1978 in die Baxterteater, Kaapstad; 'n Afrikaanse vertaling, getiteld <i>Goree</i>, is in 1996 as 'n radiohoorspel uitgesaai (Luyt). Alhoewel <i>The Orange Earth </i>in verskeie Suid-Afrikaanse stede en die VSA opgevoer en deur die W&ecirc;reld-radiodiens van die BBC uitgesaai is, bestaan dit steeds slegs in manuskripvorm (Barnes). In die stuk kom, soos in ander Small-dramas, kwessies van sosiale identiteit, die spanningsvolle verhoudings tussen individue en die uitwerking van apartheid op sosiale groeperings aan bod. Word die subtitel oorweeg, is dit ter sake dat Small na hierdie drama as "'n outobiografie" verwys, nie noodwendig 'n "direkte outobiografie", maar "'n denkbeeldige outobiografie" ("Adam Small skryf "). Jare later, het hy daarna verwys as "the story of my life's imprisonment within the four or 10 walls of my skin" (Bowes Taylor). </font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><i>The Orange Earth</i>, gestruktureer as 'n ide&euml;spel, is 'n gefiksionaliseerde weergawe van outobiografiese herinnering. Dit wentel om die ervarings van 'n sensitiewe Afrikaanssprekende man, Johnny Adams, en sy familie gedurende die apartheidsperiode. Die stuk bestaan uit 'n basiese stel met agtien toneeloorgange. Die handeling wissel tussen die hofsaal, die hooffiguur se tronksel en terugflise na vroe&euml;re deurslaggewende episodes van sy lewe. Die spel open met die harde knal van 'n bomontploffing in 'n supermark waartydens 'n wit kind, Deidre (3-4), sterf. In daaropvolgende tonele verskyn die uitdruklik anti-kommunistiese maar militante hooffiguur, geklassifiseer "Kleurling" onder apartheidwetgewing, in hoftonele waar hy skuld ontken en die basis van sy verdediging formuleer. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die toneelstuk speur die hooffiguur se oorwegings vir sy geweldsdaad na deur die verhoudings met sy vrou, broer, ma en pa, almal gemerk deur die uitwerking van apartheid op hulle lewens. Johnny se vrou, Brenda, met die noemnaam Babie, verskyn in verskeie hoftonele waarin sy verslag doen van haar getroude lewe, die uitwerking van apartheid op Johnny en hul enigste kind, die sestienjarige dogter Djamila. Sy herroep die bitterheid wat die nakoming van wetlike rasseklassifikasie meegebring het en haar man se onwilligheid om meer kinders in die lewe te bring. In 'n belangrike toneel vertel Babie van Johnny se poging om hul kind te registreer wat haar vir altyd verdoem tot die tweederangse burgerskap wat vir gekleurdes bestem was, 'n minderwaardige skoolopvoeding en beperkte geleenthede (32). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">In 'n terugflits vertel John Adams (snr), Pappa ook bekend as Jan, van hul landelike lewe in die gehuggie Goree met sy rooibruin ("oranje") grond. Regdeur die stuk word in verskeie tonele die kultuurbande tussen gekleurde en wit Afrikaanssprekendes van die Boland aangeraak. In 'n belangrike toneel herleef Johnny die oomblik van sy ma se vernedering wanneer 'n boervrou haar agterom na die kombuis stuur. Die spanning tussen verset en patriotisme word bygebring wanneer Johnny se jonger broer, Georgie, 'n lid van die gekleurde milit&ecirc;re eenheid, die Kaapse Korps, met milit&ecirc;re eer begrawe word. Djamila, soos Johnny, beskou sy aktiwiteite as di&eacute; van 'n <i>sell-out</i>. George het op 'n landmyn getrap en in die "operasionele gebied" gesterf. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><i>The Orange Earth</i> eindig met oorwegings van die kind wat as 'n slagoffer gesterf het, die hooffiguur se geweldsdaad en sy broer se patriotisme. In 'n terugflits vertel Babie van die milit&ecirc;re begrafnis waar Johnny vorentoe gespring het en die vlag wat die apartheidsperiode verteenwoordig afpluk en skeur. Die toneelstuk eindig met Babie se woorde, "Someday there's a flag for ... all of us?" (81). </font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Taal, godsdiens, vernedering en geweld </b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><i>The Orange Earth</i> is binne twee jaar na die openbare opstande van 1976 en 1977 opgevoer. Alhoewel die opstande in geen van Small se onderhoude of publisiteitsmateriaal genoem word nie, is dit geen toeval dat hierdie toneelstuk in Engels eerder as Afrikaans geskryf is nie. Hy het hom toenemend vervreemd van Afrikaans en Afrikaners gevoel: sy huistaal was Engels; sy skeppingstaal het Engels geword en hy het groter aanklank by die Black Consciousness-beweging van die 1970's gevind (kyk Small, "Blackness"). In hierdie tyd publiseer hy ook sy enigste Engelse bundel <i>Black Bronze and Beautiful </i>(1975) wat soos <i>The Orange Earth</i> aanduidend is van sy gemoedstoestand destyds en die ongemaklike dualiteit van sy kulturele affiliasies. Ten spyte daarvan is die emosionele kern in die drama die verhouding tussen gekleurde en wit Afrikaanssprekendes. Afrikaans word in 'n Foucauldiaanse sin verbind met die bemiddeling van mag en gesag in die apartheidsamelewing, terwyl Small se nuwe taal van letterkundige uitdrukking, Engels, deel is van 'n teendiskoers wat kulturele vervreemding en politieke verset suggereer. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Small kies in <i>The Orange Earth</i> 'n moment van alledaagse interaksie eerder as 'n uitsonderlike politieke geleentheid om die houdings en sosiale gedrag van individue met verwysing na taal, godsdiens en herinnering tydens die apartheidsperiode bloot te l&ecirc;. In 'n belangrike terugflitstoneel (hierna verwys as die "agterdeurtoneel"), herroep die hoofkarakter, Johnny Adams, die uitwerking van sosiale mag gebaseer op etniese oorheersing: </font></p> <font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">     <blockquote>     <p>And she looks at Mamma, this white woman, and Mamma is young and brown and beautiful. And she looks at Mamma, but she also does not look at Mamma ... She looks right past her, as if Mamma isn't there. </p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p>&#91;...&#93; </p>     <p>And she says, this white woman, and she's talking to Pappa, not to Mamma ... (<i>Pause</i>) "Adams", she says, "Se (sic) vir jou meid ... It's all right, she can go around the back, and she can have the flour." (<i>Pause</i>) And she smiles. For she has just been very kind to us, you see ... And she's speaking our language ... Afrikaans ... mine and Pappa's and Mamma's and Georgie's ... and hers ... "Adams, tell your girl it's all right, she can go around the back and she can have the flour " (48). </p> </blockquote> </font>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die toneel waaruit hierdie aanhaling kom, word nougeset opgestel met die klem op die intrinsieke trots, gekultiveerdheid en Afrikaansheid van die Adams-familie te midde van die dreigende aanwesigheid van witheid. By voorbeeld, die hoofkarakter s&ecirc;, "&#91;it was&#93; the first time that we were together like that ..."; hy beskryf sy pa as "proud ... my teacher at the school", en sy ma as "beautiful", "oriental, eastern, lovely" en as die geliefde ma wat hom leer lees het: "Ali Baba and the Forty Thieves, Hansel and Gretel ... &#91;a&#93;ll in Afrikaans ...&#91;m&#93;y language ... Arabian nights ... Hans Christian Anderson ...&#91;a&#93;nd of course, the Bible ..." (47). Small bied hier ten minste intu&iuml;tief, indien nie doelbewus nie, 'n teennarratief van die geskiedenis van gekleurde mense wat dikwels in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse literatuur as intellektueel-, moreelen sosiaal-gebrekkig voorgestel is. In teenstelling tot die waardigheid en gekultiveerdheid van die Adams-familie, verwoord Johnny ook die oorheersing van "witheid". Die plaashuis wat gesin nader, onthou hy as intens wit: "white, blinding white in the bright sun ... &#91;l&#93;ike the walls of all those white farmhouses", bewoon deur "the white woman of this white house" (47). Benewens hierdie verwysing word witheid ook in verband gebring met die vlag wat apartheid Suid-Afrika simboliseer ("If only the white wasn't there ...", 76), en di&eacute; kleur word ook regstreeks verbind met steriliteit en gevangenskap: "Sterile. White. White walls, all around ... Prison" (61). Die omsigtigheid waarmee die toneel opgebou word, die kleurassosiasies en die gesin se vernedering wys duidelik heen na die sentrale belang van die agterdeurtoneel in <i>The Orange Earth</i>. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die uitwerking op Johnny se ma (wat nie as 'n karakter aanwesig is nie) word ge&iuml;mpliseer eerder as vertolk. Vir die huidige interpretasie is 'n beskouing hiervan egter ter sake omdat dit heenwys na die impak op die Adams-gesin en meer bepaald die hooffiguur. Vir die Moslemvrou wat die Christelike Nederduitse Gereformeerde tradisie aangeneem het, is die vernedering veelvuldig. As gekultiveerde vrou word sy nie as 'n gelyke geag nie en beveel om na die agterdeur te gaan. Dit is 'n ontkenning van haar wese as vrou wanneer haar man eerder as s&yacute; regstreeks aangespreek word. Sy word verneder en weggestuur juis wanneer sy aan die sentrale offerritueel van haar nuwe geloof, naamlik die Heilige Nagmaal, wou deelneem en dit aan die hand van een van haar nuwe geloofsgenote, die wit Christenvrou. Bowendien, word hulle vernedering in Afrikaans, hul gedeelde eerstetaal, gelewer en daarmee saam word die taal besoedel. Vir Johnny is al hierdie fasette van vernedering, sowel implisiet as eksplisiet, ter sake by die regverdiging van sy geweldsdaad. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die betrokke toneel bevat betekenisse van onregtigheid en bevryding, veral met verwysing na die ou testamentiese voorloper van Pase, naamlik die Pasga, die fees van die ongesuurde brode (Ex. 12: 15-19). Gegee die bre&euml; Christelike leer-die Heilige Nagmaal, die Kruisiging, die Opstanding en Verlossing-erken 'n mens die suggestiewe moontlikhede dat sosiale ongeregtigheid en verraad oorwin sal word en dat die sondaars vergifnis sal ontvang. Tog word die wesenlik Christelike (of meer bepaald nuwe testamentiese) moontlikheid nie tot sy logiese uiteinde in <i>The Orange Earth </i>ontwikkel nie. In hierdie opsig dien die waarskynlik semi-outobiografiese aard van die agterdeurtoneel as dokumentering van die dramaturg se familiegeskiedenis, eerder as ontplooiing van die teks se interne logika. Small fokus op die meer onmiddellike ervaring van uitsluiting, ontkenning en ontmagtiging. In 'n onderhoud, dertien jaar n&aacute; die premi&egrave;re, beskryf hy nie-wit Afrikaanssprekendes se ervaring van apartheid as intens persoonlik, want hul onderwerping en vernedering vind plaas aan die hand van taalgenote: "Jou taal beledig jou nie, maar die belediging vind <i>in </i>jou taal plaas, deur die ander mens wat-soos dit klink-ook jou taal praat. &#91;...&#93; ons <i>leef </i>binne die werklikheid van taal, en taal definieer-heel waarskynlik-ons menslikheid" ("Verhouding"; oorspronklike klem). In 'n toespraak in Pasadena, Kaliforni&euml; in 1971 beskryf Small hierdie skeiding tussen Afrikaanssprekendes as "tragies" en "bitter". Hierdie emotiewe terme, sewe jaar voor die eerste opvoering van <i>The Orange Earth</i>, verklap die diepgang van sy gevoel van vervreemding: </font></p> <font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">     <blockquote> the life of the Coloured people &#91;...&#93; is perhaps the most tragic life in South Africa &#91;...&#93; despite &#91;their&#93; cultural tie-in, you have a rift &#91;between&#93; the White and the Coloured &#91;...&#93; it is a very bitter thing. This is altogether tragic. <i>In any situation anywhere in the world this would be tragic if you have people of the same cultural origins and the same cultural destiny, I would say, having this sort of difference because of politics </i>(Small, <i>Brown Afrikaner</i> 5-6; oorspronklike klem). </blockquote> </font>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Benewens die algemene ontsegging en ontkenning van gekleurde mense wat die toneelstuk kenmerk, kom die aktiewe deelname van wit Afrikaanse mense aan die sistematiese vernedering en uitsluiting van die Ander ook onder die loep. In die hoofkarakter se vrou, Babie, se hervertelling van die agterdeurepisode beklemtoon sy dat Pappa Adams en sy gesin se vernedering nie die gevolg van 'n gesiglose stelsel is nie, maar aktief deur mense uitgevoer en gepleeg is: "Humiliation. Then bitterness. Made for us by other people ... people ... two hands, two feet, each one, a face, two eyes, two ears, a mouth, like us ... but white ... like this white Christian woman" (49). Johnny se herinnering aan sy belewing as 'n vyfjarige seun, kristalliseer in 'n teken dat <i>bepaalde mense </i>vir sy gesin se kleinering, en veral sy trotse pa se vernedering, afhanklikheid, ontmatiging en hulpeloosheid, verantwoordelik is: "I remember, Pappa, I looked at you, and your face went ashen ... You were angry. And you were helpless. &#91;...&#93; God, you were so ... dependent on those people ... (<i>Pause</i>) Your eyes, looking at me there. I saw the fear in them ... the fear and the ... shame! (<i>Johnny is angry, and almost crying</i>)" (48). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die vernaamste struktuurelement wat Small in <i>The Orange Earth </i>gebruik, is die terugflits wat ook die diagnose van traumatiese herinnering resoneer. Die oproep van slegte ervarings en trauma, is 'n bewys van "'n opgebottelde self" wat terugkeer in onwillekeurige drome en terugflitse en wat die subjek nie deur bewuste herroeping kan beheer kan nie (Caruth in Alexander 130). Johnny rasionaliseer sy geweldsmisdaad in verwysing na die vroe&euml; ervarings wat sy lewe gevorm het, die bydraende rol van bepaalde wit individue, sy persoonlike lewenstrajek en di&eacute; van sy gesinslede eerder as 'n duidelik-omskrewe nasionale versetsaksie. Sy hofsaak bied 'n koherente narratief om sy uitsluiting en ontkenning te artikuleer en sy desperate versetsdaad te regverdig: </font></p> <font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">     <blockquote>     <p>Pappa: (<i>Hesitant</i>) Why ... Why did you ... </p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p>&#91;...&#93; </p>     <p>Pappa: Johnny ... Why ... No, I mustn't ask ... </p>     <p>&#91;...&#93; </p>     <p>Johnny: You know ... You know why, Pappa. </p>     <p>Pappa: Yes ... I know ... </p>     <p>Johnny: I'm sorry ... I've said it before ... I (<i>Then loud</i>) Because they've ... humiliated you ... (61). </p> </blockquote> </font>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Johnny se regverdiging vir sy geweldsdaad bly intens-persoonlik sodat dit uiteindelik 'n daad van vergelding word. Ten spyte van sy uitgebreide rasionalisering is sy daad ontdaan van 'n nasionale (of internasionale) verbintenis of saak. In di&eacute; opsig is dit ter sake dat hy uitdruklik aankondig dat hy "geen kommunis is nie," maar "<i>slegs</i> Johnny Adams" (20, toegevoegde klem). In 'n oeuvre wat gekenmerk word deur volgehoue pogings om menslikheid en individualiteit te definieer, is Small se oorweging van geweld in <i>The Orange Earth</i> 'n opvallende uitsondering. In geeneen van sy kreatiewe of ander publikasies probeer hy enigsins gewelddadige verset of 'n bevrydingsoorlog aanstig of regverdig nie. Revolusion&ecirc;re geweld of "vermenslikende geweld" voorveronderstel 'n politieke program om 'n verdrukkende sosiale orde te verander en deur kollektiewe aksie groter sosiale vryheid, gelykheid en geregtigheid teweeg te bring (Nnoli 27). As 'n liberale denker oorweeg Small in <i>The Orange Earth</i> die ekstreme moontlikheid van gewelddadige verset<i>, </i>maar sy hooffiguur is nooit werklik in staat om dit as sodanig te regverdig nie, byvoorbeeld as 'n regverdige oorlog, <i>bellum iustum</i>, of 'n nasionale saak. Teen die agtergrond van hierdie perspektief word Johnny se bom in die supermark 'n daad van stedelike terreur eerder as een van geregverdigde revolusion&ecirc;re geweld. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die implikasie is dat Small intellektueel tot 'n uiterste gedryf word, naamlik vanaf skriftelike protes in <i>Die eerste steen?, Kitaar my kruis, Kanna, hy k&ocirc; hystoe </i>of <i>S</i>&ecirc;<i> sjibbolet </i>tot die oorweging van gewelddadige verset as oplossing vir apartheid in <i>The Orange Earth. </i>As 'n teennarratief getuig die skryfdaad van 'n moment van totale ontnugtering en staan dit in die teken van 'n uiterste waartoe politieke magteloosheid selfs 'n liberale intellektueel kan dryf. In 'n onderhoud stel hy die ontnugtering so: "Ek sal nie letterlik 'n bom plant nie. Maar ek het 'n bom in my gemoed" (Small in Jongbloed). In 'n voordrag voor 'n studentegehoor na die 1976-opstande beskryf Small die geweld wat hy waargeneem het as 'n "noodroep vir burgerskap": "I hold no brief for violence and I do not want to. But violence-the violence we are witnessing now-can and must at least be <i>understood</i>. It is the expression of the cry for citizenship-for real life and the privileges of real life-from a position of insecure helplessness over against White Power ..." (Small, <i>Academic Freedom</i>, &#91;14&#93;). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Inderdaad, die geweld wat in <i>The Orange Earth </i>voorkom, sou beskou kan word as Small se "insecure helplessness" en sy mees desperate "cry for citizenship". Met die begrensing van sy godsdienstige en filosofiese oortuigings is die tekstuele demonstrasie van Johnny se geweldsdaad die naaste wat Small as intellektueel kan kom aan die aanstigting van geweld. </font></p>     <p>&nbsp;</p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>"Ons kom uit dieselfde grond": om te hoort en patriotisme </b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die titel, <i>The Orange Earth</i>, roep 'n reeks metonimiese assosiasies op. Die "oranje aarde" word die sentrale beeld vir die hoofkarakter se herinneringe aan sy verlede, in teenstelling met die wit steriliteit van sy tronksel in die hede (61). Dit omvat ook die kern van sy teennarratief van 'n geskiedenis van hoort en patriotisme. Grond word 'n teken van die goeie, van volharding, van hoort en verbintenis: "The ground, the soil there ... it was this orange colour, and hard. Good soil ..." (51). Die opvallendste verwysing na herinnering is die rooibruin grondkleur, kenmerkend van Johnny se jeugverblyf, Goree, waar dit verwys na bre&euml; sosiale en kulturele verbintenisse. Pappa Adams s&ecirc;: "The ground is hard there, kind of orange colour, Boland ground ..." (36; kyk ook 51, 61-62). Die "oranje grond" verwys na durende verhoudings waar dit regstreeks verbind word met die lewens van armes, die werkende mense van die gehuggie, hulle moeilike, uitgebuite lewens en hulle onvervuldheid, soos blyk uit die volgende aanhaling: "people of the dust ... Like the soil, the ground, like the earth, there, that's their colour &#91;...&#93; they sweated, those brown people-people? Slaves-black-brown and yellow-brown and red-brown ... sweat from the farm work in the scorching sun" (57-58). Die oranje kleur word deurlopend verbind met hierdie uitgebuite armes, maar ook met die apartheidsvlag, die oranje-blanje-blou, en die patriotisme van Johnny se broer, Georgie. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Gegee die outobiografiese laag van die toneelstuk val die band tussen die skrywersvoornaam en die familienaam van die hoofkarakter op. Minder opvallend is die band tussen die titel, <i>The Orange Earth</i>, en die hoofkarakter. Johnny se bewaarder vra, "Adams ... what sort of name is that?" (53), wat suggereer dat naamgewing in die toneelstuk ter sake is. Benewens die ho&euml; frekwensie as familienaam in Engelstalige w&ecirc;relddele het die naam "Adams" of afleidings daarvan ook 'n ho&euml; voorkoms onder die bruin gemeenskapsegment van die Wes-Kaap waar dit teruggevoer kan word na koloniale naamgewing en die afdwing van mitologiese en Bybelse name op slawe. Adam verwys na die eerste mens wat uit grond gevorm is, in verwysing na meditere&euml;nse mitologie&euml;, meer bepaald die Griekse mitologie en die drie Abrahamitiese gelowe, die Juda&iuml;sme, die Christendom en Islam (Evans 9). In <i>The Orange Earth</i> word die familienaam Adams verbind met die plaaslike grondgebied en die gesin se historiese band daarmee, terwyl dit ook hul sosiale marginaliteit beklemtoon. Bykomend kan genoem word dat die hoofkarakter (en sy pa) se voornaam, John, wat "God is vrygewig" beteken en godsdienstige konnotasies oproep, ook verwys na die sosiale oorgang van die Adams-gesin. In die toneelstuk word Pappa Adams se noemnaam "Jan" (die Nederlandse of Afrikaanse weergawe van die Latynse <i>Ioannes</i>, die Griekse <i>Io&aacute;nnes</i> of die Hebreeuse <i>Yohanan</i>) verbind met die Afrikaanse platteland, meer bepaald Goree, terwyl die Engelse voornaam "John" verwys na stedelike sofistikasie en middelklasmobiliteit (kyk "John"). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Een van die terugkerende temas is die kulturele verbintenisse tussen gekleurde en wit Afrikaanssprekende mense. Die mees eksplisiete verwysing is Bybels wanneer Johnny uit Genesis aanhaal, naamlik dat alle mense na "Sy beeld" geskape is (61; kyk Gen. 1: 27). Twee voorbeelde van die gekleurde-wit verhouding wat in die stuk nagespeur word, is die agterdeurepisode en die verhouding met die tronkbewaarder, Bokkie Gerber. Tydens hulle verbode nagtelike gesprekke, hoofsaaklik gevoer deur die spraaksame Johnny Adams, kom hulle tot insig van hul gemeenskaplikhede, onder meer hul gedeelde Calvinisme (17). Johnny stel verder vas dat hulle dieselfde taal en kultuur, en dus letterlik en figuurlik dieselfde grond deel: </font></p> <font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">     <blockquote> You want to play <i>uittel-uittel</i>? Then we'll see! Come we count! Moet ons tel! Come! &#91;...&#93; Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, om die hoek staan Mameskewe ... How did it go, do you remember, when we were children ... You also played it? Mame skewe mat (sic) die boggel op die rug. Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe ... (17). </blockquote> </font>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die verhouding tussen bewaarder en gevangene is 'n toonbeeld van die afstand, maar ook die affiniteit van die Afrikaanssprekendes van die "diep-Boland" (6). Dwarsdeur die stuk word hierdie gemeenskaplikheid beklemtoon in verwysing na godsdiens en veral na taal: "It's the same world ... Our world ... Yours and mine ... There's our roots, your's (sic) and mine ..." (20, 52, 57); "We're from the Boland, man ... Afrikaans, all three of us, Bokkie and I, and Pappa ..." (64); "The very same accents &#91;...&#93; Your old man is the same Afrikaans, just like Pappa here ... Bolandse mense (68). Johnny was gebore op Wellington en Bokkie op Goudini, een geografiese streek fisies verdeel deur 'n bergreeks. Alhoewel Small nie di&eacute; geografiese kenmerk in <i>The Orange Earth</i> te berde bring nie, wys hy deurlopend apartheid uit as die hindernis wat in die pad van groter kulturele verbintenis staan: "I have always considered white Afrikaans people, as the protagonists of apartheid, as the prodigal sons and daughters. There is no doubt we come from the same soil, not only as far as language but also in terms of religion. We share an inescapable heritage" (Small in MacLennan). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Soos hierbo aangedui, word een stel betekenisse van die "oranje grond" uitdruklik met die dood van Johnny se jonger broer, die soldaat George, verbind. "Orange earth, white walls, big blue sky ... Orange, white and blue ... Orange ... that is clay, Pappa, the ground, the earth, on which we played ... Blue ... that is the sky ... The mulberry trees were full of it " (75). George het op die "grens" gesterf vir hy 'n land en 'n vlag, die oranje-blanje-blou, wat vir Johnny die simbool van uitsluiting en vernedering is, en vir 'n regering wat sy reg tot volle burgerskap ontken het: "What for?! For nothing, nothing. A coloured on the border! Fighting for ... the country! Dear God, how could you, Georgie? ... And be ... killed, like that, for nothing, for bloody nothing..." (41, 42; kyk ook 71-72). <i>The Orange Earth </i>verbreed die begrip van die grenservaring van die 1980's in die Suid-Afrika terwyl dit terselfdertyd opvattings oor lojaliteit problematiseer. In 'n onderhoud spreek Small hom soos volg uit oor die ambivalensie van opvattings wat George en Johnny oor grond, nasionalisme en patriotisme verteenwoordig: "Die persoon wat die bom plant, doen dit omdat hy die land liefhet, en die persoon wat die grens bewaak, doen dit omdat hy die land liefhet. Hulle mag broers wees, soos in die stuk, maar in wese verteenwoordig hulle net twee kante van dieselfde mens" ("Adam Small skryf "). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Die sentrale beeld in <i>The Orange Earth </i>word uitgebrei met aspekte van die dramaturg se teennarratief van behoort, volharding, kulturele verwantskap en patriotisme. Apartheid het etnisiteit en velkleurskakering (met die apartheidseufemisme "anderskleurigheid") tot onoorkomelike verskille verklaar, terwyl Small kulturele gemeenskaplikheid en 'n oorkoepelende Afrikaansheid voorstaan: "&#91;The Coloureds&#93; are nothing, really, but Afrikaners &#91;...&#93; Culture goes beyond politics in any case, and history will show that these people have always been and will always be Afrikaans. And there is nothing anybody can do about that" (Small,<i> Brown Afrikaner </i>5). In 'n emosionele stelling oor sy toneelstuk s&ecirc; hy: "And if being a Boer means coming from this same soil, then I suppose I can be considered a Boer now" (Small in MacLennan) of vroe&euml;r elders, "I am nothing but an Afrikaner myself" (Small, <i>Brown Afrikaner </i>10). </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">As 'n geskrif oor marginaliteit en in die konteks van 'n bre&euml;r multi-etniese Suid-Afrikaanse nasie is Small se <i>cri de coeur </i>'n herverbeelde etniese minderheidsgroepering. Sy visie is uiteraard gematigd en doelbewus taal- en kultuursentries, met geen sprake van die meer omvattende opvattings oor nasie wat hierdie debat sedert die 1940's kenmerk nie. </font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Alhoewel <i>The Orange Earth </i>in hoofsaak 'n drama oor die uitwerking van apartheid en die "tragiese skeiding" tussen gekleurde en wit Afrikaanssprekendes is, beskou Small dit in een van sy onderhoude as 'n werk oor die aard van patriotisme. Hy s&ecirc;, "Die stuk gaan oor my persoonlike ervaring as 'n Kleurling. &#91;...&#93; S&ecirc; maar ek praat as 'n grys persoon. &#91;...&#93; As 'n grys persoon het ek geen gevoel oor identiteit nie, het geen nagmerries daaroor nie. Daarom gaan die stuk oor patriotisme-wat is patriotisme?" ("Adam Small skryf"). Hierdie skrywersintensie is egter minder akkuraat, omdat die aard van identiteit, meer bepaald die gedeelde kultuurwaardes onderliggend aan identiteit, in die kern van <i>The Orange Earth </i>staan. Patriotisme is in sigself 'n identiteitskonsep. In die toneelstuk mag die konsep "patriotisme" op die oppervlakte selfs in botsing wees met die liberale, individualistiese toonaard daarvan. Trouens, in die stuk word hierdie botsende perspektief verklaar deur patriotisme aan te bied as deel van die verskeidenheid van idees wat in 'n samelewing verdra moet word: </font></p> <font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">     ]]></body>
<body><![CDATA[<blockquote> Djamila laughed. Scornfully. Uncle Georgie is a sell-out, she said. Then Johnny shouted at her. You won't say that! &#91;,&#93; he said. You won't say that about your uncle Georgie ... <i>But you're saying</i> it too, said Djamila ... <i>But, still, Uncle Georgie believes differently, said Johnny &#91;,&#93; that's all, do you hear? </i>Then the two of them cried, Johnny and Djamila ... What do you really believe? What do you? ... (72, toegevoegde klem). </blockquote> </font>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Patriotisme per definisie veronderstel 'n uitdruklike groepsidentiteit, "to be a part of a more encompassing narrative, to be related to a past and a future that transcend the narrow confines of an individual's life and its mundane concerns", en dit doen 'n beroep op die uitvoering van die kernwaarde van lojaliteit en 'n bereidwilligheid tot opoffering: "the patriot is motivated to think of the <i>patria</i> as blessed by all manner of virtues and achievements whether the evidence, interpreted objectively, warrants that or not" (Primoratz). Dit is hierdie klassieke opvatting van patriotisme wat Georgie se betrokkenheid by die grensoorlog onderl&ecirc;; dit is liefde vir die land, die grondgebied, ten spyte van die uitsluitende aksies van 'n bepaalde regering. Alhoewel Johnny se geweldsdaad as terreur en 'n "cry for citizenship" eerder as revolusion&ecirc;re geweld ge&iuml;nterpreteer is, bied sy afruk en skeur van die vlag 'n profetiese alternatief op tradisionele patriotisme, veral wanneer Babie 'n nuwe vlag (en per implikasie nuwe staatsinstellings) in die vooruitsig stel: "Someday there's a flag for ... all of us?" (81). Hierdie patriotisme berus op 'n nuwe demokratiese staat wat die gelykwaardigheid van al sy inwoners erken. J&uuml;rgen Habermas in die konteks van post-Nazi Duitsland noem die moontlikheid van 'n "staatkundige patriotisme" wat verder as nasionalistiese of kulturele lojaliteite strek en "vervat word in die wette en instellings van 'n vry en demokratiese staat (Primoratz). </font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Ten besluite </b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><i>The Orange Earth </i>is Adam Small se mees persoonlike letterkundige werk, 'n stuk waarmee hy sy gehore en lesers uitnooi tot outobiografiese en semi-outobiografiese interpretasies. Vanuit hierdie hoek skep hy 'n teennarratief van 'n gemarginaliseerde lewe van 'n persoon, geklassifiseer "Kleurling", en die konnotasie van vernedering en uitsluiting wat met die begrip verbind word. Alhoewel die bepaalde voorvalle wat in die drama aan die orde gestel word, illustratief van die gekleurde persoon se lewe onder apartheid is, bied Small subtiel perspektiewe waar stereotiepe idees oor intellek, kulturele sofistikasie en sosiale moraliteit teengewerk word. As 'n werk van kulturele herinnering word momente van private vernedering deur die opvoering daarvan gedeelde ervarings en word die toneelstuk 'n kreatiewe daad teen ontkenning. Die opspraakwekkende aspek van <i>The Orange Earth</i> is Small se oorweging van geweld. As 'n individualis, 'n liberaal, en 'n anti-kommunistiese skrywer is dit sy mees desperate "cry for citizenship", selfs al kan dit nie, in sigself, as 'n revolusion&ecirc;re daad vertolk word nie. As outobiografiese geskrif is die onderliggende oproep vir 'n herverbeelde Afrikaanse gemeenskap, in teenstand tot apartheidortodoksie, en vir 'n patriotisme gebaseer op nuwe gronde. </font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Erkenning </b></font></p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Ek bedank graag vir Steward van Wyk wat 'n manuskripkopie van die 1984 BBC-opvoerteks van <i>The Orange Earth</i> aan my voorsien het. </font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="3" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif"><b>Geraadpleegde bronne </b></font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">"Adam Small skryf oor homself." <i>Volksblad</i> 26 Jul. 1978: 12.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827273&pid=S0041-476X201200010000700001&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Alexander, Linda. <i>Autobiography. </i>2<sup>de </sup>uitg. Londen, New York: Routledge, 2011.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827274&pid=S0041-476X201200010000700002&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Barnes, Maureen. "BBC breakthrough for Adam Small with long-lost play." <i>Sunday Times</i> 27 Mar. 1983.</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827275&pid=S0041-476X201200010000700003&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Bowes Taylor, Gorry. "Call from De Klerk struck chord with 'returning brother'." <i>Argus</i> 25 Nov. 1993: 6.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827276&pid=S0041-476X201200010000700004&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Bruwer, Johan. "Oor die bitter liefde vir die oranje aarde." <i>Rapport</i> 16 Jul. 1978: 15.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827277&pid=S0041-476X201200010000700005&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Evans, Ivor H. <i>Brewer's Dictionary of Phrase and Fable</i>. Eeufeesuitg. Londen: Cassell, 1970.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827278&pid=S0041-476X201200010000700006&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Jack, Lionel. "Adam Small slaag." <i>Rapport</i> 10 Apr. 1983: 5.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827279&pid=S0041-476X201200010000700007&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">"John." 23 Mei 2011. &lt;<a href="http://dictionary.reference.com/browse/john" target="_blank">http://dictionary.reference.com/browse/john</a>&gt;.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827280&pid=S0041-476X201200010000700008&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Jongbloed, Zelda. "Die boodskap sit in die stof." <i>Rapport</i> 1 Des. 1985: 6.    </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827281&pid=S0041-476X201200010000700009&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Louw, N. P. van Wyk. <i>Oh Wide and Sad Land: Afrikaans Poetry of N. P. van Wyk Louw. </i>Vert. Adam Small. Kaapstad: Maskew Miller, 1975.</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827282&pid=S0041-476X201200010000700010&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______."Voorwoord." <i>Die opkoms van ons derde stand. </i>D. P. Botha. Kaapstad: Human &amp; Rousseau, 1960. v-x. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827283&pid=S0041-476X201200010000700011&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Luyt, Margot. "'Goree'-uitsending herdenk Small." <i>Burger</i> 17 Mei 2006: 14. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827284&pid=S0041-476X201200010000700012&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">MacLennan, John. "The return of the prodigal son." <i>Sunday Tribune</i> 28 Nov. 1993: 26. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827285&pid=S0041-476X201200010000700013&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Matthews, James. <i>The Park and Other Stories</i>. Johannesburg: Ravan Press, 1983. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827286&pid=S0041-476X201200010000700014&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Nnoli, Okwudiba. "Revolutionary Violence, Development, Equality and Justice in South Africa." <i>Africa Today</i> 34.1/2 (1987): 27-47.</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827287&pid=S0041-476X201200010000700015&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Rabie, Jan. <i>Polemika 1957-1965</i>. Kaapstad: Jan Malherbe (Edms) Bpk, 1965.</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827288&pid=S0041-476X201200010000700016&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Said, Edward. <i>Humanism and Democratic Criticism. </i>New York: Columbia UP, 2004.</font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827289&pid=S0041-476X201200010000700017&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Small, Adam. <i>Academic Freedom, White Power and Black People.</i> Durban: U of Natal, 1976. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827290&pid=S0041-476X201200010000700018&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. "Blackness versus Nihilism." <i>Essays on Black Theology. </i>Red. Mokgethi Motlhabi. Johannesburg: Black Theology Project of the University Christian Movement, 1972: 10-16. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827291&pid=S0041-476X201200010000700019&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>Black Bronze and Beautiful: Quatrians. </i>Johannesburg: Ad Donker, 1975. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827292&pid=S0041-476X201200010000700020&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>A Brown Afrikaner Speaks: A Coloured Poet and Philosopher looks ahead</i>. Pasadena: California Institute of Technology, 1971. Munger Africana Library Notes 8. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827293&pid=S0041-476X201200010000700021&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>Die eerste steen? </i>Kaapstad: HAUM, 1960? </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827294&pid=S0041-476X201200010000700022&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. "Die verhouding is een van liefde-en-verydeling." <i>Volksblad</i> 29 Aug. 1991: 6. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827295&pid=S0041-476X201200010000700023&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>Kanna hy k&ocirc; hystoe.</i> Kaapstad: HAUM, 1961? </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827296&pid=S0041-476X201200010000700024&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>S</i>&ecirc;<i> Sjibbolet. </i>Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1963. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827297&pid=S0041-476X201200010000700025&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>The Orange Earth</i>. 1984. Manuskrip. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827298&pid=S0041-476X201200010000700026&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">______. <i>Verse van die liefde.</i> Kaapstad: Culemborg, 1957. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827299&pid=S0041-476X201200010000700027&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Statistics South Africa. Census 2001-Primary tables: 1996 and 2001 compared. 1 Aug. 2011. &lt;<a href="http://www.statssa.gov.za/census01/html/RSAPrimary.pdf" target="_blank">http://www.statssa.gov.za/census01/html/RSAPrimary.pdf</a>&gt;. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827300&pid=S0041-476X201200010000700028&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Petersen, S. V. "Agter die grenslyn". Doc 118. Z. Pr. P. D. J. Opperman-argief, J. S. Library, U van Stellenbosch, 1952. Manuskrip. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827301&pid=S0041-476X201200010000700029&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Philander, P. J. "Klein halfaampie, twee soorte wyn ..." <i>Volksblad</i>, 16 Sept. 1989: 13. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827302&pid=S0041-476X201200010000700030&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Primoratz, Igor, "Patriotism", <i>The Stanford Encyclopedia of Philosophy. </i>13 Aug. 2010. Red. Edward N. Zalta. &lt;<a href="http://plato.stanford.edu/archives/spr2010/entries/patriotism/" target="_blank">http://plato.stanford.edu/archives/spr2010/entries/patriotism/</a>&gt;. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827303&pid=S0041-476X201200010000700031&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><!-- ref --><p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Verdal, Garth. "The Orange Earth." <i>Argus</i> 17 Jul. 1978: 2. </font>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;[&#160;<a href="javascript:void(0);" onclick="javascript: window.open('/scielo.php?script=sci_nlinks&ref=827304&pid=S0041-476X201200010000700032&lng=','','width=640,height=500,resizable=yes,scrollbars=1,menubar=yes,');">Links</a>&#160;]<!-- end-ref --><p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font size="2" face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif">Hein Willemse is verbonde aan die Departement Afrikaans, Universiteit  van Pretoria, Pretoria. E-pos: <a href="mailto:hein.willemse@up.ac.za">hein.willemse@up.ac.za</a></font></p>      ]]></body>
<REFERENCES></REFERENCES<back>
<ref-list>
<ref id="B1">
<nlm-citation citation-type="journal">
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Adam Small skryf oor homself]]></article-title>
<source><![CDATA[Volksblad]]></source>
<year>1978</year>
<page-range>12</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B2">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Alexander]]></surname>
<given-names><![CDATA[Linda]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Autobiography]]></source>
<year>2011</year>
<edition>2de</edition>
<publisher-loc><![CDATA[LondenNew York ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Routledge]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B3">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Barnes]]></surname>
<given-names><![CDATA[Maureen]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[BBC breakthrough for Adam Small with long-lost play]]></article-title>
<source><![CDATA[Sunday Times]]></source>
<year>27 M</year>
<month>ar</month>
<day>. </day>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B4">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Bowes]]></surname>
<given-names><![CDATA[Taylor, Gorry]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[Call from De Klerk struck chord with 'returning brother]]></article-title>
<source><![CDATA[Argus]]></source>
<year>1993</year>
<page-range>6</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B5">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Bruwer]]></surname>
<given-names><![CDATA[Johan]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Oor die bitter liefde vir die oranje aarde]]></article-title>
<source><![CDATA[]]></source>
<year>16 J</year>
<month>ul</month>
<day>. </day>
<page-range>15</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B6">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Evans]]></surname>
<given-names><![CDATA[Ivor H]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Brewer's Dictionary of Phrase and Fable]]></source>
<year>1970</year>
<edition>Eeufeesuitg</edition>
<publisher-loc><![CDATA[Londen ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Cassell]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B7">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Jack]]></surname>
<given-names><![CDATA[Lionel]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Adam Small slaag]]></source>
<year>10 A</year>
<month>pr</month>
<day>. </day>
<page-range>5</page-range><publisher-name><![CDATA[Rapport]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B8">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[John]]></surname>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[]]></source>
<year>23 M</year>
<month>ei</month>
<day> 2</day>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B9">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Jongbloed]]></surname>
<given-names><![CDATA[Zelda]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Die boodskap sit in die stof]]></source>
<year>1 De</year>
<month>s.</month>
<day> 1</day>
<page-range>6</page-range><publisher-name><![CDATA[Rapport]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B10">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Louw]]></surname>
<given-names><![CDATA[N. P. van Wyk]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Oh Wide and Sad Land: Afrikaans Poetry of N. P. van Wyk Louw]]></source>
<year>1975</year>
<publisher-loc><![CDATA[Kaapstad ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Maskew Miller]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B11">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Louw]]></surname>
<given-names><![CDATA[N. P. van Wyk]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Voorwoord: Die opkoms van ons derde stand. D. P. Botha]]></source>
<year>1960</year>
<publisher-loc><![CDATA[Kaapstad ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Human & Rousseau]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B12">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Luyt]]></surname>
<given-names><![CDATA[Margot]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA["'Goree'-uitsending herdenk Small."]]></article-title>
<source><![CDATA[Burger]]></source>
<year>17 M</year>
<month>ei</month>
<day> 2</day>
<page-range>14</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B13">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[MacLennan]]></surname>
<given-names><![CDATA[John]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[The return of the prodigal son]]></source>
<year>28 N</year>
<month>ov</month>
<day>. </day>
<page-range>26</page-range><publisher-name><![CDATA[Sunday Tribune]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B14">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Matthews]]></surname>
<given-names><![CDATA[James]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[The Park and Other Stories]]></source>
<year>1983</year>
<publisher-loc><![CDATA[Johannesburg ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Ravan Press]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B15">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Nnoli]]></surname>
<given-names><![CDATA[Okwudiba]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[Revolutionary Violence, Development, Equality and Justice in South Africa]]></article-title>
<source><![CDATA[Africa Today]]></source>
<year></year>
<volume>1/2</volume>
<numero>1987</numero>
<issue>1987</issue>
<page-range>27-47</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B16">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Rabie]]></surname>
<given-names><![CDATA[Jan]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Polemika 1957-1965]]></source>
<year>1965</year>
<publisher-loc><![CDATA[Kaapstad ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Jan Malherbe (Edms) Bpk]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B17">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Said]]></surname>
<given-names><![CDATA[Edward]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Humanism and Democratic Criticism]]></source>
<year>2004</year>
<publisher-loc><![CDATA[New York ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Columbia UP]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B18">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Academic Freedom, White Power and Black People]]></source>
<year>1976</year>
<publisher-loc><![CDATA[Durban ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[U of Natal]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B19">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Blackness versus Nihilism: Essays on Black Theology]]></source>
<year>1972</year>
<page-range>10-16</page-range><publisher-loc><![CDATA[Johannesburg ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Black Theology Project of the University Christian Movement]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B20">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Black Bronze and Beautiful: Quatrians]]></source>
<year></year>
<publisher-loc><![CDATA[Johannesburg ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Ad Donker]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B21">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[A Brown Afrikaner Speaks: A Coloured Poet and Philosopher looks ahead]]></source>
<year>1971</year>
<publisher-loc><![CDATA[Pasadena ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[California Institute of Technology]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B22">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Die eerste steen?]]></source>
<year>1960</year>
<month>?</month>
<publisher-loc><![CDATA[Kaapstad ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[HAUM]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B23">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Die verhouding is een van liefde-en-verydeling]]></article-title>
<source><![CDATA[Volksblad]]></source>
<year>29 A</year>
<month>ug</month>
<day>. </day>
<page-range>6</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B24">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Kanna hy kô hystoe]]></source>
<year>1961</year>
<month>?</month>
<publisher-loc><![CDATA[Kaapstad ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[HAUM]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B25">
<nlm-citation citation-type="book">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Sê Sjibbolet]]></source>
<year>1963</year>
<publisher-loc><![CDATA[Johannesburg ]]></publisher-loc>
<publisher-name><![CDATA[Afrikaanse Persboekhandel]]></publisher-name>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B26">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[The Orange Earth]]></source>
<year>1984</year>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B27">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Small]]></surname>
<given-names><![CDATA[Adam]]></given-names>
</name>
</person-group>
<person-group person-group-type="editor">
<name>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA[Verse van die liefde]]></source>
<year>1957</year>
<publisher-loc><![CDATA[KaapstadCulemborg ]]></publisher-loc>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B28">
<nlm-citation citation-type="">
<collab>Statistics South Africa</collab>
<source><![CDATA[Census 2001-Primary tables: 1996 and 2001 compared]]></source>
<year>1 Au</year>
<month>g.</month>
<day> 2</day>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B29">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Petersen]]></surname>
<given-names><![CDATA[S. V.]]></given-names>
</name>
</person-group>
<source><![CDATA["Agter die grenslyn"]]></source>
<year>1952</year>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B30">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Philander]]></surname>
<given-names><![CDATA[P. J]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Klein halfaampie, twee soorte wyn ..."]]></article-title>
<source><![CDATA[Volksblad]]></source>
<year>16 S</year>
<month>ep</month>
<day>t.</day>
<page-range>13</page-range></nlm-citation>
</ref>
<ref id="B31">
<nlm-citation citation-type="">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Primoratz]]></surname>
<given-names><![CDATA[Igor]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[Patriotism]]></article-title>
<source><![CDATA[The Stanford Encyclopedia of Philosophy]]></source>
<year>13 A</year>
<month>ug</month>
<day>. </day>
</nlm-citation>
</ref>
<ref id="B32">
<nlm-citation citation-type="journal">
<person-group person-group-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Verdal]]></surname>
<given-names><![CDATA[Garth]]></given-names>
</name>
</person-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA["The Orange Earth."]]></article-title>
<source><![CDATA[Argus]]></source>
<year>17 J</year>
<month>ul</month>
<day>. </day>
<page-range>2</page-range></nlm-citation>
</ref>
</ref-list>
</back>
</article>
