<?xml version="1.0" encoding="ISO-8859-1"?><article xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance">
<front>
<journal-meta>
<journal-id>0041-4751</journal-id>
<journal-title><![CDATA[Tydskrif vir Geesteswetenskappe]]></journal-title>
<abbrev-journal-title><![CDATA[Tydskr. geesteswet.]]></abbrev-journal-title>
<issn>0041-4751</issn>
<publisher>
<publisher-name><![CDATA[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]]></publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id>S0041-47512012000100014</article-id>
<title-group>
<article-title xml:lang="en"><![CDATA[Prophet without honour; F.S. Malan: Afrikaner, South African and Cape liberal, deur F.A. Mouton, 2011.]]></article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[de Klerk]]></surname>
<given-names><![CDATA[Pieter]]></given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="A01"/>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="A01">
<institution><![CDATA[,Noordwes-Universiteit Vakgroep Geskiedenis ]]></institution>
<addr-line><![CDATA[ ]]></addr-line>
</aff>
<pub-date pub-type="pub">
<day>00</day>
<month>03</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="epub">
<day>00</day>
<month>03</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<volume>52</volume>
<numero>1</numero>
<fpage>158</fpage>
<lpage>160</lpage>
<copyright-statement/>
<copyright-year/>
<self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&amp;pid=S0041-47512012000100014&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&amp;pid=S0041-47512012000100014&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_pdf&amp;pid=S0041-47512012000100014&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri></article-meta>
</front><body><![CDATA[ <p align="right"><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>BOEKBESPREKINGS</b>    BOOK REVIEWS</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><a name="top"></a><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="4"><b><i>Prophet    without honour; F.S. Malan: Afrikaner, South African and Cape liberal</i></b>,    <b>deur F.A. Mouton, 2011.</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Uitgegee deur    Protea Boekhuis, Pretoria.    <br>   184 bladsye.    <br>   ISBN 978-1-86919-414-7    <br>   Prys: R180.</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><i>Prophet without    honour</i> is die derde biografiese werk van Alex Mouton, professor in Geskiedenis    aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy het, benewens ander historiese studies,    in 1997 'n dubbelbiografie oor die politici William en Margaret Ballinger en    in 2002 'n boek oor die joernalis en politieke meningsvormer Schalk Pienaar    die lig laat sien. In sy voorwoord verklaar Mouton dat hy nie 'n gedetailleerde    oorsig van alle aspekte van F.S. Malan (1871-1941) se lewe en werk probeer gee    nie, maar 'n beeld wil verskaf waarin sy persoonlikheid en die kernaspekte van    sy loopbaan na vore kom, naamlik "his liberalism, religious beliefs and progressive    theological views, his Afrikaner nationalism and desire to create a South African    nation by reconciling Afrikaners and English-speakers, as well as his anti-capitalist    views". Uitgebreide biografiese werke word tans nog dikwels geskryf, ook in    Afrikaans. J.C. Kannnemeyer het in die afgelope jare ses biografie&euml; van    skrywers die lig laat sien wat elk tussen 500 en 750 bladsye beslaan, terwyl    'n boek van meer as 'n duisend bladsye oor die politikus Pik Botha in 2010 verskyn    het. Dit dui daarop dat daar in Suid-Afrika nog 'n lesersmark vir omvangryke    biografie&euml; bestaan. Daar is waarskynlik tog heelwat mense wat nie 'n boek    van ses- of sewehonderd bladsye sal aandurf nie, maar wel 'n beknopter werk    sal lees. Verder kom in 'n baie uitgebreide beskrywing die hooflyne soms nie    duidelik na vore te midde van al die besonderhede nie. Mouton het goed daarin    geslaag om die kernelemente van Malan se loopbaan en ook sy politieke beskouinge    saam te vat, hoewel lesers soms tog meer gegewens sou wou h&ecirc;. Oor Malan    se bydrae op kultuurgebied - hy was onder meer vir twee termyne voorsitter van    die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns - word daar byvoorbeeld min    meegedeel. Daar is dus nog ruimte vir verdere navorsing en publikasies oor Malan    se beskouinge en werksaamhede. F.S. Malan kan egter nie as 'n baie vername figuur    in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis beskou word nie, en Mouton se biografie    sal waarskynlik nog lank die standaardwerk oor hom bly.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Malan se dogter,    Bettie Cloete, het reeds in 1946 'n biografie van haar vader die lig laat sien,    maar, soos dikwels die geval is wanneer iemand se lewe deur 'n familielid of    vriend beskryf is, is dit nie 'n baie objektiewe en wetenskaplike studie nie.    Mouton het deeglike argiefnavorsing gedoen en onder meer dokumenteversamelings    van tydgenote met wie Malan in aanraking gekom het, soos Alfred Milner en Herbert    Gladstone (eerste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika), geraadpleeg.    Hy verklaar in die voorwoord dat sy bewondering vir Malan, wat hom in die eerste    plek laat besluit het om die biografie aan te pak, in die loop van sy navorsingswerk    nog groter geword het. Tog behou hy deurgaans die nodige afstand tot sy onderwerp    en skroom hy nie om die gebreke in Malan se persoonlikheid uit te wys en sy    optrede waar nodig te kritiseer nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Malan het reeds    op 24-jarige leeftyd redakteur van <i>Ons Land,</i> mondstuk van die Afrikaner-bond,    geword en hom in sy koerantartikels as Afrikanernasionalis geopenbaar. Tydens    die Anglo-Boereoorlog het daar in die koerant 'n brief met lasterlike aantygings    teen een van die Britse bevelvoerders in die oorlog verskyn en Malan is in die    Kaapse Hooggeregshof tot 'n jaar tronkstraf veroordeel. Hy is eers kort voor    die einde van die oorlog vrygelaat. Hy het sy werk as redakteur hervat, en,    terwyl die leier van die Afrikanerbond, J.H. Hofmeyr, weens siekte nie meer    baie aktief in die politieke lewe was nie, het Malan die eintlike leier van    die Bond geword. Na die verkiesing van 1908 was die Afrikanerbond die vernaamste    politieke groepering in die Kaapkolonie en is Malan deur baie as die magtigste    politieke figuur in die kolonie beskou. In die parlement het die Bond ingeskakel    by die Suid-Afrikaanse Party (SAP), waarvan J.X. Merriman die leier was. Malan    was self ten gunste daarvan dat Merriman premier word en het in sy kabinet as    minister van landbou gedien. In die aanloop tot uniewording het sommige politieke    meningsvormers voorspel dat Malan die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika    sou word (p.82). Dit was egter generaal Louis Botha wat in 1910 eerste minister    van die verenigde Suid-Afrika geword het met Malan as minister van onderwys    en later ook minister van mynwese en nywerhede. Hy was tot die SAP se verkiesingsnederlaag    in 1924 een van die belangrikste figure in die kabinet en het verskeie kere    as eerste minister waargeneem. Mouton toon aan dat Malan se politieke posisie    in hierdie jare tog verswak het. Hy dui verskeie faktore aan wat hierin 'n rol    gespeel het, onder meer sy weifelende optrede tydens die mynwerkerstaking van    1913 (p.118). Lord Buxton, tweede goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika,    het in 1919, in 'n brief aan lord Milner, toe Britse minister van kolonies,    verklaar dat Malan bekwaam is maar nie veel invloed in die SAP het nie (p.135).    In 1933 is 'n koalisie tussen die regerende Nasionale Party en die SAP gevorm    en is verskeie SAP-lede in die kabinet opgeneem. Malan, wat nog steeds die Kaaplandse    leier van die SAP was, was egter nie een van hulle nie. Mouton meen dat die    vernaamste rede hiervoor was dat die SAP-leier, generaal J.C. Smuts, net lede    wat geheel en al lojaal aan hom was in die kabinet wou h&ecirc;. Malan was sedert    die dae dat hulle saam in Cambridge studente was 'n goeie vriend van Smuts,    maar het nie gehuiwer om sy mening uit te spreek wanneer hy van hom verskil    het nie (p.161). Dit ly egter geen twyfel nie dat Smuts hom nie by die kabinetsamestelling    oor die hoof sou kon gesien het as hy nog 'n invloedryke figuur in die party    was nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Mouton toon aan    dat een van die redes waarom Malan se invloed in die SAP na 1910 al verder verswak    het, was dat hy, anders as die meeste SAP-lede, sterk liberale en ook sosiaal-demokratiese    beskouinge gehuldig het. Reeds tydens sy studiejare aan die Universiteit van    Cambridge in die vroe&euml; 1890's het Malan hom aangetrokke gevoel tot die    sosiaal-demokratiese rigting in die Britse politiek (p.23). Gedurende die jaar    dat hy in die tronk was, het hy ook meer sensitief geword vir die moeilike omstandighede    waarin baie Suid-Afrikaners, veral swart en bruin mense, geleef het (p. 62).    Tydens die onderhandelinge met leiers van die vier kolonies om 'n grondwet vir    'n verenigde Suid-Afrika op te stel, was Malan 'n sterk voorstander van die    behoud van die stemreg vir bruin en swart mense in die Kaapprovinsie, alhoewel    hy besef het dat dit nie moontlik was om dit in daardie stadium na die hele    Suid-Afrika uit te brei nie (p.91). As kabinetslid het hy hom daarvoor beywer    dat die regte van swart mense vergroot en hul lewensomstandighede verbeter word    (p.139). In die verkiesingsveldtog van 1924 het hy nie sy teenkanting weggesteek    teen die Nasionale Party se beleid vir strenger territoriale segregasie vir    swart mense en 'n kleurslagboom om swart en bruin mense uit bepaalde beroepe    te hou nie, en dit het daartoe bygedra het dat hy sy parlementsetel verloor    het (p.141). Malan het hom in die jare daarna, as lid van die Senaat, uitgespreek    teen pogings om swart en bruin mense van die kieserslys te verwyder (p.157).    Toe die destydse eerste minister, generaal J.B.M. Hertzog, in 1936 'n wet deur    die parlement gevoer het waarin swart mense in die Kaapprovinsie op 'n aparte    kieserslys geplaas is, het Smuts en die meeste voormalige SAP-lede hierdie maatre&euml;l    gesteun, maar Malan was sterk daarteen gekant. Hy het verklaar dat Suid-Afrika    in die toekoms 'n stelsel van gekwalifiseerde stemreg sou moet aanvaar. Mouton    meen dat Malan in sy loopbaan steeds die beginsel van gemeenskaplike burgerskap    van alle Suid-Afrikaners aanvaar en verdedig het (p.167). Hy toon ook aan dat    Malan hom vir gewetensvryheid in die kerk beywer het met sy optrede in die bekende    Du Plessis-saak, wat die Nederduits-Gereformeerde Kerk in die jare 1928-1932    in beroering gebring het.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Waarom het Malan,    wat, soos die meeste Afrikaners van sy tyd, 'n Afrikanernasionalis was, 'n kampvegter    vir liberale waardes geword? Wanneer 'n mens hom met tydgenote vergelyk, is    die kontras met sy meer bekende familielid D.F. Malan (wie se grootvader die    heelwat ouer broer van F.S. Malan se vader was) veral opvallend. D.F. Malan,    een van die grondleggers van die apartheidsbeleid, was net drie jaar jonger    as F.S. Malan en die twee Malans het in baie soortgelyke omstandighede in die    Boland opgegroei. D.F. Malan het nie 'n politieke rol in die jare voor 1910    gespeel nie; hy het trouens eers in 1924 'n kabinetsminister geword, juis toe    die tydperk waarin F.S. Malan 'n invloedryke figuur in die landsregering was    tot 'n einde gekom het. F. S. Malan het, anders as sy familielid, in die jare    voor 1910 noue kontak gehad met Afrikaanse politieke leiers in die Kaapkolonie    soos J.H. Hofmeyr en J.W. Sauer, wat die Kaapse liberale tradisie van gekwalifiseerde    stemreg aanvaar en beskerm het. Dit was waarskynlik 'n belangrike faktor waarom    hy een van 'n klein groepie Suid-Afrikaners was wat nog in die 1930's di&eacute;    tradisie wou voortsit en geglo het dat dit die rigting is waarin die verdere    politieke ontwikkeling van die land moet verloop.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Malan was in sy    eie tyd 'n profeet wat nie ge&euml;er is nie, maar tans word Afrikaners wat    jare gelede al liberale idees oor rasseverhoudinge gehuldig het deur baie mede-Afrikaners    beskou as v&eacute;rsiende en as figure in die Afrikaanse verlede op wie 'n    mens trots kan wees. Met sy Malan-biografie lewer Mouton dan ook 'n belangrike    bydrae om minder bekende positiewe aspekte in die Afrikaanse geskiedenis na    vore te bring. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is dit dalk jammer dat die boek    in Engels geskryf is, maar aan die ander kant maak dit die werk toeganklik vir    'n groter leserspubliek. Lesers wat nie Afrikaans verstaan nie sal tog moeite    h&ecirc; met 'n hele aantal Afrikaanse aanhalings waarvan geen vertaling verskaf    word nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Daar kom ongelukkig    'n hele paar hinderlike taalfoute in die teks voor. Daar word byvoorbeeld op    bladsy 25 na Johannes Calvyn in plaas van John Calvin verwys en op bladsy 77    word die woord <i>dramatic(ally)</i> verkeerdelik twee keer in 'n sin gebruik.    Ten spyte hiervan bied die boek, wat in maklik leesbare Engels geskryf is en    verskeie foto's bevat, interessante leesstof aan almal wat in die land se politieke    en kerkgeskiedenis ge&iuml;nteresseerd is.</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Pieter de Klerk    <br>   </b> Vakgroep Geskiedenis    <br>   Noordwes-Universiteit    ]]></body>
<body><![CDATA[<br>   <a href="mailto:Pieter.DeKlerk@nwu.ac.za">Pieter.DeKlerk@nwu.ac.za</a></font></p>      ]]></body>
<REFERENCES></REFERENCES
</article>
