<?xml version="1.0" encoding="ISO-8859-1"?><article xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance">
<front>
<journal-meta>
<journal-id>0041-4751</journal-id>
<journal-title><![CDATA[Tydskrif vir Geesteswetenskappe]]></journal-title>
<abbrev-journal-title><![CDATA[Tydskr. geesteswet.]]></abbrev-journal-title>
<issn>0041-4751</issn>
<publisher>
<publisher-name><![CDATA[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]]></publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id>S0041-47512012000100013</article-id>
<title-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA[Kolonie aan die Kaap; Jan van Riebeeck en die vestiging van die eerste blankes, 1652-1662, deur Karel Schoeman]]></article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[de Klerk]]></surname>
<given-names><![CDATA[Pieter]]></given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="A01"/>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="A01">
<institution><![CDATA[,Noordwes-Universiteit Vakgroep Geskiedenis ]]></institution>
<addr-line><![CDATA[ ]]></addr-line>
</aff>
<pub-date pub-type="pub">
<day>00</day>
<month>03</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="epub">
<day>00</day>
<month>03</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<volume>52</volume>
<numero>1</numero>
<fpage>156</fpage>
<lpage>157</lpage>
<copyright-statement/>
<copyright-year/>
<self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&amp;pid=S0041-47512012000100013&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&amp;pid=S0041-47512012000100013&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_pdf&amp;pid=S0041-47512012000100013&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri></article-meta>
</front><body><![CDATA[ <p align="right"><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>BOEKBESPREKINGS</b>    BOOK REVIEWS</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><a name="top"></a><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="4"><b><i>Kolonie    aan die Kaap; Jan van Riebeeck en die vestiging van die eerste blankes, 1652-1662</i></b>,    <b>deur Karel Schoeman</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Uitgegee deur    Protea Boekhuis, Pretoria.    <br>   436 bladsye.    <br>   ISBN 978-1-86919-271-6    <br>   Prys: R300.</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Karel Schoeman    is alombekend as een van die vernaamste romanskrywers in Afrikaans. Dit is minder    bekend dat hy ook een van die land se voorste geskiedskrywers is. Hy het moontlik    al meer publikasies op die terrein van die geskiedkunde gelewer as enige ander    Suid-Afrikaanse historikus, insluitende produktiewe skrywers soos G. McC.Theal,    G.D. Scholtz en F.A. van Jaarsveld. Schoeman se geskiedskrywing het sekere algemene    kenmerke. Sy studies is gewoonlik nie gebaseer op argiefnavorsing nie, maar    op gepubliseerde werke, insluitende dokumente, dagboeke en briewe wat in gepubliseerde    vorm beskikbaar is, en in biblioteke te vinde is. Sy werke handel hoofsaaklik    oor sosiale en kultuurgeskiedenis; politieke en ekonomiese aspekte word meesal    net sydelings aangeraak. Verder behandel hy feitlik deurgaans sy onderwerp in    'n baie wye konteks; so word in boeke wat volgens die titel as biografie&euml;    beskou moet word baie meer agtergrondsinligting verskaf as wat gewoonlik in    biografie&euml; die geval is. Verskeie van sy werke handel oor onderwerpe waaroor    daar reeds publikasies verskyn het, maar hy lewer geen kritiek op vorige interpretasies    nie en probeer ook nie aantoon in watter opsigte hy 'n nuwe bydrae tot die geskiedskrywing    lewer nie. Tog kan geen van sy publikasies as 'n blote herskrywing van bekende    geskiedenis of as popularisering afgemaak word nie. In feitlik elke boek word    daar bronne ontsluit wat vorige skrywers oor die onderwerp nie gebruik het nie    en kom daar insigte na vore wat nie in ander werke te vinde is nie.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Schoeman het 'n    hele aantal geskrifte oor die geskiedenis van die Vrystaat die lig laat sien,    maar die meeste van sy geskiedwerke handel oor die Kaapkolonie. Een van sy vroegste    werke op hierdie terrein is sy studie oor Olive Schreiner (<i>Olive Schreiner:    'n lewe in Suid-Afrika, 1855-1881.</i> Kaapstad, Human &amp; Rousseau, 1989)    wat ook in Engels vertaal is. Dit sal seker altyd 'n belangrike boek oor Schreiner    bly en is een van die vernaamste historiese werke wat hy gelewer het. Dit is    onwaarskynlik dat die ander boeke oor die Kaapse geskiedenis so hoog aangeslaan    sal word, al lewer hulle almal onteenseglik 'n bydrae tot die geskiedskrywing.    'n Hele aantal van sy publikasies handel oor die Kaapkolonie tydens die bewind    van die Nederlands-Oos-Indiese Kompanjie (VOC), wat geduur het van 1652 tot    1795. Sy tweedelige werk, <i>Armosyn van die Kaap</i> (Kaapstad, Human &amp;    Rousseau, 1999-2001), bestryk die tydperk 1415-1733 en daarin word 'n oorsig    gegee van die ontwikkelinge in Europa, en veral in Nederland, op die vooraand    van die stigting van die Kaapkolonie, asook van die Kaapse samelewing in die    tydperk voor 1733. Schoeman se boek <i>Kinders van die Kompanjie</i> (Pretoria,    Protea Boekhuis, 2006) bestaan uit 'n aantal biografiese studies van persone    wat 'n rol in die ontwikkeling van die Kaapkolonie voor 1700 gespeel het. Hierna    het Schoeman met 'n reeks van vyf dele begin wat oor feitlik dieselfde tydperk    in die geskiedenis handel. Die eerste twee bande, <i>Patrisi&euml;rs en prinse;    die Europese samelewing en die stigting van 'n kolonie aan die Kaap, 1619-1715</i>    (2008) en <i>Handelsryk in die Ooste: die w&ecirc;reld van die VOC, 1619-1688</i>    (2009) het reeds by Protea Boekhuis verskyn. <i>Kolonie aan die Kaap</i> is    die derde deel van die reeks. Die vierde en vyfde bande sal handel oor die tydperk    1662-1712 in die geskiedenis van die Kaapkolonie. Hoewel daar heelwat oorvleueling    met <i>Armosyn van die Kaap</i> en <i>Kinders van die Kompanjie</i> is, kom    daar in <i>Kolonie aan die Kaap</i> geen direkte oornames uit di&eacute; werke    voor nie. Schoeman het in sy nuutste boek 'n hele aantal studies gebruik wat    eers na 1999 verskyn het en dit bevat heelwat inligting wat nie in sy vroe&euml;re    geskrifte te vinde is nie. Dit blyk ook uit die bronnelys en verwysings dat    die boek gegrond is op die bestudering van 'n groot aantal bronne, waarvan baie    nie in sy ander werke vermeld word nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Soos die titel    aandui, word in hierdie boek gefokus op die groep Europe&euml;rs wat in die    jare voor 1662 as kompanjiesdienaars en vryburgers aan die Kaap gevestig was,    met besondere aandag aan Jan van Riebeeck. Daar kom nie gegewens oor Van Riebeeck    voor wat nog nie in ander publikasies verskyn het nie, maar daar is interessante    agtergrondsinligting oor, byvoorbeeld, vroeg sewentiende-eeuse omstandighede    in Culemborg, Van Riebeeck se geboorteplek, en Schiedam, waar hy gedurende sy    jeugjare gewoon het. Schoeman vergelyk die salaris wat Van Riebeeck as kommandeur    verdien het met die inkomste van mense in ander beroepe gedurende dieselfde    periode en kom tot die gevolgtrekking dat Van Riebeeck se salaris nie onbeduidend    was nie en "dat hy en sy opvolgers aan die Kaap dit kon bekostig om te leef    in 'n styl wat hul status betaam"(p. 43). Hy wys ook daarop dat Van Riebeeck    nie op sosiale vlak gediskrimineer het teen mense van ander rassegroepe nie.    Die Khoimeisie Krotoa is as deel van sy huishouding beskou en 'n voormalige    slavin en haar man ('n blanke kompanjiesdienaar) het saam met die Van Riebeecks    in die fort gewoon. In die lig daarvan is dit onbillik om hom "in ooreenstemming    met die huidige politieke modes as 'vader van apartheid' te bestempel" (p. 119).    Hy meen dat Van Riebeeck waarskynlik "nie 'n maklike man en bes moontlik ook    nie 'n besonder aangename man" was nie, maar dat 'n mens "verstom staan oor    wat hy alles aan die Kaap bewerkstellig het" (p. 49) en dat hy daarom bewondering    verdien.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Schoeman skets    onder meer die armoedige omstandighede waarin die meeste sewentiende-eeuse Wes-Europe&euml;rs,    ook Nederlanders, gelewe het. Dit is juis hierdie omstandighede wat mense soms    gedwing het om in diens van die VOC te tree. Die "moeisame aard" van die lewe    wat die meeste mense in Europese stede en dorpe en ook op die boerderye gelei    het, het meegebring dat hulle daaraan gewoond was om enige werk te verrig waaruit    hulle 'n inkomste kon verkry. Hierdie aanpasbaarheid en vindingrykheid het,    volgens Schoeman, hulle juis daartoe in staat gestel om in die "barre pioniersomstandighede"    van die Kaapkolonie 'n bestaan te maak (p. 210).</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Dit blyk telkens    dat Schoeman hom probeer inleef in die omstandighede van die sewentiende-eeuse    Kaapse koloniste. Hy wys daarop dat hul tengerigheid en "hul swak gebitte of    tandloosheid, hul ongewaste liggame, en hul swaar, vormlose klere" vir mense    van vandag vreemd sou voorgekom het. Dan verklaar hy (soos hy dikwels in sy    boeke, ook sy romans, doen) dat die verlede "ten slotte vreemd en onbegryplik"    is, "hoe hard mens ook probeer om die eertydse werklikheid daarvan te verstaan"    (p. 142).</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Dit lyk soms of    Schoeman afdwaal van sy onderwerp, maar steeds bring hy sy beskrywing van verskillende    aspekte van die samelewing in Europa uiteindelik in verband met die Europese    vestiging aan die Kaap. Sy vergelyking van die vroe&euml; Kaapkolonie met ander    sewentiende-eeuse Nederlandse vestigings, op Java en Ceylon en aan die ooskus    van Noord-Amerika (die latere New York), is veral insiggewend. Deur hierdie    soort vergelyking en deur die beskrywing van die wyer konteks waarin die vroe&euml;    koloniale samelewing aan die Kaap beskou moet word, bied hy 'n unieke perspektief    op die Kaapse verversingspos tydens die kommandeurskap van Van Riebeeck.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Anders as baie    historici bemeester Schoeman die kuns om onderhoudend te skryf. Die boek is    nie 'n dro&euml; wetenskaplike relaas nie. Aan die ander kant kan Schoeman se    geskiedwerke nie as ligte leesstof beskou word nie. Vir diegene wat in die geskiedenis,    en in besonder die vroe&euml; geskiedenis van die Kaapkolonie, belangstel, en    selfs vir mense wat reeds 'n deeglike kennis van hierdie geskiedenis het, sal    die lees van Schoeman se nuutste boek beslis 'n verrykende ervaring wees.</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>Pieter de Klerk    <br>   </b> Vakgroep Geskiedenis    <br>   Noordwes-Universiteit    ]]></body>
<body><![CDATA[<br>   <a href="mailto:Pieter.DeKlerk@nwu.ac.za">Pieter.DeKlerk@nwu.ac.za</a></font></p>      ]]></body>
<REFERENCES></REFERENCES
</article>
