<?xml version="1.0" encoding="ISO-8859-1"?><article xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:xsi="http://www.w3.org/2001/XMLSchema-instance">
<front>
<journal-meta>
<journal-id>0041-4751</journal-id>
<journal-title><![CDATA[Tydskrif vir Geesteswetenskappe]]></journal-title>
<abbrev-journal-title><![CDATA[Tydskr. geesteswet.]]></abbrev-journal-title>
<issn>0041-4751</issn>
<publisher>
<publisher-name><![CDATA[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]]></publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id>S0041-47512012000100011</article-id>
<title-group>
<article-title xml:lang="af"><![CDATA['n Manifes vir die internasionale assosiasie Ars Industrialis vir die bevordering van 'n industriële politiek van die gees: Motiewe en dryfvere in die skepping van Ars Industrialis]]></article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Collins]]></surname>
<given-names><![CDATA[George]]></given-names>
</name>
</contrib>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Crepon]]></surname>
<given-names><![CDATA[Marc]]></given-names>
</name>
</contrib>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Perret]]></surname>
<given-names><![CDATA[Catherine]]></given-names>
</name>
</contrib>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Stiegler]]></surname>
<given-names><![CDATA[Bernard]]></given-names>
</name>
</contrib>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname><![CDATA[Stiegler]]></surname>
<given-names><![CDATA[Caroline]]></given-names>
</name>
</contrib>
</contrib-group>
<aff id="A">
<institution><![CDATA[,  ]]></institution>
<addr-line><![CDATA[ ]]></addr-line>
</aff>
<pub-date pub-type="pub">
<day>00</day>
<month>03</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="epub">
<day>00</day>
<month>03</month>
<year>2012</year>
</pub-date>
<volume>52</volume>
<numero>1</numero>
<fpage>147</fpage>
<lpage>150</lpage>
<copyright-statement/>
<copyright-year/>
<self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&amp;pid=S0041-47512012000100011&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&amp;pid=S0041-47512012000100011&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri><self-uri xlink:href="http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_pdf&amp;pid=S0041-47512012000100011&amp;lng=en&amp;nrm=iso&amp;tlng=en"></self-uri></article-meta>
</front><body><![CDATA[ <p align="right"><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>MANIFES:    ARS INDUSTRIALIS</b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><a name="top"></a><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="4"><b>'n    Manifes vir die internasionale assosiasie <i>Ars Industrialis</i> vir die bevordering    van 'n industri&euml;le politiek van die gees<a href="#back"><sup>*</sup></a></b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>Motiewe en dryfvere    in die skepping van <i>Ars Industrialis</i></b></font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><b>George Collins<sup>I</sup>;    Marc Crepon<sup>II</sup>; Catherine Perret<sup>III</sup>; Bernard Stiegler<sup>IV</sup>;    Caroline Stiegler<sup>V</sup></b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><sup>I</sup>Filosoof    en kunskritikus    <br>   <sup>II</sup>Filosoof    ]]></body>
<body><![CDATA[<br>   <sup>III</sup>Filosoof en kunskritikus    <br>   <sup>IV</sup>Filosoof    <br>   <sup>V</sup>Juris</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">1 Ons eeu word    w&ecirc;reldwyd bedreig deur die feit dat "die lewe van die gees", om die woorde    van Hannah Arendt te gebruik, in sy geheel onderwerp word aan die eise van die    markekonomie en aan die eise van die groei van ondernemings se beleggings wat    die tegnologie&euml; bevorder van d&iacute;t wat ons die kultuurindustrie&euml;,    programindustrie&euml;, die media, die telekommunikasie en laastens die kennistegnologie&euml;,    of kognitiewe tegnologie&euml;, noem. Al hierdie sektore, gegee die uitbreiding    van digitalisering, is geneig om dit wat ons al vir twaalf jaar beskrywe as    die konvergensie van die oudio-visuele, die telekommunikatiewe en die informasietegnologie&euml;,    te integreer.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Ons noem hierdie    totaliteit die sektor van die tegnologie&euml; van die gees (ondanks die metafisiese    en teologiese geladenheid wat swaar druk op die woord "gees" plaas, wat ons    ook in die sin van die Engelse "mind" verstaan).</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">En indien die proses    van integrasie, waarin die konvergensie bestaan, tot dusver op 'n essensi&euml;le    en brutale wyse die moontlikhede van die beheer van die mark oor die lewe van    die gees versterk het, hou ons vol dat die tegnologie&euml; van die gees kan    en moet teregkom as 'n nuwe eeu van die gees, 'n vernuwing van die gees, 'n    nuwe "lewe van die gees".</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Ons dink dat hierdie    vernuwing en hierdie hergeboorte van die gees die dryfveer moet vorm van wat    ons 'n industri&euml;le politiek van die gees noem.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">2&nbsp;So 'n industri&euml;le    politiek moet ook 'n industri&euml;le ekologie van die gees wees. Die onderwerping    van die tegnologie&euml; van die gees alleenlik aan die kriteria van die mark,    handhaaf hulle as 'n funksie van die tegnologie&euml; van beheer of kontrole,    in diens van die "kontrolesamelewings" (ons ontleen hierdie uitdrukking aan    William Burroughs van wie Gilles Deleuze self dit ontleen het). Hierdie funksie,    wat ten doel het om die toepassings en gebruike van die middele van berekening,    van kommunikasie en van inligting te sistematiseer vir die enkele diens van    'n massifikasie van gedragswyses van produksie en konsumpsie in die sin van    finansi&euml;le belange wat ge&iuml;nvesteer is in beleggings oor 'n baie kort    termyn en in baie sterk winste in die industri&euml;le ondernemings, blokkeer    die toegang tot hierdie tegnologie&euml; vir enige ander finaliteit. En in die    besonder verbied en blokkeer dit op 'n sistematiese wyse die ontwikkeling van    nuwe en oorspronklike sosiale praktyke wat nie alleen deur hierdie nuwe tegnologie&euml;    moontlik gemaak word nie, maar wat deur hulle opgeroep word en waardeur hierdie    tegnologie&euml; alleen, d&iacute;t is ons tese, die grondslag van 'n nuwe epog    van die beskawing kan word en wat ons in staat sal stel om daardie chaos te    vermy, waaroor almal dit eens is dat dit verder aan 'n inherente bedreiging    inhou.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">3&nbsp;Hierdie    tegnologie&euml; "van die siel" of "van die bewussyn", waarby die tegnologie&euml;    van die liggaam en van die lewende besig is om aan te pas, het vandag ten doel    om te beheer en om op hegemoniese wyse individuele en kollektiewe modi van bestaan    te vorm en wel vir alle lewensfases. Nou, hierdie kontrole van eksistensies,    wat 'n kontrole en 'n manipulasie van die verlangens van individue en groepe    is, lei tot die vernietiging van die bestaansmoontlikhede as sodanig vir hierdie    individue en vir hierdie groepe: om te bestaan, kan slegs beteken om te bestaan    as singulariteit. En meer noukeurig gestel: hierdie kontrole vernietig die verlange    van individue en groepe - dit wat ons sedert Freud libidinale energie noem.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Die kapitalisme    het in die 20ste eeu van die libido sy hoofenergiebron gemaak: die energie wat,    gekanaliseer na die objekte van konsumpsie, die absorpsie van die surplusse    van die industri&euml;le produksie moontlik maak, in die totstandkoming, deur    die middel van gevangenskap van die libido, van die verlangens wat geheel en    al volgens die behoeftes van die opbrengste van beleggings gevorm is.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Nou, vandag, het    hierdie gevangenskap van die libido ge&euml;indig in die vernietiging daarvan    en hierdie noemenswaardige feit skep 'n uiters ernstige bedreiging vir die industri&euml;le    beskawing: dit lei onvermydelik tot 'n einde, tot 'n w&ecirc;reld-ekonomiese    krisis sonder presedent.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">4&nbsp;Hierdie    bedreiging van die verlange is 'n bedreiging van die mensheid in sy geheel:    die ru&iuml;nering van die verlange is ook die ru&iuml;nering van die moontlikhede    van sublimasie en van die konstitusie van die super-ego en dit produseer gevolglik,    aan die ander kant van die ekonomiese versteurings, ge&iuml;nduseer deur die    model wat produksie en konsumpsie opponeer, uiters ontstellende geopolitieke,    politieke, sosiale en psigiese versteuringe. Hierdie wanfunk-sioneringe wat    vir die mensdom die ware vloek word, konstitueer die onlangse manifesteringe    van probleme wat opgelos moet word deur dit wat dus gerieflikheidshalwe as 'n    industri&euml;le ekologie van die gees en van verlange begryp word.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">5&nbsp;Verlange    word gekonstitueer deur simboliese praktyke wat deur die tegnieke of simboliese    tegnologie&euml; in stand gehou word. Die objekte van verlange is op 'n intrinsieke    wyse singulier en as sodanig intensiveer hulle die singulariteit van die verlangende    subjek. Die industri&euml;le fabrisering van verlange, wat moontlik gemaak word    deur die tegnologie&euml; van inligting en kommunikasie, bestaan in die kategorisering    van singulariteite, dit wil s&ecirc; in die bereken-baarmaking van dit wat,    synde onvergelykbaar (die singuliere is per definisie dit wat met niks vergelykbaar    is nie), onreduseerbaar onberekenbaar is. Hierbenewens is die singulariteite    geheel en al nie dit wat aan die tegniek of aan die berekenbare kan ontsnap    nie, maar is dit eerder dit wat sigself hierteenoor konstitueer deur die praktyk    van tegnieke, tegnologie&euml; en berekenbaarhede met die oog daarop om dit    wat nie tot die berekenbare reduseerbaar is nie, te intensiveer. Dit is d&iacute;t    wat byvoorbeeld onmiddellik alle vorme van kuns sinvol maak, soos die gedig    waarvan Claudel skrywe: "Daar moet in die gedig 'n getal wees wat berekening    verhinder."</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Wat oorbly, is    dat die tegnologie&euml; van inligting en kommunikasie presies die geestelike    tegnologie&euml; is en dit beteken geheel en al ook dat hulle verrys uit die    vraag van die tegnieke van die geheue waarvan Michel Foucault die betekenis    geanaliseer het as tegnieke van "die skrifting van die self'. Ten einde hulle    te kwalifiseer, neem hy weer die Griekse term <i>hypomnemata</i> op wat die    groot vraag van die filosofie sedert Plato is: Plato het reeds skrifting as    <i>hypomnesis,</i> dit wil s&ecirc; as tegniese geheue, gedefinieer.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">As mnemo-tegnologie&euml;    is die industri&euml;le tegnologie&euml; van die gees nuwe vorme van <i>hypomnemata.</i>    En as die <i>hypomnemata</i> van die antieke tyd, in die besonder in die Sto&iuml;synse    en Epikuriese skole en in die primitiewe Christendom, in Rome waar die Griekse    <i>skhole</i> die Romeinse praktyk van die <i>otium</i> geword het, roep die    industri&euml;le tegnologie&euml; van die gees nuwe praktyke op, dus nuwe sosiale    organisasies.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Daarom kan die    verhouding van mense tot hierdie tegnologie&euml; in geen opsig voortgaan om    sig te beperk tot die gebruike soos voorgeskryf deur die werkwyses en die veldtogte    van bemarking nie wat slegs geneig is om die vinnigste moontlike winste op beleggings    vir die aandeelhouers te waarborg, wat, soos mens s&ecirc;, die "koers in twee    syfers" wil h&ecirc; en indien moontlik, nooit minder as 15% nie.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">6&nbsp;So 'n politiek    neig in effek na selfmoord: hierdie kapitalisme is self-vernietigend. In die    bevestiging van die moontlikheid van 'n industri&euml;le politiek van die gees    verbind ons assosiasie sig geheel en al tot die doel om te stry teen hierdie    self-vernietigende neiging van die kapitalisme deur by te dra tot die invensie    van praktyke van die tegnologie&euml; van die gees wat die objekte van verlange    en die ervaringe van singulariteit herkonstitueer. Ons is van mening dat die    ontwikkeling van sodanige praktyke 'n fundamentele voorwaarde is vir 'n vreedsame    en w&ecirc;reldwye toekoms van die industri&euml;le samelewing.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">7&nbsp;Die vraag    van die politieke ekonomie, gestel deur die industri&euml;le toekoms, is dus    die herlansering van verlange - en nie eenvoudiglik die herlansering van konsumpsie    nie, soos op koorsagtige wyse hardkoppig volhard word deur die tegnokratiese    en kunsmatige maatre&euml;ls wat aan die werk is in die industri&euml;le lande    en veral in Europa, wat nooit ophou om die kwaad te versterk wat dit voorgee    om te verminder nie. Die industrie&euml; van die gees wat dus alreeds bestaan,    maar wat tot die kwade neig en die samelewing vernietig in plaas daarvan om    'n nuwe epog daaruit te konstitueer, produseer allerlei tegnologies simboliese    uitruilings wat voortgroei en wat sal voortgaan om hulleself in die komende    dekades te ontwikkel - vanaf die hede, byvoorbeeld, met die netwerke wat hoog    in aanvraag is en die wi-fi-verbintenisse en binnekort met die nanotegnologie&euml;.    Nou, hierdie toerusting en dienste kan nie toegelaat word om te groei teen die    sosiale kohesie en algemene belang in nie. En dit is tot di&eacute; mate dat    die vraag na die algemene belang in effek ingeskrywe is in die een van die simboliek,    dat die definisie van 'n industri&euml;le politiek van die gees ook die invensie    van 'n nuwe vorm van openbare krag noodsaak, wat bevoegdhede van allerlei aard    en van alle horisonne met mekaar verbind, soos ekonomiese deelnemers en openbare    instellinge, navorsingsinstellinge en assosiasies, ekonome, kunstenaars, wetenskaplikes,    filosowe, beleggers, sosiale vennote, plaaslike en territoriale kollektiwiteite.</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">8&nbsp;<i>Ars Industrialis</i>    is in Parys, Frankryk, gesetel, maar moet allereers as Europees gedefinieer    word. Dit sal van die begin af soek na gespreksgenote, vennote en lede in Europese    lande en om sy aktiwiteite buite Frankryk so dikwels moontlik te organiseer.    Hierbenewens is dit 'n internasionale organisasie, en nie alleenlik Europees    nie, wat van voorneme is om internasionale uitruiling ver buite die Europese    vasteland te ontwikkel. Dit is verder van voorneme om sy besinning na 'n w&ecirc;reldvlak    te neem, vir wie ook al belang mag h&ecirc; by al die punte wat reeds na vore    gebring is en gevolglik word terreine soos die onderwys, navorsing, wetenskap,    kuns, die media, die organisasie van die openbare oudio-visuele dienste, kultuurindustrie&euml;    en privaat programindustrie&euml; en die politieke stelsels van ruimtelike ordening    betrek.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">9&nbsp;Naas sy    vennote en lede uit Europa en die ander vastelande beoog <i>Ars Industrialis</i>    om in die Franse dorpe 'n netwerk van ontmoetingsplekke vir vennote en korrespondente    te ontwikkel.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">10&nbsp;<i>Ars    Industrialis</i> sal hierdie verskillende netwerke bevorder deur gebruik te    maak van alle beskikbare kontempor&ecirc;re middele van kommunikasie en soek    hiervoor die ondersteuning van openbare en privaat organe en instellings.</font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Op die grondslag    van hierdie tien voorafgaande mikpunte sal <i>Ars Industrialis,</i> 'n internasionale    assosiasie vir 'n industri&euml;le politiek van die gees, die volgende doelwitte    nastrewe:</font></p>     <blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;Om 'n      kollektiewe internasionale en transdissiplin&ecirc;re refleksie deur middel      van ont-moetinge, seminare, simposia en werkgroepe te bevorder</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;om die      resultate van hierdie werke te dissemineer deur publikasies, hierdie internet-webtuiste      en die opstel van mosies</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;om studies      en ondersoeke voor te berei ten einde voorstelle voor te l&ecirc; vir die      implementering deur intervensies en eksperimente, wanneer ook al moontlik</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;om die      belange van lede te verdedig teen enige vooroordeel wat mag voortspruit uit      'n aanslag op die kollektiewe belang van die assossiasie wat 'n wesenlike      belang het by hulle verdediging.</font></p> </blockquote>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">Vir nou sal <i>Ars    Industrialis</i> ontmoetinge in Parys organiseer veral oor die volgende temas</font></p>     ]]></body>
<body><![CDATA[<blockquote>        <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die huidige      en toekomstige Europese politiek in die domein van die industrie&euml; van      die gees</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die inisiatief      van Google op die gebied van die digitale biblioteek en die Franse en Europese      beleid hieroor</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die vraag      na wetenskaplike navorsing in die kader van 'n industri&euml;le politiek van      die gees</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die aangeleentheid      van die w&ecirc;reldberaad oor die inligtingsamelewing wat deur Unesco in      Tunis vir November 2005 georganiseer is</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die rolle      van die mark en publisiteit in die industri&euml;le samelewing van gister,      vandag en m&ocirc;re</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;kuns en      die industri&euml;le samelewing van gister, vandag en m&oacute;re</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die vraag      na die tale in Europa en verder na die idiomatiese verskille in die bre&euml;      sin van die woord</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;die psigologiese      versteurings en die vrae aangaande openbare gesondheid uit die oogpunt van      die industri&euml;le ekologie van die gees</font></p>       <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;vrae oor      industri&euml;le eiendomsreg</font></p>       ]]></body>
<body><![CDATA[<p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">-&nbsp;gesigspunte      in die VSA, Latyns-Amerika, China en Japan, veral, rakende die vraag van 'n      industri&euml;le politiek van die gees en van 'n nuwe openbare internasionale      krag rakende hierdie sake.</font></p> </blockquote>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="3"><b>Afterword</b></font></p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2">A word of special    thanks to Bernard Stiegler and <i>Ars Industrialis</i> for the kind permission    given for the translation of this special and precious text into Afrikaans.</font></p>     <p>&nbsp;</p>     <p>&nbsp;</p>     <p><font face="Verdana, Arial, Helvetica, sans-serif" size="2"><a name="back"></a><a href="#top">*</a>    Manifes 2005. The French and English texts are available from the following    address: <a href="http://arsindustrialis/le-manifeste" target="_blank">http://arsindustrialis/le-manifeste</a>    <br>   <b>Translator from the French:</b> Fanie de Beer    <br>   <b>Editorial assistance:</b> A special word of thanks to Ilze Holtzhausen de    Beer for her kind and committed editorial assistance regarding this text, but    also and especially for her very kind organisation of editorial assistance regarding    a number of other texts in this publication as well.</font></p>      ]]></body>
<REFERENCES></REFERENCES
</article>
