SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.7 issue1Gender and Christology in Africa for social and political involvementThe female body on the dance floor: Reclaiming power from the dance floor in Mark's Herodian daughter author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Stellenbosch Theological Journal

On-line version ISSN 2413-9467
Print version ISSN 2413-9459

STJ vol.7 n.1 Stellenbosch  2021

http://dx.doi.org/10.17570/stj.2021.v7n1.br1 

BOOK REVIEWS

 

Twyfelaars wat glo: 'n Nederlands-Afrikaanse Tweegesprek / Doubters who believe: A Dutch-African Dialogue

 

 

Hans Ester; Chris van der Merwe

SUN PRESS, 2019

 

 

Die treffende titel Twyfelaars wat glo kom uit h gedig van I.L. de Villiers getiteld "Balansstaat". Die boek se opset in sy geheel herinner aan h soort balansstaat en die "weegskaal" waarna daar ook in dieselfde gedig verwys word. Wanneer die een skrywer sy twyfel en kommer verwoord, en die skaal se balans na die een kant kantel, kom die weerwoord van die gespreksgenoot en vriend, lig die arm wat gekantel het, en word die balans herstel. Die balans hou egter nie lank nie. Die skaal in Twyfelaars wat glo bly dinamies; soos geloof en soos twyfel as integrale deel van geloof, bly dit h voortdurende stryd, of soektog of reis, en beleef die leser hoe die gewigte op die skaal telkens geplaas en weggevat word sodat die arms voortdurend kantel.

Daar is gebeure wat beide skrywers ontstel: ekologiese agteruitgang soos aardverwarming wat op h globale skaal afspeel; gebeure op h nasionale politieke vlak soos korrupsie, maar ook persoonlike verliese soos siekte en die dood van geliefdes. Hierdie gebeure bring die skrywers telkens in verband met hulle geloof en verskeie aspekte van die Christelike tradisie word in hulle nadenke betrek - die Bybel (en goeie eksegese), teologie, preke, gebede en nog meer. Die skrywers word in die proses teoloë in eie reg. Beide gespreksgenote se nering is egter literatuurwetenskap en fiksie word voortdurend ook in die gesprek ingesluit, veral Nederlandse en Afrikaans poësie en prosa, maar gereeld ook Engelse en Duitse tekste. In die skrywers se nadenke oor God, godsdiens en geloof, ontmoet die leser nie alleen teoloë soos Bonhoeffer en Chesterton en Miskotte nie, maar ook skrywers soos Akkerman en Goethe en Schoeman.

Die opset van die boek is achronologies. Die eerste e-posse in die boek is resent en dateer uit 2019, daarna is daar e-posse uit 2017, dan 2018, 2013, en verder, eindigend in 2016. Hierdie opset pas by die gegewe dat die boek tematies ingedeel is rondom sestien onderwerpe. Binne hierdie achronologiese opset wat gebaseer is op wanneer die kommunikasie plaasgevind het, maak die skrywers telkens melding van die ritme van die tyd soos wat hulle dit onderskeidelik in die suidelike en noordelike halfronde beleef - koue, mistigheid, reën, eerste bloeisels, somervakansies in h strandhuis, asook Kersfees en Paasfees. Hierdie inligting bind al die e-posse saam tot h soort seisoenaal-liturgiese geheel.

Daar is verskeie sake in die boek wat verder opval. Die skrywers is goed onderleg in verskeie tale en hulle is werklik wyd belese. Terwyl h mens die onderskeie afdelings lees, hou jy h lysie by van boeke wat jy self nog moet lees. Met hulle kennis en insig skryf hulle teen enige teologiese luiheid en bangheid in - hulle skram nie weg van moeilike sake nie, soms bied hulle antwoorde, maar dikwels kompliseer hulle sekere sake net meer, maar hulle laat, en dis belangrik, telkens deur middel van h fides quarens intellectum lig val op moeilike kante van die Christelike geloof. Die skrywers se antwoorde bly altyd voorlopig, wat tekenend is van betroubare hermeneute. Juis in ons eie dag waar godsdiens en teologie soms gebuk gaan onder vinnige klinkklare antwoorde en onwrikbare sekerhede, is die skrywers se manier waarop hulle teologie bedryf h aanwins. Die groot waarde van die boek lê presies hier, aangesien vele lesers sal kan assosieer met hierdie twee twyfelaars wat glo, die eerlikheid waarmee hulle moeilike sake bedink, en sodoende veel waarde uit hul denke sal put vir hulle eie geloofslewe.

Toe ek begin lees het, het die beeld van die twee geliefdes van Hooglied by my opgekom as beeld om die briefwisseling tussen die twee vriende mee te vergelyk. Die beeld pas egter nie heeltemal nie, behalwe vir die feit dat die boek, soos Hooglied, bevestig 'dat die liefde sterker as die dood is'. In hierdie gesprek is dit eerder Job wat in gesprek is met Job, soms moedeloos, maar deurentyd in verwondering. Dit is e-pos kommunikasie wat vir die Elifas, Bildad en Sofar in ons eie dag sê (let wel, die Bybel is propvol humor): "Werklik, julle is die enigste mense wat iets weet! Met julle sterf die wysheid uit!" Goeie letterkunde is vergelykbaar met goeie teologie, dit verdiep insig in die mens se bestaan, maar dit behou kompleksiteit. Twyfelaars wat glo doen presies dit.

Cas Wepener

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License