SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.6 número2EditorialWhen tomorrow is yesterday: Black Theology, Black Consciousness, and our incomplete revolution índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Stellenbosch Theological Journal

versão On-line ISSN 2413-9467
versão impressa ISSN 2413-9459

STJ vol.6 no.2 Stellenbosch  2020

http://dx.doi.org/10.17570/stj.2020.v6n2.a1 

ARTICLES
http://dx.doi.org/10.17570/stj.2020.v6n2.a1

 

Die erediens en die lewe: 'n prakties-teologiese verkenning

 

Worship service and life: a practical-theological exploration

 

 

Jaco BarnardI; Cas WepenerII

IUniversiteit van Pretoria Pretoria, Suid-Afrika. jaco@nggars.org.za
IIUniversiteit van Pretoria Pretoria, Suid-Afrika. cwepener@sun.ac.za

 

 


Trefwoorde: Praktiese teologieë; liturgie; rituele; erediens; aanbidding; samekoms van gelowiges


ABSTRACT

"Does the Sunday worship service have an impact on believers', Christian identity and way of life?" is the main question explored in this article. Using the Grounded Theory method of empirical research, this research studied the experiences of worshippers (from three different denominations, in the East of Pretoria), with regards to the worship service and liturgical rituals. The focus was on the impact (or lack thereof) of the Sunday worship service, on the daily lives of believers. The findings of the empirical study were brought into conversation with existing literature, with the aim of realising the potential life shaping impact of the worship service. The research concluded that worshippers experienced that the worship service does indeed have an impact on the daily lives of believers, but only if the message thereof is communicated in a way that is relevant to the everyday lives of believers.

Keywords: Practical theology; liturgy; rituals; worship service; worship; fellowship of believers


 

 

Inleiding

Die primêre vraagstelling wat in hierdie artikel ondersoek word, is: "Het die Sondagerediensgebeure betekenis vir die gelowige individu se Christelike identiteit en lewe?"1 Vanuit die werkshipotese dat die erediens en die lewe onlosmaaklik aan mekaar verbind is, is gekyk na die betekenis en impak van die erediens vir die dag-tot-dag bestaanswerklikhede van gelowiges. Dié navorsing het daarom vanuit die werkshipotese te werk gegaan, dat daar eerstens geluister moet word na die ervarings van lidmate, as vertrekpunt vir die verkenning van die verband tussen die erediens en die lewe (Osmer 2008:31-78). Dié empiriese ondersoek, het dus die roetemerkers vir die ondersoek gebied, waarvolgens die ondersoek verder uiteengesit is.

In die Handleiding vir die erediens,2word die verband tussen die erediens en die lewe (wat die fokus van hierdie artikel is) uitgelig as God wat die gemeente roep om uit die dag-tot-dag bestaan terug te tree (om hul geloof te vorm en te versterk), maar dan ook weer hulle na die gewone gang van die lewe terug stuur (om tot sy eer te lewe) (Clasen, et al 2010:3; sien ook Smit 2009:106-107; 2010:2). Alhoewel die belang van die erediens uit verskillende monde al bevestig is, moet daar gewaak word teen die veralgemening dat die erediens vanselfsprekend vir alle gelowiges belangrik is. Burger (2009:15-17) wys daarop dat 'n toenemende getal Christene van mening is dat die erediens nie juis vir hulle sin maak nie, en daarom ook nie werklik vir hulle van belang is nie. Hierdie realiteit dwing ons om méér oor die erediens te besin. Hierdie artikel wil 'n bydrae lewer tot die verkenning van die belang van die erediens, met 'n spesifieke fokus op die potensiële verband tussen die erediens en die lewe van gelowiges.

In hierdie artikel word eerstens 'n bondige beskrywing van die navorsingsmetodologie gebied, waarna enkele bevindinge, vanuit die empiriese ondersoek, uiteengesit word. Op grond van die bevindinge van die empiriese ondersoek, word die erediens bespreek aan die hand van drie kenmerke, naamlik: die samekoms van gelowiges; waar God se Woord verkondig word; en waar God aanbid word.3

 

Metodologie

Aangesien hierdie navorsing fokus op die perspektiewe en belewenisse van individue, is 'n keuse vir 'n kwalitatiewe metodologie4 vir hierdie studie gemaak. Kwalitatiewe navorsing verken antwoorde op vrae deur persone, binne 'n gegewe sosiale omgewing, te bestudeer. Die fokus is dus op die toe-eiening van die erediensgebeure en meer spesifiek oor die vraag na hoé die erediensgangers die erediensgebeure vir hulleself, ook ten opsigte van die praktiese implikasie daarvan vir hul identiteit en dag-tot-dag bestaan, toe-eien (Osmer 2008:49; Post 2001:47-77).

h Keuse is gemaak vir die "grounded theory" kwalitatiewe metode5 van data analise, soos beskryf deur Kathy Charmaz (2006 en 2014) en Barney Glaser (1978), om die bydraes van die medenavorsers te analiseer.6 Om 'n volhoubare invloed te kan uitoefen en 'n bydrae ten opsigte van bestaande diskoers oor die erediens en liturgie te lewer, is daar eerstens geluister na die stem van die dikwels ongehoordes, naamlik: die lidmate en hier spesifiek die erediensgangers (Osmer 2008:52).

Persoonlike onderhoude7 is gevoer met vyftien lidmate, uit drie gemeentes, van verskillende denominasies, in die Ooste van Pretoria. Die doel was om hul eredienservaring ten opsigte van die fokuspunte van hierdie navorsing, te verken8 (Barnard, Cilliers & Wepener 2014:51-52; Hendriks 2004:232). 'n Fokusgroep-onderhoud is ook gevoer met leraars van verskeie denominasies, waartydens dieselfde vrae, wat aan lidmate gestel is, herhaal is ten einde die koherensie (of gebrek daaraan) tussen die oortuigings en ervarings van kerkleiers en lidmate te verken.9

 

Bevindinge vanuit die empiriese ondersoek10

Getrou aan die "grounded theory" benadering, is die onderhoude in betekenisvolle segmente verdeel waarna 'n kode aan elke segment toegeken is. Kodes wat oor dieselfde inhoud beskik is in aanvanklike kategorieë geplaas, op grond van hul verwantskap met 'n kernkode (Pieterse & Wepener 2018:408-410).11 Hierna is 'n tweede fase van data-analise uitgevoer12 waar die aanvanklike kategorieë13 versterk of met addisionele eienskappe aangevul is14 (Charmaz 2014:1-2; 138-160; Pieterse & Wepener 2018:411).

Die empiriese ondersoek toon aan dat die Sondagerediens volgens die medenavorsers beslis van belang vir die lewe van gelowiges is, mits die boodskap daarvan van toepassing op hul lewenswerklikhede en geloofsvrae is. Dié gevolgtrekking word vervat in die kern kategorie wat deur middel van die "grounded-theory metode" uit die empiriese ondersoek bekom is.15

Kern Kategorie: Die erediens het betekenis vir die lewe van gelowiges, mits die boodskap daarvan hul lewensomstandighede aanspreek, en hul lewensdoel help verstaan.

Vanuit die empiriese ondersoek wil dit verder voorkom asof die betekenis van die verskillende liturgiese rituele16 nie op só 'n wyse aan lidmate oorgedra word, dat die impak daarvan vir hul dag-tot-dag bestaan, realiseer word nie. Hierdie gevolgtrekking word ondersteun deur kategorie 8:17

Kategorie 8: Die diepte van betekenis en doel van die verskeie liturgiese rituele is vir lidmate onbekend.

Dat die verband tussen die erediens en die lewe vir lidmate steeds onbekend is, word verder afgelei vanuit die verstaan van die erediens as samekoms van gelowiges, rondom God se Woord, en waar God aanbid word. Die leraars het, tydens die fokusgroep-onderhoud, die erediens verder verwoord as die ruimte vanwaar gelowiges uitgestuur word om die boodskap daarvan te gaan uitleef in die alledaagse leefruimtes18 - 'n eienskap wat egter nie deur die lidmate uitgelig is nie. Dus bestaan daar 'n diskrepansie tussen die verstaan van die erediens (en die verband tussen die erediensgebeure en die lewe), volgens die leraars, en dié van lidmate.19 Soos in kategorie 3 verwoord.20

Kategorie 3: Die erediens is die samekoms van gelowiges, rondom God se Woord en waar God aanbid word (en vanwaar gelowiges uitgestuur word om die boodskap daarvan uit te leef).

In die derde fase, naamlik: teoretiese kodering, is die verskillende kategorieë in verhouding met die kernkategorie geplaas, om sodoende die ontluikende praxisteorie te verken. Die kernkategorie stel dit duidelik dat die erediens wel 'n impak op die lewe van gelowiges het, mits die inhoud daarvan relevant tot hul dag-tot-dag lewenswerklikhede is, en hulle help om hul bestaansdoel beter te begryp. Kategorie 8 ondersteun nie net hierdie kernkategorie nie, maar waarsku verder dat die erediens egter nie altyd hierin slaag nie.

In die afdelings wat volg, gaan die empiriese data, met bestaande teoretiese perspektiewe in verband gebring word (Barnard, Cilliers en Wepener 2014:51-64; Berg 2004:4; Creswell & Poth 2018:90-95). Met die drie kenmerke van die erediens21 as riglyn, word die verband tussen die erediens en die lewe vervolgens uiteengesit.

 

Die samekoms van gelowiges

Een van die doelwitte van die erediens, is om op tasbare wyse uitdrukking te gee aan die gemeenskap van gelowiges, en kom die gemeente nie as losstaande individue saam nie, maar as gelowiges wat op grond van hul gedeelde geloof in die drie-enige God, aan mekaar verbind is (Burger 2009:18; Smit 2009:98-106). Daarom is elke gemeenskaplike handeling tydens die erediens, soos gebede, samesang, sakramente en Woordverkondiging, daarop uit om die onderlinge gemeenskap te help vorm en te versterk (Clasen, et al 2010:4). Hierdie doelwit van liturgie en ritueel is deur insigte verkry in 'n resente navorsingsprojek bevestig (cf. Wepener et al, 2019). Hierin vind ons egter 'n inherente spanningsveld in ons nadenke oor die erediens, aangesien die erediens wesenlik as die samekoms van gelowiges verstaan word, terwyl die begrip self wys op die samekoms van "individuele" gelowiges, elkeen met hul eie omstandighede, oortuigings, voorkeure en geloofsvrae (Tisdale 2008:75-90).

Alhoewel mense deur die eeue hulself as gemeenskapswesens verstaan het, blyk daar verskuiwing in hierdie verband te wees - iets wat sigbaar is in die toenemende individualistiese karakter van die hedendaagse samelewing, 'n tendens wat ook oorspoel na hul geloof en verhouding met die kerk, waar hulle minder behoefte aan die groep het, en hul geloof as 'n persoonlike saak sien. Hierdie verskynsel staan bekend as anonieme individualiteit22(Burger 2009:18-19, Sweet 2003:133). 'n Vroulike medenavorser en lidmaat van die Rooms-Katolieke gemeente noem dat sy nie werklik ontmoetings met mede-lidmate tydens of na afloop van die erediens, ervaar nie. Sy verkies gemeenskap met persone wat nie deel van haar gemeente is nie.23Verskeie medenavorsers noem ook dat hulle nie werklik gemeenskap met ander gemeentelede ervaar nie, en dat hulle ontmoetings met mekaar eerder beperk is tot hul onmiddellike huisgesinne of eggenotes, en dit ook so verkies.24 'n Manlike medenavorser, wat ook 'n pastoor van 'n Charismatiese gemeente in die Ooste van Pretoria is, noem weer dat die erediens vir hom spesiaal is, deurdat dit tegelykertyd die samekoms van gelowiges is, maar terselfdertyd ook waar God hom persoonlik, te midde van die samekoms raaksien en ontmoet.25

Wepener en Pauw (2004:118) waarsku egter dat Christelike identiteit altyd 'n vorm van groepsidentiteit is, en dat daar gewaak moet word teen 'n oorbeklemtoning van die individu, ten koste van die geheel. Die individu en die geheel staan nie in isolasie van mekaar nie, maar word deur mekaar beïnvloed en gevorm. Só is die huidige uitdagings waarmee die individu daagliks mee gekonfronteer word, ook op die kerk (as liggaam van gelowiges) van toepassing (Van der Merwe 2009:135; Wepener en Pauw 2004:118). Dick (2007:92) is van mening dat die woord wat die meeste in gesonde gemeentes gebruik word, die woord "ons" is. Hierdie woord is natuurlik 'n gelaaide term, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks, met sy ryke diversiteit in terme van taal en kultuur. In enige gesprek rondom die vorming van identiteit, binne die Suid-Afrikaanse konteks, staan die begrip multikulturaliteit26prominent (De Klerk 2013:55). Die uitdaging vir die kerk in Suid-Afrika is juis om verskillende kulture te verreken binne die vorming van 'n nuwe, meer inklusiewe liturgiese identiteit en gemeenskap (Van der Merwe, Wepener & Pieterse 2013).

Vanuit die empiriese ondersoek het dit na vore gekom dat verhoudings-groepe27 en gesinne, eerder as die erediens, belangrike ontmoetingsruimtes is, wat die gemeenskap van gelowiges moontlik maak.28 Soos 'n vroulike medenavorsers wat 'n lidmaat van die NG gemeente is, dit stel: "... ons was eers deel van 'n ander kerk se selgroep, en toe het ons deel geword van ons kerk se selgroep. En ek voel daar het ek verskriklik intiem verhoudings gebou."29

Alhoewel die belang van verhoudingsgroepe as ontmoetingsruimtes nie gering geskat moet word nie, moet daar gewaak word teen 'n oorbeklemtoning daarvan, ten koste van die erediens as samekoms van gelowiges. 'n Verstaan van die erediens, as 'n geleentheid waar slegs dele van die gemeente saamkom, en nie almal hoef saam te kom nie, sal 'n gebrekkige verstaan van die aard en wese van die erediens, as samekoms van die hele gemeente, tot gevolg hê (vgl. Burger 2009:18; Clasen et al. 2007:11; Smit 2009:98-108; Long 2001:15-41). As die erediens dan verstaan word as die samekoms van gelowiges, en indien dit betekenis vir die lewe van gelowiges bring, mits die boodskap daarvan hul lewensomstandighede aanspreek, en hul lewensdoel help verstaan, is dit vanselfsprekend dat gevra moet word na die wyse waarop die samekoms van gelowiges, die samelewing buite die gemeente, in die alledaagse leefruimtes weerspieël, al dan nie.

Die sogenaamde Sosiale Identiteitsteorie30wys tereg daarop dat die mens, wanneer dit by die sosiale, interpersoonlike verhoudings kom, tot groepering (op grond van ras, kultuur, geloof en nog meer) geneig is. Hierdie groepe bied aan die individu 'n veilige ruimte, en skep 'n gevoel van behoort (Tajfel & Turner 1986:16; Ysseldek et al. 2010:60-61). Die skadukant van hierdie proses van groepering, is dat identifisering met die groep se samestelling en waardes dikwels aanleiding gee tot onderskeiding en moontlike uitsluiting van ander groepe. Alhoewel die kerk ook aan die proses van groepvorming onderworpe is (soos dit uit die erediens-observasies duidelik na vore gekom het)31, is die bestaansdoel van die kerk nie bloot groepering nie, maar die vorm van ware, intieme en interpersoonlike gemeenskap (koinonia), as Corpus Christi (liggaam van Christus). Die doel van die erediens, as samekoms van gelowiges, is die vestiging van gesonde verhoudings wat deur die evangelie en die gedeelde geloof in Jesus Christus, saamgebind word (Ries & Hendriks 2013:2).

Sosiale kapitaal is 'n gelaaide term, met 'n verskeidenheid interpretasies rakende die betekenis daarvan. Cilliers & Wepener (2007:40-42) maak die keuse vir die verstaan daarvan as "consisting of a combination of bonding, bridging and linking capital". Met bonding word bedoel die verbande tussen mense, wat bestaan uit verskeie sosiale netwerke en norme. Ten einde verdeeldheid te voorkom, is vertikale komponente (bridging) ook nodig, wat verskeie sosiale dimensies soos godsdiens, etnisiteit en sosio-ekonomiese status insluit. Die erediens het 'n belangrike rol te speel in die vorming van sosiale kapitaal32. Liturgiese handelinge (rituele) is simboliese handelinge, wat dus 'n dieper betekenis wil kommunikeer. Só verstaan plaas dit liturgie ook binne die kultuur, aangesien kultuur ook 'n geheel van rituele en simbole, asook die betekenis wat daardeur aan bepaalde gebeure toegeken word, is. 'n Voorbeeld hiervan is die tafelritueel, aangesien niks meer kenmerkend van iemand se identiteit is, as hul kos- en tafelgewoontes nie (Barnard 2009:120-121; Versfeld 1983:53-54). Aangesien kos- en tafelgemeenskap beide 'n biologiese- en sosiologiese komponent beslaan, help dit as metafoor nie net om die wyse waarop mense met mekaar assosieer beter te verstaan nie, maar het dit ook die potensiaal om sosiale kapitaal te produseer (Douglas 1971:61; Wepener 2010:2-6).33

Ten spyte van die diepte aan teologiese betekenis, met betrekking tot die nagmaal, blyk dit vanuit die empiriese ondersoek, dat die sosiale betekenis van die nagmaal, veral ook as tafelritueel grootliks ontbreek. Vanuit die persoonlike onderhoude met die medenavorsers het dit na vore gekom dat die betekenis van die nagmaal vir deelnemers grootliks op 'n uiters persoonlike, en individuele wyse ervaar en grootliks in terme van sondevergifnis verstaan word. 'n Manlike medenavorsers en lidmaat van die NG gemeente, beskryf die betekenis van die nagmaal vir sy lewe soos volg: "Die nagmaal, vir my, is maar net vir ons 'n herinnering aan toe Hy aan die kruis gesterf het vir ons sondes, en dat Hy, maak nie saak hoe ver 'n mens van die pad afgaan nie, Hy sal jou altyd vergewe en hy is bereid om so-iets te doen om vir jou sondes te sterf."34

Ten einde die nagmaal, en die tafel as metafoor, se potensiaal tot sy volle reg te laat kom, sal daar opnuut besin moet word oor die wyse waarop die nagmaal, en die volle implikasie daarvan, vir die samekoms van gelowiges wat leef binne 'n diverse Suid-Afrikaanse samelewing, beleef en ontsluit word.35 Die nagmaal het nie net 'n individuele betekenis nie, maar ook 'n sosiale betekenis - met laasgenoemde wat tans nie ten volle aan die woord kom nie. Hierdie uitgangspunt word bevestig deur 'n manlike medenavorser, wat ook 'n leraar van 'n Charismatiese gemeente in die Ooste van Pretoria is.36

God kry ons gered en dan wil Hy hê iets moet gebeur; daar is 'n diep simboliek vir my in die Doop; daar is 'n diep simboliek om die Nagmaal te neem. Dit is nie net ietsie wat ons doen oordat ons dink dit is die regte ding om te doen nie, daar is 'n, ek voel half ons kan oor hierdie ding "skip" sonder om in te gaan en die absolute wese in die murg van wat Jesus daar gedoen het.

Van der Merwe (1999:34-35) sluit hierby aan en beskryf die nagmaal ook as deelname aan die offer van Christus. Hiervolgens herinner die nagmaal nie net die gelowige van Christus se volmaakte offer vir hom/haar nie, maar word die individu ook opgeroep om hulself as lewende offers te gee waardeur God se koninkryk onder stukkende mense in 'n gebroke wêreld mag kom.37

 

Die oopbreek van God se Woord

Binne die verstaan van die erediens as ontmoetingsruimte, tussen God en sy mense, is die Woord van God van sentrale belang. Deur die Woord, wat in die erediens veral (maar nie alleenlik nie) deur middel van die Skriflesing en prediking uitgedruk word, ontdek die gemeente wie God is, wie hulle (as beeld van God) is, en God se wil vir hul lewe, as liggaam van Christus. Wanneer die Woord gelees en verkondig word, is God self besig om deur die prediker as menslike instrument, deur die inspirasie van die Heilige Gees die geloof van die gemeente te vorm. Dus word die skriflesing en prediking deur God in diens geneem om 'n ontmoeting tussen God en mens moontlik te maak (Cilliers 2004:38-87; Clasen, et al 2010:3; Jones et al. 1992:32-33; White 2000:166-167).

Nie net het dit uit die empiriese ondersoek duidelik na vore gekom dat die Woord van God in die denke van die medenavorsers in die hart van die erediens staan nie, maar is die metafoor van die "oopbreek van die Woord" telkens uitgelig deur medenavorsers, wanneer hulle gesels het oor dit wat die erediens betekenisvol maak. Net soos die oopbreek van 'n vars gebakte brood, 'n vertrek met die wonderlikste geure vul, en 'n gevoel van afwagting skep onder dié wat op die punt staan om daaraan te smul, betree lidmate die erediens met 'n verwagting dat God met hulle sal praat, en aan hulle 'n boodskap sal gee wat hulle saam met hulle kan neem na hulle dagtot-dag bestaansruimtes.38 Die Woord wil nie net deur lidmate gehoor word nie, dit moet vir hulle oopgebreek word, sodat hulle die geur daarvan kan inasem en dit proe wanneer dit aan hulle bedien word as padkos wat hulle liggame voed vir die week se reis wat voorlê.39 Soos 'n manlike lidmaat van die NG gemeente dit stel: "Ek verwag dat die dominee vir my die teks moet uitpak, maar nie in die tradisionele sin van die Heidelberg se Kategismus en amper op 'n pro forma manier nie, maar die oopbreek van die teks en op 'n praktiese manier vir my hom uitpak."40

Die Woordverkondiging moet dus op só 'n wyse geskied dat dit duidelik sigbaar word waaroor dit in die erediens gaan, en dat die klem moet val op die toepaslikheid tot die lewe van lidmate. Pieterse (2001:19, sien ook Cilliers, 2019) verduidelik dat die prediking tegelykertyd aan die Bybel gebonde is, én op die gemeente in haar situasie gerig is. Die prediking se vertrekpunt behoort altyd die skrifgefundeerdheid daarvan te wees, terwyl die boodskap daarvan op verstaanbare, toepaslike wyse aan die gemeente kommunikeer word, sodat die gemeente hulle storie en situasie in die boodskap van die preek herken. Long en Tisdale (2008), sowel as Cilliers (2004) wys ook op die verskeidenheid van kontekste, wat tydens die prediking, aan die woord kom, naamlik: die konteks van die Skrif, die konteks van die gemeente, en dan ook die konteks van die groter samelewing en wêreld. Hierdeur word nie bedoel dat die Bybelboodskap aangepas moet word volgens die giere en voorkeure van die gemeenskap nie, maar bloot dat die Bybelboodskap alleenlik goeie nuus is omdat God daardeur iets vir sy mense, binne hul leefwereld wil sê (Pieterse 2001:19-20).

Lidmate beleef die prediking wat doodgewoon teologiese waarhede wil kommunikeer, maar nie toepaslik op hul lewe gemaak word nie, as sinloos. 'n Vroulike medenavorser en lidmaat van die NG gemeente, beskryf haar frustrasie wanneer die prediking niks meer is nie as 'n "klomp oppervlakkige stories vertel met menslike grappies en stories, as jy net 'n sedelessie hoor."41 'n Manlike medenavorser en lidmaat van die Rooms-Katolieke gemeente beskryf sy belewenis van hul priester se preekstyl, en gebruik die term "schooling" wanneer hy dit doen. Hy verduidelik dat die priester, gedurende die prediking, baie tyd spandeer om die wêreld agter die teks, en van die teks te verduidelik. Die lidmaat is egter van mening dat groter fokus geplaas moet word op die betekenis van die teks vir die konteks en omstandighede van lidmate.42

 

Die erediens as ruimte waar God aanbid word

Binne die Christelike geloof is God altyddeur die party wat eerste optree, die inisiatief neem en die mens ontmoet. God kies om aan die mens openbaar te word. Aangesien God altyd die inisiërende party is, is die beste wat die mens kan doen om te reageer op God se openbaring. Hierdie reaksie staan bekend as aanbidding (Jones et al. 1992:9; Stringer 1999:21-22). In wese is die hele erediens 'n aanbiddingsgeleentheid, en die hele liturgie aanbidding, hetsy deur lofprysing, danksegging, verootmoediging, skuldbelydenis, gebed, en selfs die nagmaal of doop. Wanneer die gemeente, as samekoms van die gelowiges wat diep onder die indruk van God se wese en verlossingsdade in hul lewe is reageer, reageer hulle aanbiddend (Jones et al. 1992:9, 20-27, 520-522). Wepener (2011:21) herinner egter dat aanbidding nie net tot die Sondagerediens beperk is nie, maar ander dienste wat 'n vorm van aanbidding is insluit, soos huweliksdienste, begrafnisdienste, bidure en verhoudingsgroepe. Aanbidding is verder somtyds 'n individuele aktiwiteit, en somtyds gemeenskaplike aktiwiteit.

Die empiriese ondersoek wys daarop dat lidmate aanbidding as 'n integrale deel van die erediens ervaar, terwyl hulle aanbidding grootliks in terme van die lied, oftewel lofprysing en aanbidding ("praise and worship"), en dan ook gebed verstaan.43 So beskryf 'n manlike medenavorser en lidmaat van die Charismatiese gemeente, dat aanbidding vir hom gewoonlik die hoogtepunt van die erediens is, en dat hy 'n voorkeur vir "Afrikaanse aanbidding" en "ou tradisionele aanbidding" het.44 Nog 'n vroulike medenavorser en lidmaat van die Rooms-Katolieke gemeente noem dat aanbidding nie iets is wat slegs in die erediens plaas vind nie, maar enige tyd van die dag, en op enige plek kan geskied.45

Op grond van die empiriese ondersoek, wil dit dus voorkom dat die wyse van aanbidding, wat in die Ou- en Nuwe-Testamentiese tyd, die primêre vorm van aanbidding was, naamlik deur die offer, tans grootliks ontbreek onder die verstaan van die term onder hedendaagse lidmate (Cilliers 2009:513-514; De Blaauw 2010:348). In sy wese is die aanbidding gerig op die eer en verheerliking van God, eerstens vir sy unieke karakter en heilige Persoon, maar ook vir sy dade en toetrede tot die mens se lewe. As primêr 'n offerhandeling, behels ware aanbidding veel meer as die gee van finansiële offers, maar wil dit uiteindelik 'n antwoord van die gelowige op God se wese en verlossingsdade wees, in die vorm van lewende, heilige offers wat voortleef in die alledaagse leefruimtes (Barnard, Cilliers & Wepener 2014:348; Van der Merwe 1999:34-35; Wepener & Cilliers 2004:369). Daar sal dus opnuut besin moet word rakende die wyse waarop die ritueel van die offergawe, tydens die Sondagerediens gestalte vind, ten einde die diepte van betekenis daarvan aan die woord te laat kom.

Aanbidding is daarop gerig om die aard en wese van God te erken, en is geanker vanuit die belydenis van wie God werklik is (Jones et al. 1992:9, 20-27, 520-522; Long 2001:15-25; Stringer 1999:21-22). Daarom is dit, in ons nadenke oor aanbidding in die erediens, ook nodig om te let op die Godsbeelde wat in die liturgie teenwoordig is, en in die harte van die lidmate leef.46 Smit (2009:102) stel dit duidelik dat in die soeke na 'n antwoord op die vraag: Wie is ek, moet daar eerstens gevra word na die persoon en wese van God - wie is God? In die erediens gaan dit nie alleenlik oor die feit dat God in die erediens teenwoordig is nie, maar dat God deur die mens geken wil word. Die erediens is dus die ruimte waarin God aan die mens openbaar word, en waarheen die mens kom met die opregte soeke na wie God is. In ons nadenke oor aanbidding in die erediens, is dit belangrik om die mate waartoe liturgiese rituele inspeel op die Godsbeelde wat in die Woord, maar ook in die gedagtes van lidmate leef.

Die empiriese ondersoek toon dat die medenavorsers God primêr as liefdevolle Vader ken47. 'n Manlike medenavorser, wat 'n pastoor in 'n Charismatiese gemeente is, verduidelik dat God vir hom 'n Vader is, en dat God se Vaderhart een van die mooiste temas uit die Woord is. As Vader gee God aan hom identiteit, beskerm hom en gee aan hom sy Woord om betekenis aan sy lewe te gee.48 'n Vroulike medenavorser en lidmaat van die Rooms-Katolieke gemeente beskryf God ook as "Abba Father", wat in verskillende situasies, verskillende rolle kan aanneem.49 Ander Godsbeelde, waardeur sommige medenavorsers God beskryf is dié van Skepper50; Koning, Lig en Liefde51; Geneser, Redder, Verlosser en Voorsiener52; altyd-teenwoordige essensie van liefde, maar nie as 'n fisiese wese nie.53

Hierdie Godsbeelde is uiters belangrik in ons nadenke oor die erediens, aangesien dit tot gevolg het dat die lidmaat die erediens met 'n bepaalde begrip van God, en verwagting van hierdie God betree (Vos 2010:1-5). Die liturg of prediker moet daarom uiters sensitief wees vir die vrae wat verskillende Godsbeelde, wat in die erediens kommunikeer word, by gelowiges ontlok. 'n Manlike medenavorser, wat ook lidmaat van die NG gemeente is, verduidelik hoe sy begrip van God deur die jare verander het, soos wat daar in die erediens ook deur die jare anders oor God gepraat is. In sy jonger jare het hy God geken as "almagtige figuur wat kan besluit wat gaan gebeur en wat nie gebeur nie ... en dan sit jy en wonder: maar hoekom laat Hy dinge soos Auschwitz gebeur, dan sit jy in die kerk en dan kyk jy na die kleur-kanselkleed wat sê God is liefde en dan kyk jy na wat hier buite aangaan."54 'n Manlike medenavorser en lidmaat van die Rooms-Katolieke gemeente verduidelik op sy beurt weer dat die gedagte van Jesus se liggaamlike opstanding, asook die tradisionele verstaan van Jesus as 'n wit man, met lang hare en 'n baard, vir hom moeilik is om mee te assosieer, veral vanuit 'n tradisionele Afrika-konteks.55

Die behoefte om God te ken, en die verwagting dat God in die erediens ontmoet word, en met die individu wil praat, is volgens Vos (2010:1) die aantrekkingskrag om die erediens by te woon. Aangesien die bestaande Godsbeelde van lidmate, soos reeds genoem, beslis subjektiewe konstrukte is, wat deur hul lewenservaringe gevorm word, is dit die belangrike rol van die erediens en liturgie om seker te maak dat die Godsbeelde wat daarin voorkom getrou is aan die beeld van God, soos dit in sy Woord aan ons openbaar word (Smit 2009:103). Die verband tussen die erediensboodskap, en die lewe van lidmate - die erediens en die lewe - moet hier in gedagte gehou word. Ook in terme van die aanbidding in die erediens, en dan ook die Godsbeelde wat daarin kommunikeer word, is dit uiters belangrik om die toepaslikheid en relevantheid daarvan, vir die lewe van die gemeentelede te verwoord. So byvoorbeeld wys Vos (1995:5 en 2010:4) op die liturgie se belangrike rol in dié ontmoeting tussen God en mens te midde van die "einas en amens" van die lewe. Vir hom is die liturgie se taak om te wys op God se teenwoordigheid in die mens se nood. Smit (2004:351-352) sluit hierby aan en beskryf die kerk as 'n aanbiddende gemeenskap van gelowiges, en "in die hart van dié aanbidding klop die nood van die wêreld, die sugte van die skepping, die vrae, swaarkry en sorge van elke samelewing en van alle mense. Christelike aanbidding word gebore uit die ervaring van die nood van die lewe."

As aanbiddingsritueel in die liturgie, wys die nagmaal ook op God se teenwoordigheid te midde van die seer en nood in die wêreld, en word die gemeente nie net herinner (tot My gedagtenis) aan God se voorsienigheid in hul lewe nie, maar ook aan die oproep om die brood en wyn in 'n stukkende wêreld te gaan wees. Binne die missionale verstaan van die kerk, is die gemeenskap van gelowiges 'n biddende (aanbiddende) gemeenskap, en waarvan die aanbidding gerig is op die koms van God se Koninkryk, ook deur middel van die kerk as liggaam van Christus. In hierdie hart van die aanbidding klop die nood van stukkende mense, en 'n stukkende wêreld (Smit 2004:351-353). Die liturgie is daarop gerig om, deur middel van 'n ontmoeting met God, die strate, townships en markpleine van die lewe te betree en my eie lewe te verstaan binne die groter geheel van die lewe en samelewing (Plantinga & Rozeboom 2003:3).

 

Samevatting

In hierdie artikel is daar besin oor die verband tussen die erediens en die lewe soos verstaan deur erediensgangers. Vanuit 'n empiriese ondersoek is daarop gewys dat lidmate die erediens grootliks verstaan aan die hand van drie kenmerke: die samekoms van die gelowiges, waar God se Woord oopgebreek word, en waar God deur die gemeente aanbid word. Daar is ook bevind dat, alhoewel lidmate van mening is dat die erediens wel van belang is vir hul dag-tot-dag bestaan, die praktiese implikasie van die erediens (en verskillende liturgiese rituele) vir hul alledaagse lewe, grootliks ontbreek. In ons verdere besinning oor die erediens, en inderdaad die betekenis daarvan, moet in ag geneem word dat die liturgie 'n belangrike rol te speel het in die skep van geloofservarings wat 'n impak op die individu se lewensbeskouing het, sodat die liturgie nie 'n "blote kultiese Sondag onderonsie is nie, maar 'n liturgie as 'n visionêre geloofshandeling wat die formasie én karakter van die menslike lewe en menslike samelewing beslissend kan bepaal" (Müller 2006:600). Burger (2005:30) beskryf die wese en einddoel van die erediens as ontmoetingsgebeure tussen God en mens, soos volg:

Dit is eenvoudig so - sê die Bybel - dat, hoe beter ons die Here ken, hoe sterker is die moontlikheid dat ons onsself en die wêreld rondom ons sal verstaan ... Dit vra dat jy die Here sal hoor wat ons elkeen roep en in 'n persoonlike verhouding met ons elkeen wil leef. In die proses sal Hy jou telkens met jouself konfronteer en jou help om al hoe meer die mens te word wat Hy wil hê jy moet wees. Deel van jou verlossing gaan daarin bestaan dat Hy jou gereeld buitetoe gaan jaag om iets vir ander te gaan doen en só die nood van die wêreld te verlig.

Voortdurende besinning oor die wyse waarop die erediens plaasvind, en deur lidmate beleef word, ten einde die lewensimpakterende potensiaal daarvan, te laat realiseer bly noodsaaklik.

 

Bibliografie

Ammerman, N.T., Jackson W.C., Carl, S.D. & McKinney, W 1998. Studying congregations. Abingdon, Nashville.

"Baptism, Eucharist and Ministry", 1982, in Faith and Order, Vol. 11, World Council of Churches, Geneva.

Barnard, A.C., 1981, Die Erediens, NGKB, Pretoria.

Barnard, J., 2019, Die erediens van die lewe: 'n Prakties-teologiese verkenning, Proefskrif ter voltooing van die PhD kwalifikasie aan die Universiteit van Pretoria.         [ Links ]

Barnard, M., 2009, "Ontdek die nagmaal in die gereformeerde erediens", in Wepener, C.J. en Van der Merwe, J. (reds.), Ontdekkings in die erediens, Bybel-Media, Kaapstad, 109-128.

Barnard, M., Cilliers, J.H. en Wepener, C.J., 2014, Worship in the Network Culture. Liturgical Ritual Studies. Fields and Methods, Concepts and Metaphors, Peeters Press, Paris.

Berg, B.L., 2004, Qualitative Research Methods for the Social Sciences: International student edition, Pearson Education Inc., California State University, Long Beach.

Burger, C.W., 2002. "Nagmaalviering in die NG Kerk - tussen tradisie en vernuwing. Deel 3", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol.43 (3&4), 661-669.         [ Links ]

____________. 2009. "Ontdek die belang van die erediens", in Wepener, C. en Van der Merwe, J. (reds.), Ontdekkings in die erediens, Bybel Media, Kaapstad, 15-30.

Charmaz, K., 2006, Constructing Grounded Theory. A Practical Guide through Qualitative Analysis, Sage Publications, Londen.

____________. 2014. Constructing Grounded Theory (2nd edn.), Sage Publications, Londen.

Cilliers, J.H., 2019. Timing Grace, Reflections on the Temporality of Preaching, Sun Press, Stellenbosch.

____________. 2004. The living voice of the gospel: revisiting the basic principles of preaching, Sun Press, Stellenbosch.

____________. 2009. "As it is in Heaven? Reflections on Liturgical Reframing", Scriptura, Vol. 1002, 511-519.         [ Links ]

Cilliers, J.H. en Wepener, C.J., 2007, "Ritual and the Generation of Social Capital in Contexts of Poverty: A South African Exploration", International Journal of Practical Theology, Vol.11 (1), 39-55.         [ Links ]

Clasen, F., Bartlett, A., Carstens, C., en Schoeman, F., 2010, Handleiding vir die Erediens, Bybel Media, Kaapstad.

Creswell, J.W. en Poth, C.N., 2018, Qualitative Inquiry & Research Design. Choosing Among Five Approaches, SAGE Publications, Washington, DC.

De Blaauw, S., 2010, "Frits van der Meer (1904-1994): The oldest school of worship", in Barnard, M., Post, P., Rouwhorst, G. en van Tongeren, L. (reds.), Patterns and Persons. A Historiography of Liturgical Studies in the Netherlands in the Twentieth Century, Peeters, Leuven, 339-370.

De Klerk, D.J., 2013, Liturgical Involvement in Society. Perspectives from Sub-Saharan Africa, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Noordbrug.

Dick, D.R., 2007, Vital signs: A pathway to congregational wholeness, Discipleship Resources, Nashville.

Douglas, M., 1971, "Deciphering a meal", in Geertz, C. (red.), Myth, symbol and culture, W.W. Norton & Company, New York, 61-81.

Glaser, B., 1978, Theoretical Sensitivity. Advances in the Methodology of Grounded Theory, Sociology Press, Mill Valley, Callifornia.

Hendriks, H.J., 2004. Studying Congregations in Africa, Bybel Media, Kaapstad.

Jones, C., Wainwright, G., Yarnold, E., en Bradshaw, P. (reds.), 1992, The study of Liturgy, SPCK, Londen.

Long, T.G., 2001, Beyond the Worship Wars: Building vital and faithful Worship, Alban Institute, Bethesda, Maryland.

Long, T.G. en Tisdale, L.T., 2008, Teaching Preaching as a Christian Practice. A New Approach to Homiletical Pedagogy, Westminster John Knox Press, Londen.

Louw, D.J., 2008, Cura Vitae: Illness and the healing of life, Bybel Media, Kaapstad.

McGaughey, D.R., 1999, "More than right: a theological contribution to a discussion of cultural pluralism", Journal of Theology for Southern Africa, Vol. 104, 69-73.         [ Links ]

Müller, B.A., 2006, "Liturgie as agent in transformasieprosesse", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol. 47 (3&4), 600608.         [ Links ]

Nairobi Statement on Worship and Culture, 1996, besoek op 18-032016, http://worship.calvin.edu/resources/resource-library/nairobi-statement-on-worship-and-culture-full-text/.

Osmer, R.R., 2008, Practical Theology: An Introduction, William B. Eerdmans Publishing Company, Grand Rapids, Michigan.

Pieterse, H.J.C., 2001, Prediking in n konteks van armoede, UNISA Press, Pretoria.

____________. 2010a. "Grounded Theory approach in sermon analysis of sermons on poverty and directed to the poor as listeners", Acta Theologica, Vol. 30(2), 113-129.         [ Links ]

____________. 2010b, "Metatheoretical decisions for the grounded theory research of sermons on poverty and to the poor as listeners", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol. 51 (3 & 4), 104-113.         [ Links ]

____________. 2011. "An Open Coding analytical model of sermons on poverty with Matthew 25:31-46 as sermon text", Acta Theologica, Vol. 31(1), 95-112.         [ Links ]

____________. 2013. "An emerging Grounded Theory for preaching on poverty in South Africa with Matthew 25:31-46 as sermon text", Acta Theologica, Vol. 33(1), 175-195.         [ Links ]

Pieterse, H.J.C. & Wepener, C.J., 2018, "Angry Preaching: A Grounded Theory Analysis from South Africa", International Journal of Public Theology, Vol. 12, 401-415.         [ Links ]

Plantinga, C. & Rozeboom, S.A. (reds.), 2003, Discerning the spirits. A guide to thinking about Christian Worship today, Eerdmans, Grand Rapids, Michigan/Cambridge, UK.

Post, P.G.J., 2001, "Introduction and application. Feast as a key concept in a liturgical studies research design", in Post, P.G.J., Rouwhorst, G., Scheer, A. en Van Tongeren, L. (reds.), Christian feast and festival: The dynamics of Western liturgy and culture, Peeters, Leuven, 47-77.

Ries, J. en Hendriks, H.J., 2013, "Koinonia en diakonia as 'n missionale koninkryksdans", HTS Teologiese Studies, Vol. 69(2), 1-8.         [ Links ]

Root, A., 2014, Christopraxis. A Practical Theology of the Cross, Fortress Press, Minneapolis.

Smit, D.J., 2004, "Oor die kerk en maatskaplike uitdagings in ons land", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol. 45 (2), 350-362.         [ Links ]

____________. 2009. "Ontdek die eie aard van die gereformeerde erediens", in Wepener, C.J en Van der Merwe, J. (reds.), Ontdekkings in die erediens, Bybel Media, Kaapstad, 87-108.

Stringer, M.D., 1999, On the Perception of Worship, University Press, Birmingham.

Sweet, L. (red.), 2003, The church in emerging culture: Five perspectives, Zondervan, Grand Rapids, Michigan.

Tajfel, H. en Turner, J.C., 1986, "The Social Identity Theory of Intergroup Behavior", in Austin, W.G. en Worchel, S. (reds.), Psychology of Intergoup Relation, Brooks/Cole, Monterey, California, 33-47.

Tisdale, L.T., 2008, "Exegeting the congregation", in Long, T.D. en Tisdale, L.T. (reds.), Teaching Preaching as a Christian Practice. A New Approach to Homiletical Pedagogy, Westminister John Knox Press, Londen, 75-90.

Van der Merwe , I.J., 1999, Liturgie en lewe. n Sistematies-Teologiese ondersoek, Proefskrif ingelewer vir die graad Doktor in die Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

____________. 2009, "Ontdek die Doop en Geloofsbevestiging", in Wepener, C.J. en Van der Merwe, J. (reds.), Ontdekkings in die erediens, Bybel Media, Kaapstad, 129-145.

Van der Merwe, S., Wepener C.J. en Pieterse H.J.C., 2013, "Multicultural worship in Pretoria. A ritual-liturgical case study", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol. 54 (1&2), 222-232.         [ Links ]

Versfeld, M., 1983, The philosopher's cookbook, Old Castle Books, Harpenden.

Vos, C.J.A., 1995, Die blye tyding: homiletiek uit n hermeneuties-kommunikatiewe perspektief, RGN, Pretoria.

____________. 2010, "Godsbeelde in die liturgie", HTS Teologiese studies, Vol. 66(2), 1-5.         [ Links ]

Wepener, C.J., 2002, "Nagmaalviering in die NG Kerk - tussen tradisie en vernuwing. Deel 1", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol. 43(3&4), 641-651.         [ Links ]

____________. 2010, "Snert: Ritual-Liturgical measurements and recipes for social capital", Verbum et Ecclesia, Vol. 31(1),1-7.         [ Links ]

____________. 2011, Soos n blom na die son draai. Liturgiese voorstelle vir gebruik in die algemene erediens en in ander spesifieke dienste, Bybel Media, Kaapstad.

Wepener, C.J. en Cilliers, J.H., 2004, "In herinnering aan die kinders . wat aan honger en koue moet sterf. Liturgie in 'n konteks van armoede", Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, Vol. 45(2), 364-372.         [ Links ]

Wepener, C.J. & Pauw, C. 2004, "Terug na die toekoms - oor die samehang tussen rituele tyd en identiteit", Scriptura, Vol.85, 110-122.         [ Links ]

Wepener, C.J., Swart, I., Ter Haar, G., & Barnard, M. (reds.). 2019. Bonding in worship. A ritual lens on social capital formation in African Independent Churches in South Africa, Peeters Press, Leuven.

White, J.F., 2000, Introduction to Christian Worship, derde uitgawe, Wm.B Eerdmans, Grand Rapids.

Wuthnow, R., 1994, Sharing the journey: Support groups and America's new quest for Community, The Free Press, New York.

Ysseldek, R., Matheson, K. en Anisman, H., 2010, "Religiosity as Identity: Toward an Understanding of Religion from a Social Identity Perspective", Personality and Social Psychology Review, Vol. 14 (1), 60-67, SAGE, Canada.         [ Links ]

 

 

1 Hierdie artikel is gebaseer op die doktorale tesis, getiteld "Die erediens van die lewe. 'n Prakties-teologiese verkenning" van die eerste outeur. Die unieke bydra van hierdie navorsing word gevind in die wyse waarop die "Grounded Theory" metode van empiriese navorsing aangewend word in die studie na die verband tussen die erediens en die lewe (sien Barnard 2019).
2 Van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
3 Hierdie drie kenmerke word uitgelig op grond van die luisterproses van die empiriese ondersoek, en word deur die medenavorsers (lidmate sowel as leraars) beklemtoon in die bespreking van hul verstaan van die erediens.
4 Getrou aan die kwalitatiewe-etnografiese benadering, het hierdie navorsing empiriese data en teoretiese perspektiewe met mekaar verbind (Barnard, Cilliers en Wepener 2014:51-64; Berg 2004:4; Creswell & Poth 2018:90-95). Die metode van navorsing het hoofsaaklik op 'n empiriese ondersoek berus, wat deur literatuurstudie rakende die fokuspunte wat vanuit die empiriese ondersoek na vore gekom het, aangevul is (Creswell & Poth 2018:90-95, 163-170).
5 Die "grounded theory" metode bestaan uit sistematiese, dog buigbare, riglyne vir die insameling en analise van kwalitatiewe data, en het ten doel om teorieë vanuit die data self te konstrueer. Hierdie benadering bestaan uit drie fases, naamlik: 1) die induktiewe fase waardeur aanvanklike kategorieë onderskei, en 'n oop kodering analitiese model ontwikkel, word; 2) die deduktiewe fase waartydens selektiewe data vir analise gekies word, op grond van die hipoteses wat tydens die fase van "open coding" ontwikkel is; en 3) teoretiese kodering en die konstruksie van 'n praxis teorie ten opsigte van die navorsingsfokus (Charmaz 2014:1-2; Pieterse 2010a:119-120; 2010b:104-113; 2011:96; 2013:175-195).
6 Sien ook Pieterse 2010a, 2010b, 2011, 2013; asook Pieterse & Wepener 2018, vir verdere voorbeelde van "grounded theory" kwalitatiewe navorsing.
7 Ammermann et al (1998:205-207) bespreek onderhoudsvoering (beide individuele en fokusgroep) as 'n belangrike bron van inligting in die bestudering van gemeentes, en verduidelik dat enige studie die "most knowledgeable insiders" moet insluit.
8 Wanneer daar op 'n steekproef besluit word, is dit belangrik dat die gemeentes en persone wat by die navorsing betrek word, verteenwoordigend van die onderskeie subgroepe binne die gemeenskap, en onderskeie gemeentes is (Ammerman et al. 1998:205). Om hierdie rede is 'n verteenwoordigende steekproef, bestaande uit vyftien persone (van verskillende ouderdoms-, ras- en geslagsprofiele) wat elkeen 'n lidmaat van die onderskeie gemeentes is, saamgestel. Drie gemeentes, vanuit verskillende denominasies, in die Pretoria-Oos omgewing, en wat verskil in terme van liturgiese tradisie en gebruike, is besoek, en persoonlike onderhoude met vyf lidmate uit elkeen van hierdie gemeentes gevoer. Die keuse van denominasie is gebaseer op die navorsing se doel om diverse liturgiese gebruike met mekaar in gesprek te bring, ten einde 'n omvattende verkenning van die impak van die erediens op die identiteit en lewe te verseker.
9 Aangesien die persoonlike ervarings van individue in hierdie ondersoek verken is, het die ondersoek streng etiese riglyne in die kwalitatiewe werk gevolg. Die konfidensialiteit van elke deelnemende party, asook die betrokke gemeente word deurgaans verseker (Berg 2004:65).
10 In hierdie afdeling word slegs 'n samevatting van die empiriese ondersoek bespreek, met die gevolg dat slegs enkele kategorieë en aanhalings aan die woord kom. Sien Barnard (2019) vir die volledige empiriese ondersoek.
11 Die fase staan as die "oop koderingsfase" van data-analise, bekend. Sien Barnard (2019:87-112) vir die uiteensetting van die resultate van hierdie fase.
12 Die "selektiewe koderingfase".
13 Soos deur die proses van oop kodering identifiseer is.
14 Die fokusgroep-onderhoud, wat met vyf leraars van verskillende denominasies gevoer was, is vir hierdie doeleindes verreken.
15 Sien Barnard (2019:87-117).
16 Wepener en Van der Merwe (1999:201-203) identifiseer twee belangrike eienskappe van ritueel, naamlik: herhaling en mite. Hiervolgens word rituele verstaan as herhalende handelinge waardeur die dinge van die gewone lewe oorstyg word, en waardeur uiting gegee kan word aan die dikwels onverklaarbare ervarings van die lewe. Mite verwys weer na die verhaal agter die ritueel, en wat deur die ritueel kommunikeer word.
17 Sien Barnard (2019:87-117).
18 In kursief aangedui in kategorie 3.
19 Hierdie waarneming word gemaak, deur veral te let op die vergelyking van die terugvoer van die lidmate met dié van die drie leraars, van die deelnemende gemeentes, wat aan die fokusgroep onderhoud deelgeneem het.
20 Sien Barnard (2019:87-117).
21 Soos uit die empiriese ondersoek geïdentifiseer en in kategorie 3 verwoord (sien Barnard 2019:87-117)
22 Alhoewel hierdie tendens nie opsigself aanvaar kan word as geldend vir die ganse Suid-Afrikaanse samelewing nie, blyk dit uit die bydraes van Burger en ander, dat dit wel van toepassing op die navorser se eie denominasie, naamlik, die NG Kerk is, en daarom in dié navorsing verreken moet word.
23 Sien Barnard (2019:395). Thomas Long verwys hierna as die uitdaging van "disconnected" and "spiritual free agents" (vgl. Long 2001:26-28).
24 Sien Barnard (2019:301, 336).
25 Sien Barnard (2019:436).
26 McGaughey (1999:73) waarsku teen die verkeerde verstaan van hierdie begrip as die bepaling van watter kulturele elemente korrek en aanvaarbaar is, al dan nie. In die hart van multikulturaliteit lê die begeerte om, in ons soeke na ons gesamentlike identiteit, die waarde wat verskillende kulturele elemente tot liturgiese identiteit in die kerk kan bydra, te bepaal.
27 Die term verhoudingsgroepe, het verskillende name in gemeentes, byvoorbeeld kleingroepe, omgeegroepe, groeigroepe en selgroepe, Hierdie term sluit al hierdie en ander groepe in waar gelowiges saamkom. 'n Keuse word vir hierdie bewoording gemaak, ten einde 'n fokus op die relasionele aard en doel van groepe uit te lig.
28 Sien kategorie 6 in Barnard (2019:110-112).
29 Sien Barnard (2019:328).
30 Sosiale Identiteitsteorie het sy ontstaan grootliks te danke aan die bydraes van Henri Tajfel en John Turner.
31 Tydens die besoek aan die eredienste van die deelnemende gemeentes, was dit opvallend dat, alhoewel daar in alle gemeentes wel lidmate van verskillende tale en kulture teenwoordig was, twee van die gemeentes steeds dominant uit Afrikaanssprekende wit lidmate bestaan het, en een gemeente hoofsaaklik uit Engelssprekende swart lidmate. Alhoewel al drie gemeentes daarna streef om oop en ontvanklik vir alle persone te wees (en hulle gedeeltelik daarin slaag), is dit duidelik dat daar 'n natuurlike groepering in elkeen plaasgevind het (sien Barnard 2019:65-85).
32 Sien ook Wepener et al. (2019).
33 In haar artikel "Deciphering a meal", noem Mary Douglas dat kos sowel 'n biologiese as sosiale komponent beslaan, en vra dan die vraag: "If food is a code, where is the precoded message?" Die antwoord op hierdie vraag word, volgens haar, gevind in die wyse waarop die verskillende sosiale verhoudings, deur 'n ritueel (in hierdie geval die tafelritueel) uitgedruk word (Douglas 1971:61).
34 Sien Barnard (2019:337-338).
35 In 'n reeks van drie artikels argumenteer Wepener en Burger (2002) ook vir nuwe denke oor die gebruike rondom die nagmaalviering in die NG Kerk, asook meer gereelde viering daarvan, ten einde die diepte van betekenis van die nagmaal weer onder die aandag van gelowiges te bring (vgl. Burger 2002:665-668; Wepener 2002:649-650).
36 Sien Barnard (2019:450).
37 Vgl. "Baptism, Eucharist and Ministry rapport" (1982:8-13) van die Wereldraad van Kerke.
38 Die vraag kan met reg gevra word, op grond van bogenoemde empiriese bevindinge, of hier nie sprake is van die gevare van 'n verbruikerskultuur ten opsigte van die Woordverkondiging nie. Wuthnow (1994:200) en De Klerk (2013:55) wys tereg op die gevare wat die verbruikerskultuur vir die erediens inhou, deurdat liturgiese rituele ingeruim word volgens die behoeftes en voorkeure van lidmate. Hierdie blyk egter nie die geval te wees in bogenoemde bevindinge uit die empiriese ondersoek nie, aangesien die fokus daarvan nie soseer die behoeftes en voorkeure van lidmate is nie, maar bloot wys op die behoefte dat die Woord op praktiese, verstaanbare en lewensrelevante wyse tydens die erediens kommunikeer word.
39 Sien Barnard (2019:297-298, 308-309, 314-315, 340-342, 431-432).
40 Sien Barnard (2019:298).
41 Sien Barnard (2019:309).
42 Sien Barnard (2019:431-432).
43 Sien Barnard (2019: 334, 349-351, 358-359, 403-404, 409-410, 435-438).
44 Sien Barnard (2019:359).
45 Sien Barnard (2019:402).
46 (vgl. Long 2001:15-25; Nairobi Statement on Worship and Culture 1996; White 2000:22-24).
47 Sien kategorie 7, onder punt 3.4.2.1 (Barnard 2019:110-112).
48 Sien Barnard (2019:458).
49 Sien Barnard (2019:407).
50 Sien Barnard (2019:322, 457).
51 Sien Barnard (2019:457-458).
52 Sien Barnard (2019:332-333, 356, 404-407).
53 Sien Barnard (2019:389-390).
54 Sien Barnard (2019:305).
55 Sien Barnard (2019:424, 432-433).

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons