SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.5 issue2The folly of preaching the cruciform GodEfukwini: Sacredness and the aesthetics of birth amongst amaXhosa. A pastoral care perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Stellenbosch Theological Journal

On-line version ISSN 2413-9467
Print version ISSN 2413-9459

STJ vol.5 n.2 Stellenbosch  2019

http://dx.doi.org/10.17570/stj.supp.2019.v5n2.a21 

ARTICLES

 

Wanneer is prediking goed?

 

When is preaching good?

 

 

Nel, Malan

Universiteit van Pretoria. Pretoria, Suid-Afrika malan.nel@up.ac.za

 

 


ABSTRACT

The question concerned in this article is of great importance for every preacher. Not only do preachers often find their professional identity in the "success" of their preaching, but the question is critical for the congregation as such. As a vital part of the liturgy, preaching construes the worship life of a faith community. In a Festschrift for Manfred Josuttis (2011) Cornelius-Bundschuh also wrestled with this question. In this article I will think with Bundschuh and a few other theologians about what one may call the question of the quality of preaching as proclamation of the gospel. Within my frame of reference this article will focus on a) the impact of personality within this ministry of preaching, b) die interwovenness of the didache and the kerugma, c) the place of preaching within the whole and total ministry of and within the congregation, and d) preaching as creative ministry of the text of the Bible in context.

Trefwoorde: Persoonlikheid; didache; kerugma; kwaliteit en prediking


 

 

1. Inleidend

Selfs om gevra te word om aan hierdie feesbundel vir Johan Cilliers mee te werk, is vir my 'n besondere voorreg en eer. Ons ken mekaar as kollegas oor baie jare. Oor hierdie jare heen het my waardering vir hom gegroei. By alle waardering en respek vir sy persoon en werk deel ons ook 'n diepgewortelde liefde en bewondering vir die Karoo - 'n plek waaroor hy so diepsinnig kan nadink en skryf (vgl. Cilliers 2016:1-6). Ek onthou nog een van ons eerste gesprekke toe hy op pad was na een van ons jaarlikse vergaderings van die Werkgemeenskap vir Praktiese Teologie in Suid-Afrika en by ons aan huis oorgeslaap het. Ons kon lank praat en saamstem oor die "gebrek aan die Evangelie" in kansels - dit wat pas daarna in sy boeke Die uitwissing van God op die kansel: Ontstellende bevindinge oor Suid-Afrikaanse prediking (1996) en Die Uitwysing Van God Op Die Kansel: Inspirerende Perspektiewe Op Die Prediking - Om God Te Sien En Ander Te Laat Sien (1998) gestalte gevind het. Hierna het sy publikasies oor die prediking en liturgiek net vermeerder en 'n beduidende bydrae tot die vak gemaak. Hierdie artikel is 'n beskeie poging om mee te dink oor dit wat hom kreatief naby aan die hart lê.

In my beperkte bydrae tot die terrein van die homiletiek was die klem tot hier meer op die invloed van persoonlikheid op die prediking (2005, 2018). Ek is oortuig dat die hoorder weet wie preek (Nel 2018). Juis dit gee aanleiding tot die navorsingsvraag in hierdie artikel: wanneer is prediking dan goed? En wie bepaal wat "goed" is? Die artikel is 'n poging om saam met ander na te dink ook "kwaliteitskriteria" vir die prediking. In die proses van die ontwikkeling van hierdie argument, sluit ek sterk aan by Cornelius-Bundschuh wat in sy bydrae tot die Festschrift van Manfred Josittus (2011) ook die vraag vra: "Wann is eine Predigt gut?

In die nadenke oor hierdie kernvraag gaan in hierdie artikel gefokus word op

die impak van persoonlikheid op die kwaliteit van prediking

die interverweefdheid van die didache en die kerugma

die plek van die prediking binne die geheel en totale bediening van en binne die gemeente, en

prediking as kreatiewe bediening van die Bybel se teks in konteks.

 

2. Kwaliteit en persoonlikheid

Vanweë beperkte ruimte gaan ek nie weer die belangrike invloed van persoonlikheid op prediking hier beredeneer nie. Ek het dit elders (Nel 2018) en met erkenning aan en verwerking van Brooks( 1964, 1969) en Van der Geest (1981) se teorieë gedoen. Steeds is ek oortuig dat Brooks 'n kern waarheid raak formuleer as hy sê dat prediking is: "truth through personality" (Brooks 1964:5,8). Vir Brooks (1964:5) lê die verskil tussen goeie en swak prediking op hierdie vlak: waarheid alleen mis persoonlikheid en persoonlikheid alleen mis waarheid. In sy eie woorde: "It is in the different proportions in which the two are mingled that the difference between two great classes of sermons and preaching lies."

In die navorsing van Cornelius-Bundschuh word hierdie konsep nie per se beredeneer nie. Cornelius-Bundschuh (2011:39ff.) beskryf kortliks, maar in diepte, hoe daar oor eeue heen met die vraag na goeie prediking geworstel is. Hy verwys na die klem op verskillende fasette van voorbereiding waarop in die 16de en 17de eeue gekonsentreer is. Hy doen dit onder die opskrif " Eine gute Predigt is eine frage der Ausbilding" (2011:40-44). Al hierdie aspekte is en bly krities belangrik. Niemand sal die vraag na goeie prediking kan bespreek sonder om telkens weer na die wese van prediking, die voorbereiding daarvan, teologie en retoriek en nog meer terug te kom nie (vgl. Cornelius-Bundschuh 2011:40-44; De Klerk & J. Van Rensburg 2005; Hulst 2016). So onlangs soos 2013 nog het Grab juis ook in hierdie verband 'n groot bydrae gemaak met sy publikasie met die titel Predigtlehra. Über religiöse Rede. Sy hoofstuk oor "Reden gestalten: Homiletische Rhetorik" (2013:265-301) is in verband met die saak hier van groot belang. Cornelius-Bundschuh (2011:48) formuleer uiteindelik "Sieben Antworten angesichts der gegenwärtigen Debatte um Qualität". Die sewe "antwoorde" wat hy noem en bespreek, word deur hom soos hieronder saamgevat:

1. "Das wesentliche, das sich im Predigtprozess ereignet, lässt sich nicht messen - und doch sollten wir alles, was uns helfen kann die Predigtsituation gut zu verstehen und zu gestalten, möglichst genau wahrnehmen und 'messen'" (2011:48);

2. "In dieser begrenzten Reichweite, in diesem entlastenden Realismus und dieser Nüchternheit liegt die Chance des Qualitätsbegriffes für die Homiletik" (2011:49);

3. "Sie wirkt, aber sie hat ihre Wirkung nicht in der Hand" (2011:49);

4. "Eine gute Predigt lebt vom Loslassen und Aufhören" (2011:49-50);

5. "Eine gute Predigt braucht nicht nur eine gute erste und zweite homiletische Ausbildung und eine regelmäßige Fortbildung, sie braucht die Einübung einer kollegialen Kultur der Predigtvorbereitung und -kritik" (2011:50);

6. "Eine gute Predigt darf kopiert sein" ("aus einem Predigtband, auch aus dem Internet, Postille") (2011:50-51);

7. "Wenn sie gut gemacht ist! Wenn sie um die Möglichkeiten und um die Grenzen ihrer Qualität weiß und diese im Gottesdienst gestaltet. Wenn sie im Vertrauen auf die Güte Gottes predigt, die alle Morgen neu ist" (2011:51-52).

Tereg meld hy dat baie van die sake wat genoem word reeds lank in die Homiletiek geld en funksioneer. Met verwysing na Bronk (20 08:274) erken ook hy dat watter spraakkundige, dramatiese en retoriese middele ook al ter tafel is - dit alles moet in verband staan met dit wat wesenlik tot die prediking is: "der Verkündiging des Evangeliums. Das ist ein theologische Qualitätskriterium" (Cornelius-Bundschuh 2011:48).

Ek is ook diep oortuig dat daar "iets" in prediking is wat nie vasgevang kan word nie. As prediking die oopmaak van die woorde van God vir mense is, soos dit in die Bybel na ons toe kom; as dit, om woorde van Cilliers (1998) te gebruik, is "Om God te sien en ander te laat sien" dan is daar altyd baie wat nie gemeet en verklaar kan word nie. In die woorde van die eerste van die sewe teses van Cornelius-Bundschuh (2011:48) "das wesentliche, das sich im Predigtprozess ereignet, lässt sich nicht messen - und doch sollten wir alles, was uns helfen kann die Predigtsituation gut zu verstehen und zu gestalten, möglichts genau wahrnehmen und 'messen'".

Wat my besig hou is 'n vermoede dat predikers hierdie diep en goedbedoelde belydenisse mag gebruik om die "maakbare" te ontsnap. Belydenisse oor prediking mag nie vir die prediker wegkruipplekke word nie. CorneliusBundschuh is daarom myns insiens korrek om skugter te soek hoe ons die meetbare kriteria wat in ander subdissiplines van Praktiese Teologie gebruik word vir die homiletiek toepaslik mag maak. Hy (2011:44ff.) bespreek dit wat "kwaliteit" in die sosiale, kulturele en kerklike omgewing beteken en doen dit onder die noemer: "Die Qualität kirchlichen Handelns. Interdisziplinäre Impulse für die Homiletik."

In hierdie paragraaf is dit my bedoeling om maar een "kwaliteit" van die prediker as persoon op die tafel te plaas. Een van die grootste en bekendste predikers van die vorige eeu, Martin Lloyd-Jones was bekend vir sy uitspraak: "To me the work of preaching is the highest and greatest and the most glorious calling to which anyone can ever be called" (1971:9). Wanneer hy oor die prediker handel skryf hy breedvoerig oor hoe belangrik opleiding is en beklemtoon veral roeping tot hierdie "most glorious calling" (1971:100-120). My een kwaliteit vir die persoon van die prediker (wat ek in hierdie artikel onderstreep) sluit hierby aan. In die teologie van roeping tot die bediening speel prediking in die gereformeerde tradisie waarskynlik selfs 'n byna eensydige rol. Ek het in vorige navorsing probeer aantoon dat dit miskien juis deel van ons probleem met die kwaliteit van prediking is. Roeping tot prediking (met gepaardgaande begenadigde gee van gawes daarvoor) en roeping tot voltydse bediening is nie noodwendig dieselfde nie. Om as prediker geroep en begenadig te wees en om as pastor van 'n gemeente geroep te wees, is in beginsel nie identies nie (vgl. vir die groter gesprek hieroor Nel 2004, 2005; vgl. Ook Nel en Scholtz 2015).

Hierdie roeping en gepaardgaande begaafdheid word in die Nuwe Testament gekoppel aan wat ons vandag integriteit sou noem - "die manier waarop en met watter motiewe ek myself in my wêreld gedra" (Nel 2018:94). Dit is deel van die "is" van die prediker. In die woorde van Lloyd-Jones (1971:106) dra dit in die Bybel die karakter van nederigheid, onwaardigheid, "ek kan nie", selfs "mag ek"? Integriteit is eerlikheid met al die emosies wat roeping meebring. Mens moet waarskynlik Paulus se woorde "die dwang is my opgelê", "ek verkondig die evangelie omdat ek móét" en "wee my ..." (1 Kor. 9:16. NAV) ook in hierdie verband vertolk. Wuthnow en andere (1987:203) het reeds aangetoon dat wat hulle 'n "motivation crisis" noem "is not so much a lack of subjective personal meaning but an inability or unwillingness to participate in the public realm". Ek het (2005:96) dit 'n "drang tot publieke kommunikasie" by predikers genoem.

Dit is hierdie "kwaliteitsprinsipe" wat myns insiens help bepaal of prediking goed is. Van der Geest (1981:39ev.) het dit reeds in sy uitgebreide empiriese navorsing kon bevind dat: "'hoorders' hierdie toegang tot hulle diepste menswees (eksistensiële geboorte) ervaar en toelaat wanneer predikers persoonlik oorkom" (Nel 2018:41). In sy eie woorde: "The more personal preachers present themselves, the stronger is the experience of personal security among the listeners ... Being personal has an individual and social side: sincerity and concern for others" (Van der Geest 1981:39; vgl. ook Nel 2018:41). Die individuele kant behels wat ek hierbo integriteit noem, roepings integriteit sou jy dit ook kon noem.

My waarneming oor die afgelope aantal jare sedert ek vir die eerste keer in 2005 daaroor geskryf het, is dat hierdie kwaliteit veral deur entoesiasme oor Jesus Christus, die oriënteringspunt van die kerk, oorkom. Die vraag van integriteit is ten diepste 'n verhoudingsvraag. Chartier (1981:79) het daarna as die relasionele dimensie van kommunikasie verwys. Op hierdie vlak lê ook die verskil tussen 'n lesing en prediking. En daar is geen manier om op die lang termyn 'n gemeente met 'n gebrek aan integriteit en 'n diep gewortelde persoonlike verhouding met God drie-enig te bluf nie. Persoonlikheid kommunikeer of anders gestel: dan kommunikeer persoonlikheid binne en as prediking.

Cornelius-Bundschuh (2011:48) koppel sy eerste van sewe tesisse oor wanneer prediking goed is selfs aan die inkarnasie. Na my beskeie teologiese insig is juis dit in die integriteit van die prediker ter sprake. Ek (2014:3 van 9) het die argument elders meer in diepte uitgewerk. Carl III (2009:40) koppel dit aan die verhouding van vertroue van die kant van die gemeente (die hoorders). In verband met integriteit skryf Michael Lindvall (2009:87): "If you as a pastor cannot come to love the congregation you serve, if you do not love the culture and community in which your congregation is set, you have to leave. And do not wait too long. Ministers cannot effectively serve people whom they do not love. And if a pastor is ill at ease or at odds with the culture of the larger community, the congregation will soon come to recognize it and view their minister as the outsider that he or she understands himself or herself to be." Lindvall (2009:88) verbind dit dan ook met die inkarnasie - die uniekheid en spesifiekheid daarvan, soveel so dat bediening ook "incarnationally specific" is. "The incarnational point here is that each person, each congregation, each context is loved by God in and for its particular uniqueness. Likewise, a pastor is called to see his or her people with the same 'lover's eye' to love them for what they are in and for their peculiarities" (vgl. Nel 2014:4 van 9; Lindvall 2009:89).

Wanneer is prediking dan goed? Wanneer die prediker as geroepene met integriteit kommunikeer oor Een vir wie die prediker liefhet en wat sy of hy van Hom bely! En wanneer hulle met integriteit kommunikeer dat die gemeente in die rykste betekenis van die konsep "geliefdes" is (vgl. die brief aan die Filippense).

 

3. Kwaliteit en die verband didache en kerugma

In sy tweede tese van wanneer prediking goed is, verwys CorneliusBundschuh (2011:49) na die tendens om in die verbetering van die kerk alles te wil meet. Weer eens met erkenning dat daar in die prediking so baie onmeetbare dimensies is, is dit tog ook "maakbaar". Hy verwys na 'n opmerking van Bohren (1980:7): Dit gaan nie daarom "das die Machbare und das Wunderbare ... auseinanderzureißen ... Unter dem Gesichtspunkt der Pneumatologie ist alles Machbare auch wunderbar". Binne hierdie benadering help die vraag na kwaliteit. En "in dieser begrenzten Reichweite, in diesem entlastenden Realismus und dieser Nüchternheit liegt die Chance des Qualitätsbegriffes für die Homiletik" (Cornelius-Bundschuh 2011:49). Volgens hom help dit ons met ten minste 'n deel antwoord op die vraag wanneer prediking goed is - want dit benoem "was über eine gute predigt zu lehren und zu lernen ist" (2011:49).

Die karakter van die didache omvat myns insiens hierdie dimensie in ons soeke na kwaliteitprinsipes. Agter die Bybelse verstaan van die didache lê ons verstaan van dissipelskap. Agter hierdie konsep en metafoor lê weer die verstaan van dissipelskap as "vakleerlingskap" (vgl. Nel 2009: 2 of 11 en my verwysings na Rengstorff (1967:446-447) en Louw en Nida (1988:328,381,470-471) vir die begronding hiervan in die Griekse taalgebruik). In hierdie sin mag ons stel dat predikers wat leerlinge bly, goed (beter) aan die kerugma deelneem. Dit is dissipels wat preek. Van Aarde (2006:103-122) het oortuigend aangetoon dat ons "afhanklikheid" van God vir ons verstaan van onsself as dissipels deurslaggewend is. In die verstaan van dissipelskap soos dit uitspeel in ons "lehren und lernen" (CorneliusBundschuh 2011:49) is 'n bewussyn van ons gebrokenheid ("vulnerability") krities. Dit is mense wat van Jesus Christus leer om die lewe (wat dikwels so moeilik is) te leef, wat deel neem aan die boodskap (kerugma) van die Een van wie hulle leer hoe om mens te wees. Stoppels (2013) se verstaan van die gemeente as "oefenruimte" en as "gemeenskap van leerlinge" help ons as predikers leer waar ons inpas in hierdie gimnasium van die lewe. Kerugma is nie soseer "voorsê" hoe om te oefen nie, maar saam soek na die kerugmatiese waardes op die pad van fiksheid vir die lewe van h lewenslange leerling (vgl. ook Firet (1986:50-68) vir sy detail beskrywing van hierdie weg van leerling wees in die Ou Testament). Firet (1986:212ev.) beklemtoon die essensie van "unhindered receptivity" ("zuiwere receptiviteit" (1977:274))

in hierdie persoonlikheidsontwikkeling. In die navorsing wat ek in 2014 laat verskyn het, het ek met verwysing na onder andere Long (2009:93-110) en Palmer (2009:121-126) dit so formuleer:

One more important moment in this perspective on preaching and the preacher is the attitude of a disciple, a lifelong learner. This is true for every believer but also for preachers. This journey includes what we have discussed above. Lifelong learning is a journey of studying and listening to the biblical text; it is listening to the congregation and the context; it is also listening to other partners in this journey: those who lived before us and those who try to make sense of our world, sharing the same timespan (Nel 2014:5 van 9).

Wanneer is prediking goed? Waarskynlik wanneer dit vir hoorders duidelik waarneembaar is dat 'n medereisiger in die preekstoel is. Wie van sy eie lang pad bewus is, gaan gewoonlik meer begeleidend en pastoraal met die kerugma om. Hierdie medereisiger, met gepaardgaande integriteit, deel verantwoordelik wanneer en soos gepas haar en sy eie deelname aan hierdie reis. Hoe sensitief ook al, geen prediker kan die uitdaging van "self-disclosure" ontsnap nie. Ruimte ontbreek om hier in diepte hierop in te gaan (vgl. Nel 2018:54-59).

Die didache sluit ook in dat die leerling leer om te onderrig. Dit sluit aan by die gewilligheid om prediking te verbeter (goed te maak) deur alles te leer wat daar oor dit wat tot die homiletiek hoort, te leer. In 'n gesprek (2018 10 15, 15:00-16:00) met die bekende Amerikaanse homileet en President van Western Seminary, Holland, MI., Prof Tim Brown, deel hy dat sy belangrikste voorgeskrewe werk vir studente in die homiletiek is Augustinus se boek On Christian Teaching. Volgens Green (1997:vii) in sy inleiding tot die boek het Augustinus direk na sy ordening as presbyter tyd afgevra om hom te wy aan die intensiewe bestudering van die Bybel. "He saw with ever-increasing clarity the need to immerse himself in the "profundity" and "riches" of scripture". Green (1997:viii) vervolg dat Augustinus skryf vir "those with the will and the wit to learn" (1997: Preface, 1). Hoewel Cornelius-Bundschuh (2011:39-52) nie na hierdie bron verwys nie, is daar talle raakpunte van wat hy skryf met dit wat Augustinus (vgl. 1997: 102 (Book 4,8)) as doel van sy boek stel. Hy bedoel opleiding oor 'n breë spektrum, maar veral "those whom we desire to be educated for the good of the church". Cornelius-Bundschuh (2011:40-42) skryf byvoorbeeld "eine gute Predigt is eine Frage der Ausbildung" en in h volgende paragraaf deel hy breedvoerig oor kwaliteitversekering en "Predigtvorbereitungsliteratur und Kriterienkataloge" (2011:42-43). Lewenslange leerlinge help self hulle prediking verbeter (goed maak).

 

4. Kwaliteit en die plek van die prediking binne die geheel en totale bediening van en binne die gemeente

In die ontwikkeling van missionale gemeentes speel prediking 'n groot rol. Maar Carl (2009:40) is waarskynlik korrek wanneer hy opmerk: "it will take more than the pulpit to create a new congregational culture". Prediking is goed wanneer beide die relatiwiteit en relevansie daarvan ernstig geneem word. Marais (2018:1-7) het duidelik, na goeie empiriese navorsing, onder meer as 130 pastors, aangetoon dat die integrering en koördinering van alle bedieninge (prediking ingesluit) krities is vir die ontwikkeling van missionale gemeentes. My oortuiging is dat prediking goed is wanneer prediking hiermee rekening hou. In my monitering van meer as 15 stabiele en groeiende gemeentes in die VSA was dit vir my duidelik: die kanselbediening hou met die totale bediening rekening. Terwyl die senior pastor byna alleen preek, is sy of hy bewus van die totale prentjie. Dit is 'n gawe van die persoon, maar getuig ook tegelyk van die diepgang in die preekbeplanning, preekinrigting en preekoordrag. Dit hou direk verband met die prediker as visiedraer (vgl. Nel 2014:7 van 9). Easum (2010:1-13) is korrek wanneer hy aanneem dat prediking wat wil verander, beteken dat "you have a clear vision of where God wants your church to go".

Predikers deel in prediking wat hulle "confess and see" - Craddock (2009:51-56) verwys daarna as 'n "signature sermon" (vgl. Peterson 2009:130 vir sy voorbeeld van hoe die brief aan die Efesiërs kan help "om te sien"). Myns insiens hou hierdie dimensie van visie ten diepste verband met integriteit (vgl. Nel 2014:7 van 9). My empiriese waarneming van die predikers in bogenoemde stabiele en groeiende gemeentes is dat hulle hierdie groter prentjie sien. Juis hulle bewussyn van die groter prentjie van transformasie (wat nie slegs deur prediking bereik kan word nie) beklemtoon die relevansie van die kritiese aandeel van prediking aan die transformasie van die gemeente tot wording wie hulle reeds in Christus is.

A clear vision of this local church becoming in this community what God plans for them also helps us believe in the transformational power of preaching.. .It is also to firmly believe in preaching as a "unique opportunity for communication" as John Stott confesses: "I still believe that preaching is the key to the renewal of the church. I am an impenitent believer in the power of preaching ... when a man [or woman] stands before the people of God with the Word of God in his hand and the Spirit of God in his heart, you have a unique opportunity for communication (in Hybels 1996:76; vgl. ook Nel 2014:7van 9; Easum 2010:13; Stott 1996:168-192).

 

5. Kwaliteit en prediking as kreatiewe bediening van die Bybel se teks in konteks

Words are timeless. you should utter them or write them with a knowledge of their timelessness (Gibran 1970:16).

Johan Cilliers het op baie maniere en plekke hieroor gepubliseer. Ek verwys hier maar net na 'n paar van sy bydraes (2002 a, b & c; 2004; 2008 a & b; 2009 a & b). Met sy kreatiewe persoonlikheid kon hy dit met onderskeiding doen. Hy (2002 (b):38) bied 'n "definisie" van prediking aan: "Prediking vind plaas wanneer die stem van God deur die stem van die teks in die stem van die tyd (gemeentekonteks) deur die (unieke) stem van die prediker gehoor word. Wanneer hierdie vier stemme een-stemmig word, is die prediking inderdaad viva vox evangelii" (kursief syne). In die "abstract" tot sy (2002(a):143) artikel stel hy dit so: "The paper takes a brief look at certain homiletical trends in this regard, and puts forth three contours of contextualisation: (a) the continual translation of the language of Scripture, (b) the contemporary adaptation of the form of preaching, and (c) the nurturing of a congregational-hermeneutical culture." Predikers lees twee tekste met eweveel erns - al is albei nie ewe normatief binne ons verstaan van die gesag van die Bybelteks nie.

Ek sluit graag in my kort refleksie op hierdie dimensie van kwaliteit in die prediking weer eens in my eie nadenke aan by Firet en my refleksie op hom in Ek is die verskil (2018:77-89). Volgens Firet (1986:212-225) vra kreatiwiteit die ontwikkeling van openheid ("unhindered receptivity") en onderskeidingsvermoë ("pure discernment"). Binne Firet (1986:225) se verstaan van selfstandige geestelike funksionering as 'n relasionele werklikheid noem hy dan kreatiwiteit "a third dimension in relating". Hy haal navorsing aan (Sanford 1966:204) wat reeds aangetoon het dat wat meer kreatiewe mense van minder kreatiewe mense onderskei die volgende is: "their greater flexibility of thinking, breadth of perspective, openness to experience, freedom of impulse, breadth of interest, autonomy, and integrity." Firet self (1986:230) skryf dan paar bladsye later, nadat hy met eerbied oor God as Skepper geskryf het, dat "all agogic intervention aims at the activation of humans as "creators on the eighth day", "people who are underway and find a home in a traversable and inhabitable world" (kursief syne).

Predikers wat met sodanige openheid met beide tekste omgaan, groei ook in respek vir die O(o)uteurs van beide tekste: God en mens. Om die gemeente hierin ernstig te neem is gewoon wys. Hulle is per definisie ook mense wat albei tekste lees en probeer sin maak. Cilliers (2002(a):143) vertaal sy Afrikaanse titel van die artikel ("Die geheim van die prediking: In-stemming met die gemeente") met "The secret of preaching: Tuning in to the congregation." Een van sy PhD studente, Heo (2014) skryf by hom oor die publikasies van McClure (1995) wat juis hieroor werk. McClure motiveer die rol van die gemeente op meer as een manier, maar veral met die uitwerk van die konsep "collabarative preaching" (1995:48-58;vgl. ook Cilliers 2002(a):147-148; vgl. ook Von Allmen 1962). Kreatiewe predikers sal wys wees om die ander lesers van die twee tekste gereeld te raadpleeg en in te trek in die gesprek oor beide tekste. Niemand is ooit meer en weer die eerste leser van hierdie twee tekste nie. Cornelius-Bundshuh (2011:50) beskryf dit so: "Eine gute Predigt braucht nicht nur eine gute erste und zweite homiletische Ausbildung und eine regelmäßige Fortbildung, sie braucht die Einübung einer kollegialen Kultur der Predigtvorbereitung und -kritik." Hy vervolg dan (sonder bron verwysing vir sy aanhaling van Luther se Votum): "Dass eine christliche Versammlung oder Gemeinde Recht und Macht habe alle Lehre zu beurteilen und Leher zu berufen, ein- und abzusetzen." (sover die Votum van Luther) Cornelius-Bundschuh vervolg dan: "Est is gut, wenn Gemeinden und ihre Leitungsgremien über Predigten sprechen und eine entsprechende Vorbereitungs- und Feedbackkultur pflegen. Nach evangelischem Verständnis sind nicht nur die Amtsgeschwister als "informed peers" zur wechselseitigen Kritik befähigt, sondern jede evangelische Christin, ja jeder Hörer". Cornelius-Bundshuh (2011:50-51) se sesde antwoord op wanneer prediking goed is, sluit ook hierby aan: vir die verstaan van albei tekste moet die baie lesers voor ons geraadpleeg word. In sy beskouing sou dit dan selfs geoorloof wees om te "kopieer" wat ander met hierdie tekste gedoen het.

Ons is ook nie die eerstes wat worstel om die verstaan van veral die tweede teks nie. Reeds in 1967 laat verskyn die bekende homileet en veral unieke radio prediker, Okke Jager, sy boek oor Eigentijdse Verkondiging met as subtitel "beschouwingen over de vertolking van het Evangelie in het taaleigen van de moderne mens". Noemenswaardig in hierdie verstaan van ons tweede teks is Heitink (2012) se briljante bydrae onder die titel Golfslag van de tijd - die beste teologiese boek in Nederland in 2012. In aansluiting by Taylor (1989 & 2007) maak hy wêrelde oop oor die tweede teks waarvan ons deel is en die wêreld waarvandaan baie predikers in die Afrikaans sprekende gemeenskap kom. Ander soortgelyke goeie pogings om die teks van die leser en die lees van die Bybelse teks bymekaar te bring is die Nuwe Testamentikus Blount (2005) se boek oor "reading Revelation through African American Culture" (en so ook die "opstellen over godsdienst en kerk" van die bekende godsdiens-sosioloog Gerard Dekker (1995). My oortuiging is dat hierdie kreatiewe en selfs dialektiese worsteling verbeter wanneer die prediker in 'n persoonlike verhouding met die O(o)teurs van albei tekste leef. Binne die missionale nadenke oor die Bybelse teks as toerusting en bemagtiging van die gemeente vir hulle lewe in en as deel van die tweede teks, speel die verstaan van die gekome en komende Ryk van God 'n deurslaggewende rol. Guder (2015: 90-141) het meermale op wat "missional hermeneutics" genoem word, teruggekom. Wie dit ernstig neem, neem ook die hele erediens en liturgie waaraan hierdie tweede teks deelneem ernstig. Burger (2009:15-30) beklemtoon dit toe reeds met sy bydrae onder die titel: "ontdek die belang van die Erediens." Smith (2009) help ons ook hiermee met sy boek Desiring the Kingdom. Worship, Worldview, and Cultural Formation (vgl. ook Wolterstorff 2015).

Myns insiens hou hierdie kwaliteitskriterium direk verband met wat ek (2014:6 van 9) "seeking for meaning" genoem het. Sproul (1996:180) skryf toe reeds "we're living in the most anti-intellectual period in the history of the church" In dieselfde jaar skryf Barna (1996:20): Dit is 'n tyd waar "most Christians couldn't tell you even the basics of their faith". Die ruimte ontbreek om in te gaan op wat Gibbs (Gibbs 2009:14) en Kinneman en Lyons (2007:33) van die tweede teks, ons samelewing, en veral die generasie Y en X skryf. Genoeg om op te merk dat daar 'n gees van bespreking van alles, debat en bevraagtekening is. In die woorde van Gibbs (2009:14): "They think of conversation as "persuasion" sessions, in which the Christian downloads as many arguments as possible". Carroll (2011:93) merk tereg op: "Clergy are interpreters of meaning. Congregations experience crises of meaning on small and large scale. It is considerably more than a verbal cognitive enterprise." (vgl. ook Selby's 2012:41-65 se konsep van "meaning making").

In hierdie spanningsveld leef, berei predikers voor en preek elke prediker. Om dit te ignoreer of probeer ontsnap, lei dikwels tot kulturele kontekstuele kommentaar op werklikhede eerder as om kreatief twee tekste met mekaar te laat praat - tot die punt van die versmelting van twee verstaanshorisonne. Pieterse se doktorale navorsing help die prediker in die verstaan van hierdie hermeneutiese prinsipes (vgl. Pieterse 1979:34-81 (64); vgl. ook 1991) en meewerking aan die prediking as kreatiewe woord- en taalgebeure.

 

6. Samevattend

Kwaliteitsbeheer in die prediking is moeilik en sensitief. Hierdie Woordgebeure is tegelyk nie maakbaar nie en tog ook maakbaar. Binne die gereformeerde pneumatologiese verstaan is ook die maakbare, Wonderbaar (Bohren 1980:7; vgl. ook sy herhaalde verwysing na "Theonome Reziprozität" 1974:65,76 en baie meer; vgl. ook Van Ruler 1969:181; 1973:12, 28-29, 36-37 wat hierdie uitdrukking gemunt het; vgl. look Nel 2015:69.). Dit is afhanklike en huiwerige deelname aan "Namenrede". Bohren (1974:90) beskryf dit soos volg: "Predigt ist Namenrede. Sie ergeht und besteht im Namen des Vater, des Sohnes und des Heiligen Geistes... Der Name legitimiert und bevollmächtigt die Predigt, weil einerseits die Herkunft des Geistes und seiner Sprache bezeichnet und andrerseits die Zukunft und Antwort des genannten herbeiführt."

Prediking is goed (word beter) wanneer bogenoemde en so baie ander kwaliteitsbeginsels ernstig geneem word. Predikers werk voortdurend aan hulleself en aan die verbetering in hierdie worsteling om Bybelse teks en die empiriese teks te laat ontmoet op so 'n wyse dat dit gebeur wat Cilliers as prediking definieer: "Prediking vind plaas wanneer die stem van God deur die stem van die teks in die stem van die tyd (gemeentekonteks) deur die (unieke) stem van die prediker gehoor word" (Cilliers (2002 (a):38).

 

Bibliografie

Augustine, St. 1997. On Christian Teaching. Translated with an Introduction and Notes by Green, R.P.H. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Barna, G. 1996. "Boomers, busters, and preaching", in M. Duduit (ed.), Communicate with power. Insights from America's top communicators. 13-24. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Blount, B.K. 2005. Can I get a Witness? Reading Revelation through African American Culture.Louisville: Westminster John Knox.         [ Links ]

Bohren, R. 1974. Predigtlehre. München: Kaiser.         [ Links ]

Bohren, R. 1980 (4th Auflage) Predigtlehre. München: Kaiser.         [ Links ]

Bronk, K-U. 2008. Vergegenwärtigung und Verstrickung - oder: Was eine Predigt spannend macht, PTh, 97 (2008):267-275.         [ Links ]

Brooks, P. 1964. On preaching. New York: Seabury.         [ Links ]

Brooks, P. 1969. Lectures on preaching. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Burger, C. 2009. Ontdek die belang van die Erediens. In Wepener,C. & Van der Merwe, J. (Reds.) 2009. Ontdekkings in die Erediens. Wellington: Lux Verbi.BM. 15-30.         [ Links ]

Carl III, W.J. 2009. Best advice. Wisdom on ministry from 30 leading pastors and preachers. Westminster John Knox, Louisville.

Carroll, J.W. 2011. As one with authority, 2nd edn. Eugene: Cascade.         [ Links ]

Chartier, M.R. 1981. Preaching as communication. An interpersonal perspective. Nashville: Abingdon.         [ Links ]

Cilliers, J. H. 1996. Die uitwissing van God op die kansel: Ontstellende bevindinge oor Suid-Afrikaanse prediking. Kaapstad: Lux Verbi.         [ Links ]

Cilliers, J. H. 1998. Die Uitwysing Van God Op Die Kansel: Inspirerende Perspektiewe Op Die Prediking - Om God Te Sien En Ander Te Laat Sien. Wellington: Lux Verbi.         [ Links ]

Cilliers, J. H. 2002(a). "Die geheim van die prediking: In-stemming met die gemeente", HTS Teologiese Studies/ Theological Studies, 58(1):143-156.         [ Links ]

Cilliers, J.H. 2002 (b). Die geheim van die prediking: een-stemmigheid op die kansel. Dutch Reformed Theological Journal; NGTT, 43(1,2): 32-38.         [ Links ]

Cilliers, J.H. 2002(c). Die geheim van die prediking: om te luister na die stem van die teks. Verbum et Ecclesiae, 23(1):67-79        [ Links ]

Cilliers, J.H. 2004. Prediking as ver-beelding: moontlikhede vir eietydse verkondiging. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 44 (4): 346-357.         [ Links ]

Cilliers, J.H. 2008 (a). Skrifbeskouing en Skrifhantering: perspektiewe op 'n hermeneutiek van verwagting. Verbum et Ecclesia, Volume 29(1):62-76.         [ Links ]

Cilliers, J.H. 2008 (b). "Skrifgetrouheid" in die erediens? Kantaantekeninge by 'n kernbelydenis. In die Skriflig, 42(3):431-448.         [ Links ]

Cilliers, J.H. 2009 (a). The Beauty of Imagined Meaning: Profiling Practical-Theological Aesthetics. Praktiese Teologie in Suid-Afrika, 24(1):32-47.         [ Links ]

Cilliers, J.H. 2009 (b). Skrifbeskouing en oorredings-retoriek: perspektiewe op performatiewe prediking. Acta Theologia, Junie 2009, 29(1):1-16.         [ Links ]

Cilliers, J. H. 2016. A Space for Grace. Towards an Aesthetics of Preaching. Stellenbosch: SUN MeDIA.         [ Links ]

Cilliers, J.H., 2017, "Between dwellings and doors: Spatial perspectives on preaching", HTS Teologiese Studies/ Theological Studies, 73(2), a3858. https://doi.org/10.4102/hts.v73i2.3858        [ Links ]

Cornelius-Bundshuh, J. 2011. Wann is eine Predigt gut? Überlegungen zur Qualität von Verkündigung. In Praktische Theologie. Zeitschrift für Praxis in Kirche, Gesellschaft und Kultur, 2011(46),39-52.         [ Links ]

Craddock, F.B. 2009. "The signature sermon", in W.J. Carl III (ed.), Best advice. Wisdom on ministry from 30 leading pastors and preachers. Westminster John Knox, Louisville. pp. 51-56.

Dekker, G. 1995. Als hetgetij verloopt... opstellen overgodsdienst en kerk. Baarn: Ten Have.         [ Links ]

De Klerk, B.J. & J.van Rensburg, F. 2005. Making a Sermon. A Guide for Reformed Exegesis and Preaching. Potchefstroom: Potchefstroom Theological Publications.         [ Links ]

Easum, B. 2010. Preaching for church transformation. Abingdon, Nashville.         [ Links ]

Firet, J. 1977. Het agogisch moment in het pastoraal optreden. Kampen: Kok.         [ Links ]

Firet, J., 1986. Dynamics in pastoring, transl. J. Vriend. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Gibbs, E. 2009. Churchmorph. How megatrends are reshaping Christian communities. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Gibran, Kahlil. 1970 (herdruk). Sand and Foam. London: Heinemann.         [ Links ]

Grab, W. 2013. Predigtlehre. Über religiöse Rede.Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.         [ Links ]

Guder, D.L. 2015. Called to Witness: Doing Missional Theology. (The Gospel and our Culture Series). Grand Rapids: Eerdmans        [ Links ]

Heitink, G. 2012 (3de druk). Golfslag van de tijd. Europa's niet te stillen verlangen naar God. Kampen: Kok.         [ Links ]

Heo, C. 2014. Preaching with the congregation. Appropriating John McClure's Homiletical theory for a Korean Context. Unpublished PhD Thesis, University of Stellenbosch.         [ Links ]

Hulst, M.S. 2016. A Little Handbook for Preachers. Ten practical ways to a better sermon by Sunday. Downers Grove: IVP.         [ Links ]

Hybels, B. 1996. "Preaching to seekers", in M. Duduit (ed.), Communicate with power. Insights from America's top communicators, Grand Rapids: Baker Books. 71-82.         [ Links ]

Jager, O. 1967. Eigentijdse Verkondiging. Beschouwingen over de vertolking van het Evangelie in het taaleigen van de moderne mens. Kampen: Kok.         [ Links ]

Kinnaman, D. & Lyons, G. 2007. UnChristian: What a new generation really thinks about Christianity ... and why it matters. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Lindvall, M.L. 2009. "In local pastoris", in W.J. Carl III (ed.), Best advice. Wisdom on ministry from 30 leading pastors and preachers. Louisville: Westminster John Knox. 87-92,         [ Links ]

Lloyd-Jones, M. 1971. Preaching and Preachers. London: Hodder & Stoughton.         [ Links ]

Long, T.G., 2009. "Keeping your eye on the ball", in W.J. Carl III (ed.), Best advice. Wisdom on ministry from 30 leading pastors and preachers. Louisville: Westminster John Knox. 93-100.         [ Links ]

Louw, J.P. & Nida, E.A. (eds.), 1988, Greek-English lexicon of the New Testament: Based on semantic domains, United Bible Societies, New York.

Marais, N. 2018. "Integrering en koördinering van bedienings in identiteitsontdekking en -ontwikkeling", Verbum et Ecclesia, 39(1), a1869. https://doi.org/10.4102/ve.v39i1.1869        [ Links ]

McClure, J. 1995. The roundtable pulpit. Where leadership and preaching meet. Abingdon: Nashville.         [ Links ]

Nel, M. 2004. Publieke pastorale leiers 1: Roeping, Werwing, Keuring, Opleiding, Ordening. Verbum et Ecclesia, 25(2):584-618.         [ Links ]

Nel, M. 2005. Publieke pastorale leiers 2: Roeping, Werwing, Keuring, Opleiding, Ordening. Verbum et Ecclesia, 26(2):459-506.         [ Links ]

Nel, M. 2005. Ek is die verskil. Die invloed van persoonlikheid op prediking.

Nel, M. 2009. "Inviting and initiating youth into a life of discipleship", Verbum et Ecclesia, 30(2), Art. #344, 11 pages. DOI: 10.4102/ve.v30i2.344.         [ Links ]

Nel, M. 2014, "Perspectives on preaching (in building up missional churches)", Verbum et Ecclesia 35(2), Art. #867, 9 pages. http://dx.doi.org/10.4102/ve.v35i2.867        [ Links ]

Nel, M. & Scholtz, E. 2015, "Calling, is there anything special about it?", HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 72(4), a3183. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i4.3183        [ Links ]

Nel, M. 2015. Identity Driven Churches. Who are we and where are we going? Wellington: BibleCor. With special contributions by Ian Nell, Kobus Schoeman and Roger Tucker.

Nel, M. 2018 (2de druk). Ek is die verskil. Die invloed van persooonlikheid op prediking. Wellington: CLF-Uitgewers.         [ Links ]

Palmer, E. 2009. "To keep my head clear", in W.J. Carl III (ed.), Best advice. Wisdom on ministry from 30 leading pastors and preachers. pp. Louisville: Westminster John Knox. 121-126.         [ Links ]

Pieterse, H.J.C. 1979. Skrifverstaan en Prediking. Die verhouding van Woordgebeure en verstaansgebeure by Gerhard Ebeling as antwoord op die nood van die prediking. Pretoria: NGKB.         [ Links ]

Pieterse, H.J.C. 1991. Gemeente en Prediking. Pretoria: NGKB.         [ Links ]

Rengstorf, K.H. 1967. "Mantanou", in G. Kittel, Theological Dictionary on the New Testament, vol. 4, transl. G.W. Bromiley. Grand Rapids: Eerdmans. 390-461.         [ Links ]

Sanford, N. 1966. Self and Society: social change and individual development. New York: Atherton.         [ Links ]

Selby, S.F. 2012. "Religious Leaders as facilitators of meaning making", Journal of Religious Leadership, 11(1):41-65.         [ Links ]

Smith, J.K.A. 2009. Desiring the Kingdom. Worship, Worldview, and Cultural Formation. Grand Rapids: Baker.         [ Links ]

Sproul, R.C. 1996. "Theology and preaching today", in M. Duduit (ed.), Communicate with power. Insights from America's top communicators. Grand Rapids: Baker. 177-185.         [ Links ]

Stott, J.W.R. 1996, "Creating the bridge", in M. Duduit (ed.), Communicate with power. Insights from America's top communicators. Grand Rapids: Baker Books. 186-192.         [ Links ]

Taylor, C. 1989. Sources of the Self: The Making of the Modern Identity. Boston: Harvard University.         [ Links ]

Taylor, C. 2007. A Secular Age. Boston: Harvard University.         [ Links ]

Van Aarde, A.G. 2006, "Hoe om in te kom en hoe om binne te bly - die 'groot sendingopdrag' aan die kerk vandag volgens Matteus 28:1620", HTS Teologiese Studies/Theological Studies 62(1):103-122. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v62i1.345        [ Links ]

Van der Geest, H. 1981. Presence in the pulpit. The impact of personality in Preaching. Atlanta: John Knox. Vertaal deur: Stott, D.W. uit oorspronklike Duits: Van der Geest, H. 1978. Du hast mich angesprochen. Zürich: Theologischer Verlag.         [ Links ]

Van Ruler, A.A. 1969. Theologisch Werk Deel I. Nijkerk: Callenbach.         [ Links ]

Van Ruler, A.A. 1973. Theologisch Werk Deel VI. Nijkerk: Callenbach.         [ Links ]

Von Allmen, J-J. 1962. Preaching and Congregation. Richmond, VI: John Knox. (Vertaal deur Nicholas, B.L.         [ Links ])

Wepener,C. & Van der Merwe, J. (Reds.) 2009. Ontdekkings in die Erediens. Wellington: Lux Verbi.BM.         [ Links ]

Wolterstorff, N. 2015. The God we Worship. An exploration of Liturgical Theology. Grand Rapids: Eerdmans.         [ Links ]

Wuthnow, R., Hunter, J.D., Bergesen, A., Kurzweil, E. 1987 (4th print). Cultural analysis. New York & London: Routledge & Kegan Paul.         [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License