SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.4 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Stellenbosch Theological Journal

versión On-line ISSN 2413-9467
versión impresa ISSN 2413-9459

STJ vol.4 no.1 Stellenbosch  2018

 

Voorwoord

 

 

In Januarie 2017 het die jaarlikse byeenkoms van die "Society of Practical Theology in South Africa," met die tema, "Decolonising Practical Theology in South Africa," op Stellenbosch plaasgevind. Een van die referate by dié konferensie wat ons in die huidige uitgawe van die Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ) insluit, is Johan Cilliers se "The Kairos of Karos: Revisiting Notions of Temporality in Africa." Heelwat ander artikels in hierdie uitgawe het ook 'n direkte verwysing na Afrika in die titel (vergelyk byvoorbeeld die artikels van Agbiji, Akinloye, Akper, Biwul, Kakwata, Kaunda en Kgatle).

In hierdie uitgawe van die STJ verskyn drie artikels deur Nederlandse teoloë van die Protestantse Teologiese Universiteit (PThU) wat in Oktober 2017 op Stellenbosch as voordragte by 'n konferensie oor "Justice for Strangers and the Right to be Particular" gelewer is (kyk na die artikels van De Lange, Rondaij, en Van Klinken). Die artikel deur Theo de Wit -'n politieke filosoof, eweneens van Nederland - oor Charles Taylor en die konsepte van identiteit en erkenning is in Augustus 2017 by 'n seminaar oor politieke teologie aangebied.

In die eerste uitgawe van die STJ (Januarie 2015) is 'n resensie-artikel deur Ernst Conradie oor die hersiene uitgawe van Anton van Niekerk se veelbesproke boek Geloof sonder sekerhede: Hoe kan ek nog glo? gepubliseer. In hierdie uitgawe plaas ons graag Van Niekerk se uitgebreide reaksie op Conradie se resensie-artikel.

Naas die 24 portuurgeëvalueerde artikels (vanuit 'n verskeidenheid van vakdissiplines en gesigspunte) sluit ons ook twee resensies in, onderskeidelik van boeke deur John de Gruchy en Steven Paas.

Robert Vosloo

Redakteur: STJ

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons