SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.3 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Stellenbosch Theological Journal

On-line version ISSN 2413-9467
Print version ISSN 2413-9459

STJ vol.3 n.2 Stellenbosch  2017

 

Voorwoord

 

 

Gedurende 2017 het talle konferensies en byeenkomste wêreldwyd op die 500-jarige herdenking van die sestiende-eeuse Protestantse Reformasie(s) gefokus. Ook in Suid-Afrika het 'n hele aantal akademiese geleenthede die soeklig op die geskiedenis, teologie en nalatenskap van die Reformasie laat val. Die jaarlikse kongres van die "Theological Society of South Africa", byvoorbeeld, het met die tema "Tussen konflik en gemeenskap: die ontvangs van die sestiende-eeuse Reformasies in Suid-Afrika" in gesprek getree. In Oktober 2017 is 'n konferensie op Stellenbosch gehou met as hooftema "Die kreet om lewe: Reformasie vandag", terwyl nog 'n simposium op Stellenbosch op "Bonhoeffer en die Reformasie" gefokus het. In hierdie uitgawe van Desember 2017 van die Stellenbosch Teologiese Joernaal sluit ons daarom onder die hofie "Die sestiende-eeuse Protestantse reformasies herdenk" 'n aantal artikels in wat as referate by hierdie akademiese konferensies aangebied is, of met die tema saamhang.

Die ander artikels in hierdie uitgawe dek 'n wye spektrum van teologiese temas vanuit 'n verskeidenheid gesigspunte. Die artikel van Cilliers Breytenbach huldig die Suid-Afrikaanse Nuwe Testamentikus Andrie du Toit vir sy akademiese bydrae, terwyl Graham Ward se artikel as die jaarlikse Steve de Gruchy Gedenklesing gelewer is.

Naas die 28 portuur-geëvalueerde artikels wat ons hier aanbied, sluit ons n resensie in deur die Nederlandse teoloog Frits de Lange van die filosoof Anton van Niekerk se boek "Die dood en die sin van die lewe."

 

Robert Vosloo

Redakteur: STJ

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License