SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.3 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Stellenbosch Theological Journal

versión On-line ISSN 2413-9467
versión impresa ISSN 2413-9459

STJ vol.3 no.1 Stellenbosch  2017

 

Voorwoord

 

 

Welkom by die Julie 2017-uitgawe van die Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ). In hierdie uitgawe bied ons 24 eweknie-geëvalueerde akademiese artikels, asook 3 boekresensies.

Ons is bevoorreg om 'n boekresensie deur Dirkie Smit in te sluit van Klaus Nürnberger se tweedelige sistematiese teologie, onderskeidelik getiteld Faith in Christ Today: Invitation to Systematic Theology, Volume 1: Life in the presence of God en Faith in Christ Today: Invitation to Systematic Theology, Volume 2: Involved in God's project. Hierdie boekprojek is inderdaad in meer as een opsig soos John de Gruchy op die boekomslag opmerk: "... not only the summation of all Nürnberger's work over many years, but a lively, contemporary presentation of what it means to live in the world in the presence of a redemptive God who offers us life and hope." Ons wys graag daarop dat ons resensent, Dirkie Smit, wat einde 2016 aan die Universiteit Stellenbosch afgetree het, pas as die "Ruth and Rimmer de Vries Professor of Reformed Theologies of Mission and Public Life" by Princeton Theogical Seminary in die VSA aangestel is.

In hierdie uitgawe verskyn voorts 'n resensie-artikel deur Khegan Delport van die Oxfordse teoloog Graham Ward se boek Unbelievable: Why we believe and why we don't. Professor Ward, 'n gereelde besoeker aan Suid-Afrika, se sistematiese bespreking van die Christelike geloof het onlangs onder die titel How the light gets in: Ethical life 1 verskyn (Oxford University Press, 2016).

Die ander 23 eweknie-geëvalueerde artikels wat aangebied word, verteenwoordig 'n wye verskeidenheid temas wat vanuit verskillende perspektiewe en vakdissiplines beskou word. 'n Aantal artikels in die onlangse uitgawes van STJ het die migrasie en lot van vlugtelinge belig en in hierdie uitgawe spreek Vhumani Magezi se artikel die onderwerp vanuit 'n prakties-teologiese perspektief aan.

Lesers met 'n belangstelling in die geskiedenis van die denktradisies aan die Universiteit Stellenbosch sal heelwat vind om oor na te dink in Anton van Niekerk se artikel "A department under siege: How Philosophy at Stellenbosch split in order to survive." Dié artikel verwys ondermeer na die filosoof Johan Degenaar se denke. Sy beskouinge word sterk deur die Nederlandse politieke filosoof, Theo de Wit uitgelig, spesifiek sy beskouinge oor die spanning tussen oorlewing en geregtigheid, met spesiale verwysing na die werk van Jean Améry en Degenaar.

Dit is 'n voorreg om soos in die verlede ook artikels deur internasionale outeurs, soos Jean Zumstein, 'n hoogaangeskrewe Nuwe Testamentikus aan die Universiteit van Zürich in te sluit. Zumstein se artikel word in 'n Afrikaanse vertaling aangebied - "Die boodskap van die kruis as middelpunt van Pauliniese teologie". Bruce Pass van die Universiteit van Edinburgh se artikel handel oor godsdienstige joernalistiek in Australië, met spesifieke verwysing na aanknopingpunte met Abraham Kuyper.

Julius Gathogo se artikel fokus op inheemse rituele binne die raamwerk van 'n Afrika-ekklesiologie vanuit ervaringe in die Keniaanse konteks.

Die artikel van Felipe Butelli en Clint le Bruyns fokus op die vraag na die politieke verantwoordelikheid van Protestantse kerke in Brasilië, in die lig van die 500-jarige herdenking van die Protestantse Reformasie(s).

'n Aantal teologiese konferensies word vir Oktober in Suid-Afrika beplan wat eweneens die Reformasie herdenk, ondermeer by die teologiese fakulteite van Stellenbosch en Pretoria. Die tema van die jaarlikse "Theological Society of South Africa" (TSSA) wat in Junie in Stellenbosch plaasgevind het, het 'n soortgelyke tema - "Between conflict and communion: the reception of 16th century reformations in South Africa" - gehad. Ons hoop om in die volgende uitgawes van STJ van die referate van dié konferensies te plaas.

 

Robert Vosloo

(Redakteur: STJ)

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons