SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.2 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Stellenbosch Theological Journal

versión On-line ISSN 2413-9467
versión impresa ISSN 2413-9459

STJ vol.2 no.2 Stellenbosch  2016

 

Redaksionele voorwoord

 

 

Welkom by die Desember 2016-uitgawe van die Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ) wat 28 eweknie-geëvalueerde akademiese artikels bevat.

In die Julie 2016-uitgawe van STJ het ons 5 artikels ingesluit wat by 'n kon-ferensie met die tema "Bonhoeffer and the Global South: Reception History and Contemporary and Future Challenges" gelewer is. Dié konferensie is teen die einde van September 2015 op Stellenbosch gehou en die fokus het op die ontvangs en relevansie van die lewe en werk van die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer vir teologiese diskoerse in Suider-Afrika en Brasilië geval.

In hierdie uitgawe publiseer ons 4 verdere artikels wat uit dié Bonhoeffer-konferensie voortgevloei het (respektiewelik deur Anthonissen, Dunn, Kgatla en Von Sinner). Een van die aanbieders by hierdie konferensie, dr Johan G Botha, is in Oktober 2016 skielik oorlede. Sy proefskrif uit 1989, met die titel "Skuldbelydenis en plaasbekleding", het oor die skuldvraag in die denke en praksis van Dietrich Bonhoeffer gehandel. Ons eer sy bydrae oor baie jare heen tot die kerk, die ekumene en die teologie. Nog 'n verlies vir die teologiese gemeenskap was die heengaan in Mei 2016 van die Dominikaan Augustine Shutte. Shutte het sedert 1972 filosofie aan die Universiteit van Kaapstad gedoseer. Hy het 'n merkwaardige bydrae tot die filosofiese en teologiese diskoers gelewer. Sy vele boeke sluit Ubuntu: An ethic for a new South Africa (2001) en sy vroëere Philosophy for Africa (1993) in. Ons sluit daarom graag hier die artikel van Patrick Giddy oor Shutte se outobiografiese weergawe van die Christelike geloof in.

Hierdie uitgawe van STJ bevat ook 'n artikel oor Henri Nouwen se spiritualiteit van beliggaamde weerloosheid (Riaan van der Merwe), asook 'n artikel oor Edward Bailey se konsep van "implisiete godsdiens" (Lombaard).

'n Aantal artikels se temas is met kontekste in die res van Afrika verbind, insluitende artikels oor die impak van konflik op vroue in die Demokratiese Republiek van die Kongo (Lubunga), oor veranderende perspektiewe op die nagmaal in die Anglikaanse Kerk van Kenya (Kiarie & Joshua), oor armoede in Sub-Sahara Africa (Kakwata), en oor sinkretisme en inkulturasie in Kameroen (Nyuyki & Van Niekerk). Die artikel van Ramantswana bied 'n dekoloniale perspektief op 'n Bybelse hermeneutiek vanuit 'n Afrika oogpunt. Die artikel van Dirk van der Merwe bespreek hermeneutiese beginsels wat nodig is vir die beweging van "Christianising Africa" na "Africanising Christianity".

Heelwat van die artikels wat aangebied word, bied kritiese evaluerings van die werk van prominente gereformeerde teoloë. Bram van de Beek bespreek "'n vergete artikel" van die bekende Nederlandse teoloog Oepke Noordmans. Henco van der Westhuizen - wat onlangs as dosent aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van die Vrystaat aangestel is -belig die teologiese hermeneutiek van die gesaghebbende Duitse teoloog Michael Welker. Jakub Urbaniak bied op sy beurt vanuit 'n Afrika-Kairos-perspektief 'n kritiese evaluering van die belangrike bydrae van die Suid-Afrikaanse gereformeerde teoloog Nico Koopman se teologie.

'n Hele aantal artikels steun op navorsing oor die uitdagings wat gereformeerde predikante en gemeenskappe in die gesig staar en wat hanteer moet word, byvoorbeeld ten opsigte van persoonlike welsyn en finansies (Alsemgeest, Schoeman & Swart), aanbidding (Brits), kinderen jeugbediening (Beukes & Van der Westhuizen), missionale praktyke (Tucker; Verster) en kerkreg (Strauss).

In Oktober 2015 het die Nederduitse Gereformeerde Kerk met 'n meerderheidstem ten gunste van die bevestiging van gay predikante besluit, maar in November 2016 is dié besluit by 'n spesiale sinodesitting herroep. In die lig hiervan bied die artikel van Compaan wat vanuit 'n gereformeerde perspektief na teologies-etiese kontoere vir die nadenke oor selfdegeslagverhoudings dink, interessante akademiese leesstof.

Ook teen die einde van 2016 is hoër onderwys in Suid-Afrika met die #FeesMustFall-veldtogte gekonfronteer. Daniël Louw se artikel bied in hierdie verband 'n teologiese analise en kommentaar. Ook binne die kader van hoër onderwys, fokus Sunelle Stander se artikel op die spanning tussen onderdanigheid en weerstand "as virgins bargain their way through higher education".

Soos in die verlede, sluit hierdie uitgawe van STJ ook 'n aantal artikels in waarin direk met Bybelse tekste in gesprek tree, weliswaar met die gebruik van verskillende hermeneutiese lense (kyk na die artikels van Boloje & Groenewald, Du Toit, en Masenya).

 

Robert Vosloo

Redakteur: STJ

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons