SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1The Christian woman as a weaker, but honoured vessel (1 Pt 3:7): Forbidden to act in persona ChristiEtty Hillesum: Esse quam videri - Reformed Christian perspectives on a spiritual journey índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.57 no.1 Pretoria  2023

http://dx.doi.org/10.4102/ids.v57i1.2912 

ORIGINAL RESEARCH

 

Vroulike mistiek, praktiese devosie en die Kaapse piëtisme, 1700-1860

 

Feminine mysticism, practical devotion, and Cape Pietism, 1700-1860

 

 

Andries W.G. Raath

Department of Philosophy, Faculty of Humanities, University of the Free State, Bloemfontein, South Africa

Correspondence

 

 


ABSTRACT

In the last phase of the Middle Ages, medieval piety and mysticism converged in the movement called Devotio Moderna (Modern Devotion). In the last decades of the fourteenth century, the Modern Devotion arose as a new religious movement in the northern Low Countries, and had a major influence upon religious life in Europe. It was particularly popular with women; but until now, there has been little research on the role of women in this movement. From the late seventeenth century, Dutch pietism manifested as a hybrid form of Protestant spirituality, with a transconfessional appeal and emphasis on personal piety. Bernard of Clairvaux influenced first-generation Reformers like John Calvin and authors of the Modern Devotion, and a century later, a strong resurgence of influence by Bernard and Modern Devotion authors from the Low Countries. In the eighteenth and nineteenth centuries this influence was exported to the Cape of Good Hope and the pioneering communities on the South African frontier. The study of the ego texts of pietistic feminine authors, reveals the strong impact of Roman Catholic spirituality of the Modern Devotion on feminine members of the petit bourgeoisie in South African pioneering communities. In this article, the spiritual commitment of feminine authors at the Cape and on the South African frontier, like Catharina Allegonda van Lier, Louisa Thom, Hester Venter, Dorothea Goosen and Susanna Smit to the tenets of the Modern Devotion, is investigated against the background of Dutch pietistic spirituality in the period 1700 to 1860.
CONTRIBUTION: This research is a pioneering contribution to the corpus of knowledge available on the Modern Devotion, and its influence on Reformed theology. It focuses on the influence exerted by the Modern Devotion on the religious views of feminine Reformed Pietists in South Africa in the period 1700-1860

Keywords: mysticism; Modern Devotion; Cape Pietism; feminine spirituality; Cape spirituality; numinous.


 

 

Inleiding

Mistieke en praktiese vroomheid was sedert die veertiende eeu in Nederland die spirituele katalisators van die sogenaamde 'Moderne Devosie' wat in die sewentiende en agtiende eeu aan die piëtistiese spiritualiteit beslag sou gee (Graafland 1988:47-69). In die Europese konteks was die Middeleeue by uitstek die tydvak waarin die devosie en mistiek 'n sentrale posisie ingeneem het - 'n epog waarin Bernardus van Clairvaux (1091-1153), Meister Eckhart (1260-1329), Heinrich Suso (c1300-1365), Johann Tauler (c1300-1361) en Jan Ruysbroeck (1293-1381) se mistieke devosie tot 'n 'volkspiritualiteit' ontwikkel, en in die opkomende landstale uiting gevind het (Op 't Hof 1987:599). Dié kultuur van 'levende godsdienst', skep in die loop van die veertiende eeu die behoefte aan 'n 'ynnich leven'; die hunkering na hervorming van die inwendige mens - verinnerliking wat deur die nood van die tyd aangewakker is: sosio-maatskaplike ellende, bloedige twiste, volksrampe, hongersnood en boosaardige siektes (Reitsma 1916:29 e.v.). Bekeerdes tot dié ontluikende praktiese spiritualiteit is beskryf as 'devoten, de hervormde menschen, die innige stichtige menschen'. Sowel kloosterlinge as leke is deur hierdie praktiese spiritualiteit aangegryp en onder die strewe van innerlike en uiterlike lewensheiliging, is die Nederlandse geesteslewe gekenmerk deur 'n neiging tot 'ascetisch leven en een gevoelige vroomheid' (Reitsma 1916:29 e.v.; kyk Op 't Hof 1987:599). Moderne Devote se strewe na 'ynnicheit' was in verskeie opsigte 'n erfenis van die mistiek, 'n nalatenskap waarvan J. Reitsma (1916:29) verklaar: 'Onze devote vaderen waren bijna allen in meerdere of mindere mate mystici'. Hoewel die eksponente van die Moderne Devosie die spirituele klem na 'n meer outentieke Christelike lewe en 'n dieper belewing van God se teenwoordigheid verplaas het, is die eenwording met God in 'n mistieke huls nagestreef - 'n verbintenis met die Middeleeuse mistieke tradisie, waarvan McGinn (2011:96) verklaar dat 'the Devout never excluded the possibility of mystical states, even of union with God, though they tended to say less about these than they did about ascetic and moral practice'. H.A. Oberman se 'werkdefinisie' verreken sowel die mistieke band as die nuwe vroomheidsingesteldheid van die beweging: Nuwe meditasietegnieke vir die spirituele lekegroepe, ter reformasie van die sielslewe en spirituele verlewendiging, as basis vir die vernuwing van die gemeenskapslewe, sowel binne as buite die monastieke strukture (Oberman 2011:2). Hoewel die devosie nie die spirituele naelstring met die mistiek kon prysgee nie, het dit tot 'n godsdienskultuur met eiesoortige tendense en kenmerke ontwikkel. Die oorgang vanaf die mistieke na die praktiese devosie neem by Geert Grote 'n aanvang, dit ontwikkel tot 'n eiesoortige spiritualiteit by die Broeders des Gemeene Levens, maar behou 'n sterker mistieke inslag by die devote van Windesheim (Reitsma 1916:29). Die resultaat van die neiging tot meer praktiese vroomheidsingesteldheid in die Lae Lande vanaf ongeveer 1380 tot 1500, was 'n spirituele kultuur wat vanaf die Yselrivierdelta in Nederland, na die noorde en suide van Duitsland, België, Frankryk en Switserland versprei het - die Europese bakermat van waar talle voorvaders en moeders - van Europese emigrante in die loop van die sewentiende en agtiende eeu na die Kaap verhuis het. Die versugting na die ware praxis pietatis, het die praktiese devosie teen intellektualisme en dogmatiese verstarring opgestel, oor 'n wye front die kerklike lekestand betrek, en 'n voorkeur vir die stigtelike preke van Bernard van Clairvaux, Bonaventura (1221-1274) se beskrywing van die lewe van Christus, die meditasies van Anselmus (c1033/1034-1109), Henry Suso se mistieke werk oor goddelike wysheid en ander mistici se werke vertoon. Nederlandse skrywers onderskei - hoewel verskillend - elemente van die Moderne Devosie in die Nederlandse piëtisme: J. de Boer betoog dat die Moderne Devosie, waarby hy ook op die invloed van Bernard van Clairvaux wys, een van die agtergronde van die Nederlandse piëtisme vorm (De Boer 1986:47-50). I. Boot bespeur 'n direkte invloed van Bernardus se devosionele skryfwerk op Gisbertus Voetius (1589-1676), Theodorus (Gerardi) à Brakel (1608-1669) en Hermannus Witsius (1636-1708), onderliggend tot hul interpretasie van Hooglied en hul mistiek. Hy vind ook analogiese moment tussen Bernardus enersyds en Willem Teellinck (1579-1629), en Jodocus van Lodensteyn (1620-1677) andersyds (Boot 1971). T. Brienen onderskei Laat-Middeleeuse mistieke invloed in die prediking van die Nederlandse piëtisme - 'n rigting wat in reaksie tot die gereformeerde Ortodoksie opgeleef het (Brienen 1974:189-192). J. van der Haar identifiseer veral die invloed van Bernardus se Hooglied-preke by piëtiste soos Franciskus Ridderus (1620-1683), Simon Simonides (1629-1675), Guilielmus Saldenus (1627-1694), Simon Oomius (1628-1706), Gisbertus Voetius en Johannes Hoornbeeck (1617-1666; Van der Haar 1986:9-17). Die effek van dié mistieke en praktiese devosie op die Nederlandse geesteslewe van die postreformatoriese era, was volgens W.J. Op 't Hof tweërlei: eerstens, die oorname van allerlei 'elemente en modellen' uit die Middeleeuse godsdienstradisie; tweedens, die skep van 'n klimaat waarin die piëtisme kon ontwikkel en 'n aansienlike 'aanhang wist te verwerven' (Op 't Hof 1987:598). Op 't Hof vat die deurwerking van die Moderne Devosie by die oorgang van die Middeleeuse spiritualiteit na dié van die Reformasie saam, as 'n ononderbroke lyn van invloed 'veel inhoudelijke en methodische aspecten van de middeleeuwsche devotie komen onder het breukvlak Rome - Reformasie door in het Piëtisme weer aan de oppervlakte' (Op 't Hof 1986:598). Op sy beurt het - naas die Duitse - die Nederlandse piëtisme aan die opkoms en voortgang van die devosionele spiritualiteit in Suid-Afrika, beslag help gee. In hierdie navorsing word vervolgens aandag geskenk aan die vraag na die voortlewing van die Laat-Middeleeuse vroomheidspiritualiteit in die piëtistiese aanbiddingskultuur van vroulike devote, wat aan die Kaap en pioniersgemeenskappe dieper in die binneland vanaf 1700 tot 1850 toonaangewend was.

 

Die Moderne Devosie en die Nederlandse piëtisme

Die spirituele impak van die Moderne Devosie op die Nederlandse piëtisme

Skrywers van die Moderne Devosie het uiteenlopende toespitsings vertoon, wat mettertyd tot ooreenstemmende tendense in die praktiese devosie saamgevloei het. Die asketiese literatuur van Geert Groote (1340-1384) en Florens Radewijns (c1350-1400) - aanvanklik 'n klein invloed - was teen die middel van die veertiende eeu 'n sterk beweging. Wêreldversaking, afsterwe van die vleeslike, trappe van lewensheiliging, soeke na die volmaakte lewe met God en die vereniging van die sielebruid met Christus (die Bruidegom), was deurlopende temas in die devosionele literatuur - en volgens Moll (1871:II[2]), heilsame invloede op die Nederlandse volkslewe:

[G]emoedelijke fraters en regulieren mannen van monastieke natuur, over wien geesten de nevelen van piëtisme en mysticism hingen, maar daar zij ook deel aan des christendoms zegeningen: ook voor hen was een licht opgegaan, waarvan de stralen eene vruchtbare levenskiem wekten (bl. 360)

Moderne Devote soos Geert Grote, was veral bedag op die sedelike krankhede waaronder die kerklike lewe gebuk gaan en het teen die verwêreldliking van die geestelike ampte en die materialisme van die kloosterlewe te velde getrek (De Bruin 1984:102; Grote 1988:65-118). Gerlach Peters (c. 1378-1411) se Breviloquium en Soliloquium, het elemente van ekstatiese spirituele belewing en mistieke inspirasie gevoeg by die kragtige opbruis van die inwendige spiritualiteit (Peters 1988:216-222; Scheepsma 2004:1-23). Sy Soliliquium was dermate gewild dat dit soms met Thomas à Kempis (1380-1471) se Nachfolgen Jesu Christi verskyn het. Gerhard Zerbolt (1367-1398) van Zutphen het die weelde- en pronksug by sowel die geestelike as die lekestand afgewys en twee werke oor die geestelike opstyg na God en die hervorming van die sielskragte, die lig laat sien (Moll 1871:II(2) 365; Zerbolt 1988:245-315). Hendrik Mande (1350/1360-1431) het, op voetspoor van Jan Ruysbroeck, 'n mistieke werk oor die drie state van die bekeerde mens geskryf, en in dialoogvorm die mistieke versugting van die sielebruid om met die hemelse bruidegom verenig te word, weergegee - tekste wat teen werkeheiligheid opkom en die mistieke gevoelslewe benadruk (Mande 2008:76-86; Moll 1871:II(2) 367). Johannes van Schoonhoven (oorlede 1432) van Brussel het die mistieke nalatenskap van Ruysbroeck teen die Skolastieke Johannes Gerson (1363-1429) verdedig, in plastiese taal die sterwe van Jesus aan die kruis beskryf, en veragting van die wêreld bepleit (Gruijs 1974:724-735); en Arnold Geilhoven (oorlede 1442) het in die trant van die Moderne Devosie, die selfbeproewing van die nougesette Christen bespreek (Moll 1871:II(2) 369). Na die lees van Dionisius die Karthusiaan (1402/1403-1471), skryf Dirk van Herxen werke oor die onskuld tot stigting van kwekelinge van sy geloofshuis (Moll 1871:II(2) 369; Van Herxen 1988:211-215). Die werke van Thomas à Kempis adem die gees van die ware vrugte van 'n vroom lewe wat uit 'n rein hart opkom, dat God meer op die beginsel van handelinge as op die dade self let, en alles wat gedoen word deur diegene wat nie inwendig met God verenig is nie, van weinig gewig is (À Kempis 1977:245 e.v.; Moll 1871:II(4) 207). Die Moderne Devote se piëtistiese lewenswyses vloei voort uit hul nougesette en gedissiplineerde spiritualiteit: vaste en nagwake is nougeset gehou, ongetroudes het kuis geleef en hartstogtelike begeertes is ten sterkste bekamp (Moll 1871:II(4) 210). 'n Kenmerkende ingetoë lewenstyl, stigtelike en ernstige voorkoms het die Moderne Devote onderskei: 'Sommige liepen met gebogen hoofden zóó tragelijk langs de straten, "als of zij met den Heer hun kruis naar Calvarie droegen"' (Moll 1871:II(4) 211). Ootmoed en nederigheid het uit hul voorkoms gestraal en is deur kloosterredenaars soos Johannes Brinckerinck (1359-1419), op die harte van hul toehoorders gedruk (Brinckerinck 1988:231-234; Moll 1871:II(4) 213; Scheepsma 2004:147). Benewens Ruysbroeck en Thomas à Kempis, het Hendrik Mande en Garlach Peters die ootmoedige lewenstyl bepleit en lydsaamheid aangeprys (Moll 1871:II(4) 214). In dieselfde asem is die 'minne' tot God en die naaste beklemtoon tot dié mate dat Garlach Peters slegs die mens 'n 'kuisch minnaar van God' ag, 'die God alleenlijk om God minde en zich zelven om God, daar God hem naar zijn heilig beeld en tot zijne eer geschapen heeft' (Moll 1871:II(4) 215). Peters voeg by dat die liefde tot die naaste sy wortel in die liefde tot God vind, omdat 'alle menschen zijn schepselen Gods, besteld om zijn beeld te dragen, dat in niemand ooit geheel wordt uitgedelgd' (Moll 1871:II(4) 216). Die Moderne Devote is daarin onderskei dat hul slegs lektuur 'der heilige schriften' bestudeer het, en vir wie meditasie tot voeding en versterking van die inwendige mens op die pad van bekering en heiligmaking onmisbare hulpmiddels was (Moll 1871:II(4) 216). Gerard Zerbolt (1367-1398) het gelowiges aangeraai dat Christene wat erns met hul geloof maak, sowel soggens as saans 'n stigtelike boek, die Bybel of ander geskrif moes lees (Moll 1871:II(4) 216). 'n Viertal kenmerke het die Moderne Devote van hul tydgenote onderskei: (1) eerstens, die sug na die lewe in Christus; (2) tweedens, die gereelde lees van die Bybel en ander stigtelike werke; (3) derdens, die strewe na morele heiligheid; en (4) vierdens, die kultivering van die innerlike lewe (Van Engen 1988:27 e.v.).

Die deurwerking van die Moderne Devosie in die Nederlands piëtistiese spiritualiteit

Die invloed van Bernard van Clairvaux via die Moderne Devosie

Bernardynse vroomheid en bruidsmistiek: Bernard van Clairvaux (1090-1153) se werke, wat die grootste invloed op die Moderne Devosie en die opkomende piëtisme gehad het, was sy Sermones super cantica cantocorum en Brevis commentatio in cantica canticorum. In sy preke beskryf Bernard - onder invloed van Origine (c 185-253) - die drama van die vereniging van die siel (bruid) met Christus (die Bruidegom). Bernard se Hooglieddrama wissel tussen allegoriese en tropologiese modi in die siel se eenwording met Christus, en dra by tot die opbloei van die tropologiese uitleg van Hooglied (Raath 2016:1-11). Die Neoplatonistiese invloed in Bernard se werk skemer van tyd tot tyd deur, met die gedagte dat die menslike siel wat in die geskiedenis vasgevang is, nie die ewigheid ken en God in waarheid kan aanskou nie. Voorts kan die spirituele vereniging met God slegs geskied onder die goddelike stimulasie en die invloei van die Bruidegom in die siel. Bernard se preke oor Hooglied staan in die epitalmiese tradisie van numineutiese liefdesmetaforiek, wat die mistieke band tussen God en die menslike siel beskryf. In die derde eeu skryf Origine oor Hooglied dat dit 'n bruidslied van Salomo in die vorm van 'n drama is, waarin die bruid haar verterende liefde vir die bruidegom uitstort. Die allegoriese beskrywing van dié liefdesverhouding geskied hoofsaaklik in protologiese huweliksmetafore: die bruid is allegories van die individuele siel, wat eenwording met Christus begeer. Die keuse vir die bruidsliefde beoog om die diepste numineutiese ervaring van eenwording met Christus onder woorde te bring - 'n erfenis van Dionisius, die Aereopagiet se Neoplatonistiese begronding van die spiritueel mistieke band tussen die menslike siel en die godheid. Die Bernardynse beskrywing van die mistieke weg tot God, bevat al die komponente wat later deur die Moderne Devosie beklemtoon is: die mistieke weg na God begin met nederigheid, spirituele ywer en gehoorsaamheid, en kulmineer in liefde; geen mistieke liefdeservaring van God is moontlik sonder die asketiese afsondering nie; 'n lewende geloof en die afgesonderde bestaan, is voorwaardes vir die ervaring van die teenwoordigheid van God. Die voorkeur vir Bernard van Clairvaux se preke oor Hooglied, en die mistieke band tussen die sielsbruid en die hemelse bruidegom, is vanaf die Moderne Devosie na die Nederlandse piëtisme oorgeplant. Die werk Van de merck-teecken der kinderen Gods (1586) deur Jean Taffin (1528--1602), gebore by Doornik, het buitengewone invloed in Nederland gehad. Dit het die Bernardynse vroomheidsug ondersteun, en die gebrek aan vroomheid in die Nederlandse volkshuishouding uitgewys: versoekings wat die geloof en godsvrug ondermyn; die afwesigheid van geloofskrag; die gebrek aan heiligmaking en 'n gevoel van gebedsvrug; 'n behoefte aan die gevoel van troos en die teenwoordigheid van genade, asook 'n gebrek aan 'n lewende geloof (Taffin 1589).

Die Bernardynse vroomheid en liefdesmetaforiek in die Nederlandse piëtisme: Bernard was 'n gunstelingverwysing in die vroomheidsliteratuur van die Nederlandse piëtiste. Piëtistiese boetetekste, oordenkingsliteratuur, vermaningstof teen 'n onboetvaardige lewenstyl en meditatiewe teologiese relase, het dikwels by Bernard se werke aansluiting gevind. Hieronymus Alutarius (1619-1663) gebruik die rampsalige vloede van Gorinchem van 27-28 Desember 1665, as motivering vir twee preke onder die titel, Gorinchems water-nood. Die eerste deel verskyn as Gorinchems ys-lijke waternood, en heug-lijke verlossing (1656); die tweede as Gorinchems heug-lijke verlossing, uyt hare ys-lijke water-nood (1657). Alutarius verwys minstens 26 keer na Bernardus in sy tweede werk - nege keer na sy preke oor Hooglied (Alutarius 1657:8, 91, 251, 363, 363-364, 398-399, 415). Bernardynse vroomheid is die kapstok waaraan Alutarius sy vermanings tot Nederland rig: liefde is die numineutiese kern van die ware geloof; wêreldse versmading van die egte vroomheid, en bruidsmistieke 'n tipering van die verhouding waarin die vrome gelowige tot Christus staan - dit is die temas wat Alutarius te berde bring. Te midde van rampe soos dié te Gorinchem, betoon God sy geregtigheid en liefde jeens mense as sondaars tot hul straf en verderf; in die rampe en ellendes toon God Homself egter ook in sy liefde en genade (Alutarius 1657:44, 84). God openbaar sy liefde aan die mense nie volgens hul werke nie, maar uit sy genade (Alutarius 1657:84), en hoewel die wêreld vroomheid minag, word dit deur God hoog aangeslaan: 'de Vrome, zijn by de boose wereld seer kleyn / maar by de goede God seer groot geacht' (Alutarius 1657:96). Die liefde ontspring in God, word genadiglik aan die mens geskenk en keer weer terug na die Bron (Alutarius 1657:79 e.v.). Die genadeverbond is 'n teken van God se liefde vir verloregaande sondaars, en versoen die verlore mensdom met God (Alutarius 1657:114, 125, 191). Dat Christus deur geloof in ons harte woon, gee 'n aanduiding van die omvang van die liefde van Christus waarin gelowiges gewortel en gegrondves is (Alutarius 1657:209) - 'n liefde wat ook in rampe en nood na ander moet vloei:

De Christelijke Liefde tot malkander / is ook de Rechte / scherpe Dijk-Spijker, waar door alle materialen soo warden t'samen gehegt en verbonden / dat se onverbreeklijk zijn tegen alle water-vloeden (bl. 473-474)

Vroomheid is die uitvloeisel van liefde: 'de Liefde is de wortel van alles Goeds, de Moeder en oorsaak van alle Deugden' (Alutarius 1657:475). Waar liefde vir Christus ontbreek, lui die vlees die klok van onkuisheid, ligvaardigheid, dronkenskap en oordaad; besonderlik die bordele, dansskole en herberge, waar Satan meester is (Alutarius 1656:331). Protologiese bruidsmetafore beskryf die huweliksverhouding tussen Christus en die gelowige siel, wat die wêreldse dinge vermy en in Gods huis toevlug neem (Alutarius 1656:331). Alutarius 1656 stel dat die erotiese smaak van Christus se liefde slegs die gelowige bruid beskore is:

[D]aar Christus heiliglijk seid tot sijn Bruid (Hooglied 4; 8) Bruid komt by my, van den Libanon af (Hooglied 7:1). Hoe schoon zijn uwe gangen in de schoenen, de omdraeyinge uwer heupen, zijn als kostelijke ketens (Hooglied 5:1) en etet, vrienden, drinket en wordet dronkken, o liefste. (bl. 331)

Theodorus à Brakel (1608-1669) se stigtelike oordenkingswerke vind dikwels aansluiting by Bernardus se preke oor Hooglied - beskrywings wat die gees van Bernard se protologiese liefdesmetaforiek adem. Met verwysing na Hooglied 5, beklemtoon À Brakel die aanloklike wyse waarop Christus sy bruid opsoek en deur sy Gees tot haar hart spreek: 'Doet my open, mijne Suster, mijn Duyve, mijne Vriendinne, mijn Volmaeckte; want mijn hooft is vervult met dauw, mijn haer-locken met nacht-druppen' (À Brakel 1649:56 e.v.). Neoplatonistiese elemente lê wel in À Brakel se liefdesmetaforiek opgesluit: Die gelowige wat deur God se Gees die liefde en barmhartigheid van God wil deurgrond, 'ziet daer de afgront van de Liefde des Vaders ' (À Brakel 1649:83), ervaar die waarheid, en smaak hoe die gelowige siel met die Bruidegom, Christus, verenig word (À Brakel 1649:83). Die gelowige siel word deur die genadeliefde van Christus 'verslonden'; die hart word 'beroert' deur somtyds oor sy onwaardigheid te treur: 'schreyt / en hem tranen uyt de oogen loopen', en so brand die vuur vir die goddelike liefde in die hart, dat hy met die bruid van Christus in Hooglied uitroep: 'Liefde is sterck als de doot (Hooglied 8:6, 7)' (À Brakel 1649:298).

Die oproep van Sixtus Brunsveldt (1635-1711) - 'n outeur wat sterk op Bernardus se vroomheidsteologie aanleun - tot groter vroomheid van die Nederlandse bevolking, hou die spieël van sonde aan die leser voor en trek teen pragsug en aanstellerigheid te velde. God se seën is nie te vinde op die spreekwoordelike bergtoppe van Gilboa nie, maar in die lae dale van die harte van die ootmoediges - genoem die lelie van die dale van die hemelse Bruidegom (Hoogl 2:1). Hy roep sy lesers toe: laat ons Christus nie alleen gryp aan sy kleed soos die vrou wat aan bloedsiekte gely het nie (Matt 9:20); ook nie slegs aan sy voete soos die boetvaardige sondares nie (Luk 7:38), maar aan sy hart soos die bruid in Hooglied 4:9 (Brunsvelt 1662:221, 346).

Franciskus Elgersma (1627-1712), skrywer van De herder Israels (1670), verwys met waardering na Bernardus in sy werk wat die lyding van Jesus in realistiese beskrywings by die leser tuisbring. Die sentrale gedagte van sy oproep tot vroomheid en dankbaarheid, is dat Jesus sy liggaam gee as spys, sy bloed tot drank en sy lewe tot verlossing (Elgersma 1670:41).

Die predikant Simon Oomius (1630-1707) was 'n skrywer wat 'n voorkeur vir die vroomheidswerke van Bernardus gehad het - veral die Bernardynse klem op innerlike vroomheid. Die innerlike vroomheid word gekultiveer deur intensiewe meditasie, askese en die mistieke band met Christus. Vir Oomius (1660:123) is die verskil tussen die wêreldling en die gelowige, dat laasgenoemde meer in Christus as in homself leef. Die lewe in Christus vereis dat die luste van die wêreld nie deur die sintuie (poorte van die dood) in die siel vloei nie (Oomius 1660:97); en vroom oorpeinsings is belangrik om te verhoed dat die siel vir die oorleggings van die duiwel oopgestel word (Oomius 1660:131). Met 'n beroep op Bernardus, sê Oomius (1660) verder, is afsondering van die gedrang van die wêreld noodsaaklik, om so ongehinderd met Christus om te gaan:

[A]fsonderen uyt het gedrangh van wereltlich besicheydt / ende klimmen op de bergh der meditatien alwaer wy het beste prospect van den hemel sullen hebben. Als den goeden Bernardus quam tot de deure van de Kerck (bl. 240)

Die Neoplatonistiese teenstelling van liggaam en siel, het belangrike implikasies vir Oomius (1660:340) se vroomheidsteologie: Geestelike honger kan nie met wêreldse dinge tevrede gestel word nie; hemelse ervarings van onuitspreeklike en heerlike vreugde en geestesverrukking van die siel, kom selde voor en is van korte duur (Oomius 1660:357-358); geestelike verlating is groot genade, waar God se kinders vir 'n rukkie van hul Bruidegom beroof word (Oomius 1660:402); die siel van 'n Christen is deur verlange en liefde aan God gebind (Oomius 1660:121) en word by die vereniging met God, deur Christus in die goddelike liefdesbed geneem en gekus met die kusse van sy mond (Oomius 1660:344) - saamgevat: die liefde is die numineutiese ervaring van die kern van die geloof; liefde is het die meeste krag; dit is sterk soos die dood en word soos vurige vlamme wat aangesteek is in die siel. Wanneer die liefde die siel verlaat, ontvlam die bewussyn van liefde vir die Bruidegom in die siel: 'Och! Dan roemt / en prijste Zijne Geestelicke schoonheyt / al seen die ziek van liefde is' (Oomius 1660:401). Ekstatiese liefdesbewussyn geskied wanneer die siel na langdurige soeke en baie moeite haar Beminde vind (Hoogl 3:4): 'Ick hielt hem vast, ende en liet hem niet gaen. Sy bracht hem inde binneste kamer van haere ziele, en bondt hem daer met touwen der liefde ' (Oomius 1660:403). In sy werk, de Godtsalige siecke en krancke, benadruk Oomius (1680:83) die Christen se plig tot devosie soos Bernardus beveel het: Gelowige gebed is 'n heilsame remedie in alle swaarkry, 'n sleutel tot die paradys, 'n skild van beskerming, in siekte 'n medisyne, 'n swaard teen die duiwel en 'n muur teen aanvalle.

Die impak van ander devosionele outeurs in die Nederlandse piëtisme

Nederlandse piëtistiese skrywers het hul devosionele oortuigings uit sowel Middeleeuse mistieke bronne, as die geledere van die Moderne Devosie geput. Thomas à Kempis, Johannes Gerson, Meister Eckhart (1260-1329) en Johannes Tauler (c1300-1361) is huishoudelike verwysings in piëtistiese literatuur van die sewentiende en agtiende eeu. Adrianus Cocquius (1617-c1682) maak in sy Theologiae praxis, de ware practycque der Godt-geleertheid (1658), gewag van die goddelike en derhalwe genadekarakter van die bekering, met verwysing na onder andere À Kempis en Johannes Tauler (Cocquius 1658:20-21, 180, 261, 520, 579). Franciskus Elgersma (1627-1712) se, De herder Israels (1670), verwys onder andere na Anselmus, Nicholas de Clemangis (c 1360-1434/1440) en Johannes Climacus (sewende eeu; Elgersma 1670:274a, 404a, ***1v), terwyl sy Cygnea cantio, ofte swanen-gesangh van den stervenden Jesus (1679), onder andere na Bernardus verwys (Elgersma 1679: I, 97; II, 34, 43, 61, 126-127; III, 49). Jodocus van Lodensteyn (1620-1677) se klem op die mistiek, berus op verwysings na Thomas à Kempis en Johannes Tauler se werke - laasgenoemde word ook aangedui as 'n voorbeeld van 'n skrywer deur Gods Gees verlig (Lodensteyn 1683:46). Simon Oomius (1630-1707) huiwer nie om verwysings na Roomse skrywers te regverdig, met 'n beroep op hul insigte in ware nederigheid nie. Dit is by uitstek sy werk, 't Weenen der tortel-duyve (1661), wat talle verwysings na onder andere À Kempis, Anselmus en Climacus bevat (Oomius 1661:125, 138, 161-162, 97). In sy Ecclesiola, dat is, kleyne kercke (1661), spreek hy onder andere sy waardering vir die Boheemse Broeders uit, haal hy De Clemangis aan en verwys hy na Gerard Zerbolt (Oomius 1661:**3r-**4v, *7v, 10). Sy dissertatie van de Onderwijsingen in de practycke der godgeleerdheid, bevat ook verwysings na Wessel Gansfort (1419-1489; Oomius 1661:93b, 136b, 137a, 247a-b, 490a, 496a), Richard de St. Victor (oorl 1173; Oomius 1661:494a, 495a), Gregorius die Grote (c540-604; Oomius 1661:497a), Hugo de St. Victor (1096-1141; Oomius 1661:401a) en ander mistieke skrywers - werke waarin die gesonde leer van die dwaling onderskei moet word: 'Schriften van Anselmus, Gerson, Bernardus, Albertus Magnus (c1193/1206-1280), Henricus Suso Hieronymus Savonarola (1452-1498), Dionysius Cathusianus en oock die van Ruysbroeck' (Oomius 1661:282a-283a). Dit is veral Thomas à Kempis wat in dié verband sterk aanbeveel word (Oomius 1661:284b). Willem Teellinck (1579-1629) se werke is by uitstek vroeë piëtistiese bronne wat ruim by Thomas à Kempis se De imitatione Christi aansluiting vind (Op 't Hof 1991:93-97). In sommige van sy werke neem hy ruim gedeeltes van À Kempis se werk oor, veral dié wat oor selfverloëning en kruisdra handel, op die mistieke vereniging van die siel met Christus betrekking het en waar die asketiese leefwyse van die woestynvaders ten voorbeeld gestel word. Sy eie gevoelens en geestelike belewenisse tydens sy bekering eggo in die werk van Thomas à Kempis. Die temas waarby Teellinck op À Kempis terugval, is in besonder die Nagmaals - en eskatologiese mistiek, die selfverloëning, kruisdra en devosie van voorbeeld soos dit by À Kempis in gebede, alleen - en samesprake voorkom (Op 't Hof 1991:93-97).

 

Die neerslag van mistieke en devosionele spiritualiteit by piëtistiese vroue, 1700-1860

Die jukstaposisie van die geestelike teenoor die materiële, die liggaamlike teenoor die sielelewe en die asketiese teenoor die gedrang van die wêreldse

Die vroomheidspiritualiteit wat onder vrouegelowiges aan die Kaap posgevat het, was 'n hibridiese geloofskultuur wat deur die devosionele inslag van die Nederlandse piëtisme bevorder is. Die erfenis van die Moderne Devosie is in verskeie opsigte deur die unieke kerklike, sosio-maatskaplike en ekonomiese omstandighede in die pioniersgemeenskappe van die Suid-Afrikaanse binneland versterk. Veral die jukstaposisie wat die geestelike teenoor die materiële, die liggaam jeens die siel, en die askese teenoor wêreldse gedrang inneem, het die toon in die spirituele egotekste van piëtistiese vrouegelowiges bepaal. Die fisieke en geestelike afskeiding van die wêreld figureer prominent by sowel Nederlandse as Kaapse vroulike piëtiste. Die Nederlandse piëtistiese predikant, Theodorus van der Groe (1705-1784) se suster Eva, bied 'n tipiese voorbeeld van die sentrale rol wat die motief van askese in die piëtistiese spiritualiteit van vroue speel. In oomblikke van angs en geestelike verlatenheid, wend sy haar na haar kamer waar - volgens haar eie aantekeninge - sy voor God neerkniel en aan haarself sterf. Plotseling neem die Heilige Gees van haar hart besit, en maak haar gewillig om haar hart aan Christus oor te gee, waarna haar ontstemde gemoed tot bedaring kom (Van der Groe 1839:33). Die motief van afsondering kom ook dikwels in die digwerk van piëtistiese vrouedigters voor, en Cornelia Petronella Winckelman (1769) bring byvoorbeeld eensame afsondering as voorwaarde vir gemeensame omgang met God te berde:

Zet u dan eenzaam neêr voor 't aangezicht des Heeren,

Om tot u zelven met bedaardheid in te keeren,

Gy moet dit wigtig werk beginnen van u zelven,

Om in het diepe hert tot op den grond te delven.

En:

Wanneer ge in eenzaamheid u voor God af durft zond'ren,

Kunt gy u zelven dan verlusten en verwond'ren

In de overdenking van Gods wonderbare deugden?

Zyn die het voorwerp van uw innige zielsvreeugden? (bl. 128)

In haar eie sange ontboesem sy haar worstelinge met God in eensaamheid, en beskryf die stille genot van God se teenwoordigheid by haar afgesonderde omgang met Jesus (Winckelman 1769:216, 297). By De Wilde (1754:1), Opwekkelyke nasporingen, word die genot van die 'eenzaam buitenleven' en 'beminnelyke eenzaamheid' besing. By Kaapse vroulike piëtiste is dit nie anders gesteld nie. Catherina Allegonda, die suster van die Kaapse leraar Helperus Ritsema van Lier (1764--1793) beskryf in haar piëtistiese egoteks hoe sy sedert haar kinderjare die nabyheid van Jesus in eensaamheid ('op een kamer, in eenzaamheid') koester (Van Lier 1804:173). In 'n tweegesprek met haar siel, wys sy op die weldade wat laasgenoemde te beurt geval het - weldade wat in afsondering na waarde geskat kan word (Van Lier 1804:258). Vlae van droefheid wat haar teister, word oorkom deur haar eensame verborge omgang met God. In haar afsondering spreek God tot haar bedroefde gemoed deur sy Woord en Gees, 'goede woorden, troostrijke woorden, zoo dat ik in 't midden mijner treurigheid, vrolijk Feest houden mogt' (Van Lier 1804:267).

Die jukstaposisie van die uitwendige (liggaamlike) teenoor die inwendige (geestelike) - 'n Neoplatonistiese element van die Moderne Devosie - is 'n gunstelingteenstelling in die piëtistiese spiritualiteit; 'n spanning wat dikwels in spirituele egotekste van hierdie tydperk voorkom. Verinnerliking teenoor die uiterlike van die aardse, is 'n geliefde onderskeid in die piëtistiese spiritualiteit van vroue in Nederland en aan die Kaap. Geesjen Pamans (1858:12) skryf dat al die genot wat onder die son is, nie vergelyk kan word met die innige Godsdliefde wat sy geestelik ervaar nie. Al sou miljoene wêrelde opgestapel word, weeg dit nie die minste op teen God en die liefde van Christus nie (Pamans 1858:12).

Die liefde van God en Jesus het haar dermate beset, dat die liefde tot die wêreld en al die sinlikheid daardeur 'verslind' word (Pamans 1858:12). Volgens Pamans (1858) was haar hele lewensloop 'n gestadigde oorgawe aan Christus:

[D]aarom was het mij zeer lasting als ik van de wereld en van aardsche en onnodige dingen moet hooren spreken ja daarenteen zoo eenen smaak vond in de geestelijke en bovenhemelsche goederen, dat ik mijn lust en leven in de tijdelijke dingen niet kunnen vinden (bl. 13)

Die aangenaamste soet van die wêreld is slegs bitterheid vergeleke met die geestelike ervarings van Christus se liefde, oftewel: ''s Werelds achten, ik verachten / O zalig eenzaam, met God gemeenzaam' (Pamans 1858:14). Carel Verbroek se sewentienjarige dogter verklaar onomwonde dat sy 'n aanbod van honderd duisend wêrelde, in plaas van Christus, verwerp (Dogter van Carel Verbroek c1800:11). Die Voortrekkervrou Susanna Smit, skryf dat geen geestesrus moontlik is sonder om afstand te doen van die wêreldse ydelhede nie (Smit 1845-1863:93), en sy hunker na 'triomf over zonden, vleesch en wereld' (bl. 102). Die salige gemeenskap met die Here Jesus lê nie op die weg van wêreldse liefde nie: 'Zy pronken met hun schyn goed, en wij bejamerden hun ongeluk, en treuren over hunne blindheid, en bewonderde Gods genade over ons ' (Smit 1845-1863). Vir Louisa Thom wek die betekenis van die nagmaal afkeer van die wêreld, blindheid vir die genot van die wêreld, en 'n begeerte om te wandel in die voetstappe van Jesus (Thom 1822:5). Haar sendingwerk bring haar in aanraking met 'n groep kinders wat haar versoek om oor die Heiland met hulle te praat - 'n versoek wat sy vir geen skatte van die wêreld wil misloop nie, want: [these (treasures) will die away, but spiritual delight will eternally remain with God in heaven] (Thom 1822:24).

Numineutiese liefdesmetaforiek in spirituele egotekste van piëtistiese vrouegelowiges

Die Dionisiese beskrywing van God se uitvloeiende liefde, sy aantrekking van syndes tot Homself en die terugvloei van gelowiges se wederliefde tot Jesus, kry by Bernard van Clairvaux 'n mistieke bruidstoespitsing, wat vir die Moderne Devosie die Nederlandse piëtisme sterk beïnvloed het. In die spirituele egoteks van die anonieme outeur A.A.H. (tweede helfte van die 18de eeu, c1780), skryf sy haar geloofsversekering toe aan die liefdestrekkings van God in Christus:

Ja, dit zegt gij, de Heere! Mijnen eeuwige Ontfermer: ik hebbé u lief gehad met eeuwige liefde daarom heb ik getrokken met goedertierenheid. Ja, riep ij uit Heere! eeuwige liefde, een eeuwighe goedertierenheid. (bl. 9, 15)

Die transkonseptuele liefdeservarings van die Kaapse vrou, Allegonda van Lier (1768-1801), inspireer haar tot die gebruik van liefdesmetafore om die grootheid, majesteit en onbeperktheid van God te beskryf as die 'oseaan van liefde', die 'goddelike son van liefde' (Van Lier 1804:55), 'die oneindige liefde' (Van Lier 1804:255) en God se 'liefdesoog' wat haar hart brandend van liefde maak (Van Lier 1804:268). Elders noem sy God die 'bron van liefde' (Van Lier 1804:260). Die Bernardynse liefdesnumineuse kom by die Voortrekkervrou Dorothea Goosen tot uiting in protologiese liefdesmetafore, versugtinge om met Jesus verenig te word, en liefdesbewustheid jeens Jesus, as voorwaarde van haar geloof. Jesus se liefde werk introspektief, wanneer sy die erotiese spreke van Jesus ervaar, sy kus en omhelsing beleef en haar wederliefde daardeur opgewek word. In tipiese Bernardynse liefdesmetafore, uit sy (Goosen c1800) liefdesverklarings met toespelings op tropologiese mistieke huweliksverwysings:

O wat is het een liefde gloedt

Wat gevoelen in mijn gemoedt

Vreugde, vreugde sonder rouwen

Jesus mit ons onder trouwen

Jesus met ons bruijlof houwen

Wij de bruidegom aan schouwen

O wat vreugde o wat min

Jesus bring ons de heemel in. (bl. 18)

Spirituele sorgsaamheid, nederigheid en gehoorsaamheid volgens die voorbeeld van Jesus

Gevoelige mistiek en intense spirituele aktiwiteit, is volgens W.J. Op 't Hof (1991:74), kenmerkend van die Moderne Devosie. Intense spirituele aktiwiteit wentel by sowel die Moderne Devosie as die Nederlandse piëtisme om sorgsaamheid, nederigheid en gehoorsaamheid na die voorbeeld van Christus in sy lyding en sterwe aan die kruis - spirituele elemente wat in wisselende grade by Kaapse piëtistiese devote tot uiting kom. Sorgsame begaandheid oor die sieleheil van ander, vind op diverse wyse neerslag by vroulike piëtiste aan die Kaap en in pioniersgemeenskappe op die grense. Spirituele egotekste bevat in sommige gevalle uitvoerige beskrywings van die navolgenswaardige voorbeeld van die lyding en sterwe van Christus. Die spirituele digwerk van M. Venter - waarskynlik 'n deelnemer aan die trekboerbeweging na die binneland teen die einde van die agtiende eeu - beskryf Christus se lyding en sterwe aan die kruis in lang beskrywende poëtiese uitinge. Vers 25 van haar (Venter 1852) gedig oor Christus se sterwenswoorde, is tiperend van die plastiese lydenspoësie in haar digbundel:

Het vierde word van hem gesproken

Was een benoud en droevig klagt

Had hem aan laavenes lang ontbroken

Hy was op het einde van Syn kragt.

Hy roep mijn ocht ik versmagt

Zijn drogge keel gaf hees geklank

In ste van laven Syn beuls hem geven

Van myn gal een bitter drank. (bl. 26)

Die trekboervrou Hester Venter (1852:28) verwoord haar verligting by oorpeinsing van Christus se voorbeeld, 'soo leer dan mijn ziele uw kruis geduldig op te nemen ' Haar sondebesef dryf haar tot gebed om met lydsaamheid Christus se voorbeeld te volg (Venter 1852:28-29). Vanweë die beroerde omstandighede as gevolg van konflik met inheemse groepe in die binneland, teen die einde van die agtiende eeu, wend sy haar met roerende gebede, ootmoedige roep om genade, en pleidooie om behoud van land en volk tot God (Venter 1852:45). Sorgsaamheid, ootmoed en gehoorsaamheid vloei voort uit haar Christosentriese spirituele verinnerliking. Met die oog op inwendige liefde en versterking, wend sy haar na Christus: 'Lijdende Jezus, mensch wordende Christus, diep vernederde Heiland, eeuwig dank gezegt, o wonder alle wonderen, groote Hemel Koning ' (Venter 1852:49). Uit liefde vloei sorgsaamheid, ootmoed en gehoorsaamheid, wat Christosentries beslag kry in haar vurige gebede wat dié hoedanighede van Christus ter aktivering van haar sielelewe besing: 'Knielt mijn ziel in ootmoed voor uw God, uw Verlosser is uw God, uw maker is uw man, laat alles in liefde teerheid inzinking voor God ' (Venter 1852:143). Nederigheid en gehoorsaamheid word as Christelike deugde genoem, naas sorgsame betrokkenheid by die lotgevalle van andere. Die meesleurende liefde van God, die spirituele huwelik tussen die siel en die Bruidegom, dra ook vrugte van liefde jeens ander. Die sendingwerk van verskeie Kaapse piëtistiese vroue, getuig van die spirituele aktiwiteit wat deur hul toewyding aan Christus opgewek is. Louisa Thom (1822) verwoord byvoorbeeld 'n gesprek wat sy met kinders - waarskynlik slawe - gehad het:

When I was busy conversing with the children this morning on the value of their souls, many said they had no souls; I looked upon them with pity and love, and told them that they all had souls, and that Jesus died to save them, and the greatest of sinners would come to him, trusting that he would forgive their sins. When I was thus speaking, one of the eldest said, that she did not know that her soul would live forever, nor that there was to be a resurrection of the body (bl. 23)

 

Samevatting en gevolgtrekking

Die Protestantse spiritualiteit aan die Kaap in die tydperk 1700 tot 1860, vertoon 'n hibridiese transkonfessionele profiel, wat in die lewens van vromes tot uiting gekom het. Hoewel die Kaapse Kerk onder druk van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOIC) en die Klassis van Amsterdam, 'n Calvinisties gereformeerde spirituele kultuur in kerklike aangeleenthede bevorder het, vertoon die spirituele egotekste van individuele vrouegelowiges, wat in beduidende opsigte teenoor die formele kerklike spiritualiteit te staan gekom het, piëtistiese neigings wat uit die geloofskontekste van die stamlande na die Kaap gevoer is. Geloofskulture wat uit die stamlande aan die Kaap posgevat het, is deur devosionele stof uit Nederland, Duitsland en die Skots puriteinse spiritualiteit gevoed. Die Nederlandse piëtisme het 'n beduidende invloed van die Moderne Devosie ondergaan, en is deur Europese stamvaders en -moeders na die Kaap gebring. Die impak van die Moderne Devosie op die Kaapse piëtisme, was sowel misties as devosioneel. Dieselfde piëtistiese bronne wat in Nederland die mistiek én die devosie weerspieë het, het soortgelyke invloed aan die Kaap en op die voorposte in die binneland gehad. Bernard van Clairvaux se vroomheidsteologie, Thomas à Kempis se askese, en die mistieke werke van skrywers van die Lae Lande, tesame met Middeleeuse mistieke werke, het die bedding voorberei vir die Nederlandse piëtisme - 'n geestestroming wat 'n bydrae tot die spirituele profiel van vrouegelowiges aan die Kaap en die voorposte in die binneland gelewer het. Die Moderne Devosie het in drieërlei opsig in die spirituele egotekste van vrouegelowiges gemanifesteer: die jukstaposisie van die geestelike teenoor die materiële, die liggaamlike teenoor die sielelewe en die asketiese teenoor die gedrang van die wêreldse; die tipering van die geloofsband tussen Christus en die siel is in numineutiese metaforiek en spirituele sorgsaamheid, nederigheid en gehoorsaamheid, volgens die voorbeeld van Jesus in sy lyding en sterwe aan die kruis. Dié grondpeilers het in die werke van vroulike piëtiste in Nederland (byvoorbeeld Eva van der Groe, Cornelia Petronella Winckelman, Catharina Brakonier de Wilde, Geesjen Pamans, die dogter van Carel Verbroek en die anonieme A.A.H.), in wisselende profiele van intensiteit gemanifesteer, en in beduidende mate by vroulike piëtiste aan die Kaap (onder andere M. Venter, Hester Venter, Catharina Allegonda van Lier, Susanna Smit, Louisa Thom en Dorothea Goosen) tot uiting gekom. Navorsing oor die spirituele profiele van vroulike gelowiges aan die Kaap en in pioniergemeenskappe in die binneland, strek verder as studies oor die grootburgerlike kerklik spirituele kultuur; dit behoort noodwendig ook deur te dring na die kleinburgerlike geloofskultuur van vroue, wat in marginaliserende omstandighede hul geloof beoefen en tot die beslaggewing aan die Kaapse piëtisme bygedra het.1

 

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.

Outersbydrae

A.W.G.R. is die enigste outeur betrokke by die skryf van dié artikel.

Etiese oorwegings

Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.

Befondsing

Die artikel het geen befondsing van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore ontvang nie.

Data beskikbaarheidsverklaring

Datadeling is nie van toepassing op die artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.

Vrywaring

Die sienings en menings wat in die artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.

 

Literatuurverwysings

Alutarius, H., 1656, Gorinchems yslijke waternood en heuglijke verlossing, Paulus Vink, Gorinchem.         [ Links ]

Alutarius, H., 1657, Gorinchems heuglijke verlossing, uyt hare y-lijke waternood, Paulus Vink, Gorinchem.         [ Links ]

Boot, I., 1971, De allegorische uitlegging van het Hooglied voornamelijk in Nederland: Een onderzoek naar de verhouding tussen Bernard van Clairvaux en de Nadere Reformatie, Zuiderduijn, Woerden.         [ Links ]

Brakel, T.À., 1649, Het geestelicke leven, ende de stant eens geloovigen mensches hier op aerden, Jan Jansen de Vries, Leeuwarden.         [ Links ]

Brienen, T., 1974, De prediking van de Nadere Reformatie: Een onderzoek naar het gebruik van de klassificatiemethode binnen de prediking van de Nadere Reformatie, Bolland, Amsterdam.         [ Links ]

Brinckerinck, J., 1988, 'The holy sacrament', in J. van Engen & H.A. Oberman, eds., Devotio Moderna. Basic writings, pp. 231-234, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

Brunsvelt, S., 1662, De spiegel der zonden voorgehouden aan de tegenwoordige wereldt, en bezonder aan het zondige Nederland, Hendrik Rintjes, Leeuwarden.         [ Links ]

Carel Verbroek se dogter, c1800, Gods werken en vrije genade geroemd, De Lange, Deventer.         [ Links ]

Cocquius, A., 1658, Theologiae praxis, de ware practycque der Godt-geleertheit, Simon de Vries, Utrecht.         [ Links ]

De Boer, J., 1986, De verzegeling met de Heilige Geest volgens de opvatting van de Nadere Reformatie, Den Hertog, Rotterdam.         [ Links ]

De Bruin, C.C., 1984, 'De spiritualiteit van de Moderne Devotie', in C.C. de Bruin, E. Persoon & A.G. Weiler, reds., Geert Grote en de Moderne Devotie, pp. 102-144, De Wallburg Pers, Zutphen.         [ Links ]

De Wilde, C.B., 1754, Opwekkelyke nasporingen, Pieter Meyer, Amsterdam.         [ Links ]

Elgersma, F., 1670, De herder Israels, Lambert Dronrijp, Leeuwarden.         [ Links ]

Elgersma, F., 1679, Cygnea cantio, ofte swanen-gesangh van den stervenden Jesus, Hauke Egberts Heringa, Leeuwarden.         [ Links ]

Graafland, C., 1988, 'De invloed van de Moderne Devotie in die Nadere Reformasie', in P. Bange, C. Graafland, A.J. Jelsma, & A.G. Weiler, reds., De doorwerking van de Moderne Devotie, Windesheim 1387-1987, pp. 47-69, Verloren, Hilversum.         [ Links ]

Grote, G., 1988, 'Resolution and intention but not vows', in J. van Engen & H.A. Oberman, eds., Devotio Moderna: Basic writings, pp. 65-118, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

Gruijs, A., 1974, 'Jean de Schoonhoven', in M. Viller, F. Cavallera & J. De Guitert, reds., Dictionaire de spiritualité ascetique et mystique: Doctrine et histoire, dl. 7 van 17dle., pp. 724-735, Beauchesne, Paris.         [ Links ]

Kempis, T. á., 1977, Die navolging van Christus, Vert. A.S. Geyser, H.A.U.M., Kaapstad.         [ Links ]

Lodensteyn, J., 1683, Beschouwinge van Zion, W. Clerck, Amsterdam.         [ Links ]

Mande, H., 2008, 'Apocalypse, a love complaint, a devout little book', in R. van Nieuwenhove, R. Faesen, & H. Rolfson, eds., Late medieval mysticism of the low countries, pp. 76-86, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

McGinn, B., 2011, The varieties of vernacular mysticism (1350-1550), Herder & Herder, New York, NY.         [ Links ]

Moll, W., 1871, Kerkgeschiedenis van Nederland vóór de Hervorming, dle. I, II (1-4), Kemink & Zoon, Utrecht.         [ Links ]

Oberman, H.A., 2011, 'Preface', in J. van Engen, ed., Devotio Moderna: Basic writings, pp. 1-2, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

Oomius, S., 1660, De bestieringe der gedachten, Baltus & Joannes de Wild, Amsterdam.         [ Links ]

Oomius, S., 1661, Ecclesiola, dat is, kleyne kercke, Jacob Benjamin, Amsterdam.         [ Links ]

Oomius, S., 1680, De godtsalige siecke en krancke, Laurens van der Wiel, Schiedam.         [ Links ]

Op 't Hof, W.J., 1987, Engelse pietistische geschriften in het Nederlands, Lindenberg, Rotterdam.         [ Links ]

Op 't Hof, W.J., 1991, 'Rooms-Katholieke doorwerking binnen de Nadere Reformatie', Documentatieblad Nadere Reformatie 15(2), 73-120.         [ Links ]

Pamans, G., 1858, Gods genade verheerlijkt, J.W. Swaan, Anrhem.         [ Links ]

Peters, G., 1988, 'First letter to his sister Lubbe', in J. van Engen & H.A. Oberman, eds., Devotio Moderna. Basic writings, Paulist Press, New York, NY, pp. 216-222.         [ Links ]

Raath, A.W.G., 2014, 'Petit bourgeoisie, female piety and mystical Pietism on the South African Frontier', Studia Historiae Ecclesiasticae 40(1), 95-116.         [ Links ]

Raath, A.W.G., 2016, 'Tropologiese Hoogliedmetafore en vroulike mistieke piëtisme in Suid-Afrikaanse pioniergemeenskappe', Hervormde Teologiese Studies 72(33), 1-11. https://doi.org/10.4102/hts.v72i3.3355        [ Links ]

Raath, A.W.G., 2017, 'Die Rooms-Katolieke wortels van die mistiek in die sewentiende en agttiende eeuse Kaapse piëtisme', Studia Historiae Ecclesiasticae 45(2), 1-22. https://doi.org/10.25159/2412-4265/2297        [ Links ]

Reitsma, J., 1916, Geschiedenis van de Hervorming en de Hervormde Kerk der Nederlanden, Kemink & Zoon, Utrecht.         [ Links ]

Scheepsma, W., 2004, 'Introduction', in W. Scheepsma, ed., Medieval religious women in the low countries, pp. 1-30, transl. D.F. Johnson, Boydell Press, Woolbridge.         [ Links ]

Smit, S., 1845-1863, Ongepubliseerde spirituele dagboeke, transkripsie M. Pudu (1996), versameling A.W.G. Raath, Bloemfontein.         [ Links ]

Taffin, J., 1589, Van de Merck-teeckenen der kinderen Gods, Gillis Rooman, Haarlem.         [ Links ]

Thom, C.L., 1822, Memoir, J. Nisbet, London.         [ Links ]

Van der Groe, E., 1839, Bekeeringsweg, J. van der Vliet, Rotterdam.         [ Links ]

Van der Haar, J., 1986, Bernardus en zijn invloed op de Nadere Reformatie, Bernardus van Clairvaux, Het Hooglied van Salomo, pp. 9-17, Kool, Veenendaal.         [ Links ]

Van Engen, J., 1988, 'Introduction', in J. van Engen & H.A. Oberman, eds., Devotio Moderna. Basic writings, pp. 5-61, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

Van Herxen, D., 1988, 'Certain exercises found after his death', in J. van Engen & H.A. Oberman, eds., Devotio Moderna. Basic writings, pp. 211-215, New York, NY, Paulist Press.         [ Links ]

Van Lier, C.A., 1804, Dagboek, gemeenzame brieven en eenzame overdenkingen, Willem van Yzerworst, Utrecht.         [ Links ]

Venter, H., 1852, Ondervindelijke bekeeringsweg, Van de Sandt De Villiers, Kaapstad.         [ Links ]

Winckelman, J.P., 1769, Stichtelijke gedichten, Martinus de Bruyn, Amsterdam.         [ Links ]

Zerbolt, G., 1988, 'The spiritual ascents', in J. van Engen & H.A. Oberman, Devotio Moderna: Basic writings, pp. 245-315, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

 

 

Correspondence:
Andries Raath
RaathA@ufs.ac.za

Received: 08 Nov. 2022
Accepted: 16 Mar. 2023
Published: 23 June 2023

 

 

1 . Die bydrae van die Moderne Devosie tot die spirituele egoprofiele van piëtistiese vrouegelowiges aan die Kaap en in pioniersgemeenskappe in die binneland, versterk die skrywer se vorige studie oor kleinburgerlike egotekste en die Rooms-Katolieke wortels van die mistiek, in die sewentiende en agtiende eeuse Kaapse piëtisme (Raath 2014:95-115, 2017:1-22).

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons