SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1Predestination and 'pre-activation': A theological reflection on this famous, yet often disputed doctrine. Does not this doctrine make people careless and profane?Paul Kruger - 'n 'Dopper' van sy tyd? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.55 no.1 Pretoria  2021

http://dx.doi.org/10.4102/ids.v55i1.2705 

ORIGINAL RESEARCH

 

Ἐπιφάνεια as wederkomswoord in die Nuwe Testament

 

Ἐπιφάνεια as a word denoting the second coming in the New Testament

 

 

H.P. Malan van Rhyn

Departement Opvoedkundige Studies en Bybelkunde, Akademie Reformatoriese Studies en Opleiding (AROS), Pretoria, South Africa

Correspondence

 

 


ABSTRACT

In the New Testament, several Greek words are used to denote the second coming of Christ. None of these words can be translated as 'second coming'. One of these words is ἐπιφάνεια. This article departed from the viewpoint that God has a telos [purpose] for revealing that Jesus is coming again. Questions arise whether these words, denoting the second coming, can be treated as exact synonyms and whether there are differences in nuance in the meaning of these words. This article is a step in the process to answer these questions. A word study of the concept ἐπιφάνεια was done and it was investigated how this term for the second coming of Christ is used in the New Testament. Furthermore, the telos of the revelation regarding the ἐπιφάνεια of Christ in the relevant chapters of Scripture was determined. This is a question that is seldom addressed. For the word study, diachronic and synchronic methods were used. The development of ἐπιφάνεια into a suitable word for denoting the second coming was thus tracked. For the determination of the use of ἐπιφάνεια in the New Testament, as well as for the determination of the telos of the revelation regarding the second coming, exegesis was conducted in the revelation-historical tradition. The result was an original definition of the meaning of ἐπιφάνεια as used in various contexts: It is the sudden and unexpected, visible appearance and intervention of Jesus Christ as God at his second coming in magnificent splendour to judge, to annihilate his enemies and to redeem the faithful. The main telos for the revelation of the ἐπιφάνεια of Christ was determined as comforting and encouraging the saints, including ministers of the Word. A theological definition of the meaning of ἐπιφάνεια provides a handy tool for exegetes. Foreknowledge of the telos of the revelation regarding the ἐπιφάνεια as comfort and encouragement for the saints, can guide exegetes in their endeavours.
CONTRIBUTION: By means of exegesis in the revelation-historical tradition, an original, theological definition of the meaning of
ἐπιφάνεια was provided and the telos of the revelation regarding ἐπιφάνεια was determined as comfort and encouragement for the saints

Keywords: ἐπιφάνεια; epiphaneia; parousia; παρουσία; second coming.


 

 

Inleiding

Die wederkoms van ons Here Jesus Christus neem 'n kardinale plek in die raadsplan van God in (Van Rhyn 2017:239). Dit is egter opvallend dat die begrip in die Nuwe Testament deur verskillende Griekse woorde of sinsnedes weergegee word (Berkouwer 1961:177; Coetzee 1984:338-340; Matter 1980:9; Noordegraaf 1999:91). Een van hierdie woorde is ἐπιφαίνω, ἐπιφάνεια (Bultmann & Lührmann 1964:7-10).

Dit behoort ondersoek te word waarom daar verskillende woorde in die oorspronklike taal gebruik word om dieselfde saak, naamlik dié van die wederkoms, weer te gee. Van Rhyn en Jordaan (2020:1) wys voorts daarop dat nie een van die woorde letterlik met wederkoms vertaal kan word nie. Hulle stel voor dat daar 'n ondersoek gedoen moet word of die gebruik van die verskillende woorde 'n saak van willekeur is en of elkeen van hierdie woorde nie dalk 'n spesifieke aspek of aspekte van die wederkoms belig nie. Die moontlikheid dat daar verskillende openbaringsdoelwitte in die gebruik van die verskillende woorde opgesluit kan lê, moet dus openbaringshistories ondersoek word (Van Rhyn & Jordaan 2020:1).

Die eerste stap van so 'n ondersoek sou wees om 'n indringende woordstudie van elkeen van hierdie betrokke wederkomswoorde te doen sodat die betekenisdefinisies van die verskillende woorde met mekaar vergelyk kan word. Met 'n betekenisdefinisie word bedoel 'n sistematiese samevatting van die teologiese betekenis van die betrokke woord soos blyk uit die verskillende kontekste waarin die woord in die Nuwe Testament gebruik word. Alleen deur betekenisdefinisies van verskillende wederkomswoorde met mekaar te vergelyk, kan daar vasgestel word of daar nuanse-verskille in die betekenis van hierdie woorde opgesluit lê en wat die implikasies van die moontlike verskille vir die verstaan van die Godgegewe openbaring oor die wederkoms is (Van Rhyn & Jordaan 2020:1). Die artikel is dus 'n bydrae in die proses deur 'n oorspronklike betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord te formuleer.

Van Rhyn en Jordaan (2020:8) het alreeds met so 'n proses begin en 'n betekenisdefinisie van παρουσία as wederkomswoord daargestel.

In hierdie artikel word die proses voortgesit deur 'n betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord te formuleer. Daarna word die gebruik van ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament nagegaan en word daar gepoog om kursories vas te stel wat die telos van die openbaring van die wederkoms aan die hand van ἐπιφάνεια in elke betrokke geval is.

Die Griekse begrip 'τέλος' word verklaar as 'the goal toward which a movement is being directed' en word vertaal met 'end, goal, outcome' (Bauer et al. 2000:998). Τέλος [telos] word in hierdie artikel gebruik in die sin van God se doel of einddoel; dit wat God wil bereik met die openbaring van die wederkoms. Die telos van die wederkomsopenbaring aan die hand van 'n sekere wederkomswoord kan dus beskou word as God se openbaringsdoelwit of -doelwitte deur die gebruik van die woord. Van Rhyn (2017:1) wys daarop dat vraag na die telos van die wederkomsopenbaring 'n vraag blyk te wees wat selde gevra word. Die artikel wil dus 'n bydrae lewer deur die navorsingsleemte aan te spreek.

Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie artikel, soos wat die titel ook aandui, net fokus op die gebruik van ἐπιφάνεια in die konteks van die wederkoms van Jesus Christus.

Die woordstudie word, volgens die metode wat Janse van Rensburg et al. (2011:160-173) voorstel, in twee afdelings afgehandel: eerstens word 'n diakroniese woordstudie gedoen en daarna 'n sinkroniese woordstudie.

Die genoemde metode stel die gebruik van slegs twee woordeboeke vir Nuwe-Testamentiese woordstudie voor. Vir die diakroniese woordstudie word die Theological dictionary of the New Testament (TDNT) van Kittel, Friedrich en Bromily. (1964) voorgestel en vir die sinkroniese woordstudie, die semantiese woordeboek van Louw en Nida (1996a; 1996b), Greek-English Lexicon of the New Testament based on semantic domains. Hoewel die metode nie die raadpleeg van ander bronne, anders as die twee voorgestelde woordeboeke, voorstel nie, word die metode in hierdie artikel uitgebrei deur in die sinkroniese afdeling van die woordstudie die woordeboek van Bauer et al. (2000), A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature (BDAG), bykomend te raadpleeg. Voorts word die voorgestelde metode uitgebrei deur ook na ander tersaaklike bronne te verwys.

 

Woordstudie van ἐπιφάνεια

Diakroniese woordstudie van die begrip ἐπιφάνεια

Theological dictionary of the New Testament (TDNT)

In hierdie onderafdeling word die ontwikkeling van ἐπιφάνεια tot wederkomswoord aangedui en word daar hoofsaaklik na die bydrae van die TDNT verwys. Uit die deeglike navorsing van Bultmann en Lührmann [1964:7-10] in die TDNT blyk die volgende: In die Klassieke en Hellenistiese Grieks het die werkwoordvorm, ἐπιφαίνω, die betekenis van om te wys [to show], om jouself te wys of te vertoon [to show oneself] en om te verskyn [to appear]. Die byvoeglike naamwoord ἐπιφανής kan gebruik word vir sigbare [visible], glorieryke [glorious] of manjifieke [magnificent] verskynings. Die selfstandige naamwoord ἐπιφάνεια, wat met verskyning [appearance] vertaal kan word, kom reeds in die tyd voor Sokrates voor. Hierdie vroeë gebruik van ἐπιφάνεια moet in ag geneem word in die ontwikkeling van die woord tot wederkomswoord in die Nuwe Testament. Die wederkoms is immers die sigbare en heerlike verskyning van Jesus Christus (Tit 2:13).

Ἐπιφάνεια het ook 'n militêre toepassing. Dit is gebruik vir die skielike en onverwagse verskyning van 'n vyand wat wil oorlog maak. Dit kon ook die front van 'n vyandige mag aandui. Indien die betekenis op die wederkoms van die Here Jesus toegepas word, blyk dit dat Hy skielik en onverwags verskyn as vyand van die bose om die bose te vernietig soos dit inderdaad ook in 2 Tessalonisense 2:8 beskryf word.

In die Hellenisme het die woord ἐπιφάνεια ook 'n godsdienstige betekenis gehad en het dit gedui op die heilsame ingryping deur gode, veral ook tydens oorlog. Later is die woord in besonder gebruik om goddelike hulp en bystand aan te dui. Verskeie geskiedkundige figure het die woord by hulle name gevoeg en daarmee te kenne gegee dat 'n god in hulle verskyn, byvoorbeeld Antiochus I Epifanes.

Lau (1996:222) werp lig op die gebruik van ἐπιφάνεια in die Hellenistiese Judaïsme deur na drie betekeniselemente te verwys. Eerstens is dit 'n egte openbaringshistoriese gebeurtenis wat deur God self geïnisieer en uitgevoer word. Tweedens is dit 'n versluierde of gedeeltelike bekendmaking van God wat ooreenstem met sy verskynings in die Ou Testament. Derdens is dit 'n gebeurtenis wat tegelyk oordeel oor sondaars bring en seën of verlossing vir gelowiges. Lau (1996) vat die gebruik van die woord in die Hellenistiese Judaïsme soos volg saam:

We suggest that ἐπιϕάνεια should therefore be considered as referring to a complex event in which a visible (and at times audible) manifestation of an otherwise invisible deity is perceived, either in the form of a personal or veiled/partial appearance, or by some helping action by which its presence is conceived or made known. (pp. 223-224)

Hierdie gebruik van ἐπιφάνεια in die Hellenisme en die Hellenistiese Judaïsme toon duidelik die wortels van ἐπιφάνεια as wederkomswoord aan, veral as die wederkoms beskryf word as Jesus, wat na sy hemelvaart onsigbaar was, sigbaar as Goddelike Wese gaan verskyn om sy volgelinge te verlos.

Ἐπιφάνεια, met die betekenis van wederkoms, kom egter eers voor vanaf die tyd van Caligula (37-41 n.C.), aldus die TDNT. Hierdie ontwikkeling vind dus betyds plaas sodat die skrywers van die Nuwe Testament die woord kan gebruik om die wederkoms van Jesus Christus aan te dui.

Volgens die TDNT word die woordgroep ἐπιφαίνω en ἐπιφάνεια in die Septuagint (LXX) gebruik om die betekenis weer te gee van om te skyn [to shine], om op te staan [to rise], vir weerlig en vir die verskyning van God (Gen 35:7). As byvoeglike naamwoord het dit die betekenis van manjifiek [magnificent] en uitstekend [splendid]. Die algemeenste gebruik van die woordgroep is om 'mighty demonstrations of help', veral in militêre sin, aan te dui. Van Houwelingen (2019:94) sluit hierby aan deur daarop te wys dat ἐπιφάνεια in die LXX hoofsaaklik gebruik word in die konteks van God se selfopenbaring in sy verlossingsdade in die heilsgeskiedenis. Hierdie vroeë gebruik van ἐπιφαίνω en ἐπιφάνεια maak die woorde uitnemend geskik as wederkomswoorde wat dui op die Seun van God wat in heerlikheid verskyn om sy volgelinge te verlos. Volgens die TDNT gebruik Josefus ἐπιφάνεια as 'n sinoniem vir παρουσία en vir helpful intervention in die konteks van die verskyning van God. Sy gebruik van ἐπιφάνεια stem dus ooreen met dié van die Nuwe Testamentiese skrywers.

Uit voorafgaande blyk dat die keuse van die Nuwe Testamentiese skrywers om ἐπιϕάνεια as wederkomswoord te gebruik, nie lukraak was nie.

Na hierdie diakroniese uiteensetting van die ontwikkeling van die betekenis van ἐπιφάνεια, spits die TDNT hom toe op die gebruik in die Nuwe Testament.

Ἐπιφάνεια word pertinent in die Nuwe Testament as 'n godsdienstige term gebruik:

mostly for the future eschatological appearing of Christ, 2 Thessalonians 2:8; 1 Timothy 6:14; 2 Timothy 4:1, 8; Titus 2:13. To the degree that Jesus' earthly appearing is seen as an eschatological event it, too, can be called an ἐπιφάνεια, as in 2 Timothy 1:9. (Bultmann & Lührmann 1964:10)

Hieruit blyk dat ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament hoofsaaklik 'n eskatologiese term is wat na die wederkoms van ons Here Jesus verwys en dus as 'n wederkomswoord beskou kan word.

Van Houwelingen (2019:108) wys daarop dat ἐπιφάνεια gebruik word om 'n waarneembare goddelike intervensie, om verlossing te bewerk, aan te dui. In die Pastorale Briewe is ἐπιφάνεια in wese God se verskyning in Christus om mense te verlos en word die soteriologiese aspek beklemtoon.

Uit die TDNT (Bultmann & Lührmann 1964:7-10), Lau (1996:222-224) en Van Houwelingen (2019:94) se bydrae oor die diakroniese ontwikkeling van ἐπιφάνεια, kan die volgende dus afgelei word: Ἐπιφάνεια se gebruik voor die tyd van die Nuwe Testament maak die woord uitnemend geskik as wederkomswoord.

Daarom word ἐπιϕάνεια in die Nuwe Testament veral gebruik met die oog op die sigbare verskyning van Jesus Christus by sy wederkoms om verlossing te bewerk. Daar kan verwag word dat dit in die teologiese betekenis van die woord opgesluit lê dat hierdie verskyning ook skielik en onverwags kan wees en ook om vyandige magte te vernietig. By sy verskyning met sy wederkoms vertoon Jesus Christus Hom as die manjifieke Een in heerlikheid en bewerk Hy verlossing deur sy goddelike ingryping.

Die volgende betekeniselemente behoort dus in 'n betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord teenwoordig te wees:

  • Dit is Jesus se verskyning met sy wederkoms.

  • Die verskyning is sigbaar.

  • Die verskyning is skielik.

  • Die verskyning is onverwags.

  • Die verskyning het ten doel om vyandige magte te vernietig.

  • Die verskyning is in manjifieke heerlikheid.

  • Met sy verskyning bewerk Jesus verlossing vir die gelowiges.

  • Die verskyning behels Goddelike ingryping.

Sinkroniese woordstudie van die begrip ἐπιφάνεια

Greek-English Lexicon of the New Testament based on semantic domains

Die bydrae van die TDNT (Bultmann & Lührmann 1964:7-10) en Van Houwelingen (2019:94) oor die gebruik van ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament (hier bo) is diakronies (wat die ontwikkeling aantoon van die vroegste tye tot in die Nuwe Testament) sowel as sinkronies (wat die gebruik in die Nuwe Testament aantoon) en moet so in die samevatting verreken word.

Louw en Nida (1996b:102, 103) gee die volgende vertalingsmoontlikheid: 'ἐπιφάνεια, ας f, appearance: 24.21'. Daar kan nie veel afgelei word oor die betekenis van ἐπιφάνεια deur 'n vergelyking te tref tussen die omliggende hoofdomeine nie, behalwe dat die wederkoms 'n sensories waarneembare gebeurtenis sal wees.

Die tersaaklike subdomein (A) waaronder ἐπιφάνεια ingedeel word, is see (sien). Die verduidelikende voetnoot toon aan dat dit in die subdomein nie net oor sien en om gesien te word gaan nie, maar ook oor die vermoë om te sien of nie te sien nie. Daarom is begrippe soos sigbaar en onsigbaar, sowel as begrippe soos om binne die gesigsveld te kom ook hierby inbegrepe.

Indien die verskillende subdomeine met mekaar vergelyk word, blyk dit dat ἐπιφάνεια veral op die sintuig van sig 'n indruk sal maak. Hieruit kan afgelei word dat die wederkoms van ons Here Jesus sigbaar en skouspelagtig sal wees.

Die volgende verklaring word deur Louw en Nida (1996a:279) gegee: '24.21 ἐπιφαίνομαι; ἐπιφάνεια, ας f: to appear to someone or at some place - "to appear, appearance, appearing"'. Die voorbeeld wat voorgehou word, is '"ἐπιφάνεια: καὶπᾶσιτοῖςἠγαπηκόσιτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ, and to all those who love his appearing" 2 Timothy 4:8'. Hierdie voorbeeld verwys juis na Jesus se wederkoms. Self maak Louw en Nida egter geen verwysing daarna dat, wanneer die woord met Jesus Christus as handelende persoon gebruik word, die wederkoms moontlik ter sprake is nie.

Indien ἐπιφάνεια (24.21) vergelyk word met die ander 50 woorde wat binne subdomein A gebruik word (24.1-24.51) (Louw & Nida 1996a:277-282), word die volgende duidelik: Al die woorde dui op sien, waarneem of verskyn. Die sintuiglike waarneming van sien, word dus beklemtoon. Dit is opmerklik dat Louw en Nida in die verklaring van ἐπιφάνεια geen verwysing na die wederkoms van Jesus Christus maak nie, wat eintlik, semanties gesien, 'n hoofdomein op sigself behoort te wees. Al wat uit Louw en Nida se verklaring van ἐπιφάνεια afgelei kan word, is dat Jesus Christus sigbaar, oftewel sienbaar, sal verskyn en dat sy verskyning dus sensories waarneembaar sal wees. Hierdie ernstige leemte noodsaak die raadpleeg van 'n bykomende sinkroniese bron.

A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature (BDAG)

Volgens die BDAG (Bauer et al. 2000:385-386) word ἐπιφάνεια oor die algemeen in die vroeë Christelike literatuur gebruik met die betekenis van 'n sigbare en dikwels skielike manifestasie of verskyning van 'n verborge godheid, óf in die vorm van 'n persoonlike verskyning, óf deur 'n daad van krag óf kommunikasie deur 'n orakel.

Die volgende twee hoofbetekenisse word deur die BDAG aangedui: Eerstens, die daad van om te verskyn. As voorbeeld word Jesus se eerste verskyning met sy geboorte genoem soos dit in 2 Timoteus 1:10 voorkom. As verdere voorbeelde word verwys na Jesus wat met sy wederkoms verskyn om te oordeel soos dit in 1 Timoteus 6:14 en 2 Timoteus 4:1, 8 voorkom. Daar word ook verwys na Titus 2:13 wat stel dat Jesus in heerlikheid (δόξης) verskyn met sy wederkoms. Voorts wys die BDAG op 2 Tessalonisense 2:8 waar verwys word na die verskyning van Jesus se wederkoms as ἐπιφάνειατῆςπαρουσίαςαὐτοῦ, 'the appearance of his coming'.

Jesus se verskynings by sy geboorte en sy wederkoms kan daarom albei deur ἐπιφάνεια aangedui word, maar in feitlik al die gevalle is die wederkoms ter sprake, behalwe in 2 Timoteus 1:10 waar die menswording van Jesus ter sprake is, aldus die BDAG.

Die tweede hoofbetekenis, aldus die BDAG, is: 'That which can ordinarily be seen, surface appearance'.

Uit die BDAG kan die volgende afgelei word: In die Nuwe Testament word ἐπιφάνεια in 'n enkele geval vir die sigbare verskyning van Jesus as mens by sy geboorte gebruik, maar meestal vir sy verskyning met sy wederkoms in heerlikheid om te oordeel. Ἐπιφάνεια, wanneer dit as wederkomswoord gebruik word, dui op die sigbare en skielike verskyning van Jesus as God wat voorheen, na sy hemelvaart, verborge was. Die verskyning word veral met oordeel en met heerlikheid verbind.

Die volgende betekeniselemente behoort dus in 'n teologiese betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord teenwoordig te wees:

  • Dit is Jesus se verskyning met sy wederkoms.

  • Die verskyning is sigbaar.

  • Die verskyning is skielik.

  • Jesus verskyn as God.

  • Die verskyning gaan gepaard met oordeel.

  • Die verskyning is in heerlikheid.

'n Betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord

Uit die diakroniese en sinkroniese woordstudie blyk dus dat die volgende betekeniselemente in 'n betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord teenwoordig behoort te wees:

  • Dit is Jesus se verskyning met sy wederkoms.

  • Jesus verskyn as God.

  • Die verskyning is sigbaar.

  • Die verskyning is skielik.

  • Die verskyning is onverwags.

  • Die verskyning het ten doel om vyandige magte te vernietig.

  • Die verskyning is in manjifieke heerlikheid.

  • Met sy verskyning bewerk Jesus verlossing vir die gelowiges.

  • Die verskyning behels Goddelike ingryping.

  • Die verskyning gaan gepaard met oordeel.

Uit die diakroniese en sinkroniese woordstudie kan afgelei word dat ἐπιφάνεια in die Nuwe Testament veral vir die verskyning van Jesus Christus by sy wederkoms gebruik word. Die betekenis van die woord hou in dat Jesus, wat voorheen verborge was na sy hemelvaart, met sy wederkoms sigbaar, dit wil sê, sienbaar teenwoordig sal wees. Sy goddelikheid sal dan ook duidelik blyk. Die verskyning word veral aan oordeel en heerlikheid verbind. Hierdie verskyning sal skielik en onverwags wees om vyandige magte te vernietig. By hierdie verskyning vertoon Jesus Christus Homself as die manjifieke Een in heerlikheid en bewerk Hy deur sy goddelike ingryping verlossing vir sy volgelinge.

Op grond van bostaande kan die volgende teologiese betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια as wederkomswoord gegee word: Dit is die skielike, onverwagse en sigbare verskyning en ingryping van Jesus Christus as God met sy wederkoms in manjifieke heerlikheid om te oordeel, sy vyande te vernietig en die gelowiges te verlos.

 

Die telos van die verkondiging van die wederkoms aan die hand van ἐπιφάνεια

In hierdie afdeling word daar vasgestel hoe ἐπιφάνεια as wederkomswoord in die Nuwe Testament gebruik word en wat die telos van die wederkomsverkondiging van Jesus aan die hand van ἐπιφάνεια is. In die verklaring van die Skrifgedeeltes word daar hoofsaaklik op hierdie twee aspekte gefokus.

Die woord ἐπιφάνεια word ses keer en in vier boeke in die Nuwe Testament gebruik (vgl. Wigram & Winter 1978:289). Myers (1987:920) toon aan dat ἐπιφάνεια in die volgende vyf Skrifgedeeltes as wederkomswoord gebruik word: 2 Tessalonisense 2:8; 1 Timoteus 6:14; 2 Timoteus 4:1, 8 en Titus 2:13.

In die bespreking van hierdie Skrifgedeeltes word die Griekse teks van die UBS4 van Aland et al. (2006) aangehaal, asook die Afrikaanse vertaling van die Die Bybel: 2020-Vertaling. Hoofletteruitgawe.

Ἐπιφάνεια as wederkomswoord in 2 Tessalonisense 2:8

καὶτότεἀποκαλυφθήσεταιἄνομος, ὃνκύριος [ησος] ἀνελεῖτῷπνεύματιτοῦστόματοςαὐτοῦκαὶκαταργήσειτῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ [En dan sal die wettelose mens geopenbaar word, die een vir wie die Here Jesus deur die asem van sy mond sal uitwis - ja, Hy sal hom deur die glans van sy verskyning vernietig. (2 Tess 2:8, [outeur se vertaling])

2 Tessalonisense 2:8 is die enigste plek in die Nuwe Testament waar hierdie twee wederkomswoorde, ἐπιφάνεια en παρουσία, saam in een sinsnede gebruik word (Cara 2009:205). 'n Vraag wat aandag verdien, is hoe die twee wederkomswoorde saam in die konstruksie καὶκαταργήσειτῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ verstaan moet word. Is dit 'n pleonasme, of word ἐπιφάνεια nie hier as wederkomswoord gebruik nie, terwyl die wederkoms baie duidelik ter sprake is?

Hendriksen (2002a) verklaar die konstruksie as die verskyning van die wederkoms, dit wil sê ἐπιφάνεια word nie hier as wederkomswoord gebruik nie:

The very appearance (ἐπιφάνεια, epiphany, elsewhere in the New Testament only in the pastorals: 1 Tim 6:14; 2 Tim 1:10; 4:1, 8; Tit 2:13) of Christ's coming (Parousia; see on 1 Thess 2:19), the first gleam of the advent, will suffice to abolish the lawless one, to put him out of commission. (pp. 183, 184)

Hendriksen (2002a) voeg ook die volgende verklaring by:

The thorough, swift, and sudden character of antichrist's defeat is here pictured in symbolic language. The decisive character of his downfall is the one, main thought. Merely by Christ's breath and appearance 'the man of lawlessness' will be discomfited. (p. 184)

Green (2002) se verklaring sluit hierby aan:

The Lord Jesus will effect this judgment by the splendor of his coming, an event that is mentioned repeatedly in these letters (1 Thess 2:19; 3:13; 4:15; 5:23; 2 Thess 2:1). (p. 320)

Indien Hendriksen en Green se verklaring aanvaar word, beteken dit dat ἐπιφάνεια nie hier as wederkomswoord gebruik word nie en dus nie hier bespreek moet word nie.

Daar is egter 'n ander moontlikheid wat in gedagte gehou moet word. Uit Martin (1995) se verklaring blyk dit dat hy die formulering τῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ as 'n pleonasme beskou en daarmee saam dus ἐπιφάνεια as wederkomswoord:

The combination here is a redundancy that lends emphasis to the phrase. But even more, Paul probably intended it to stress the glory of the Lord's coming while making sure the reader was aware that the occasion of judgment (which event by itself could be termed an epiphaneia of the Lord) will be the parousia of the Lord Jesus. (p. 243)

Martin (1995:243) beskou τῆςπαρουσίας dus as 'n oortollige (redundant) toevoeging, aangesien ἐπιφάνεια reeds hier na die wederkoms verwys. Παρουσία word dus as sinoniem bygevoeg om nadruk te verleen aan die heerlikheid van die verskyning en die oordeel wat daarmee gepaard gaan. Derhalwe moet ἐπιφάνεια hier as moontlike wederkomswoord by die bespreking ingesluit word.

Opvallend is dat nie een van die aangehaalde skrywers die saak probeer oplos deur eers vas te stel wat die betekenis daarvan is dat τῆςπαρουσίας in die genitiewe vorm staan nie. Indien die gebruike van die genitief, wat Jordaan (2014:113-116) uiteensit, in ag geneem word, is dit moontlik dat die epeksegetiese (appositiewe) gebruik van die genitief hier ter sprake is: ''n Epeksegetiese (appositiewe) genitief is 'n adnominale genitief gelykwaardig aan 'n apposisiestelling by die gekwalifiseerde naamwoord' (Jordaan 2014:115). Indien die genitief só verklaar word, kan die frase καταργήσειτῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ vertaal word as: Hy (Jesus Christus) sal (die wettelose mens) tot niet maak met sy verskyning, oftewel sy wederkoms. Alternatiewelik: Hy (Jesus Christus) sal (die wettelose mens) tot niet maak met sy verskyning, dit is sy wederkoms.

Die gedagte van 'n pleonasme word versterk indien die betekenisdefinisies van ἐπιφάνεια en παρουσία, soos geformuleer, in ag geneem word. 'n Vergelyking van die betekenisdefinisies van ἐπιφάνεια (hier bo) en παρουσία (Van Rhyn & Jordaan 2020:8) lyk só indien gemeenskaplike betekeniselemente uitgelig word in kursiewe druk:

πιφάνεια: Dit is die skielike, onverwagse en sigbare verskyning en ingryping van Jesus Christus as God met sy wederkoms in manjifieke heerlikheid om te oordeel, sy vyande te vernietig en die gelowiges te verlos.

Παρουσία: Dit is die sigbare wederkoms en troosvolle teenwoordig wees van Jesus Christus, vanuit die hemel by sy mense op aarde aan die einde van die tyd in heerlikheid as Goddelike Regeerder, Koning, Oorwinnaar, Regter en Here waarvoor sy mense voorberei het, wat gepaard sal gaan met lofprysing en eerbewys en wat sy volgelinge met hoop sal vervul omdat Hy hulle omstandighede sal verander deur hulle vir ewig te verlos.

Die duidelike oormag van die Here Jesus oor die mens van wetteloosheid en die intensiteit van die Here se verdelging word dus in die frase καταργήσειτῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ op 'n intensiewe manier beklemtoon: Jesus Christus sal die wettelose mens vernietig met sy glorieryke verskyning, (naamlik) sy wederkoms om te oordeel.

In 2 Tessalonisense 2:1-9 word ἐπιφανείᾳ saam met verskeie ander wederkomswoorde gebruik. Wat opvallend is, is dat van hierdie wederkomswoorde in 2 Tessalonisense 2 nie net in verband met Jesus Christus gebruik word nie, maar ook in verband met die mens van wetteloosheid - die Antichris.

Van Rhyn (1995:85) toon aan dat die volgende wederkomswoorde in 2 Tessalonisense 2:1-9 soos volg in verband met die Here Christus en in verband met die Antichris gebruik word (Figuur 1).

 

 

Van Rhyn (1995) lei die volgende hieruit af:

Dit is veelseggend dat woorde wat gewoonlik uitsluitlik vir die wederkoms van Christus gebruik word, hier ook met betrekking tot die Antichris gebruik word. Dit dui daarop dat hy volledig anti-Christus is en op so 'n manier in die wêreld geopenbaar sal word dat baie sal glo dat hy die Christus is. Só sal sy misleiding 'n hoogtepunt bereik. (p. 85)

Die afleiding word versterk deur die feit dat 2 Tessalonisense 2:3, 2:6 en 2:8, volgens Green (2002:319), die enigste plekke in die corpus Paulinum is waar ἀποκαλύπτω in verband met iemand anders as God gebruik word.

Voorts word die gedagte versterk deur die opvallende omgekeerde parallelisme in 2 Tessalonisense 2: 8 en 9 (A B B A):

A. Antichris ἀποκαλυφθήσεται (2:8a) - B. Christus se ἐπιφάνεια (2:8b).

x

B. Christus se παρουσία (2:8c) - A. Antichris se παρουσία (2:9a)

Hieruit blyk die finale misleidende optrede van die Antichris om as Christus erken te word, baie duidelik. (Van Rhyn 1995:86)

Van belang vir hierdie artikel is die feit dat die wettelose mens deur Jesus Christus vernietig gaan word met sy wederkoms. Wanneer die teëhouer (2 Tess 2:7) uit die weg geruim is, sal die wettelose mens geopenbaar word.

Die wettelose mens word in 2 Tessalonisense 2:8 beskryf as die een wat die Here Jesus met die asem van sy mond sal uitwis (ὃνκύριος [ησος] ἀνελεῖτῷπνεύματιτοῦστόματοςαὐτοῦ) en sal vernietig deur sy verskyning - dit is sy wederkoms (καὶκαταργήσειτῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ).

Twee verskillende werkwoorde word vir die vernietiging gebruik, naamlik ἀνελεῖ en καταργήσει. Die eerste werkwoord, ἀνελεῖ, kan, volgens Hendriksen (2002a), soos volg verklaar word:

he will be slain (which in this connection has been interpreted to mean that he will be punished with everlasting death, but the idea that he will first be put to death physically must not be excluded). The Lord will merely blow upon him, so swift will be his destruction. (p. 183)

Die tweede werkwoord, καταργήσει, kan volgens Hendriksen (2002a:183) vertaal word met: 'he will be "abolishe", "utterly defeated", "put out of commission", "rendered useless", "made inoperative or inactive."'.

Hiervolgens sal die wettelose mens totaal en al vernietig word en buite aksie gestel word deur Jesus Christus met sy verskyning. Die verdelging en tot niet making vind op twee maniere plaas: Eerstens τῷπνεύματιτοῦστόματοςαὐτοῦ. Dit dui op die moeiteloosheid waarmee die Here Jesus die wettelose sal verdelg (Hendriksen 2002a:184; Morris 1984:130). Die tweede manier van tot niet making van die Antichris word as καὶκαταργήσειτῇἐπιφανείᾳτῆςπαρουσίαςαὐτοῦ beskryf deur Jesus se verskyning - dit is sy wederkoms. Die tydstip van die ἐπιφάνεια van Christus word dus hier geopenbaar as die tydstip waarop die vernietiging van die mens van wetteloosheid sal plaasvind. 'Hierin lê daar geweldige troos vir die gelowiges opgesluit' (Van Rhyn 1995:88). Ook Green (2002) beklemtoon die troos van hierdie openbaring:

The Thessalonians would have derived great comfort from the beginning, knowing that the very one who exalted himself in his opposition to God, as powerful as he might be (v. 9), was destined for destruction. This powerful one who incarnates sin will meet his end on the day of the Lord. (p. 309)

Ook Hendriksen (2002a:183) wys op hierdie troos.

'n Telos van die ἐπιφάνεια-verkondiging van die Here Jesus maak dit dus baie duidelik dat gelowiges getroos kan word deur die feit dat Christus dán die Antichris sal vernietig. Die oordeelsaspek van ἐπιφάνεια en die vernietiging van die Here se vyande soos dit in die betekenisdefinisie hier bo uiteengesit word, word dus beklemtoon.

Voorts is die telos van die ἐπιφάνεια-openbaring as die tydstip van die Antichris se vernietiging, 'n aansporing vir gelowiges om vas te staan in die geloof en hulle nie te laat mislei nie (Calvin 2010a:334-335).

Die woorde ἀποκαλύπτω en παρουσία, wat gewoonlik uitsluitlik vir die wederkoms van Christus gebruik word, word ook hier gebruik om die koms van die Antichris aan te dui. Daarmee word die misleidende optrede van die Antichris om as Christus erken te word, beklemtoon. Oordrag van hierdie kennis, dit wil sê kerugma, is dus hier ter sprake.

Aan die hand van bogenoemde en die betekenisdefinisie, kan die volgende konklusies dus getrek word oor die telos van die wederkomsverkondiging aan die hand van ἐπιφάνεια:

  • Die telos van die openbaring van die ἐπιφάνεια-tydstip as die vernietigingstydstip van die Antichris is die oordra van hierdie kennis, dit wil sê kerugma.

  • Die telos van die ἐπιφάνεια-openbaring as die tydstip van vernietiging van die Antichris is troos en bemoediging vir die gelowiges.

  • Voorts is die telos van die ἐπιφάνεια-openbaring as die tydstip van die Antichris se vernietiging 'n aansporing vir gelowiges om vas te staan in die geloof.

Ἐπιφάνεια as wederkomswoord in 1 Timoteus 6:14

τηρῆσαίσετὴνἐντολὴνἄσπιλονἀνεπίλημπτονμέχριτῆςἐπιφανείαςτοῦκυρίουἡμῶνἸησοῦΧριστοῦ. [ dat jy die opdrag suiwer en onberispelik sal uitvoer, tot die verskyning van ons Here Jesus Christus.] (1 Tim 6:14, [outeur se vertaling])

Paulus bemoedig Timoteus in die Skrifgedeelte vir sy dienswerk as Woordbedienaar en hy gee aan hom die dringende opdrag om sy dienswerk getrou te doen tot met die ἐπιφανεία van die Here Jesus Christus (Lea & Griffin 1992:173). Die wederkoms word hier as katalisator gebruik om 'n bedienaar van die Woord, Timoteus, te bemoedig en daaraan te herinner dat daar 'n 'afsnydatum' vir bedienaars van die Woord se dienswerk is, asook 'n beloning wat op hulle wag (Milne 1996:117).

Van Houwelingen (2019:96, 97) wys ook daarop dat Timoteus se dienswerk by die ἐπιφανεία van die Here Jesus afgehandel sal wees. Hy word egter bemoedigend vermaan om μέχριτῆςἐπιφανείας daarmee aan te hou: 'Until the appointed time, Christians must persevere in remaining faithful to the Lord'.

Van Rhyn (2017) wys in aansluiting hierby daarop dat daar 'n sekere tydsraamwerk is waarbinne die Here se werk afgehandel moet word:

Die doel van die openbaring van die wederkoms aan die hand van ἐπιφανεία kan hier tweeledig wees. Dit is vermanend: Sorg dat jy jou werk stiptelik doen, want die Here kom. Dit is egter ook bemoedigend: Die Here is op pad en wanneer Hy kom, dan sal jou werk voltooi wees en sal jy die beloning van 'n getroue dienskneg ontvang. (p. 187)

Hierby kan sekerlik gevoeg word dat, aangesien die feit dat die vernietiging van Christus se vyande in die betekenisdefinisie van ἐπιφανεία opgesluit lê, dit ook bemoedigend is vir 'n verbi divini minister soos Timoteus wat in moeilike omstandighede sy roeping moes vervul. By die wederkoms sal hy immers die genadeloon van 'n getroue dienskneg ontvang.

Hieruit en uit die geformuleerde betekenisdefinisie kan afgelei word dat die wederkoms van ons Here aan die hand van ἐπιφανεία verkondig word met die volgende openbaringsdoelwitte:

  • Om Woordbedienaars en ander Christene te vermaan om hulle dienswerk pligsgetrou te doen.

  • Om Woordbedienaars te bemoedig om selfs in moeilike omstandighede hulle roeping getrou te vervul.

  • Om diensknegte van die Here daaraan te herinner dat, wanneer Hy kom, hulle die beloning van 'n getroue dienskneg sal ontvang.

Ἐπιφάνεια as wederkomswoord in 2 Timoteus 4:1

ΔιαμαρτύρομαιἐνώπιοντοῦθεοῦκαὶΧριστοῦἸησοῦτοῦμέλλοντοςκρίνεινζῶνταςκαὶνεκρούς, καὶτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦκαὶτὴνβασιλείαναὐτοῦ [Ek vermaan jou ernstig voor God en Christus Jesus, wat die lewendes en die dooies gaan oordeel, en ook met die oog op sy verskyning en sy koninkryk ] (2 Tim 4:1, [outeur se vertaling])

Paulus is besig om vir Timoteus te vermaan en te bemoedig vir sy dienswerk en hy noem vier gronde vir sy bemoedigende vermaning: God, Jesus Christus, sy wederkoms en sy koninkryk (Barcley 2005:284). Dit is duidelik dat die wederkoms wel hier ter sprake is, want dit word in een asem met die eindoordeel genoem. Feitlik alle kommentare stem hiermee saam (Van Houwelingen 2019:106). Van Houwelingen (2019) self is egter van mening dat καὶτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ hier veral na Jesus se eerste koms, sy geboorte as mens, verwys, maar ook na sy wederkoms:

So, Paul's testament for Timothy is framed by these two appearings of the Lord in public. Christ came on earth to save people, but there is a double perspective: on the day of the final judgment, this very world Savior will act as righteous judge, in order to judge the living and the dead. (p. 106)

Die betekeniselement van oordeel soos in die betekenisdefinisie vervat, word dus ook deur Van Houwelingen uitgelig en dit dien as aansporing vir Timoteus om die Woord te verkondig (2 Tim 4:2).

Die doel van verkondiging van die ἐπιφανεία van Jesus Christus word soos volg deur Barcley (2005) verwoord:

Paul reminds Timothy that his life is lived in the very presence of God, a thought that adds sobriety and urgency to his ministry. His work is also done in the light of the certainty of Christ's Second Coming. There is an end in view; his work is purposeful. (p. 284)

Die dienswerk waarvoor Timoteus veral aangemoedig word, is die verkondiging van die Woord (2 Tim 4:2; Calvin 2010b:251). Die ἐπιφανεία word dus verkondig sodat Woordbedienaars soos Timoteus sal volhard in Woordverkondiging, veral ook omdat daar 'n oordeelsdag sal wees. Daar gaan 'n tyd kom, en dit is met die wederkoms, dat hulle verkondigingswerk voltooi en die waarde daarvan duidelik sal wees. Hulle verkondiging sal immers daartoe lei dat gelowiges tydens die oordeel vrygespreek sal word.

Hieruit en uit die betekenisdefinisie kan afgelei word dat die wederkoms van ons Here aan die hand van ἐπιφανεία verkondig word,met die volgende telos:

  • Dat verkondigers van die Woord sal volhard in die verkondiging.

  • Dat Woordverkondigers kan weet dat daar 'n tyd sal aanbreek wanneer hulle verkondigingstaak afgehandel sal wees.

  • Om bedienaars van die Woord te bemoedig in die wete dat hulle werk groot waarde het. Dit sal daartoe lei dat gelowiges vrygespreek word tydens die oordeel.

Ἐπιφάνεια as wederkomswoord in 2 Timoteus 4:8

λοιπὸνἀπόκειταίμοιτῆςδικαιοσύνηςστέφανος, ὃνἀποδώσειμοικύριοςἐνἐκείνῃτῇἡμέρᾳ, δίκαιοςκριτής, οὐμόνονδὲἐμοὶἀλλὰκαὶπᾶσιτοῖςἠγαπηκόσιτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ. [Nou wag die oorwinningskrans van geregtigheid op my, wat die Here, die regverdige Regter, op daardie dag vir my sal gee - en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat sy koms liefhet.] (2 Tim 4:8, [outeur se vertaling])

Feitlik alle kommentare beskou ἠγαπηκόσιτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ as 'n verwysing na ons Here Jesus se wederkoms (Van Houwelingen 2019:106). Van Houwelingen (2019:106) self is egter van mening dat καὶτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ hier na Jesus se eerste koms, sy geboorte as mens, verwys en hy wys enige eskatologiese verwysing hier af: 'Identifcation of this eschatological day with the appearing of the Lord is therefore not intended by the text.' In die lig van die volgende kan daar egter nie met hom saamgestem word nie: Paulus verwys hier na die wederkoms in twee verskillende wederkomsbegrippe, naamlik 'τῇἡμέρᾳ' en 'τὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ'. Die eerste deel van die vers is aan 'die dag' verbonde. 'Die dag' waarvan hier sprake is, kan soos volg verklaar word: 'Dit is die spesiaal aangewese eskatologiese dag van Jesus Christus se wederkoms om te kom oordeel' (Van Rhyn 2017:255).

Hoewel die wederkoms van ons Here Jesus nooit losgemaak kan word van sy geboorte nie, gaan Van Houwelingen (2019:108) te ver in sy formulering: 'So, when contemplating the ἐπιϕάνεια, Paul does not primarily think of the second coming.' Die teendeel is eerder waar, soos die betekenisdefinisie ook aantoon: Wanneer Paulus na die ἐπιϕάνεια van Jesus Christus verwys, verwys hy primêr na die wederkoms (sonder om die wederkoms los te maak van die geboorte van Jesus Christus as mens). 'In Paulus se Briewe word daar baie meer aandag gegee aan Jesus se tweede koms (wederkoms) as aan sy eerste koms (menswording)' (Van Rhyn 2017:208). Van Rhyn (2017:180) toon ook aan dat, hoewel Jesus se geboorte sowel as sy wederkoms met ἐπιφάνεια aangedui kan word, die wederkoms in die meerderheid van die gevalle ter sprake is.

Daar kan egter met Van Houwelingen (2019:108) saamgestem word wanneer hy skryf: 'In both cases [geboorte en wederkoms] the appearing of Christ is seen as discernable divine inerverntion for salvation.'

In 2 Timoteus 4 neem Paulus aan die einde van sy lewe sy bediening in oënskou (2 Tim 4:6; Bouma 1974:176) en hy troos homself en natuurlik alle getroue gelowiges deur die feit dat die ewige lewe wag (Guthrie 1976:169). Die kroon of oorwinningskrans is 'n verwysing na die ewige lewe (Bouma 1974:177). Dit word die oorwinningskrans van geregtigheid genoem, aangesien die krans gegee word aan almal wat geregtigheid van God ontvang op grond van die voldoening van Jesus Christus (Lange, Schaff & Van Oosterzee 2008:114).

Paulus tipeer homself, saam met alle getroue gelowiges, as 'almal wat sy (die Here se) koms liefhet' (2 Tim 4:8). Volgens Hendriksen (2002b) sit daar 'n sterk element van verlange in πᾶσιτοῖςἠγαπηκόσιτὴνἐπιφάνειαναὐτοῦ:

Of all the indications that one loves the Lord, this earnest longing for his return is one of the best, for such a person is thinking not only of himself and of his own glory but also of his Lord and of the latter's public vindication. (p. 317)

Die verlange na die wederkoms is nie soseer 'n verlange na die dag van die wederkoms nie, maar 'n verlange na Jesus Christus self wat op hierdie dag sal verskyn (Bouma 1974:177).

Die wederkoms word hier as troos geopenbaar as die dag waarop hierdie verlange na Jesus Christus gestil sal word. Voorts is die tipering van gelowiges as almal wat verlang na die wederkoms ook van belang. Uit die tipering kan afgelei word dat die wederkoms geopenbaar word sodat gelowiges hulleself kan definieer in terme van die wederkoms: Hulle is mense wat met verlange op die ἐπιφάνεια van hulle Here wag, want dit is die finale dag van hulle verlossing waarop hulle vrygespreek gaan word van oordeel en die ewige lewe as genadeloon op grond van die geregtigheid van Christus sal ontvang. Hierdie verklaring word ook deur die betekenisdefinisie ondersteun.

Die volgende afleidings oor die telos van die verkondiging van die wederkoms aan die hand van ἐπιφάνεια kan gemaak word op grond van die betekenisdefinisie en van bogenoemde:

  • Die wederkoms word geopenbaar om die gelowiges te troos met die versekering dat dit die dag is waarop hulle die ewige lewe in sy volheid sal ontvang.

  • Die telos van die wederkomsopenbaring is dat gelowiges getroos kan word deur die wete dat dit die dag sal wees waarop hulle verlange na Jesus Christus gestil sal word.

  • Die wederkoms word deur die telos geopenbaar dat gelowiges hulleself kan definieer as mense wat met verlange op die verskyning van hulle Here wag.

  • Die dag van die wederkoms word geopenbaar as die dag waarop die Here die volheid van die ewige lewe aan sy getroue dienaars sal skenk as oorwinningskrans van geregtigheid, met ander woorde as genadeloon op grond van Jesus Christus se geregtigheid.

Ἐπιφάνεια as wederkomswoord in Titus 2:13

προσδεχόμενοιτὴνμακαρίανἐλπίδακαὶἐπιφάνειαντῆςδόξηςτοῦμεγάλουθεοῦκαὶσωτῆροςἡμῶνἸησοῦΧριστοῦ, [Dit terwyl ons uitsien na die salige hoop en glansryke verskyning van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus ] (Tit 2:13, [outeur se vertaling])

Die salige hoop waarna uitgesien word, is juis die ἐπιφάνεια van Jesus Christus (Calvin 2010b:320). Net soos by 2 Timoteus 4:8 hierbo, word gelowiges ook hier beskryf as mense wat uitsien en verlang na die wederkoms van ons Here Jesus.

Die wederkoms word hier die verskyning van die glorie en die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, genoem (Calvin 2010b:320). Ook Lea en Griffin (1992:312) kies vir die vertaling 'die verskyning van die heerlikheid' van Jesus Christus eerder as die 'glansryke verskyning', soos wat Die Bybel: 2020-Vertaling. Hoofletteruitgawe hierbo dit vertaal. Dit stem ooreen met die betekenisdefinisie.

Die genade van God, wat aan alle mense verskyn het (Tit 2:11) met Jesus se vleeswording (Robertson 1933), het 'n invloed op gelowiges. Die genade voed gelowiges op om verstandig en regverdig en vroom te leef, en om wêreldse begeertes te verwerp (Tit 2:12). Maar die genade (Tit 2:11) doen nog meer as dit. Die lewe waartoe die genade gelowiges oproep, word reeds deur hulle wederkomsverwagting bepaal (Bouma 1974:216). Die wederkoms word dus geopenbaar om gelowiges aan te moedig om verstandig en regverdig en vroom te leef, en om wêreldse begeertes te verwerp. Milne (1996) som dit raak op:

Christian morality is driven by Christian eschatology, the confident expectation of the visible coming in glory of Jesus Christ at the close of this age. (p. 221)

Hieruit kan afgelei word dat die wederkoms aan die hand van ἐπιφάνεια verkondig word met die volgende telos:

  • Sodat gelowiges aangemoedig word om die wederkoms te verwag (daarna te verlang en uit te sien).

  • Om gelowiges aan te moedig om verstandig en regverdig en vroom te leef, en om wêreldse begeertes te verwerp.

 

Samevattende konklusie

Op grond van die diakroniese en die sinkroniese woordstudie kan die volgende betekenisdefinisie van ἐπιφάνεια daar gestel word:

Dit is die skielike, onverwagse en sigbare verskyning en ingryping van Jesus Christus as God met sy wederkoms in manjifieke heerlikheid om te oordeel, sy vyande te vernietig en die gelowiges te verlos.

Die telos van die wederkomsverkondiging aan die hand van ἐπιφάνεια in die betrokke Skrifgedeeltes, kan soos volg saamgevat word:

2 Tessalonisense 2:8: Die telos van die openbaring van die ἐπιφάνεια-tydstip as die vernietigingstydstip van die Antichris is die oordra van hierdie kennis, dit wil sê kerugma. Hierdie verkondiging bring troos en bemoediging vir die gelowiges en dien as aansporing om vas te staan in die geloof.

1 Timoteus 6:14: Die wederkoms word aan die hand van ἐπιφάνεια verkondig as vermaning en bemoediging van Woordbedienaars en ander Christene om hulle dienswerk pligsgetrou te doen. Dit dien ook as herinnering dat, wanneer ons Here Jesus kom, hulle die beloning van 'n getroue dienskneg sal ontvang.

2 Timoteus 4:1: Die wederkoms word aan die hand van ἐπιφάνεια verkondig sodat verkondigers van die Woord sal volhard in die verkondiging. Daarom word hulle ook daaraan herinner dat daar 'n tyd sal aanbreek wanneer hulle verkondigingstaak afgehandel sal wees. Verder kan hulle volhard in die verkondiging van die Woord, omdat hulle daaraan herinner word dat hulle werk groot waarde het. Dit sal immers daartoe lei dat gelowiges vrygespreek word tydens die oordeel.

2 Timoteus 4:8: Die wederkoms word geopenbaar om die gelowiges te troos deur die versekering dat dit die dag is waarop hulle die ewige lewe in sy volheid sal ontvang. Op dié dag sal hulle verlange na Jesus Christus gestil word. Die wederkoms word voorts deur die telos geopenbaar dat gelowiges hulleself kan definieer as mense wat met verlange op die verskyning van hulle Here wag. Dit is immers die dag waarop die Here die volheid van die ewige lewe aan sy getroue dienaars sal skenk as oorwinningskrans van geregtigheid, met ander woorde as genadeloon op grond van Jesus Christus se geregtigheid.

Titus 2:13: Die wederkoms word aan die hand van ἐπιφάνεια verkondig sodat gelowiges daardeur aangemoedig word om die wederkoms te verwag, daarna te verlang en uit te sien. Hierdie verwagting dien as aansporing om verstandig en regverdig en vroom te leef, en om wêreldse begeertes te verwerp.

Samevatting van die telos: Hieruit blyk dat die telos van die wederkomsverkondiging aan die hand van ἐπιφάνεια hoofsaaklik die troos en bemoediging van die gelowiges is.

 

Erkenning

Navorsing vir die artikel is deels gebaseer op navorsing gedoen in die meestersgraad-verhandeling (Van Rhyn 1995) en die proefskrif (Van Rhyn 2017) van die skrywer.

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat daar geen finansiële of persoonlike verbintenis is met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.

Outersbydrae

H.P.M.v.R. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.

Etiese oorwegings

Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing.

Befondsing

Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore.

Data beskikbaarheid

Die outeur bevestig dat die data wat die bevindinge van hierdie studie ondersteun, beskikbaar is in die artikel.

Vrywaring

Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde verwantskap van die outeur nie.

 

Literatuurverwysings

Aland, K., Black, M., Martini, C.M., Metzger, B.M., Robinson, M.A. & Wikgren, A., 2006, The Greek New Testament: The complete text of the United Bible Societies' Greek New Testament, 4th rev. edn. (with Morphology), United Bible Societies, New York.         [ Links ]

Barcley, W.B., 2005, A study commentary on 1 and 2 Timothy, Evangelical Press, Darlington.         [ Links ]

Bauer, W., Danker, F.W., Arndt, W.F. & Gingrich, F.W., 2000, A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature, 3rd edn., University of Chicago, Chicago, IL.         [ Links ]

Berkouwer, G.C., 1961, De wederkomst van Christus, Kok, Kampen.         [ Links ]

Bouma, C., 1974, De brieven van de apostel Paulus aan Timotheus en Titus, Kok, Kampen.         [ Links ]

Bultmann, R. & Lührmann, D., 1964, 'ἐπιφαίνω, ἐπιφανής, ἐπιφάνεια', in G. Kittel, G. Friedrich & G. Bromily (eds.), Theological dictionary of the New Testament, vol. 9, pp. 7-10, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Calvin, J., 2010a, Commentaries on the epistles of Paul the apostle to the Philippians, Colossians and Thessalonians, Logos Bible Software, Bellingham, WA.         [ Links ]

Calvin, J., 2010b, Commentaries on the epistles to Timothy, Titus and Philemon, Logos Bible Software, Bellingham, WA.         [ Links ]

Cara, R.J., 2009, A study commentary on 1 and 2 Thessalonians, Evangelical Press, Darlington.         [ Links ]

Coetzee, J.C., 1984, 'Paulus se eskatologiese prediking', in A. Du Toit (red.), Handleiding by die Nuwe Testament. Band V. Die Pauliniese Briewe: Inleiding en teologie, vol. 5, pp. 332-364, NG Kerkboekhandel, Pretoria.         [ Links ]

Green, G.L., 2002, The letters to the Thessalonians, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Guthrie, D., 1976, The pastoral epistles: An introduction and commentary, InterVarsity Press, Leicester.         [ Links ]

Hendriksen, W., 2002a, Exposition of I-II Thessalonians, Baker Book House, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Hendriksen, W., 2002b, Exposition of the Pastoral Epistles, Baker Book House, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Janse van Rensburg, F.J., De Klerk, B.J., De Wet, F.D.W., Lamprecht, A., Nel, M. & Vergeer, W. (reds.), 2011, Preekgeboorte: Van eksegese tot preek, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Pretoria.         [ Links ]

Jordaan, G.J.C., 2014, Die binnewerk van Antieke Grieks: Die semantiek van grammatiese konstruksies. Handleiding vir eksegete en ander studente van klassieke en Nuwe-Testamentiese Grieks, Potchefstroom Teologiese Publikasies, Potchefstroom.         [ Links ]

Kittel, G., Friedrich, G. & Bromily, G. (eds.), 1964, Theological dictionary of the New Testament, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Lange, J.P., Schaff, P. & Van Oosterzee, J.J., 2008, A commentary on the Holy Scriptures: 1 & 2 Timothy, transl. E.A. Washburn & E. Harwood, Logos Bible Software, Bellingham, WA.         [ Links ]

Lau, Y.A., 1996, Manifest in flesh: The epiphany Christology of the Pastoral Epistles, J.C.B. Möhr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Lea, T.D. & Griffin, H.P., 1992, 1, 2 Timothy, Titus, Broadman & Holman, Nashville, TN.         [ Links ]

Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996a, Greek-English lexicon of the New Testament: Based on semantic domains, vol. 1, Electronic ed. of the 2nd edn., United Bible Societies, New York, NY.         [ Links ]

Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996b, Greek-English lexicon of the New Testament: Based on semantic domains, vol. 2, Electronic ed. of the 2nd edn., United Bible Societies, New York, NY.         [ Links ]

Martin, D.M., 1995, 1, 2 Thessalonians, Broadman & Holman, Nashville, TN.         [ Links ]

Matter, H.M., 1980, Wederkomst en wereldeinde: De zin van de 'parousia' in het Nieuwe Testament, Kok, Kampen.         [ Links ]

Milne, D.J.W., 1996, 1 Timothy, 2 Timothy, Titus, Christian Focus, Ross-Shire        [ Links ]

Morris, L., 1984, 1 and 2 Thessalonians: An introduction and commentary, InterVarsity Press, Downers Grove, IL.         [ Links ]

Myers, A.C., 1987, The Eerdmans Bible dictionary, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Noordegraaf, A., 1999, 'De eschatologische prediking van het Nieuwe Testament', in W. van 't Spijker (red.), Eschatologie: Handboek over de christelijke toekomsverwachting, pp. 85-144, De Groot Goudriaan, Kampen.         [ Links ]

Robertson, A.T., 1933, Word pictures in the New Testament, Broadman, Nashville, TN.         [ Links ]

Van Houwelingen, R., 2019, 'The meaning of ἐπιϕάνεια in the Pastoral Epistles', Journal for the Study of Paul and His Letters 9(1-2), 89-108. https://doi.org/10.5325/jstudpaullett.9.1-2.0089        [ Links ]

Van Rhyn, H.P.M., 1995, 'Die Antichris as misleier en die opdrag aan die kerk: 'n Nuwe-Testamentiese studie vanuit Openbaring 13:1-10', ThM-verhandeling, PU vir CHO, Potchefstroom.         [ Links ]

Van Rhyn, H.P.M., 2017, 'Die telos van die openbaring van die wederkoms in die Nuwe Testament: 'n Openbaringshistoriese studie, met besondere fokus op die begrip παρουσία', PhD-proefskrif, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.         [ Links ]

Van Rhyn, H.P.M. & Jordaan, G.J.C., 2020, ''n Betekenisdefinisie van παρουσία as wederkomswoord', In die Skriflig 54(1), a2479. https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2479        [ Links ]

Wigram, G.V. & Winter, R.D., 1978, The word study concordance, Tyndale, Wheaton, IL.         [ Links ]

 

 

Correspondence:
Malan van Rhyn
malan.vanrhyn@aros.ac.za

Received: 30 Nov. 2020
Accepted: 10 Mar. 2021
Published: 20 May 2021

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons