SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue1Challenges of a wellness ministry to churchesThe eschatology of 1 Peter: Hope and vindication for visiting and resident strangers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.51 n.1 Pretoria  2017

 

BOOK REVIEW

 

To be sought first: The grandest of themes

 

 

Jacob J. Scholtz

Discipline Group Old and New Testament, Faculty of Theology, Stellenbosch University, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God

Book Cover:

 

 

Author: Michael J. Vlach

ISBN: 978-1-942614-25-8

Publisher: Lampion Press, Silverton, OR, 2017, R518.30* *Book price at time of review

The goal of He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God is 'to present a comprehensive biblical theology of the kingdom of God from a new creationist perspective' (p. 11). This perspective holds (inter alia) that Jesus Christ will restore all things through His two comings to earth (pp. 12, 23); that individuals, Israel, the Church and the nations are all important in God's kingdom (pp. 14-15, 45-50, 521); and that the coming new earth will be this present earth purged and restored (pp. 14, 509-515). After introducing the kingdom programme (Part 1), Vlach traces the kingdom theme through the Old Testament (Part 2) and the New Testament (Part 3), before concluding with an examination of theological issues (Part 4). A bibliography, author index, Scripture index and subject index are provided.

In Part 1 (chs. 1-3), the author identifies the Creation (Gn 1-2), Fall (Gn 3), Promise (Gn 3:15-Ml), Redemption (Gospels-Epistles) and Restoration (Revelation) as five major developments in God's kingdom programme (pp. 22-23). The kingdom involves not only spiritual and material elements, but also social, political and geographical aspects (pp. 11-12, 563). Vlach asserts that the elements of a ruler, a realm and active rulership are all needed for a kingdom, but at times 'one of these three elements can be singled out and designated as "kingdom"' (p. 29). For example, Jesus goes to a distant country to receive a kingdom, and yet his actual kingdom reign awaits his return (p. 29; Lk 19:11-27; cf. also Rv 1:6 with 5:10). By God's sovereign design, the timing of the kingdom's establishment on earth can be influenced by Israel's acceptance of the Messiah (pp. 17, 50-51; cf. 97-100, 374-379). Israel is not an end, but is rather a means to universal blessings; what is 'true for the particular (Israel and Israel's land) will also be true for the universal (other nations and their lands)' (p. 17; cf. 81-85).

In Part 2 (chs. 4-14), the unconditional covenants are viewed as the 'means through which God's kingdom program is manifested' (p. 96). Israel 'became a nation and a kingdom at Sinai' (p. 94) and had to obey the conditional Mosaic Covenant to experience the spiritual and physical blessings of the unconditional Abrahamic Covenant (pp. 96-97). The kingdom flourished under David and Solomon, but ended when God's glory left the temple (pp. 194-196). However, God promised by means of the Law (Lv 26:40-45; Dt 30:1-10) and the Prophets (Is 49:3-6; Jer 3:11-18; Zch 12:1-10), that if Israel repented, the nation would be restored to the land and experience spiritual and physical prosperity in the kingdom (p. 100). What the Mosaic Covenant could not do, the New Covenant would enable Israel (and others) to do: to obey God (p. 187).

In Part 3 (chs. 15-34), Vlach explains that the kingdom which the forerunner and Jesus proclaimed was 'in continuity with the OT kingdom expectation' (p. 269). He argues that 'at hand' means that the kingdom was imminent (pp. 272-275), that Jesus' miracles were 'tastes and previews of the coming kingdom' (p. 295), but that Israel had to repent and become spiritually qualified for its coming (pp. 275, 326). Last-mentioned contingency was not met (ch. 20). The necessity of two comings of the Messiah becomes clear and the kingdom will be 'near' during the future tribulation period (p. 323). The kingdom programme outlined in Matthew 13 'is related to the present age in regard to the message of the kingdom and the growth of kingdom citizens', but the kingdom reign itself has not been established in this age (p. 332). Vlach concludes Part 3 by discussing numerous New Testament texts to indicate that Christ will rule the kingdom in the future.

In Part 4 (chs. 35-39), the author argues that before the kingdom of the Son will merge with the eternal kingdom of the Father, the Last Adam must successfully rule from and over the realm (earth) where the first Adam failed (chs. 36-37; cf. also p. 18). A nuanced proposal is made regarding fulfilment and the Davidic Covenant (ch. 38).

When interacting with the ideas of various scholars, Vlach remains courteous and balanced. In agreement with many theologians, Vlach views the kingdom of God as the 'grand central theme of Scripture that encompasses all other biblical themes' (p. 21). The author emphasizes that the 'NT continues the OT storyline and affirms literal fulfilment of the OT promises and covenants in all their dimensions through two comings of Jesus' (p. 38). He rejects the view that the 'kingdom message of the OT authors is reinterpreted, redefined and spiritualized by Jesus and the NT writers' (p. 40; cf. also 266, 277, 312). There is no 'reality shift from OT expectation to NT fulfillment' (pp. 16-17). Forms of Platonism are strongly rejected (pp. 16, 46, 563-567). The author avoids the stances of some of his predecessors: there is 'present applicability' of the Sermon of the Mount (p. 302) and a 'mystery form' of the kingdom is not preferred (p. 325). While aspects of the New and Davidic Covenants have been fulfilled, he does not support an exclusively spiritual or already/not yet view of the kingdom in this age. Vlach (p. 571) writes that 'Jesus fulfills the promise of a Davidic King who is at the right hand of God (already), but His messianic kingdom reign from David's throne on earth is future (not yet).' While some will disagree with his conclusions - Vlach highlights 11 beliefs that influence his understanding of the kingdom (pp. 33-51) - theologians of various convictions will simply have to interact with this superb book.

This reviewer is not convinced that the kingdom was re-offered in Acts 3 to the same generation that had a short while ago rejected the Messiah (pp. 413-421; cf. 369) and I understand the keys of the kingdom given to Peter a bit differently (pp. 337-338). However, I especially appreciated the discussions about the mysteries of the kingdom of Matthew 13, fulfilment and the Davidic Covenant and Vlach's contribution to the doctrine of the nations.

The strength of this work is the scope and sheer comprehensiveness of its biblical treatment of the kingdom of God. The presentation is sensible and every believer can benefit from it practically. He Will Reign Forever: A Biblical Theology of the Kingdom of God is an excellent book and I recommend it highly.

 

 

Correspondence:
Jacob Scholtz
jacojanscholtz@gmail.com

 


 

BOOK REVIEW

 

Die debat oor selfdegeslagverhoudings: 'n Genuanseerde behoudende benadering

 

 

Hennie Goede

Faculty of Theology, Potchefstroom Campus, North-West University, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: Homoseksualiteit en die Bybel

Book Cover:

 

 

Authors: Jan Du Rand & Marius Nel

ISBN: 978-1-4316-1633-6

Publisher: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2016, R179,95* *Book price at time of review

In die lig van die intense kerklike debat rondom selfdegeslagverhoudings, verskyn hierdie publikasie op 'n baie geleë tyd. Dit was sekerlik ook die outeurs en die uitgewer se bedoeling. Die outeurs is goed bekend in teologiese kringe in Suid-Afrika. Prof. Jan du Rand is 'n internasionaal-erkende Nuwe-Testamentikus en is steeds akademies aktief, tans as 'n buitengewone professor aan die Fakulteit Teologie van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. Prof. Marius Nel is ook aan dieselfde instelling verbonde, en is vir sy talle akademiese en populêre publikasies oor 'n verskeidenheid teologiese onderwerpe bekend. Die besondere onderwerp, op sigself, sal talle potensiële lesers se aandag trek, maar die vraag is sekerlik of hierdie boek werklik 'n bydrae tot die debat lewer, en of dit maar net weer sê wat reeds by herhaling gesê is.

In die voorwoord beskryf die outeurs hulself as behoudende Bybelwetenskaplikes. Hulle verklaar ook hulle vooronderstellings in hulle wetenskapsbeoefening. Hulle 'glo dat die Bybel die Woord van God bevat wat vir gelowiges die grense aandui waarbinne die Here verwag dat ons moet leef' (bl. 7). Hulle soek na die goddelike, vaste waarheid in die Skrif, gelei deur die Gees van God, en staan daarom

nugter teenoor 'n postmoderne tydsgees wat redeneer dat waarheid nie 'n vaste sekerheid is nie, maar relatief teenoor elke individu is, en dat elkeen sy/haar eie morele keuses moet maak.

Tog voorsien die outeurs reeds in die voorwoord die aanklag dat hulle fundamentalisties is. Hulle stel duidelik dat hulle nie die Bybel as foutloos of meganies-geïnspireerd beskou nie, maar die historiese situasie en konteks van die Bybelskrywers so deeglik moontlik probeer verstaan. Met hierdie publikasie wil hulle die bybels-verantwoordbare kant van die saak van selfdegeslagverhoudings stel.

Afgesien van die Voorwoord, bestaan die boek uit 11 hoofstukke, afgesluit met eindnotas en 'n literatuurlys vir verdere nalees. In hoofstuk 1 vra die skrywers: 'Kan ons praat van 'n krisis in die kerk?', waarop hulle bevestigend antwoord. Hoofstukke 2 en 3 handel oor die gesag van die Skrif en hoe die Skrif verstaan word. In hierdie hoofstukke verduidelik die outeurs hulle eie standpunt oor die gesag van die Skrif teenoor die siening van Fundamentalisme en Biblisisme. Hulle stel ook die gevare van die verrekening van die sosio-historiese konteks van die teks in die eksegese (die proses om die boodskap van die teks te ontgin). Te midde van die talle verskillende benaderings tot die verstaan van die Skrif (histories-krities, grammatikaal, filosofies, teologies, heilshistories, lesersgeoriënteerd, literêr, postmodern - almal word beskryf en krities beoordeel), kies die skrywers 'n kanonieke benadering tot die teks wat erns met die betekenis van die teks binne die geheelboodskap van die Bybel maak.

Hoofstuk 4 handel oor die Joodse konteks aangaande menslike seksualiteit en die doel van seks, en in hoofstuk 5 word die Ou-Testamentiese tekste wat in die debat oor selfdegeslagverhoudings ter sprake kom, binne hierdie konteks verklaar. Dieselfde patroon word in hoofstukke 6 en 7 met betrekking tot die Nuwe Testament gevolg: eers word die Grieks-Romeinse kultuur met die oog op seksualiteit en homoseksualiteit beskryf en dan volg die verklaring van die relevante Nuwe-Testamentiese tekste in daardie konteks. Hoofstukke 8 en 9 raak twee aspekte van die debat oor selfdegeslagverhoudings aan wat nie direk in die verklaarde tekste hanteer word nie, maar wat tog relevant is, naamlik enkellopendes en selibate asook die Christelike huwelik. Hoofstuk 10 verskaf 'n oorsig oor en kritiese evaluering van die pad wat die Algemene Sinode van die NG Kerk oor homoseksualiteit geloop het; en in hoofstuk 11 word ʼn slotwoord van die skrywers aan die kerk en homoseksueles in die kerk gerig.

Vanuit die gestelde vooronderstellings van die outeurs is die resultate van hulle ondersoek nie nuut nie. Die Skrif beskou die homoseksuele daad (eerder as die oriëntasie) konsekwent en deurlopend as sonde, maar nie as 'n groter sonde as enige ander sonde nie. In hierdie opsig dra die boek dus nie veel tot die debat by nie. Die bydrae lê veel eerder in die genuanseerde wyse waarop die outeurs met die Bybeltekste in hulle historiese konteks omgaan, en op die argumente ten gunste van 'n pro-gay lees van hierdie tekste antwoord. Waar sommige publikasies met dieselfde vooronderstellings en gevolgtrekkings die saak met 'n byl aanpak, doen Du Rand en Nel dit met 'n skalpel. Hulle aanpak is pastoraal van aard. Dit blyk uit hulle veroordeling van homofobie en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie. Hulle erken deurlopend die noodsaak van nederigheid in die Skrifverstaan rondom hierdie saak, sowel as die voorlopigheid van hulle bevindings. Krities beskou sou sekere aspekte meer aandag kon geniet het, byvoorbeeld die aanklag dat behoudende gelowiges nie konsekwent in hulle Skrifverstaan is nie (sekere prohibisies word nie meer gehandhaaf nie, maar ander soos dié op homoseksuele dade, wel). Hierop sou met duideliker begronding geantwoord kon word. Die outeurs slaag egter uitstekend daarin om die doel van hulle publikasie te bereik, naamlik om die behoudende standpunt oor selfdegeslagverhoudings te stel - 'n standpunt gebaseer op deeglike Skrifondersoek sonder om in die strik van fundamentalisme te trap. Ek beveel die publikasie met groot vrymoedigheid by teoloë en nie-teoloë aan.

 

 

Correspondence:
Hennie Goede
hennie.goede@nwu.ac.za

 


 

BOOK REVIEW

 

Education and theology: Two partners needing each other

 

 

Marius Nel

Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: Tijd voor verlangen: Persoonsvorming als toetssteen voor bevindelijke pedagogiek

Book Cover:

 

 

Author: A. de Muynck

ISBN: 978-90-75847-44-4

Publisher: Theologische Universiteit Apeldoorn, Apeldoorn, 2016, R134.91* *Book price at time of review

Driestar Educatief is a college of education in Gouda training teachers from a reformed perspective. The term, Driestar, refers to education occuring in the playing field of church-family-community. The college cooperates with the Theologische Universiteit Apeldoorn and established a chair in Christian Pedagogy that functions in Apeldoorn.

This book contains in an expanded form De Muynck's inaugural speech that he delivered on 2 December 2016 when he accepted the office of Professor in Christian Pedagogy.

The author argues that education has three purposes, namely to qualify learners for societal tasks, to socialise and orient them to the social and cultural order, and to form their personalities. To understand the learners, it is important to realise that persons are determined by a longing to understand the teaching process. De Muynck utilises Augustinus' picture of a seafarer on the way to a harbour to demonstrate the process of character formation.

There are several stumbling blocks in the way of the formation of a person, for instance the present-day emphasis on performance. This makes it difficult to give attention to children with specific needs. Another storm consists of the pressure learners experience to assimilate to the prevailing culture with its distinct values in contrast to Christian values and standards.

'Christian' formation of the person is defined in terms of a person's value as a God-given creation; the purpose is to form the person morally, cognitively and contemplatively to be like Christ (Gl 4:19). Christian pedagogy is defined as the clarification of pedagogical practice by way of empirical investigation to provide the practice with theoretical and conceptual material that might legitimate and improve the practice. While Pedagogy and Theology each has its own sub-context, they need to supplement each other in a suspenseful and potentially complementary relationship. Their field of overlap is the image of the human being and child, its vision on the world and the resultant epistemological implications, and the covenant (p. 33). Entrance for the educator into the theological domain of knowledge is via the biblical sciences, systematic theology, and church history while Pedagogy provides frameworks of understanding for practical theology in its guidance to the pedagogical and didactic needs of candidates for confirmation. Theology and Pedagogy are both normative disciplines providing conceptualisation and guidelines for social practices. For Pedagogy to be Christian, catholic (universal) and reformed, it should be inspired, informed and practiced from a Christian perspective. This can be described in terms of three themes, viz. living from grace, living by the Scriptures, and getting involved in the world as the reality of God. In practise it implies that the formation of a person should be done in terms of the following: the communication of one's dependency on God and the necessity of reflecting on oneself before God; the introduction of the Bible to the learner, not in its petrified greatness but as a speaking and living Word that is authoritative by itself; and the definition of the world around us in terms of compassion for those who are burdened by injustice (p. 45).

Dutch school education takes place in public, religious, neutral and private schools. Public schools are controlled by local governments while religious and neutral (or general-special) schools are also funded by the government. These schools are officially free of charge although they may ask for a parental contribution. Private schools do not receive any public funding and they are highly uncommon. Children attend elementary school between the ages four to twelve and then write an aptitude test (Cito Eindtoets Basisonderwijs) to determine the type of secondary education best suited for a pupil. This may be either voorbereidend middelbaar beroepsonderwijs, hoger algemeen voortgezet onderwijs, or voorbereidend wetenschappelijke onderwijs, implying that secondary education is highly specialised.

De Muynck's inaugural speech contributes to reflection about education in Christian schools, specifically from a reformed perspective. He illustrates the connection between theology and pedagogy in order to ensure that education and training operates from a biblical perspective and in close cooperation with the church.

In South Africa, students qualify as teachers from distinctly secularised state universities where a Christian foundation is not (or may not be) provided for them. This makes it imperative that the church and parents (and grandparents) should accept the responsibility of providing a Christian worldview and building a Christian personality in children. De Muynck's book can provide the basis for a scientific consideration of a Christian pedagogy that aims to develop a Christian character in learners. It would benefit theologians and education experts but also pastors, and may serve to stimulate the conversation in the church about the importance of education. The nature of the book, as a short overview, limits its usefulness in the academic field but it will still have utility for the church as such.

 

 

Correspondence:
Marius Nel
marius.nel@nwu.ac.za

 


 

BOOK REVIEW

 

Gesprek met God as die lewende Heer in gebed

 

 

Hennie J.C Pieterse

Department of Philosophy, Practical and Systematic Theology, University of South Africa, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: Bidden in het besef van Gods tegenwoordigheid

Book Cover:

 

 

Author: Gerrit Immink

ISBN: 978-90-2397-1122

Publisher: Uitgeverij Boekencentrum, Zoetermeer, 2016, R268,32* *Book price at time of review

Die hoofgedagte in Immink se navorsing en skryfwerk oor die dimensies van die geloofspraktyk kom in die huidige boek weer na vore soos dit ook in sy twee vorige boeke funksioneer (vgl. In God geloven: Een praktisch-theologische reconstructie, 2003:18; Het Heilige gebeurt: Praktijk, theologie en traditie van de protestantse kerkdienst, 2011:113). Die sentrale gedagte is die eksistensiële verhouding (betrekkings) tussen God en die mens in 'n a-simmetriese situasie. 'Als het geloof een daadwerkelijke betrekking tussen God en mens is, dan ondervinden we daarvan ook een werking' (Immink 2003:41). God is 'n persoonlike God met wie die gelowige mens op geestelike vlak deur die werk van Christus en die Gees kan kommunikeer. 'Onze geestelijke betrokkenheid op God en zijn heil heeft een intersubjectieve structuur: het gaat om een persoonlijke ontmoeting, waarin we ons aangesproken weten door God' (Immink 2003:277). Hierdie verhouding met God word lewend, dinamies en 'n ontmoeting met God as lewende werklikheid deur die performance in die erediens waarby ons in gebed, sang en die verkondiging van die Woord, deur die werk van die Gees, betrokke raak (Immink 2011:120-122). Die begrip performance hou verband met teater en toneelopvoerings waarin iets in scène geplaas word en die akteurs en toneelgangers tesame betrokke raak. In die performance word energie verwissel en daar gaan 'n kragtige werking daarvan uit. Dieselfde gebeur ook in die erediens waar die geloof geaktiveer word; maar ook in die persoonlike gebed is die biddende mens in gesprek met die lewende God in ''n gebeurtenis waarby God en die mens albei betrokke is (Immink 2016:140). In die besef van God se teenwoordigheid, verwag die gelowige mens in die gebed 'n lewende, eksistensiële ontmoeting met God op grond van die verbondsverhouding met Hom (Immink 2016:96-97, 202). Geloof in die kruis en opstanding van Jesus Christus is essensieel en die werking van die heil in ons lewens geskied deur die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees.

Om te bid is om met God in gesprek te tree. Op grond van 'n deeglike eksegese oor gebed in die Ou en Nuwe Testament stel Immink dat ons in gebed oor ons nood kan vra; danksegging en lof hoort ook daarby, asook voorbidding vir die gang van die evangelie en vir die welsyn van alle mense. Die aard van God se teenwoordigheid het 'n meervoudige gestalte in die gebed. As Skepper onderhou en versorg Hy ons lewe - dit bied vertroue en gee 'n anker; wanneer ons in die naam van Jesus Christus bid, glo ons dat Hy ons sonde versoen het, die lyding van die wêreld dra, die dood oorwin het en ons van ondergang red; die Heilige Gees werk in ons lewe en tydens ons gebed - hy gee ons insig in die waarheid van God, maak ons deel van die verlossing in Christus en inspireer ons tot 'n nuwe lewe (Immink 2016:201). So vertrou die bidder op God in 'n lewende, eksistesiële kontak met Hom.

Die outeur (emeritus professor in Praktiese Teologie van die Protestantse Theologische Universiteit) het met omvattende literatuur oor die gebed gewerk: van klassieke werke soos Augustinus, Aquinas, ouer boeke uit die twintigste eeu tot die mees eietydse werke soos John Caputo en John Dominic Crossan (2010) is gebruik. Gerrit Immink behandel in sy boeke die liberale tradisie as die een hoofstroom in die Protestantse geloofstradisie. Hy bevind dat die stroming te veel op die mens en sy gevoel en ervaring klem lê, sodat God, as ons teenoorgestelde, uit die prentjie verdwyn. Die openbaringsteologie van Karl Barth (die ander hoofstroom in die Protestantse tradisie) lê weer te veel klem op die teenoorgestelde kant sodat die inwoning van God se heil in die mens nie heeltemal tot sy reg kom nie. Hy hanteer dus 'n bybelse teologie volgens die gereformeerde tradisie waarin God én die mens (met sy geestevermoë en ervaring) in 'n lewende verhouding te staan kom. Hierdie boek oor gebed bied die leser 'n inleiding tot die eietydse denke volgens Immink se posisiebepaling in ons tradisie, en wel in 'n sekulêre samelewing soos die huidige Nederland. Hy skryf in alledaagse taal en gebruik konkrete belewenisse op so 'n wyse dat gewone lidmate dit kan lees en daarmee identifiseer. Daar is 'n rykdom Skrifverwysings wat hy meestal uitskryf vir mense wat nie meer in die Bybel geletterd is nie.

Hierdie boek oor gebed is 'n grondige teologiese werk wat vir predikante, dosente en teologiese studente uiters belangrik is in die tye waarin ons lewe - veral met die verskynsel van sekularisasie wat by ons ook al meer na vore kom. Hierdie boek word sterk aanbeveel vir almal wat in die gebed belangstel - teologies sowel as gewone gelowiges.

 

 

Correspondence:
Hennie Pieterse
pietehjc@absamail.co.za

 


 

BOOK REVIEW

 

'n Historiese blik op Paulus, sy werk en sy geskrifte

 

 

Hennie Goede

Unit for Reformed Theology and the development of the South African Society, Faculty of Theology, North-West University, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: Paulus

Book Cover:

 

 

Author: Adrio König

ISBN: 978-1-4316-1528-5

Publisher: Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2017, R199-94* *Book price at time of review

Die titel van hierdie publikasie trek onmiddellik aandag: 'Paulus'. Die impak wat hierdie apostel van Jesus Christus as Bybelskrywer en teoloog gemaak het, kan moeilik oorskat word. Daarom is publikasies oor hom en sy teologie geneig om op een of enkele aspekte van sy persoon en werk te fokus. Adrio König kyk egter met 'n wyehoeklens na Paulus soos die beskrywing op die voorblad suggereer: 'Die indringer-apostel wat die evangelie gered het'. Die outeur is bekend as 'n uitgesproke en kontroversiële teoloog en sy unieke benadering tot Paulus en sy teologie doen sy reputasie in hierdie opsig gestand.

König beskou Paulus en sy werk deur 'n historiese bril. Hy bespreek die hoofaspekte van Paulus se teologie soos dit met verloop van tyd ontwikkel. Daarom volg die bespreking nie die Paulusbriewe se kanoniese volgorde nie, maar eerder die historiese volgorde volgens datering. Die gevolg is dat die publikasie 'n unieke mengsel van besondere kanoniek, sosio-historiese konteks en dogmatiek aanbied.

In hoofstuk 1 stel König die vraag wat as die fokus van hierdie werk beskou kan word: 'Het Paulus ons van Jesus beroof?', of anders gestel: 'Het Paulus dan 'n ander evangelie verkondig as wat Jesus tydens sy aardse bediening verkondig het?' Die outeur se antwoord is dat Jesus se bediening in sy staat van vernedering geskied het, terwyl Paulus vir Jesus as die Opgestane en Verheerlikte verkondig. Hierin hoor mens weerklanke van Rudolph Bultmann se onderskeid tussen die historiese Jesus en die opgestane Christus. Tog stel König dit dat hierdie onderskeid nie deur Paulus getref is nie, maar eerder deur die verheerliking van Jesus na sy verlossingswerk afgedwing is en so 'n nuwe bedeling ingelui het waarvan Paulus die baanbreker was.

In die lig van hierdie stelling, ondersoek die skrywer vervolgens die lewe en werk van Paulus (sy preke ingesluit). Hy fokus ook op enkele temas uit die werke van die apostel wat histories (en soms dogmaties) belig word: redding deur geloof in Christus alleen, die kruis en opstanding van Christus, die doop en besnydenis, die nuwe lewe in Christus en deur die Gees, die kerk, die wederkoms en God. Die hoofstuk oor die plek van Israel in die teologie van Paulus verdien besondere vermelding, aangesien König, na my mening, daarin slaag om die saak eenvoudig te stel sonder om die ingewikkeldheid daarvan te onderspeel. Telkens raak die skrywer ook in die lig van die publikasie se fokus sake aan wat vir vandag se kerke relevant is, byvoorbeeld die rol van die vrou in die kerk, die missionale karakter van die kerk en 'n tendens onder sommige Christene om terug te keer na die seremonies en gebruike van die Ou Testament.

Die skryfstyl is gemaklik, hoewel daar heelwat herhaling voorkom. Dit blyk wel asof die laaste paar hoofstukke meer aandag verdien as wat daaraan gewy is. Die onderwerpregister is baie bondig en uitbreiding hiervan sou moontlik die publikasie 'n staanplek as verwysingsgids oor Paulus kon gee. 'n Kontroversie wat die skrywer nie aanraak nie, is die Nuwe Perspektief op Paulus wat spesifiek inspeel op 'n alternatiewe interpretasie van die Jode se klem op verlossing deur goeie werke. Indien in ag geneem word dat hierdie boek enersyds 'n meer populêre publikasie is en andersyds die sentrale rol wat hierdie saak in die outeur se argument speel, sou 'n beskrywing hiervan tog relevant wees.

König slaag in sy doel met hierdie publikasie omdat sy historiese beskouing van Paulus, sy werk en sy geskrifte die ruggraat daarvan vorm. Enige historiese beskouing van 'n antieke teks is tot 'n mindere of meerdere mate op aanname, teorie en konstruksie gebaseer. Hieroor sou 'n mens sekerlik van die skrywer kon verskil, maar in die geheel gesien, bied hy 'n nuttige historiese raamwerk vir ons verstaan van die apostel wat na die nie-Jode gestuur is. In die slothoofstuk kom die outeur tot die gevolgtrekking dat die wetsvrye evangelie van die buitestander, Paulus, eerder as die wetsgebonde evangelie van die binnekring in Jerusalem, die evangelie vir alle mense word. So bereik God deur die verlossingswerk van sy Seun en die vernuwingswerk van sy Gees sy doel met sy evangelie, naamlik om genade en redding aan alle mense te laat verkondig. So word ons ook deel van God se begenadigdes.

Ek beveel hierdie publikasie met vrymoedigheid aan.

 

 

Correspondence:
Hennie Goede
hennie.goede@nwu.ac.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License