SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3The necessity of reckoning with metatheoretical assumptions in scientific practical-theological researchDoing trinitarian theology: Primary references to God and imagination índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.49 no.3 Pretoria  2015

http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i3.1894 

ORIGINAL RESEARCH

 

Pastorale bediening van skuldbelydenis en versoening deur liturgiese handelinge

 

Pastoral ministry on the confession of guilt and reconciliation through liturgical acts

 

 

Barend J. de Klerk

Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence

 

 


ABSTRAKTE

God se gawe, naamlik sy Seun, deur Wie verlossing van sonde en versoening met die mens bewerk is, staan sentraal in die Christelike belydenis. In die bediening van pastorale sorg en in die liturgiese handelinge is die gemeenskaplike doel die herstel van verhoudings, die versoening met God, met mekaar en met die self. Dit lei tot die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, naamlik wat die verhouding tussen die pastorale bediening van skuldbelydenis en versoening en die liturgiese handelinge daarvan is. Die aspekte wat aandag kry, is die pastorale sorg wat die gemeenskap aan mekaar behoort te bied, die verhouding tussen die pastorale sorg en die liturgie, die krag van rituele en 'n oorsig oor die ritueel van skuldbelydenis en versoening, enkele voorbeelde van sonde wat 'n gemeente kan bely en daarna die pastorale bediening deur rituele van berou en verootmoediging, sonde- en skuldbelydenis, vergifnis, absolusie en versoening. Die konklusie is dat die kommunikatiewe handeling van skuldbelydenis en versoening as 'n selfstandige handeling in die liturgie van die gemeente 'n kragtige pastorale bediening vir die gemeente as 'n geheel en vir die lidmate afsonderlik kan wees.


ABSTRACT

God's gift of his Son, through Whom he established redemption of sins and reconciliation with man, is central to the Christian confessions. In the ministry of pastoral care and in the liturgical acts the common goal is to re-establish relationships, reconcile with God, the other and the self. This leads to the question examined in this article, viz. what the relation between the pastoral ministry of confession or guilt and reconciliation and the performing of liturgical acts is. Attention is given to the following aspects: the pastoral care the community should give to each other, the relationship between pastoral care and liturgy, the power of rituals and an overview of the ritual of the confession of guilt and reconciliation, a few examples of sins a congregation may confess and subsequently the pastoral ministry through rituals of contrition and humiliation, confession of sin and guilt, forgiveness, absolution and reconciliation. The conclusion of this article is that the communicative act of confession of guilt and reconciliation as an independent act in the liturgy of the congregation, could be a powerful pastoral tool to the congregation as a whole and to members individually.


 

 

Inleiding

Die hart van die Christelike godsdiens draai om Jesus Christus wat die mens van sy sondesmet, van sondige gedagtes en dade en van skuld voor God verlos. Daarom is die rituele van berou, skuldbelydenis, vergifnis, absolusie en versoening noodsaaklik in die gemeenskapsbeoefening binne die ruimte van die liturgie van die samekoms en die liturgie van die lewe (vgl. Koehler 1982:38). In die bediening van pastorale sorg is skuldbelydenis en versoening die uiteindelike doel in die herstel van alle verhoudings: met God, met mekaar en met die self. Die wisselwerking tussen die liturgie en die pastoraat blyk reeds uit hierdie gemeenskaplikheid rondom skuldbelydenis en vergifnis.

Liturgiese handelings is in die middelpunt van die Christelike lewe, want die liturgie weerspieël nie net die inhoud van die evangelie nie, maar ook die lewe van die bepaalde geloofsgemeenskap. Ballard (2007) stel:

The Christian community is created and made visible in and though its worship expressed in Word and sacrament. This is the public service, the leitourgia, or liturgy (Ro 12:1) that is the hub of all Christian life and action. (p. 37)

In die liturgiese handelings is daar altyd 'n gemeenskap byeen wat hulle nood, skuld en sonde voor God kan bring en wat deur die werking van die Gees en Woord daarvan bevry kan word. Hierdie gemeenskap is deur God saamgeroep, hulle beoefen gemeenskap met God en mekaar en kan daarom na mekaar in die proses van genesing en groei na volwassenheid omsien.

Volgens Lyall (2005) is liturgie 'n bron vir pastorale sorg, want die liturgiese handelinge voorsien 'n nuwe wyse waarop die werklikheid verstaan kan word, asook 'n stel norme waarvolgens gelowiges hulle lewe kan inrig. Lyall (2005) stel dat Brueggemann:

presents us with a very different understanding of the relationship between worship and pastoral care, not one of conflict but one in which worship and pastoral care are complementary, the pastoral relationship finding its context in a liturgical context which challenges accepted conventional values and makes possible new ways of seeing things (p. 230).

Die navorsingsvraag wat in hierdie artikel ondersoek word, is wat die verhouding tussen die pastorale bediening van skuldbelydenis en versoening en die liturgiese handelinge daarvan is. Hieruit vloei verdere vrae voort, naamlik wat die wese van die rituele van skuldbelydenis en versoening is en hoe die pastorale bediening deur hierdie kommunikatiewe handelings kan realiseer.

 

Pastorale sorg en die gemeenskap van gelowiges

Die uniekheid van pastorale sorg in onderskeid met ander vakwetenskappe wat ook met menslike behoeftes te doen het, lê in die vraag na God. Wie is die God wat met sy skepsels handel? Van Deusen Hunsinger (2011) gee 'n duidelike definisie van die pastorale teologie wat juis hierdie punt beklemtoon:

Pastoral theology, as I understand it, is first and foremost a theology of God's care for the world in Jesus Christ, in which we are invited to participate. This means that all pastoral care depends on prayer, leads to worship and trust in the promises of God. (p. 9)

In navolging van Christus se sorg, is pastorale sorg liefde, omgee vir mekaar en 'n verbintenis aan mekaar (Smith 2012:46). Dit behels veral die begeleiding van gelowiges om in die teenwoordigheid van God te leef en in gemeenskap met God die gees (nous) van Christus te ontdek sodat hulle in praktiese lewenswysheid en onderskeidingsvermoë kan groei. 'The aim of pastoral counselling is not to get people merely to feel better or to act differently, but to be different' (Koehler 1982:36). Die fokus is daarom grotendeels op die pastorale sorg wat die geloofsgemeenskap aan mekaar kan en behoort te bied.

Teenoor hierdie siening van pastorale sorg, kom daar in die laaste deel van die twintigste eeu 'n verskuiwing in die veld van pastorale sorg. Thesnaar (2010) stel dit soos volg:

It can be described as a move away from the theology frame of pastoral care to a psychological frame of pastoral care. It is almost as if pastoral care has lost its plot in terms of its true identity. (p. 267)

Die vraag is of pastorale sorg dan slegs die verantwoordelikheid van professionele terapeute of nog steeds die roeping van die kerklike gemeenskap is. Met hierdie nuwe wending word die pastorale sorg uit die midde van die gemeente geneem en aan gespesialiseerde terapeute gegee (Nauta 2008:585; Thesnaar 2010:268). Hierdie tendens het meegebring dat pastorale sorg nou merendeels in 'n een-tot-een-verhouding bedien word en dat dit gevolglik op individuele probleemoplossings toegespits word en nie soseer op die gemeenskaplike groei en onderlinge sorg nie. As liggaam van Christus is die lede sodanig verbonde dat wanneer die een lid ly, al die lede saam ly, en so is dit ook met die vreugde van lede van die een liggaam. In die gemeenskap van gelowiges, veral waar hulle in aanbidding saam is, is die einddoel nie net genesing nie, maar veral versoening, sodat die gemeenskap bedienaars van die versoening kan wees.

Schweitzer (2009) maak onderskeid tussen wat hy noem pastoral care en pastoral counselling:

Pastoral counselling is an activity that takes place outside the context of worship and is conducted by someone with training beyond what the average minister acquires in seminary, pastoral care is an activity that is engage in by the whole people of God. (p. 46)

Hierdie artikel sluit aan by die onderskeid wat Schweitzer maak sonder om daarmee te impliseer dat individuele pastorale berading onwenslik is.

 

Verhouding tussen liturgie en pastorale sorg

Liturgie bestaan uit verskillende kommunikatiewe handelinge waarin God die inisiatief neem en die gemeente met sy Gees en Woord ontmoet en daardeur die gemeente in staat stel om Hom en mekaar te ontmoet deur op sy Woord te antwoord. In hierdie kommunikatiewe handelings leer die gemeente nie net God se heiligheid en genade ken nie, maar daar vind ook genesing en veral groei tot heelheid plaas. Omdat dit God is wat die besondere gemeente op 'n besondere plek en tyd ontmoet, behoort die liturgie teologies suiwer en kultureel relevant te wees. Juis omdat dit God en sy gemeente is wat in die liturgie gemeenskap met mekaar beoefen in die konkrete werklikheid van elke dag, kan genesing en groei deur pastorale sorg plaasvind. Schweitzer (2009:49) stel dit sterk: 'Worship doesn't simply function as a form or an aspect of pastoral care; when we are attentive to the context of our congregation, worship becomes pastoral care.'

Daar is duidelike gemeenskaplike aspekte in liturgie en pastorale sorg. Albei is kommunikatiewe handelings en die Heilige Gees gebruik albei om groei in die uitstraling van die beeld van Christus te bevorder. Die gemeenskaplike doel is ook om genesing en groei na volwassenheid in die geloof te fasiliteer (Janse van Rensburg 2001:50, 55). Pastorale handelings vind in die liturgiese rituele van skuldbelydenis en versoening, van Skriflesing en prediking, van gebede en sang en van sakramente en die ontvang van die seën van God plaas (Tidball 2008:197). Verder het die handelings in die liturgie dieselfde doel as die visie wat vir pastorale sorg gestel word, naamlik 'n herstelde, gesonde en versoende verhouding met God, die medemens en die self. Teenoor 'n humanistiese beskouing van wie die individu en die se selfbeeld is, is die Godsbeskouing en die beskouing van die gelowige as verloste en vernuwe mens in die liturgie sowel as in die pastorale sorg deurslaggewend. Waardes en norme stem ooreen en genesing beteken ten diepste versoening tussen God en die mens, en tussen mens en mens. Hoop as die absoluut sekere verwagting het 'n kragtige uitwerking in die liturgie en die pastorale sorg vir groei in heiligmaking en bemoediging van mekaar op pad na heelheid in Christus (vgl. Vignaud 1980:103-106).

Daar kom ook wel skeeftrekkings in die verhouding tussen die liturgie en pastorale sorg voor. Soms is daar liturge wat net op geykte tradisies en formalistiese herhaling van rituele fokus sonder om kultureel relevant te wees of met die huidige konteks rekening te hou en wat ook onsensitief is vir die pastorale faset van die liturgie. Liturgie kan ook nie as terapeutiese gereedskap misbruik word nie, want handelings in die liturgie is nie 'n soort magiese kraguitoefening om psigiese siektes te genees of om pasiënte tot 'n valse soort herstel te manipuleer nie. Aan die ander kant is daar professionele terapeute wat poog om nie hulle geloofsoortuigings in die spel te bring nie en dan neem hulle die onkrities filosofiese vooronderstellings en tegnieke van sekulêre terapieë oor. Hierdeur word die waarde van die geestelike welstand, wat deur deelname aan die liturgie bewerk word, ontken (vgl. Lyall 2005:229). Brueggemann (1991) sien die doel van professionele terapie as verstellings sodat die individu weer goed in die samelewing kan funksioneer. Daarteenoor stel hy dat die taak van pastorale sorg is om die verbeelding en perspektief van gelowiges so te voed dat hulle die sin van die lewe, sonde, worsteling, vergifnis en versoening in die lig van hulle verhouding met God en mekaar kan sien. 'This imagination is shaped, mediated and made available primarily through the practice of liturgy' (Brueggemann 1991:176).

 

Die krag van rituele

Liturgie kan ook omskryf word as rituele repertoires waarmee Christelike geloofsgemeenskappe hulle geloof tot uitdrukking bring (Barnard & Post 2001:9). Rituele kan deur die werking van die Heilige Gees godsdienstige ervarings oproep (Lukken 2005:150). Een van die beste voorbeelde is Jesus wat by die viering van die Pasga net voor sy gevangeneming, die geleentheid gebruik om 'n uiters belangrike waarheid oor wat met Hom gaan gebeur, aan sy dissipels te kommunikeer. Hy stel die nagmaal spesifiek eers by die broodwoord en die derde beker in (en nie tydens die ander handelings van die Pasga nie) om die dissipels (en die Christelike gemeenskap) sodoende te verseker dat hulle sy teenwoordigheid telkens kan ervaar wanneer hulle hierdie ritueel ter herinnering aan Hom doen. Die funksie van 'n ritueel word deur Smith (2012:5) beskryf: 'Ritual, then, strategically establishes a contrast that privileges one moment over other similar moments, making it special, meaningful, and holy.'

Wepener (2009:33-36) vorm 'n definisie van rituele deur by Grimes se rituele kwaliteite en Lukken se dimensies van rituele aan te sluit. Wepener (2009) kom dan tot 'n goed deurdagte definisie van rituele wat vir hierdie kort oorsig oor rituele genoegsaam is:

Rituals are often repeated, self-evident, symbolic actions, that are always interactive and corporeal, sometimes accompanied by texts and formulas, aimed at the transfer of values in the individual or the group, and of which the form and content are always culture, context and time bound, so that the involvement in the reality which is presented in the rituals remains dynamic. (p. 36)

Daar moet aan die verkeerde gebruik van rituele ook aandag gegee word. Rituele kan onnadenkend gebruik word as oorgeërfde tradisies, as gewoontes en as blote repetisie. Aan die ander kant moet daarteen gewaak word om van die ritueel magiese krag te verwag waardeur op 'n misterieuse wyse deur woorde en simbole iets buitengewoon bewerk kan word (Parmentier 2002:30). Die belangrikste norm wat vir 'n ritueel in die liturgie van die Christelike kerk aangelê kan word, is om te bepaal of die Paasgebeure die basis daarvan vorm of nie. 'The paschal mystery is the crux - the cross, the intersection, the heart of the Christian ritual' (Smith2012:128). Dit gaan om God wat Homself in die geskiedenis veral in die Persoon van Jesus Christus geopenbaar het en in wie verlossing uit die mag van die sonde en die dood moontlik geword het. 'All Christian ritual is directed toward Jesus of Nazareth, in whom God, full of compassion, regards mankind, and in whom He is constantly at work for us' (Lukken 2005:151). Met die fokus op Christus en deur die werking van die Heilige Gees kan rituele transformasie by individue en 'n hele geloofsgemeenskap meebring.

Die rituele wat geloofsgemeenskappe se geloofsoortuiging tot uitdrukking bring deur berou, skuldbelydenis, vergifnis, absolusie en versoening, is ten volle op die verlossingswerk van Christus gefokus en dus kan gelowiges met vrymoedigheid aan hierdie handelinge deelneem. 'There is a sacred trust in inviting persons into a ritual setting in which they are free to be vulnerable without being afraid' (Smith 2012:7). Hierdie rituele het deur die werking van die Heilige Gees die vermoë om deelnemers in die sekerheid van vergifnis te laat groei; dit kan weer tot dieper berou en inniger skuldbelydenis en toenemende vreugde vanweë die absolusie en versoening lei. Hierdie rituele kan ook verligting bring in tye van lyding en van oorgange en veranderings.

 

Oorsig oor die ritueel van skuldbelydenis en versoening

Die oorkoepelde ritueel wat in hierdie artikel genoem word, die ritueel van skuldbelydenis en versoening, bestaan uit berou en verootmoediging, skuldbelydenis, vryspraak en versoening - nie noodwendig altyd in hierdie volgorde nie. Hierdie liturgiese handeling is in die gereformeerde belydenisskrifte, onder andere in Artikels 14, 15, 17, 20-22 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, Sondae 2-6 van die Heidelbergse Kategismus en in Hoofstukke 2, 3 en 4 van die Dordtse Leerreëls gegrond. Die hele Belydenis van Belhar handel grotendeels oor hierdie aspekte.

Waarom ontbreek die gesamentlike beoefening van hierdie ritueel nog in sommige tradisioneel reformatoriese kerke tydens eredienste? Dalk is dit omdat liturge glo dat die skuldbelydenis en die versoening genoegsaam aan die orde in die prediking en die gebruik van die sakramente kom. Dalk is dit omdat die ritueel geformaliseer word deur onnadenkend tekste aan te haal of dalk nog dieper en meer waarskynlik, omdat sondebesef in 'n suksesgedrewe wêreld kwyn en dat genade daardeur goedkoop gemaak word. 'n Liturgie met oppervlakkige sondebesef en skuldbelydenis of wat algeheel daarsonder gaan, loop die gevaar om oppervlakkig en sentimenteel in sy geloofsuitdrukking te word (vgl. Cilliers 2003:32).

Skuldbelydenis en versoening is basiese konsepte van die Ou-Testamentiese openbaring (vgl. onder andere die skuldbelydenis in Ps 32 en 51 en die versoening in Spr 28:13). Die Nuwe Testament volg die lyn van die eenheid van berou, verootmoediging, skuldbelydenis, verlossing, absolusie en versoening (De Klerk 2012:62). By die Apostoliese Kerkvaders kan na 'n aanhaling uit die Didache verwys word: 'Confess your sins in the congregation and do not enter prayer meetings with a bad conscience' (4.14; White 1992:147). In die Middeleeue het die biegpraktyk die gebruik om in die gemeente die gemeenskaplike sonde te bely, vervang met die sondebelydenis van 'n individu teenoor iemand uit die klerus. Die Reformatore het die verootmoediging en die versoeningsdiens in die midde van die samekoms van die gemeente teruggebring in navolging van die Apostoliese Vaders en die Kerkvaders. Onder invloed van die Rasionalisme van die sestiende eeu is alle klem op die prediking geplaas en het verootmoediging en versoening as aparte handeling verdwyn. Dit is by die Sinodes van Middelburg (1581) selfs as amptelike besluit genotuleer (vgl. Vos & Pieterse 1997:224). Daar is vandag prysenswaardige reformatoriese pogings om verootmoediging en versoening weer as 'n betekenisvolle, selfstandige handeling in die erediens terug te bring (Fenwick & Spinks 1995:5-11).

 

Enkele voorbeelde van sondes wat die gemeente kan bely

Wat telkens voor God bely moet word, is die algemene boosheid wat aan alle gelowiges in die gemeente kleef.

Sonder om te probeer om voorbeelde van al die moontlike gemeentelike sondes aan te dui, word enkele kategorieë hier genoem. Die bedoeling is om met hierdie voorbeelde moontlikhede vir pastorale sorg deur die liturgiese handeling aan te dui.

Omdat die gemeente die liggaam van Christus is, raak die sonde van een lid ook die ander, en om daarvan verlos en gesuiwer te word, behoort die hele gemeente dit te bely sonder om liefdeloos sekere heimlike sondes van lidmate te openbaar. In die skuldbelydenis van 'n gemeente voor God is 'n belangrike erkenning dat lidmate medesondaars is (Muller 2006:656). Die sonde van die lede raak ook die heerlikheid van die Hoof van die liggaam, Christus.

Een van die gevaarlikste en mees algemene sondes is onvergenoegdheid, gepaardgaande met 'n gevoel van veronregting wat maklik in bitterheid kan omsit. Navorsing deur Nauta (2008:588) sluit die resultate van navrae oor die opinies van teologiese studente van Tilburg, professionele pastorale beraders en psigiaters, asook soortgelyke empiriese navorsing in die VSA oor watter sonde as die ernstigste beskou word in. Dit sluit hoogmoed, jaloesie, lus, maar veral wat Nauta melancholia noem, in. Sowel hoogmoed as jaloesie druk die behoefte aan die ontbrekende empatie en ondersteuning, erkenning en bewondering uit. Jaloesie gaan oor die erkenning van wat ander kry, maar wat ten onregte (volgens hierdie persone) nie aan hulle gegee word nie. Nauta (2008) gee sy navorsing soos volg weer:

The most deadly sins are held to be lust and melancholia. ... Melancholia is the feeling of being lonely and alone, abandoned by God and man, with bitterness that makes life inhospitable and feeds despair. They feel they have been wronged in life, that they have not received what they considered in all reasonableness, as their due. (p. 588)

Sondes wat meestal die hele gemeente raak, is die sonde van koudheid, louheid in die diens van die Here en die medemens, byvoorbeeld dat die gemeente nie genoegsaam na mekaar omsien nie, te veel na binne gerig is en nie die evangelie in woord en daad uitdra nie.

Die verskillende sondes van die gemeenskap word nie altyd deur die gemeente voor God bely nie. Jesaja bely byvoorbeeld nie net dat hy self sondig is nie, maar dat hy onder 'n sondige volk woon (Jes 6:5; vgl. ook Neh 1:5-7).

 

Pastorale bediening deur rituele van berou en verootmoediging

Die uitspreek van berou, hartseer, die diepste pyn in 'n sug of soort treuruiting (lament) is 'n deurslaggewende eerste stap in pastorale genesing, want hierdie pyn word deur hoop gedra. Smith (2012:97) stel dit so: 'The juxtaposition of hope and lament is central to Christian theology, Christian worship and Christian daily living.' Die opregte ervaring van berou deur die geloofsgemeenskap het nie net 'n voortdurende genesende uitwerking op die lewe van die gemeente nie, maar is deel van die proses wat tot verdere groei in die geloof lei. Hoe dieper die berou en hartseer, hoe sterker die hoop op volkome bevryding.

God neem die inisiatief in die begeleiding van sy huisgesin in verootmoediging, want sy identiteit as tegelyk regverdige en genadige God gee aan gelowiges die vrymoedigheid om in sy teenwoordigheid selfondersoek te doen. Trouens, God vergewe sondaars nog voordat hulle tot berou en verootmoediging kan kom. Dit is sy genade wat die basis van die kommunikatiewe handeling van verootmoediging en versoening vorm. Dawid kon in Psalm 51 net op grond van die genade van die Here tot rou en die uitspreek van sy diepste pyn gelei word, nadat hy aanvanklik sy sonde probeer wegsteek het. God se inisiatief beteken ook dat Hy sy Heilige Gees gee om stompsinnige, blinde en moedswillige sondaars van sonde te oortuig en tot berou te bring (Joh 16:8-11; Troeger 2006:1246).

Omdat die diens aan God deur die Gees en in waarheid geskied, is die Gees deur die Woord kragtig in die ritueel van berou en verootmoediging werksaam. Die Gees bring die gemeente onder die besef dat hulle in die teenwoordigheid van die heilige God verkeer. Hy neem die skille van die selftevrede oë weg en laat die gemeente tot waarneming kom. Die waarneming is na alle kante: heilige ontsag vir die magtige God, sy eise en sy oordeel enersyds, en andersyds die smet, sonde van opstand teen God, skuld, en misdade wat meebring dat almal strafwaardig voor die regverdige Regter is. Die Gees getuig ook van die verlossing, want die krenking van God se liefde laat berou verdiep. God het ons so innig lief dat Hy Christus gegee het sodat ons nie verlore gaan nie (De Klerk 2012:62). Die Gees oortuig ons van God se heilige eise, wat in die Groot Gebod van Matteus 22:36-40 saamtrek en van ons growwe nalatigheid om God met alles en ons naaste soos onsself lief te hê.

Omdat die Gees liefde in ons harte uitstort, word die wond van gekrenkte liefde wat diep in ons skynheilige hart toegegroei het, oopgemaak. Hierdie wond is die rou wond van oopgevlek wees voor God, die pynlike proses van die besef van die erns van die sonde van gebrekkige liefde. Dit is die berou oor ons skending van die verhouding met God. Die berou word sterker omdat sonde die verhouding met God en sy skepping, asook met die naaste en met die self, laat verbrokkel (vgl. DeVries 2008:74-89).

Die dieptepunt van rou kom uit die pyn wat sonde vir die drie-enige God meebring. Die Vader se worsteling met sy volk na die uittog uit Egipte en die waarskuwings van die profete oor eeue heen vertel van God se voorneme om die volk te vernietig, en dan soms van sy berou oor die voorneme. Hy wat volkome regverdig is en die sonde moet straf, gee uit liefde 'n Plaasvervanger, sy eie Seun, om die sondaar te spaar (Doriani 2003:38). Omdat die gemeente ten spyte van hierdie magtige liefdesdaad nog voortgaan om te sondig, sny die besef dat God se liefde gekrenk word, rou wonde verder oop. Wanneer die gemeente met die geloofsoog Christus se lyding, sterwe en opstanding sien en daardeur verseker is dat Hy hulle tot die uiterste toe liefhet, is die besef van onmag en onwilligheid om ten bloede teen die sonde te stry 'n verdere oopruk van die wond van berou (Krenz 2006:34). Die voortdurende herinnering dat sonde die Gees van God bedroef en dat die Gees daarmee geblus en teengestaan word, kan nie anders as om intense rou en berou te veroorsaak nie. Die rou wond is die wond van die besef van die mens se liefdeloosheid.

Die berou, die rou pyn van skuld en skaamte voor God kom tot uiting in sug en treur (lament). Die Gees doen nog meer. Hy sug saam met ons. Wie in die teenwoordigheid van God hulle liefdeloosheid ontdek, en daardeur ook hulle boosheid en absolute broosheid, kan nie anders as om te sug nie. Die sug van Dawid in die Ou Bedeling (Ps 51) en die sug van Petrus in die Nuwe (Joh 21:15-18, veral 18), is hiervan voorbeelde. Die sug het altyd 'n ander kant, naamlik die kant van hoop en vergifnis (vgl. Ackermann 2007:26). 'In mourning hope is maintained and life restored' (Nauta 2008:591). Die sug wat die Gees in ons wakker maak, lei daartoe dat die berou voor God in verootmoediging kan oorgaan.

Ootmoed is die teenoorgestelde van hoogmoed, maar dit is meer as om net nederig voor God te wees. In Psalm 51:19 word verootmoediging beeldryk beskryf: ''n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart' (1933-vertaling); 'a broken spirit; a broken and contrite heart' (NIV: verse 17). 'n Verslae hart is 'n stukkendgeslane, verbreiselde hart, en dit gee uiting aan 'n diepe besef van hulpeloosheid, naaktheid en verlorenheid voor God. Iemand wat berou het oor hulle sonde en skuld voor God, is so stukkend geslaan dat hardheid in weekheid en hoogmoed in ootmoed verander en dat redding van niemand anders as God verwag word nie (Ridderbos1958:96). Calvyn (Calvin 1950) beskryf dit aangrypend in sy kommentaar op Psalm 51:

Where the spirit has been broken and the heart has become contrite, through a felt sense of the anger of the Lord, a man is brought to genuine fear and self-loathing, with a deep conviction that of himself he can do or deserve nothing, and must be indebted unconditionally for salvation to Divine mercy. (p. 306)

Wanneer die Heilige Gees deur die woorde van die liturg sommige van die lidmate se berou oor die sonde van verbittering en onvergenoegdheid in vele opsigte voor God bring, is die seer en pyn wat hierdie oopmaak van die sonde bring alreeds 'n kragtige pastorale handeling wat onderdrukte gevoelens oopvlek soos 'n mes 'n sweer oopsny. As die ritueel van berou en verootmoediging die besef van die liefdeloosheid van die gemeente in die miskyk van armes, depressiewes, treurendes, eensames en soekendes kan laat deurbreek, kan berou en verootmoediging pastorale verligting meebring. Die gewete van die gemeente of van spesifieke ongenoemde lidmate wat bewustelik of onbewustelik swaar druk as gevolg van die onderdrukking van die sondes, kan verligting en genesing ontvang.

 

Pastorale bediening deur die ritueel van sonde- en skuldbelydenis

Die sekerheid van die gemeente dat God genadig is tesame met die gemeente se gebroke hart en verslae gees van ootmoed, lei tot nederige, opregte en soms pynlike belydenis van sonde. Sondebelydenis is pynlik omdat die gemeente as 't ware voor God sterf deur hulle eie selfregverdiging, allerlei verskonings, skuldverplasing en rasionalisering van skuld af te lê (vgl. Koehler 1982:41). Die besef van God se teenwoordigheid, die heilige erns van sy eise en die sekerheid van sy beloftes laat die gemeente hulle sonde en skuld openlik noem, naamlik die ongehoorsaamheid teenoor God en die onreg teenoor die naaste. 'The words are weapons against self-fraud and hypocrisy behind which we hide from God, from our neighbours and from ourselves' (Smit 1995:5).

Daar mag krities gevra word na die selfstandige plek van sonde- en skuldbelydenis. Kom hierdie elemente nie buitendien in elke gebed voor nie? Moet daar nog 'n afsonderlike gebed van skuldbelydenis in die kommunikatiewe handeling wees? Calvyn (Inst. 3. 4, 11; 1988:819) antwoord dat wanneer nagedink word oor hoe groot ons onbesorgdheid, ondankbaarheid, oppervlakkige en formalistiese sondebelydenis in algemene gebede is, dan moet ons toegee dat dit 'n heilsame instelling is dat Christene met een of ander doelbewuste en plegtige belydenis tot ootmoedige uiting van hulle sonde kom.

Die digter van Psalm 32 vertel van sy pyn en lyding toe hy oor sy sonde geswyg het en hoe 'n sondebelydenis vir hom verligting van die las van sy sonde gebring het. Omdat God die gemeente saamroep en hulle in sy teenwoordigheid verkeer, behoort hulle telkens hulle verskillende sondes en skuld te bely. Die wreedheid en boosheid van sonde en nalatigheid behoort konkreet in duidelike woorde voor God gebring te word. So lank die gemeente vaagweg en formalisties hulle sonde noem, kan hulle nie vry wees nie. De Gruchy (1989:37) gee 'n voorbeeld hiervan: Bonhoeffer het die swak en vae skuldbelydenis in die Barmen Verklaring in 1934 as onvoldoende aangedui en die gevolge hiervan vir die Duitse volk was katastrofies. Hierdie gruwelike fout moes in 'n meer konkrete, uitdruklike, verstaanbare en suiwer liturgiese belydenis van skuld reggestel word. Dit het eers na die Tweede Wêreldoorlog in 1945 plaasgevind.

Smit (1995) beskryf skuldbelydenis aangrypend:

For a Christian, confession no longer means attempting to suppress or deny your deepest nature, but to acknowledge the rightness of God's judgement on you, to see yourself and your past as God and those closest to you, your neighbours, see and remember you and your past. Without such remembrance and such acknowledgement or confession there can be no liberation or reconciliation. (p. 3)

'n Vurige belydenis van skuld dui aan dat 'n gemeente daarna smag en gereed is om vergifnis te ontvang - vergifnis wat alleen uit genade geskenk word. Die gebed van skuldbelydenis is daarom 'n voortdurend beweging uit die sonde na vergifnis en het deur die werking van die Heilige Gees transformerende krag. Die gebed bied ook 'n vergesig van wat kan wees: 'The glimmering facet of corporate prayer is its capacity to refocus and re-form the spiritual and moral vision of a group in a way that transforms relationships' (Hange 2006:8). Skuldbelydenis is daarom regstreeks aan daaglikse bekering verbind.

Die worsteling om woorde vir die pyn en droefheid te vind wat die sonde vir God en die medemens veroorsaak, kan ook 'n nuwe perspektief op die voortgang van die gemeente se lewe bring. Smith (201212) stel dit dat 'Reflecting on the waiting or the struggling may shift our perspective; even prepare us for the next stage of the journey.'

Lidmate wat ernstige konflik in die huwelik of maatskaplike lewe beleef, of wat 'n wrok teenoor 'n ander vir 'n geruime tyd koester, of wat deur onderlinge diepgaande verskille in rusies met mekaar of die kerklike leiding betrokke geraak het, kan deur die liturg se duidelike uitspel van die sonde, bevryding van God kry. Lidmate kan veral deur die uiting van sonde wat lank vir ander weggesteek is, en deur die transformerende krag van die gebed van skuldbelydenis die dapper stap neem om met God se oordeel oor hierdie sonde saam te stem. Deur die eerlike en openhartige naamgewing van die sonde in die teenwoordigheid van God en die gemeente, kan die bevrydes vergesigte ontwikkel van watter wonderlike moontlikhede daar vir harmonieuse verhoudings is. Hierdie is pastorale sorg deur God se Gees met die gemeente as instrument.

 

Pastorale bediening deur die ritueel van vergifnis

Vanaf die geskiedenis van Josef wat sy broers vergewe het (Gen 50), tot die vergifnis deur die vader in Christus se gelykenis van die verlore seun, gee die Bybel 'n beeld van die absolute noodsaaklikheid van God se vergifnis vir mense, maar ook van die erns van vergifnis in menslike verhoudings. Paulus leer dat 'n kenmerk van 'n gesonde geloofsgemeenskap is dat hulle vergewing beoefen, omdat hulle deur God in Christus vergewe is (Ef 4:32; Kol 3:13; Magnuson & Enright 2008:114). God se vergewing wat ons deur God se gawe van sy Seun Jesus Christus aan die kruis ontvang het, is een van die sentrale leerstukke van die Christelike geloof (De Smet2007:116).

Wat is vergifnis? Die begrip wat die meeste in die oorspronklike tale van die Nuwe Testament gebruik word om vergifnis aan te dui, isapheimi. 'Apheimi includes let go, release, cancel, pardon and forgive ... to cancel the debt of sin and to release the offender from his moral obligation' (Nelson 2012:38, 50; vgl. De Smet 2007:118). God is die bron van vergifnis en Jesus leer dit deur sy gebed aan die kruis: 'Vader vergewe ...'. Vergifnis is om genade aan mense te gee wat onreg gepleeg het. Jesus self openbaar wat vergifnis is wanneer Hy, die mees veronregte, sy vyande vergewe. Vergifnis deur God lei tot vergewing van mekaar: 'Vertical forgiveness provides a model for horizontal forgiveness' (Nelson 2012:35). Die ontvang en die gee van vergewing is soos waarheid, geregtigheid en versoening tekens van die deurbrekende krag van die koninkryk van God.

In die Ou Testament word vergifnis dikwels aan gebedsliteratuur gebind, byvoorbeeld die gebed van Salomo by die inwyding van die tempel (1 Kon 8:30 e.v.) en die gebed van Nehemia om toestemming vir die herbou van die tempel te verkry (Neh 1:6-9). Die ritueel van vergifnis word deur gebed coram Deo gebring. Die smeking beeld ontsag vir God uit en die voorneme tot nuwe gehoorsaamheid en diens. God handel self in die ritueel deur te vergewe en die gemeente kan daarom vir hulle vergifnis in die geloof toe-eien.

Die waarde van skuldbelydenis vir die gemeente as 'n geheel en vir elke lidmaat is omvattend. God se vergewing laat sy heilige woede, sy toorn en verontwaardiging (vgl. Salomo se woorde in 1 Kon 8:46) verdwyn, omdat Hy dit op Christus, in ons plek, laat neerkom het. Vergewing maak diep en rou emosies van die gemeente voor God oop, gevoelens soos skuld, skaamte, wanhoop en selfs magteloosheid (De Smet 2007:117); en so kan die wonde genees. Vergewing deur God laat by die gemeente angs, vereensaming, voortdurende skuldgevoelens, selfverwyt, selfs woede en bitterheid verdwyn (Magnuson & Enright 2008:114). Vergifnis versterk die hoop, blydskap en vrede en bowenal liefde vir God. Wanneer die ritueel van vergifnis in die samekoms van die gemeente in opregtheid beleef word, versterk dit die geloof dat vergifnis ook in die daaglikse lewe ervaar kan word.

Onvoorwaardelike vergewing van die naaste behoort in navolging van die onvoorwaardelike aard van God se vergifnis in die versoenende daad van Christus, te volg. 'Forgiveness is unconditional. Therefore, confession of guilt, remorse and restitution are results of forgiveness and not conditions for it' (De Klerk 2012:63). Die gemeente moet biddend vir 'n gesindheid van 'n vergewende hart pleit, want om in staat te wees om te vergewe, moet God se onvoorwaardelike genade om ons te vergewe aanvaar en toegepas word. 'Forgiveness of the other is to free such person from guilt and to surrender him/her to the grace of God' (Louw 1996:391). Die vergifnis wat ontvang word, behoort die gemeente tot hardgrondige bekering te lei.

Hierdie ritueel is 'n besonder kragtige instrument in die pastorale sorg. Die besef dat God onvoorwaardelik vergewe, selfs voordat sonde bely is, werk na verskillende kante toe. Dit gee volledige bevryding van skuldgevoelens wat by die hele gemeente mag leef oor die feit dat hulle nie genoeg liefde aan God en die naaste gee nie. Verder behoort die gemeente nuwe voornemens tot bekering en hartsverandering as bevrydes te ervaar. Die deurbrekende krag van die koninkryk in vergifnis behoort die gemeente aan te moedig om die sonde van die gemeenskap, die land en sy mense voor God te bring. Die unieke en verblydende werk van Christus om vergifnis te bewerk, behoort pastoraal 'n gees van vergewingsgesindheid te kweek.

 

Pastorale bediening deur die ritueel van vryspraak

Hyde (2011) beskryf die herkoms van die begrip absolusie in 'n insiggewende artikel:

From the Latin word, absolutio, meaning 'acquittal, pardon', this word has come into our liturgical parlance as a formal act of pronouncing the forgiveness of sins. According to the sixteenth-century reformer of Geneva, John Calvin (1509-1564), this formal pronouncement is the public ministerial absolution in the church's services. (p. 140)

In die breë sin van die woord is die handeling van absolusie niks anders as die bediening van die evangelie nie, aangesien dit God is wat deur sy Woord vergewing van sonde bewerk. God het die prerogatief om sonde te vergewe en oefen die krag uit deur die verkondiging van die evangelie (Koehler 1982:42). Absolusie belowe nie bloot vergifnis nie, maar bewerk dit ook. Geloof is ook nie 'n voorvereiste vir absolusie nie, maar behoort tot die ontvangs daarvan.

Hoewel die praktyk van 'n geordende predikant se verklaring aan 'n gemeente dat hulle sonde vergewe is, vir baie gemeentes vreemd mag wees, is dit niks nuuts nie. Die geskiedenis van die gereformeerde liturgie bewys dit. Johnson (1996) stel:

Such Reformed liturgies of the sixteenth century on the continent in Strassburg and Heidelberg and west across the English Channel in the Church of England, all included the absolution, or as it is often called, the declaration of pardon. (p. 58)

Ten opsigte van die bediening van die openbare absolusie, wat Calvyn (1988) generales promissiones (d.i. algemene beloftes) noem, stel hy:

for when the whole church stands, as it were, before God's judgment seat, confesses itself guilty, and has its sole refuge in God's mercy, it is no common or light solace to have present there the ambassador of Christ, armed with the mandate of reconciliation, by whom it hears proclaimed its absolution (2 Cor. 5:20). (Institudes, 3.4.14)

Zacharius Ursinus (1534-1583) praat ook van die openbare karakter van die absolusie wanneer bedienaars van die Woord 'declare and publicly testify the grace of God, and the remission of sins to such as are truly penitent' (Ursinus 1852:441). Die herontdekking en herinstelling van die openbare absolusie in die liturgie van ons kerke verenig ons met die historiese reformatoriese kerk se liturgiese teologie.

Die grond vir die vryspraak bring verwondering mee, want die verkondiging berus op 'n gekruisigde Verlosser; 'n God wat die gemeente se sonde wegvee en mense genees deur die boosheid in ons en die boosheid wat ons doen, uit te wis. Die mag van die sonde en die dood wat so 'n greep op mense het (en wat die wortel van alle trauma is), is finaal gebreek. As verlossing dan vergewing van sonde en die gee van die ewige lewe is, dan het alle pastorale sorg wat op herstel en genesing gerig is, hierdie sekerheid as die finale doel. Christus, hoewel onskuldig, ly as skuldige en sterf, belaai met ons sonde, maar Hy beëindig die mag van die bose. Hy sterf 'n vervloekte dood, maar breek tegelyk die mag van die dood. Hy bewys so dat die krag van die liefde sterker is as die mag van die dood en die krag van haat. Van Deusen Hunsinger (2001) poneer:

This is an interpretive framework that no psychiatrist or therapist has to offer, no twelve-step program or self-help group can claim, but which can be proclaimed and taught week after week in the context of ordinary pastoral care: that in overcoming the world, Jesus Christ saves us from both the guilt and anguish of human sin, as well as the terror and trauma of suffering and death. (p. 20)

Kan absolusie deur 'n gesamentlike handeling van die gemeente, byvoorbeeld die sing van 'n lied, bedien word? (vgl. Kloppers2005:198). Die antwoord is nee, want absolusie is die bediening van die sleutel van die koninkryk. In die Heidelbergse Kategismus, vraag en antwoord 84, word bely:

Volgens die bevel van Christus word aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig en openlik betuig dat al hulle sondes waarlik deur God ter wille van die verdienste van Christus vergewe is so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met 'n ware geloof aanneem. (bl. 57)

Die feit dat absolusie die hantering van die sleutel van die koninkryk impliseer, bring mee dat absolusie nie 'n private handeling of opinie van die bedienaar van die Woord is nie, maar 'n verklaring van die geordende bedienaar as verteenwoordiger van Christus. Hyde (2011) stel dit duidelik:

Calvin spoke in the first person, saying, 'I declare'. What this shows us is that the minister speaks for Christ no less in the sermon than in the absolution, which is simply another aspect of the ministry of the Word (p. 146).

Absolusie is daarom ook 'n pastorale toepassing van die sleutels van die koninkryk.

Die gemeente moet weet dat God hulle vergewe het en dat hulle wettig voor Hom geregverdig is. Saam met die genadeverkondiging moet die waarskuwing kom dat wie nie berou oor sonde het en hulle nie bekeer nie, straf en oordeel oor hulleself bring. Waarom is dit dan nodig dat die gemeente hierdie vryspraak moet hoor en toe-eien? Sodat die ontmoeting van God met sy gemeente en die gemeente met Hom en met mekaar in 'n atmosfeer van vry-wees-van-skuld, 'n herstelde verhouding en vol vreugde en vrede kan plaasvind. 'n Openlike verklaring van vergifnis en regverdiging voor God is 'n magtige pastorale instrument, want so word die sekerheid gegee dat die mag van die sonde verbreek is. Dit bring nie net rus en vrede nie, maar 'n voorneme om die wil van die Here te doen.

 

Pastorale bediening deur die ritueel van versoening

Die begrip versoening het in die volksmond die betekenis van 'herstel', 'die hervorming van gebeure tot hulle oorspronklike staat', 'herstel van verhoudings na vervreemding', 'harmonisering', 'herstel die moontlikheid om weer saam te kan bestaan' gekry. Die werkwoord katallassein 'om te versoen', word 13 keer in die Nuwe-Testamentiese briewe gebruik, altyd met betrekking tot God of Christus. Versoening is 'n noodsaaklike deel van God se regverdiging van sondaars. Vyandskap word deur versoening in twee rigtings verwyder, naamlik die sondige vyandskap van die mens teenoor God (Rom 8:7) en God se vyandskap teenoor die sondige mensheid (Rom 11:28; Arnold 2003:20). So word 'n nuwe verhouding geskep. In 2 Korintiërs 5:18-19 is die aksie duidelik God se handeling:

Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie.

In 2 Korintiërs 5:19 word versoening as die grondliggende doel van die Christus-gebeure aangedui (vgl. De Klerk 2012:189).

Versoening is meer as net die wegneem van dit wat in 'n verhouding skade aangerig het. Dit skep 'n nuwe verhouding wat in Christus geheilig is, want die Heilige Gees vernuwe die verhouding van die sondaar met God en met die naaste. Versoening het dus ekklesiologiese dimensies, maar ook kosmologiese dimensies en raak ook die verhouding tussen rasse, generasies, geslagte en die verhouding met die natuur. Die kerk as versoende gemeenskap moet bewys lewer dat sy 'n agent van die versoening is en dit is net moontlik as versoening en regverdiging in die liturgie van die erediens gevier word (De Klerk 2012:64).

Versoening is die beliggaming van God se hoop vir 'n gebroke wêreld, want God het die mens geskape om in 'n harmonieuse verhouding met Hom, met ander mense, met die skepping en elke individu met homself te wees. 'The Bible highlights reconciliation as the harmonious restoration of a relationship with God (redemption) that provides the means by which barriers between people can be overcome' (Hollon 2007:444).

Mouton (2001) beskryf belangrike aspekte van versoening en stel:

Reconciliation (whether between God and human beings, people within and amongst themselves and the earth) originates from God, and finds its ultimate reference in the power of God's healing love and compassion. As such it constitutes the heart of the Christian community's identity, and needs to be continuously reopened, remembered, revitalised, and reclaimed. (p. 118)

Vergifnis deur God bevry die gelowige om sonde te kan bely en versoening met God bring skaamte en berou oor die skuld en oortreding. 'This undeserved love of God makes it possible to repent and to change the heart' (Smit 1995:7). Versoening is 'n kragtige instrument in genesing en heelmaking en die ritueel van versoening is uiters waardevol vir die praktyk en teologie, of pastorale sorg (Vignaud 1980:104).

Omdat versoening in alle aspekte van pastorale sorg die einddoel is, is die ritueel van versoening in die erediens die bewys dat verhoudings nuut gemaak kan word. Die gemeente verander hierdeur al meer en meer na agente van die versoening in alle fasette van die samelewing.

 

Konklusie

Daar is 'n innige verwantskap tussen pastorale sorg en liturgie, veral ook wat betref skuldbelydenis en versoening, in al die fasette daarvan. By albei is die uiteindelike doel die herstel van verhoudings en versoening op alle vlakke, van God met sy gemeente, die gemeente onderling en versoening in die samelewing. Pastorale sorg is ook die gesamentlike sorg van God se omgee vir sy gemeente en die sorg vir mekaar in die rituele van skuldbelydenis en versoening. Die Heilige Gees bring die gemeente tot berou en verootmoediging, wat pastoraal die oopmaak van die wond wat die sonde bring, beteken. Dit bring mee die uiting van die sonde in gebedswoorde in 'n skuldbelydenis, met die gepaardgaande pastorale werking van die instemming met God se oordeel, maar ook die bevryding deur die uitspreek van gemeentelike en lidmate se sonde. In die ritueel van vergifnis, wat onvoorwaardelik van God deur die geloof geskenk word, kom op pastorale vlak, ruimte vir hartsverandering en blywende bekering. Die openlike verklaring (absolusie) van vergifnis en regverdigmaking gee sekerheid dat die sondemag in Christus verbreek is en dit kan ongekende vrede bring. Versoening lei in pastorale sorg tot genesing, vernuwing van die verhoudings met God, die naaste en die self. Daarom het die kommunikatiewe handeling van skuldbelydenis en versoening ook 'n selfstandige plek in die liturgie van die gemeente as 'pastorale versorging'.

 

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.

 

Literatuurverwysings

Ackermann, D., 2007, 'Tamar's cry: Re-reading an ancient text in the midst of an HIV/AIDS pandemic', in M. Wallace & M. Welker,Reformed theology, vol. 2, Biblical interpretation in the reformed tradition, pp. 1-33, Eerdmans, Grand Rapids.         [ Links ]

Arnold, W., 2003, 'Preaching on reconciliation from a pastoral care perspective', Journal for Preachers Lent, 15-21.         [ Links ]

Ballard, P., 2007, 'The Scriptures in church and pastoral practice', Transformation 24(1), 34-42.         [ Links ]

Barnard, M. & Post, P. (ed.), 2001, Ritueel bestek: Antropologische kernwoorden van de liturgie, Meinema, Zoetermeer.         [ Links ]

Brueggemann, W., 1991, Interpretation and obedience: From faithful reading to faithful living, Fortress, Philadelphia.         [ Links ]

Calvin, J., 1950, Commentary on the book of the Psalms, vol. 2, transl. J. Anderson, Eerdmans, Grand Rapids.         [ Links ]

Calvyn, J., 1988 Institusie van die Christelike godsdiens, Boek 3, Calvyn Jubileum Boekefonds, Potchefstroom.         [ Links ]

Cilliers, J.H., 2003, 'Die plek en funksie van die wet in die erediens', Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 44(1&2), 29-37.         [ Links ]

De Gruchy, J., 1989, 'Confessing guilt in South Africa today in dialogue with Dietrich Bonhoeffer', Journal of Theology for Southern Africa67, 37-43.         [ Links ]

De Klerk, B.J., 2012, Liturgical involvement in society: Perspectives from Sub-Saharan Africa, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Potchefstroom.         [ Links ]

De Smet, A., 2007, 'Forgiveness: Making some connections between theology and psychology, preaching and pastoral practice', The Expository Times 119(3), 116-119. http://dx.doi.org/10.1177/0014524607084863        [ Links ]

DeVries, M., 2008, Sustainable youth ministry: Why most youth ministry doesn't last and what your church can do about it, IVP Books, Downers Grove.         [ Links ]

Doriani, D.M., 2003, 'Matthew 28:18-20 and the institution of baptism', in G. Strawbridge (ed.), The case for covenantal infant baptism, pp. 30-48, P & R Publishing, Phillipsburg.         [ Links ]

Fenwick, J. & Spinks, B., 1995, Worship in transition: The liturgical movement in the twentieth century, Continuum, New York.         [ Links ]

Hange, R., 2006, 'Facets of prayer in a pastorate', Vision 7(2), 6-9, Fall.         [ Links ]

Hollon, D.L., 2007, 'Reconciliation: Pastoral reflections and resources', Review and Expositor 104, 443-461. http://dx.doi.org/10.1177/003463730710400304        [ Links ]

Hyde, D.R., 2011, 'Lost keys: The absolution in reformed liturgy', Calvin Theological Journal, 46,140-166.         [ Links ]

Janse van Rensburg, J., 2001, 'Pastoral care and preaching: Partners in healing', Acta Theologica 21(1), 50-64.         [ Links ]

Johnson, T.C., 1996, Leading in worship, Covenant Foundation, Oak Ridge.         [ Links ]

Kloppers, E., 2005, 'Handelinge in die erediens: Die verryking van die liturgie deur musiek', HTS (Hervormde Teologiese Studies)61(1&2), 191-209. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v61i1/2.446        [ Links ]

Koehler, W.J., 1982, Counseling and confession: The role of confession and absolution in pastoral counseling, Concordia Publishing House, St Louis.         [ Links ]

Krentz, E., 2006, '"Make disciples": Matthew on evangelism', Currents in Theology and Mission 33(1), 23-41.         [ Links ]

Louw, D.J., 1996, 'Guilt and change: The healing power of forgiveness', Scriptura 58, 383-395.         [ Links ]

Lukken, G., 2005, Rituals in abundance: Critical reflections on the place, form and identity of Christian ritual in our culture, Peeters, Leuven.         [ Links ]

Lyall, D., 2005, 'The Bible, worship and pastoral care', in P. Ballard & S. Holmes, The Bible in pastoral practice: Readings in the place and function of Scripture in the church, pp. 225-240, Eerdmans, Grand Rapids.         [ Links ]

Magnuson, C.M. & Enright, R.D., 2008, 'The church as forgiving community: An initial model', Journal of Psychology and Theology 36(2), 114-123.         [ Links ]

Mouton, E., 2001, 'A rhetoric of theological vision on scripture's reorienting power in the liturgy of (social) life', Neotestamentica 35(1-2), 111-127.         [ Links ]

Muller, B.A., 2006, 'The role of worship and ethics on the road towards reconciliation', Verbum et Ecclesia 27(2), 641-663. http://dx.doi.org/10.4102/ve.v27i2.168        [ Links ]

Nauta, R., 2008, 'Self, sin, and the sacred: Some elements of a select psychology for the care of souls', Pastoral Psychology 56(6), 585-592. http://dx.doi.org/10.1007/s11089-008-0147-9        [ Links ]

Nelson, R.A., 2012, 'Exegeting forgiveness', American Theological Inquiry 5(2), 33-58.         [ Links ]

Parmentier, E., 2002, 'The ritualization of marriage in the churches of the Reformation: A language to express encounter of human and divine love', Studia Liturgica 32(1), 29-47.         [ Links ]

Ridderbos, J., 1958, 'De Psalmen, vertaald en verklaar', vol. 2, in G. Ch. Aalders, W.H. Gisipen & J. Ridderbos (reds.), Commentaar op het Oude Testament, bl. 514, Kok, Kampen.         [ Links ]

Schweitzer, C.L., 2009, 'Worship as pastoral care across generations', Liturgy 24(3), 45-53. http://dx.doi.org/10.1080/04580630902720477        [ Links ]

Smit, D.J., 1995, 'The Truth and Reconciliation Commission: Tentative religious and theological perspectives', Journal of theology for Southern Africa 90, 3-16.         [ Links ]

Smith, S.M., 2012, Caring liturgies: The pastoral power of Christian ritual, Fortress, Minneapolis.         [ Links ]

Thesnaar, C.H., 2010, 'The pastoral church as a space for healing and reconciliation', Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif 51(3&4), 266-273.         [ Links ]

Tidball, D.J., 2008, 'Use and abuse of the Bible in pastoral practice: An evangelical perspective', Evangelical Reformed Theology 32(3), 196-209.         [ Links ]

Troeger, T.H., 2006, '"A house of prayer in the heart": How homiletics nurtures the church's spirituality', HTS (Hervormde Teologiese Studies) 62(4), 1239-1249. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v62i4.399        [ Links ]

Ursinus, Z., 1852, Commentary on the Heidelberg Catechism, transl. G.W. Williard, 2nd American edn., Presbyterian & Reformed Press, Phillipsburg.         [ Links ]

Van Deusen Hunsinger, 2011, 'Bearing the unbearable: Trauma, gospel and pastoral care', Theology Today 68(1), 8-25. http://dx.doi.org/10.1177/0040573610394922        [ Links ]

Vignaud, D.L., 1980, 'The place of worship in pastoral care', Pastoral Psychology 29(2), 99-106. http://dx.doi.org/10.1007/BF01744423        [ Links ]

Vos, C.J.A. & Pieterse, H.J.C., 1997, Hoe lieflik is U woning, RGN-Uitgewery, Pretoria.         [ Links ]

Wepener, C., 2009, From fast to feast' A ritual-liturgical exploration of reconciliation in South African cultural contexts, Peeters, Leuven.         [ Links ]

White, J.F., 1992, Documents of Christian worship: Descriptive and interpretive sources, Westminister John Knox, Louisville.         [ Links ]

 

 

Correspondence:
Barend de Klerk
PO Box 20764
Noordbrug 2522
South Africa
Email: ben.deklerk@nwu.ac.za

Received: 21 Oct. 2014
Accepted: 10 Mar. 2015
Published: 29 Apr. 2015

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons