SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2Resensies índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.49 no.2 Pretoria  2015

http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.2014 

POEM

 

Jou Ithaka Vgl. Die Odusseia, Boek XII Vir Jan du Rand

 

 

Cas J.A. Vos

Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa

Correspondence

 

 

Jan, onthou jy nog ons dae van luister
toe die maan vir ons drome fluister?
Met Kant in jou hand kies jy Homeros.

Ligvoets trippel jy oor die Ilias en Odusseia,
bekoor deur Grieks se klankweelde
word jy lewenslank wewer van woordbeelde.

Jy vra dat jy oor uitgestrekte oseane mag vaar
as die daeraad soos 'n rosige kleed oopvou.
Jy sal die woeste Poseidon spioenoog dophou.

Jy laat met jou roeispane die see bruis,
nog net 'n bietjie meer en jy is tuis.
In die verte staan veldlelies al in bloei.

Jan, nog net 'n bietjie, net 'n bietjie.
Ons hande raak aan mekaar, onsigbaar
om ons moed te gee - ons is amper daar.

Ithaka wag soos 'n bruid gekant en klaar
vir jou skip vragvol drome en juwele
om in sproeivlae na die hawe te vaar.

Die tafel is vir jou gedek met sange,
vars brood, ou wyn en soetryp vye,
neem, eet en lig jou glas op genadetye.

 

 

Correspondence:
Cas J.A. Vos
PO Box 754, Pretoria 0043
South Africa
Email: cas.vos@vodamail.co.za

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons