SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Resensies índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.49 no.1 Pretoria  2015

http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1905 

BOOK REVIEW

 

Die hart van die Bybel

 

 

Joseph J. de Bruyn

School for Ancient Language and Text Studies, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: Voor sy troon en hier benede

Book Cover:

 

 

Author: L. Floor

ISBN: 978-0-86955-216-2

Publisher: Potchefstroom: Potchefstroom Theological Publications, 2014, R120.00*

*Book price at time of review

'Die psalmboek is letterlik en figuurlik die hart van die Bybel.' So begin dr. Floor sy boek. Inderdaad 'n gepaste inleidende sin, want vir talle gelowiges reg oor die wereld, is die psalms 'n eksistensiele verbintenis tussen hulleself, die gelowiges in antieke Israel, die Ou Testament en ook die Nuwe Testament. Vir baie gelowiges is dit 'n gepaste samevatting van die totale kanon. In en deur die psalms kan elke moderne gelowige inderdaad saam met gelowiges van alle eeue voor God se troon kniel. Daarom is die titel van die boek, Voor sy troon en hier benede, so gepas, want soos dr. Floor regdeur sy boek aandui, bring die psalms die leser voor die grootheid, wysheid en almag van die Here te staan.

Op bladsy 11 skryf dr. Floor: 'In die psalms openbaar God Hom deur middel van menslike ervaring.' So word die psalmboek dan tematies na aanleiding van 'n verskeidenheid menslike ervarings, emosies en handelings behandel. Sommige van hierdie temas is gebed, geloof, vreugde, wraak, vreugde, lofprysing en geestelike groei. Die oorsprong, karakter en natuurlike aard van die psalmbundel word ook op 'n verstaanbare wyse bespreek.

Voor sy troon en hier benede, is vir die gewone gelowige geskryf. Gelowiges worstel ook soms soos die psalmskrywers met woede, wraak, sonde of dalk twyfel. Ander kere is daar weer die belewing van verbasing oor die genade en grootheid van God teenoor die nietigheid van die mens. Dit is 'n boek vol geloofstaal wat in die tradisie van die Reformasie gesetel is. Lyne word tussen die psalms en God se werk in Jesus Christus getrek, terwyl die tema van die opstanding ook vanuit die psalms bespreek word. Nuwe benaderings tot die psalmbundel word nie behandel nie, maar geykte leesmetodes word in eenvoudige taal gebruik om die psalms vir die leser te laat lewe kry. Vir baie kritici sal die hoofstuk oor die messiaanse psalms die wenkbrou vanuit 'n wetenskapshoek laat lig, maar 'n mens kan daarmee volstaan deur te bely dat die koningspsalms in hulle wese vandag inderdaad vir die Koning van alle konings, naamlik Jesus Christus en die kerk gesing moet word.

Voor sy troon en hier benede is 'n besondere boek wat vir elke gelowige opnuut voor die wonder van die psalmbundel en die geloofskatte wat daarin opgesluit le, te staan bring.

 

 

Correspondence:
Private Bag X1288
Potchefstroom 2520
South Africa
Email:jacobus.debruyn@gmx.com

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons