SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1Resensies author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.49 n.1 Pretoria  2015

http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1954 

BOOK REVIEW

 

Onverwerkte pyn word onnodige bagasie vir die volgende generasie

 

 

Willem G. Semmelink

Pre-Graduate School, South African Theological Seminary, Johannesburg, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: Generasie-bagasie: Die onverwerkte pyn wat van geslag tot geslag oorgedra word

Book Cover:

 

 

Author: Wentzel Coetzer

ISBN: 978-0-86955-220-9

Publisher: Potchefstroom Theological Publications, 2014, R120.00*

*Book price at time of review

Generasie-bagasie bied 'n oorsig oor die idee en werklikheid dat mense wat as gevolg van hulle eie verlede, of die invloed wat ander mense se verlede op hulle gehad het, nou ander mense se lewe beïnvloed. Deur voorbeelde uit die werke van Murray Bowen en Kenneth McAll word lesers gehelp om die teorie en die praktyk bymekaar te bring. Die boek wys op maniere waarop persone met soortgelyke probleme gehelp kan word om die verlede en die invloed daarvan op die persoon, asook die invloed wat dit op die interpersoonlike verhoudings het, te openbaar en te hanteer met duidelike afgebakende grense. Die gebruik van bepaalde rituele soos die nagmaal versterk die rol wat geestelike groei in die genesing van die individu asook in die familie, vriende en gemeenskap kan speel.

Die invloed wat traumatiese ervarings op die individu en interpersoonlike verhoudings in die familie en die gemeenskap het, is relevant in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Hierdie gemeenskap word nog steeds deur die effek wat die grensoorlog in die vorige dekades gehad het, geraak asook die toename van misdaad wat tans ons land teister. Dit is noodsaaklik dat mense wat berading doen goeie begrip en kennis moet hê hoe om mense deur die effek wat die verlede op hulle het, te begelei. Die regte stappe moet geneem word om genesing, vergifnis, die herstel van verhoudings en veral ook hulle verhouding met God te bewerkstellig.

Hierdie boek is vir alle mense bedoel wat by berading of gesinsbediening betrokke is. Selfs onderwysers kan baat vind daarby om 'n beter begrip vir die kinders se omstandighede en hulle gedrag te verkry. Kinders se gedrag word dikwels deur omstandighede oorgedra en dit is soms 'n kringloop wat al deur geslagte heen so voortduur. Die nodige kennis word in eenvoudige taal en met voorbeelde op so 'n wyse oorgedra dat die lesers 'n goeie begrip vir die sielkundige, sosiale, liggaamlike en geestelike invloed verkry wat die bagasie van generasies op 'n mens kan hê.

Dit is 'n eenvoudige en praktiese boek oor 'n belangrike aspek wat mense oor geslagte heen kon beïnvloed het. Hierdie besondere boek poog om mense met hul generasie se bagasie te help!

 

 

Correspondence:
Willem G. Semmelink
PO Box 11221
Hatfield 0028
South Africa
Email:willem@sats.edu.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License