SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1Resensies índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.47 no.1 Pretoria Jan. 2013

 

FOCUS REVIEW

 

Teologiese onderbou van geleenthede in die kerklike jaar

 

 

Fritz W. de Wet

School of Biblical Counseling and Church Ministry, NorthWest University, South Africa

Correspondence

 

 

Book Title: 'n Jaar van genade: Die kerklike jaar in diens van die prediking, kleingroepe en huisgodsdiens

Book Cover:

 

 

Author: Francois P. Viljoen (red.)

ISBN: 978-0-86955-204-9

Publisher: Potchefstroom Theological Publications, 2012, R90.00

*Book price at time of review

Die publikasie 'n Jaar van genade, wat onlangs by die Potchefstroomse Teologiese Publikasies (PTP) verskyn het, is in verskeie opsigte 'n baanbrekerswerk. Dit is een van die eerste voorbeelde van die opwindende rigting wat PTP besig is om in te slaan, naamlik om naas sy fokus op vakwetenskaplike boeke ook werke van meer populêr-wetenskaplike aard te publiseer. Daarby is dit ook een van die eerste werke in Suid-Afrikaanse gereformeerde kringe waarin indringend op die funksie van die kerklike jaar in die lewe en die toerusting van die kerklike lewe gefokus word.

In die publikasie word daar met kenmerkende Skrifgeankerde denke 'n diepteblik gebied op die manier waarop die genade van God die gang en ritme van ons daaglikse lewe met betekenisrykheid, hoop en feesvreugde in die loop van die kerklike jaar vervul. Die tema van die boek is ontwerp rondom die noodsaak daarvan dat lidmate van die kerk toegerus moet word om in kennis van die groot strukture en temas van die Bybel te groei soos dit in die verloop van die kerklike jaar ontvou. Die boek fokus spesifiek op die rol wat die prediking in hierdie sistematiese groei speel. 'n Konsekwente patroon word in die boek gevolg ter verrekening van die kerklike jaar in die preekbeplanning van 'n gemeente. Eers word die agtergrond van 'n bepaalde geleentheid in die kerklike jaar grondig toegelig, waarna 'n voorbeeld van 'n preek gegee word wat die ryke betekenis van sodanige geleentheid verwoord. Die behandeling van die bepaalde aspek van die kerklike jaar word afgesluit met 'n voorbeeldgebed en 'n kort bespreking van ander Skrifgedeeltes wat ook by sodanige geleentheid as teksgedeeltes oorweeg kan word met die oog op die prediking.

Die volgende geleenthede wat in die loop van die kerklike jaar plaasvind, word deur verskeie skrywers aan die orde gestel en toegelig, naamlik 'Nuwejaar' (Ds. Fanie Coetzee); 'Lydenstyd' (Ds. Piet Venter), 'Goeie Vrydag' (Dr Jan Lion-Cachet), 'Paassondag' (Dr Wim Vergeer), 'Hemelvaartsdag' (Ds. Deon van der Walt), 'Weessondag' (Ds. Jaco Kruger), 'Pinkster' (prof. Bert Floor), 'Hervormingsondag' (Dr Hennie Goede), 'Adventstyd' (Dr Rassie Smit), 'Kersdag' (prof. Chris Van der Walt) en 'Oujaarsdag' (prof. Francois Viljoen).

Die skrywers het moeite gedoen om aan die lesers 'n deeglike agtergrond te gee rakende die teologiese onderbou van geleenthede in die kerklike jaar asook om die implikasies daarvan in 'n verrykte visie op die ritme en vloei van die daaglikse lewe te anker. Die publikasie behoort goeie aanklank te vind by predikante, kerkraadslede en lidmate van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) sowel as ander kerke wat erns wil maak met die roeping om die volheid van die lewe wat ons in Christus het, in die prediking en liturgieë van die kerk van die Here ter sprake te bring.

 

 

Correspondence:
Fritz W. de Wet
PO Box 19120, Noordbrug
2522, South Africa
Email: fritzdewet@nwu.ac.za

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons