SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Resensies author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.47 n.1 Pretoria Jan. 2013

 

BOOK REVIEW

 

Om in God te glo

 

 

Pieter H. Heystek

Reformed Church, Pretoria-Montanapoort

Correspondence

 

 

Book title: Die Christen-ateïs: Om in God te glo, maar te leef asof Hy nie bestaan nie

Book cover:

 

 

Author: C. Groeschel

ISBN: 978-1-77000-867-0

Publisher: Christelike Uitgewersmaatskappy, 2012, R109.95

*Book price at time of review

Met Titus 1:16 as uitgangspunt slaag die outeur daarin om die saak van om in God te glo, maar te leef asof Hy nie bestaan nie, aan te spreek én 'n appèl op die leser se gewete te maak. Skynheiligheid is inderdaad vir elke kind van die Here nie bloot 'n moontlikheid nie, maar inderdaad 'n werklikheid. Groeschel stel homself in die inleiding van die boek bekend as 'n 'Christen-ateïs' en stel dit duidelik dat sy boek bedoel is vir 'elkeen wat genoeg moed het om te erken dat hulle skynheilig is ... ' Sy gebed is dat elke leser 'n stuk skynheiligheid sou kon afskud en 'n lewe sal leef wat Christus werklik verheerlik.

In twaalf hoofstukke word die tema van skynheiligheid aangespreek en wat die leser laat besef hoe tersake die moontlikheid is om die lewende Here nie in kinderlike eerlikheid en opregtheid te dien nie. Om die leser te motiveer om hierdie boek te lees, word die inhoudsopgawe hier vermeld:

Wanneer jy in God glo,

 maar Hom nie regtig ken nie

 maar skaam is oor jou verlede

 maar nie seker is of Hy jou liefhet nie

 maar nie aan gebed glo nie

 maar nie dink Hy is regverdig nie

 maar nie wil vergewe nie

 maar nie dink jy kan verander nie

 maar jou steeds heeltyd bekommer

 maar geluk ten alle koste najaag

 maar meer op geld vertrou

 maar nie jou geloof deel nie

 maar nie aan Sy kerk glo nie

Die meriete van die boek bestaan daarin dat die outeur daarin slaag om vanuit sy eie ervaring die onderwerp van 'Christen-ateïsme' te verwoord. Hierdie boek bied geen spekulasie nie, maar is 'n eerlike belewenis van persoonlike ervarings.

Die Christen-ateïs is 'n lekker lees boek wat deur enige kind van die Here behoort gelees te word wat erns met sy of haar verhouding met die Here wil maak, Die outeur het 'n gemaklike skryfstyl en sy voorbeelde uit die alledaagse lewe lei daartoe dat die lesers gemotiveer word om die boek nie sommer neer te sit nie. Gepaste Skrifverwysings verhoog die standaard van die boek, gepaardgaande met die deurgaans prinsipiële uitgangspunte en kinderlik-korrekte standpunte van die outeur wanneer hy sy eie hart blootlê.

Hierdie boek word van harte aanbeveel as 'n populêr-wetenskaplike publikasie.

 

 

Correspondence:
Pieter H. Heystek
PO Box 1697
Montanapark 0159, South Africa
Email: drpieter@montanapoort.co.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License