SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 número1Funny Bone finds a home: A musical featuring the Body of ChristThe office of prophets as an emergency measure índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

In Skriflig (Online) vol.47 no.1 Cape Town ene. 2013

 

ORIGINAL RESEARCH

 

Mēden diakrinomenos in Handelinge 10:20 as entscheidenden Wendepunkt-voorskrif van die Gees

 

Mēden diakrinomenos in Acts 10:20 as entscheidenden Wendepunkt prescription of the Spirit

 

 

Douw G. Breed

Faculty of Theology, North-West University, South Africa

Korrespondensie aan

 

 


OPSOMMING

Daar word meestal aanvaar dat die woord διακρινόµενος in Handelinge 10:20 vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word en dat Petrus volgens hierdie vers die opdrag kry om saam met Kornelius se mense te gaan 'sonder om te huiwer'. In hierdie artikel word egter aangetoon dat die woord διακρινόµενος in die vers vir die betekenis 'om onderskeid te tref' gebruik word en dat die Heilige Gees met die woorde µηδέν διακρινόµενος aan Petrus en die Christelike Kerk 'n entscheidenden Wendepunkt [belangrike keerpunt]-voorskrif gee. Dit is 'n voorskrif wat aandui dat 'n spesifieke bedeling tot 'n einde gekom het, naamlik die bedeling waarin Israel onderskeid ten opsigte van voedsel en van mense moes tref. Die voorskrif van die Gees µηδέν διακρινόµενος gee ook 'n aanduiding van 'n nuwe bedeling wat aangebreek het. In die nuwe bedeling hoef mense nie eers deel van Israel te word voordat hulle vir God aanvaarbaar is nie. Hierdie nuwe bedeling het God deur Jesus Christus en sy versoeningswerk laat aanbreek. In die nuwe bedeling is God nie meer net die God van Israel nie, maar is sy Gesalfde Here van almal en Regter oor alle mense van alle tye. In hierdie bedeling ontvang elke mens van alle volke wat in Jesus Christus glo, vergifnis in sy Naam en is almal wat in Hom glo, één.


ABSTRACT

It is generally accepted that the word διακρινόµενος in Acts 10:20 is used for the meaning 'hesitate/doubt' and therefore Peter is according to this verse, instructed to go with Cornelius's people 'without hesitation'. In this article, however, it is argued that the word διακρινόµενος is used for the meaning 'to distinguish' and that the Holy Spirit gives Peter and the Christian Church an entscheidenden Wendepunkt prescript with the words µηδέν διακρινόµενος. It is a prescript which indicates that a particular epoch has come to an end, namely the epoch in which Israel had to distinguish with regard to food and people. The prescript of the Spirit µηδέν διακρινόµενος also heralds a new epoch. In the new epoch, people do not need to become part of Israel before they can be accepted by God. This new epoch was brought about by God through Jesus Christ and his work of reconciliation. In the new epoch, God is no longer just the God of Israel; his Anointed is Lord and Judge of all people of all times. In this epoch all people from all nations who believe in Jesus Christ, receive forgiveness in his Name and all people who believe in him, are one.


 

 

Inleiding

Volgens Roloff (1988:164) is die gebeure wat in Handelinge 10 beskryf word vir Lukas 'n entscheidende Wendepunkt. Ook ander skrywers toon aan dat die gebeure rondom Petrus en Kornelius in Handelinge 10 'n sentrale plek in dié boek inneem (vgl. byvoorbeeld Dibelius 2004:140; Mangrum 2010:6-7; Tyson 1987:624). Wat egter opval, is dat die voorskrif wat Petrus in 10:201 van die Heilige Gees ontvang, naamlik µηδέν διακρινόµενος nie in studies oor Handelinge 10 werklik aandag ontvang nie. Die rede hiervoor is heel waarskynlik omdat aanvaar word dat die woord διακρίνοµαι in hierdie vers vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word. Uit Bybelvertalings wat nagegaan is, blyk dit dat die woord telkens met 'huiwer/twyfel' vertaal word. Enkele voorbeelde kan in die verband genoem word: Bibel (2007): ohne Bedenken; Bible (1999): sans hésiter; Bible (2008): do not hesitate; Bible (2010): doubting nothing; Biblia (1960): no dudes; Bybel (1933): sonder om te twyfel en Bybel (1983): moenie aarsel... nie.

Ook in kommentare word meestal aanvaar dat die woord διακρινόµενος in 10:20 vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word (vgl. byvoorbeeld Bruce 1977:220; Chance 2007:171;2 Grosheide 1942:335; Johnson 1992:185). Wanneer µηδέν διακρινόµενος met 'sonder om te huiwer/twyfel' vertaal word, is die implikasie dat Petrus alleen maar toestemming van die Gees ontvang om met vrymoedigheid saam met die gesante van Kornelius te gaan.

Indien die woord διακρίνοµαι egter in 10:20 vir die betekenis 'onderskeid tref'3 gebruik word, dra die voorskrif4 veel meer gewig. Dit sou dan verstaan kon word as 'n entscheidenden Wendepunkt-voorskrif waarin daar, ná die voorafgaande visioen, aan die verwarde5 Petrus (en ook aan die Christelike Kerk) goddelike leiding gegee word hoe daar teenoor nie-Jode soos Kornelius en sy mense opgetree moet word.

Die voorskrif van die Gees, µηδέν διακρινόµενος word in hierdie artikel van nader bestudeer deur eerstens na te gaan vir watter betekenis die woord διακρίνοµαι in 10:20 gebruik word. Vervolgens word ondersoek ingestel na die verband tussen die onderskeid wat in die Ou-Testamentiese bedeling ten opsigte van voedsel en van mense getref is. Derdens word gepoog om vas te stel watter lig die visioen wat Petrus ontvang het (10:9-16) op die voorskrif µηδέν διακρινόµενος werp. Hierna word aandag gegee aan die beklemtoning van God se optrede in die visioen aan Kornelius en Petrus (10:1-20). In die vyfde plek word ondersoek ingestel na die feit dat Petrus dít wat vir God aanvaarbaar is (vgl. δεκτός), ter sprake bring toe hy in Kornelius se huis ingaan (10:35). Die lig wat Petrus se verkondiging in 10:34-43 werp op die Gees se voorskrif aan hom (10:20), naamlik om nie onderskeid te tref nie, word in die sesde plek bestudeer. In die sewende plek word Lukas se beskrywing van die uitstorting van die Heilige Gees op die nie-Jode (10:44-48) ondersoek. Ten slotte word uit die voorafgaande ondersoek 'n aantal gevolgtrekkings gemaak.

Verskeie ander belangrike onderwerpe het tydens die bestudering van Handelinge 10 ter sprake gekom, byvoorbeeld kulturele verskille binne die kerk (vgl. byvoorbeeld Bond 2002:80-83; Erwin 1995:179-182; Arterbury 2002:65-66), die Christelike kerk en inklusivisme en pluralisme (vgl. byvoorbeeld Panikkar 1989:82-99; Richard 1994:95) en die noodsaak van bekering binne die kerk om in 'n onbekeerde wêreld werklik in God se diens te staan (vgl. byvoorbeeld Beck 1974:66-67; Witherup 1993:48-49). Daar sal, as die Here wil, in volgende artikels aan hierdie onderwerpe aandag gegee word.

 

Die betekenis waarvoor διακρίνοµαι in 10:20 gebruik word

De Graaf (2005:735-736) het navorsing gedoen oor al die beskikbare voorbeelde waar die woord διακρίνω in die Griekse literatuur in die tydperk 200 v.C. tot 100 n.C. gebruik word. Hy kon geen voorbeeld vind waar die woord διακρίνοµαι vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word nie.

In leksikons, teologiese woordeboeke en teologiese kommentare word soms gesê dat die gebruik van διακρίνοµαι vir die betekenis 'huiwer/twyfel', 'n skepping van die Griekssprekende Christene was en dat dit nie buite die Christelike gemeenskap vir hierdie betekenis gebruik is nie. Danker (2000:231) noem dat διακρίνοµαι die eerste keer in die Nuwe Testament (NT) gebruik word vir die betekenis 'be at odds w. oneself, doubt, waver . Gartner (1975:504) meen dat die werkwoord διακρίνω 'in the NT takes on the further meaning of doubt (8 times)'. Dit wil voorkom of Gartner met die woorde takes on the further meaning aandui dat die woord διακρίνω in die NT vir 'n betekenis gebruik word wat nie buite die NT gebruik is nie. Hierdie afleiding word versterk deur die feit dat hy nie in sy motivering enige aanduiding gee van bronne buite die NT waar διακρίνω vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word nie. Büchsel (1965:948-949) sê uitdruklik dat die gebruik van διακρίνοµαι vir die betekenis 'huiwer/twyfel' binne die Nuwe-Testamentiese Christendom tot stand gekom het. Hy beweer: 'Linguistically ... in the sense "to doubt" is a product of Greek speaking Christianity.' Hy meen ook dat διακρίνοµαι en die geskiedenis van die woord die 'constructive force' van die evangelie in die linguistiese sfeer illustreer.6

Indien dit inderdaad so sou wees dat die Nuwe-Testamentiese Griekssprekende Christene wel die gebruik van die woord διακρίνοµαι vir die betekenis 'huiwer/twyfel' geskep het, sou met redelike sekerheid verwag kon word dat hierdie unieke gebruik van die woord ook by ander vroeg-Christelike skrywers gevind sal word. Navorsing van Spitaler (2007:13-39) toon egter die teendeel. Hy het alle aanhalings deur die Apostoliese Vaders en vroeg-Christelike outeurs van Nuwe-Testamentiese gedeeltes waarin die woord διακρίνοµαι gebruik word, asook hulle verwysings na hierdie gedeeltes, nagevors. Uit sy studie blyk dit dat daar geen aanduiding is dat hierdie skrywers bewus was dat die woord διακρίνοµαι vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik kan word nie.

Soms word die vertaling van διακρίνοµαι met 'huiwer/twyfel' verdedig deur te argumenteer dat die woord in die NT 'n teenstelling vorm met πίστις en πιστεύω. (vgl. byvoorbeeld Büchsel 1965:947). Synge (1987:203-205) toon egter aan dat die betekenis 'om onderskeid te tref' vir die woord διακρίνοµαι in die tersaaklike Skrifgedeeltes 'n baie beter kontras vorm met πίστις en πιστεύω as 'huiwer/twyfel'.

In Handelinge 11 word 'n verdere bevestiging gevind dat διακρίνοµαι in 10:20 nie vir die betekenis 'huiwer/twyfel' gebruik word nie. Wanneer Petrus volgens 11:12 aan die Jode in Jerusalem vertel wat gebeur het tydens die visioen wat hy gesien het, verwys hy spesifiek na wat die Gees aan hom gesê het. Hy gebruik dan nie die middelvorm van διακρίνω nie, maar die aktiewe vorm. Hy gebruik die aoristus aktiewe deelwoord διακρίναντα. Uit Louw en Nida (1988b:59) sowel as Büchsel (1965:946-949) se bespreking van die woord διακρίνω is dit duidelik dat die aktiewe vorm van die woord nie gebruik word vir die betekenis 'huiwer/twyfel' nie. Omdat 10:20 en 11:12 na dieselfde voorskrif van die Gees verwys, kan met sekerheid afgelei word dat διακρίνοµαι in 10:20 nie met 'huiwer/twyfel' vertaal behoort te word nie (vgl. ook Bock 2009:391).

Die konteks waarbinne die woord διακρίνοµαι in 10:20 gebruik word, dui aan dat dit gebruik word vir die betekenis 'onderskeid tref'. In die visioen wat Petrus gesien het, tref hy duidelik onderskeid tussen dit wat rein en onrein is en dit wat heilig en onheilig is (vgl. 10:14). Wanneer Petrus volgens 10:23 Kornelius se gesante binnenooi en so aan nie-Jode gasvryheid betoon (vgl. Arterbury 2002:65-66), is dit duidelik dat Petrus, ná die voorskrif van die Gees (10:20), die onderskeid wat hy as Jood ten opsigte van nie-Jode moes tref, nalaat. Nadat Petrus in opdrag van die Heilige Gees (vgl. 10:20) saam met Kornelius se gesante gaan en in die huis van Kornelius kom, bring hy die gedagte van onderskeid tref uitdruklik na vore wanneer hy sê dat God aan hom getoon het dat hy geen mens heilig of onrein mag noem nie.

Petrus gebruik ook die woord διακρίνω wanneer hy aan die vergadering in Jerusalem vertel van dit wat God ten opsigte van Kornelius en sy mense gedoen het (15:9). Dit is duidelik dat die woord in 15:9 beslis gebruik word vir 'onderskeid tref', naamlik dat God geen onderskeid getref (διέκρινεν) het tussen die Jode en nie-Jode nie. Dit dui baie sterk daarop dat Petrus ook in 10:20 die woord διακρίνοµαι vir die betekenis 'om onderskeid te tref' gebruik.

Dit blyk uit die voorafgaande dat Petrus volgens 10:20 van die Heilige Gees die voorskrif ontvang het om nie onderskeid te tref nie. Hy moes saam met die gesante van Kornelius gaan sonder om onderskeid te tref (µηδέν διακρινόµενος).

 

Die onderskeid ten opsigte van diere en ten opsigte van mense en die voorskrif µηδέν διακρινόµενος

Dit kom voor of daar 'n kontras is tussen die visioen wat Petrus volgens 10:9-16 gesien het en die toepassing van die visioen in die res van die hoofstuk (vgl. byvoorbeeld Barrett? 1998:494; Miller 2002:307-317; Scott 1991:480-481; Tyson 1987:625). Die visioen wat Petrus gesien het, handel oor voedsel wat geëet of nie geëet mag word nie. Die visioen word volgens 10:28 anders toegepas wanneer Petrus sê dat God aan hom gewys het dat geen mens onheilig of onrein genoem mag word nie. Die visioen word toegepas op die onderskeid wat tussen mense getref word.

Die oorgang van rein en onrein voedsel na rein en onrein mense, is egter nie so onverklaarbaar nie. Douglas (1972:71-80; 1993:15-23) maak dit duidelik dat daar 'n baie nou verband in die Ou Testament bestaan tussen die onderskeid wat die Jode ten opsigte van kos en ten opsigte van mense moes tref. Sy toon aan dat die streng klassifisering van die dierewêreld7 wat in die seremoniële wette aangetref word, ooreenkom met die onderskeid wat Israel ten opsigte van mense moes tref. Sy (Douglas ibid) skryf:

Israelites descended from Abraham and bound to God by the Covenant between God and Abraham are distinguished from all other peoples and similarly the rules which Israelites obey as part of the Covenant apply to their animals. (bl. 71-80)

Douglas (ibid) wys byvoorbeeld daarop dat, volgens Eksodus 22:29-31 en Deuteronomium 24:23, eerstelingdiere, soos 'n eerstelingseun, ook aan God gewy word (vgl. ook Wenham 1981:10-11). Sy noem ook dat die Sabbatsonderhouding nie net op mense van toepassing was nie, maar ook op die diere (Douglas ibid; vgl. Deut 24:23).

Sprinkle (2000:651-652) wys daarop dat daar volgens die seremoniële wette onderskeid getref moes word tussen diere wat geoffer kon word, diere wat nie geoffer kon word nie, maar wel geëet kon word, en onrein diere wat die mens onrein sou maak en wat die Israeliete nie mag offer het nie. Hy toon aan dat hierdie onderskeidings parallel is met drie onderskeidings wat in die Ou Testament ten opsigte van mense getref moes word. Priesters was heilig en is vir die diens in die heiligdom onderskei van die ander Israeliete. Die ander Israeliete was rein en is onderskei van die nie-Israeliete wat onrein was.

Ook Wenham (1979:280) toon aan dat daar volgens Levitikus 20:22-26 'n baie duidelike verband was tussen die onderskeid wat Israel tussen rein en onrein diere en tussen hulleself en ander volke moes tref. Die seremoniële wette het 'n simboliese betekenis gehad. Israel is deur die keuse van dit wat hulle eet of nie eet nie, herinner aan die onderskeid wat hulle moes tref tussen hulleself en ander volke (Wenham 1981:9-11).

Dit is dus duidelik dat die onderskeid wat volgens die seremoniële wette ten opsigte van voedsel getref moes word, verband hou met die onderskeid wat ten opsigte van mense getref moes word. Hierdie verband laat blyk dat die voorskrif wat Petrus tydens die visioen ontvang het, naamlik om nie onderskeid ten opsigte van voedsel te tref nie, verband hou met die voorskrif wat hy volgens 10:20 ontvang het, naamlik om ook nie onderskeid ten opsigte van mense te tref nie.

 

Die visioen aan Petrus en die voorskrif µηδέν διακρινόµενος

Dit het in die vorige afdeling hier bo geblyk dat die visioen aan Petrus verband hou met die voorskrif wat hy volgens 10:20 van die Gees ontvang het. Enkele komponente wat in die visioen aan Petrus belangrik is vir die verstaan van die voorskrif van die Gees, word nou verder ondersoek.

Dit is eerstens belangrik om daarop te let dat Petrus tydens die visioen die voedsel wat hy moes eet as profaan (κοινόν) en onrein (άκάθαρτον) bestempel. Saam met Bauckham (2005:102-104) kan aanvaar word dat άκάθαρτον daarop wys dat Petrus as Jood die voedsel wat hy moes eet volgens die seremoniële wette, as onrein (άκάθαρτον) geag het. Wanneer hy egter dieselfde voedsel as κοινόν beskryf, verwys hy na die feit dat die voedsel wat vir die Jode onrein is vir die nie-Jode profaan (κοινόν) is. Die voedsel wat vir die Jode onrein is, is dus terselfdertyd profane voedsel vir profane mense.

Petrus word egter volgens 10:15 verseker dat God hierdie voedsel rein gemaak het (έκαθάρισεν). Hy ontvang ook die opdrag om dít wat God heilig gemaak het, nie onheilig te ag nie (µή κοίνου). Met die teenwoordige aktiewe imperatief κοίνου is vir Petrus aangedui dat hy nie moes voortgaan met dit waarmee hy besig was nie (Bock 2009:389; Bruce 1976:218-219). Petrus moes nie voortgaan om dit wat nou rein is, onrein te ag nie. Dit is duidelik dat daar in hierdie visioen aan Petrus geopenbaar word dat die bedeling waarin sekere voedsel wat as onrein en profaan geag is, nie meer bestaan nie (vgl. Marshall 2008:197). 'n Bedeling waarin daardie voedsel rein gemaak is en daarom ook geskik is vir Jode het aangebreek. Petrus mag dit nie meer as onrein of profane voedsel vir profane mense beskou nie.8

In ooreenstemming met die opdrag aan Petrus om voedsel nie onheilig te ag nie, kry hy die voorskrif om saam met die gesante van Kornelius te gaan sonder om onderskeid te tref. Aan Petrus en die Nuwe-Testamentiese Kerk is geopenbaar dat daar 'n nuwe bedeling aangebreek het, nie alleen wat voedsel betref nie, maar ook wat mense betref. Petrus en die Nuwe-Testamentiese Kerk mag nie meer slegs Israeliete as rein en alle ander mense as profaan en onrein ag nie.

Dit is belangrik om na te gaan op wie hierdie voorskrif om nie onderskeid te tref nie almal betrekking gehad het. Lukas gee 'n baie positiewe beskrywing van Kornelius. Hy noem dat Kornelius vroom (ευσεβής) en godvresend (φοβούµενος τόν θεόν) was. Die woord ευσεβής dui daarop dat Kornelius besonder toegewyd aan God geleef het. Lukas verwys in 10:2 uitdruklik na Kornelius se toegewydheid wanneer hy sê dat Kornelius baie gedoen het om die armes onder die Joodse volk te help en dat hy gereeld tot God gebid het (Bock 2009:385-386). Die woorde φοβούµενος τόν θεόν in 10:2 dui daarop dat Kornelius 'n nie-Jood was wat blootgestel is aan die God van Israel en wat positief op hierdie blootstelling reageer het sonder om alle wette en praktyke van Israel te aanvaar (vgl. Bock ibid:386; Finn 1985:83-84; Gager 1986:91-99) As 'godvresende' was hy waarskynlik op 'n besondere manier by die sinagoge betrokke.9 Volgens Kornelius se gesante was hy ook 'n regverdige (δίκαιος) man (10:22). Die woord δίκαιος dui Kornelius se houding teenoor sy medemens aan - in besonder sy houding teenoor die Joodse volk (Van Eck 2009:240-241).

By al die positiewe sake wat van Kornelius vermeld word, moet in ag geneem word dat hy 'n hoofman oor 100 in die Romeinse weermag was. Dit sou hom in 'n baie slegte lig by die Jode gestel het. Dit sou immers onmoontlik gewees het om deel van die Romeinse weermag te wees en steeds die Torah te onderhou (Van Unnik 1973:249). Daar moet ook in ag geneem word dat Kornelius nie 'n proseliet (προσήλυτον) was nie. Indien hy 'n proseliet was, sou dit beteken dat hy ten volle tot die Joodse geloof bekeer is (vgl. Niel 1973:137). Die Jode sou Kornelius dan as Jood erken en het hom volgens die seremoniële wette as rein gereken het (vgl. byvoorbeeld προσήλυτον in 6:5). Omdat hy egter nie 'n proseliet was nie, kan met Miller (2002:305-306) saamgestem word wanneer hy van Kornelius sê: '... because he had not taken the final step of proselytization, that is, circumcision, he was still a Gentile and therefore was considered unclean'. Hoewel die Jode in 'n besondere verhouding met die godvresendes (φοβούµενος τόν θεόν) gestaan het, is hulle steeds as heidene gereken en dus as onrein beskou (Van Unnik ibid:250; Witherington 1998:354).

Dit is verder belangrik om Kornelius se onreinheid nader te beskryf. Klawans (1998:391-415) het aangetoon hoe belangrik dit is om duidelik te onderskei tussen rituele reinheid of onreinheid (vgl. Lev 11-15; Num 19) aan die een kant en morele reinheid of onreinheid (vgl. byvoorbeeld Lev 18:24-29) aan die ander kant. Wanneer Petrus in Kornelius se huis ingaan, sê hy dat dit ongeoorloof is (ἀθέµιτος) vir 'n Joodse man om met iemand van 'n ander volk interaksie te hê of hom te besoek (10:28). Bauckham (2005:107-109) toon oortuigend aan dat ἀθέµιτος betrekking het op die voorskrifte in die Ou Testament (vgl. byvoorbeeld Lev 20:22-26; Neh 9:2; 10:28) waarvolgens Jode hulle moes afskei van die heidene sodat hulle nie, onder die invloed van die heidene, begin deelneem aan die heidene se immorele leefwyse nie.10 Omdat Kornelius as nie-Jood onrein was, kon noue omgang met hom tot morele besoedeling lei. Enige noue omgang met hom was daarom verbode. Die Jerusalemse Christene het heel waarskynlik kennis gedra van Kornelius se goeie eienskappe. Hulle negatiewe reaksie op Petrus se besoek aan Kornelius (vgl. 11:2-3) bevestig Bauckham se standpunt dat Kornelius volgens die seremoniële wette nie slegs as seremonieel onrein beskou is nie, maar ook as moreel onrein.

Dit blyk uit die voorafgaande dat die voorskrif van die Heilige Gees aan Petrus om nie onderskeid te tref nie, duidelik maak dat 'n nuwe bedeling aangebreek het. Geen mens, ook nie hulle wat in die vorige bedeling as moreel onrein geag moes word, mag bloot omdat hy of sy nie tot die volk Israel behoort het as onrein geklassifiseer word nie.

 

Die beklemtoning van God se optrede in die visioene aan Kornelius en Petrus en µηδέν διακρινόµενος as voorskrif van die Gees

In die visioene aan Kornelius (10:1-6) en Petrus (10:9-16) word God se optrede baie sterk beklemtoon (vgl. Kieffer 1988:83; Muthuraj 1995:22). Lukas beklemtoon dat dit 'n engel van God is wat aan Kornelius verskyn het en opdrag gee om mense na Petrus te stuur (10:3). Lukas beklemtoon verder dat die houer met die diere en die voëls uit 'n geopende hemel op die aarde neergelaat is (10:11) en dat Petrus begryp het dat die stem wat met hom praat en hom opdrag gee om te slag en te eet die verheerlikte Here (vgl. Grosheide 1942:332) se stem was (10:14). Petrus se negatiewe reaksie op die opdrag wat hy ontvang het (10:14), word ook beantwoord deur te wys op wat God gedoen het. Dit is Hy wat die voedsel rein verklaar het, en daarom mag dit nie as onrein geag word nie (10:15).

Nadat Lukas die twee visioene beskryf het, beklemtoon hy uitdruklik dat dit ook God is wat bepaal wat die betekenis van die visioene is. Dit blyk eerstens uit die feit dat Lukas sê dat die manne wat Kornelius gestuur het daar aangekom het direk nadat Petrus die visioen gesien het. Lukas sê egter ook dat die Gees uitdruklik aan Petrus gesê het dat dit Hy is wat die manne gestuur het. Die werkwoord vir gestuur (άπέσταλκα) in 10:20 word in die perfektum tyd gebruik. Die klem val dus daarop dat die Gees in die verlede die manne gestuur het en dat Petrus nou met die gevolge van dít wat die Gees gedoen het, gekonfronteer word. Petrus het met die gevolge van 'n goddelike daad te doen gehad deur die manne se aankoms. Dít wat van Petrus vereis word, word ook deur God geopenbaar. Dit is die Heilige Gees wat aan Petrus opdrag gee om saam met die manne van Kornelius te gaan en te gaan sonder om onderskeid te tref.

Dit blyk dat God se optrede in die beskrywing van die gebeure so sterk beklemtoon word omdat die gebeure en die betekenis daarvan betrekking het op voorskrifte wat God self in die Ou-Testamentiese bedeling gegee het. God het self beveel dat Israel onderskeid tussen wat Israel mag en nie mag eet nie (vgl. Lev 11:1-16:34) moes tref. Hy het self bekend gemaak dat Hy Israel van ander volke afsonder en hulle tot sy volk maak (vgl. Deut 7:7-8). Dit is Hy wat geëis het dat hulle hulself van ander volke afsonder (vgl. byvoorbeeld Eks 34:16; Deut 7:3-4).

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die seremoniële wette nie as universele en ewige reëls gegee is nie. Wenham (1979:161-162) toon aan uit Levitikus dat die historiese narratiewe gedeeltes (Lev 8-10; 16) die gedeeltes waarin die wette aan die orde is (11-15), omarm. Uit die historiese gedeeltes is dit duidelik dat die wette God se wil vir spesifieke mense vir 'n spesifieke tyd bekend gemaak het. Hierdie voorskrifte was nie bedoel om vir altyd vir Israel of die nie-Jode te geld nie. Lukas laat nou geen twyfel dat dit God self is wat in die Nuwe-Testamentiese bedeling ten opsigte van hierdie wette optree nie. Die voorskrif van die Heilige Gees aan Petrus om nie te onderskei nie, is 'n voorskrif van die Een wat in die ou bedeling die opdrag gegee het om wel te onderskei.

 

Die voorskrif µηδέν διακρινόµενος as 'n aanduiding van aanvaarbaarheid by God

Wanneer Petrus volgens 10:34-35 vertel hoe die voorafgaande gebeure verstaan moet word, werp dit lig op die voorskrif aan Petrus in 10:20 om nie onderskeid te tref nie. Hy sê volgens 10:35 dat in elke nasie, die een wat God vrees en geregtigheid doen vir God aanvaarbaar is. Die woord aanvaarbaar (δεκτός) is opvallend. In die Ou-Testamentiese bedeling het die aanvaarbaarheid van die Israeliet en die Israeliet se offer, sentraal gestaan. In Eksodus 28:38; Levitikus 1:3; 19:5; 22:19, 29; 23:11; Jesaja 56:7; 60:7 word hierdie aanvaarbaarheid by God byvoorbeeld deur die woord aan die orde gestel. Dit val op dat die Septuaginta in hierdie verse telkens die woord δεκτός gebruik as vertaling van die woord .

Volgens 10:34-35 besef Petrus dat hierdie aanvaarbaarheid by God nou nie meer net tot Israel beperk is nie. Hy sê immers dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, vir God aanvaarbaar (δεκτός) is. Met die woord δεκτός stel Petrus God se regverdige beoordeling van mense ten opsigte van hulle verhouding met Hom, asook die beoordeling van hulle dade, aan die orde (vgl. Johnson 1992:191). Reeds in die ou bedeling was dit duidelik dat God geen aannemer van die persoon is nie (vgl. byvoorbeeld Deut 10:17). Hy is nie soos regters wat omgekoop kon word om sekere mense te bevoordeel nie. Hy het, sonder verdienste (vgl. Bright 2000:156), Israel uit al die volke uitverkies om sy volk te wees. Dit het Hy gedoen, nie omdat hulle beter was as enige ander volk of omdat hulle aan sy vereistes voldoen het nie, maar omdat Hy uit vrye wil aan hulle genade bewys het.

Uit 10:34-35 is dit duidelik dat Petrus, na alles wat aan hom geopenbaar is, begryp het dat hierdie genade nie meer net tot Israel beperk was nie. Mense soos Kornelius wat nie tot die volk Israel behoort nie, maar wat God vrees en geregtigheid doen, mag ook reken op God se genade. In die nuwe bedeling is hulle en hulle werke vir God aanvaarbaar. Hoe dit moontlik is dat mense en hulle werke aanvaarbaar is sonder dat hulle deel van Israel geword het, word nie in 10:34-35 gestel nie.

Daar kan uit die voorafgaande afgelei word dat die voorskrif aan Petrus volgens 10:20 om nie onderskeid te tref nie, ingehou het dat God se genade nie meer tot Israel beperk is nie. Die Heilige Gees maak aan Petrus deur die voorskrif duidelik dat 'n bedeling aangebreek het waarin mense wat God vrees en geregtigheid doen, vir God aanvaarbaar is sonder dat hulle deel van die volk Israel moes word.

 

Petrus se verkondiging in 10:37-43 en die voorskrif van die Gees aan Petrus om nie onderskeid te tref nie

Petrus se verkondiging soos opgeteken in 10:37-43 vertoon verskeie besondere eienskappe. Dit is byvoorbeeld duidelik dat die verkondiging op mense uit die heidendom gerig was en bevat daarom baie gegewens oor Jesus se lewe voor die kruisiging (vgl. Marshall 2008:201-202). Die verkondiging is 'n deeglike opsomming van die evangelieverhaal soos dit in die evangelie volgens Lukas gevind word (Johnson 1992:195). Aan Kornelius, wat as kaptein beslis deeglik bewus was dat die Romeinse heerser erken is as πάντων κύριος [Here van almal], verkondig Petrus van Jesus Christus die volgende: ούτος έστιν πάντων κύριος [Hy is Here van almal] (vgl. Howell 2008:25-46). Wat vir hierdie artikel van belang is, is die verband tussen die voorskrif wat Petrus ontvang het om nie onderskeid te tref nie en Petrus se verkondiging in hierdie verse. Drie sake kan in hierdie verband uitgelig word. Eerstens gee Petrus in sy verkondiging aan Israel 'n besondere plek. Hy sê dat God sy Woord aan die kinders van Israel gestuur het (10:36); hy verwys na die saak wat in die Jode se land, in die hele Judea gebeur het en van Galilea af begin het (10:37); hy sê dat hy en die ander apostels getuies is van dit wat Jesus in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het (10:39); hy noem dat hy en die ander apostels beveel is om aan die volk te verkondig (10:42) en hy verwys na dit wat al die profete, dit is die Ou Testamentiese profete (vgl. De Villiers 1977:225), verkondig het. Stanton (2004:67-80) toon verder oortuigend aan dat daar in Petrus se verkondiging duidelike verwysings na die Ou Testament voorkom. Dit blyk uit sy bestudering van 10:36-39 dat Psalm 107:20 (vgl. 10:36), Jesaja 52:7 (vgl. 10:36) en Jesaja 61:1 (vgl. 10:38) in die verkondiging saamgevleg word en dat daarmee 'n Skriftuurlike opsomming van die aard en betekenis van Jesus se bediening gegee word.

Dit blyk dat Petrus nie verkondig het dat die bedeling waarin Israel 'n besondere plek by God gehad het en hulle hulself moes afsonder van ander volke, negatief beoordeel moet word nie. Petrus verstaan die visioen wat aan hom getoon is (10:9-16), en in besonder die voorskrif om nie onderskeid te tref nie (10:20), nie as 'n teregwysing aangaande Israel se ongehoorsaamheid in die ou bedeling nie.

Dit is tweedens ook duidelik dat Petrus in sy verkondiging die klem laat val op die feit dat dit God is wat in Christus opgetree het. Hy stel eerstens in die algemeen dat dit God is wat die Woord aan Israel gestuur het toe Hy deur Jesus Christus die evangelie van vrede verkondig het (10:36). Daarna sê hy dat dit God is wat Jesus van Nasaret met krag en met die Heilige Gees (10:37-38) gesalf het. Hy verkondig dat God in Jesus se bediening by Jesus was (10:38). Nadat Jesus gekruisig is, is dit God wat Hom opgewek het en wat beskik het dat Hy aan getuies sou verskyn. Dit is God wat die getuies voorheen verkies het (10:39-41) en dit is Hy wat Jesus as Regter bestem het. Dit blyk dat Petrus verkondig het dat dit God is wat die nuwe bedeling laat aanbreek het (vgl. 5e opskrif hierbo). Petrus het verstaan dat dit dieselfde God is wat Israel uit genade as sy volk verkies het en wat Israel opdrag gegee het om ten opsigte van voedsel en van mense onderskeid te tref, wat nou 'n nuwe bedeling laat aanbreek het.

Petrus beklemtoon ook in sy verkondiging dat Jesus Christus 'n sentrale plek inneem in die aanbreek van die nuwe bedeling. Dit is deur Jesus Christus dat die evangelie van vrede aan die kinders van Israel verkondig is (10:36). Dit is Jesus Christus wat die Here van almal is (10:36; vgl. Humphrey 1995:79-80). In aansluiting by dit wat Petrus vooraf gesê het (vgl. 10:35 in besonder die woorde έν παντί ἔθνει) en dit wat hy volgende sê (vgl. in besonder die woorde in 10:43 πάντα τόν πιστεύοντα), is dit duidelik dat die woord almal (vgl. πάντων) in 10:36 die andersheid van die nuwe bedeling beklemtoon. God is nou nie meer net die God van Israel nie. Jesus Christus, wat deur God gestuur is om die evangelie van vrede aan Israel te verkondig, is nou Here van almal (10:36). Petrus beklemtoon ook dat hy en die ander apostels opdrag gehad het om te verkondig dat Jesus Christus bestem was om Regter te wees van die lewendes en dié wat reeds gesterf het (κριτής ζώντων καί νεκρων). Die woorde κριτής ζώντων καί νεκρων het net soos die woorde ούτος έστιν πάντων κύριος 'n universele betekenis. Christus se regterskap strek nie net oor Israel nie, maar oor alle mense van alle tye (Van Eck 2009:248; vgl. ook Williams 1957:137; Munck 1973:95).

Petrus laat duidelik die betekenis uit sy boodskap blyk: die ou bedeling het oorgegaan in 'n nuwe bedeling (10:43). Hy doen dit deur duidelik te maak wat die profete van die Ou Testament van Jesus Christus getuig het, naamlik dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes in sy Naam (διὰ του" ονόµατος αυτού) ontvang. In verband met die woorde διὰ του̂ ονόµατος αύτου" is dit belangrik om te onthou dat die bediening van die versoening in die Ou-Testamentiese bedeling opgedra is aan die priesterdiens (vgl. De Vaux 1962:235-236). 'n Belangrike Skrifgedeelte in die verband is Eksodus 28:36-38. In hierdie gedeelte is al die heilige gawes van Israel en hulle skuld en/of sonde wat daaraan kleef ter sprake. Aaron moes 'n plaat van suiwer goud wat aan sy tulband vasgemaak was op sy voorkop dra. Die plaat, die kroon (vgl. Eks 39:30) op Aaron se voorkop, het die heiligheid van die hoëpriester se diens aangedui. Dit het ook aangedui dat hy as hoëpriester aan die Here geheilig is om die diens van versoening te verrig vir die volk wat God as sy heilige volk afgesonder het (Keil & Delitzsch 1976:203-204, 253-254; vgl. ook Bailey 2007:308; Janzen 1997:210). Aaron moet volgens Eksodus 28:38 die skuld/sonde dra met betrekking tot die heilige gawes van Israel. Hy het die skuld en/of sondes wat aan die heilige gawes van die volk gekleef het op hom geneem en dit so weggeneem van die volk. Aaron het ook die volk se gawes en daardeur die volk vir God aanvaarbaar gemaak (Keil & Delitzsch ibid:203; vgl. ook Wiersbe 2007:179). Dit is dus duidelik dat Israel en hulle gawes alleen deur die versoening wat deur God vir hulle bewerk is,11 vir God aanvaarbaar was .

Die nuwe boodskap wat Petrus nou verkondig, is dat vergifnis in die Naam van Jesus Christus verkry word. Waarom dit in sy Naam verkry kan word, blyk duidelik uit 10:37-42. In hierdie gedeelte vat Petrus eintlik die hele evangelieboodskap saam. Hy handel oor Jesus se salwing, sy werk op aarde, sy kruisiging, opstanding en hemelvaart. In die nuwe bedeling wat met Jesus Christus aangebreek het, is daar nie meer 'n hoëpriester wat telkens die skuld/sonde moet opneem en wegneem om gelowiges en hulle gawes vir God aanvaarbaar te maak nie. Die Een wat God in die nuwe bedeling gesalf het, dit wil sê daarvoor afgesonder of geheilig het, is Jesus Christus. Deur sy versoeningswerk is dit moontlik dat in elke nasie, die een wat God vrees en geregtigheid doen, vir God welgevallig is.

Dit val op dat Petrus nie sê dat alle mense in die nuwe bedeling deur Jesus Christus vir God aanvaarbaar is nie (vgl. 10:43). Alleen diegene in elke nasie wat in Hom glo, ontvang vergifnis en is geheilig.

Petrus se prediking volgens 10:37-43 werp duidelike lig op die voorskrif aan Petrus om nie onderskeid te tref nie. Die voorskrif van die Heilige Gees aan Petrus om nie onderskeid te tref nie, dui nie daarop dat Israel ontrou was in die ou bedeling deur hulle af te sonder van ander volke nie. Die voorskrif dui op 'n nuwe bedeling wat God laat aanbreek het waarin Hy, dieselfde God wat Israel in genade uit ander volke uitverkies het as sy volk en hulle opdrag gegee het om ten opsigte van kos en mense onderskeid te tref, skryf nou deur die Heilige Gees voor dat daar nie meer onderskeid getref moet word nie. Dit blyk verder dat God hierdie nuwe bedeling deur Jesus Christus laat aanbreek het. Deur Hom is God nie meer alleen die God van Israel nie. In die nuwe bedeling is die Een wat deur God gesalf is, naamlik Jesus Christus, Here van almal en Regter oor alle mense van alle tye. Die nuwe bedeling, waarvan die voorskrif aan Petrus getuig (10:20), rus op die versoeningswerk wat Jesus Christus eenmaal gedoen het. Dit is ook uit Petrus se verkondiging duidelik dat die voorskrif wat hy ontvang het om nie onderskeid te tref nie, nie veronderstel dat alle mense vir God aanvaarbaar is nie. Die voorskrif veronderstel dat elkeen wat in Jesus Christus glo (in alle volke), in sy Naam vergifnis ontvang en daarom vir God aanvaarbaar is. Daar is dus 'n duidelike universele, maar ook partikulêre verkondiging.

 

Die uitstorting van die Heilige Gees op nie-Jode en die voorskrif aan Petrus om nie onderskeid te tref nie

Uit die wyse waarop Lukas vertel van die uitstorting van die Heilige Gees op Petrus se hoorders (10:44-48), kan baie spesifieke afleidings aangaande die Heilige Gees se voorskrif aan Petrus om nie onderskeid te tref nie, gemaak word. Dit is inderdaad so dat die koms van die Heilige Gees op almal wat Petrus se boodskap gehoor het, as getuienis van God aan hulle gedien het, naamlik dat hulle deur God gereinig is (vgl. 15:812). Die wyse waarop Lukas die gebeure in 10:44-46 beskryf, laat egter nie die klem op die getuienis aan die nie-Jode val nie. Lukas beklemtoon die reaksie van die Jode wat saam met Petrus gekom het. Hulle was uitermate verbaas13 dat die heidene (εθνη) die Gees ontvang het. Deur die mense aan wie die Gees gegee, is heidene (εθνη) te noem en die mense wat saam met Petrus gekom het, dié uit die besnydenis (οί έκ περιτοµης πιστοί) te noem, gee Lukas 'n duidelike aanduiding waarom die mense so uitermate verbaas was. Dit het hulle verbaas dat mense wat nie besny is nie, wat dus nie deel is van die Joodse volk wat God in die ou bedeling uitverkies het nie, die Heilige Gees ontvang. Mense wat nie besny is nie, wat nie deel is van die volk wat God in die ou bedeling as sy volk uitverkies het nie, ontvang deur die Heilige Gees die bevestiging dat God hulle aanvaar het. Die Gees bevestig dat Jode en nie-Jode wat in Christus glo, één in Christus is (vgl. Floor 1979:50). Dit is duidelik dat Petrus hierdie openbaring deur die Gees goed verstaan het. Hy beklemtoon hierdie eenheid wanneer hy daarop wys dat die nie-Jode die Gees net soos hulle (vgl. ώς καί ήµεις), die Christen Jode, ontvang het (10:47). In die nuwe bedeling wat aangebreek het, is almal wat in Christus glo, één. Die onderskeidings soos Jood en nie-Jood is nie meer ter sake nie.

Dit blyk dat die voorskrif van die Gees aan Petrus om nie onderskeid te tref nie, daarop wys dat almal wat in Jesus Christus glo, in Hom één is. In die nuwe bedeling is dit onbelangrik of iemand Jood of nie-Jood is. Almal wat in Christus glo, is deel van sy kerk en in Hom één.

 

Gevolgtrekking

1. Met die voorskrif aan Petrus µηδέν διακρινόµενος maak die Heilige Gees eerstens duidelik dat 'n spesifieke bedeling tot 'n einde gekom het. Tydens die bedeling wat tot 'n einde gekom het, het Israel ten opsigte van die voedsel wat hulle eet en van mense onderskeid getref. Israel was nie ontrou deur die onderskeid wat hulle getref het nie. God het self beveel dat Israel onderskeid moes tref tussen dít wat hulle mag eet en nie mag eet nie. Hy het self bekend gemaak dat Hy Israel van ander volke afsonder en hulle tot sy volk maak. Dit is ook Hy wat geëis het dat die Israeliete hulleself van ander volke moet afsonder. Die voorskrifte wat God vir hierdie bedeling gegee het, was egter nie bedoel om universeel en altyd geldend te wees nie. Die voorskrif wat die Heilige Gees aan Petrus en aan die Christelike Kerk volgens 10:20 gee, naamlik om nie onderskeid te tref nie (vgl. µηδέν διακρινόµενος), dui aan dat hierdie bedeling met sy voorskrifte verby is (vgl. 5e & 7e opskrifte hierbo).

2. Met die voorskrif µηδέν διακρινόµενος openbaar die Heilige Gees tweedens dat 'n nuwe bedeling aangebreek het. Dieselfde God wat Israel in genade as sy volk uitverkies het en geëis het dat hulle ten opsigte van kos en mense onderskeid tref, maak nou bekend dat sy genade nie meer tot Israel beperk is nie (vgl. 5e, 6e & 7e opskrifte hierbo). 'n Bedeling het aangebreek waarin mense wat God vrees en geregtigheid doen vir God aanvaarbaar is sonder dat hulle deel word van die volk Israel (vgl. 6e opskrif hierbo). Geen mens, ook nie hulle wat voorheen as moreel onrein geag is, mag in die nuwe bedeling as onrein geklassifiseer word bloot omdat hulle nie tot die volk Israel behoort nie (vgl. 4e opskrif hierbo). Die nuwe bedeling wat aangebreek het, rus op die versoeningswerk wat Christus eenmaal volvoer het. God het die nuwe bedeling deur Hom laat aanbreek. Deur Hom is God nie meer alleen die God van Israel nie. Die Een wat deur God gesalf is, naamlik Jesus Christus, is nou Here van almal en Regter oor alle mense van alle tye (vgl. 7e opskrif hierbo). Die voorskrif van die Gees aan Petrus veronderstel nie dat alle mense in die nuwe bedeling deur Jesus Christus vir God aanvaarbaar is nie. In die bedeling wat aangebreek het, ontvang elkeen (in alle volke) wat in Jesus Christus glo, vergifnis in sy Naam. Slegs hulle wat in Jesus Christus glo, is vir God aanvaarbaar (vgl. 7e opskrif hierbo). Die nuwe bedeling waarvan die voorskrif aan Petrus om nie onderskeid te tref nie getuig (10:20), is 'n bedeling van eenheid. In die Nuwe-Testamentiese kerk is almal wat in Christus glo, in Hom één. Die onderskeid tussen Christen Jood en Christen nie-Jood is nie ter sake nie (vgl. 8e opskrif hierbo).

 

Slotsom

Dit blyk dat die Heilige Gees met die woorde µηδέν διακρινόµενος in 10:20 aan Petrus en aan die Nuwe Testamentiese Kerk 'n entscheidende Wendepunkt-voorskrif gee.

 

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.

 

Literatuurverwysings

Adamson, J., 1976, The epistle of James, Wm. B. Eerdmans, Grand Rapids. (The new international commentary on the New Testament).         [ Links ]

Arterbury, A.E., 2002, 'The ancient custom of hospitality: the Greek novels, and Acts 10:1-11:18', Perspectives in Religious Studies 29(1), 53-72.         [ Links ]

Bailey, R.C., 2007, Exodus, College Press, Joplin, MO. (The College Press NIV commentary).         [ Links ]

Barrett, C.K., 1998, Critical and exegetical commentary on the Acts of the Apostles, T&T Clark, Edinburgh. (The international critical commentary on the Holy Scriptures of the Old and New Testaments, vol. 1).         [ Links ]

Bauckham, R., 2005, 'James, Peter, and the gentiles', in B. Chilton & C. Evans (eds.), The missions of James, Peter and Paul: tensions in the early Christianity, pp. 91-142, Brill, Leiden.         [ Links ]

Beck, S.H, 1974, 'The role of the Jerusalem conference in the Acts of the Apostles', ThD dissertation, Xerox University Microfilms, Michigan.         [ Links ]

Bibel, 2007, Zürcher Bibel. Theologischer Verlag, Zurich.         [ Links ]

Bible, 1999, La Bible du semeur: traduite en frangais d'après les textes originaux hébreu et grec, avec introductions, notes et lexique. International Bible Society, Colorado Springs.         [ Links ]

Bible, 2008, The Holy Bible: New International Version, Zondervan, Grand Rapids.         [ Links ]

Bible, [1611] 2010, The holy Bible: quatercentenary edition, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Biblia, 1960, Santa Biblia: antiguo y Nuevo Testamentos, Sociedades Bíblicas Unidas, Mexico.         [ Links ]

Bock, D.L., 2009, Acts, Baker Academic, Grand Rapids. (Baker Exegetical Commentary on the New Testament).         [ Links ]

Bond, L.S., 2002, 'Acts 10:34-43', Interpretation 56(1), 80-83. http://dx.doi.org/10.1177/002096430005600109        [ Links ]

Breed, D.G., 2011, 'Ooreenstemmende leiding deur die GKSA se bedienaars van die Woord: 'n ondersoek na die leiding van Petrus, Paulus en Jakobus by vier byeenkomste', In die Skriflig 45(2 & 3), 503-530.         [ Links ]

Bright, J., 2000, A history of Israel. Westminster John Knox Press, Louisville.         [ Links ]

Bruce, F.F., 1976, The Acts of the Apostles: the Greek text with introduction and commentary, InterVarsity Press, Leicester.         [ Links ]

Bruce, F.F., 1977, Commentary on the book of the Acts: the English text with introduction, exposition and notes, Wm. B. Eerdmans, Grand Rapids. (The New International Commentary on the New Testament).         [ Links ]

Büchsel, F., 1965, 'Kρίνω,' in G. Kittel (ed.), Theological dictionary of the New Testament, vol. 3, pp. 921-954, Wm. B. Eerdmans, Grand Rapids.         [ Links ]

Bybel, 1933, Die Bybel (1933-vertaling), Britse en Buitelandse Bybelgenootskap, Kaapstad.         [ Links ]

Bybel, 1983, Die Bybel: nuwe vertaling, Britse en Buitelandse Bybelgenootskap, Kaapstad.         [ Links ]

Chance, J.B., 2007, Acts. Smyth & Helwys Bible Commentary, Smyth & Helwys Publishing Inc., Georgia.         [ Links ]

Danker, F.W., 2000, A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature, The University of Chicago Press, Chicago.         [ Links ]

De Graaf, D., 2005, 'Some doubts about doubt: the New Testament use of διακρινω', Journal of the Evangelical Theological Society 48(4), 733-755.         [ Links ]

De Vaux, R., 1962, Hoe het oude Israel leefde: de instellingen van het Oude Testament, J.J. Romen & Zonen, Roermond.         [ Links ]

De Villiers, J.L., 1977, Die Handelinge van die apostels, NG Kerk Uitgewers, Kaapstad.         [ Links ]

Dibelius, M., 2004, The book of Acts: form, style, and theology, Fortress Press, Minneapolis.         [ Links ]

Douglas, M., 1993, 'The forbidden animals in Leviticus', Journal for the study of the Old Testament 59, 3-23.         [ Links ]

Douglas, M., 1972, 'Deciphering a meal', Daedalus 101(1), 61-81. http://dx.doi.org/10.1177/030908929301805901        [ Links ]

Erwin, E., 1995, 'Acts 10:34-43', Interpretation 49(2), 179-182. http://dx.doi.org/10.1177/002096439504900208        [ Links ]

Finn, T.M., 1985, 'The God-fearers reconsidered' The Catholic Biblical Quarterly 47(1), 75-84.         [ Links ]

Floor, L., 1979, Hy wat met die Heilige Gees doop, NG Kerkboekhandel, Pretoria.         [ Links ]

Gager, J.G., 1986, 'Jews, gentiles, and synagogues in the book of Acts', Harvard theological review 79(1-3), 91-99. http://dx.doi.org/10.1017/S001781600002037X        [ Links ]

Gartner, B., 1975, 'Διακρίυω', in C. Brown (ed.), The new international dictionary of New Testament theology, vol 2, pp. 503-505, Oxford University Press, Cape Town.         [ Links ]

Grosheide, F.W., 1942, Handelingen der Apostelen Deel 1. Kommentaar op het Nieuwe Testament, H.A. van Bottenburg, Amsterdam.         [ Links ]

Helberg, J.L., 1980, Die Here regeer, NG Kerkboekhandel, Pretoria.         [ Links ]

Howell, J.R., 2008, 'The imperial authority and benefaction of centurions and Acts 10.34-43: A response to C. Kavin Rowe', Journal for the Study of the New Testament 31(1), 25-51. http://dx.doi.org/10.1177/0142064X08095177        [ Links ]

Humphrey, E.M., 1995, 'Collision of modes? Vision and determining argument in Acts 10:1-11:18', Semeia 71, 65-84.         [ Links ]

Janzen, J.G., 1997, Exodus, Westminster John Knox, Louisville.         [ Links ]

Johnson, L.T., 1992, The Acts of the Apostles, The Liturgical Press, Collegeville. (Sacra Pagina series, vol. 5).         [ Links ]

Kieffer, R., 1988, 'From linguistic methodology to the discovery of a world of metaphors', Semeia 81, 77-93.         [ Links ]

Keil, C.F. & Delitzsch, F., 1976., The second book of Moses, Wm. B. Eerdmans, Grand Rapids. (Commentary on the Old Testament in ten volumes, vol. 1).         [ Links ]

Klawans, J., 1998, 'Idolatry, incest, and impurity: moral defilement in ancient Judaism', Journal for the study of Judaism in the Persian, Hellenistic and Roman period 29(4), 391-415, Winter.         [ Links ]

Koch, D., 2006, 'The God-fearers between facts and fiction: Two theosebeis-inscriptions from Aphrodisias and their bearing for the New Testament', Studia Theologica 60(1), 62-90. http://dx.doi.org/10.1080/00393380600758602        [ Links ]

Louw, J.P. & Nida, E.A., 1988a, Greek-English lexicon of the New Testament based on semantic domains, vol. 1, United Bible Societies, New York.         [ Links ]

Louw, J.P. & Nida, E.A, 1988b, Greek-English lexicon of the New Testament based on semantic domains, vol. 2, United Bible Societies, New York.         [ Links ]

Mangrum, A., 2010, 'Cornelius the God-fearer and Peter the Christ-follower: a mutual conversion that revolutionized the nature and mission of the Church', Truett Journal of Church and Mission 7(1), 5-18.         [ Links ]

Marshall, I.H., 2008, Acts: an introduction and commentary, InterVarsity Press, Nottingham. (Tyndale New Testament Commentary).         [ Links ]

Miller, C.A., 2002, 'Did Peter's vision in Acts 10 pertain to men or the menu?', Bibliotheca Sacra 159, 302-317.         [ Links ]

Munck, J., 1973, The Acts of the Apostles, Doubleday & Company Inc, New York. (The Anchor Bible). PMCid:PMC1165929        [ Links ]

Muthuraj, J.G., 1995, 'The theology of god and the gentile mission in acts', PhD thesis, Durham University, Durham City.         [ Links ]

Michaels, J.R., 1988, 1 Peter, Word Books Publisher, Dallas. (Word Biblical Commentary, vol. 49). PMid:3288022        [ Links ]

Niel, W., 1973, The Acts of the Apostles, Oliphants, London. (New Century Bible).         [ Links ]

Overman, J.A., 1988, 'The God-fearers: some neglected features', Journalfor theStudy of the New Testament 32, 17-26. http://dx.doi.org/10.1177/0142064X8801003202        [ Links ]

Panikkar, R., 1989, 'The crux of Christian ecumenism: can universality and chosenness be held simultaneously?', Journal of Ecumenical Studies 26(1), 82-99, Winter.         [ Links ]

Pettem, M., 1996, 'Luke's great omission and his view of the law', New Testament Studies 42(1), 35-54. http://dx.doi.org/10.1017/S0028688500017069        [ Links ]

Roloff, J., 1988, Die Apostlegeschichte: das Neue Testament Deutsch, Vandenhoeck & Ruprecht, Götttingen.         [ Links ]

Richard, R.P., 1994, 'Soteriological inclusivism and dispensationalism', Bibliotheca Sacra 151(101), 85-108.         [ Links ]

Scott, J.J., 1991, 'The Cornelius incident in the light of its Jewish setting', Journal of the Evangelical Theological Society 34(4), 475-484.         [ Links ]

Spitaler, P., 2007, 'Διακρίυεσθαι. in Mt. 21:21, Mk. 11:23, Acts 10:20, Rom. 4:20, 14:23, Jas. 1:6, and Jude 22: the "Semantic Shift" that went unnoticed by Patristic authors', Novum Testamentum 49(1), 1-39. http://dx.doi.org/10.1163/004810007X163091        [ Links ]

Sprinkle, J.M., 2000, 'The rationale of the laws of clean and unclean in the Old Testament', Journal of the Evangelical Theological Society 43(4), 637-657.         [ Links ]

Stanton, G.N., 2004, Jesus of Nazareth in New Testament preaching, Cambridge University Press, Cambridge. (Society for New Testament studies monograph series 27).         [ Links ]

Synge, F.C., 1987, 'Not doubt but discriminate', The Expository Times 89(7), 203-205. http://dx.doi.org/10.1177/001452467808900703        [ Links ]

Tyson, J.B., 1987, 'The gentile mission and the authority of Scripture in Acts', New Testament Studies 33(4), 619-631. http://dx.doi.org/10.1017/S0028688500021044        [ Links ]

Van Eck, J., 2009, Handelingen: de wereld in geding, J.H. Kok, Kampen. (Commentaar op het Nieuwe Testament).         [ Links ]

Van Unnik, W.C., 1973, The Background and significance of Acts Xl 4 and 35. Sparsa Collecta, The Collected Essays of W.C. van Unnik, E.J. Brill, Leiden.         [ Links ]

Vriezen, Th.C., 1977, Hoofdlijnen der theologie van het Oude Testament, H. Veenman & Zonen.         [ Links ]

Wahlen, C., 2005, 'Peter's vision and conflicting definitions of purity', New Testament Studies 51(4), 505-518. http://dx.doi.org/10.1017/S0028688505000263        [ Links ]

Wenham, G.J., 1979, The book of Leviticus. Wm. B. Eerdmans, Grand Rapids. (The New International Commentary on the Old Testament). PMCid:PMC1145849        [ Links ]

Wenham, G.J., 1981, 'The Theology of unclean food', Evangelical Quarterly 53(1), 6-15.         [ Links ]

Wiersbe, W.W., 2007, Wiersbe Bible commentary: Old Testament, David C. Cook, Colorado Springs.         [ Links ]

Williams, C.S.C., 1957, A Commentary on the Acts of the Apostles, Adam & Charles Black, London. (Black's New Testaments Commentaries).         [ Links ]

Witherington, B., 1998, The Acts of the Apostles: a socio-rhetorical commentary, Wm. B. Eerdmans, Grand Rapids.         [ Links ]

Witherup, R.D., 1993, 'Cornelius over and over and over again: "functional redundancy" in the Acts of the Apostles', Journal for the Study of the New Testament 49(15), 45-66. http://dx.doi.org/10.1177/0142064X9301504904        [ Links ]

 

 

Korrespondensie aan:
Douw G. Breed
dbreed@telkomsa.net
PO Box 25491, Monumentpark, South Africa

Received: 29 June 2013
Accepted: 22 Oct. 2013
Published: 29 Nov. 2013

 

 

1.Alle teksverwysings wat slegs die hoofstuk en versgedeelte aangee, verwys na die boek Handelinge.
2.Chance oorweeg wel die moontlikheid dat διακρινόµενος in 10:20 vir die betekenis 'om te onderskei' gebruik kan word maar vind die vertaling without hesitation uiteindelik die beste.
3.De Graaf (2005:735-736) toon aan dat die woord διακρίνοµαι in die middel en as passiewe vorm gebruik kan word vir die betekenis 'om onderskeid te tref'.
4.Petrus ontvang volgens 10:20 die opdrag om saam met die gesante van Kornelius te gaan. Die imperatief πορεύου word deur 'n bywoordelike bysin µηδέν διακρινόµενος nader gekwalifiseer. Dit is duidelik dat die woorde µηδέν διακρινόµενος 'n voorskrif is wat Petrus se opdrag om saam met die gesante te gaan, nader beskryf. Daarom word in die artikel telkens na die woorde µηδέν διακρινόµενος as 'nvoorskrif verwys. Hierdie tipe deelwoordfrase saam met 'n imperatief, neem dikwels die modus van die hoofwerkwoord oor (vgl. byvoorbeeld Michaels 1988:84 se verklaring van 1 Pet 2:1 waarvolgens dit blyk dat 'n deelwoord vanweë sy afhanklikheid van 'n imperatiewe werkwoord ook as imperatief verstaan kan word).
5.Die woord διαπορέω wys op 'n toestand van volledige verwardheid (vgl. Louw & Nida 1988a:381)
6.Vergelyk ook Adamson (1976:48) se kommentaar op die woord διακρινόµενος in Jakobus 1:6.
7.Douglas (1972:72) onderskei die dierewêreld in drie sfere, naamlik diere op aarde, diere in die lug en diere in die water.
8.Pettem (1996:42-43) oortuig nie met sy standpunt dat die woorde van die Gees aan Petrus ruimte laat dat die onderskeid wat volgens die seremoniële wette ten opsigte van voedsel getref is, steeds gehandhaaf moes word nie. Volgens 10:15 is wat God rein verklaar het, eerstens nie mense nie, maar voedsel - voedsel wat Petrus as onheilig en onrein beskryf.
9.Dit is uit Overman (1988:17-26) se artikel met betrekking tot godvresendes duidelik dat daar in die Nuwe-Testamentiese tyd 'n groep nie-Jode was wat op 'n besondere manier by die sinagoges en die Joodse gemeenskap betrokke was en wat as godvresendes bekend gestaan het. Vergelyk ook in die verband Koch (2006:62-83) en Wahlen (2005:509).
10.Hy wys byvoorbeeld daarop dat dit slegs in enkele gevalle verbied is dat iemand ritueel onrein word en dat die woord verbod (ἀθέµιτος) wat Petrus in 10:28 gebruik, eerder verband sal hou met die gevaar dat iemand moreel onrein word as dat iemand seremonieel onrein sou word.
11.Helberg (1980:92) en Vriezen (1977:258, 285) toon aan dat die priesters nie die versoening bewerk het nie, maar dat hulle die versoening wat God bewerk het, bedien het. God het in sy genade buite die mens om versoening bewerk vir hulle wat aan Hom behoort.
12.Breed (2011:515) toon aan dat Petrus by die byeenkoms wat in Handelinge 15 beskryf word, die gebeure aangaande Kornelius ter sprake bring.
13.Vergelyk Louw en Nida (1988a:313) vir die betekenis waarvoor έξέστησαυ gebruik word.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License