SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.85 issue1A practical explanation of ethics as a good corporate governance principle in South Africa and New Zealand - A case studyHIV and me: The perception of children aged 10-12 living with HIV, and their expectations for adulthood author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Koers

On-line version ISSN 2304-8557
Print version ISSN 0023-270X

Koers (Online) vol.85 n.1 Pretoria  2020

http://dx.doi.org/10.19108/koers.85.1.2470 

ORIGINAL RESEARCH

 

'h Pleidooi vir die kriminalisering van stigma teen vrygelate gevangenes in Suid-Afrika

 

A plea for the criminalisation of stigma against ex-offenders in South Africa

 

 

Casper Lötter

Buitengewone navorser Skool vir Filosofie Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus. https://orcid.org/0000-0002-5038-8248

Correspondence

 

 


OPSOMMING

Teen die agtergrond van Agrizzi se getuienis van grootskaalse korrupsie in die Departement van Korrektiewe Dienste (die Bosasa-skandaal) en die nuwe Minister se oogmerk om vrygelate gevangenes behulpsaam te wees met werksverskaffing en hervestiging, word die vraag gevra of die verlammende invloed van post-vrylatingstigma geregverdig is. Vanuit h volksvergelykende perspektief is die vertrekpunt dat gevangenisstraf as Suid-Afrika se oorheersende strafparadigma nie ons onhoudbare hoë oortredingsyfers enigsins verlaag het nie en dit inderdaad aangeblaas het. h Post-Marxistiese teoretiese raamwerk bevraagteken en geproblematiseer die stigma waaronder vrygelate oortreders in harde stigmatiserend-beskamingskulture (Suid-Afrika, die VSA) gebuk gaan. Nadat die regverdigings vir stigma oorweeg en as onsinnig verwerp is - dit slaan op die stereotipe óf ongeregverdigde vooroordeel - word die grootliks gediskrediteerde gedagte aan indiwiduele aanspreeklikheid aan die orde gestel. Die multivlak-kompleksiteit van misdaad as h maatskaplike verskynsel word ondersoek en strukturele verdrukkings (rassisme, chauvinisme, armoede, stigma teen vrygelate voormalige oortreders, verdiepende ongelykheid) wat as teelaarde vir misdaad dien, word ook belig. Ek doen aan die hand dat sodanige stigma op beide haatspraak en ongrondwetlikheid in Suid-Afrika neerkom. Ten slotte word ingrype (byvoorbeeld kriminalisering van stigma) ter bevordering van h integrerend-beskamende kultuur aan die hand gedoen en in h bepeinsende slotsom word die maatskaplike huigelary rondom hierdie vraagstuk bekla

Trefwoorde: post-vrylatingstigma, ongeregverdigde vooroordeel, multivlak- kompleksiteit van misdaad, maatskaplike huigelary, voorgestelde post-Marxisties-geïnspireerde ingrype


ABSTRACT

Against the backdrop of Agrizzi's testimony of large-scale corruption in the Department of Correctional Services (the Bosasa scandal) and the new Minister's initiative in assisting ex-offenders with job opportunities and resettlement, the question is asked whether or not the paralysing impact of post-release stigma is justified. From a comparative perspective, my point of departure is that imprisonment as South Africa's dominant sentencing regime has not impacted our unsustainable rates of recidivism and may in fact have made the situation worse. A post-Marxist theoretical perspective questions and problematises the stigma which haunts ex-offenders in stigmatising shaming cultures (such as in South Africa and the US). After examining and rejecting as irrational, the justifications for stigma - since these either apply to the stereotype or are backed by unexamined prejudice - the largely discredited idea of individual responsibility is taken to task. The multi-level complexity of crime is considered, and criminogenic structural oppressions (racism, poverty, sexism, stigma against ex-offenders, growing inequality) are highlighted. It is submitted that stigma qualifies both as hate speech ana as being unconstitutional in South Africa. A number of interventions are proposed (such as the criminalisation of stigma against ex-offenders) which are aimed at the promotion of an integrative shaming culture and in a deeply reflective conclusion, the hypocrisy in the wider community is lamented.

Key words: post-release stigma, unexamined prejudice, multi-level complexity of crime, socia hypocrisy, proposed post-Marxist inspired interventions


 

 

1. Inleiding

Angelo Agrizzi se nou-legendariese getuienis voor die Zondo Kommissie van Ondersoek na Staatskaping, het Suid-Afrika se Departement van Korrektiewe Dienste se morele magsbasis om ons oortreders te straf en tereg te wys, ernstig skade aangedoen. Agrizzi se getuienis in Januarie 2019 was dat grootskaalse korrupsie en fiskale 'storting' aan die einde van die finansiële jaar (die Bosasa-skandaal), gedaan is met die oog op die werwing van kontrakte wat oor meer as 'n dekade gestrek het en na beraming etlike miljarde rande beloop het (Quintal, 2019). Terwyl die Zondo Kommissie se mandaat nog nie afgeloop het nie (Zuma het pas begin getuig oor die sogenaamde 'komplot' teen hom [Calland, 2019]) en alhoewel Agrizzi se bewerings tot n groot mate nog nie aan kruisondervraging onderwerp en getoets is nie, is sy getuienis wel n sterk aanduiding van die maatskaplike huigelary rondom die algemeen-aanvaarde diskriminasie teen vrygelate gevangenes hier ter plaatse.

Die wisselwerking tussen die oorweging rondom die morele implikasies van Agrizzi se getuienis oor staatskaping in die Departement en die nuwe Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, se onlangse persverklaring waarin hy hom ten doel stel om konsepwetgewing te boekstaaf waarin vrygelate gevangenes bygestaan word om haalbaar te hervorm en te hervestig, het by my die saadjie vir hierdie bydrae geplant. Die grondliggende probleem by die haalbare hervorming en -vestiging van voormalige gevangenes in Suid-Afrika is die harde stigmatiserend-beskamingskultuur waaraan hierdie groep by vrylating onderwerp word. Hierdie muishond-status, 'n bekende verskynsel in kriminologie, beteken dat geen haalbare hervorming moontlik is nie en dat die enigste ruimte waar hul wel verwelkom word, is misdaadgerigte subkulture. Vir 'n land soos Suid-Afrika met onhoudbare misdaad- en heroortredingsyfers is hierdie muishond-verskynsel in ons midde dus natuurlik geensins goeie nuus nie.

In hierdie bydrae poog ek om hierdie maatskaplike en geleentheidsdiskriminasie teen voormalige oortreders krities aan die kaak te stel.

 

2. Stigma is h groot probleem vir vrygelate gevangenes in Suid-Afrika

Die bekende Australiese volksvergelykende kriminoloog John Braithwaite (1989:20,100) het in die laat tagtigerjare die noodsaaklike onderskeid tussen harde stigmatiserend-beskamingskulture (soos hier in Suid-Afrika ter plaatse) en integrerend-beskamende kulture (soos te vinde in China en Japan) versigtig uitgewys. Alle kulture wend natuurlik beskaming aan om maatskaplike afwykings, soos misdadige tendense in besonder, hok te slaan, maar die eersgenoemde groep span beskaming in met die doel om hul swart skape as indiwidue met muishond-status te verwerp terwyl laasgenoemde beskaming gebruik om hul afvalliges met liefde en oorreding terug in die groep te integreer. Die onderskeid is meer onlangs (Lötter, 2018:30) bondig as volg verduidelik:

In the case of the former [an integrative shaming culture], it [shame] is used to integrate ex-offenders after their having atoned, while the latter uses shame to stigmatize and exclude its wayward flock from mainstream society.

Daar moet egter ook dadelik by bogenoemde omskrywings die kwalifikasie gevoeg word dat vanuit 'n poststrukturalistiese perspektief bykans geen kultuur in ons kontemporêre wêreld op homogene deurlopendheid kan aanspraak maak nie (Lötter, 2018:58-61), en die doel van hierdie oefenlopie is bloot om die oorheersende kenmerke van die twee onderskeie kulture uit te lig sodat die onderliggende probleemareas belig kan word.

In die geval van harde stigmatiserend-beskamingskulture, is die geweldige probleme wat vrygelate gevangenes in die gesig staar, goed in die literatuur geboekstaaf. In die konteks van die Verenigde State verduidelik die tronkontbondingsaktivis Michelle Alexander (2012:95-96) hierdie realiteit as volg:

The disturbing phenomenon of people cycling in and out of prison, trapped by their second-class status, has been described by Loic Wacquant as a "closed circuit of perpetual marginality." Hundreds of thousands of people are released from prison every year, only to find themselves locked out of the mainstream society and economy. Most ultimately return to prison, sometimes for the rest of their lives. Others are released again, only to find themselves in precisely the same circumstances they occupied before, unable to cope with the stigma of the prison label and their permanent pariah status.

Hierdie tweedeklas- of muishond-status wat Alexander so raak uitwys, lei tot 'n bose kringloop van heroortreding wat deur die stigmatisering van voormalige oortreders aangeblaas word. Goffman (1990/1963:19) beskryf stigma in 'n algemene sin as "the central feature of the stigmatized individual's situation in life [...] It is a question of [...] 'acceptance'", terwyl Chui en Cheng (2013:672) na stigma verwys as "as a label placed on an individual or group that results in devaluation and association with undesirable characteristics." Beide groepe kenners wys op die belangrike onderskeid tussen "discredited and discreditable" (Goffman, 1990/1963:57-58) of "concealable" of "visible" (Chui & Cheng, 2013:673). Voormalige of vrygelate gevangenes se stigma is uiteraard nie ooglopend nie met die gevolg dat hul brandmark of muishond-status op 'n "discreditable" (Goffman) of "concealable" (Chui & Cheng) wyse verskyning maak.

Chui en Cheng se empiriese studie is in Hong Kong, histories 'n Britse kolonie wat sedertdien aan China teruggegee is, gedoen en dit is natuurlik so dat harde stigmatiserend-beskamingskulture reg rondom die wêreld, maar veral in die Weste te vinde is. Ek het hierbo verwys na die wyse waarop stigma heroortredingsyfers aanblaas.

As haalbare hervorming en hervestiging vir ons gelangrik is, moet maniere gevind word om die muishond-status van vrygelate oortreders aan te spreek, soos ons nuwe Minister Ronald Lamola, oftewel in 'n ander konteks onlanks tereg opgemerk het. In die konteks van Suid-Afrika se harde stigmatiserend-beskamingskultuur, het Lucas Muntingh (2009) die onvermoeë, grootliks as gevolg van hul muishond-status, om werk te bekom, as een van voormalige gevangenes se grootste uitdagings belig. Maar dit is nie hul enigste struikelblok hier plaaslik nie.

Teen die agtergrond van hierdie bondige skets rakende die onaansienlike posisie waarin vrygelate gevangenes hul in Suid-Afrika se harde stigmatiserend-beskamingskultuur bevind, kom Braithwaite (1989:100,113) se redevoering handig in. Hy doen aan die hand dat stigma teenproduktief en inderdaad 'criminogenic' is aangesien dit oortreders wegdryf van hervestiging in hoofstroomkultuur, soos ek in die inleiding aangedui het, na misdadige subkulture toe wat dié groep kwesbares met ope arms ontvang. Dit blyk dus gemene saak te wees dat die sogenaamde muishond-status n bekende verskynsel in kriminologie, heroortreding aanblaas en beslis nie oortreders aanmoedig om aan hul misdaadweerhoudingsraamwerk te werk nie. Die Suid-Afrikaanse tronknavorsers Ngabonziza en Singh (2012:99) verwys dan ook tereg na die skrale maatskaplike ruimte vir hervorming en hervestiging as "a revolving door", 'n deur wat uiteraard teruglei na die gevangenis. De Haan (1991:208) lewer die volgende brokkie kommentaar op die verskynsel van hierdie muishond-status en verklaar met reg dat "what we need is not a better theory of crime, but a more powerful critique of crime". Soos die bekende Russiese romanskrywer Dostoyevsky meer as 150 jaar gelede aangetoon het, is oortreders maar bloot gewone mense met hul tekortkominge, vrese en wense. In sy roman The House of the Dead (2004/1861), wat hy na sy eie verbanning en gevangesetting in Siberië geskryf het, beeld hy hierdie tema pragtig uit. Beide Braithwaite (1995:280-281) en Lötter (2018:38) kom tot die gevolgtrekking dat stigma sentraal staan in die ekonomiese marginalisasie en maatskaplike verwerping van voormalige oortreders en ek redeneer dat stigma in ons visier moet wees ten einde hul met haalbare hervorming en hervestiging by te staan. Wat sou 'n gepaste teoretiese raamwerk wees om die stigma waaronder vrygelate oortreders na afloop van hul vonnis gebuk gaan, uit te pluis?

'n Teoretiese raamwerk, geskoei op 'n Marxistiese lees van misdaad, iets waaraan selde in Suid-Afrikaanse kriminologie aandag gegee word, word hierna bondig oorweeg.

 

3. Teoretiese raamwerk

Ondanks die welbekende feit dat Marx self onsmaaklik na oortreders as "lumpenproletariat" verwys het, het die laat-twintigste eeuse weergawe van Marxistiese kriminologie 'n meer krities-omvattende tendens ingeslaan.

Terwyl 'n eietydse definisie byvoorbeeld kriminologie moontlik mag definieer as die inhoud en toepassing van die munisipale strafreg in 'n bepaalde gemeenskap sowel as die soeke na die maatskaplike dryfvere vir misdaad, bied Julia en Herman Schwendinger (1970:148) die volgende Marxisties-geïnspireerde humanistiese definisie aan wat eerder draai rondom die verontagsaming van grondliggende (of -wetlike) regte:

If the terms imperialism, racism, sexism and poverty are abbreviated signs for theories of social relationships or social systems which cause the systematic abrogation of basic rights, then imperialism, racism, sexism, and poverty can be called crimes according to the logic of our argument.

Tot bostaande treffende definisie word haatspraak in die wydste sin van die woord by daardie begrip ingesluit (Lötter, 2018:13). Ek doen aan die hand, soos ek ook hieronder redeneer, dat die ongeregverdigde stigmatisering, diskriminasie en marginalisasie van vrygelate gevangenes of voormalige oortreders - aangesien sodanige stigma op onbegrensde vonnis en dus oneweredige, ongrondwetlike straftoemeting neerkom - haatspraak is en gevolglik, teen die agtergrond van die Schwendingers se bogaande definisie, 'n misdaad teen dié groep is.

Een wyse waarop Marxistiese kriminologie egter van die sienswyse van klassieke Marxisme weggedraai het, is die begrip by die wese van die gemeenskap. In navolging van Durkheim, beskou die groep tipies die gemeenskap as 'n gesonde liggaam en misdaad as 'maatskaplike patologieë' of siekte. Daarteenoor, beskou Marxistiese kriminoloë, soos Reiman en Quinney, die gemeenskap as n siek en kwynende organisme en misdaad as simptomaties daarvan. So verduidelik Ruth First (2006/1965:8), die idee pragtig in haar vertelling van haar 90-dae aanhouding in n Johannesburgse polisiesel gedurende die hooggety van Suid-Afrika se apartheidsregime:

It was Friday night, police-raid night. Pickup vans and kwela-kwelas, policemen in uniform, detectives in plain clothes were combing locations and hostels, backyards and shebeens to clean the city of 'crime,' and the doors of Marshall Square stood wide open to receive the haul of the dragnet.

Die gedagte aan konvensionele 'misdaad' in die abnormale gemeenskap van apartheid Suid-Afrika is belaglik, maar so ook die stigmatisering van voormalige oortreders in n postapartheid Suid-Afrikaaanse gemeenskap wat deur 'n skadustaat gekaap is (R.W. Johnson, 2015; Lötter, 2018:27). Geen wonder dan dat Martinson (2001) opmerk dat misdaad miskien eerder as 'n normale reaksie op 'n abnormale situasie gesien moet word, terwyl McLaughlin (2010:169) aanvoer dat aangesien konflik die dryfveer is in "contemporary society [,this] mean[s] that the need for an agenda-setting Critical Criminological perspective [as it is known in the UK] has never been greater".

Vanuit n Marxistiese invalshoek, het kriminoloë wat misdaad vanuit hierdie teoretiese raamwerk benader veel eerder belang by die kapitalistiese dryfvere, soos die tronk-industriële-kompleks, n begrip wat hieronder verduidelik word, en die manier waarop voormalige oortreders gehersirkuleer word vir geldelike gewin binne hierdie selfde konteks, as in die sogenaamde '(gevolgs)oorskade' van misdaad (McLaughlin, 2010:153, 155; Braithwaite, 1995:289). Laasgenoemde is n belangrike oorweging by sogenaamde konvensionele kriminologie en dié vakdissipline word dan ook gekritiseer dat sodanige werkswyse die status quo regverdig eerder as wat dit krities oor die maatskaplike werklikheid besin (Reiman, 1990:8-9, 14, 48; Braithwaite, 1995:289). Die vraag wat inderdaad sentraal staan by Kritiese of Konflik Kriminologie is naamlik wie se wet en ordelikheid deur die regstelsel beskerm en bevorder word (Taylor, Walton & Young, 1973; De Haan, 1991:208; Cohen, 1973:624). Daar is gewoon nie iets soos n onpolitiese begrip van misdaad nie.

Teen hierdie agtergrond, verduidelik Quinney (2008/1970; 1974) dat misdaad, anders as n oënskynlike patologie van n gesonde gemeenskap, eerder n direkte uitvloeisel van verdrukking en ongelykheid in n kapitalistiese staatsbestel is. Op hierdie manier, is die heersende klasse in staat om hul eie gevestigde belange te bevorder as gevolg van hul bemagtiging om bepaalde gedrag as 'krimineel' te definieer en die openbare diskoers oor en begrip van misdaad, as n sogenaamde maatskaplike euwel, te vorm en hervorm.

Ek redeneer dat 'n Marxisties-gerigte teoretiese raamwerk baie nuttig is om die politieke bemagtiging om muishond-status te benoem en ander ideologiese teenstrydighede, soos die tronk-industriële-kompleks, te kan verstaan. Na aanleiding van hierdie idee, word die gewindheid van die muishond-verskynsel in harde stigmatiserend-beskamingskulture dus krities aan die orde gestel.

3.1 Verduidelikings vir die gewildheid van die muishondverskynsel

Uit 'n vakkundige oogpunt het 'n aantal verduidelikings vir die gewildheid van die muishondverskynsel in harde stigmatiserend-beskamingskulture die lig gesien en ek wys op vier van dié hier.

Eerstens, Goffman (1990/1963:145-146) doen aan die hand dat die grootskaalse diskriminasie en marginalisasie van gestigmatiseerde groepe 'n effektiewe en doelgerigte manier is om 'n alreeds kwesbare groep (en hy verwys hier nie net na vrygelate gevangenes nie, maar stigmatisering in die algemeen) van die wedloop vir skaars lewensmiddele uit te sluit en so hul geleenthede en lewensverwagtiginge verder in te perk.

Tweedens, vanuit 'n ontwikkelingsperspektief, sluit Frank (1991) by Goffman se betoog aan met sy gedagtegang dat die regverdiging vir die uitsluiting van sekere groepe van die hoofstroomgemeenskap gegrond is op die basis van die idee van die 'underdevelopment of the development of the third world'. Sy gedagte is dat sekere dele van die wêreld (byvoorbeeld, Afrika en Latyns-Amerika) afgeskeep word ten einde ander dele, wat reeds goed ontwikkel is, verder voor te trek en te bevoordeel, naamlik die ontwikkelde wêreld van die globale Noorde. By analogie, is dit maklik om mense onder een of ander regverdiging (by monde van hul muishondstatus) te marginaliseer en van kompetisie vir skaars hulpbronne uit te sluit deur diegene wat reeds meeding vir daardie hulpbronne.

Derdens, Melvin Lerner (1980) het in 'n aantal studies sedert die 1960s daarop gewys dat die meeste mense verknog is aan die 'Just World' hipotese of leerstelling waarvolgens baie oortuig is dat mense kry wat hul verdien, ongeag of dit goed of sleg is. Volgens Lerner ag mense onkrities hul lewensverwagtinge as verdiend of as geregverdig en ons lot in die lewe is die gevolg van 'n regverdige oordeel of bedeling wat weerspieël word in die rampspoedige lotgevalle van die armsaliges aangesien hul iets moes gedoen het om hul noodlot te verdien.

Ten slotte, doen Robert Johnson (2005:273) vanuit 'n psgiese invalshoek skerpsinnig aan die hand dat die vertrapping van gevangenes (en terwyl hy spesifiek na oortreders verwys wat nog hul vonnisse uitdien, is sy uitspraak tog ook op vrygelate oortreders van toepassing) 'n (onkritiese) manier is waarby ons poog om ons eie twyfelagtige keuses te regverdig. Teen hierdie agtergrond word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die onredelike of irrasionele begronding van stigmatisering van gewese oortreders gewortel is in wat in Engels bekend staan as 'n "self-serving bias" (Lötter, 2018:45). Adorjan en Chui (2014:99) voer in die konteks van 'n hiper-kapitalistiese Hong Kong aan dat "[t]hose at the bottom of the social class ladder, which naturally include many ex-prisoners, thus experience great challenges to simply getting by on a daily basis, let alone extricating themselves from a criminogenic past."

Teen die agtergrond van bostaande verwerping van die regverdigings vir die muishondverskynsel en gevolglik die geskiktheid van 'n Marxistiese teoretiese raamwerk, wat in die vorige afdeling ondersoek is, is die gevolgtrekking onvermydelik dat die muishondverskynsel geen sin maak sonder konteks nie (Taylor, Walton & Young, 1973), in besonder die vraag 'whose law and whose order is being protected?'. Hierdie Marxisties-geïnspireerde vraag staan sentraal in Kritiese Kriminologie en Konflik Kriminologie, maar word selde in Korrektiewe Kriminologie aangespreek. Misdaad is inderdaad 'n probleem met 'n multivlak-kompleksiteit.

3.2 Misdaad is h multivlak-komplekse verskynsel

In dié verband wys ek op vyf aspekte van die verskynsel maar die inkopielys is natuurlik nie afgesluit nie.

Eerstens, daar is in kriminologie, veral Kritiese Kriminologie of Konflik Kriminologie, soos die vak in die globale Noorde in lande soos die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk onderskeidelik beoefen word, 'n groeiende bewuswording dat indiwiduele aanspreeklikheid (met ander woorde oortreders wat hul vonnisse agter tralies uitdien) nie die volle prentjie van misdadige dryfvere of vrugbare misdadige teelaarde behoorlik te weerspieël nie. So voer McLaughlin (2010:155) skerpsinnig aan dat 'n "critique of correctional criminology in which the questioning of political and social control would take precedence over behavioural and correctional issues... [and a critical understanding of] the capacity of the capitalist state to criminalise problematical behaviour". Kenners soos Craig Haney (2005:81) dring daarop aan dat strukturele geweld in die vorm van "contextual, situational and structural forces", soos grootskaalse armoede, kroniese werkloosheid (28% volgens die nuutste statistieke), rassisme, seksisme en verdiepende ongelykheid (veral in 'n land soos Suid-Afrika [Piketty, 2015]), vrugbare teelaarde vir die koestering en versorging van misdadigheid is. Terwyl dit miskien nie n boodskap is wat ons politieke leiers noodwendig wil hoor nie, behoort die daadwerklike aanspreking van hierdie strukturele weersprekings n besliste voorkeur te wees. Jeffrey Reiman (1990:131-133), 'n bekende Marxistiese kriminoloog gebaseer in die Verenigde State, doen aan die hand dat nadruk op indiwiduele aanspreeklikheid noodsaaklik is in n gemeenskap wat sy eie aanspreeklikheid vir die misdadigheid wat voortspruit uit strukturele verdrukking ontken.

Tweedens, het die verskynsel van die tronk-industriële-kompleks die simplistiese begrip van misdaad heeltemal verskommel. Eric Schlosser (1998) verduidelik die idee van die tronk-industriële-kompleks as n "a set of bureaucratic, political, and economic interests that encourage increased spending on imprisonment, regardless of the actual need". Die woorde "sonder daadwerklike noodsaak" is belangrik, soos die Bosasa- korrupsieskandaal hier ter plaatse bewys het waar Angelo Agrizzi se getuienis daarop gewys het dat Bosasa meer as 12 miljard rand uit die Departement van Korrektiewe Dienste se begroting gekaap het terwyl ander ernstige prioriteite (verpakking van oortreders, salarisse, rotplae, sekuriteit) agterweë gelaat word. Die argument is, volgens tronkontbindingsaktiviste soos Angela Davis (2003, 2005) en Michelle Alexander (2012), dat die verskynsel van die tronk op ons politieke en maatskaplike toneel geensins onskuldig is in die sin dat dit as n ongeregverdigde agenda gebruik word om geld te maak (sien ook Davis & Alexander, 2012). So verduidelik Angela

Davis (2005:37-38) dat

What I have tried to do - together with many other public intellectuals, activists, scholars - is to encourage people to think about the possibility that punishment may be the consequence of other forces and not the inevitable consequence of the commission of crime. Which is not to say that people in prisons have not committed what we call "crimes" - I am not making that argument at all. [...] Those communities that are subject to police surveillance are much more likely to produce more bodies for the punishment industry. But even more important, imprisonment is the punitive solution to a whole range of social problems that are not being addressed by those social institutions that might help people lead better, more satisfying lives.

Die verskynsel van die tronk is dus geensins gehul in 'onskuld' nie. Soos Davis aandui, word dit ingespan as n maatreël om n hele kaboel onverwante maatskaplike probleme op te los of, meer op die punt af, letterlik hok te slaan. As 'misdaad' maar net een van baie redes is hoekom mense uiteindelik in die gevangenis beland, skreeu dit tot hemele dat ons ongepolitiseerde begrip van misdaad maar ver te kort skiet.

Derdens, moet die gevangenis in die 21ste eeu, in die konteks van die tronk-industriële-kompleks wat op sigself 'n wêreld-wye verskynsel van laatbloei-kapitalisme is, gesien word binne die internasionale tendens van ontwakende venynigheid in korreksies. Weiss (1998:428-429) kom dan ook tot die slotsom in sy empiriese ondersoek van gevangenisse rondom die aardbol dat daar n

[g]rowing pattern of declining liberality and growing intolerance [which] is unmistakably the most outstanding feature of world penal systems and this repressive policy derives from a common overarching reality: Prisons throughout the world are expected to manage a rapidly increasing "surplus population."

Die begrip 'surplus population' verwys dan ook na die groeiende getalle werkloses, inbegrepe saamgeflansde groepe vrygelate gevangenes, of stukwerkers (Bosworth 2010:94, 126-144, 149-150). Soos Angela Davis (2003:16) dit stel, is die rol van die tronk in die de-industralisasiefase van laat-kapitalisme om te dien as "a black hole into which the detritus of contemporary capitalism is deposited." Die verskynsel van die gevangenis moet dus geensins as onafhanklik van globale kapitalistiese behoeftes, soos die gedagte rondom die tronk-industriële-kompleks en die de-industrialisasiefase, gesien word nie.

Vierdens, is dit myns insiens belangrik om daarop te let dat die gevangenis as ons oorheer-sende straftoemetingsregime in Suid-Afrika se harde stigmatiserend-beskamingskultuur op sigself bydra tot die probleem van misdaad in ons gemeenskap (Muntingh, 2009; Davis, 2003:42-46). Soos ek hierbo aangedui het, skep die tronk in ons stigmatiserende kultuur letterlik 'n klas van onaanraakbares wat doelgerig nie hervestig kan word nie en dus net keer op keer deur die gevangenis gehersirkuleer word (Lötter, 2018:14; Alexander, 2012:95-96).

Ons gevangenisse is swaar oorbevolk en die onheilsame geweld agter tronkmure lei tot slypskole vir misdadige vakleerlinge (Sarkin, 2008). Afrika se integrerende kultuur lê hom eerder toe tot herstellende geregtigheid ('restorative justice'). Mechthild Nagel (2008:70) redeneer byvoorbeeld met reg dat daar talle nie-geweldsmisdade is wat eerder met 'buite'-strawwe aangespreek kan word. Voorbeelde hiervan is gemeenskapsdiens en, tot 'n mindere mate, boetes wat baie meer ruimhartig gebruik kan word. Ondanks Suid-Afrika se hoë en stygende tronkbevolking (160 000) het ons oorheersende straftoemetingsregime nie gehelp om ons heroortredingsyfers aan te spreek nie. Volgens Irma Schoeman (2010:81) lê Suid-Afrika se heroortredingsyfer enigiets tussen 55-97% terwyl Ngabonziza en Singh (2012:87) syfers van tussen 85 en 94% voorstel. Uit 'n volksvergelykende perspektief kan ons leer uit die ervarings van ander kulture. Let byvoorbeeld daarop dat Indië, n land met n bevolking van 1.36 miljard mense n tronkbevolking van slegs 200 000 het (Davis & Alexander, 2012) terwyl China, 'n intergrerend-beskamendskultuur en tans die land met die grootste bevolking ter wêreld, onlangs met heroortredingsyfers van 'n skrale 6-8% gespog het (Dutton & Xu, 1998:322). Dit is natuurlik so dat die politieke, maatskaplike en ekonomiese omstandighede tussen hierdie drie kulture (China, Suid-Afrika en Indië) geweldig van mekaar verskil, maar die hele doel van die proeflopie is om te demonstreer dat 'n ander werklikheid, wat die punt van volksvergelykende kriminologie is, wel moontlik of haalbaar is.

Ten slotte, het 'n Marxistiese lees van polisiëring in kapitalistiese gemeenskappe (in besonder die Verenigde State) oortuigend gedemonstreer dat n sterk vooroordeel in die stelsel ingebou is om bepaalde groepe eerder as ander onder die oog te hou en te prosesseer (Reiman, 1990:115; Alexander, 2012; Davis, 2005:37-38). Michelle Alexander (Ibid.) wys byvoorbeeld daarop dat die deurlopende polisiëringspraktyk van rasgebaseerde profilering in die Verenigde State die waarneming en toesighouding van oorheersend Swart-Amerikaans en Latyn-Amerikaanse gemeenskappe (eerder as blanke woonbuurte) is en hierdie praktyksreël, vermom as die sogenaamde 'War on Drugs', het daartoe gelei dat lede van hierdie twee minderheidsgroepe ver buite verband in die Amerikaanse gevangenis verteenwoordig word.

In die post-apartheid Suid-Afrikaanse konteks, waar ons ons hier ter plaatse grootliks duskant rasgebonde polisiëring bevind, is ons deurlopende polisiëringspraktyk op klas eerder as ras gegrond, soos die gebruik tipies in kapitalistiese gemeenskappe is. Aangesien armsaliges uiteraard minder privaatheid as ryk mense het, is hul baie makliker om te polisieer en lede van hierdie gemeenskappe is dus meer geredelik beskikbaar vir prosessering (Alexander, 2012; Reiman, 1990:80-115; Davis, 2005:37). Jeffrey Reiman (1990:129-133) verduidelik hierdie verskynsel aan die hand van die gedagte dat in kapitalistiese gemeenskappe die ideologiese oogmerk met die demonisering van die armes is om die ekonomiese bestel van ongelykheid te regverdig en aandag van die misdade van die rykes af te lei. Stanley Cohen (1973:624) sluit by Reiman se gedagtegang aan met sy redevoering dat die sodanige misdaadpleging (en daardie selfsugtige gedrag wat tot klimaatsverandering gelei het kom in besonder voor die geestesoog) "carried out by the powerful are not only not punished, but are not called 'crime'". Ons begrip van misdaad is geensins waarde-vry nie, maar wel hoogs gepolitiseerd (Box, 1983). Sodanige ingeboude vooroordeel, sowel as die ander misvormings waarna ons hierbo verwys het, verwring uiteraard ons begrip van objektiewe misdaadpleging (Quinney, 2008/1970).

Teen hierdie agtergrond ontstaan die vraag hoe stigma in die lewens van vrygelate gevangenes verskyning maak.

 

4. Hoe maak stigma sy verskyning?

So verklaar Jones-Young and Powell (2015) dat vrygelate gevangenes 'n 'highly stigmatized population' is en Nagel (2008:68) verwys na hierdie selfde groep as "some of society's most marginalized people". Chui & Cheng (2013:678,679,681 & 674) wys op n aantal negatiewe gevolge wat stigma en self-stigma by jeugdige oortreders in die konteks van post-koloniale Hong Kong het.

Maar stigmatisering en self-stigmatisering het nie net ernstige gevolge vir jeugdige oortreders se selfbeeld en hul vermoë om hul misdaadweerhoudingswaardighede op te bou nie, maar het duidelik 'n beduidende invloed op hul suksesvolle, of ten minste haalbare, hervormings- en hervestigingsmoontlikhede. Richards & Jones (2004:202) voer dan ook myns insiens tereg aan dat oortreders "[are] never allowed the opportunity to return home and start a new life. Instead [they] are processed through correctional stages where they are structured to fail, return to prison and over time become institutionalized". In my bondige oorsig van motiverings vir die stigmatisering van gewese oortreders hierbo, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat geeneen van hierdie redes enigsins water hou nie en dat die marginalisasie en diskriminasie van hierdie groep kwesbares grootliks op onkritiese en onredelike vooroordeel gebaseer is. Die vraag ontstaan dan tot watter mate vrygelate gevangenes die toets van haatspraak soos vervat in die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, Wet Nr. 4 of 2000 (ook bekend as die Gelykheidswet) slaag (Republic of South Africa, 2000).

Hierdie wet maak voorsiening vir die definisie van haatspraak en die strafregtelike vervolging daarvan. Siviele skadevergoeding kan ook in terme van die wet deur die toepaslike hof toegestaan word. Artikel 10(1) verbied die publikasie van haatspraak aan derde partye.

Terwyl die status van gewese oortreders nie uitdruklik onder die beskermde gronde ingesluit is nie, kan daar myns insiens 'n oortuigende pleidooi vir die insluiting van hierdie grond onder die algemene strekking van subartikel (b) gemaak word. Daar is immers geen twyfel daaraan dat Suid-Afrika se ongenaakbare harde stigmatiserend-beskamingskultuur die grootskaalse diskriminasie, marginalisasie en stigmatisering van vrygelate gevangenes merkbaar aanblaas en hul giet as 'n klas of onaantasbare maatskaplike groepering nie. Ooglopend beteken dit dat hierdie groep se menswaardigheid aan die pen ry.

Soos Geiger (2006:1229-1230) uitwys, is die stigmatisering van gewese oortreders gewortel in die feit dat hervorming agterweë gebly het ten gunste van waenhuisverpakking, welke probleem verder verdiep is deur 'n harde stigmatiserend-beskamingskultuur (beide in die Verenigde State en Suid-Afrika). In die Suid-Afrikaanse konteks, erken Lukas Muntingh (2002:22) die invloed van stigma op hul hervestigingsmoontlikhede en voer aan dat "[t]he reality is, however, that ex-prisoners continue to suffer from social and economic exclusion - a reflection of society's belief that those who have offended or been imprisoned cannot be part of 'good' society again". Die meeste vrygelate gevangenes verwerp hul muishond-status as ''invisible punishment'' (Henderson 2005:1240) wat verteenwoordigend is van 'n straf wat hul hofaangeduide vonnis ver oorskrei. Ten slotte verklaar John Muncie (2010:142) skerpsinnig dat "the stereotyping of them [ex-offenders] as 'spoiled' precludes their ability to return to the mainstream".

Dit blyk dus gemene saak te wees dat gewese oortreders groot struikelblokke ondervind in hul pogings om beide maatskaplik en ekonomies na hul vrylating te hervestig. Hierdie struikelblokke sluit in lang termyne van werkloosheid of stukwerk, beperkte behuisingsmoontlikhede en verdoemende maatskaplike verwerping. Daar is geen twyfel daaraan dat voormalige oortreders se lewens- en beroepsvooruitsigte deur stigma swaar aan bande gelê word nie.

Onder hierdie beproewende omstandighede, word dit ter oorweging gegee dat die maatskaplike en ekonomiese verwerping van voormalige oortreders in Suid-Afrika onder die hofie van haatspraak en -misdaad val en gevolglik ook gekriminaliseer moet word. Slegs die kriminalisering van haatspraak (d.w.s ongeregverdigde diskriminasie) gerig op gewese oortreders sal doeltreffend wees as 'n maatreël om die vergrepe van ons harde stigmatiserend-beskamingskultuur in die bek te ruk en die hoeksteen van 'n integrerend-beskamingskultuur te lê.

So sal n gegriefde voormalige oortreder byvoorbeeld in staat wees om by 'n gewraakte daad van haatspraak, 'n siviele geding by een van die takke van ons Gelykheidshowe aanhangig te maak en waar die hof teen die verweerder bevind, moet die uitspraak gepaard gaan met 'n vorm van, verkieslik aansienlike, geldelike skadevergoeding. In die lig van die Minister se pleidooi om die inwin van idees ter vergemakliking van vrygelate gevangenes se haalbare hervorming en hervestiging, word daar aanbeveel dat misdaadrekords wat tien jaar en ouer is outomaties skoon gevee word ten einde hierdie groep met werkswinning behulpsaam te wees. Tans dring wetgewing (Artikel 27B (1) van die Strafkode, 1977 [Wet No 5 van 1977]) daarop aan dat die oortreder na die afloop van tien jaar by betaling van 'n fooi aansoek moet doen vir sodanige skoonvee (Republic of South Africa, 1977), maar in die lig van die Minister se erkenning dat daar 'n merksame agterstand in die prosessering van die aansoeke is en in die lig van Suid-Afrika se harde stigmatiserend-beskamende kultuur (wat sodanige ingrypinge noodsaak), word outomatiese skoonvee na tien jaar sterk aanbeveel.

 

5. Hoekom stigma h probleem is

As die idee van die eweredigheid van straftoemeting, soos inderdaad verskans in ons grondwet, enigiets beteken, dan moet die voormalige oortreder se vonnis eindig wanneer hy/sy op parool vrygelaat word. Gesien teen die agtergrond dat duisende mense jaarliks in Suid-Afrikaanse howe skuldig pleit en gevonnis word tot tronkstraf, moet die vraag of die nie-verduideliking van stigma as deel van die oortreder se 'vonnis', wel op n regverdige verhoor neerkom (Lötter, 2018:160). Baie min mense besef die ingrypende gevolg van die lewenslange muilband wat om die oortreder vir die res van sy of haar dae in die vorm van eindelose stigmatisering, diskriminasie en marginalisasie sal hang. Artikel 35(3) van die Suid-Afrikaanse Grondwet,1996 verskans die reg tot n regverdige verhoor en sluit onder andere die volgende aspekte in:

Every accused person has a right to a fair trial, which includes the right -

(a) [...]

(n) to the benefit of the least severe of the prescribed punishments if the prescribed punishment for the offence has been changed between the time that the offence was committed and the time of sentencing; and

(o) of appeal to, or review by, a higher court. (nadruk bygevoeg) [Republic of South Africa, 1996].

n Paar opmerkings oor hierdie subartikel is in orde. Die gedagtegang, soos vervat in (n), dat straftoemeting en vonnisuitdiening eweredig is, is natuurlik ver van die werkilikheid verwyder, soos ek hierbo aantoon. Die onkritiese wyse waarop die gedagte in ons Grondwet ingesluit word, getuig van naïwiteit en 'n gebrek van voeling met werklikhede op grondvlak. Dit gee egter wel beliggaming aan die ideaal van eweredigheid van straftoemeting in die Suid-Afrikaanse reg. Hierop kan dus gesteun word in die pleidooi vir 'n billike bedeling vir voormalige oortreders na vrylating in die sin dat onbegrensde stigma die grondliggende idee by eweredige vonnisoplegging of straftoemeting belaglig maak. So voer Foucault (1991/1975:107), wie sekerlik die mees welgesproke filosoof van gevangesetting in die Weste is, dat onbegrensde ('indeterminate') straf geen punt het nie aangesien dit nie die oortreder geleentheid bied om te hervorm nie en dus vertaal as niks anders as bloot en alleen "little better than torture". Onbegrensde straf sluit sonder twyfel by voorbaat die idee van haalbare hervorming en hervestiging uit.

AsSuid-Afrika (saam met die V.S.A.)aan die eenuiterstevan die beskamingskultuurkontinuïteit lê, vind ons integrerend-beskamende kulture (soos te vinde in China en Japan) aan die ander uiterste. Wat, indien enige iets, kan ons leer van laasgenoemde se hervormings en -vestigingspraktyke?

 

6. Wie het daarin geslaag om die probleem aan te spreek en hoe?

Mao Zedong, die argitek van China se integrerend-beskamendskultuur, het in 'n beroemde toespraak van 1956 die mening uitgespreek dat 95% van alle oortreders suksesvol in wetsgehoorsame burgers herskep of hervorm kan word (Mao, 2004b/1949; 2004a/1957). Dit is natuurlik op voorwaarde dat hul deur hul gemeenskap vergewe en behoorlik hervestig word. Die verwesenliking van hierdie ideaal sal egter buite bereik bly, soos die geval tans in Suid-Afrika is, met stigmatisering as ons beskamingsmaatstaf. John Braithwaite (1989:20) doen aan die hand dat stigma beide teenproduktief en "criminogenic" is aangesien dit voormalige oortreders, wat geen sinvolle hervestiging in hoofstroomgemeenskap kan vind nie, na misdadige subkulture dryf. So dui Uggen, Manza & Behrens (2004:277) met verwysing na die frustrasie en brandende gevoel van onreg by voormalige oortreders, die geweldige verlies aan hul hervormings-/ hervestigingspotensiaal en bykomstige verlies van n weerhoudingsvaardigheidsraamwerk aan:

The bitterness underlying these comments shows the flip side of the power of community reintegration: when stigma and rejection are the dominant experience, the potentially restorative benefits of civic participation are lost.

Aan die ander kant, is daar 'n keerkant tot hierdie martelkamer wat so raak in die aanhaling hierbo omskryf word. Braithwaite (1989:9) verduidelik dat integrerende beskaming is "conceived as a tool to allure and inveigle the citizen to attend to the moral claims of the criminal law, to coax and caress compliance, to reason and remonstrate with him over the harmfulness of his conduct". Braithwaite (1989:100) redeneer dat integrerende beskaming n besliste voordeel bo stigmatiserende beskaming het aangesien laasgenoemde se steunpilaar, die muishond-beginsel, heroortredingsyfers aanblaas. Hy voer met reg aan dat integrerende beskaming noodsaaklik is in die stryd teen misdaad aangesien hierdie maatreël daarop gemik is om die oortreder te hervorm en te hervestig terwyl stigmatisering gerig is op die instandhouding van n muishond-worsmasjien en beslis hervorming en ontluikende weerhoudingsvaardighede teenwerk. In 'n latere herformulering van sy teorie (Ahmed, Harris, Braithwaite & Braithwaite, 2001), doen Braithwaite aan die hand dat beskaming noodsaaklik is in die maatskaplike hantering van misdaad, of afwyking in die algemeen, aangesien die maatskaplike hantering van beskaming die oortreder die geleentheid bied om die beskaming te bevestig of te verwerp, soos wat die geval dan ook is in onderskeidelik integrerend- beskamende en harde stigmatiserend-beskamingskulture. Integrerende beskaming bevorder meer omvattende hervestiging en versoening tussen oortreder en sy of haar gemeenskap aangesien die oortreder se erkenning van die beskaming wat hom of haar te beurt geval het, 'n "commitment to a shared ethical identity" is (Harris, 2010:113).

Teen hierdie agtergrond verwys ek vlugtig na ses idees wat in die Chinese integrerend-beskamende kultuur te vinde is en myns insiens vrugbaar in die Suid-Afrikaanse konteks tuiste sal vind.

Eerstens, voorkoming vind baie groter nadruk by die Chinese as nasorg (Dutton & Xu, 1998:299-302). Dit is dringend nodig vir die staat om haalbare aandag te gee aan strukturele vorms van verdrukking (in besonder verdiepende ongelykheid), soos ek hierbo geargumenteer het, ten einde n balans tussen indiwiduele (iets wat nou grootliks gediskrediteer is) en strukturele aanspreeklikheid as misdaadteelaarde te vind.

Tweedens, n bewussynsverskuiwing is nodig sodat ons n persoonlike tragedie soos gevangenissetting eerder as 'n proeflopie vir persoonlike ontwikkeling en groei kan sien (Allen, 1987:80). So wys R.J. Troyer (1989) daarop dat Chinese tronkbewaarders na die indiwidue in hul sorg verwys as nuwe landsburgers' terwyl hul Amerikaanse eweknieë eerder van 'geharde misdadigers' kla.

Derdens, soos die Chinese ervaring geleer het, is mediasie in burgerlike dispute belangrik om n maatskaplike samehorigheidsgevoel te vorm aangesien hierdie tipe brandpunte in misdaad ontblom indien daar nie aandag aan hul transformasie tot vreedsaamheid gegee word nie (Leng & Chiu, 1985:11). In Suid-Afrika sal die oprigting van siviele mediasiestrukture, wat die bestaande howestelsel moet voorafgaan en kan aanvul, in hierdie verband baie help om probleemsituasies vroegtydig kort te knip. Wat burgerlike meningsverskille en minder ernstige strafsake betref, moedig die Chinese bewusmaking, oortuiging en mediasie aan (Lötter, 2018:184).

Vierdens, Mao (2004a/1949:1/18; 2004b/1957:1/8), soos ek hierbo aandui, het daarop aangedring dat die oorgrote meerderheid oortreders suksesvol hervorm en -vestig kan word. Aangesien die gedagte van n stereotipe oortreder wat nie hervormbaar is nie, die tendens van stigmatisering onderlê (Lötter, 2018:184), is dit belangrik dat die Departement van Korrektiewe Dienste hier ter plaatse die boodskap uitdra dat oortreders wel hervormbaar is en die lewensgang van model vrygelate gevangenes vir die publiek ten toon stel. Die bekende Goffman (1990/1963:14) stel dit as volg, "[a] stigma, then, is really a special kind of relationship between attribute [such as criminality] and stereotype". n Goeie voorbeeld van n model voormalige gevangene wat tot n baie groot mate deur die Chinese as n voorbeeld van n suksesvolle hervormde oortreder vir propagandadoeleindes gebruik is, is die alombekende geval van Pu Yi, die Japanese sameloper wat vir n kort termyn as keiser van Mansuria gedurende die tweede wereldoorlog gedien het. Na sy hervorming, het Pu in sy gepubliseerde biografie Mao se leerstelling dat oortreders wat daadwerklik hervorm het, deur die gemeenskap terug verwelkom sal word, verkondig (Pu, 1989/1965:359).

Vyfdens, aangesien hervorming van oortreders tot n groot mate in Westerse jurisdiksies soos Suid-Afrika ten gunste van waenhuisverpakking agterweë gebly het, is dit uiters noodsaaklik dat ons die idee van hervorming weer herwin en in ons gevangenisse hier ter plaatse aan die kaak stel. Daar is talle voorbeelde van hervormingsinisiatiewe in ander kulture waaruit ons met vrug kan leer en ek lig net een hier in die Chinese konteks uit. Pu Yi (1989/1965:354-356) wys in sy nabedenkinge hoe dienende gevangenes aangemoedig word om tydens hul ballingskap hul lewensgang op skrif te stel en diep daaroor te besin. Dit is ooglopend dat so 'n binneshuise proeflopie diepgaande terapeutiese waarde sal hê in die psigiese ontwikkeling van oortreders en beslis n beter keuse is as bloot en alleen waenshuisverpakking, soos wat tans die geval is.

Ten slotte, dit is beslis 'n goeie idee om oorweging te gee aan die moontlikheid om oortreders wat daadwerklik en suksesvol hervorm het, te beloon as 'n aanmoediging vir hul voormalige eweknieë wat nog hul straf uitdien. Allen (1992:85) wys byvoorbeeld daarop dat vrygelate gevangenes wat aan die vereistes voldoen, genooi word om as tronkbewaarders by die Departement aan te sluit. Myns insiens moet die staat die leiding neem met werksverskaffing aan voormalige oortreders aangesien werksverskaffing, soos ek hierbo redeneer, sentraal staan by hul volhoubare hervestiging en houbare hervorming. Stigma en hervorming/ hervestiging is teenstrydighede.

 

7. Voorgestelde tussenkoms of ingrypings

Gevolglik, doen ek die volgende drie ingrypings aan die hand:

In die eerste plek, is dit absoluut noodsaaklik dat die publiek met bewuswordingsprogramme geskool word oor die waardevolheid daarvan om gewese oortreders wat hul vonnisse uitgedien het, daadwerklike berou getoon en hervorm het, te vergewe en te hervestig. Vir hierdie doel, is daar geen beter maatstaf as die erkenning van stigma en diskriminasie teen gewese oortreders as haatspraak (gekoppel aan daadwerkilke en aansienlike geldelike skadevergoeding) as 'n effektiewe ingryping.

In die tweede plek, gesien teen die gevolgtrekking dat stigma een van ons sterkste dryfvere is wat heroortredingsyfers aanblaas, is dit hoog tyd dat oorweging daaraan geskenk word om af te sien van gevangenisstraf as ons oorheersende strafregime. Tronkstraf voed die muishondworsmasjien ononderbroke. In plaas van tronkstraf, moet voorsittende beamptes aangemoedig word om Afrika-integrerende strawwe te oorweeg. 'n Goeie voorbeeld is gemeenskapsdiens waar die oortreder iets aan die gemeenskap wat hy of sy skade berokken het, teruggee.

In die derde plek, 'n grondwetlike uitdaging teen wat die kenner Ben Geiger 'collateral consequences' (marginalisasie, diskriminasie, maatskaplike verwerping) van stigma noem, word dringend benodig. Hierdie sogenaamde post-gevangesetting by- of newegevolge is die direkte gevolg van stigma. Te midde van die hoëvlak korrupsie in die Departement wat onlangs onmasker is en die huigelary in die breë gemeenskap, is sodanige grondwetlike uitdaging of toetssaak uiteraard belangrik. Myns insiens, kan n nie-regeringsorganisasie ('NGO') sonder winsbejag, soos NICRO ([National Institute for Crime Prevention and the Rehabilitation of Offenders] wat die belange van beide die breë gemeenskap en gewese oortreders op die hart dra), so n grondwetlike hofpleidooi in terme van hul mandaat regverdig en van stapel stuur.

In die afwesigheid van bogenoemde radikale ingrypings (ŽIŽEK, 2012:134), en beslis ook ander wat nie hier bespreek is nie en wat daarop gerig is om n meer hervestigbare en leefbare omgewing vir gewese oortreders in n gemeenskap te skep wat deurtrek is met huigelary, word die moontlikhede van haalbare hervorming en hervestiging en houbare weerhoudingsvaardighede al hoe meer beproef.

 

8. Slotsom en gevolgtrekking

Ter slotsom, moet daar akkoord gegaan word met die gewaarwording wat by die inleiding geuiter is: Die grootskaalse korrupsie en fiskale 'storting' (terwyl ander dringende voorrange agterweë bly) wat miljarde rande oor die afgelope dekade beloop het, dui onomwonde op die huigelary by die maatskaplike diskriminasie, marginalisasie en stigmatisering teen voormalige oortreders in Suid-Afrika. In ieder geval, het ons nuwe Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, himself die doelwit gestel om konsepwetgewing ter tafel te plaas met die oog daarop om vrygelate gevangenes met haalbare hervorming en hervestiging by te staan. Nadat 'n teoretiese raamwerk van 'n Marxistiese perspektief op misdaad ontwikkel en geregverdig word, word regverdigings vir stigma ondersoek en bevind dat nie een water hou nie, maar bloot op die stereotipe slaan of op onregverdigbare vooroordeel slaan.

Teen die agtergrond van John Braithwaite se belangrike onderskeid tussen harde stigmatiserend-beskamingskulture (Suid-Afrika, die V.S.A.) en integrerend-beskamende kulture (China, Japan) en die Minister se bogenoemde inisiatief, is die gedagtegang wat in hierdie artikel ontwikkel word dat die inperking van stigma die belangrikste manier is om vrygelate gevangenes in Suid-Afrika se harde stigmatiserend-beskamingskultuur behulpsaam te wees (Braithwaite, 1995:280-281; Lötter, 2018:38).

Twee mooi maniere om stigma in die lewensgang van vrygelate oortreders hok te slaan is die insluiting van hierdie vorm van diskriminasie as haatspraak onder die toepaslike wetgewing. Alternatiewelik, kan die stigmatisering van gewese misdadigers as 'n onafhankilke statutêre misdaad gekriminaliseer word. Slegs ingrypende pogings soos dié verteenwoordig die eerste stap in die doel om 'n integrerend-beskamende kultuur hier ter plaatse aan te moedig. Twee verdere voorstelle om hierdie groep kwesbares te help hervestig is om werksverskaffing vir hulle vanuit staatsweë te prioritiseer en hul misdaadrekords na n tydperk van tien jaar outomaties uit te vee ten einde hul andersins met werksverskaffing en hervestiging by te staan.

My gevolgtrekking is dat ons onhoudbare hoë heroortredingsyfers direk verband hou met ons harde stigmatiserende beskamingskultuur. Ironies genoeg, ontken só 'n gemeenskap hul eie beduidende bydrae tot strukturele verdrukking (armoede, werkloosheid, verdiepende ongelykheid) tot 'n multivlak-komplekse probleem soos misdaad en pas alleen eenvoudige oplossings (grootskaalse gevangesetting wat deur stigma onderskraag word) toe, geskoei op die (grootliks) gediskrediteerde idee van indiwiduele aanspreeklikheid. Hierdie opmerking word bevestig deur die huidige huigelary in die Departement van Korrektiewe Dienste se onlangse korrupsieskandaal en gevalle van onaanvaarbare sogenaamde fiskale storting. Teen hierdie agtergrond, is daar absoluut geen regverdiging vir die stigma waaronder vrygelate gevangenes wat hul vonnisse uitgedien het, onderwerp word nie. Stigma is verder onaanvaarbaar omdat dit op die stereotipe slaan en is verder onkonstitusioneel omdat dit die grondliggende beginsel van ewewigtigheid en begrensde straftoemeting ontken of ontsê. n Volksvergelykende perspektief (met verwysing na China en Indië) bevestig dat gevangenisstraf as ons oorkoepelende strafregime nie ons misdaadprobleem daadwerklik aangespreek het of selfs kan aanspreek nie en mag inderdaad deel van die probleem wees. Hierin word die waarde van nuwe gesigspunte, soos 'n Marxistiese lees van misdaad in 'n kapitalistiese staatsbestel, in Suid-Afrikaanse kriminologie bevestig en daar word aan die hand gedoen dat so n teoretiese raamwerk sonder twyfel kritiese insigte in die stryd teen 'misdaad' sal voortplant. Ons verdiepende begrip van misdaad is inderdaad gepolitiseer selfs, en veral, as ons onbewus daarvan is.

 

Verwysings

ADORJAN, M. & CHUI, W.H. 2014. Aging Out of Crime: Resettlement Challenges Facing Male Ex-Prisoners in Hong Kong. The Prison Journal, 94(1): pp. 97-117. https://doi.org/10.1177/0032885513512095.         [ Links ]

AHMED, E., HARRIS, N., BRAITHWAITE, J. AND BRAITHWAITE, V. 2001. Shame management through reintegration. Melbourne: Cambridge University Press.         [ Links ]

ALEXANDER, M. 2012. The New Jim Crow: Mass Incarceration in the Age of Colourblindness. Revised Edition. New York: The New Press.         [ Links ]

ALLEN, F. 1992. Reforming Criminals in China: Implications for Corrections in the West. In Carlie, M.K. and Minor, K.I., eds. Prisons around the World: Studies in International Penology. Dubuque: William C. Brown Pub. pp. 79-88.         [ Links ]

ALLEN, F. 1987. Where are we going in Criminal Justice? Some Insights from the Chinese Criminal Justice System. International Journal of Offender Therapy and Comparative Criminology, 31(2): pp. 101-110.         [ Links ]

BOSWORTH, M. 2010. Explaining U.S. Imprisonment. London: Sage.         [ Links ]

BOX, S. 1983. Power, Crime and Mystification. London: Tavistock.         [ Links ]

BRAITHWAITE, J. 1995. Inequality and republican criminology. In Hagan, J. and Peterson, Ir., eds. Crime and Inequality. Stanford: Stanford University Press. pp. 277-305.         [ Links ]

BRAITHWAITE, J. 1989. Crime, Shame and Reintegration. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

CALLAND, R. 2019. Zuma plays cat and mouse with corruption inquiry: it may be a high-risk strategy. The Conversation Africa, 19 July. https://theconversation.com/zuma-plays-cat-and-mouse-with-corruption-inquiry-it-may-be-a-high-risk-strategy-120695 [accessed 30 July 2019].         [ Links ]

CHUI, W. H. and CHENG, K. K. Y. 2013. The Mark of an Ex-Prisoner: Perceived Discrimination and Self-Stigma of Young Men after Prison in Hong Kong. Deviant Behavior, 34(8): pp. 671-684. https://doi.org/10.1080/01639625.2013.766532.         [ Links ]

COHEN, S. 1973. Folk Devils and Moral Panics. London: MacGibbon & Kee.         [ Links ]

DAVIS, A. Y. 2005. Abolition Democracy: Beyond Empire, Prisons, and Torture. New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

DAVIS, A. Y. 2003. Is the Prison Obsolete? New York: Seven Stories Press.         [ Links ]

DAVIS, A. & ALEXANDER, M. 2012. The Prison-industrial-complex. https://www.youtube.com/watch?v=EhObhSenc5s        [ Links ]

DE HAAN, W.1991. Abolitionism and crime control: a contradiction in terms. In Stenson, K. & Cowell, D., eds. The Politics of Crime Control. London: Sage. pp. 203-217.         [ Links ]

DUTTON, M. & XU, Z. 1998. Facing Difference: Relations, Change and the Prison Sector in Contemporary China. In Weiss, R.P. & South, N., eds. Comparing Prison Systems: Toward a Comparative and International Penology. Amsterdam: Gordon and Breach. pp. 289-336.         [ Links ]

DOSTOYEVSKY, F. 2004/1861. The House of the Dead. Altay, E. (trans.). Mineola, New York: Dover.         [ Links ]

FIRST, R. 2006/1965. 117 Days. Johannesburg: Penguin.         [ Links ]

FOUCAULT, M.1991/1975. Discipline and Punish: The Birth of the Prison. Sheridan, A. (trans.). London: Penguin.         [ Links ]

FRANK, A. G. 1991. Underdevelopment of Development. file:///C:/Users/Lenovo/Downloads/druckversion.studien-von-zeitfragen.net-The%20Underdevelopment%20of%20Development%20(1).pdf.\ [accessed 10 January 2017].         [ Links ]

GEIGER, B. 2006. The Case for Treating Ex-Offenders as a Suspect Class. California Law Review, 94(4): pp. 1191-1242. https://doi.org/10.2307/20439062.         [ Links ]

GOFFMAN, E. 1990/1963. Stigma: Notes on the Management of Spoilt Identity. London: Penguin.         [ Links ]

HANEY, C. 2005. The contextual revolution in psychology and the question of prison effects. In Liebling, A. and Maruna, S., eds. The Effects of Imprisonment. Devon, UK: Willan. pp. 66-93.         [ Links ]

HARRIS, N. 2010. Braithwaite, John: Reintegrative Shaming Theory. In Cullen, F.T. and Wilcox, P., eds. Encyclopedia of Criminological Theory. Thousand Oaks, CA: Sage. pp. 111-115. https://doi.org/10.4135/9781412959193.n31.         [ Links ]

HENDERSON, T. N. Y. 2005. New Frontiers in Fair Lending: Confronting Lending Discrimination against Ex-Offenders. New York University Law Review. No. 80: pp. 1237-1271.         [ Links ]

JOHNSON, R. 2005. Brave new prisons: the growing social isolation of modern penal institutions. In Liebling, A. & Maruna, S., eds. The Effects of Imprisonment. Portland: Willan. pp. 255-284.         [ Links ]

JOHNSON, R. W. 2015. How Long will South Africa Survive? The Looming Crisis. 2nd ed. Johannesburg: Jonathan Ball.         [ Links ]

JONES-YOUNG. N.C. & POWELL, G. N. 2015. Hiring Ex-offenders: A theoretical model. Human Resource Management Review, 25(3): 298-312. https://doi.org/10.1016/j.hrmr.2014.11.001.         [ Links ]

LENG, S.C. & CHIU, H. 1985. Criminal Justice in Post-Mao China: Analysis and Documents. Albany: State University of New York.         [ Links ]

LERNER, M. J. 1980. The Belief in a Just World: A Fundamental Delusion. New York: Plenum Press.         [ Links ]

LÖTTER, C. 2018. The reintegration of ex-offenders in South Africa based on the contemporary Chinese model: An Interdisciplinary study. Bloemfontein: University of the Free State. (PhD-thesis).         [ Links ]

MAO, Z. 2004a/1957. On the Correct Handling of Contradictions Among the People. In Collected Works of Mao Zedong. Volume 5: 1/30-30/30. Anon. (trans.). Revised by Marxists.org. Joint Publications Research Service: Arlington. https://www.marxists.org/reference/archive/mao/works/collected-works-pdf/ [accessed 15 September 2016].         [ Links ]

MAO, Z. 2004b/1949. On the People's Democratic Dictatorship. In Collected Works of Mao Zedong. Volume 4: 1/13-12/13. Anon. (trans.). Revised by Marxists.org. Joint Publications Research Service: Arlington. https://www.marxists.org/reference/archive/mao/works/collected-works-pdf/[accessed 15 September 2016].         [ Links ]

MARTINSON, R. 2001. What works? Questions and answers about prison reform. In Latessa E.J. and Holsinger, A.M., eds. Correctional Contexts, 2nd ed. Los Angeles: Roxbury. pp. 22-54.         [ Links ]

MCLAUGHLIN, E. 2010. Critical Criminology. In McLaughlin, E. & Newburn, T., eds. The Sage Handbook of Criminological Theory. London: Sage. pp. 153-174. https://doi.org/10.4135/9781446200926.n9.         [ Links ]

MUNCIE, J. 2010. Labeling, Social Reaction and Social Constructionism. In McLaughlin, E. and Newburn, T., eds. The Sage Handbook of Criminological Theory. London: Sage. pp. 139-152. https://doi.org/10.4135/9781446200926.n8.         [ Links ]

MUNTINGH, L. 2009. Ex-prisoners' views on Imprisonment and Re-entry. Bellville: Civil Society Prison Reform Initiative, Community Law Centre. https://acjr.org.za/resource-centre/Ex-prisoners%20Views%20on%20Imprisonment%20and%20Re-Entry.pdf [accessed 14 July 2019].         [ Links ]

MUNTINGH, L. 2002. Tackling Recidivism in South African Prisons. Track Two, 11(2): 20-29.         [ Links ]

NAGEL, M. 2008. "I write what I like": African Prison Intellectuals and the Struggle for Freedom. The Journal of Pan African Studies, 2(3): pp. 68-80.         [ Links ]

NGABONZIZA, O. & SINGH, S. 2012. Offender reintegration program and its role in reducing recidivism: exploring perceptions of the effectiveness of tough enough program. CRIMSA 2011 Conference Special Ed. Acta Criminologica, 2: 87-102.         [ Links ]

PIKETTY, T. 2015. Transcript of Nelson Mandela Annual Lecture 2015. https://www.nelsonmandela.org/news/entry/transcript-of-nelson-mandela-annual-lecture-2015 [accessed 4 March 2016]        [ Links ]

PU, Y. 1989/1965. From Emperor to Citizen. Jenner, W.J.F. (trans.). Beijing: Foreign Languages Press.         [ Links ]

QUINNEY, R. 2008/1970. The Social Reality of Crime. New Brunswick: Transaction.         [ Links ]

QUINNEY, R. 1974. Critique of Legal Order: Crime Control in Capitalist Society. Boston: Little, Brown.         [ Links ]

QUINTAL, G. 2019. Agrizzi gives Zondo inquiry details on bribery and corruption in prison tenders. BusinessDay, 22 January. https://www.businesslive.co.za/bd/national/2019-01-22-agrizzi-gives-zondo- [accessed 6 March 2019].         [ Links ]

REIMAN, J. 1990. The rich get richer and the poor get prison. 3rd ed. New York: Macmillan.         [ Links ]

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. 2000. Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, No. 4 of 2000. Pretoria: Government Printers. [Laws.         [ Links ]]

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA. 1996. Constitution. http://www.servat.unibe.ch/icl/sf00000_.html [accessed 4 March 2016].         [ Links ]

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA, 1977. Criminal Procedure Act, No 5 of 1977. Pretoria: Government Printers. [Laws.         [ Links ]]

RICHARDS, S. C. & JONES, R. S. 2004. Beating the Perpetual Incarceration Machine. In Maruna, S. & Immarigeon, R., eds. After Crime and Punishment: Pathways to Offender Reintegration. London: Willan. pp. 201-232.         [ Links ]

SARKIN, J. 2008. Prisons in Africa: An evaluation from a human rights perspective. Sur, Rev. int. direitos human, 5(9): 22-51. https://doi.org/10.1590/s1806-64452008000200003.         [ Links ]

SCHLOSSER, E. 1998. The Prison-Industrial Complex. The Atlantic. https://www.theatlantic.com/magazine/archive/1998/12/the-prison-industrial-complex/304669/ [accessed 19 October 2016].         [ Links ]

SCHOEMAN, I. M. 2010. Recidivism: A conceptual and operational conundrum. CRIMSA 2009 Conference Special Edition, Acta Criminologica, 1: 80-94.         [ Links ]

SCHWENDINGER, J. and SCHWENDINGER, H. 1970. Defenders of order or guardians of human rights? Issues in Criminology, 5(2): 123-157.         [ Links ]

TAYLOR, I., WALTON, P. & YOUNG, J. 1973. The New Criminology. London: Routledge.         [ Links ]

TROYER, R. J. 1989. Chinese Thinking about Crime and Social Control. In Troyer, R.J., Clark, J.P. and Rojek, D.G., eds. Social Control in the People's Republic of China. New York: Praeger. pp. 45-56.         [ Links ]

UGGEN, C., MANZA, J. & BEHRENS, A. 2004. 'Less than the average citizen': Stigma, role transition and the civic reintegration of convicted felons. In Maruna, S. and Immarigeon, R., eds. After crime and punishment: Pathways to offender reintegration. Cullompton, UK: Willan. pp. 261-293.         [ Links ]

WEISS, R. P. 1998. Conclusion: Imprisonment at the Millennium 2000 - Its Varity and Patterns Throughout the World. In Weiss, R.P. & South, N., eds. Comparing Prison Systems: Toward a Comparative and International Penology. Amsterdam: Gordon & Breach. pp. 427-482.         [ Links ]

ŽIŽEK, S. 2012. The year of dreaming dangerously. London: Verso        [ Links ]

 

 

Correspondence:
casperlttr@gmail.com

Published: 1 April 2020

 

 

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word hiermee bedank vir finansiële bystand wat die skryf en publikasie van hierdie artikel moontlik gemaak het.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License