SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68Interpreting research in South Africa: A bibliometric studyAfrikaanse taalvariasie: Uitdagings vir regverdige meting van jong kinders se taal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

versión On-line ISSN 2224-3380
versión impresa ISSN 1726-541X

SPiL plus (Online) vol.68  Stellenbosch  2024

http://dx.doi.org/10.5842/68-1-941 

ARTICLES

 

Oranjerivierafrikaans: 'n Argeologiese genealogie. Deel IV: 19992021

 

 

Luan Staphorst

Leerstoel vir Kritiese Studies in Hoër Onderrig Transformasie, Nelson Mandela Universiteit, Suid-Afrika; Fakulteit Engelse Taal- en Letterkunde, Lincoln College, Universiteit van Oxford, Engeland. E-pos: luan.staphorst@mandela.ac.za; luan.staphorst@lincoln.ox.ac.uk

 

 


OPSOMMING

Dié laaste deel van 'n vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1999 tot 2021. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die huidige periode in die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans as die tydsgees van tekstualiteit opgesom kan word. Die periode sien die hoogbloei van die aandag aan geskrewe tekste - sowel argivale bronne as meer resente skeppende skryfwerk. Hiernaas word die deurentydsgees van romantiese pittigheid, 'n benadering wat die ganse Afrikaanse sosiolinguistiek deurspek, bespreek. Die optekenings en navorsing van ondere andere Sanet du Plessis, Frank Hendricks, Annél Otto, Elvis Saal, Donovan Lawrence, Carla Luijks, Luan Staphorst, Camilla Christie, Daan Wissing, en Hendrik Theys word bespreek. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar n gebrek aan bronne is, dat dit redelik "onsigbaar" is, dat dit as 'n Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die "oudste" vorm van Afrikaans beskou moet word.

Sleutelwoorde: Oranjerivierafrikaans; etnolek; geolek; Afrikaanse sosiolinguistiek; linguistiese geskiedskrywing; intellektuele geskiedenis


ABSTRACT

This last part of a four-part article series investigates the history of sociolinguistics relative to Orange River Afrikaans, one of Afrikaans's three main dialect continuas, from the period 1999 to 2021. Grounded in linguistic historiography broadly construed, and Michel Foucault's archaeological and genealogical orientations specifically, this part of the article sketches how the intellectual history of Orange River Afrikaans in this period can be summarised as the Zeitgeist of textuality. This period sees the height of the study of written texts - of both archival and creative writing. A final discussion focuses on the discourse of "romantic curiosa", a discourse that has pervaded the study of Orange River Afrikaans since the onset of Afrikaans sociolinguistics. The writings and research of, amongst others, Sanet du Plessis, Frank Hendricks, Annél Otto, Elvis Saal, Donovan Lawrene, Carla Luijks, Luan Staphorst, Camilla Christie, Daan Wissing, and Hendrik Theys are discussed. Through this, the article series challenges four central and dominant presuppositions on Orange River Afrikaans, namely that there are limited sources available relative to it, that it constitutes an "invisible" language form, that it can be typified as an expression of Black Afrikaans, and that Kaaps (Cape Afrikaans), rather than Orange River Afrikaans, should be regarded as the "oldest" form of Afrikaans.

Keywords: Orange River Afrikaans; ethnolect; geolect; Afrikaans sociolinguistics; linguistic historiography; intellectual history


 

 

1. Oriëntering

Ná die hoogbloei van die Afrikaanse sosiolinguistiek in die breë, en die dialektologie in die besonder, gedurende die 1980's en vroeë 1990's wat in die vorige artikeldeel bespreek is, is daar 'n merkbare afname in die bestudering van die mondelinge taalgebruik van Oranjerivierafrikaanssprekendes. Dié artikeldeel bespreek hoe die fokus eerder na ondersoeke van argivale en gedrukte bronne verskuif het - 'n benadering wat die eerste keer relatief tot Afrikaans in die werk van Van Ginneken (1913), soos in die eerste artikeldeel uitgelig, aangetref is. Die begronding vir die artikeldeel, soos die res van die artikel, is in Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings ten opsigte van geskiedskrywing. Waar die argeologiese oriëntering die studie se uitken van tydsgeestelike lae, vlakke, of strata lei, lei die genealogiese oriëntering die artikel se fokus op die ondersoek van geskiedenis ten opsigte van n "probleem" of vraagstuk. Dié artikel se vraagstukke sluit in die opvatting dat Oranjerivierafrikaans 'n "onsigbare" taalvorm is, dat dit lei aan 'n brongebrek, dat dit 'n Swart Afrikaanse taalvorm is, en dat Kaapse Afrikaans, en nie Oranjerivierafrikaans nie, die "oudste" vorm van Afrikaans is. Die eerste drie artikeldele het reeds baie van dié idees ondersoek en weerlê deur die lang bewussyn oor die taalvorm tussen 1595 en 1998 te karteer. Dié artikeldeel is dus gemoei met die huidige tydvak van navorsing, en sluit gevolglik die geheel van die artikelondersoek af.

 

2. Oranjerivierafrikaans en tekstualiteit

Die verskynsel van teksgerigte ontledings van Oranjerivierafrikaans stem grootliks ooreen met 'n tendens wat regdeur die Afrikaanse sosiolinguistiek gevind kan word. Die bestudering van literêre tekste in die besonder, en gedrukte media in die algemeen, kan in studies oor bykans alle variëteite gevind word, insluitende Swartafrikaans (Olivier 2015), Tienerafrikaans (Du Preez 2004), Gespreksafrikaans (Stell & Feinauer 2005), eklektiese idiolekte (Pieterse 2017), en veral Kaaps (Stell 2007; Stell, Luffin en Rakiep 2007; Hendricks 2010, 2012b; Blignaut 2014; Blignaut & Lesch 2014; De Vries 2015, 2016; Saal 2017). Die gedeelde klemverskuiwing na geskrewe bronne is dus soortgelyk aan die gedeelde fokus wat in die 1980's na veldwerkdialektologie verskuif het. Belangrik, egter, is dat daar wel enkele voorbeelde vanuit die veldwerkdialektologiehoogbloeitydperk is waar geskrewe bronne bestudeer is, maar die fokus is uitsluitlik op Kaaps (Hendricks 1978, 1981; Hauptfleisch 1983). En, soos bespreek in die vorige artikeldeel, verteenwoordig die studie van Petrus Lerm (1997) amper 'n oorgangstudie, siende dat hy sowel gesproke as geskrewe data in sy bespreking van Namakwalandse Afrikaans ingespan het. Hier kan ook genoem word dat daar telkens op die bestudering van taalverskeidenheid in geskrewe tekste gelet is deur navorsers as 'n potensiële bron van studie; nie bloot vir formele taaldata nie, maar ook in verband met kwessies soos taal en identiteit (vergelyk Du Plessis 1986; Coetzee 2005, 2009; Le Cordeur 2011; Odendaal 2015, 2020).

Met betrekking tot Oranjerivierafrikaans is Sanet du Plessis se 1999-magisterskripsie van belang. Du Plessis neem in haar ondersoek die ongepubliseerde, dog opgevoerde, dramateks "Broerse" deur Hans du Plessis onder die loep. Die taalgebruik in "Broerse", wat as die eerste verhoogdrama in Oranjerivierafrikaans beskryf is (later is Thomas Deacon se Maagmeise: Griekwa-stemme (2003) as die eerste Griekwa-Afrikaanse drama gehuldig; vergelyk Krueger 2004), word deur Du Plessis ondersoek in verhouding tot die gevolgtrekkings van die dialektologiese studies van die 1980's en vroeë 1990's. Die navorsing sluit dus nóú by die bespreekte tradisie van variasietaalkundige studies aan, maar is terselfdertyd vernuwend vanweë die gebruik van geskrewe taaldata as bron. Alhoewel dié vernuwing 'n welkome ontwikkeling in die Afrikaanse sosiolinguistiek ten opsigte van Oranjerivierafrikaans verteenwoordig, moet daar op n paar kwessies gelet word. Aangaande die benaming "Oranjerivierafrikaans": Daar is, soos reeds telkens aangedui, 'n tendens in die sosiolinguistiek waar Griekwa-Afrikaans uitgelig word bó dié van ander subvariëteite van Oranjerivierafrikaans, en wat hiermee gepaard gaan, is dat dié subvariëteit meer aandag ontvang wat akademiese studie betref.

Die kwessie word indirek deur Du Plessis aangespreek in haar skripsie. Sy let kortliks op Hans du Plessis wat na die taalgebruik in "Broerse" as Oranjerivierafrikaans verwys, terwyl die konteks van die drama Griekwaland is, met Griekwasprekers as hoofkarakters. Sy volg Nieuwoudt (1990, 1992) se klassifisering van Griekwa-Afrikaans as subvariëteit van Oranjerivierafrikaans, en erken daardeur dat die taalgebruik in die drama nie, soos Hans du Plessis dit stel, noodwendig as tiperend van Oranjerivierafrikaans beskou moet word nie (Du Plessis 1999: 6). Terselfdertyd let sy op die aard van die drama as 'n teks wat tot 'n wye gehoor spreek, en dat dit dus nie slegs een enkele dialek of variëteit hoef te verteenwoordig nie. Du Plessis se kort bespreking doen egter myns insiens nie genoeg om die gebruik van geskrewe tekste vir die inwin van taaldata te problematiseer nie. Uit haar bespreking is dit duidelik dat sy onseker is oor die afbakening van die teks in verhouding tot subvariëteite, terwyl sy verder die relatiewe kunsmatige aard van die geskrewe teks erken. Hans du Plessis is byvoorbeeld nie 'n huistaalspreker van Oranjerivierafrikaans nie. Dit hoef uiteraard nie 'n vereiste te wees nie, en soos Du Plessis (2015: 20) reeds self oor die saak gereflekteer het, span hy sy dekades lange navorsing oor Oranjerivierafrikaans in om sy gebruik van die taalvorm te begrond. Daarby argumenteer Du Plessis (2015: 21) dat die ontvangs van sy skryfwerk onder Griekwasprekers gebalanseerd is, met menige wat dank aan hom betoon vir die blootstelling wat hy deur sy skryfwerk aan die taalvorm gee. Ek argumenteer dus dat alhoewel skryfwerk soos dié van Du Plessis by taalkundige ondersoek ingespan kan word, dit met omsigtigheid benader moet word - en met kennisname van die moontlike tekortkominge wat só 'n studie kan hê.

Soos die studie van Du Plessis, is die navorsing van Frank Hendricks (2014a, 2014b, 2017, 2018) ook op die bespreking van Oranjerivierafrikaans in die konteks van geskrewe tekste toegespits. Waar Du Plessis 'n enkele drama deur 'n niehuistaalspreker van Griekwa-Afrikaans ontleed, ondersoek Hendricks die oeuvre van Elias P. Nel (1998, 2001, 2011), wat in Verneukpan in die Noord-Kaap grootgeword het. Daar is dus uit die staanspoor 'n verskil in die aard van die bronne wat bespreek word. Alhoewel beide se bronne "kunsmatig" is - met die wete dat enige geskrewe teks baie meer gekunsteld is as spontane, mondelinge taalgebruik -verteenwoordig dié skryfwerk van Nel 'n "outentieker" stem. Hendricks is egter besonders sober en refleksief oor sy ondersoek. Hy erken eerstens dat alle geskrewe bronne 'n uitdaging vir die taalkundige bied wat nie tydens die optekening en beskrywing van mondelinge taalgebruik teenwoordig is nie. Hiernaas volg hy n benadering wat hy geformuleer het vir die taalkundige bespreking van tekste wat andersins as letterkundige werk voorgehou word. Dié benadering is deur Hendricks (2010) vir die eerste maal in 'n taalkundige studie van die oeuvre van S. V. Petersen gedefinieer, en is later gerepliseer in verhouding tot studies oor die skryfwerk van Adam Small (Hendricks 2012b) en die genoemde studie van die oeuvre van Elias P. Nel. Die benadering kan as 'n vorm van pragmatiek getipeer word, siende dat dit grootliks uit die bespreking van taalgebruik deur middel van die ontleding van sitaatkodes en vertelkodes in geskrewe tekste geskied. Hiernaas word die taaldata met studies van mondelinge taalgebruik vergelyk, en die verskille en ooreenkomste daardeur uitgelig. Wat Hendricks se studies verder meer verwikkeld maak as dié van Du Plessis, is dat sy fokus op pragmatiek hom toelaat om die Afrikaans van 'n bepaalde karakter te "kodeer". Soos genoem, maak hy van die onderskeid tussen sitaat- en vertelkodes gebruik om sy ondersoek in geskrewe tekste uit te voer, en hy beskou variëteite as "kodes" wat deur sprekers ingespan kan word (Hendricks 2012a). Vandaar "lees" hy literêre tekste deur daardie kodes, en sodoende wys hy op die meerstemmigheid wat iemand soos Nel se werk tipeer. Hierdeur bied hy 'n meer indringende beeld van wat as bepaald Oranjerivierafrikaans, teenoor Kaaps of Swart Afrikaans, uitgeken kan word aan.

Naas Du Plessis en Hendricks, is daar 'n laaste navorser wat literêre werk betrek, naamlik Annél Otto. Alhoewel Otto nie 'n breedvoerige bespreking van Oranjerivierafrikaans verskaf nie, sluit haar oorsighoofstuk oor die sosiolinguistiek in Kontemporêre Afrikaanse taalkunde (2014) 'n kort bespreking in van Katryn: Vrou van die Richtersveld (Huisamen 2012) en 'n Griekwa-psalm deur Hans du Plessis (2001b, vergelyk ook 2002, 2012) berym. Wat noemenswaardig is, is dat die besprekings in verhouding tot die twee tekste in n andersins "tradisionele" oorsig oor sosiolinguistieke navorsing voorkom. Hiermee word bedoel dat die begrippe, benaderings, en ander verwysings slegs op die "veldwerk"-metodiek, soos deur die studies van die 1980's gevolg, toegespits is. Dat die ontleding van geskrewe tekste in verhouding tot die Afrikaanse sosiolinguistiek dus 'n relatiewe vreemde, of unieke, verskynsel is, blyk dus duidelik uit wat as n toonaangewende oorsig oor die vakgebied voorgestel word. Otto mis myns insiens dus die geleentheid om 'n volgende geslag navorsers aan 'n metodologie soos dié van Hendricks voor te stel.

Die klem op die ontleding van geskrewe tekste ondergaan wel 'n wending in 2019 met die verskyning van 'n artikel deur Elvis Saal en Donovan Lawrence waarin die taalgebruik van swart Afrikaanssprekende graad 10-leerders van Upington en Piketberg ontleed en bespreek word. Saal en Lawrence se studie ondersoek die graad van formaliteit van taalgebruik waarmee skoolleerders in opstelle omgaan. Van belang is dat "swart Afrikaanssprekende skoolleerder" nie as n eenduidige identiteit benader is nie. Die keuse om op leerders in Upington en Piketberg te fokus, is vanweë Saal en Lawrence se poging om die verskille tussen die taalgebruik van dié gebiede, as verteenwoordigend van taalgebruik van die Wes-Kaap (Kaaps) en Noord-Kaap (Oranjerivierafrikaans) onderskeidelik, te ondersoek. Die studie het drie belangrike gevolgtrekkings wat genoem behoort te word.

Eerstens dui die studie op die hoë frekwensie van informalisering wat onder swart Afrikaanse skoolleerders teenwoordig is, ten spyte van die skoolopstelformaat wat gepaard gaan met idees oor "korrekte", "formele", en "standaard" taalgebruik. Dié verskynsel lei Saal en Lawrence tot die gevolgtrekking dat "informele" Afrikaanse taalgebruik, wat in dié moment na sowel omgangstaalvorme as dialektiese taalgebruik verwys, deur die leerders as aanvaarbare taalgebruik beskou en behandel word. Variëteitsvorme van Afrikaans is dus nie, aldus Saal en Lawrence, gestigmatiseer as "onbruikbaar" in "formele" skoolopstelle soos moontlik verwag kan word nie.

Dit dui dus op die vlak van "aanvaarding" van niehegemoniese Afrikaanse variëteitsvorme deur sprekers van daardie variëteite. Ietwat van 'n leemte in die Afrikaanse sosiolinguistiek is die ondersoek van taalhoudings en -persepsies, spesifiek wat variëteitsvorme betref. Daar is byvoorbeeld nie genoegsame konkrete data om sprekers se houdings jeens verskillende variëteite te ontleed nie, nog om te verstaan waarom hulle daardie bepaalde houdings het nie. Wat dié studie van Saal en Lawrence egter bewys, is dat daar wel 'n vorm van aanvaarding - bewustelik of onbewustelik - van variëteite is wat die gebruik van daardie taalvorme onderskraag. Die studie is wel op slegs 10 leerders in twee gebiede toegespits, maar bied tentatiewe bewyse van n ontvanklikheid vir die gebruik van variëteitsvorme in geskrewe kontekste.

Tweedens is daar reeds telkens opgemerk dat die posisie van Engels relatief tot Afrikaans deur die loop van die 20ste eeu diskursief onderdruk is (vergelyk Ponelis 1992, 1998), ten spyte daarvan dat dit n gangbare invloed op die taal, veral die omgangsvorme, het en gehad het. Saal en Lawrence se ondersoek ondersteun grootliks die bestaande argumente oor die invloed daarvan. Dit verskaf egter ook insig in die taalverandering wat tans in die Noord-Kaap plaasvind. Soos Saal en Lawrence uitlig, is die gebruik van Engelse leksikale items in Kaaps iets wat verwag kan word, terwyl dit tradisioneel minder voorkom in Oranjerivierafrikaans. Dié studie bewys dat Engels tans nie bloot telkens in Oranjerivierafrikaans gebruik word nie, maar dat dit selfs meer as onder Kaapse sprekers voorkom. Weer, die studie is klein, en die konteks van die leerders kon 'n invloed hierop gehad het. Upington is 'n redelike groot sentrum in die Noord-Kaap, met die leerders wat daar woon redelik verstedelik, terwyl die leerders in Piketberg as semiverstedelik, of selfs plattelands, beskou kan word. Belangwekkend is dat dié studie bewys lewer van die behoefte aan meer indringende studie, veral wat die interseksionele veranderlikes van identiteit en taalgebruik betref.

Derdens, aangaande taaldata: Die uitdaging van die gebruik van die geskrewe bron is die hoë mate van gekunstelde taalgebruik wat daarin weerspieël word. 'n Moontlike oplossing hiervoor is die verruiming van die korpus wat ingespan word vir bestudering - met die redenering dat n groter korpus kan lei tot meer betroubare gevolgtrekkings, eerder as om op die spesifisiteit van 'n enkele teks of outeur te fokus. Saal en Lawrence se studie baan die weg vir 'n moontlik onuitputbare bron, naamlik die skryfwerk van skoolleerders - iets wat by Lerm (1997) se studie deurskemer. Hier kan genoem word dat 'n soortgelyke leerdergesentreerde optekening van die taalgebruik van spesifiek Griekwa-Afrikaanssprekendes bestaan, naamlik die publikasie van die twee Kloekgoed-publikasies deur Hetta Hager (s.a.), maar benewens die verrekening van leksikologiese data daarin vervat deur Hendricks (2018), is dit nog nie na behore ondersoek nie.

Vier laaste "argiefgerigte" studies kan uitgeken word, wat weliswaar anders is as dié van Du Plessis, Hendricks, Otto, en Saal en Lawrence. Waar dié navorsers hul aandag op skeppende skryfwerk plaas, ondersoek die volgende drie studies ander, nieskeppende vorme van geskrewe taaldata. Die eerste is Carla Luijks (2000) se ondersoek van die briewe van Jan Jonker Afrikaner, die oom van die Namaleier Hendrik Witbooi. Soos reeds aangedui in die tweede artikeldeel, was Witbooi se dagboek reeds in 1939 die onderwerp van ondersoek, met dié studie wat die taalgebruik in die briewe vervat as voorbeeld van "Hottentots-Hollands" bespreek het. Rademeyer het óók na die dagboek verwys in sy studie van "Kleurling-Afrikaans", en nog 'n magisterstudie van die dagboek is deur Dina van der Zwan (1988) voltooi. Luijks se studie, wat in die jaar 2000 teen die agtergrond van die Oranjerivierafrikaanskorpus van 1980 onderneem is, het uit daardie data geput, en kon sodoende die briewe posisioneer as 'n 19de-eeuse vorm van Oranjerivierafrikaans.

Die tweede studie is Caro van Aardt se 2014-magisterverhandeling oor die sintaksis van Griekwa-Afrikaans (vergelyk ook Breed & Van Aardt 2016). Deur 'n korpuslinguistiese ondersoek analiseer Van Aardt die postulêre werkwoord in Griekwa-Afrikaans, en vergelyk dit met werkwoordgebruik in Standaardafrikaans. Die korpus wat ingespan is, is die reeds bespreekte verslag wat deur Van Rensburg in 1984 saamgestel is, en moontlik die grootste enkele studie van Oranjerivierafrikaans verteenwoordig. Die belang van Van Aardt se studie is tweevoudig: dit spreek eerstens van die moontlikheid om die bestaande korpus Oranjerivierafrikaanse taaldata te gebruik vir verdere studie aangaande daardie taalvorme. Meer as net blote uitlig van karakteristieke kenmerke, bewys Van Aardt se verhandeling dat daar geweldige waarde in die bestudering van Oranjerivierafrikaans uit 'n formeel taalkundige hoek is, en met behulp van meer resente taalkundige teorieë en metodologieë. Dit spreek egter tweedens terselfdertyd van die lang tradisie van navorsing oor Oranjerivierafrikaans waar Griekwa-Afrikaans meer aandag as ander taalvorme geniet. Die keuse om op die Griekwa-Afrikaanse verslag, eerder op as Van Rensburg se verslag oor die Afrikaans van die Richtersvelders te fokus, weerspieël dit.

Die derde studie is my werk elders (Staphorst 2020, 2022a, 2022b, 2023) relatief tot die Bleek and Lloyd-versameling en wat ek |xam-Afrikaans noem. Alhoewel 'n versameling notaboeke wat die optekening van |xam, 'n uitgestorwe Khoesantaal, verteenwoordig, argumenteer ek vir die herwaardering van die argief vir die Afrikaanse taalgeskiedenis in die breë, en Oranjerivierafrikaans in die besonder. Daarin het ek die siening van Elvis Saal (2019) dat daar beperkte bronne van Oranjerivierafrikaans bestaan, gevolg, en posisioneer ek gevolglik die argief as 'n bron wat daardie leemte kan aanspreek. Soos dié artikel argumenteer, is Saal se siening nie heeltemal geregverdig wanneer die genealogie van die taalvorm nagespeur word nie, en dus is my vorige posisie ook aanvegbaar. Dit bly egter van belang vir 'n verruimende blik op die Oranjerivierafrikaans van die 19de eeu, en kan, soos ek verder reeds geargumenteer het, moontlike insigte verskaf in die wyse waarop Oranjerivierafrikaans deur verskeie Khoesantale - nie net Khoekhoegowab nie - beïnvloed is. Hierdeur sluit my vorige kritiek implisiet by dié van Webb (1993) aan deur Van Rensburg se eng verbintenis tussen Oranjerivierafrikaans en die Khoekhoen uit te daag.

Die laaste is Camilla Rose Christie (2020, 2022) se ondersoek na Khoekhoegowab se invloed op plantnaamgebruik in Namakwalandse Afrikaans. Dié studie is totaal anders as die ander bespreekte navorsing. Die klem is op 'n bepaalde leksikale kategorie, naamlik plantname, eerder as 'n sosiolek of geolek in die geheel, en dié kategorie in Namakwalandse Afrikaans word twee maal nagespoor: eerstens deur volksplantkundige opnametekste van die afgelope 40 jaar te ontleed, en tweedens deur gespreksonderhoude in Namakwaland. Hierdeur bied Christie vernuwende insigte in die invloed wat Khoekhoegowab op Namakwalandse Afrikaans deur 'n mengsel van argivale asook oorspronklike veldwerknavorsing wat op innoverende wyses met mekaar versoen word.

Hier kan genoem word dat die klem op die skriftelike, ten spyte van die uitdagings daaraan verbonde, wel ten goede ingespan is deur veral Frank Hendricks in sy werk as Taalkommissielid. Hendricks (2012a) hou 'n "gelykevlakperspektief" vir Afrikaans as toekomsideaal voor - n bewussyn waardeur variasievorme as "kodes" beskou word wat op gelyke vlak met mekaar moet staan. Hendricks het in sy posisie as Taalkommissielid veral belangrike werk gelewer deur sy studies oor Oranjerivierafrikaans in geskrewe vorm as voedingsbron vir die vernuwing en aanvulling van die woordelys in die Afrikaanse woordelys en spelreëls se 2017-uitgawe te verseker (vergelyk Hendricks 2018).

Hendricks moet verder uitgesonder word vir sy rol in die organisering van die eerste samekoms waartydens Oranjerivierafrikaans onder die kollig gebring is - 'n konferensie wat in 2018 by Sol Plaatje Universiteit op Kimberley gehou is (vergelyk Van Wyk & Teise 2018). Die aantal referate wat uit die konferensie gespruit het, is beskeie - veral wanneer dit teen die Kaaps in fokus-konferensie (vergelyk Hendricks & Dyers 2016) opgeweeg word - maar spreek nietemin van n ongehoordheid, naamlik die eerste konferensie oor die taalvorm, en daarnaas by n universiteit wat in die gebied gewortel is. Uiteenlopende onderwerpe is aangesny, onder andere die taalkunde (Hendricks 2018; Van Keymeulen 2018), letterkunde (Bonthuys 2018; Van Wyk 2018), en kultuurgeskiedenis (De Vries 2018).

Hier kan ek nie help om twee vergelykings te tref nie. Eerstens, waar die "Kaaps in fokus"-konferensie tot 'n bekroonde publikasie gelei het wat met groot fanfare op platforms soos LitNet verwelkom en bespreek is (vergelyk Carstens & Hendricks 2017; Dyers & Le Cordeur 2017), asook in opdrag van Quentin Williams in Engels vertaal is en as 'n spesiale uitgawe van Multilingual Margins uitgegee is, is daar 'n merkbare stilte oor die Oranjerivierafrikaanskongres. Tweedens, waar vele van die "Kaaps in fokus"-referate oor die belang van Kaaps vir die ganse Afrikaanse "taalverhaal" gehandel het, is dieselfde klem nie in die Oranjerivierafrikaansreferate te vinde nie (vergelyk Kulsen in Van Heerden & Kulsen (2017) vir meer oor die marginalisering van Oranjerivierafrikaans).

Benewens die bestudering van geskrewe data, wat uit dié bespreking duidelik blyk die dominante benadering oor die afgelope paar dekades te wees, is daar twee "tradisionele" ondersoeke in die gees van veldwerknavorsing van die vorige tydvak. Die eerste is n fonologiese studie deur Daan Wissing (2011b) oor die Afrikaans van die Kharkammers. Wissing se studie volg op die kommentaar wat deur Tony Links in sy doktorale proefskrif oor Kharkamsafrikaans gemaak is aangaande die verskil in taalgebruik tussen die ouer en jonger geslag. Soos genoem, het dit Links genoop om slegs op ouer sprekers te fokus. Een van Links se gevolgtrekkings is dat ontronding, ten minste by ouer sprekers van die 1980's, nie n algemene verskynsel was nie - iets wat, soos Wissing (2011b: 312) argumenteer, eiesoortig is in die Afrikaanse spraakgemeenskap waar ontronding algemeen voorkom.

Die uitdaging van Links se studie is die relatiewe ongekunstelde metodologie en opnameapparaat wat ingespan is. Hierteenoor het Wissing in 2010 toegang tot veel beter apparaat, ontledingsagteware, asook fyner navorsingsmetodologieë. In wese bied Wissing se kritiek op Links 'n kritiek op die Afrikaanse dialektologie van die 1980's as 'n geheel. Dit mag dalk baanbrekend gewees het, maar daar het sedertdien geweldige veranderinge in die sosiolinguistiek plaasgevind; veranderinge wat ook die beskikbare tegnologie vir opnames beïnvloed het. Wissing ondersoek dus ontronding by Kharkamsafrikaanssprekendes van wisselende ouderdomme, en bevind dat daar onder die opgeneemde sprekers van 2010 wel n hoë mate van ontronding teenwoordig is - iets wat Links se opmerking ondersteun dat die "jonger" geslag van die 1980's, dus tans die middeljariges of selfs ouer, 'n merkbare ander vorm van Kharkamsafrikaans besig. Terselfdertyd verskaf sy studie verdere nuanse oor die begrip van die dinamiek van ontronding. Soos Wissing (2007, 2010, 2011a) elders argumenteer, is die verskynsel van ontronding byvoorbeeld verbind aan faktore soos nadruk - iets wat nie in Links se studie in ag geneem is nie. Die noukeuriger bespreking van die opgeneemde taaldata deur Wissing in n kontemporêre milieu het hom dus toegelaat om sowel die vorige navorsing te ondersteun as te verdiep.

Hiernaas is daar die 2021-verslag van "Gariepafrikaans", in navolging van Anzil Kulsen (in Van Heerden & Kulsen 2017) se gebruik van die naam, wat deur Hendrik Theys in opdrag van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument voltooi is. Die opdrag, aldus Theys, was om Gariepafrikaans te karteer, en opnames is in 39 dorpe in die Noord-Kaap (en een in die Noordwesprovinsie) onderneem:

1. Kharkams

2. Warrenton

3. Hopetown

4. Britstown

5. Soebatsfontein

6. Doornbult

7. Orania

8. Nourivier

9. Namakwaland

10. Pella

11. Pofadder

12. De Aar

13. Steinkopf

14. Banksdrift

15. Philipstown

16. Hanover

17. Prieska

18. Griekwastad

19. Douglas

20. Pampierstad

21. Hartswater

22. Paulshoek

23. Rooifontein

24. Jankempdorp

25. Hondeklipbaai

26. Spoegrivier

27. Kheis

28. Vanderkloof

29. Olifantshoek

30. Kuruman

31. Daniëlskuil

32. Delportshoop

33. Marydale

34. Putsonderwater

35. Keimoes

36. Kameelmond

37. Campbell

38. Springbok

39. Warmsand

Dié opnames verteenwoordig dus die grootste enkele projek in verhouding tot Oranjerivierafrikaans in meer as 30 jaar. Ten spyte daarvan dat dit n belangrike leemte wil aanspreek, skiet die studie telkens tekort wat die verwerking van die data betref. Daar is twee kwessies wat die navorsing pootjie: die gebrek aan deursigtigheid wat die aanbied van data betref, asook die wankelrige konseptualisering van Gariepafrikaans. Die studies van die 1980's en 1990's het 'n ongehoord diepgaande blik op Oranjerivierafrikaans verskaf, en dít is grootliks te danke aan pogings om die taalvorm met al meer noukeurigheid te ondersoek. Die gevolg is dat n studie soos dié van Nieuwoudt n verhelderende en sober beeld van die taalvorm kan bied deur op die noemenswaardige tradisie studies wat dit voorafgegaan het te bou. Hierteenoor is Theys se studie nie begrond in 'n soortgelyke tradisie studies nie, nog wil dit self 'n soortgelyke tradisie inlei. Dit "karteer" dus Gariepafrikaans deur uit die staanspoor alle data as Gariepafrikaans uit te ken, sonder nuanse of verwikkelde besprekings.

Die kritiek op die dialektologiese studies van die 1980's wat Wissing byvoorbeeld genoop het om sy 2011-studie oor ontronding onder Kharkammers te onderneem, naamlik dat dié studies redelik naïef was met telkens ongekunstelde navorsingsmetodologieë, is dus ook op dié studie van Theys van toepassing. Theys neem dus nie die ontwikkeling van die sosiolinguistiek oor die afgelope 30 jaar in ag in die verwerking en aanbieding van sy opgetekende taaldata nie. Die gevolg is dat hy effektiewelik bloot kantaantekenings van waargenome taalgebruik in die gebied weergee deur byvoorbeeld uit te lig dat sekere vokale verhoog of verlaag word, of dat sekere sprekers lidwoorde invoeg of weglaat. Dus is die aanbieding en verwerking van die data - onder die onkritiese vaandel van Gariepafrikaans - 'n hindernis wat noukeurige insigte en gevolgtrekkings pootjie.

'n Konkrete voorbeeld hiervan is Theys se insluiting van ontronding as 'n kenmerk van Gariepafrikaans. Wanneer sy data nagegaan word, blyk dit egter slegs by enkele sprekers teenwoordig te wees - een spreker in die Kharkams, een in Garies, een in Lepelsfontein, een in Namakwaland, en een in Prieska. Hier is die eerste onklaarheid: Kharkams, Garies, en Lepelsfontein is almal in die Namakwaland, en dit is dus onduidelik waar presies die een spreker wat as 'n inwoner van die "Namakwaland" beskryf is, woon. Hoe dit ook al mag sy, dit lyk vanuit Theys se data of ontronding slegs 'n verskynsel in Namakwalandse Afrikaans is, en by een spreker in Prieska. Daar kan dus nie uit dié data n afleiding gemaak word dat ontronding n kenmerk van Gariepafrikaans as geheel is nie, tog stel Theys dit as sodanig voor. Hiernaas word geen beskrywing van die dinamiek wat ontronding teweegbring, soos deur Wissing (2007, 2010, 2011a, 2011b) bespreek in verband met nadruk en spraaktempo, ingesluit nie. Die gevolg is dat dié studie, wat die grootste enkele veldwerkondersoek in meer as 30 jaar verteenwoordig, terselfdertyd n verstarring in die bestudering van Oranjerivierafrikaans verteenwoordig.

Ten spyte van dié kritiek, wil ek beklemtoon dat die opdrag deur die Taalmuseum om "Gariepafrikaans" te karteer as sodanig 'n besonderse welkome besluit is - dit weerspieël 'n oop en proaktiewe ingesteldheid teenoor Afrikaans en die optekening asook toeligting daarvan in die wydste sin moontlik. Dié ingesteldheid word verder deur die formele optekening van die taalvorm weerspieël, siende dat die Taalmuseum in 2017 'n belangrike projek van stapel gestuur het om die verhaalkuns van die Noord-Kaap op te neem (vergelyk ATM 2017; Van Heerden, Botha en Brown 2017). Dit, tesame met die opdrag om "Gariepafrikaans" te bestudeer, verdien lof. Hier kan laastens teen die agtergrond van die gesprek oor Oranjerivierafrikaans in ruimtes soos dié van die AWS, ATM, en Sol Plaatjie Universiteit, ook op die belang van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging, asook die Afrikaanse Taalraad, gedui word wat deur hul Naelstring-lesings (Boezak 2018) en Komvandaan-seminare (vergelyk Saal 2019) onderskeidelik verdere aandag op Oranjerivierafrikaans fokus, en daardeur die taalvorm se prominensie verhoog.

 

3. Deurentyd: Oranjerivierafrikaans en romantiese pittigheid

Die oorsprong van die bewussyn van Oranjerivierafrikaans is verbind aan die idee van die "pittige" - soos aan die begin van die vorige artikeldeel bespreek in verhouding tot die optekenings van Von Wielligh. Dit is dus nie vreemd dat die enigste deurlopende draad wat by die bestudering van Oranjerivierafrikaans gevind kan word, met die "pittige" te make het nie. Daar is twee tipes navorsing wat in dié verband uitgelig kan word: algemene navorsing aangaande uitdrukkings en gesegdes binne streeks- of kontreitaalverband, en naamkunde. Die eerste tipe "navorsing" is telkens nie werklike navorsing nie, maar eerder bloot optekenings wat veral in algemene tydskrifartikels weergegee word, met wisselende grade van spesifisiteit aangaande dorp, distrik, of streek (vergelyk Brazelle 1945; Opperman 1945b, 1951; Kotzé 1975, 1977; Coetzee 1983; Anoniem 1992a, 1992b; Burger 1992, 1993; Fourie 1993; Beukes

1994; Burger 1996; Anoniem 1997; Boezak 2016).

Hiernaas is daar die onomastiek, met die bestudering van eiesoortige name van plase, distrikte, en dorpe, dit wil sê pleknaamkunde enersyds, en plantnaamkunde andersyds. Alhoewel beide plek- en plantnaamkunde met betrekking tot die (Suid-)Afrikaanse konteks as geheel n gewilde ondersoekterrein is (vergelyk Nienaber 1940; Scholtz 1941; Nienaber 1943, 1944; Van der Merwe 1954; Strydom 1959; Botha 1975; Raper 1983b, 1983c; Botha 1984), en persoonsnaamkunde tot n mindere mate (vergelyk Combrink 1977; Hendricks 2017), is dit opvallend hoeveel studies bestaan met betrekking tot wat as Oranjerivierafrikaans, of wat met die noordwestelike ruimte in die breë verband hou, in hierdie velde uitgeken kan word (vergelyk Opperman 1945a; Brazelle 1946; Steenkamp 1948; Van Vreeden 1954, 1958, 1960, 1963a, 1963b, 1965a, 1965b, 1966, 1968, 1969, 1970a, 1970b; Nienaber 1963a, 1963b, 1964; Raper 1968a, 1968b, 1983a; Nienaber 1978; Kotzé 1979; Schepers 1985;, Hendricks 1995, 1996a, 1996b, 1997a, 1997b, 1997c, 1998, 1999, 2002, 2014b; Van der Merwe [J. C. S.] 1996).

Alhoewel die bestudering van gesegdes en uitdrukkings binne streekstaalkonteks, sowel as die onomastiek, volslae deel van die taalkunde vorm, is dit belangrik om te let op die wyse waarop dié navorsing binne die breë sosiologie van die Afrikaanse taalkunde figureer. Wat veral merkbaar is, is dat die string publikasies wat op dié areas van die Afrikaanse taalkunde fokus selde in hegemoniese taalkundige vaktydskrifte verskyn. Histories het dit in publikasies soos Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, 'n interdissiplinêre vaktydskrif aan volkskunde en kultuurgeskiedenis gewei, en in die afgelope paar dekades in Nomina Africana, 'n gespesialiseerde vaktydskrif aan die onomastiek gewei, verskyn. Daarnaas verskyn vele artikels in meer populêre tydskrifte, soos die Taalgenoot. Dit is dus merkbaar dat dié studies nie in "hoofstroom-" taalkundige tydskrifte, soos Taalfasette (later die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, en tans Southern African Linguistics and Applied Language Studies), gepubliseer is nie. Hiermee word nié bedoel dat daardie niehegemoniese tydskrifte van minder belang is nie, nog ontsê dit die agentskap van die bepaalde navorsers wat moontlik verkies (het) om hul navorsing in meer gespesialiseerde, of selfs populêre, tydskrifte te publiseer nie.

Tog moet die vraag gevra word waarom die enigste konstante met betrekking tot Oranjerivierafrikaans oor meer as 'n 100 jaar van Afrikaanse sosiolinguistieke navorsing die "pittighede" verbonde aan streekstaalsuitdrukkings en naamgewing is. Die vraag is dus tot welke mate só n vorm van ondersoek werklik tot indringende begripsformulering van Oranjerivierafrikaans en die taalgemeenskap (ge)lei (het). Die problematiek word moontlik die beste saamgevat in die titel van 'n reeks artikels wat uit die pen van Petrus Nienaber tussen 1939 en 1970 gevloei het, naamlik "Die romantiek van ons plekname", wat eers in Die Huisgenoot verskyn het, en later in die Taalgenoot.

Vandaar beskryf ek dié tradisie in die Afrikaanse taalkunde as 'n bemoeienis met "romantiese pittighede" wat Oranjerivierafrikaans, en die ruimte van die Noordweste, betref. Hiermee maak ek nie die belang van die onomastiek en die optekening van streekstaaluitdrukkings af nie -inteendeel, ek ag byvoorbeeld die publikasie van Anton Prinsloo se Annerlike Afrikaans (2009), n streekstaalwoordeboek, as een van die belangrikste publikasies van die afgelope kwarteeu wat die boekstawing van Afrikaans betref. Tog kan dit nie die énigste ondersoek in verband met Oranjerivierafrikaans en Oranjerivierafrikaanssprekendes verteenwoordig nie. Sonder indringender besprekings wat verder as die optekening en beskrywing van bloot ooglopende talige kuriosa gaan, bly die taalvorm n ietwat versweë verskynsel.

 

4. Terugskouend

Ten spyte van die kritiek wat hier uitgespreek is teen die afname in mondelinge optekenings, asook die potensiële slaggate wat die ondersoek van geskrewe taaldata kan belemmer, is die klemskuif na die tekstuele wel belangrik om twee redes. Dit verskaf eerstens n blik op die normalisering van die gebruik van variante vorme van Afrikaans in geskrewe vorm sedert veral die eeuwending, en tweedens dui dit op die herbesoek van bronne uit veral die 19de eeu wat belangrike insigte ten opsigte van die ontwikkeling van Oranjerivierafrikaans kan verskaf. Wat veral noemenswaardig is, is die sprekers agter daardie 19de-eeuse bronne. Soos telkens uitgewys, is Oranjerivierafrikaans nié 'n uitsluitlik Swart Afrikaanse taalvorm nie, ten spyte daarvan dat dit gereeld as sulks voorgehou word. Die bronne wat deur Luijks en in my werk elders ondersoek word, sluit egter alleenlik swart Afrikaanse stemme in. Dit is bykans slegs die swart Oranjerivierafrikaanssprekende wat "sigbaar", en dus "hoorbaar", in die argief is - ten minste wat die 19de eeu betref. Terwyl die stem van die swart Afrikaanssprekende die oorwegend versweë een is in die volle omvang van die Afrikaanse taalontwikkeling, is die stem van die wit Oranjerivierafrikaanssprekende die versweë een ten opsigte van dié bepaalde taalvorm.

 

5. Slot

Die artikel het ten doel gehad om vier algemene veronderstellings oor Oranjerivierafrikaans uit te daag: die eerste dat die taalvorm nie besonders sigbaar is nie, en dus min aandag ontvang in akademiese studie; die tweede dat min bronne bestaan waarlangs die historiese ontwikkeling daarvan bestudeer kan word; die derde dat Oranjerivierafrikaans uitermate verbind is aan swart Afrikaanssprekendes, en die vierde dat Kaaps, eerder as Oranjerivierafrikaans, die "oudste" of "eerste" tipe Afrikaans is. Wat dié argeologiese genealogie uitgewys het, is dat alhoewel navorsing daarvan wispelturig en onewe is oor die eeue heen, daar wel n gevestigde tradisie daaromheen is. Om die "sigbaarheid" van die taalvorm te bevraagteken, reflekteer dus in wese n gebrek aan kennis van die lang diskursiewe geskiedenis van die Afrikaanse taalkunde in die besonder, maar taalkundige belangstelling in Suid-Afrika in die breë. Wat dié lang tradisie navorsing verder impliseer, is dat alhoewel daar relatief min primêre bronne bestaan in vergeleke met byvoorbeeld Kaapse Afrikaans of Oosgrensafrikaans, die studies effektiewelik "gemyn" kan word vir data, en sodoende wel belangrike insigte ten opsigte van die ontwikkeling van die taalvorm kan bied. Hiernaas lewer n noukeurige analise van die genealogie van Oranjerivierafrikaans n bewys van die multikulturele, oftewel nierassige, aard van die taalvorm oor die eeue heen. Om dit eenvoudig as n "Afrika"-variëteit of Swart Afrikaanse taalvorm te bestempel, ignoreer die heterogene aard van die gebied waaruit Oranjerivierafrikaans gegroei het, en vervlak dus ons begrip van die wyse waarop Afrikaans as geheel ontwikkel het. Laastens dui n kritiese kartering van Oranjerivierafrikaans daarop dat die huidige Kaapsbeweging skuldig is aan n tipe "appropriasie" van Oranjerivierafrikaans se posisie binne die taal se ontwikkelingsgang, naamlik die verbintenis daarvan met Khoe-Afrikaans, die "eerste" vorm van Afrikaans waarvan die wortels tot 1595 teruggetrek kan word. Die artikel se weerlegging van vier wanpersepsies oor die taalvorm moet egter nie op sigself as genoegdoening gelees word nie. Soos bespreek, is daar 'n noemenswaardige leemte in ons begrip van die taalvorm soos dit tans mondelings daar uitsien, en die historiese bronne is ook glad nie ten volle ontsluit nie. Daar is dus veel meer om te doen. Laat ons nie op onse louere loop staan rus nie.

 

Erkenning

Hierdie artikelreeks is gebaseer op gedeeltes uit my MA-verhandeling, "Ongehoord: Voices Unaccented; Voices Unharmonised. Afrikaans and South Africa's First Peoples in Discourses of Higher Education Transformation." Dit is onder leiding van Mariana Kriel en Marisa Botha by Nelson Mandela Universiteit voltooi, met finansiële ondersteuning van die Mandela-Rhodes-stigting en die nasionale Departement van Kuns en Kultuur. Sienings hierin vervat is egter my eie, en verteenwoordig nie noodwendig dié van genoemde liggame nie.

 

Verwysings

Anoniem. 1992a. Namakwalands. Insig Mei: 40.         [ Links ]

Anoniem. 1992b. Namakwalands2. Insig Junie: 40.         [ Links ]

Anoniem. 1997. Aantekeninge oor Namakwaland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 53(1): 37-44.         [ Links ]

Beukes, Haldeé. 1994. Uitdrukkings en segswyses uit Namakwaland. Die Kultuurhistorikus 9(1): 43-50.         [ Links ]

Blignaut, Joline. 2014. 'n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans. MA-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Blignaut, Joline & Harold Lesch. 2014. 'n Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus 45: 19-41. https://doi.org/10.5842/45-0-628        [ Links ]

Boezak, Willa. 2016. Die Khoi-San as Afrikaanse gemeenskap - Gister, vandag en more. In Wannie A. M. Carstens & Michael Le Cordeur (reds.). Ons kom van vêr: Bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans, 112-128. Kaapstad: Naledi.         [ Links ]

Boezak, Willa. 2018 (20 September). ATKV-taalerfenissimposium: Willa Boezak oor die Khoisan se bydrae tot die Afrikaanse taalerfenis. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/atkv-taalerfenissimposium-willa-boezak-oor-die-khoisan-se-bydrae-tot-die-afrikaanse-taalerfenis/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Bonthuys, Marni. 2018. Riekert, Weideman en Myburgh: Die representasie van die Noordwesterse ruimte in drie Afrikaanse digbundels. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 37-62.         [ Links ]

Botha, Theunis Jacobus Roodt. 1975. Diachroniese, sinchroniese en toegepaste pleknaamkunde in die R.S.A. Taalfasette 19(1): 1-18. https://doi.org/10.1080/04966740.1975.10587963        [ Links ]

Botha, Theunis Jacobus Roodt. 1984. Pleknaamkunde. In Theunis Jacobus Roodt Botha, Johannes Gert Hendrik. Combrink en Francois Frederik Odendal (reds.). Inleiding tot die Afrikaanse taalkunde, 282-302. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Brazelle, J. J. 1945. Taalomstandighede in Boesmanland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 2(1): 30-32.         [ Links ]

Brazelle, J. J. 1946. Plekname in die Noordweste. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 2(3): 100-103.         [ Links ]

Breed, Catharina Adriana & Caro A. van Aardt. 2016. Postulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans - 'n Ondersoek vanuit 'n grammatikaliseringsperspektief. Stellenbosch Papers in Linguistics 46: 1-24. https://doi.org/10.5774/46-0-226        [ Links ]

Burger, J. A. 1992. Sêgoed en waarnemings oor donkies in Noordwes-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 48(1): 49.         [ Links ]

Burger, J. A. 1993. Sêgoed uit Noordwes-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 49(2): 66-68.         [ Links ]

Burger, J. A. 1996. Sêgoed en ander aantekeninge uit die Noordweste. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 52(2): 47-50.         [ Links ]

Carstens, Wannie A. M. & Frank Hendricks. 2017 (30 Januarie). Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/kettinggesprek-wannie-carstens-gesels-met-frank-hendricks-oor-kaaps-fokus/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Christie, Camilla Rose. 2020. Khoekhoe lexical borrowing in Namaqualand Afrikaans. MA-tesis. Rhodes Universiteit.         [ Links ]

Christie, Camilla Rose. 2022. Khoekhoe lexical borrowing in regionalised Afrikaans. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus 64: 133-143. https://doi.org/10.5842/64-1-889        [ Links ]

Claassen, G. N. & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). 1983. Taalverskeidenheid: 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Coetzee, Anna E. 2005. Dialekmerkers in die Afrikaanse literatuur. Tydskrif vir Taalonderrig 39(1): 35-50. https://doi.org/10.4314/jlt.v39i1.6048        [ Links ]

Coetzee, Anna E. 2009. Pidgin-kreoolse retensies en taalvermenging: Identiteitsmerkers van die Afrikaanse dialekte en dialek-literatuur. In Hans den Besten, Frans Hinskens & Jerzy Koch (reds.). Afrikaans: Een drieluik, 48-71 Amsterdam: Stichting Neerlandistiek.         [ Links ]

Coetzee, J. C. N. 1983. Dialektiese woordeskatverskynsels in die Hardeveld en Namakwaland en Hottentotswoorde wat besig is om uit hierdie streektaal te verdwyn. Unie 79(12): 311-313.         [ Links ]

Combrink, Johannes Gert Hendrik. 1977. Afrikaanse persoonsnaamkunde as studiegebied. Taalfasette 22(1): 1-55.         [ Links ]

Deacon, Thomas. 2003. Maagmeisie: Griekwa-stemme. Pretoria: Protea.         [ Links ]

De Vries, Anastasia. 2015. Wie mag Kaaps in wie se Kaaps? 'n Ondersoek na die gebruik van Kaaps in Marlene Van Niekerk se Kaar. Stilet 27(2): 1-16. https://hdl.handle.net/10520/EJC182333        [ Links ]

De Vries, Anastasia. 2016. Kaaps in Koerante. In Frank Hendricks & Charlyn Dyers (reds.). Kaaps in fokus, 123-136. Stellenbosch: SUN Press.         [ Links ]

De Vries, Anastasia. 2018. Afrikaans se verborge Katolieke geskiedenis in die Noord-Kaap. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 87-110.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 1986. Taalvariasie in die Afrikaanse letterkunde. Tydskrif vir Letterkunde 24(3): 74-78.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 1987. Variasietaalkunde. Pretoria: Serva.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 1997. Broerse. Ongepubliseerde dramateks.

Du Plessis, Hans. 2001. Innie skylte vannie Jirre: Griekwaspalms en ander gedigte. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2002. Boegoe vannie liefde: Griekwahooglied. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2012. Karos orie dyne: Nuwe Griekwapsalms en ander gedigte. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2015. Om gedigte in 'n Afrikaanse dialek te skryf. Stilet 27(2): 17-31. https://hdl.handle.net/10520/EJC182332        [ Links ]

Du Plessis, Sanet. 1999. 'n Sosiolinguistiese blik op die Oranjerivierafrikaans in "Broerse" van Hans du Plessis. MA-tesis. Randse Afrikaanse Universiteit.         [ Links ]

Du Preez, Petru Isabella. 2004. 'n Sosiolinguistiese ondersoek na die gebruik van tienertaal aan die hand van Jackie Nagtegaal se Daar's vis in die punch. MA-tesis. Universiteit van die Oranje-Vrystaat.         [ Links ]

Dyers, Charlyn & Michael le Cordeur. 2017 (17 Januarie). Kettinggesprek: Michael le Cordeur gesels met Charlyn Dyers oor Kaaps in fokus. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/kettinggesprek-michael-le-cordeur-gesels-met-charlyn-dyers-oor-kaaps-fokus/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Fourie, J. J. 1993. Die Afrikaans van die Vaalgrassers: Enkele aspekte. Fasette 12(1): 19-22.         [ Links ]

Hager, Hetta. (red.). s.a. Afrikaanse kloek-goed. Kimberley: ProPrint.         [ Links ]

Hager, Hetta. (red.). s.a. Kloekgoedtwee. Kimberley: ProPrint.         [ Links ]

Hauptfleisch, Temple. 1983. Taalvariasie op die verhoog: Enkele gedagtes na aanleiding van Afrikaanse voorbeelde. In G. N. Claassen & Marthinus Christo Janse van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid: 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans, 63-79. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1978. 'n Sinchronies-diachroniese studie van die taalgebruik in die drama Kanna hy kô hystoe van Adam Small. MA-tesis. Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1981. 'n Kykie in "Kanna" met die fokus op enkele sintaktiese verskynsels. In A. J. L. Sinclair (red.). LVSA-Kongresreferate, 161-176. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1995. Die aard van Afrikaanse persoonsnaamkoppeling. Nomina Africana 9(2): 40-51.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1996a. Die sosiale verankering van saakvernoeming. Karring 12: 31-35.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1996b. Oor die talige aard van saakvernoeming. Karring 11: 16-19.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1997a. Die aard van persoonstoename in Calvinia en omgewing: 'n Pragmatiese beskouing. Literator 18(1): 111-129. https://doi.org/10.4102/lit.v18i1.533        [ Links ]

Hendricks, Frank. 1997b. Die wisseling tussen Hantam en Calvinia by saaknaamgewing. Karring 13: 26-31.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1997c. Hantam wil nie swig of swyg. Nomina Africana 11(2): 37-46.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1998. Saakname as karakteriserende sinjale. Karring 14: 35-39.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 1999. My naam is Naam, my van is Van, my ma is Antjie Koffiekan. Karring 15: 10-15.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 2002. Naamoordrag as identiteitskeppingsmeganisme. Nomina Africana 16: 21-36.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 2010. Op die taalspore van S.V. Petersen: 'n Blik op sy verrekening van taaldiversiteit. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 17(2): 21-37.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 2012a. Die potensiële nut van 'n gelykevlak-perspektief op die variëteite van Afrikaans. In Kwesi Kwaa Prah (red.). Veelkantiger Afrikaans: Streeksvariëteite in die standaardvorming, 44-63. Kaapstad: CASAS.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 2012b. Om die miskende te laat ken: 'n Blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps. Tydskrif vir Letterkunde 49(1): 95-114. https://doi.org/10.4314/tvl.v49i1.8        [ Links ]

Hendricks, Frank. 2014a. Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel. LitNet Akademies 11(2): 715-748. https://hdl.handle.net/10520/EJC157489        [ Links ]

Hendricks, Frank. 2014b. Naamgewing in die prosa van Elias P. Nel: 'n Onomasties-linguistiese verkenning. In Steward van Wyk & Abraham Hermanus de Vries (reds.). Enig onder professoren, 121-144. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 2017. Taalkundige essays: 'n Gerf uit die vroegskemer. Stellenbosch: SUN Press.         [ Links ]

Hendricks, Frank. 2018. Oranjerivierafrikaans: Van gemarginaliseerde en aanspraakmaker tot deelgenoot. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 3-36.         [ Links ]

Hendricks, Frank & Charlyn Dyers (reds.). 2016. Kaaps in Fokus. Stellenbosch: SUN Press.         [ Links ]

Huisamen, Jan. 2012. Katryn: Vrou van die Richtersveld. Kaapstad: Human & Rousseau.         [ Links ]

Kotzé, G. M. 1975. Streektaal van Namakwaland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 31(4): 34-39.         [ Links ]

Kotzé, G. M. 1977. Streektaal: Namakwaland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 33(1): 13-19.         [ Links ]

Kotzé, G. M. 1979. Pleknaamstudies: Namakwaland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 35(1): 29-30.         [ Links ]

Krueger, Anton. 2004 (17 Mei). Maagmeisie: Mediavrystelling. LitNet. Aanlyn: https://oulitnet.co.za/teater/maagmeisie.asp (Geraadpleeg 22 Desember 2021)

Le Cordeur, Michael. 2011. Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit: 'n Sosiokulturele perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 51(4): 758-777. Aanlyn: https://www.scielo.org.za/scielo.php?pid=S0041-47512011000400019&script=sci_abstract&tlng=af (Geraadpleeg 16 Oktober 2023)        [ Links ]

Le Cordeur, Michael & Frank Hendricks. 2017 (12 Januarie). Kettinggesprek: Frank Hendricks gesels met Michael le Cordeur oor Ons kom van vêr. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/kettinggesprek-frank-hendricks-gesels-met-michael-le-cordeur-oor-ons-kom-van-ver/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Lerm, Petrus Jphannes. 1997. Variasie in die Afrikaanse taalgebruik van leerlinge aan 'n Namakwalandse hoërskool. MA-tesis. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

Links, Tony H. 1983. Die Afrikaans van die Kharkams. DLitt-proefskrif. Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

Links, Tony H. 1989. So praat ons Namakwalanders. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Luijks, Carla. 2000. The Realisation of syntactic principles in non-standard Afrikaans. The correspondence of Jan Jonker Afrikaner (1820-1899). PhD-proefskrif. Universiteit van Kaapstad.         [ Links ]

Nel, Elias Petrus. 1998. Iets goeds uit Verneukpan? Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Nel, Elias Petrus. 2001. Mafoiing en annerlike gelofietjies. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Nel, Elias Petrus. 2011. Bek sonder brieke. Pretoria: Pretoria.         [ Links ]

Nienaber, Gabriël Stefanus. 1978. Khoekhoense plekname. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 34(2): 1-6.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1936a. Afrikaans in Argentinië. Die Huisgenoot 20(749): 41, 49, 51.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1936b. Afrikaans in Argentinië. Die Huisgenoot 20(750): 37, 43.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1940. Suid-Afrikaanse plekname as studievak. Tydskrif vir Wetenskap en Kuns 1(2): 131-137.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1943. Suid-Afrikaanse plekname as studievak. Tydskrif vir Wetenskap en Kuns 4(2): 105-109.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1944. Pleknaam-navorsing. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 1(1): 9-13.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1963a. Calvinia. Die Huisgenoot 42(2175): 57.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1963b. De Aar. Die Huisgenoot 42(2143): 75.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1964. Victoria-Wes. Die Huisgenoot 42(2214): 11.         [ Links ]

Nieuwoudt, Hendrina Petronella. 1990. Variasie binne Oranjerivier-Afrikaans. DLitt-proefskrif. Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

Nieuwoudt, Hendrina Petronella. 1992. Oranjerivierafrikaans: Oos-Wes Die interafhanklikheid tussen sosiolinguistiese en geografiese faktore in Oranjerivierafrikaans. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde 10(3): 163-167. https://doi.org/10.1080/10118063.1992.9724453        [ Links ]

Odendaal, Bernard J. 2015. Omgangsvariëteite van Afrikaans in die digkuns sedert Sestig. Stilet 27(2): 32-62. https://hdl.handle.net/10520/EJC182331        [ Links ]

Odendaal, Bernard J. 2020. The poetic utilization of dialectal varieties of the Afrikaans language for strategic purposes in the Southern African context. In Norbert Bachleitner (red.). Literary translation, reception, and transfer, 465-476. Berlin: De Gruyter.         [ Links ]

Olivier, Jako. 2015. Afrikaanse transtaling en taaloorgang: Die napraat van Tsotsitaal en Swartafrik1aans. Stilet 27(2): 63-82. https://hdl.handle.net/10520/EJC182330        [ Links ]

Opperman, P. A. 1945a. Betekenisse van plekname in Noordwes-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 1(4): 108-109.         [ Links ]

Opperman, P. A. 1945b. Segswyse uit Noordwes-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 2(2): 67-68.         [ Links ]

Opperman, P. A. 1951. Die spreektaal in Noordwes-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 8(1): 27-28.         [ Links ]

Otto, Anna Nel. 2014. Sosiolinguistiek. In Wannie A. M. Carstens & Nerina Bosman (reds.). Kontemporêre Afrikaanse taalkunde, 311-346. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Pieterse, Henning J. 2017. Variasie en variëteit: 'n Voorlopige verkenning van die voorkoms en funksie van taalvariëteite in Kaar (Marlene van Niekerk). Tydskrif vir Geesteswetenskappe 57(2.1): 369-386. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a9        [ Links ]

Ponelis, Friedrich Albert. 1992. Standaardafrikaans in oorgang. In Victor N. Webb (red.). Afrikaans ná apartheid, 68-89. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Ponelis, Friedrich Albert. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Universiteit van Stellenbosch Annale 1998(1): 1-80.

Prinsloo, Antonie Frederik. 2009. Annerlike Afrikaans: Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Rademeyer, John Hubert. 1938. Kleurling-Afrikaans: Die taal van die Griekwas en die Rehoboth-Basters. Amsterdam: N. V. Swets & Zeitlinger.         [ Links ]

Raper, Peter E. 1968a. Aantekeninge by streekname van Hottentotsoorsprong. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 24(4): 35-40.         [ Links ]

Raper, Peter E. 1968b. Streekname van Hottentotsoorsprong. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 24(1): 24-29.         [ Links ]

Raper, Peter E. 1983a. Interessante Hottentotse plekname. Taalgenoot 52(3): 10, 15.         [ Links ]

Raper, Peter E. 1983b. Oor die betekenisse van die eienaam. In A. J. L. Sinclair (red.). G.S. Nienaber: 'n Huldeblyk Studies opgedra aan prof. dr. G.S. Nienaber in sy tagtigste jaar, 445451. Bellville: Universiteit van Wes-Kaapland.         [ Links ]

Raper, Peter E. 1983c. Toponimiese manifestasies van taalvariasie. In G. N. Claassen & Marthinus Christoffel Janse van Rensburg (reds.). Taalverskeidenheid: 'n Blik op die spektrum van taalvariasie in Afrikaans, 101-115. Pretoria: Academica.         [ Links ]

Rossouw, N. J. 1939. Die taal van Hendrik Witbooi as proewe van Hottentot-Hollands. MA-tesis. Universiteit van Stellenbosch.         [ Links ]

Saal, Elvis. 2017. 'n Verkenning van taalvariasie in die Afrikaanse poniekoerante Son en Sondag. LitNet Akademies 14(1): 87-132. https://hdl.handle.net/10520/EJC-a8d68b92f        [ Links ]

Saal, Elvis. 2019 (13 November). ATR-komvandaan-seminaar 2019: Van "brokwa" tot "broodgoed" - op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans). LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/atr-komvandaan-seminaar-2019-van-brokwa-tot-broodgoed-op-reis-met-oranjerivierafrikaans-gariep-afrikaans/ (Geraadpleeg 12 April 2021)

Saal, Elvis & Donovan Lawrence. 2019. "Ons skryf soos ons praat": Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners. LitNet Akademies 16(1): 19-63. https://hdl.handle.net/10520/EJC-16ada80d9f        [ Links ]

Schepers, H. J. 1985. So 'n ietsie oor plant- en blomname van Namakwaland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 41(2): 19-20.         [ Links ]

Scholtz, Johannes du Plessis. 1941. Uit die geskiedenis van die naamgewing aan plante en diere in Afrikaans. Cape Town: Nasionale Pers.         [ Links ]

Staphorst, Luan. 2020. "... the broken Dutch they understood and spoke Die Ixam-Boesmans, die Bleek en Lloyd-argief, en die Afrikaanse taalgeskiedenis. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 27(2): 3-30. https://hdl.handle.net/10520/ejc-tna-v27-n2-a2        [ Links ]

Staphorst, Luan. 2022a. Decolonising the death of |xam: Tracking the origins of the language of folklore in the Karoo. MSc-tesis. Universiteit van Oxford.         [ Links ]

Staphorst, Luan. 2022b. 'van die oorspronklike lippe' ('from the original lips'): The 19th-century Cape Colony, holographic archaeology and the historicity of Gideon von Wielligh's |xam-Afrikaans collection. Journal of Southern African Studies 48(6): 993-1011. https://doi.org/10.1080/03057070.2022.2165772        [ Links ]

Staphorst, Luan. 2023. "Die versluierde diepte": G.R. von Wielligh se verwikkelde Afrikaanse optekeninge van laat 19de-eeuse |xam-kultuur. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 37(1): 1-22. https://doi.org/10.54373/sach.2023.v37n1a1        [ Links ]

Steenkamp, D. J. 1948. Plekname in die Noordweste. Die Huisgenoot 32(1360): 35-36.         [ Links ]

Stell, Gerald. 2007. From Kitaab-Hollandsch to Kitaab-Afrikaans: The evolution of a non-white literary variety at the Cape (1856-1940). Stellenbosch Papers in Linguistics 37: 59-127. https://doi.org/10.5774/37-0-16        [ Links ]

Stell, Gerald & Ilse Feinauer. 2005. Die verhouding tussen (in)formele en (Nie)Standaardgespreksafrikaans: die populêre stereotipe van registermarkering soos weergegee in die geïdealiseerde spraak van 7de Laan. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 12(1): 108-124.         [ Links ]

Stell, Gerald, Xavier Luffin en Muttaqin Rakiep. 2007. Religious and secular Cape Malay Afrikaans literary varieties used by Shaykh Hanif Edwards (1906-1958). Bijdragen tot de Taal-, Land- en Volkenkunde (BKI) 163(2/3): 289-325. https://www.jstor.org/stable/27868383        [ Links ]

Strydom, S. 1959. Enkele gedagtes oor die pleknamestudie. Hertzog-Annale 8(12): 59-66.         [ Links ]

Van Aardt, Caro A. 2014. Postulêre werkwoorde in Griekwa-Afrikaans: 'n Grammatikaliseringsondersoek. MA-tesis. Noordwes-Universiteit.         [ Links ]

Van der Merwe, H. J. J. M. 1954. Plek- en plaasnaamvorsing in Suid-Afrika. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 10(4): 1-9.         [ Links ]

Van der Merwe, J. C. S. 1996. Oorsprong van plaasname in die omgewing van Vanwyksvlei. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 52(2): 52-54.         [ Links ]

Van der Zwan, Dina. 1986. Die taalgebruik in die dagboek van Hendrik Witbooi. MA-tesis. Universiteit van Suid-Afrika.         [ Links ]

Van Ginneken, Jacobus. 1913. Handboek der Nederlandsche Taal. Deel I: De sociologische structuur der Nederlandsche taal I. Nijmegen: Malmberg.         [ Links ]

Van Heerden, Menán, Isabeau Botha en Janine Brown. 2017 (21 Junie). Onvertelde stories: Noord-Kaapse mondelinge-oorlewering-projek. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/onvertelde-stories-noord-kaapse-mondelinge-oorlewering-projek/ (Geraadpleeg 10 Desember 2021)

Van Heerden, Menán & Anzil Kulsen. 2017 (26 Oktober). Oranjerivierafrikaans is nxa!: 'n Onderhoud met Anzil Kulsen. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/oranjerivierafrikaans-nxa-n-onderhoud-met-anzil-kulsen/ (Geraadpleeg 23 Julie 2021)

Van Keymeulen, Jacques. 2018. Het Vlaams en de variëteiten van het Afrikaans. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 63-75.         [ Links ]

Van Rensburg, Christo. (red.). 1984. Finale verslag van 'n ondersoek na die Afrikaans van die Griekwas van die tagtigerjare. Bloemfontein/Pretoria: UOVS/RGN.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1954. Plekname in Noord-Kaapland: Op die spoor van James Backhouse. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 10(4): 10-22.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1958. Interessante plekname langs die Oranjerivier. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 14(4): 26-29.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1960. Volksetimologie en plaasname. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 16(1): 1-5.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1963a. Die Afrikaanse plantname van Noord-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 19(2): 13-24.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1963b. Die Afrikaanse plantname van Noord-Kaapland. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 19(3): 20-41.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1965a. Die bydrae van die basterbevolkingsgroep tot die naamgewing van Boesmanland en Gordonia. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 21(3): 1-12.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1965b. Die Khoisan naamgewing in Griekwaland-Wes. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 21(4): 12-32.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1966. Aantekeninge oor plekname. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 22(3): 14-16.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1968. Etiologiese verhale en plekname. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 24(2): 3-8.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1969. Douglas: Een plek maar baie name. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 25(1): 9-14.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1970a. Aantekeninge oor plekname. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 26(1): 15-20.         [ Links ]

Van Vreeden, Barend Frederick. 1970b. Aantekeninge oor plekname. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 26(2): 42-47.         [ Links ]

Van Wyk, Steward. 2018. Spore in die sand, oftewel regionale literatuur en aktualiteit: 'n Perspektief uit enkele Noord-Kaapse tekste. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 76-86.         [ Links ]

Van Wyk, Steward & Victor Teise. 2018. Voorwoord. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 2.         [ Links ]

Von Wielligh, Gideon Retief. 1925. Ons geselstaal: 'n Oorsig van Gewestelike spraak soos Afrikaans gepraat word. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Webb, Victor N. 1993. Die herkoms van Oranjerivierafrikaans. In Linguistica: Festschrift, E.G. van Wyk, 161-171. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Wissing, Daan. 2007. Basiese akoestiese korrelate van klemtoon in Afrikaans. Southern African Linguistics and Applied Language Studies 25(3): 44-58. https://doi.org/10.2989/16073610709486473        [ Links ]

Wissing, Daan. 2010. Oor die status van die "oe" in Afrikaans: n Akoestiese analise. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 50(1): 31-49. Aanlyn: http://www.scielo.org.za/scielo.php?pid=S0041-47512010000100003&script=sciabstract (Geraadpleeg 27 Februarie 2024)        [ Links ]

Wissing, Daan. 2011a. Ontronding in Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 51(1): 1-20. https://www.scielo.org.za/scielo.php?pid=S0041-47512011000100001&script=sciabstract&tlng=af (Geraadpleeg 16 Oktober 2023)        [ Links ]

Wissing, Daan. 2011b. Ontronding in Kharkamsafrikaans? LitNet Akademies 8(2): 309-330. https://hdl.handle.net/10520/EJC62291        [ Links ]

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons