SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.68A usage-based investigation of Afrikaans-speaking children's holophrases and communicative intentions índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

versión On-line ISSN 2224-3380
versión impresa ISSN 1726-541X

SPiL plus (Online) vol.68  Stellenbosch  2024

http://dx.doi.org/10.5842/68-1-938 

ARTICLES

 

Oranjerivierafrikaans: 'n Argeologiese genealogie. Deel I: 15951916

 

 

Luan Staphorst

Leerstoel vir Kritiese Studies in Hoër Onderrig Transformasie, Nelson Mandela Universiteit, Suid-Afrika; Fakulteit Engelse Taal- en Letterkunde, Lincoln College, Universiteit van Oxford, Engeland. E-pos: luan.staphorst@mandela.ac.za; luan.staphorst@lincoln.ox.ac.uk

 

 


OPSOMMING

Dié eerste deel van 'n vierdelige artikelreeks ondersoek die geskiedenis van die sosiolinguistiek relatief tot Oranjerivierafrikaans, een van die drie hoofdialekkontinuums van Afrikaans, van die periode 1595 tot 1916. Begrond in die linguistiese geskiedskrywing in die breë, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings in die besonder, skets die artikeldeel hoe die intellektuele geskiedenis van Oranjerivierafrikaans in die "voortyd" van 1595-1843, en die meer formele Europeestalige sosiolinguisties georiënteerde studies van die tydperk 1844-1916 - dit wil sê die tydperk van die sosiolinguistiek oor Afrikaans, maar nie in Afrikaans nie - daar uitgesien het. Die optekenings van reisigers en dagboekskrywers, insluitende Willem ten Rhyne, Peter Kolbe, Otto Mentzel, John Barrow en Hinrich Lichtenstein, asook meer professionele taalkundiges, insluitende Antoine Changuion, Wilhelm Bleek, Thomas le Roux, Jac van Ginneken, en Theophilus Hahn, word bespreek. Ter afsluiting van die artikeldeel word die oorgangstydsgees van die eerste en tweede taalbewegings in verhouding tot die bewussyn oor Afrikaans vermeld. Hierdeur daag die artikelreeks vier sentrale veronderstellings oor die taalvorm uit, naamlik dat daar 'n gebrek aan bronne oor die taalvorm is, dat dit redelik "onsigbaar" is, dat dit as 'n Swart Afrikaanse taalvorm getipeer kan word, en dat Kaapse Afrikaans, eerder as Oranjerivierafrikaans, as die "oudste" vorm van Afrikaans beskou moet word.

Sleutelwoorde: Oranjerivierafrikaans; etnolek; geolek; Afrikaanse sosiolinguistiek; linguistiese geskiedskrywing; intellektuele geskiedenis


ABSTRACT

This first part of a four-part article series investigates the history of sociolinguistics relative to Orange River Afrikaans, one of Afrikaans's three main dialect continuas, from the period 1595 to 1916. Grounded in linguistic historiography broadly construed, and Michel Foucault's archaeological and genealogical orientations specifically, this part of the article sketches how the intellectual history of Orange River Afrikaans in the period 1595-1916 figured through two Zeitgeists - the 'pre-time' of 1595-1843, and the more professional European-language sociolinguistic orientated studies of the period 1844-1916. This constitutes the period of sociolinguistics about Afrikaans, but not in Afrikaans. The writings of travellers and journal keepers, including Willem ten Rhyne, Peter Kolbe, Otto Mentzel, John Barrow and Hinrich Lichtenstein, and more professional linguists, including Antoine Changuion, Wilhelm Bleek, Thomas le Roux, Jac van Ginneken, and Theophilus Hahn, are discussed. In conclusion to this part of the article series, mention is made of the transitionary period of the first and second language movements relative to the consciousness around Afrikaans. Through this, the article series challenges four central and dominant presuppositions on Orange River Afrikaans, namely that there are limited sources available relative to it, that it constitutes an 'invisible' language form, that it can be typified as an expression of Black Afrikaans, and that Kaaps (Cape Afrikaans), rather than Orange River Afrikaans, should be regarded as the 'oldest' form of Afrikaans.

Keywords: Orange River Afrikaans; ethnolect; geolect; Afrikaans sociolinguistics; linguistic historiography; intellectual history


 

 

1. Inleiding

In 'n resente lesing deur Earl Basson en Bibi Burger (Glorie 2021) in Amsterdam is die argument voorgehou dat die debuutwerk van die digter Lynthia Julius (2020), naamlik Uit die kroes, 'n "kopskuif' in die Afrikaanse taal- en letterkunde teweeg kan bring. Die kopskuif, argumenteer Basson en Burger, is omrede Julius se inspan van Oranjerivierafrikaans. Julius se digdebuut is uiters goed ontvang deur literatore, en die vraag of haar werk dus iets "nuuts", oftewel "kopverskuiwend", ten opsigte van die Afrikaanse literêre sisteem verteenwoordig, blyk dus ongetwyfeld waar te wees (vergelyk De Wet 2020; Taljard 2020; Van der Merwe 2020; De Wet 2021). Die implikasie dat haar werk "nuut" is ten opsigte van Oranjerivierafrikaans deurdat dit 'n "onsigbare" taalvorm inspan, en dus 'n tipe "eerste" ten opsigte daarvan verteenwoordig, is bloot verkeerd (vergelyk byvoorbeeld Deacon 2003; Du Plessis 2001b, 2002, 2012; Krog 2000; Kulsen 2015; Nel 1998, 2001, 2011 vir voorbeelde van skeppende skryfwerk in Oranjerivierafrikaans sedert 2000). Dié idee van "onsigbaarheid" moet verder beklemtoon word in verhouding tot taalkundiges, met Elvis Saal (2019) se opmerking aangaande die skaarsheid van bronne oor Oranjerivierafrikaans, 'n stelling wat ook aanvegbaar is wanneer 'n ruimer blik toegepas word as voorheen. Laastens is daar 'n resente opbloei in die taalkundige ondersoek van Kaapse Afrikaans, met 'n klem op dié taalvorm as "eerste" vorm van Afrikaans (vergelyk Alim, Williams, Haupt en Jansen 2021; Haupt 2021; De Vries 2021) - 'n siening wat 'n verwronge beeld van Afrikaans verskaf, en Oranjerivierafrikaans in der waarheid approprieer en verdring.

Teen die agtergrond van dié gegewens poog die vierdelige artikel om die lang bewussyn oor Oranjerivierafrikaans te karteer sedert die aanvang van die sosiolinguistiek van Afrikaans (wat weliswaar iets anders is as die Afrikaanse sosiolinguistiek) tot op hede. In die eerste deel val die klem op die jare 1595 tot 1916, wat die aanvang van die sosiolinguistiek oor Afrikaans tot en met die publikasie van die eerste Afrikaanse woordelijs en spelreëls (1917) verteenwoordig. Daar word eerstens 'n kort oorsig van die linguistiese geskiedskrywing, en Michel Foucault se argeologiese en genealogiese oriënterings, verskaf voor die bestaande Afrikaanse linguistiese geskiedskrywing relevant tot dié studie opgesom word. Hierna word die eerste twee tydsgeeste van die sosiolinguistiek van Afrikaans relevant tot Oranjerivierafrikaans krities bespreek.

Vier verdere tydsgeeste word in die opvolgartikeldele op die keper beskou. Die tydsgeeste wat in die vier dele aangeraak word, sluit in die voortyd, die tydsgees van Europeestalige ondersoek, die tydsgees van die diskoers van ras- en taalverbastering, die tydsgees van dialektologie, die tydsgees van tekstualiteit, en die deurentydsgees van "romantiese pittigheid". Dié tydsgeeste is nie bedoel om té streng gelees te word nie, siende dat bepaalde temas en benaderings telkens twee, of selfs meer, tydsgeeste oorskry - soos duideliker sal word deur die loop van die artikel. Verder word daar tussen elkeen van die sentrale tydsgeeste - dit wil sê tussen die tydsgeeste van Europeestalige ondersoek, ras- en taalverbastering, dialektologie, en tekstualiteit - 'n onderafdeling ingesluit wat die bestudering van Oranjerivierafrikaans verder bespreek. Dié tussentydse tydsgeeste lei nie noodwendig 'n meer indringende begrip van die taalvorm as sodanig in nie, en, soos verder bespreek sal word, kort dit in een geval selfs kennis in. Die doel van die onderskeidings is dus om te wys hoe die studie van die taalvorm sowel hoogtepunte as laagtepunte ervaar het, en hoe aandag daaraan oor die eeue gewissel het.

Voor die ondersoek begin word, moet enkele opmerkings aangaande benaming gemaak word. Soos duideliker sal word deur die loop van die artikel is Oranjerivierafrikaans 'n redelike resente, post-1980-benaming vir 'n Afrikaanse taalvorm wat na sowel 'n historiese variëteit, spesifiek 'n historiese etnolek (ook as Khoekhoe-Afrikaans (Nienaber 1994), Khoekhoeafrikaans (Van Rensburg 1994), Khoiafrikaans (Van Rensburg 1997), of Khoi-Afrikaans (Van Rensburg 2013, 2015; Du Plessis 2015; Van Rensburg 2016, 2018; Du Plessis & Grant 2019) bekend), as 'n kontemporêre geolek verwys. Vanweë die klem op die longue dureé van Oranjerivierafrikaans, word ander beskrywings ook deur die loop van die artikel aangetref, veral Noordwesterse Afrikaans (Von Wielligh 1925; Loubser 1954; Ponelis 1987, 1998; wat ook deur literatore (Van Coller & Odendaal 1999; Viviers 2008; Odendaal 2015; Bonthuys 2018; Van Wyk 2018) verkies word wanneer na Noord-Kaapse streeksliteratuur verwys word) asook Gariepafrikaans (Van Heerden & Kulsen 2017; Theys 2021). Met Oranjerivierafrikaans as die herkenbaarste van dié verskeie name, word dit verkies. Hiernaas word die benaming "Boesman" bo "San" verskies vanweë die voorkeur daarvoor onder teenswoordige groeperings (vergelyk Grant 2019, 2021), die spellingsvorm "Khoekhoen" bo "Khoi-khoin" gebruik (vergelyk Nienaber 1990), en die term "Khoesan", wat n akademiese raskundige konstruksie is (vergelyk Schultze-Jena 1928), word slegs gebruik wanneer daar na 'n taalgroepering verwys word (vergelyk Du Plessis 2019 en Jones 2019 vir oorsigte oor die Khoesantaalgroepering; vergelyk Barnard 1992; Wright 1996; Barnard 2007; Raper 2010, 2011; Ellis 2014, 2015 vir verdere besprekings van die brandpunt om benaming). Laastens word die benamings "Swart Afrikaans" en "swart Afrikaanssprekende" gebruik in navolging van Hein Willemse (2007) en Charlyn Dyers (2010). Wanneer daar na die aanleerdersvariëteit van Afrikaans onder Sintoetaalsprekendes verwys word (vergelyk De Wet 2009), word "Swartafrikaans" gebruik.

 

2. Linguistiese geskiedskrywing, argeologiese genealogie, en die problematisering van Oranjerivierafrikaans

Die bestudering van die geskiedenis van die taalkunde is nie n "nuwe" onderneming nie, dog dit besit nie dieselfde gebruikskapitaal as byvoorbeeld sintaksis, dialektologie of vertaalkunde nie. Dit is in sekere opsigte n nietaalkundige onderneming deur die klem op die optekening van die geskiedenis van daardie betrokke vakgebied. Dit is egter terselfdertyd moontlik die enigste subdissipline van die taalkunde wat deur bykans elke taalkundige ten minste een maal onderneem is, naamlik in die vorm van 'n literatuuroorsig vir 'n verhandeling of proefskrif. Die daarstelling van n geskiedskrif relevant tot die figure, tekste, en ontwikkelings in n bepaalde taalkundige subdissipline word veronderstel deur n literatuuroorsig, maar dit word selde op sigself as veld gerespekteer en benader. Daar is egter 'n navorsingstradisie wat wel dié veld ondersoek en bevorder, met Ernst Koerner (1989, 1995, 1999, 2020) as 'n sentrale figuur. Koerner (2020) ken vier dominante tradisies uit, met elkeen van dié tradisies wat linguistiese geskiedskrywing aan 'n ander, eksterne historiografiese tradisie verbind, naamlik die geskiedenis van idees, die filosofie van geskiedenis, die filosofie van wetenskap, en wetenskapsosiologie.

In dié artikel word die oriëntering tot geskiedskrywing soos deur Michel Foucault verwoord, naamlik argeologie enersyds en genealogie andersyds, gevolg. Wat uitgelig moet word, is dat Foucault se oriënterings nie juiste of absolute benaderings verteenwoordig nie - die moontlikheid bestaan dat een navorser twee verskillende geskiedkundige artikels kan skryf met uiteenlopende metodologieë, dog albei as Foucauldiaans kan uitmaak (vergelyk Garland 2014). Vandaar beskryf die artikel Foucault se invloed as een van oriëntering, eerder as metodologie. Die eerste oriëntering is argeologie, wat hoofsaaklik die eerste fase van Foucault (1967, 1970, 1972, 1973) se skryfwerk tipeer. Binne dié raam val die klem op die uitken van strukture, of argeologiese strata, wat diskursief figureer oor die verlede heen. Die onderwerp van ondersoek word dus met die oog op bepaalde diskoerse wat die aard en rigting van n gesprek bepaal het, asook hoe en waar die gesprek verander het, uitgeken en ontleed. Hierteenoor verteenwoordig 'n genealogiese ondersoek, wat die tweede fase in Foucault (1977, 1978, 1980) se skryfwerk tipeer, 'n ondersoek na die wyse waarop die verlede in die hede voortleef, en selfs die hede bepaal. Daar is dus by die argeologiese ondersoek 'n klem op die wyse waarop daar struktuurmatighede in die verloop van die geskiedenis vorm aangeneem het, terwyl die genealogiese ondersoek die voortleef en bepaling van die hede deur die verlede ondersoek. Dié twee oriënterings kan teenstrydig wees, maar word saam in die artikel ingespan om eerstens te bepaal wat die strukture van die diskoers om Oranjerivierafrikaans histories is, terwyl daar gelet word op hóé bepaalde idees oor strukture heen voortleef en uiteindelik die hede beïnvloed.

Benewens die algemene oriëntering van argeologie en genealogie, stel Foucault twee sentrale begrippe voor wat 'n kritiese historiografie behoort te lei: "dispositif en "problematisering". Die "dispositif verwys na die gesamentlike 'apparaat' wat 'n diskoers dra, oftewel die mags-kennisregime wat diskoers moontlik maak. In die konteks van dié artikel, met Oranjerivierafrikaans as onderwerp, is die navorsing en publikasieregime soos deur taalkundiges onderhou dus die apparaat wat ondersoek word. Hiernaas is daar die vraag om problematisering, wat verwys na die uitken van 'n sentrale 'probleem' in die teenswoordige tyd wat die ondersoek bepaal en vorm. In die konteks van Oranjerivierafrikaans is die probleem hoofsaaklik een van definisie, met idees om 'tradisie' en 'sigbaarheid' wat daarmee gepaardgaan. Oor definisie. In 1991 beskryf Christo van Rensburg Oranjerivierafrikaans en Kaaps(e Afrikaans) as die "Afrika"-variëteite van Afrikaans teenoor Standaardafrikaans, wat aldus Van Rensburg op Oosgrensafrikaans gebaseer is, en hoofsaaklik deur wit Afrikaanssprekendes gebesig is. Dié onderverdeling van Afrikaans se historiese variëteite word redelik klakkeloos tot op hede gevolg, met die gevolg dat Oranjerivierafrikaans as primêr 'n vorm van Swart Afrikaans getipeer word (vergelyk Hendricks 2018; Kriel 2018; Basson 2022).

Hiernaas, soos reeds in die inleiding na verwys, is daar tydens 'n resente lesing op die internasionale verhoog na die afwesigheid van n gevestigde bewussyn oor Oranjerivierafrikaans verwys - 'n afwesigheid wat dié akademici wil aanspreek (vergelyk Glorie 2021). Dié stelling sluit by ander aan wat argumenteer dat ons kennis van Oranjerivierafrikaans ingekort word deur 'n gebrek aan bronne (vegelyk Saal 2019; Staphorst 2020). Dat Oranjerivierafrikaans deur vele (Van Rensburg 1991; Ponelis 1998; Louw 2012; Hendricks 2018; De Vries 2020; Van Coller & Steyn 2020; Van Huyssteen 2020; Staphorst 2022b) voorgehou word as 'n belangrike dimensie vir n omvattender herstandaardiseringsprogram vir Afrikaans (vir meer oor die herstandaardiseringsvraagstuk, vergelyk Odendaal 2012, 2014, 2017, 2018, 2023; Kotzé 2014; Van Heerden & Kotzé 2018; Le Cordeur 2020; Basson 2022; Staphorst 2022b), is dié veronderstelde brongebrek veral belangrik. 'n Laaste "probleem" is die vraag oor die posisie van Kaaps, en veral die voorhou van Kaaps as onafhanklike en "eie" taal met n veronderstelde geskiedenis wat tot die 1500's teruggetrek kan word. Dié idee begrond ten dele die motivering vir die Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK), Standaardafrikaans, en Engels wat tans aan die ontwikkel is.

Dié artikel problematiseer gevolglik die mistastings aangaande die aard van en stand van kennis oor Oranjerivierafrikaans. Indien daar slegs na studies met "Oranjerivierafrikaans" in die titel gekyk word, is die afleiding dat min bronne bestaan en dat dit as Swart Afrikaanse taalvorm bestempel kan word, korrek. Daarby kan die hedendaagse verspreiding van Afrikaanse dialekte - byvoorbeeld Kaaps in Kaapstad en Oranjerivierafrikaans in die Noord-Kaap - maklik verwarring skep van waar en hoe daardie dialekte histories ontwikkel het. Indien die langer geskiedenis van die sosiolinguistiek betrek word, word 'n ander beeld verkry. Daarom word die eerste artikeldeel aan die periode 1595-1916 gewy - die tydperk vóór die begrip "Oranjerivierafrikaans" die gedeelde taalkundige leksikon binnegedring het, met die orige artikeldele wat die post-1916-kennisbedeling ondersoek.

 

3. Afrikaanse sosiolinguistiese geskiedskrywing

Die kartering van die intellektuele geskiedenis van die Afrikaanse sosiolinguistiek is skraal. Dit is egter nie ongewoon nie, want met die uitsondering van enkele oorsigartikels, wat gewoonlik slegs die vorm van tematiese bibliografieë aanneem (vergelyk Lubbe 2002; Dubbeld, De Kadt en Reddy 2006; Van Rooy & Pienaar 2006; Bergerson 2008. Vir n breedvoerige indeksontwikkeling van die Afrikaanse taalkunde, vergelyk Breed, Carstens en Olivier 2016), is die linguistiese geskiedskrywing 'n redelike onbekende in die (Suid-)Afrikaanse taalkunde (vergelyk Naudé & Miller-Naudé 2018 vir 'n voorbeeld aangaande Hebreeuse linguistiek in Suid-Afrika). Hier kan genoem word dat die historiese taalkunde relatief tot Afrikaans wel 'n uitsondering is, met breedvoerige en noukeurige analises wat reeds onderneem is wat die ideologiese ontwikkeling onderliggend aan die veld ondersoek en beskryf (vergelyk Valkhoff 1971; Roberge 1990; Hamans 2021).

Daar is egter vyf studies relevant tot dié artikel wat wel genoem moet word. Die eerste is Gabriël Nienaber (1950) se ondersoek van taalkundige "belangstelling" in Afrikaans tot en met 1900. Wat Nienaber se studie van belang maak, is die bespreking van n wye verskeidenheid tekste, insluitend reisverslae, dagboeke, en ander geskrifte. Siende dat die meerderheid van dié studies nie formele taalkundige ondersoeke verteenwoordig nie, nog akademies van aard is in enige sin van die woord, kan sy ondersoek nie streng as linguistiese geskiedskrywing beskryf word nie, maar die wyse waarop die vraag oor taal as sentrale bewussynsdraad ingespan word waarlangs uiteenlopende tekste gelees en vir insigte gemyn word, maak dit wel 'n besonders nuttige studie. Hiernaas is daar die inleidende hoofstuk van Abel Coetzee se Taalgeografiese studies 1 (1951). Coetzee se studie fokus op die "voorgangers" tot die taalgeografiese beweging in die Afrikaanse sosiolinguistiek; 'n beweging wat tussen 1940 en 1980 gedy het. Die taalgeografie kan voorlopig as sinoniem vir die vroeë Afrikaanse sosiolinguistiek gelees word, alhoewel, soos in die tweede artikeldeel bespreek sal word, dit baie beperkend uitdrukking geniet het. Die volgende noemenswaardige bydrae is die oorsig oor sosiolinguistiese studies tussen 1921 en 1990 wat in Hendrina Nieuwoudt (1990) se doktorale proefskrif ingesluit is. Alhoewel Nieuwoudt se proefskrif oor Oranjerivierafrikaans in die besonder gehandel het, sluit haar literatuuroorsig n voëlvlug oor die Afrikaanse sosiolinguistiek as geheel in. Alhoewel daar enkele belangrike studies in haar oorsig ontbreek, en sy bloot die studies lys en kortliks opsom, en dus geen kritiese kommentaar daarop lewer nie, is dit n belangrike verwysingspunt.

Twee laaste studies van belang is Fritz Ponelis (1993) se indringende ondersoek na Afrikaans se ontwikkelingsgang en Hans du Plessis (2001a) se ondersoek na die geskiedkundige verloop van die Afrikaanse sosiolinguistiek. Alhoewel Ponelis se studie histories taalkundig van aard is, sluit hy 'n chrestomatiese afdeling by sy bespreking in: 'n keur uit reisbeskrywings, dagboeke, en briewe wat in die 17de, 18de, en 19de eeu geskryf is en oor Afrikaans kommentaar lewer. Ponelis sluit egter nie enige oorspronklike analises relatief tot die aangehaalde skrywes in nie. Waardevolle tekste en verwysings word dus daarin vervat, maar geen ontleding word verskaf nie. Op sy beurt bied Du Plessis 'n nodige oorsig van die dissipline, maar sy ondersoek kan, soos dié van Nieuwoudt, as redelik onkrities getipeer word. Hy problematiseer wel vroeë sienings, soos dié van Nicolaas Mansvelt (1884) en S. J. du Toit (1909), wat Afrikaans as variasieloos beskryf het, en sy oorsig verskaf verder n tydlyn waarlangs die wegbeweeg van die "albosentrisme" (Valkhoff 1966, 1971, 1972), oftewel witgesentreerdheid, van die dissipline gelees kan word. Du Plessis se oorsig is dus belangrik vir n beeld van die ontwikkeling van die Afrikaanse sosiolinguistiek deur iemand wat dit intiem meegemaak het (soos duideliker sal word in die derde deel van die artikel). Verder word Du Plessis se indeling van die geskiedkundige verloop van die dissipline - n pre-1940-diskoers, die diskoers van 1940-1970, en die post-1970-diskoers - nié in dié artikel gevolg nie. Dit mag wel 'n goeie indeling wees waarlangs die dissipline as geheel "gelees" kan word, maar deur te fokus op Oranjerivierafrikaans kan n veel verwikkelder beeld geskilder word. Verder is Du Plessis se oorsig in 2001 gepubliseer, en dit sluit dus nie die eerste twee dekades van die 21ste eeu in nie. Die tydvak sedert die laat 1990's is veral van belang vir die bestudering van Oranjerivierafrikaans, en word gevolglik as n eie-tydsgees bespreek.

 

4. Die voortyd, 1595-1843

Wanneer in ag geneem word dat taalkundige ondersoeke wat tydens die VOC-tydperk aan die Kaap onderneem is in hoofsaak Khoesantaalkunde was (vergelyk Den Besten 2010), word 'n belangrike sleutel tot die vroeë aard en ontwikkeling van Oranjerivierafrikaans onmiddelik vir die navorser ontsluit. Dit is omrede, soos reeds genoem, die huidige Oranjerivierafrikaans as ontwikkeling van n vroeër etnolek van Afrikaans, naamlik Khoe-Afrikaans, beskryf en ondersoek is deur veral Nienaber, Van Rensburg, en Hans den Besten. Met die Khoekhoen as die "eerste" bewoners van die Kaap, of ten minste bewoners wat veel langer as enige Europese setlaars, Sintoetaalsprekendes, of Slawegemeenskappe hulself aan die Kaap bevind het, kan die eerste periode van kontak tussen Khoekhoengroepe en Nederlandse seevaarders as oorsprongsmoment vir die ontwikkeling van Afrikaans beskou word - daarom word 1595 as "begindatum" van Afrikaans voorgehou (vergelyk Nienaber 1994; Van Rensburg 2016), met Khoe-woordelyste wat tussen 1601 en 1815 saamgestel is as sentrale verwysingspunt (vergelyk Nienaber 1963 se verwerking van dié bronne in 'n enkele band). Tesame met die woordelyste is daar enkele dagboeke en reisverslae wat Khoe-Afrikaans reflekteer. Twee tekste staan sentraal, naamlik Willem ten Rhyne se Schediasma de Promotorio Bonae Spei (1686), en Peter Kolbe se Caput Bonae Spei Hordiernum (1719), beide tekste wat prominente voorbeelde van Khoe-Afrikaans insluit en later breedvoerig ondersoek sou word (vergelyk Nienaber 1959, 1963; Den Besten 2010).

Benewens die duidelik uitkenbare Khoe-Afrikaanse taaldata, is daar n verdere teks wat genoem kan word, naamlik die joernaal van Hendrik Jacob Wikar (1779, in Mossop 1935). Wikar, 'n Sweed, en dus nie-Nederlandstalige, het tussen 1775 en 1779 onder die "boerebevolking van die binneland", asook die Khoekhoen "langs die Grootrivier, rondgeswerf" (Pienaar 1943: 78). Die ruimte waarteen die gebeure in Wikar se joernaal afspeel, is dus die noordelike grensgebied van die Kaapkolonie. Van belang is die kommentaar wat sy skryfwerk reeds ontlok het, by name van Elizabeth Conradie (1934), J. A. Hofmeyer (1938), Edith Raidt (1976), en Jac Conradie (1986) - met die kommentaar wat dui op die opvallende "Afrikaanse" idioom en woordvorme wat die joernaal deurspek. Dit word veral deur Hofmeyer, Raidt, en Conradie voorgehou as n belangrike verwysingspunt in die naspoor van die ontwikkeling van die Afrikaanse standaardtaal siende "dit die algemene toestand van die Kaaps-hollands [sic.] in die 17de en l8de eeue" (Hofmeyer 1938: 74) reflekteer. Belangrik, egter, is dat die konteks van die teks - geskryf deur n niemoedertaalsprekende in die ruimte van die Kaapse noordelike grensgebied in kontak met Khoekhoengroepe en trekboere - in ag geneem moet word. Vandaar Nienaber se opmerking:

Is daar geen Sweedse wendinge in nie, (bv. met die voorsetsels), hoelank is hy in diens van die N.O.I.K. gewees en hoelank aan die Kaap, in hoeverre is sy taaleienaardighede die gevolg van n gebrekkige aanlering van Nederlands deur n vreemde huurling, in hoeverre in ooreenstemming met die moontlike koloniale vorm, of in watter mate is daarin eenvoudig spore van Hottentots-Nederlands terug te vind? 'n Monografie wat sy taalgebruik bestudeer en dit met die van bv. Louis Trichardt vergelyk, kan eers aanduidinge van enige waarde gee. Nienaber (1934: 14; my uitligging)

Na my wete is só 'n vergelykende studie nog nie onderneem nie (alhoewel enkele woorde uit die joernaal deur veral Den Besten (2010) in sy bespreking van 'n vroeë Kaapse pidgintaal ingespan is), en dit is veral die laaste deel van die vraag - oor die moontlikheid dat die teks Khoe-Afrikaans, oftewel n 18de-eeuse vorm van Oranjerivierafrikaans, verteenwoordig - wat my noop om die teks hier, in n oorsig van Oranjerivierafrikaans, uit te sonder as bron van belang.

n Laaste element van die algemene talige opmerkings en kommentaar wat skryfwerk van dié tyd tipeer, is vele verwysings na die aard van taalkontak tussen Proto-Afrikaanssprekendes van verskillende sosiokulturele herkomste, asook na die aard van die taalgebruik van veral Khoekhoen Proto-Afrikaanssprekendes. Reeds in die Daghregister van Jan van Riebeeck (1955: 45) word daar vermeld dat die Khoekhoen aan die Kaapse Skiereiland teen 1656 "de Duytsche tale al redelijck fray begunnen te leeren spreecken, insonderheyt de jonge kinderen". Dat die Khoekhoen die "Duytsche tale" geleer het, was aanvaarbaar, en selfs gewens, vir die V.O.C., maar die teenoorgestelde was iets om te probeer keer. Weerstand teen die aanleer van Khoe-tale onder die setlaars blyk uit 'n 1664-brief wat die V.O.C. aan Georg Wreede, wat 'n Khoe-woordelys saamgestel het, gerig het (vergelyk Bosman 1927), asook 'n 1685-joernaalinskrywing van die Kaap se kommisaris-generaal, H. A. van Rheede:

Hier is een gewoonten onder al ons volck dat lerende dese inlanders de Nederduydsche spraek en dat deselve die op haer manieren seer krom en bij nae onverstandelyk spreken, soo volgen de onse haer daer in nae, ja sodanigh de kinderen van onse Nederlanders haer dat mede aanwendende een gebroken spraek gefondeert werd die onmogelyck sal wesen nae de hand te verwinnen ...

aangehaal in Nienaber(1950: 1-2)

Hierin word die eerste beeld van die noue interkulturele kontak tussen "Nederlander" en "inlander" geskets wat telkens deur ander Kaapse besoekendes herhaal sou word, met as simptoom van kontak, taalgebruik wat "krom" is; iets wat tussen en midde-in verskeie sosiokulturele groeperings aan die skiereiland gehoor kon word. Een van dié is die reeds genoemde Kolbe (1727). Hy beskryf die taalgebruik van die Khoekhoen as "Hottentots-Hollandsch" (ibid. 121), "gebroken nederduitsch" (ibid. 416, 491), en "gebroken Hollandsch" (ibid. 477, 502, 520). Waar Van Rheede egter slegs op die "krom Nederlands" van die Khoekhoen gelet het, en die wyse waarop dié taalgebruik die "Nederlanders" beïnvloed het, beskryf Kolbe (ibid. 425) hoe daardie "Nederlanders" wat "reeds zedert lange jaren met 'er woon hier geweest zy, kinderen geteelt en alzoo als kinderen omgang met hen gehad en by gevolg ook hunne Taal [d.w.s. Khoekhoegowab] geleert hebben". Anders Sparrman (1975), wat die Kaap in die 1770's besoek, beskryf n selfs radikaler vorm van interkulturele kontak, naamlik dat in die binneland daar wit gesinne is wat Khoekhoegowab as eerste taal aangeleer het. John Barrow se waarnemings sluit nouer by dié van Kolbe aan:

Most of the Dutch peasantry in the distant districts speak it [Khoekhoegowab]; and many of them are so very much accustomed to the use of it, that they introduce into their own language a motion of the organ of speech sufficiently distinct to shew from whence it was procured.

Barrow (1802: 112-113)

Hinrich Lichtenstein (1815) praat ook van 'n verbasterde, naïewe Nederlands wat op die platteland gehoor kan word - maar, anders as dié voor hom, ag hy die taal as beeldend, skeppend, en kragtig.

Hier moet wel uitgelig word dat dié beskrywings van die taalsosiologie van die Kaap met bykans geen konkrete taaldata gepaard gaan wat ontleed kan word nie. Direkte aanhalings -veral wat pogings tot getroue, fonetiese optekenings betref - is grootliks in die monde van die Khoekhoen te vinde. Ons kan die Khoekhoen hoor, maar nie wit trekboere nie. Dit blyk om by 'n algemene tendens onder reisigers en optekenaars van die periode aan te sluit. In 'n bespreking van die vroeë-Kaapse kultuurhistoriese optekening van volksdanse, lig Matilda Burden (1985: 33) byvoorbeeld die volgende uit: "Diegene wat oor die blankes se danse iets geskryf het, het bloot die name van die danse genoem en nerens beskryf hoe die danse uitgevoer is nie, terwyl die Khoi-danse wel naamloos is, maar darem op 'n manier beskryf word". Verder, aangaande die afstandsklem wat deur al dié optekenings deurskemer. Alhoewel die vroeë joernaalinskrywing van Van Rheede op die Kaapse Skiereiland van toepassing is - wat toe nog n redelike klein nedersetting was - blyk dit dat die radikaler vorme van kreolisering later in die binnelandse gebiede, en nie noodwendig in die "metropool" nie, uitgespeel het. Dié siening word gestaaf deur 'n kritiek op die optekening van Kolbe deur Otto Mentzel (1925), wat uit die middel van die 18de eeu dateer, waarin pertinent uitgelig word dat die "swakheid" van onderwys, en by implikasie "swak" taalgebruik en die hoë mate van kulturele kontak, wat Kolbe beskryf aan sosiale klas gekoppel is, en dus nie deur die ganse Kaapse samelewing gevind word nie. Hoe nader aan die Kaapse sentrum, hoe nader aan "beskawing", dus.

 

5. Oranjerivierafrikaans en Europeestalige taalkunde, 1844-1916

Alhoewel die formele sosiolinguistiek n 20ste-eeuse ontwikkeling in die taalkunde is en dus nie as dissipline in die 19de eeu bestaan het nie, is daar enkele ondersoeke wat wel oor die Afrikaanse, oftewel Kaaps-Hollandse, spraakgemeenskap deur die loop van die 1800's en in die vroeë 1900's verskyn het wat oor die kwessie van gedifferensieerde taalgebruik kommentaar gelewer het. Siende dat Afrikaans nie in die 19de eeu n akademiese standaardtaal was nie (indien die gebruik van Arabies-Afrikaans in Islamitiese onderrig-en-leer-kontekste as nie-akademies beskou word), en dat die Afrikaanse taalgemeenskap grootliks ongeletterd was, is dit te verwagte dat studies oor die taalgemeenskap uit daardie era wat wel bestaan, deur nie-Afrikaanssprekendes onderneem is, of wanneer dit wel deur Afrikaanssprekendes onderneem is, dit in 'n Europese taal voltooi is. Dit is veral Nederlandse skrywers en akademici wat dié tipe navorsing onderneem het, en dit spreek telkens van n neerhalende blik op Afrikaans - met Afrikaans wat as 'n lae of gebroke vorm van Nederlands getipeer word; 'n blik wat, soos reeds bespreek, die vorige twee eeue deur menige gedeel is.

Die eerste studie in dié verband is die "De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld" wat deur Antoine Changuion (1844a) saamgestel is, en waarin sy "Proeve van Kaapsch taaleigen" (Changuion 1844b) opgeneem is. Dié "proeve" verskyn in n andersins didaktiese teks met die doel "om het Nederduitsch in Zuid-Afrika te herstellen'" (Changuion 1844a: iii; klem in oorspronklike). Changuion was 'n belangrike voorloperfiguur tot die Hollandse taalbeweging, en daarom is 'n houding van Nederlandse verhewendheid nie vreemd nie (vergelyk De Villiers 1936 vir die geskiedenis van die Hollandse taalbeweging). Dit is egter noemenswaardig dat hy, ten spyte van sy siening, die "proeve" in n teks insluit wat die doel het om Nederlands te bevorder, en die leser van die teks dus aan te spoor om n "suiwer", "herstelde" Nederlands te gebruik bó die kwansuis geradbraakte vorm van Nederlands aan die Kaap. Die voorkeur vir 'n "herstelde" Nederlands moet egter nie in 'n vakuum beskou word nie. Met die Britse bewind aan die Kaap ná 1806 is Engels nie bloot as voorkeurtaal behandel nie, maar Afrikaans is deurentyd afgemaak as minderwaardig (vergelyk Scholtz 1939). Die "herstel" van Nederlands moet dus nie bloot as n beweging teen die kwansuis mindere taalvorm van Afrikaans gelees word nie, maar ook as n beweging teen Engels.

Die voorbeelde van Afrikaans wat by die "proeve" ingesluit is, verteenwoordig moontlik die eerste poging om die eiesoortigheid van Afrikaans soos dit in Kaapstad gebesig is op te neem in verhouding tot die Nederlandse standaard. Daar is twee belangrike opmerkings wat oor dié studie gemaak kan word. Eerstens, die ondersoekruimte. Changuion (ibid. v) het sy opnames slegs op Kaapstad toegespits, en noem dat hy daarom moontlik "andere aardigheidjes" wat deur die "landlieden" of "buitenmenschen" gebesig is, gemis het. Alhoewel dié toespitsing van praktiese oorwegings spreek - hy noem dat hy nie veel geleentheid had om buite Kaapstad te reis nie - sluit dit onwetend by 'n lang tradisie studies en debatte aan wat om Kaap(stad) sentreer ten koste van ander Afrikaanssprekende gebiede, soos ook deurskemer in die huidige debat oor Kaaps. 'n Tweede opmerking wat gemaak kan word, is aangaande die tipering van die sprekers by wie Changuion sy "proeve" gevind het:

Wij hebben onnoodig geoordeeld om in alle voorbb. de platte Kaapsche spraak na te bootsen, deels omdat dit tot opheldering van het woord waar het om te doen was niets bijbrengt, en deels omdat die taal in hare zuiverheid alleen door Hottentotten en ander gepeupel gesproken word; eindelijk ook, omdat we onze onbedrevenheid daarin gaarne erkennen.

(Changuion 1844b: v; klem in die oorspronklike)

Afrikaans word as n "plat" taal deur "Hottentotten en ander gepeupel" gebesig beskryf - n beskrywing wat, net soos die opmerking oor die ondersoekruimte, n deurgaanse tema ten opsigte van Afrikaans word. Hier kan genoem word dat Coetzee (1951) ook Changuion se eng fokus op Kaapstad kritiseer, en hy noem verder dat van die uitgekende voorbeelde van "Kaapsche spraak" in "algemene Afrikaans" te vinde is, met die implikasie dat dit nie alleen in die taalgebruik van die "gepeupel" teenwoordig was nie. Dit is verder duidelik uit Changuion se koppeling van "Kaapsche spraak" met "Hottentotten en ander gepeupel" dat hy 'n skeiding maak tussen daardie sprekers, wat by implikasie wit, of oorwegend wit, is en wat nog vatbaar is om "Nederduitsch ... te herstellen'" (Changuion 1844a: v; klem in die oorspronklike) - en daardie sprekers, wat by implikasie swart en minder "beskaafde" wit sprekers insluit, wat "onvatbaar" vir 'n "herstelde" Nederlands is. Daar is egter 'n ironie in Changuion se idee van 'Kaapsche spraak' teenwoordig wat uitgelig moet word, naamlik alhoewel hy dit as n "plat" taal tipeer, hy wel die gebruik daarvan onder die "Hottentoten en ander gepeupel" as n "zuiverheid" beskryf.

Hiernaas is Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd (1911; Skotnes 2007) se optekenings onder die |xam-Boesmans tussen 1870 en 1884 'n tweede studie wat uitgelig kan word. Alhoewel Bleek en Lloyd nie hulself met Afrikaans besig gehou het nie, was dit n sentrale brugtaal (Van Vuuren 1995; Krog 2004; Willemse 2009; Staphorst 2022c) tussen hulle en die |xam, wat bewoners van Boesmanland in die Kaap se noordelike grensgebied was. Die notaboeke waarin Bleek en Lloyd se optekenings geskryf is, besit verskeie "reste" van Afrikaans wat in die marges daarvan opgespoor kan word (vergelyk Staphorst 2020, 2022a). Soos Changuion, let Bleek op die verskil tussen die taal aan die suidelike kus van Afrika en Nederlands. In sy dagboek, ná 'n ontmoeting met 'n Natalse boer, beskryf hy dat "the Dutch spoken here differs from that spoken in Europe" (in Spohr 1965), en later let Bleek se dogters, Edith en Dorothea Bleek (1909: 40), op dat "at first his [Bleek's,], chief medium of communication with them the |xam,], was the broken Dutch they understood and spoke". Met die |xam wat ongetwyfeld 'n vorm van 19de-eeuse Oranjerivierafrikaans gepraat het, sien ons n beskrywing van Afrikaans, en spesifiek Oranjerivierafrikaans, nogmaals as iets gebroke.

Die derde en vierde studies wat uitgesonder kan word, is Wilhelm Viljoen en Thomas le Roux se doktorale proefskrifte - in 1896 en 1910 onderskeidelik voltooi. Van belang is dat hulle van die enigste Afrikaanssprekendes was wat in dié tyd formele taalkundige studies onderneem en gepubliseer het, maar vanweë die voltooiing en publikasie van hul proefskrifte in onderskeidelik Duitsland en Nederland voor die volstrekking van die na-oorlogse Afrikaanse standaardiseringsprogram, vorm dit deel van die Europeestalige kanon. Ahoewel nie een van hulle variasie as fokus van hul studies gehad het nie, het elkeen daarop gelet dat dit wel in Afrikaans gevind kan word. Le Roux, wie se proefskrif op die klankleer fokus, sluit verskeie voorbeelde van variante klinkers en medeklinkers in sy studie in, en ken dit in verhouding tot die dorp, stad, of streek waar dit voorgekom het uit. Die gevolg is dat data relevant in die dorpe en streke wat vandag as deel van die Oranjerivierafrikaanse spraakgebied beskou word, ge-ekstraheer kan word. Waarop verder gelet kan word, is Le Roux se beskrywing van taalgebruik in die Kaapse noordelike grensgebied:

Vooral echter moeten de afwijkingen groot zijn in het Afrikaans van de zogenaamde Basterds, personen van een gemengd ras, in het Noorden en Noordwesten van de Kaap Kolonie en ten Noorden van de Oranje-Rivier, terwijl er grote overeenkomst bestaat tussen hun taal en die van de verachterde blanken in diezelfde streken. Ook de Grikwas spreken een soort Afrikaans, dat overeenkomst vertoont met de taal der verachterde blanken in bovengenoemde delen van het land.

(Le Roux 1920: 21)

Hierin word die verbintenis tussen "ras" en taalgebruik, soos ook deur Changuion uitgedruk, geëggo; die beskrywing van die relatiewe gelykheid van taalgebruik onder bewoners van die noorde van die Kaapkolonie is egter noemenswaardig. Hiernaas word die Griekwas uitgesonder - iets wat n heersende tendens in die diskursiewe geskiedenis van Oranjerivierafrikaans is.

'n Laaste studie van belang is Jac van Ginneken se 1913-uiteensetting van die "sociologische structuur" van Nederlands, soos verwoord in die titel. Dié studie verskaf 'n oorsig oor Nederlands, en Nederlandsverwante taalvorme, die wêreld oor. Benewens verwagte oorsigte van Nederlands, Fries, en Brabantse taalvorme in Europa, word "Negerhollandsch", "Arubaansch-Nederlandsch", asook "Amerikaansch-Nederlandsch" ondersoek. Afrikaans, anders as die ander nie-Europese Nederlandsverwante tale, word nie as n dialek, of dialekkontinuum, van Nederlands behandel nie, maar eerder as n eie taal met merkbare dialekte. Van Ginneken verdeel Afrikaans in twee primêre dialekte - Wes-Afrikaans, en Noordoos-Afrikaans (ibid. 213-214). In wese reflekteer dié tweedeling die skeiding tussen (Wes-)Kaapland en die voormalige Boererepublieke van die Oranje-Vrystaat en Transvaal. Hiernaas ken Van Ginneken verskeie dialekte uit wat aan swart Afrikaanssprekendes gekoppel is, by name "Hottentotsch-Afrikaansch", "Grikwa-Afrikaansch", "Boesman-Afrikaansch", "Slameier-Afrikaansch", "Masbiker-Afrikaansch", en "Kaffer-Afrikaansch" (ibid. 218-234).

Dit is noemenswaardig dat waar Van Ginneken die twee "primêre", en dit wil sê wit, dialekte van Afrikaans as 'n landswye verskynsel in Suid-Afrika tipeer, is die ander dialekte merendeels lokaal gebonde, met "Hottentotsch-Afrikaansch", "Grikwa-Afrikaansch", en "Boesman-Afrikaansch" wat tot Kaapland beperk is (ibid.). Van moontlik groter belang is dat Van Ginneken hoofsaaklik van geskrewe tekste gebruik maak in sy bespreking. Hy het dus nie enige veldwerk onderneem, soos Changuion of Bleek en Lloyd het nie. Dit kan as waardevol beskryf word wanneer dit opgeweeg word teenoor die beperkings wat n veldwerkopnameproses op die skaal van n taalgebied so groot soos Suid-Afrika plaas. Terselfdertyd het dit weer n eie stel beperkings, wat in die vierde artikeldeel onder die loep geneem sal word. Wat uitgelig kan word, is dat Van Ginneken se benadering grootliks die huidige tydsgees van sosiolinguistiek, wat as die tydsgees van tekstualiteit in die vierde artikeldeel ondersoek word, voorafgaan deur sy fokus op die bespreking van geskrewe tekste. Wat verder genoem kan word, is dat alhoewel Van Ginneken nie van Oranjerivierafrikaans as sodanig praat nie, daar wel 'n verbintenis tussen "Hottentosch-Afrikaansch", "Grikwa-Afrikaansch", en "Boesman-Afrikaansch" geïmpliseer word in sy afbakening - met dié taalvorme wat in die binnelandse gebiede van Suid-Afrika gebesig is.

Ahoewel hy nie n formele, geskrewe studie van Afrikaans gemaak het nie, kan Theophilus Hahn ook genoem word. Hahn, n kenner van Khoekhoegowab, oftewel Nama, het in n 1882-lesing in die Kaapstadse biblioteek n invloedryke stelling oor Afrikaans gemaak - n stelling wat as die "oudste verklaring van die karakter van Afrikaans" (Bosman 1927: 16) beskou kan word:

One word about the Dutch patois of this Colony ... although phonetically Teutonic, it is psychologically an essentially Hottentot idiom. For we learn this patois first from our nurses and ayahs. The young Africander on his solitary farm has no other playmates than the children of the Bastard Hottentot servants of his father, and even the grown-up farmer cannot easily escape the deteriorating effect of his servant's patois.

(Hahn 1882: 36)

Hierin word verskeie idees vervat wat reeds deur die loop van die artikel uitgelig is - Afrikaans as verbind aan Khoekhoense invloed, en die plaas as afgesonderde ruimte van interkulturele kontak. Die sentraliteit van dié idees tot die begrip van die wesenlike aard en oorsprong van Afrikaans wat Hahn uitlig, is egter vernuwend, en menige ondersoekers van Afrikaans se ontstaan en ontwikkeling ná Hahn tree in gesprek met hom, soos Dirk Hesseling (1899), wat die eerste was om Afrikaans as n kreooltaal te beskryf.

 

6. Oorgangstyd: die tyd van standaardisering, 1875-1916

Voordat die Afrikaanstalige sosiolinguistiese tradisie met betrekking tot Oranjerivierafrikaans bespreek kan word, moet die standaardisering van Afrikaans, en spesifiek die eerste en tweede taalbewegings, genoem word - en veral die diskoers waartéén daardie bewegings sigself posisioneer het. Soos duidelik blyk uit die bespreking van sowel die reisigers, dagboekskrywers, en koloniale administrateurs enersyds, en die professionele taalkundiges andersyds, is die taal wat uiteindelik Afrikaans sou word deur die loop van die geskiedenis as iets "kroms", "gebroke", en "verbasterd" beskryf. Skeldname soos "kombuistaal" en "Hotnotstaal" was algemeen (vergelyk Nienaber 1935), en die gevolg is, soos Achmat Davids (1990) dit gestel het, dat Afrikaans oorwegend as n "gekleurde" taal beskou is. Die standaardisering van Afrikaans deur wit Afrikaners was dus sowel n poging om die taal te kodifiseer, as om die bewussyn daarvan te transformeer wég daarvan as "gekleurd" (vergelyk Hofmeyr 1987). Veel meer kan hieroor gesê word - en veel meer ís ook reeds - maar met die klem op Oranjerivierafrikaans, wat in die proses van standaardisering gemarginaliseer is, is daar nie direkte denkers of idees om hierin aan te spreek nie. Dit is egter belangrik om dié periode te erken vir wat dit beteken het intern tot Afrikaans, en, soos duideliker sal word in die tweede artikeldeel, hoe dié nuwe ideologie in die Afrikaanse sosiolinguistiek gefigureer het.

 

7. Terugskouend

Wat duidelik blyk vanuit die bespreking is dat sowel die optekenings van reisigers, koloniale administrateurs, en ander skrywers sedert die laat 1500's, as die meer formele taalkundige studies sedert die 1840's 'n beeld skilder van die taalvorm wat Afrikaans sou word, en Oranjerivierafrikaans in die besonder, as verbind tot interkulturele kontak enersyds, en uiteenlopende idees om verandering - hoofsaaklik as iets negatiefs deur die gebruik van byvoeglike naamwoorde soos "plat" en "gebroke" - andersyds. Ten opsigte van interkulturele kontak moet daar op die hoë mate van talige verkeer gelet word, veral wat die marges van die Kaapse milieu betref, met verskeie bewysplase dat die talige ommekeer wat veral die swart bewoners van die Kaap, soos die Khoekhoen, ervaar het, ook telkens by die wit bewoners van die grensgebiede waargeneem kon word. Wat egter noemenswaardig is, is dat terwyl die vroeë optekenings verskeie voorbeelde van die taalgebruik van die Khoekhoen, by name Khoe-Afrikaans, insluit, die taalgebruik van die wit bewoners van die grensgebiede nie ingesluit is nie. Daar is dus meer direk waarneembare taaldata van swart sprekers op die marges van die Kaapse samelewing as van wit sprekers. In die volgende artikeldeel, wat op die periode 19171979 fokus, sal dié terugskouende opmerkings weer te berde gebring word.

 

Erkenning

Hierdie artikelreeks is gebaseer op gedeeltes uit my MA-verhandeling, "Ongehoord: Voices Unaccented; Voices Unharmonised. Afrikaans and South Africa's First Peoples in Discourses of Higher Education Transformation." Dit is onder leiding van Mariana Kriel en Marisa Botha by Nelson Mandela Universiteit voltooi, met finansiële ondersteuning van die Mandela-Rhodes-stigting en die nasionale Departement van Kuns en Kultuur. Sienings hierin vervat is egter my eie, en verteenwoordig nie noodwendig dié van genoemde liggame nie.

 

Verwysings

Alim, H. Samy, Quentin Emmanuel Williams, Adam Haupt & Emile Jansen. 2021. "Kom Khoi San, kry trug jou land": Disrupting white settler colonial logics of language, race, and land with Afrikaaps. Journal of Linguistic Anthropology 31(2): 194-217. https://doi.org/10.1111/jola.12308        [ Links ]

Barnard, Alan. 1992. Hunters and herders of Southern Africa: A comparative ethnography of the Khoisanpeoples. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

Barnard, Alan. 2007. Anthropology and the Bushman. Oxford en New York: Berg.         [ Links ]

Barrow, John. 1802. An account of travels into the interior of Southern Africa in the years 1797 and 1798. New York: G. P. Hopkins.         [ Links ]

Basson, Earl. 2022. Van daar na waar? 'n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans. LitNet Akademies 19(1): 105-137. https://hdl.handle.net/10520/ejc-litnet-v19-n1-a4        [ Links ]

Bergerson, Jeremy. 2008. Bibliographical materials for Afrikaans etymological lexicography. Lexikos 18: 374-409. https://doi.org/10.5788/18-0-493        [ Links ]

Bleek, Edith & Dorothea Frances Bleek. 1909. Notes on the Bushmen. In M. Helen Tongue (red.). Bushman paintings, 36-44. Londen: Clarendon Press.         [ Links ]

Bleek, Wilhelm Heinrich Immanuel & Lucy Catherine Lloyd (reds). 1911. Specimens of Bushman folklore. Londen: George Allen.         [ Links ]

Bonthuys, Marni. 2018. Riekert, Weideman en Myburgh: Die representasie van die Noordwesterse ruimte in drie Afrikaanse digbundels. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 37-62.         [ Links ]

Bosman, Daniël Brink. 1927. Oor die ontstaan van Afrikaans. Amsterdam: N. V. Swets en Zeitlinger.         [ Links ]

Breed, Adri, Wannie Carstens & Jako Olivier. 2016. Die DBAT: 'n Onbekende digitale taalkundemuseum. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 56(2.1): 391-409. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n2-1a7        [ Links ]

Burden, Matilda. 1985. Die herkoms en ontwikkeling van die Afrikaanse volksdans. MA-tesis. Universiteit Stellenbosch.         [ Links ]

Changuion, Antoine Nicolas Ernest. 1844a. De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld: Zijnde eene handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd. Kaapstad: Collard.         [ Links ]

Changuion, Antoine Nicolas Ernest. 1844b. Proeve van Kaapsch taaleigen. In: Changuion, A. N. E. De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld:. Zijnde eene handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd. Kaapstad: Collard.         [ Links ]

Coetzee, Abel. 1951. Taalgeografiese Studies 1: Die ontwikkeling van vormvastheid in enkele Afrikaanse woorde met 'n a/e-wisseling. Johannesburg: Universiteit van die Witwatersrand.         [ Links ]

Conradie, Elizabeth. 1934. Hollandse Skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875): 'n Kultuur-historische studie. Pretoria: J. H. de Bussy / Kaapstad: HAUM.

Conradie, Charl Jacobus. 1986. Taalgeskiedenis. Kaapstad: Academica.         [ Links ]

Davids, Achmat. 1990. The 'coloured' image of Afrikaans in nineteenth century Cape Town. Kronos: Southern African Histories 17: 36-47. https://www.jstor.org/stable/41056280        [ Links ]

Deacon, Thomas. 2003. Maagmeisie: Griekwa-stemme. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Den Besten, Hans. 2010. A badly harvested field: The growth of linguistic knowledge and the Dutch Cape colony until 1796. In Siegfried Huigen, Jan L. de Jong & Elmer Kolfin (reds.). The Dutch trading companies as knowledge networks, 267-294. Leiden: Brill.         [ Links ]

De Villiers, Anna. 1936. Die Hollandse Taalbeweging in Suid-Afrika. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

De Vries, Anastasia. 2021 (22 September). Kaaps is 'n taal uit eie reg, sê die nuwe taalbulle. Vrye Weekblad. Aanlyn: https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-09-21-kaaps-is-n-taal-in-eie-reg-s-die-nuwe-taalbulle/ (Geraadpleeg 10 Desember 2021)

De Vries, Izak. 2020 (13 Oktober). "Herskep Afrikaans": Neville Alexander-gedenklesing 2020. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/herskep-afrikaans-neville-alexander-gedenklesing-2020/ (Geraadpleeg 10 Desember 2021)

De Wet, Anna. 2009. Swartafrikaans. In D. Hugo (red.). Halala Afrikaans, 153-161. du Plessis: Pdu Plessis

De Wet, Karen. 2020 (27 Oktober). Eietyds en eiesinnig: Lynthia Julius "vry met getroude sinne / en ligtekooi met reëls". LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/eietyds-en-eiesinnig-lynthia-julius-vry-met-getroude-sinne-en-ligtekooi-met-reels/ (Geraadpleeg 15 Maart2022)

De Wet, Karen. 2021. "Niemand se marionet of naaister nie": Lynthia Julius se Uit die kroes en die (hoop op n) nuwe generasie. (Referaat gelewer by die seminaar van die Universiteit van Pretoria se Departement Afrikaans, 27 Mei 2021.) Aanlyn: https://www.youtube.com/watch?v=neduPlessisvI1E (Geraadpleeg 15 Maart 2022)

Dubbeld, Catherine E., Elizabeth de Kadt & Vasu Reddy. 2006. A preliminary bibliography of language and gender in South Africa. Southern African Linguistics and Applied Language Studies 24(4): 553-557. https://doi.org/10.2989/16073610609486441        [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2001a. Die ontwikkeling van die Afrikaanse variasietaalkunde. In Adelia Carstens & Heinrich Grebe (reds.). Taallandskap: Huldigingsbundel vir Christo van Rensburg, 69-80. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2001b. Innie skylte vannie Jirre: Griekwaspalms en ander gedigte. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2002. Boegoe vannie liefde: Griekwahooglied. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2012. Karos orie dyne: Nuwe Griekwapsalms en ander gedigte. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Du Plessis, Hans. 2015. Afrikaans, gekry of gemaak? Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 22(2): 71-89.         [ Links ]

Du Plessis, Hans & Julie Grant. 2019. Afrikaans on the frontier: Two early Afrikaans dialects. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 33(4-5): 20-32. https://doi.org/10.1080/02560046.2019.1702072        [ Links ]

Du Plessis, Menán. 2019. The Khoisan languages of Southern Africa: Facts, theories and confusions. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 33(4-5): 33-54. https://doi.org/10.1080/02560046.2019.1647256        [ Links ]

Du Toit, Stephanus Jacobus. 1909. Geskidenis fan di Afrikaanse taalbeweging: Uit publike en prifate bronne bewerk deur 'n lidfan di Genootskap fan Regte Afrikaners. Paarl: Paarl Drukpers Mij.         [ Links ]

Dyers, Charlyn. 2010 (22 April). 'n Nuwe status vir Swartafrikaans? LitNet. Aanlyn: https://argief.litnet.co.za/article.php?newsid=85861 (Geraadpleeg 26 Desember 2021)

Ellis, William F. 2014. Simulacral, genealogical, auratic and representational failure: Bushman authenticity as methodological collapse. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 28(3): 493-520. https://doi.org/10.1080/02560046.2014.929213        [ Links ]

Ellis, William F. 2015. Ons is Boesmans: Commentary on the naming of Bushmen in the southern Kalahari. Anthropology Southern Africa 38(1-2): 120-133. https://doi.org/10.1080/23323256.2015.1056314        [ Links ]

Foucault, Michel. 1967. Madness and civilization. Londen: Tavistock.         [ Links ]

Foucault, Michel. 1970. The order of things: An archaeology of the human sciences. Londen: Tavistock.         [ Links ]

Foucault, Michel. 1972. The archaeology of knowledge. Londen: Tavistock.         [ Links ]

Foucault, Michel. 1973. Birth of the clinic: An archaeology of medical perception. Londen: Tavistock.         [ Links ]

Foucault, Michel. 1977. Discipline and punish: The birth of the prison. New York: Pantheon.         [ Links ]

Foucault, Michel. 1978. The History of Sexuality. Volume 1. New York: Random House.         [ Links ]

Foucault, Michel. 1980. Power/knowledge. New York: Vintage.         [ Links ]

Garland, David. 2014. What is a ''history of the present''? On Foucault's genealogies and their critical preconditions. Punishment & Society 16(4): 365-384. https://doi.org/10.1177/1462474514541711        [ Links ]

Glorie, Ingrid. 2021 (23 Desember). Verslag symposium "Om te behoort. Transtaligheid, samehorigheid, en die konstruksie van Suid-Afrikaanse gemeenskappe" (2). Voertaal. Aanlyn: https://voertaal.nu/verslag-symposium-om-te-behoort-transtaligheid-samehorigheid-en-die-konstruksie-van-suid-afrikaanse-gemeenskappe-2/ (Geraadpleeg 26 Desember 2021)

Grant, Julie. 2019. Language and education: Photovoice workshops and the !Xun and Khwe Bushmen. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 33(4-5): 157-173. https://doi.org/10.1080/02560046.2019.1663228        [ Links ]

Grant, Julie. 2021. The origins centre: Enlivening the Bushmen. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 35(4): 5-21. https://doi.org/10.1080/02560046.2021.1952635        [ Links ]

Hahn, Theophilus. 1882. On the science of language and its study with special regard to South Africa: Address delivered by Theophilus Hahn, Esq., Ph.D., colonial philologist, at the South African Public Library on Saturday, 29th April, 1882. Kaapstad: Herrmann Michaelis.         [ Links ]

Hamans, Camiel. 2021. Afrikaans: A language where ideology and linguistics meet. Scripta Neophilologica Posnaniensia 21: 15-92. https://doi.org/10.14746/snp.2021.21.02        [ Links ]

Haupt, Adam. 2021 (29 Augustus). The first-ever dictionary of South Africa's Kaaps language has launched - why it matters. The Conversation. Aanlyn: https://theconversation.com/the-first-ever-dictionary-of-south-africas-kaaps-language-has-launched-why-it-matters-165485 (Geraadpleeg 22 Desember 2021)

Hendricks, Frank. 2018. Oranjerivierafrikaans: Van gemarginaliseerde en aanspraakmaker tot deelgenoot. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 3-36.         [ Links ]

Hesseling, Dirk Christiaan. 1899. Het Afrikaansch: Bijdrage tot de geschiedenis der Nederlandsche taal in Zuid-Afrika. Leiden: Brill.         [ Links ]

Hofmeyr, Isabel. 1987. Building a nation from words: Afrikaans language, literature and ethnic identity, 1902-1924. In Shula Marks & Stanley Trapido (reds.). The politics of race, class and nationalism in twentieth-century South Africa, 95-123. Londen: Longman.         [ Links ]

Jones, Kerry. 2019. Contemporary Khoesan languages of South Africa. Critical Arts: South-North Cultural and Media Studies 33(4-5): 55-73. https://doi.org/10.1080/02560046.2019.1688849        [ Links ]

Julius, Lynthia. 2020. Uit die kroes. Kaapstad: Kwela.         [ Links ]

Koerner, Ernst Frideryk Konrad. 1989. Practising linguistic historiography. Amsterdam en Philadelphia: John Benjamins.         [ Links ]

Koerner, Ernst Frideryk Konrad. 1995. Professing linguistic historiography. Amsterdam en Philadelphia: John Benjamins.         [ Links ]

Koerner, Ernst Frideryk Konrad. 1999. Linguistic historiography. Amsterdam en Philadelphia: John Benjamins.         [ Links ]

Koerner, Ernst Frideryk Konrad. 2020. Last papers in linguistic historiography. Amsterdam en Philadephia: John Benjamins.         [ Links ]

Kolbe, Peter. 1719. Caput Bonae Spei Hordiernum: Das ist die vollstandige Beschreibung des Africanischen Vorgebürges zur Guten Hoffnung [Hoofstuk uit die onlangse verlede van die [Kaap de] Goede Hoop: 'n volledige beskrywing van die Afrikaanse heuwels van [die Kaap de] Goede Hoop]. Nürnberg: Monath.         [ Links ]

Kolbe, Peter. 1727. Naaukeurige en uitvoerige beschryving van Kaap de Goede Hoop. Amsterdam: Balthazar Lakeman.         [ Links ]

Kotzé, Ernst. 2014. Afrikaans as besitting, en die vraagstuk van herstandaardisering. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 54(4): 635-655. https://hdl.handle.net/10520/EJC163392        [ Links ]

Kriel, Mariana. 2018. Chronicle of a Creole: The ironic history of Afrikaans. In Jacqueline Knörr & Wilson Trajano Filho. Creolization and pidginization in contexts of postcolonial diversity: Language, culture, identity, 132-157. Leiden: Brill.         [ Links ]

Krog, Antjie. 2000. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela.         [ Links ]

Krog, Antjie. 2004. Die sterre sê 'tsau': /Xam-gedigte van Dialkwain, Kweiten-ta-//ken, /Alkúnta, /Han^kass 'o en //Kabbo gekies en versorg deur Antjie Krog. Kaapstad: Kwela.         [ Links ]

Kulsen, Anzil. (red.). 2015. Namakwalandse stories. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Le Cordeur, Michael. 2020 (19 Oktober). 'n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/n-strategie-vir-die-insluiting-van-kaapse-afrikaans-by-die-formele-skoolkurrikulum/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Le Roux, Thomas Hugo. 1910. Beschrijvende klankleer van het Afrikaans. Leiden: A. W. Sijthoff.         [ Links ]

Lichtenstein, Hinrich. 1815. Travels in southern Africa in the years 1803, 1804, 1805 and 1806. Londen: Henry Colburn.         [ Links ]

Louw, Limari. 2012. Standaardafrikaans: Herstandaardisering via harmonisering in die Afrikaanse media. MA-tesis. Universiteit van Johannesburg.         [ Links ]

Lubbe, Johan. 2002. Die aard van bydraes van Taalfasette en Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 1965 tot en met Desember 1999. Southern African Linguistics and Applied Language Studies 20: 65-90. https://doi.org/10.2989/16073610209486299        [ Links ]

Mansvelt, Nicolaas. 1884. Proeve van een Kaapsch-Hollandsch idioticon, met toelichtingen en opmerkingen betreffend land, volk en taal. Kaapstad: Martin.         [ Links ]

Mentzel, Otto Friedrich. 1925. A Geographical and Topographical Description of the Cape of Good Hope. Volume 2. Kaapstad: Van Riebeeck Society.         [ Links ]

Mossop, E. E. (red.). 1935. The Journal of Hendrik Jacob Wikar (1779) with an English translation by A. W. van der Horst and The Journals of Jacobus Coetsé Jansz (1760) and Willem van Reenen (1791) with an English translation by Dr. E. E. Mossop. Kaapstad: Van Riebeeck Society.

Naudé, Jacobus A. & Cynthia L. Miller-Naudé. 2018. The evolution of biblical Hebrew linguistics in South Africa: The last 60 years. Old Testament Essays 31(1): 12-41. https://doi.org/10.17159/2312-3621/2018/v31n1a3        [ Links ]

Nel, Elias Petrus. 1998. Iets goeds uit Verneukpan? Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Nel, Elias Petrus. 2001. Mafoiing en annerlike gelofietjies. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

Nel, Elias Petrus. 2011. Bek sonder brieke. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Nienaber, Gabriel Stefanus. 1934. Oor die Afrikaanse taal: 'n Bydrae oor sy ontwikkeling, na aanleiding van enige versterkingswyses. Amsterdam: N. V. Swets en Zeitlinger.         [ Links ]

Nienaber, Gabriël Stefanus. 1950. Taalkundige belangstelling in Afrikaans tot 1900. Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel.         [ Links ]

Nienaber, Gabriël Stefanus. 1959. 'n Taaleienaardigheid uit Hottentots. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal 15(2): 1-8.         [ Links ]

Nienaber, Gabriël Stefanus. 1963. Hottentots. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Nienaber, Gabriël Stefanus. 1990. Khoekhoen: spelling, vorme, betekenis. African Studies 19(2): 43-50.         [ Links ]

Nienaber, Gabriël Stefanus. 1994. Die ontstaan van Khoekhoe-Afrikaans. In Gerrit Olivier & Anna Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans, 139-152 Halfweghuis: Southern Uitgewers.         [ Links ]

Nienaber, Petrus Johannes. 1935. Die benaminge van ons taal. Ons Tydskrif vir Letterkunde, Opvoedkunde en Kuns 3(4): 101-103.         [ Links ]

Nieuwoudt, Hendrina Petronella. 1990. Variasie binne Oranjerivier-Afrikaans. D.Litt.-proefskrif. Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

Odendaal, Bernard. 2015. Omgangsvariëteite van Afrikaans in die digkuns sedert Sestig. Stilet 27(2): 32-62. https://hdl.handle.net/10520/EJC182331        [ Links ]

Odendaal, Beatrix Gertruida. 2012. Die herstandaardisering van Afrikaans: 'n Praktiese benadering met die AWS as gevallestudie. PhD-proefskrif. Universiteit Stellenbosch.         [ Links ]

Odendaal, Gerda. 2014. Moet Afrikaans geherstandaardiseer word? Tydskrif vir Geesteswetenskappe 54(4): 656-674. https://hdl.handle.net/10520/EJC163391        [ Links ]

Odendaal, Gerda. 2017 (1 Maart). LitNet Akademies-resensie-essay: Kaaps in fokus. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-kaaps-fokus/ (Geraadpleeg 10 Desember 2021)

Odendaal, Gerda. 2018 (20 September). ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/atkv-taalerfenissimposium-gerda-odendaal-oor-die-herstandaardisering-van-afrikaans/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Odendaal, Gerda. 2023 (15 Maart). Lesing: Die herstandaardisering van Afrikaans. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/lesing-die-herstandaardisering-van-afrikaans/ (Geraadpleeg 28 Februarie 2024)

Pienaar, E. C. 1943. Die triomf van Afrikaans. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Ponelis, Friedrich Albert. 1987. Die eenheid van die Afrikaanse taalgemeenskap. In H. du Plessis & T. du Plessis (reds.). Afrikaans en taalpolitiek: 15 opstelle, 3-15. Pretoria: HAUM.         [ Links ]

Ponelis, Friedrich Albert. 1993. The development of Afrikaans. Frankfurt: Peter Lang.         [ Links ]

Ponelis, Friedrich Albert. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Universiteit van Stellenbosch Annale 1998(1): 1-80.         [ Links ]

Raidt, Edith Hildegard. 1976. Afrikaans en sy Europese verlede: Van Tacitus tot N.P. van Wyk Louw. Johannesburg: Nasou Beperk.         [ Links ]

Raper, Peter E. 2010. The ethnonyms 'Bushman' and 'San'. Acta Academica 42(1): 168-186. https://doi.org/10.38140/aa.v42i1.1240        [ Links ]

Raper, Peter E. 2011. Another look at 'Khoikhoi' and related ethnonyms. Acta Academica 43(1): 109-129. https://doi.org/10.38140/aa.v43i1.1300        [ Links ]

Roberge, Paul T. 1990. The ideological profile of Afrikaans historical linguistics. In J. E. Joseph & T. J. Taylor (reds.). Ideologies of language, 131-149. Londen en New York: Routledge.         [ Links ]

Saal, Elvis. 2019 (13 November). ATR-komvandaan-seminaar 2019: Van "brokwa" tot "broodgoed" - op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans). LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/atr-komvandaan-seminaar-2019-van-brokwa-tot-broodgoed-op-reis-met-oranjerivierafrikaans-gariep-afrikaans/ (Geraadpleeg 12 April 2021)

Scholtz, Johannes du Plessis. 1939. Die Afrikaner en sy taal: 1806-1875. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

Schultze-Jena, Leonhard. 1928. Zoologische und anthropologische Ergebnisse einer Forschungreise im Westlichen und Zentralen Südafrika, ausgeführt in den Jahren 1903-1905 [Soölogiese en antropologiese resultate van 'n navorsingsreis in westelike en sentrale Suid-Afrika, uitgevoer in die jare 1903-1905]. Jena: G Fischer.

Skotnes, Pippa (red.). 2007. Claim to the country: The archive of Wilhelm Bleek and Lucy Lloyd. Johannesburg: Jacana en Athene: Ohio University Press.         [ Links ]

Sparrman, Anders. 1975. Voyage to the Cape of Good Hope, towards the Antarctic Polar Circle, round the world and to the country of the Hottentots and the Caffres, from the year 1772-1776. Kaapstad: Van Riebeeck Society.         [ Links ]

Spohr, Otto Hartung. 1965. The Natal diaries of W.H.I. Bleek, 1855-1856. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Staphorst, Luan. 2020. "... the broken Dutch they understood and spoke Die Ixam-Boesmans, die Bleek en Lloyd-argief, en die Afrikaanse taalgeskiedenis. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 27(2): 3-30. https://hdl.handle.net/10520/ejc-tna-v27-n2-a2        [ Links ]

Staphorst, Luan. 2022a. Decolonising the death of |xam: Tracking the origins of the language of folklore in the Karoo. MSc-tesis. Universiteit van Oxford.         [ Links ]

Staphorst, Luan. 2022b. Ongehoord: Voices unaccented; voices unharmonised. Afrikaans and South Africa's first peoples in discourses of higher education transformation. MA-tesis. Nelson Mandela Universiteit.         [ Links ]

Staphorst, Luan. 2022c. 'van die oorspronklike lippe' ('from the original lips'): the 19th-century Cape Colony, holographic archaeology and the historicity of Gideon von Wielligh's |xam-Afrikaans collection. Journal of Southern African Studies 48(6): 993-1011. https://doi.org/10.1080/03057070.2022.2165772        [ Links ]

Taljard, Marlies. 2020 (11 September). Daai goed speel nie op my tv nie ... Versindaba. Aanlyn: https://versindaba.co.za/2020/09/11/daai-goed-speel-nie-op-my-tv-nie/ (Geraadpleeg 23 Maart 2022)

Ten Rhyne, Wilhelm. 1686. Schediasma de Promotorio Bonae Spei [Skrywe ter bevordering van goeie hoop]. Schaffhausen: Osvaldus.         [ Links ]

Theys, Hendrik. 2021. Die kartering van Gariepafrikaans. Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument. Aanlyn: http://www.taalmuseum.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Gariepafrikaans-2021.pdf (Geraadpleeg 23 Julie 2021)

Valkhoff, Marius. 1966. Studies in Portuguese and creole, with special reference to South Arica. Johannesburg: Witwatersrand University Press.         [ Links ]

Valkhoff, Marius. 1971. Descriptive bibliography of the linguistics of Afrikaans: A survey of major works and authors. Den Haag: Mouton.         [ Links ]

Valkhoff, Marius. 1972. New light on Afrikaans and 'Malayo-Portuguese '. Leuven: Editions Peeters Imprimerie Orientaliste.         [ Links ]

Van Coller, Hendrik Petrus & Bernard J. Odendaal. 1999. George Weideman. In Hendrik Petrus van Coller (red.). Perspektief en Profiel: 'n Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Deel 2. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van Coller, Hendrik Petrus & Jacobus Christoffel Steyn. 2020 (20 November). Reaksie op Michael le Cordeur se mening oor Kaaps in die Afrikaans-kurrikulum. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/reaksie-op-michael-le-cordeur-se-mening-oor-kaaps-in-die-afrikaans-kurrikulum/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Van der Merwe, Joanette. 2020 (6 Julie). Resensie: Uit die Kroes (Lynthia Julius). Versindaba. Beskikbaar by: https://versindaba.co.za/2020/07/06/resensie-uit-die-kroes-lynthia-julius/ (Geraadpleeg 23 Maart 2022)

Van Ginneken, Jacobus. 1913. Handboek der Nederlandsche Taal. Deel I: De sociologische structuur der Nederlandsche taal I. Nijmegen: Malmberg.         [ Links ]

Van Heerden, Menán & Ernst Kotzé. 2018 (14 Maart). Kaaps en (her)standaardisering. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/kaaps-en-herstandaardi_sering/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Van Heerden, Menán & Anzil Kulsen. 2017 (26 Oktober). Oranjerivierafrikaans is nxa!: 'n Onderhoud met Anzil Kulsen. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/oranjerivierafrikaans-nxa-n-onderhoud-met-anzil-kulsen/ (Geraadpleeg 23 Julie 2021)

Van Huyssteen, Gerhard. 2020 (4 November). Sake voortspruitend: 'n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum. LitNet. Aanlyn: https://www.litnet.co.za/sake-voortspruitend-n-reaksie-op-michael-le-cordeur-se-hervormingstrategie-vir-die-afrikaans-skoolkurrikulum/ (Geraadpleeg 14 April 2021)

Van Rensburg, Christo. 1990. Taalvariëteite en die wording van Afrikaans in Afrika. Bloemfontein: Patmos.         [ Links ]

Van Rensburg, Christo. 1991. Wat van 'n Nuwe Afrikaans? Acta Academica 23(3): 13-33.         [ Links ]

Van Rensburg, Christo. 1994. Van Khoekhoens, Afrikaans en prof. Gawie Nienaber. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde Supplement 21.

Van Rensburg, Christo. (red.). 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

Van Rensburg, Christo. 2013. 'n Perspektief op 'n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans. Literator 34(2). https://doi.org/10.4102/lit.v34i2.413        [ Links ]

Van Rensburg, Christo. 2015. Khoi en Oosgrensafrikaans. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus 47: 75-97. https://doi.org/10.5842/47-0-652        [ Links ]

Van Rensburg, Christo. 2016. Die vroegste Khoi-Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 56(2.1): 454-476. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/V56N2-1A10        [ Links ]

Van Rensburg, Christo. 2018. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: LAPA.         [ Links ]

Van Riebeeck, Jan. 1955. Daghregister. Deel II: 1656-1658. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Van Rooy, Bertus & Marné Pienaar. 2006. Trends in recent South African linguistic research. Southern African Linguistics and Applied Language Studies 24(2): 191-216. https://doi.org/10.2989/16073610609486417        [ Links ]

Van Vuuren, Helize. 1995. Die mondelinge tradisie van die /Xam en 'n herlees van Von Wielligh se Boesman-Stories (vier dele, 1919-1921). Tydskrif vir Letterkunde 33(1): 25-35.         [ Links ]

Van Wyk, Steward. 2018. Spore in die sand, oftewel regionale literatuur en aktualiteit: 'n Perspektief uit enkele Noord-Kaapse tekste. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 25(1): 76-86.         [ Links ]

Viljoen, Wilhelm Jacob. 1896. Beitrage zur Geschichte der Cap-Hollandischen Sprache [Bydrae oor die geskiedenis van die Kaaps-Hollandse taal]. Strassburg: Trubner.         [ Links ]

Viviers, Marni. 2008. Die voorstelling van die Noordweste as ruimte in George Weideman se digbundel 'n Staning onder sterre. MA-tesis. Universiteit Stellenbosch.         [ Links ]

Willemse, Hein. 2007. Aan die ander kant: Swart Afrikaanse skryfwerk in die Afrikaanse letterkunde. Pretoria: Protea.         [ Links ]

Willemse, Hein. 2009. G. R. Von Wielligh se nalatenskap. Literator 30(3): 193-194. https://doi.org/10.4102/lit.v30i3.93        [ Links ]

Wright, John. 1996. Sonqua, Bosjesmans, Bushmen, abaThwa: Comments and queries on premodern identifications. South African Historical Journal 35(1): 16-29. https://doi.org/10.1080/02582479608671245        [ Links ]

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons