SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.67 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

On-line version ISSN 2224-3380
Print version ISSN 1726-541X

SPiL plus (Online) vol.67  Stellenbosch  2023

http://dx.doi.org/10.5842/67-1-1004 

AFRIKAANS LINGUISTICS

 

What type of language is Afrikaans?

 

 

Ernst Kotzé

Toegepaste Taalstudie (emeritus), Nelson Mandela Universiteit, Suid-Afrika. E-pos: ernst.somerstrand@gmail.com

 

 

Afrikaans en Engels is binne die genealogiese klassifikasieraamwerk beide Germaanse tale, en beide behoort tewens ook tot die Wes-Germaanse subfamilie, soos Nederlands en Duits. Die ontwikkeling van dié twee tale in onderskeidelik Suider-Afrika en Noord-Europa is gekenmerk deur intensiewe taalkontak. Daardeur het Engels as 'n herkenbaar Wes-Germaanse taal (in die vorm van Oudengels) deur opeenvolgende golwe van beïnvloeding Keltiese (bv. Walliese -vgl. McWhorter 2008), Noord-Germaanse (spesifiek Oudnoorse) en Romaanse (Normandiese - vgl. Bailey & Maroldt 1977) taalkenmerke bygekry, en in die proses tipologies van 'n sintetiese taal na 'n oorwegend analitiese taal verander (Görlach 1986; Kroch & Taylor 1994; Dalton-Puffer 1995). Afrikaans het daarenteen, ten spyte van aantoonbare invloede deur die sprekers van o.a. Niger-Kongo- of Austronesiese tale, asook Romaanse leksikale vorme via 17de-eeuse Nederlands (Bosman & Thom 1951, 1957), wel duidelik genealogies binne die Wes-Germaanse kraal gebly. Strukturele en leksikale verskille tussen Engels en Afrikaans, asook sosiohistoriese faktore, is tekenend van, en het bygedra tot, 'n groter afstand (ook wat onderlinge verstaanbaarheid betref) tussen dié twee tale as tussen Afrikaans en Nederlands, en selfs Noord-Nedersaksies en ander Platduitse dialekte (Stellmacher 1981; Simensen 1987).

Oor die afgelope twee eeue het die simbiose van Afrikaans en Engels as Germaanse tale hier te lande omstandighede geskep wat bevorderlik is vir wedersydse beïnvloeding tussen dié twee tale. Opvallend is die voorkoms van sowel strukturele as leksikale "anglisismes" in Afrikaans, waarvan talle ingeburger en gestandaardiseer is. Terwyl heelwat sulke ingeburgerde vorme 'n vermeende Romaanse herkoms het (veral leksikaal - "influensa", "sirkulêre", "demosie"), selfs Kelties, via Engels (veral grammaties, maar dan ongrammatikaal - "Hou jy van bergklim?" "Ja, ek doen"), sou 'n mens op verskillende beskrywingsvlakke kon aandui dat Noord-Germaanse kenmerke wat nie met dié van Afrikaans of Nederlands ooreenstem nie, deur Engels in verskillende variëteite van Afrikaans te lande gekom het. In sulke gevalle sou 'n mens bes moontlik kon praat van "Germaanse anglisismes".

Die Noord-Germaanse herkoms van heelwat leksikale items in Engels wat in informele Afrikaans voorkom, blyk uit 'n vergelyking van vertaalekwivalente tussen Oudnoors, Engels (Arthur 2002) en Afrikaans. Vergelyk die voorbeelde in Tabel 1.

 

 

Ook in hedendaagse Noors (Bokmál - vgl. Bokmälsordboka) is die voortsetting van hierdie ooreenkoms duidelik, soos uitgebeeld in Tabel 2.

 

 

Op morfologiese vlak ontbreek die voltooidedeelwoordsprefiks ge-, wat 'n kenmerk van Wes-Germaanse tale soos Duits en Nederlands is, in Moderne Engels, net soos in Fries en Platduits (Oudengels: Ic hobbepone mann jeslogen - Johnson 1926). Die neiging tot ge-weglating kom in Afrikaans veral voor by meersillabige (twee of meer sillabes) werkwoorde op -eer, soos in "het fotografeer", wat as foutief beskou word.

Op sintaktiese vlak is die verskuiwing van die hoofwerkwoord (of werkwoordkomponent van deeltjiewerkwoorde) ná die einde van 'n klous kenmerkend van die Wes-Germaanse tale, soos in "Ek sal dié boek lees", terwyl dit in die Noord-Germaanse tale, asook in Engels, nie voorkom nie:

Hierdie reël is ook van toepassing op ondergeskikte bysinne:

In die Noord-Germaanse tale en Engels vind dié verskuiwing nie plaas nie:

In Kaapse Moesliemafrikaans is egter voorbeelde soos dié opgeteken (Kotzé 1984):

'n Laaste voorbeeld van sulke "Germaanse anglisismes" is die voorkoms van sg. skoon bysinne (ondergeskikte bysinne sonder voegwoord - vgl. Steyn 1976) by bepaalde hoofsinwerkwoorde in Afrikaans - 'n kenmerk wat nie algemeen in Wes-Germaanse tale voorkom nie, maar wel in Engels en Noors:

Binne die genealogies bepaalde klassifikasie blyk dit dat die invloed van Engels op Afrikaans nog oorkoepelend binne die Germaanse konteks plaasvind.

 

Bronne

Arthur, Ross G. 2002. English - Old Norse Dictionary. Cambridge (Ontario): In Parentheses.

Bailey, Charles J. & Karl Maroldt. 1977. The French lineage of English. In Jürgen M. Meisel (red.) Langues en contact - Pidgins - Creoles, 21-53. Tübingen: Narr.         [ Links ]

Bokmälsordboka og Nynorskordboka [Bokmal dictionary and Nynorsk dictionary]. Beskikbaar by: https://ordb0kene.no

Bosman, DB & HB Thom (reds.). 1951. Jan van Riebeeck. Daghregister. Deel 1. 1652-1655. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Bosman, DB & HB Thom (reds.). 1957. Jan van Riebeeck. Daghregister. Deel 3. 1659-1662. Kaapstad: Balkema.         [ Links ]

Dalton-Puffer, Christiane. 1995. Middle English is a creole and its opposite: On the value of plausible speculation. In Jacek Fisiak (red.) Linguistic Change Under Contact Conditions, 3550. Berlin: Mouton de Gruyter. https://doi.org/10.1515/9783110885170.35        [ Links ]

Görlach, Manfred. 1986. Middle English - a creole? In Dieter Kastovsky & Aleksander Szwedek (reds.). Linguistics Across Historical and Geographical Boundaries, 329-344. Berlin: Mouton de Gruyter. https://doi.org/10.1515/9783110856132.329        [ Links ]

Johnson, ML. 1926. A Modern English - Old English Dictionary. Beskikbaar by: https://old-engli.sh/dictionary.php

Kotzé, Ernst. 1984. Afrikaans in die Maleierbuurt - 'n diachroniese perspektief, Tydskrif vir Geesteswetenskappe 24(1): 41-73.         [ Links ]

Kroch, Anthony & Anne Taylor. 1994. The Syntax of Verb Movement in Middle English: Dialect Variation and Language Contact. University of Pennsylvania Working Papers in Linguistics 1(1): 45-46. Beskikbaar by: https://repository.upenn.edu/pwpl/vol1/iss1/4.         [ Links ]

McWhorter, John. 2008. Our Magnificent Bastard Tongue: The Untold History of English. New York: Gotham Books.         [ Links ]

Simensen, Erik. 1987. Der Einfluß des Mittelniederdeutschen auf das Norwegische in Urkunden des 14. Jahrhunderts. In Ureland, P. Sture (red.). Sprachkontakt in der Hanse, 271294. Tübingen: Max Niemeyer. https://doi.org/10.1515/9783111715308.271        [ Links ]

Stellmacher, Dieter. 1981. Niederdeutsch. Tübingen: Niemeyer. https://doi.org/10.1515/9783110920680        [ Links ]

Steyn, Jaap. 1976. 'n Paar sintaktiese onvastighede in Afrikaans. Taalfasette 20(3): 25-53. https://doi.org/10.1080/04966740.1976.10587980        [ Links ]

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License