SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Stellenbosch Papers in Linguistics Plus (SPiL Plus)

versión On-line ISSN 2224-3380
versión impresa ISSN 1726-541X

SPiL plus (Online) vol.53  Stellenbosch  2017

http://dx.doi.org/10.5842/53-0-767 

EDITORIAL

 

Voorwoord

 

 

Antoinette van der MerweI; Alta van RensburgII; Rose RichardsII; Sharifa DanielsII ; Rufus GouwsIII

IAfdeling: Leer- en Onderrigverryking, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
IITaalsentrum, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
IIIDepartement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

 

 

In 1972 begin Leon de Stadler se verbintenis met die Universiteit Stellenbosch toe hy as eerstejaarstudent op die kampus aanmeld. Dié verbintenis sou vir meer as vier dekades ononderbroke voortduur - tot en met sy uittrede in Januarie 2017.

As student, maar nog meer as dosent en veral as Direkteur van die Taalsentrum het Leon 'n wesenlike bydrae gelewer en 'n onuitwisbare nalatenskap daargestel. Hy het hom onderskei as dosent, navorser, akademiese bestuurder en gewaardeerde kollega. 'n Huldiging deur middel van 'n tydskrif kan nie werklik reg laat geskied aan sy bydrae of aan die rol wat hy gespeel het nie - die studente wat hy opgelei het, die kollegas wat hy geïnspireer het, die navorsing wat hy gepubliseer het en die werk wat hy gedoen het en wat nog voortleef en floreer, is die eintlike huldiging.

Tog wil kollegas in Suid-Afrika en elders met hierdie Festschrift-uitgawe erkenning gee aan dit wat Leon gedoen het en aan die ingrypende invloed wat hy op sy vakgebied, op sy studente, op sy kollegas en medewerkers, op sy departement, op die Taalsentrum en op die Universiteit gehad het. Dié invloed kan min mense hom nadoen.

Die Redaksie van hierdie bundel bedank graag al die kollegas wat die uitnodiging aanvaar het om 'n bydrae tot die Festschrift te lewer. Die verskeidenheid onderwerpe wat binne die breë tema van hierdie bundel ter sprake gekom het, asook die gehalte van die onderskeie bydraes, is 'n gepaste weerspieëling en bevestiging van Leon se veelsydige betrokkenheid by die taalkunde, taalpraktyk, taalbeplanning en taalpolitiek.

Vir die redigering, vertaling waar nodig en die uitleg van hierdie uitgawe van SPiL Plus bedank die Redaksie die personeel en vryskutwerkers van die Taalsentrum se Taaldiens en by name Susan Lotz, Lenelle Foster en Marguerite van der Waal.

 

Stellenbosch

Desember 2017

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons