SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Literator vol.38 n.2 Mafikeng  2017

http://dx.doi.org/10.4102/lit.v38i2.1440 

VOORWOORD

 

Literator USAN-uitgawe voorwoord

 

 

Louise Viljoen; Amanda Lourens

Department of Afrikaans and Dutch Literature, Stellenbosch University, South Africa

Correspondence

 

 

Inleidende opmerkings

Die tweede USAN-kongres vir jong navorsers, wat deur die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch aangebied is, het vanaf 19 tot 21 Januarie 2016 plaasgevind. Jong navorsers van reg oor Suid-Afrika, asook enkeles uit België, Nederland, die Verenigde State en Swede, het die kongres bygewoon. Die doel van die tweejaarlikse USAN-kongres, wat vir die eerste keer in 2014 aangebied is, is om 'n geleentheid vir jong navorsers te skep om hulle navorsing met akademiese eweknieë te deel. Nagraadse studente (M-, PhD- en afgestudeerde Honneursstudente) en jong navorsers (wat in die afgelope vyf jaar graad gekry het) in die letterkunde, taalkunde en toegepaste taalkunde is uitgenooi om deel te neem. Daar is geen tematiese beperkinge gestel nie. Die enigste vereiste was dat referate in Afrikaans of Engels gelewer word. 'n Tolkdiens, behartig deur personeel en nagraadse studente van die Departement Afrikaans en Nederlands, het vir toeganklikheid gesorg. Na die kongres is deelnemers genooi om hulle referate tot artikels te verwerk en vir publikasie in die geakkrediteerde vaktydskrif Literator voor te lê, 'n verdere stap in hulle toetrede tot die wêreld van akademiese navorsing. Hierdie spesiale uitgawe van Literator bevat 'n seleksie van die artikels wat vir publikasie voorgelê is. Die artikels bestryk 'n wye dissiplinêre en teoretiese gebied, met artikels wat handel oor die letterkunde naas artikels oor die taalkunde en taalpraktyk.

Asante Lucy Mtenje se artikel '"Taming untamed pests": Representing female sexualities in Tiyambe Zeleza's Smouldering Charcoal and James Ng'ombe's Sugarcane with Salt' ['"Taming Untamed Pests": Die Voorstelling van Vroulike Seksualiteit in Tiyambe Zeleza se Smouldering Charcoal en James Ng'ombe se Sugarcane with Salt'] ondersoek die wyse waarop twee romans uit Malawi tegelykertyd die aanvaarde norme in verband met vroulike seksualiteite reproduseer én bevraagteken. Mariëtte van Graan se artikel, 'Die spook van Afrikaneridentiteit in Toorberg, Die stoetmeester en Die swye van Mario Salviati' stel ondersoek in na die aard en funksie van spookkarakters in Etienne van Heerden se romans en gaan na hoedat die spookkarakters in Van Heerden se werk as 'n voortdurend veranderende vergestalting van Afrikaneridentiteit gelees kan word. Dit word gevolg deur 'n artikel oor die linguistiek deur Dario Rens, getitel 'The semantics of the aan-construction in 16th century Dutch: A semasiological and onomasiological approach' ['Die semantiek van die aan-konstruksie in sestiende-eeuse Nederlands: 'n Semasiologiese en onomasiologiese benadering'], waarin hy 'n self-saamgestelde korpus van 16de-eeuse Nederlands gebruik om bewyse te vind vir Timothy Colleman se hipotese dat die eerste gevalle van die ditransitiewe gebruik van die aan-konstruksie konkrete fisiese bewegings is waarby die direkte objek van die subjek na die indirekte objek beweeg.

André Henny du Plessis se artikel 'Die rol van die bruikbaarheidsbenadering binne die e-leksikografie' lê die belangrikheid van die bruikbaarheidsbenadering vir (en die oorvleueling met) die e-leksikografie bloot en bewys hoe elektroniese woordeboeke nie sonder ander interdissiplinêre beginsels vanuit die tegnologiese sfeer ontwikkel behoort te word nie. Susann Marais ondersoek die verskuiwings in die uitbeelding van die vrou in Huisgenoot tussen 1963 en 2013, en wel aan die hand van die metodes en beginsels van multimodale diskoersanalise in haar artikel met die titel 'Die uitbeelding van die vrou in Huisgenoot (1963 en 2013): 'n Multimodale diskoersanalise'. Laastens is daar Alan Murdoch se artikel, 'Strategies used in the translation of fixed expressions in magazines: A comparison of selected texts with Afrikaans as source language and South African English as target language' ['Strategieë gebruik in die vertaling van vaste uitdrukkings in tydskrifte: 'n Vergelyking van geselekteerde tekste met Afrikaans as brontaal en Suid-Afrikanse Engels as doeltaal'] wat die vertaling van idiome en ander vaste uitdrukkings uit Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels ondersoek in geselekteerde tekste wat in Huisgenoot en You verskyn het.

 

 

Correspondence:
Louise Viljoen
lv@sun.ac.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License