Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Literator (Potchefstroom. Online)
On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279
Literator vol.37 n.1 Mafikeng 2016
http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1189
LITERA
http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1189
Adri Breed
School of Languages, Afrikaans and Dutch, North-West University, South Africa
Skil
Om nugter te wees
is om 'n pomelo te skil
om sy wîe te skei,
om elke garing af te rafel,
elke wig so huid-uit om te dop,
dat jy elke sel sap
alleen
kan proe.
Die ontmanning van 'n man en van 'n vrou
Gala avec Côtelettes (1933) en Cenisitas (1927) van Salvador Dali
I.
skille
van 'n mensekop velle
van 'n pienk roosknop
hangend
soos slappe lint
haar man
word voor haar kind
II.
in dié land is vir ons bekend landskappe van pienkwit velle
dinge wat geamputeerd hang soos
piele
hiér koester ons net doodstil wrokke in ons slape in die nag
en in die dag is als weer wel
asof ons dan iets goeds verwag
Correspondence:
Adri Breed
adri.breed@nwu.ac.za