SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Literator (Potchefstroom. Online)

versión On-line ISSN 2219-8237
versión impresa ISSN 0258-2279

Literator vol.37 no.1 Mafikeng  2016

http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1232 

LITERA
http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1232

 

Twee gedigte

 

 

B.J. Odendaal

ATKV School for Creative Writing, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa

Correspondence

 

 

Sehnsucht

verlange nie van hier en nou eens naby nie

beur uit die nes van jou omhelsings aartsverlater sy

   reikhals swaanmooi

heen 'n trekvoël nie van hier nie nou of

digby nie

haar hunker-

sug

hang windstilswaar daar waar sy weggefletter het

           uit die geknakte-

                   takelwerk van

                    spookskip lengte-van-dae

jy gaan tuisteskep dus metterwoon jou liefhê uit die gemis

maak loopbaan al oor die spoor van die vergetelheid

jou oog op aldag en sy wonders (dogtertjies-met-haarstrikke)

dan kom daar poskaarte uit vanouds van gunter af

jou kop glip naweke weg kantien toe op vergesog na

     hotel afgeleef op êrens

weke wil jy vort jy wil hoor sy was daar ja ge-hitchhike

glo of ysterperd gery

dwaaldolla oor wie elke tweede jan rap sad stories

    weet te verkoop

jy gaan sit in leë kerke waar jy vermoed sy kon gewees het

bedeloos

omwille luisterryke swyes

in 'n lughawe se vertreksaal

teen hoë digte vensters langs

iewers aan die einde van 'n somer

volg jou oë om en om die onbegonne trekswaelvlug

in tale aan die kwyn haastig of langsamerhand reis jy

   verslangs

onweerstaanbaar toe na digterby en raakgesê

      maar sy is soek in elke gedig

verseindes skiet te kort immer sy weet dat eindes

eintlik oop

soos einders is waar jy 'n sin wil toeknoop by die punt

  daar glip

verlange

  uit

jul skandekind ontdek jy op 'n dag dool

in jou voortuin rond kaal en maer

huil-huil hier nou

 

Straatmuse

    Wink-

    of wuifbe-

    wegings

anderkant die multilaan-sakestraat

val jou by koerantkoop in

die oog.

Appèl aan jou? Of iemand wat na

jou wil kom?

Jy sien stuk-stuk deur die drukke huistoegaanverkeer die

               wink- of wuiwery,

               geroep en -lonk en -mik

               tot wanhoop toe ...

               dat sy (dis tog 'n sy?) gaan

                moed verloor ...

en jy rek die nek

en soek die deurkomkans, linksom langs, of

regs, na oorkant waar sy was,

jy merk iets verlangs straat-af

soos 'n metafoor

- die oorbrug van 'n gedig -

en veg en vleg dié ompad oop,

     trippel trappe op

     en trappe

     af

    om oorkant aan te land.

    In die maling van gelate op

    amptenaredrag

duik praggrimeersel op, hier, daar, met

   kokette

wenkbrouvraag, en skuif die lok-kledy (onvermy-

delik - ou cliché - die skynverhulde dy) oop ... Ligtekooiverleiding bloot.

Aandskemer bly: ou filmrol wat stol,

brandvlek. Maar gelding stu. Iets wil

soos beursie in jou broeksak bultmaak; en

jy kyk nog om

oorkant toe: na hoe 'n jy daar staan,

dagbladlesend in 'n bushalte-ry,

aldagbenullig, kop wat huis toe staan,

sonder waan oor waar gelonk heen lei.

 

 

Correspondence:
B.J. Odendaal
bernard.odendaal@nwu.ac.za

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons