SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1Participatory eschatology: A challenge for dualistic and non-dualistic thinkingRereading Amos 7:8-17 in the context of the 'professional' prophets in Nigeria author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Verbum et Ecclesia

On-line version ISSN 2074-7705
Print version ISSN 1609-9982

Verbum Eccles. (Online) vol.44 n.1 Pretoria  2023

http://dx.doi.org/10.4102/ve.v44i1.2858 

EDITORIAL

 

Voorwoord: Diakonaat herontdek?

Foreword: Diaconate Reinvented?

 

 

 

Johannes J. Knoetze

Department of Practical Theology and Mission Studies, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa

Correspondence

 

 

Hierdie spesiale uitgawe het ten doel om vas te stel wat is die verstaan en teologie wat verband hou met die diakonale bediening binne vyf van die Afrikaanssprekende kerke in Suid-Afrika. Dit is 'n navorsingprojek van die Universiteit van Pretoria wat gedeeltelik befonds is deur die Suid- Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die doel van die navorsing oor die diakonaat is dat die projek sal uitbrei om later al die kerke in Suid Afrika in te sluit.

Die skrywers van die artikels in hierdie spesiale uitgawe is navorsers aan verskillende fakulteite van teologie, terwyl ander praktiserende teoloë in die verskillende Afrikaanse kerke is. Soos die projek groei, sal ook navorsers uit ander kerke, vakgebiede en instansies betrek word. Die doel van die artikels is nie om 'n volledige oorsig van die projek of die diakonaat te gee nie, maar om die verskuiwings, of gebrek aan verskuiwings, rakende die diakonale bediening binne die (Afrikaanssprekende) kerk te ondersoek. Aspekte soos nuwe verhoudinge tussen kerk en staat en groot demografiese skuiwe in die kerk en die samelewing in Suid-Afrika vorm onder meer die motivering vir die studie.

Die temas wat ondersoek word, hou almal verband met teologie, geskiedenis en die verstaan van die diakonale bediening van die kerk binne die veranderende Suid-Afrikaanse samelewing en kerklike konteks. Diakonaat soos die ander bedieninge in die kerk is nie 'n geïsoleerde bediening nie, maar hou verband met onder meer kerugma, koinonia en leitourgia. Diakonaat is die praktiese vergestalting van 'n dinamiese netwerk van teologiese en sosiale netwerke in 'n diverse kulturele, sosio-politieke konteks. Daarom kan navorsing oor diakonaat nie in isolasie van ander bedieninge, of konsteksloos, gedoen word nie. word nie. Dit moet altyd ondersoek word in verhouding tot ander/alle sosio-ekonomiese kwessies wat in die Suid Afrikaanse konteks baie gekleur word deur faktore soos ras, geslag, vermoë en gestremdheid, en ruimte(s).

Samevattend, die doel van hierdie spesiale (Afrikaanse) uitgawe is nie om die navorsing oor diakonaat in enige rigting te stuur nie, en dit maak ook nie aanspraak op 'n volledige beskrywing van die diakonaat binne die Afrikaanssprekende kerk nie. Dit is eerder die vertrekpunt om 'n ruimte te skep vir die navorsing oor die diakonaat in Suid Afrika. En om in hierdie en opvolgende fases van die navorsing diakonaat so wyd en diep as moontlik te interpreteer in die oortuiging dat moontlike nuwe en alternatiewe perspektiewe oor diakonaat binne die Afrika-konteks slegs voordelig kan wees vir die kerk.

 

 

Correspondence:
Johannes Knoetze
johannes.knoetze@up.ac.za

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License