SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.26 issue170 Years after the UDHR: A Provocative Reflection Shaped by African ExperiencesNeither Adopted nor Borrowed: A Critique of the Conception of the South African Bill of Rights author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ)

On-line version ISSN 1727-3781

PER vol.26 n.1 Potchefstroom  2023

http://dx.doi.org/10.17159/1727-3781/2023/v26i0a17331 

SPECIAL EDITION: LAND & CUSTOMARY LAW

 

Laudatio Opgedra aan Willemien du Plessis

 

 

NJJ Olivier

North-West University, South Africa. Email: nicjjolivier@outlook.com

 

 

Kollegas en vriende

Dit is 'n baie besonderse eer om hierdie laudatio op te dra aan Willemien du Plessis, wat oor dekades die dikwels moeisame pad van regsboefening, regsnavorsing, regsvernuwing en impakmakende toegepaste regsbetrokkenheid met soveel ywer, toewyding en geesdrif, uitgebeietel het.

Direk na haar aanstelling by die destydse PU vir CHO het sy reeds van vroeg af haar merk in die akademiese gemaak met haar proefskrif oor die reg op inligting (met wyle Lourens du Plessis as mentor). Hierdie proefskrif het die eerste wesenlike teoretiese raamwerk vir, en reikwydte van, dié fundamentele reg gekarteer - met menige navolgende studies wat spesifieke aspekte wat in haar proefskrif belig is, verder ondersoek het.

Soos duidelik blyk uit hierdie huldigingsbundel, het Willemien se omvattende akademiese navosings- en doseerbetrokkenheid uigestrek tot vele velde, insluitend:

a) Regsgeskiedenis (vanaf die Romeinse tyd tot vandag, insluitende die eerste ontsluiting van die reekse manuskripbundels wat die sivielregtelike uitsprake van die Kaapse Hoogste Hof tydens die Tweede Engelse Besettingstydperk tot die inwerkingstelling van die tweede Charter of Justice in 1834).

b) Regspluralisme, tradisonele gemeenskappe en tradsionele leierskapsinstellings.

c) Grondreg en grondreghervorming, insluitend die historiese ontwikkelingsgang van die uiteenlopende grondbestuurstelsels in Suid-Afrika.

d) Omgewingsreg, klimaatsverandering, mineraalreg en energiereg.

Willemien se roemryke loopbaan word gekenmerk deur talle prestasies. Op akademiese gebied het sy uitsonderlik gepresteer met 210+ publikasies in geakkrediteerde internasionale en nasionale vaktyskrifte; 26+ ander publikasies; 65+ bydraes in vakhandboeke; 25+ ongepubliseerde navosingsverslae; asook 85+ nasionale en 25+ internasionale konferensiebydraes.

Daarbenewens was sy ook departementshoof en voorsitter van verskeie navorsingsfokusareas in die Fakulteit Regte. Sy het wye erkenning buite die Universiteit geniet, sowel binnelands as buitelands, as mede-navorser, evalueerder, redaksielid van verskeie internasionale tydskrifte, en Raadslid van die Noord-Wes Universiteit.

En die akademiese fakkel het sy aan die opkomende geslag oorgedra as studieleier vir 12 LLM (navorsing) studente, 21 LLM mini-skripsies, 3 M-studente in Omgewingsbestuur, 1 MA-student in Latyn, en 20 LLD-studente. Talle van die studente het hul weg gevind in die akademie deur aanstellings by verskeie universiteite.

Maar Willemien is nie net 'n voortreflike akademiese reus nie - haar kollegas, studente en vriende getuig sonder voorbehoud van haar nederigheid, mensliewendheid, opregte betrokkenheid en omgee - ook vir die wat op die kantlyn van die lewe staan.

Willemien, ons salueer jou vir die voorbeeld wat jy vir soveel gestel het - en bly stel; én vir die verrykende en verreikende impak wat jy op so baie gehad het - en steeds het.

Mag die aanbreek van hierdie nuwe lewensfase vir jou ook nuwe ontdekkingstogte en nuwe vervullings inhou. Jou bydrae as akademikus en as mens is 'n helder ligbaken vir dié wat saam met jou die lewenspad loop - én vir dié wat na jou kom.

NJJ (Nic) Olivier

 

 

Date Submitted: 15 November 2023
Date Published: 23 November 2023

 

 

Guest Editors: Prof C Rautenbach, Prof JM Pienaar
Journal Editor: Prof C Rautenbach
* Nic Olivier. BA (Law) LLB LLD LLD BA (Hon) MA BA (Hon) B Phil. Professor emeritus and former director, SADC Centre for Land-related, Regional and Development Law and Policy, Faculty of Natural and Agricultural Sciences, University of Pretoria, South Africa. Currently extraordinary professor, Faculty of Law, North-West University, South Africa and Senior international constitutional, governance, public administration, human rights, policy and legal advisor and consultant. Email: nicjjolivier@outlook.com. ORCiD: https://orcid.org/0000-0003-3643-863X.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License