SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.23 número1The Powers of the Office of the Public Protector and the South African Human Rights Commission: A Critical Analysis of SABC v DA and EFF v Speaker of the National Assembly 2016 3 SA 580 (CC)Baleni v Minister of Mineral Resources 2019 2 SA 453 (GP): Paving the Way for Formal Protection of Informal Land Rights índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ)

versão On-line ISSN 1727-3781

PER vol.23 no.1 Potchefstroom  2020

http://dx.doi.org/10.17159/1727-3781/2020/v23i0a7449 

CASE NOTES

 

'n Leë Dop is soms beter as 'n Halwe Eier -Gounden v Masterof the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) en Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZN)

 

 

A Gildenhuys*

North-West University South Africa. Email: Anel.Gildenhuys@nwu.ac.za

 

 


ABSTRACT

An empty shell is sometimes better than half an egg - Gouden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZN) and Govender v Gouden 2019 2 SA 2 SA 262 (KZN)
The KwaZulu-Natal High Court, Durban, recently had the opportunity to interpret section 15(3)(b)(iii) of the Matrimonial Property Act 88 of 1984 within the context of the South African law of succession. This section states that: "A spouse shall not without the consent of the other spouse ... receive any money due or accruing to that other spouse or the joint estate by way of ... inheritance, legacy, donation, bursary or prize left, bequeathed, made or awarded to the other spouse." The question before the court was whether a person who is married in community of property requires the consent of his or her spouse in order to repudiate an intestate inheritance. The following aspects were considered by both the court a quo (Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD)) as well as the full bench on appeal (Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZN)): the distinction between dies cedit and dies venit; the importance of this distinction in electing to either adiate or to repudiate an inheritance; and the implications for the joint estate of spouses married in community of property. The purpose of this contribution is to analyse and critically discuss the reasoning in the judgments in relation to these three aspects.

Keywords: Adiation and repudiation; dies cedit; dies venit; intestate law of succession; joint estate; law of succession; marriage in community of property; matrimonial property law; consent of spouses; vesting of rights.


 

 

1 Inleiding

Die speelse uitdrukking "wat myne is, is joune" is sinoniem met 'n huwelik gesluit in gemeenskap van goed.1 In die geval van testamentêre bemakings, staan dit normaalweg 'n testateur vry om te bepaal dat 'n bemaakte voordeel nie deel van die gemeenskaplike boedel van die begunstigde en laasgenoemde se gade sal vorm nie. Die bedoeling en uitwerking hiervan is dat die bemaking in die "privaatboedel" van die begunstigde moet val.2 'n Tipiese voorbeeld lui soos volg:3

Ek bepaal ... uitdruklik dat geen voordele wat enige erfgenaam onder hierdie testament te beurt sal val ooit deel sal vorm van enige huwelik binne gemeenskap van goed of van enige aanwas van 'n huwelik waarop die aanwasbedeling van toepassing is nie.

Bogenoemde testamentêre beskerming is egter nie ter sprake in die geval van 'n intestate erfgenaam wat in gemeenskap van goed getroud is nie. Hoe word 'n geval hanteer waar 'n erfgenaam (getroud in gemeenskap van goed, maar reeds 35 jaar van haar man vervreem) wil verhinder dat 'n intestate erfporsie waarop sy geregtig is, in die gemeenskaplike boedel van haar en haar man val? Meer bepaald, hoe voorkom sy dat die testamentêre begunstigdes van haar man by sy dood aanspraak maak op die helfte van haar intestate erfporsie weens die werking van die gekose en toepaslike huweliksgoederebedeling?

Mev Gounden het gereken 'n leë dop is in hierdie geval beter as 'n halwe eier,4 deur te besluit om 'n intestate erfporsie vanaf haar oorlede suster eerder te repudieer5 as wat die helfte daarvan aan haar vervreemde man en by sy afsterwe, sy lewensgenoot, toekom. Die Meester van die Hoë Hof, Durban, (hierna die Meester) het egter mev Gounden se repudiasie verwerp en hy was van mening dat mev Gounden nie die erfenis sonder mnr Gounden se toestemming kon repudieer nie, aangesien hulle in gemeenskap van goed getroud was.6 Mev Gounden was nie tevrede met die besluit van die Meester nie en sy het die hof a quo (Gounden v Master of the High Court)7genader vir 'n bevel dat die repudiasie geldig was, wat die hof toegestaan het. Die hof het gesteun op artikel 15(3)(b)(iii) van die Wet op Huweliksgoedere8wat soos volg bepaal:

'n Gade mag nie sonder die toestemming van die ander gade - ... geld wat aan dié ander gade of die gemeenskaplike boedel verskuldig is of toeval by wyse van... erflating, legaat, skenking, beurs of prys aan die ander gade nagelaat, bemaak, gemaak of toegeken ... ontvang nie.

Die eksekuteur en eksekutrise9 van mnr Gounden se boedel was nie tevrede met die uitspraak nie en hulle het weer op hulle beurt na die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban, geappelleer (Govender v Gounden).10 Die appèlhof het met die uitspraak van die hof a quo saamgestem, maar verskil van die hof a quo se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet.

Die regsvraag in beide die hof a quo sowel as op appèl was of n persoon wat in gemeenskap van goed getroud is, sy of haar gade se toestemming nodig het om 'n intestate erfenis te repudieer. Die volgende aspekte is oorweeg: die onderskeid tussen dies cedit en dies venit; die belang van hierdie onderskeid vir die uitoefening van n begunstigde se keuse om te adieer of te repudieer; en die implikasies vir die gemeenskaplike boedel van gades getroud in gemeenskap van goed. Hierdie bydrae het ten doel om die twee uitsprake se beredenering rakende hierdie drie aspekte te analiseer en krities te bespreek.

 

2 Tersaaklike feite

2.1 Algemene agtergrond

Lutchmi Gounden (mev Gounden)11 en Gopalsamy Gounden (mnr Gounden) het op 2 Oktober 1974 'n huwelik in gemeenskap van goed gesluit en 'n dogter is uit hierdie huwelik gebore, naamlik Rianna Gounden.12Alhoewel die egpaar nooit amptelik geskei is nie, was hulle ten tye van mnr Gounden se dood reeds vir 35 jaar vervreem.13 Voor sy dood was mnr Gounden in 'n verhouding met Miriam Rahman (me Rahman)14 betrokke en n kind is uit hierdie verhouding gebore, naamlik Mahomed Gounden (Mahomed).15 Mnr Gounden het op 6 Maart 2012 testaat gesterf16 en me Rahman sowel as Mahomed is in mnr Gounden se testament as begunstigdes aangewys.17

2.2 Mev Gounden se intestate erfenis

Mev Gounden se suster, me Somnaidoo (hierna die erflater)18 het op 19 Augustus 2008 intestaat gesterwe (dit wil sê vier jaar voor mnr Gounden se dood).19 Mev Gounden was een van die erflater se intestate erfgename,20maar sy het haar intestate erfenis gerepudieer.21 Alhoewel geskrewe repudiasie deur mev Gounden op 11 Julie 2013 gelewer is (eers nadat die likwidasie- en distribusierekenings22 geadverteer is), is daar beweer dat mev Gounden reeds heelwat vroeër (alhoewel die datum onbekend is) informeel van die intestate erfenis afstand gedoen het.23

Teen die tyd24 wat die (eerste) eksekuteursrekening in die bestorwe boedel van die erflater kragtens artikel 35(1) van die Boedelwet25aan die Meester26voorgelê is, was mnr Gounden reeds oorlede.27 Ná navrae deur die Meester en dienooreenkomstige voorleggings van verskeie gewysigde rekeninge by die Meester,28 is toestemming op 3 Januarie 2013 deur die Meester aan die erflater se eksekutrise29 verleen om die eksekuteursrekening ooreenkomstig artikel 35(5)(a) van die Boedelwet te adverteer.30 Die volgende besware teen die geadverteerde rekening is ontvang:

(a) deur mev Gounden wat beweer dat die (informele) repudiëring31 van haar erfenis nie in die distribusierekening weerspieël word nie en dat sy steeds as 'n erfgenaam in die distribusierekening gelys word;32 en

(b) deur die behoorlik aangestelde eksekuteurs33 van mnr Gounden se bestorwe boedel wat beweer dat die bedrag wat aan mev Gounden in die distribusierekening toegeken is,34 eintlik in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden val en, aangesien mnr Gounden intussen oorlede is, die bedrag toekom aan "the joint estate of the late Mr Gounden and the first respondent35 as his surviving spouse, which they administer".36

Tussen die tydperk van advertering van die eksekuteursrekening en die Meester se beslissing rakende die besware geopper teen die rekening, is die formele repudiëring deur mev Gounden op 11 Julie 2013 uitgevoer deur dit op skrif te plaas en te onderteken.37

In antwoord op die bogenoemde besware, het die Meester op 20 Augustus 2013 beslis dat:

(a) mev Gounden se brief van repudiasie (gedateer 11 Julie 2013) nie aanvaar word nie, aangesien sodanige repudiasie weens die tersaaklike huweliksgoederebedeling met die toestemming van mnr Gounden gepaard moes gegaan het;38 en

(b) aangesien mev Gounden se repudiasie nie erken word nie, die intestate erfenis die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden moes toekom:39

If the deceased's sister,40 Lutchmi Gounden, is one of the intestate heirs and she was married in community of property at the time of the deceased's death, then she and by virtue of her matrimonial property regime also her spouse (who was then still alive) - in other words their joint estate are intestate heirs.41

Mev Gounden en Rianna Gounden het gevolglik 'n aansoek in die hof a quo gebring vir 'n bevel teen die Meester; die eksekutrise van die erflater se boedel; asook die eksekuteurs van mnr Gounden se boedel. Hulle eis onder meer dat mev Gounden se brief van repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar ten opsigte van die erflater se bestorwe boedel verklaar moet word en spesifiek dat die Meester aangesê moet word om genoemde repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar te aanvaar.42 Ten tye van die verrigtinge in die hof a quo was die eksekuteursrekening rakende die erflater se bestorwe boedel nog nie afgehandel nie.

2.3 Uitspraak van die hof a quo: Gounden v The Master of the High Court43

Die enkelregter, regter Pillay, het onder meer die gemeenregtelike posisie rakende die vestiging van regte,44 die verskil tussen adiasie en repudiasie van 'n erfenis,45 asook tersaaklike bepalings rakende die huweliksgoederebedeling (spesifiek artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet)46geraadpleeg om tot die gevolgtrekking te kom dat mev Gounden se intestate erfenis nog nie in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden gevestig het nie, aangesien die Meester nog nie die eksekuteursrekening goedgekeur het nie.47 Mev Gounden se skriftelike repudiasie (sonder die toestemming van mnr Gounden of sy eksekuteurs) van 11 Julie 2013 was gevolglik nog betyds en die Meester is gelas om sodanige skriftelike repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar te beskou.48

 

3 Op appèl: Govender v Gounden49

3.1 Inleiding

Soos reeds genoem50 het die eksekuteurs van mnr Gounden se bestorwe boedel, asook me Rahman en Mahomed, teen die bevel van die hof a quo geappelleer. Hulle was egter onsuksesvol, aangesien die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban, die bevel van die hof a quo gehandhaaf het, alhoewel dit weens uiteenlopende redes was. Die verskil in benadering tussen die twee uitsprake is interessant en ook belangrik om van kennis te neem. Gevolglik word dié twee uitsprake se beredenering rakende die volgende aspekte geanaliseer en krities bespreek:

(a) die onderskeid tussen dies cedit en dies venit tesame met gepaardgaande aspekte van die boedelberedderingsproses;51

(b) die belang van bogenoemde onderskeid vir die uitoefening van die erfgenaam se keuse om te adieer of repudieer met spesifieke verwysing na die formaliteite vir die repudiëring van 'n erfenis en die vraag of mev Gounden se skriftelike repudiasie van 11 Julie 2013 betyds ontvang is;52 en

(c) die implikasies vir die gemeenskaplike boedel van gades wat in gemeenskap van goed getroud is, spesifiek met betrekking tot die vraag of n gade se toestemming nodig is om n erfenis te repudieer.53

3.2 Dies cedit, dies venit en relevante aspekte van die boedel-beredderingsproses

Die Romeins-Hollandse54 beginsel van universele erfopvolging (succession in universitatem) het tot 1833 aan die Kaap toepassing gevind.55 Hierdie beginsel het onder meer behels dat 'n erfgenaam56 bates sowel as laste erf.57 Du Toit58 verwoord hierdie beginsel soos volg:

Roman-Dutch law prescribes that, upon adiation,59 the heir succeeded ex lege to the deceased's assets and liabilities, and that the heir had to represent and administer the deceased estate.

Du Toit60 noem dat, alhoewel die Romeins-Hollandse reg die aanstelling van n eksekuteur erken het, sodanige eksekuteur se rol beperk was tot die verlening van hulp aan die erfgenaam in die bereddering van die bestorwe boedel. Onder Britse beheer het die Engelse stelsel van eksekuteurskap die Romeins-Hollandse beginsel van universele erfopvolging ingevolge die Kaapse Ordinansie 104 van 1833 vervang.61 Gevolglik het die bereddering van n bestorwe boedel nie meer op die erfgenaam neergekom nie, maar die eksekuteur het die boedel geadministreer deur onder meer die volgende: skuld wat die boedel toekom, in te win; die krediteure van die bestorwe boedel te betaal; en die netto bates tussen die oorledene se begunstigdes te verdeel.62 Vandag word die rol van die eksekuteur deur die Boedelwet uiteengesit.

Die verskil tussen universele erfopvolging en die hedendaagse rol van die eksekuteur in die bereddering van n bestorwe boedel, is dat ingevolge universele erfopvolging n erfgenaam wat adieer, outomaties eiendomsreg (dominium) oor die bates in die boedel verkry. In die geval waar 'n eksekuteur aangestel word, is die erfgename se reg om te erf nie meer absoluut of gewaarborg nie, maar hang af van byvoorbeeld die solvensie van die bestorwe boedel. Die praktiese implikasie van laasgenoemde geval word soos volg in Greenberg v Estate Greenberg63verwoord:

The position under our modern system of administering deceased estates is that when a testator bequeaths property to a legatee the latter does not acquire dominium in the property immediately on the death of the testator but what he does acquire is a vested right to claim from the testator's executors ... delivery of the legacy.64

Met verwysing na Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan (hierna die Jewish Colonial Trust-saak)65 dui Jamneck66 aan dat die woord "vestiging" (vesting) in 'n erfregtelike konteks verwys na die oomblik wanneer 'n begunstigde (testaat of intestaat) die houer van 'n reg word, naamlik 'n vorderingsreg (persoonlike reg) om lewering van die bemaakte of intestate erfenis onvoorwaardelik te eis.67 Dit is geykte reg dat 'n begunstigde hierdie vorderingsreg verkry sodra "die boedel van die oorledene ten opsigte van daardie bevoordeling oopval"68 en hierdie oopval van die boedel staan as delatio bekend.69 Daar word ook na die oomblik van delatio verwys as dies cedit70

Dit beteken egter nie noodwendig dat die houer van die vorderingsreg reeds hierdie reg kan afdwing, of die genot wat die bemaking of intestate erfenis inhou, kan begin geniet nie. Die oomblik wanneer die begunstigde wel sy of haar vorderingsreg kan afdwing, staan as dies venit bekend.71Rautenbach72 omskryf dies venit gevolglik as die oomblik wanneer n begunstigde lewering van die bemaakte of intestate erfenis kan eis of die dag waarop lewering van die bemaakte voordeel moet plaasvind.73

Tensy 'n testateur uitdruklik anders in sy of haar testament aandui, word dit vermoed dat die testateur bedoel het dat beide dies cedit en dies venit ten tye van sy of haar dood moet aanbreek.74 Die testateur kan egter óf dies cedit óf dies venit of beide uitstel deur onder meer gebruik te maak van n opskortende voorwaarde.75 Aangesien die Gounden- en Govender-sake oor die vestiging van regte ten opsigte van 'n intestate erfporsie handel, val die verskillende wyses van testamentêre uitstel van dies cedit en dies venit egter buite die bestek van hierdie bydrae.76 Soortgelyk val die vestiging en afdwinging van regte in die geval waar n geldige testament onuitvoerbaar word, ook buite die bestek van hierdie bydrae.77

In die geval waar 'n persoon weens die gebrek aan 'n geldige testament intestaat te sterwe kom,78 vind beide dies cedit en dies venit ten tye van die oorledene se dood plaas.79 Anders verwoord, dui regter Pillay80 (met verwysing na 'n reeks appèlhofuitsprake81 en die werke van verskeie outeurs82) in die hof a quo aan dat dit algemeen aanvaar word dat "inheritance in an intestate estate vests on the death of the deceased".

Met verwysing na die invloed van die boedelberedderingsproses op die uitoefening van die vorderingsreg, dui hoofregter Centlivres in Greenberg v Estate Greenberg83aan dat alhoewel beide dies cedit en dies venit ten tye van die oorledene se dood kan aanbreek, die afdwinging van die begunstigde se vorderingsreg nie onmiddellik ten tye van die oorledene se dood kan plaasvind nie, maar eerder ná bevestiging van die likwidasie- en distribusierekenings.84 Hierdie standpunt word gesteun deur waarnemende hoofregter Joubert in De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue (hierna die De Leef-saak):85

... [A]ccording to our modern system of administration of deceased estates, the heir or legatee of an unconditional bequest obtains a vested right (dies cedit) to be entitled to the bequest on the death of the testator (a morte testatoris). Such a right is transmissible but his claim is enforceable only at some future time when the executor's liquidation and distribution account has been confirmed (dies venit). He then has an enforceable right to claim payment, delivery or transfer of his bequest (ius in personam ad rem acquirendam).

Bevestiging van die likwidasie- en distribusierekenings deur die Meester word gevolglik in die moderne boedelberedderingsproses beskou as die oomblik waarop dies venit aanbreek.

Dit word egter in die De Leef-saak86 uitgelig dat nóg die Boedelwet 66 van 1965 nóg sy voorganger (die Boedelwet 24 van 1913) na die "confirmation of the accounts" verwys. Artikel 35(4) verwys na die nasien ("examination") van die eksekuteur se voorlopige rekening en artikel 35(12) verwys na die situasie waar die eksekuteursrekening reeds ooreenkomstig die prosedure en voorskrifte van artikel 35(4)-(11) ter insae gelê het en daar is geen besware ontvang nie, naamlik dat die eksekuteur onverwyld moet voortgaan om die skuldeisers van die oorledene uit te betaal en die boedel onder die erfgename te verdeel ooreenkomstig die rekening.87 Dit word gevolglik deur Corbett et al88voorgestel dat "confirmation" (en derhalwe die aanbreek van dies venit) in hierdie konteks verwys na artikel 35(12) van die Boedelwet, naamlik dat die rekening vir die voorgeskrewe tydperk,89 sonder enige besware, ooreenkomstig die bepalings van artikel 35(4)-(11) van die voormelde wet ter insae gelê het, en die eksekuteur gevolglik die skuldeisers kan uitbetaal en die boedel onder die erfgename kan verdeel.90

Die bevestiging van die eksekuteursrekening deur die Meester (naamlik die situasie geskets in artikel 35(12)) as die oomblik waarop dies venit aanbreek, word gevolglik ook deur die hof a quo gehandhaaf.91 Die hof a quo kom tot die gevolgtrekking dat, aangesien die Meester in die huidige saak nog nie die eksekuteursrekening bevestig ("confirm") het nie, die erfenis self nog nie in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden gevestig het nie.92 Soos reeds aangedui,93 was mev Gounden se skriftelike repudiasie (sonder die toestemming van mnr Gounden of sy eksekuteurs)94van 11 Julie 2013 beskou as betyds, en die hof a quo het die Meester gelas om sodanige skriftelike repudiëring as geldig, bindend en afdwingbaar te beskou.95

Op appèl argumenteer die appellante96 onder meer dat regter Pillay fouteer het deur te bevind dat n erfenis in n instestate erfgenaam vestig wanneer dies venit aanbreek en dat die voormelde regter eerder moes bevind het dat n erfenis in 'n intestate erfgenaam vestig wanneer dies cedit aanbreek.97 Die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban (by monde van regter Koen),98 verwys ook na die verskil tussen dies cedit en dies venit soos verwoord in die De Leef-saak,99 en die hof a quo se gevolgtrekking word gevolglik gesteun dat:

(a) dies cedit aangebreek het ten tye van die dood van mev Gounden se suster (reeds voorheen na verwys as die erflater), naamlik dat 'n onliggaamlik gevestigde reg tot die erfenis100 ten tye van die erflater se dood toegeval het; maar

(b) aangesien die eksekuteursrekening nog nie deur die Meester goedgekeur101is nie, sodanige onliggaamlike gevestigde reg nog nie getransformeer het in 'n afdwingbare reg om betaling, lewering of oordrag van die erfenis te eis nie - ongeag in wie/wat102 hierdie onliggaamlike reg gevestig het.

Met verwysing na die ooreenstemmende beslissing rakende die tydstip van dies cedit en dies venit in die geval van 'n intestate erfenis deur beide die hof a quo en die appèlhof, kan die verskil tussen dies cedit en dies venit gevolglik vir doeleindes van hierdie bydrae verwoord word soos volg:

(a) dies cedit as die vestiging van die vorderingsreg in die intestate erfgenaam ten tye van die erflater se dood; teenoor

(b) dies venit as die vestiging van die erfenis self in die erfgenaam, welke erfenis deur 'n saaklike reg deur die intestate erfgenaam toegeëien kan word vanaf die oomblik waarop die eksekuteursrekening deur die Meester bevestig of goedgekeur word.

3.3 Repudiasie deur 'n intestate erfgenaam

Op appèl verwys regter Koen103 na die oorspronklike aansoek wat in die hof a quo gedien het en waarin mev Gounden, onder meer, die rede vir haar repudiëring104 van die erfenis verduidelik, naamlik dat sy bewus was dat, sou sy die intestate erfenis adieer, dat dié erfenis die gemeenskaplike boedel van haar en mnr Gounden sou toekom; en dat by mnr Gounden se afsterwe sou laasgenoemde se testamentêre begunstigdes (insluitende Me Rahman en Mahomed) gevolglik aanspraak kan maak op die helfte van mev Gounden se intestate erfenis vanaf haar suster. Regter Koen105 dui egter aan dat die rede vir die repudiëring irrelevant tot die aansoek was, solank daar n geldige repudiasie was.106 Regter Koen107 verwys onderskeidelik na mev Gounden se skriftelike repudiasie, welke dokument volgens regter

Koen verly is "as it was formally required'108en die informele repudiasie wat vroeër109 deur mev Gounden aan die eksekutrise van die erflater se intestate boedel gekommunikeer is.110

Ten spyte van regter Koen se verwysing na "valid renunciation"111 en "document executed, as it was formally required",112laat hy nogtans na om laasgenoemde "formaliteit" of vereiste (naamlik 'n geskrewe repudiëring) te staaf. Dit blyk dat beide die hof a quo en die volbank geskrewe repudiasie van n erfenis as n vanselfsprekende vereiste aanvaar.

Dit blyk egter voorts uit die feite113 dat mev Gounden se informele repudiëring deur die Meester verwerp is, nie omdat dit nie op skrif gestel is nie, maar eerder omdat dit sonder die toestemming van mnr Gounden geskied het. Indien in ag geneem word dat die hof a quo tot die gevolgtrekking gekom het dat mev Gounden nie die toestemming van mnr Gounden114 nodig gehad het om die intestate erfenis te repudieer nie (soos bevestig deur die volbank op appèl),115 ontstaan die vraag of die vroeëre informele repudiëring van mev Gounden voldoende sou wees, indien die hof se vanselfsprekende aanvaarding van skriftelike repudiasie as n vereiste, ongegrond was.

Gevolglik is 'n bespreking rakende die volgende aspekte noodsaaklik, naamlik die formaliteite in die geval van die repudiëring van spesifiek n intestate erfenis; en die tydperk waarbinne repudiasie kan of moet plaasvind.

3.3.1 Formaliteite vir die repudiëring van n intestate erfenis

Wat die verband tussen die vestiging en afdwinging van regte116 en adiasie/repudiasie betref, verwys verskeie outeurs117 na die volgende dictum in Crookes v Watson:118

The oft-repeated saying that a legatee does not acquire a legacy unless he accepts it, misplaces the stress; it would be more correct to say that he acquires a right to the subject-matter of the bequest unless he repudiates it.119

Gebaseer op hierdie stelling, dui De Waal en Schoeman-Malan120 aan dat 'n begunstigde se reg outomaties vestig ten tye van dies cedit (wat intestaat ten tye van die dood van die oorledene is),121 sonder dat die begunstigde noodwendig n aanduiding van sy of haar aanvaarding van die erfenis hoef te gee, of selfs bewus van die erfenis hoef te wees.122 Gevolglik word dit aanvaar dat, tensy 'n begunstigde die erfenis "uitdruklik" gerepudieer het, hy of sy die erfenis aanvaar het.123 Van der Merwe en Rowland124 is derhalwe van mening dat repudiasie as 'n ontbindende voorwaarde beskou moet word, naamlik dat 'n begunstigde die reghebbende125 word en "dit bly indien hy nie repudieer nie".126 Met inbegrip van enkele uitsonderings, vind adiasie van 'n erfenis gevolglik outomaties plaas, aangesien die erfenis slegs voordeel inhou en tot geen aanspreeklikheid lei nie.127 Die praktiese implikasie hiervan is dat geen voorgeskrewe formaliteite vir die aanvaarding van 'n onvoorwaardelike testamentêre bemaking en, meer spesifiek vir die doeleindes van hierdie bydrae, 'n intestate erfenis bestaan nie.128 Gevolglik dui Erasmus et al129aan dat adiasie uitdruklik of stilswyend kan geskied. Dit kan byvoorbeeld uit die optrede van die begunstigde afgelei word, deurdat hy of sy met die boedelbates omgaan in sy of haar hoedanigheid as erfgenaam.130 So dui Corbett et al131 aan dat aanvaarding van 'n erfenis neerkom op geïmpliseerde adiasie. Sou mev Gounden byvoorbeeld gelde uit die bestorwe boedel tydens die beredderingsproses ontvang het, sou sodanige ontvangs kon neerkom op mev Gounden se keuse om te adieer, welke optrede teenstrydig tot die bedoeling om te repudieer sou wees.132

Soos hierbo aangedui, is daar uitsonderings op die reël dat adiasie van 'n erfenis outomaties en gevolglik sonder formaliteite plaasvind. Waar 'n erfenis met die een of ander verpligting of las133 gepaard gaan of waar die testateur oor die begunstigde se bates beskik,134 moet die begunstigde sy of haar keuse om te adieer of te repudieer, uitdruklik te kenne gee.135Hierdie toedrag van sake staan as die "leerstuk van eleksie/keuse" bekend, en die begunstigde se keuse om te adieer of te repudieer word skriftelik gedokumenteer by wyse van 'n adiasie- of repudiasiesertifikaat, welke sertifikaat by die Meester tesame met die eksekuteursrekening ingehandig word.136 Dié leerstuk vind nie toepassing in die geval van intestate erfopvolging nie.137

Die vraag ontstaan gevolglik of die repudiëring van 'n erfenis in die geval waar die leerstuk van eleksie nie ter sprake is nie (soos in dié geval n intestate erfenis), skriftelik moet geskied al dan nie. Met enkele uitsonderings blyk dit dat die vernaamste werke op die gebied van die Suid-Afrikaanse erfreg en boedelbereddering138 bloot aandui dat repudiasie in die algemeen skriftelik moet geskied, sonder dat gesag vir hierdie stelling aangebied word.139 Jamneck140 dui byvoorbeeld aan dat adiasie (uitgesluit die toepassing van die leerstuk van eleksie) in die meeste gevalle uit die begunstigde se optrede afgelei kan word en sodanige stelling word gestaaf deur verwysing na 'n aantal hofsake.141 Hierdie stelling word deur Jamneck142 opgevolg deur 'n ongestaafde:

By contrast, repudiation is not readily inferred from conduct and written proof is usually required.

De Clercq et al143dui aan dat wanneer n begunstigde n voordeel wat nie aan n modus gekoppel is nie repudieer, sodanige repudiëring as "unusual behaviour" beskou word en die eksekuteur sodanige repudiasie gevolglik skriftelik moet ontvang. Laasgenoemde word egter nie gestaaf nie. Ook Van der Merwe en Rowland144 maak die volgende ongestaafde stelling: "Die Meester vereis skriftelike bewys van repudiasie in alle gevalle waar die bevoordeelde nie die bemaking aanvaar nie." Erasmus et al145gebruik laasgenoemde (ongestaafde) stelling deur Van der Merwe en Rowland om die volgende te staaf: "Written proof of adiation is usually required where acceptance of the benefit will impose a burden on the beneficiary, or of repudiation where no burden is imposed."146 De Waal en Schoeman-Malan147 se "[w]ritten repudiation is also required where no such obligation has been placed on the beneficiary" word wel gestaaf, maar sodanige stawing verwys na die bronne waar dié stelling oorspronklik ongestaaf was, naamlik Van der Merwe en Rowland, De Clercq et al en Erasmus et al hierbo.

Dit is vreemd dat Erasmus et al148in dieselfde paragraaf waarin genoem word dat geskrewe bewys van repudiasie nodig is in gevalle waar geen verpligting op die begunstigde geplaas word nie, ook verwys na Voet 29.2.33149 waarin die metodes van repudiëring deur sui et necessarii heredes150 en extranei heredes151 in die Romeinse reg uiteengesit word:

... [I]t is passed over by own heirs when they refrain, and thus either touch nothing in the inheritance, or make a declaration judicially or extra judicially that they do not wish to keep the inheritance from their father. Stranger heirs reject. Such a rejection can on the analogy of an adiation take place not only by words, but also in fact and by any other token of will. It has nevertheless been advised above that own heirs cannot refrain if they have filched anything from the inheritance, or have fulfilled a potestative condition, though stranger heirs can do so. In general all who have once obtained an inheritance by adiating or by intermeddling cannot reject, inasmuch as they always remain heirs.152

Erasmus et al153 verwoord bogenoemde soos volg: "A beneficiary may repudiate an inheritance ... by any means which unequivocally express or imply his or her intention to do so."154 Erasmus et al155 sluit egter dié bespreking af met die kontrasterende opmerking (soos hierbo aangehaal), dat geskrewe bewys van repudiasie nodig is in gevalle waar geen verpligting op die begunstigde geplaas word nie.

Alhoewel Wiechers en Vorster156 na die vereistes vir 'n "aanvaarbare" (geskrewe) adiasie- of repudiasiesertifikaat verwys, slaan sodanige vereistes op die geval waar die leerstuk van eleksie toepassing vind. Ook LexisNexis se Practical Guidance157verwys slegs na skriftelike repudiasie (met 'n voorbeeld) in die konteks waar die leerstuk van eleksie toepassing vind.

Met verwysing na De Clercq et al158 se stelling dat skriftelike repudiasie nodig is, aangesien dit ongewoon vir n begunstigde is om n erfenis wat nie aan 'n verbintenis gekoppel is nie,159 te repudieer (soos in die geval van 'n intestate erfgenaam), kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat sodanige skriftelike "vereiste" eerder 'n praktyksriglyn is as wat dit van regsweë voorgeskryf word. Hierdie gevolgtrekking word versterk deur inter alia Jamneck160 en Erasmus et al161 se verwysing na skriftelike repudiëring wat in die normale gang van sake ("usually") vereis word.

Alhoewel skriftelike repudiasie waar die leerstuk van eleksie nie toepassing vind nie, nie van regsweë voorgeskryf word nie, wil dit tog voorkom asof skrif wél vir praktiese doeleindes in die bereddering van 'n bestorwe boedel nodig is. Sodanige praktiese belang sluit die oordrag van onroerende eiendom in, aangesien bewys van enige afstanddoening of repudiasie van 'n erfenis deel uitmaak van die dokumente wat by die akteskantoor ingedien moet word vir die uiteindelike oordrag van onroerende eiendom.162 Hierdie toedrag van sake is egter ook gebaseer op n praktyksriglyn (Deeds Office Practice). Die uiteindelike oordrag van eiendom beteken dan ook dat die Meester reeds die eksekuteursrekening "goedgekeur/bevestig"163 het en dat die boedel daadwerklik verdeel kan word.

Alhoewel die hof in die Govender-saak164 na "valid renunciation" verwys in die konteks van geskrewe repudiëring soos daar formeel vereis ("formally required") is, kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat sodanige skriftelike repudiëring waar die leerstuk van eleksie nie ter sprake is nie, bloot 'n praktyksriglyn is. Die Meester se oorspronklike verwerping van mev Gounden se informele repudiëring165 sou heel moontlik anders verloop het sou die Meester toe reeds bewus gewees het van die hof (beide a quo en op appèl) se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet (naamlik dat toestemming van 'n gade, getroud in gemeenskap van goed, nie nodig is om 'n erfenis te repudieer nie).166 Mev Gounden se beswaar teen die eerste eksekuteursrekening, naamlik dat sy steeds in die distribusierekening as n erfgenaam gelys word, ondanks die feit dat sy die eksekutrise (informeel) in kennis gestel het dat sy nie wil erf nie, sou dan heel moontlik deur die Meester aanvaar gewees het, met opskrifstelling van die repudiëring as formaliteit, indien nodig.

3.3.2 Die tydstip waarop repudiasie moet geskied

Soos reeds aangedui,167 het regter Pillay168 in die hof a quo tot die gevolgtrekking gekom dat mev Gounden ten tye van die aanbreek van dies cedit (naamlik ten tye van die dood van haar suster), 'n reg verkry het om haar (intestate) erfenis op te eis. Regter Pillay169 stel dit egter duidelik dat hierdie reg nie 'n reg op die erfenis self is nie, aangesien die erfenis self eers in mnr en mev Gounden se gemeenskaplike boedel sou gevestig het nadat die likwidasie- en distribusierekeninge sonder enige besware ter insae gelê het.170 In die onderhawige geval het die Meester nog nie die eksekuteursrekening goedgekeur nie, en krediteure kon nog hul eise instel.171 Gevolglik was regter Pillay van mening dat mev Gounden "was free to dispose of her inheritance as she pleased" totdat dies venit aangebreek het.172 Op appèl bevraagteken regter Koen173 egter die juistheid van hierdie stelling, sou dit daarop neerkom dat repudiëring post dies venit nie moontlik is nie - dit wil sê (in die lig van die bespreking in afdeling 3.2 hierbo) dat repudiëring deur 'n begunstigde174 nie moontlik is nadat die Meester die eksekuteursrekening "goedgekeur/bevestig"175 het nie. Regter Koen176 gee toe dat die meeste gevalle van repudiëring voor dies venit sal plaasvind, maar "in the absence of conduct inconsistent with an election to renounce, there is probably no bar to a renunciation post dies venit within a reasonable time".

Volgens regter Koen is repudiasie gevolglik moontlik selfs nadat die Meester die eksekuteursrekening reeds goedgekeur het, mits dit binne 'n redelike tyd ná dies venit geskied. Wat n "redelike tyd" behels, is egter debatteerbaar. In In re Estate Late LJ Steytler177is "redelike tyd"178 vir die uitoefening van 'n begunstigde se keuse verwoord as:

... a beneficiary need not adiate until he knew what his rights were, ie until the estate was in a position to be distributed ... .

Erasmus et al179dui aan dat dié stelling twee moontlike interpretasies kan hê, naamlik:

(a) dat die begunstigde nie nodig het om sy of haar keuse uit te oefen alvorens die eksekuteur in staat is om sy of haar likwidasie- en distribusierekenings op te stel nie; of

(b) dat die begunstigde nie nodig het om te adieer (of dan in die huidige geval, te repudieer) alvorens die eksekuteursrekening ter insae gelê het (en daaropvolgend deur die Meester goedgekeur/bevestig is) en die eksekuteur in staat is om die boedel te verdeel nie.

Aangesien die eksekuteur nie sy of haar distribusierekening kan opstel en die boedel ooreenkomstig kan verdeel180 tensy die begunstigde sy of haar keuse voor sodanige moment uitgeoefen het nie, is Erasmus et al181 van mening dat interpretasie (b) hierbo nie prakties uitvoerbaar is nie. Erasmus et al182 ondersteun gevolglik interpretasie (a) hierbo, naamlik dat die begunstigde nie nodig het om sy of haar keuse uit te oefen alvorens die eksekuteur in staat of by magte is om die distribusierekening op te stel nie, maar dat sodanige keuse wel uitgeoefen moet word vanaf die oomblik wanneer die eksekuteur wel in so n posisie is, maar voordat die rekening ter insae lê. Uit regter Koen se standpunt dat repudiasie ná dies venit moontlik is (mits dit binne n redelike tyd geskied), blyk dit dat regter Koen eerder interpretasie (b) hierbo in In re Estate Late LJ Steytler183aanhang, aangesien dies venit daarin gedefinieer word as die periode(s) waartydens die rekeninge ter insae gelê het (sonder beswaar, of die omstandighede in artikel 35(12) van die Boedelwet genoem, en die eksekuteur gevolglik kan voortgaan met die betaling van skuldeisers en die verdeling van die boedel). In die lig van Erasmus et al184 se beswaar teen interpretasie (b) soos hierbo uiteengesit, is die praktiese uitvoerbaarheid van dié obiter dictum deur regter Koen185 egter te betwyfel.

Wanneer die eksekuteursrekening ter insae gelê het, en geen beswaar is deur die begunstigdes ten opsigte van die distribusierekening ontvang nie, word aanvaar dat die begunstigdes die erfenis aanvaar het, gebaseer op die bespreking in afdeling 3.3.1 hierbo.186 Uit 'n praktiese oogpunt kan gevra word of die 21 dae insaetydperk dan nie ook dien as die redelike tyd waarbinne die begunstigde(s) moet repudieer nie. Met ander woorde, kan repudiasie (indien nie al vroeër te kenne gegee is nie) beskou word as 'n beswaar teen die distribusierekening? Die beswaar moet dan ooreenkomstig artikel 35(7) van die Boedelwet in elk geval skriftelik geskied.187

3.4 Repudiëring en die toestemming (al dan nie) van gades getroud in gemeenskap van goed

Soos reeds aangedui,188 was mnr en mev Gounden in gemeenskap van goed getroud, alhoewel hulle ten tye van mnr Gounden se dood reeds 35 jaar van mekaar vervreem was. Ingevolge artikel 14 van die Huweliksgoederewet oefen gades wat in gemeenskap van goed getroud is, gelyke beheer oor die gemeenskaplike boedel189 uit.190 Anders gestel, dui Skelton et al191 aan dat, behalwe vir enkele statutêre uitsonderings, beide gades oor bestuursbevoegdhede met betrekking tot die gemeenskaplike boedel beskik.

Die vraag in beide die hof a quo en op appèl was of mev Gounden se repudiëring van die intestate erfenis, sonder mnr Gounden se toestemming,192 geldig was, aangesien die partye in gemeenskap van goed getroud was. Volgens regter Pillay193 vereis die onderhawige geval 'n "interpretasie" van artikel 15(2)-(3)194 van die Huweliksgoederewet en meer spesifiek artikel 15(3)(b)(iii), wat bepaal dat:

... 'n [g]ade mag nie sonder die toestemming van die ander gade - ... (b) geld wat aan dié ander gade of die gemeenskaplike boedel verskuldig is of toeval by wyse van - (iii) erflating, legaat, skenking, beurs of prys aan die ander gade nagelaat, bemaak, gemaak of toegeken; ... ontvang nie;195

Regter Pillay196 kom egter tot die gevolgtrekking dat artikel 15(3)(b)(iii) ondubbelsinnig is en dit blyk duidelik uit die teks dat die toestemming van die ander gade slegs vereis word waar dit gaan om die ontvangs van 'n erfenis wat die gemeenskaplike boedel toekom. Die ander gade197 se toestemming is gevolglik nie nodig indien die erfgenaam gade afstand van 'n erfenis doen nie - soos in die onderhawige geval.198 Die hof bevestig dat die "power of acceptance or rejection" van die erfenis by die erfgenaam berus en dat die gemeenskaplike boedel nie die erfgenaam was nie, maar slegs mev Gounden.199 Regter Pillay200 kom om dié rede tot die gevolgtrekking dat mev Gounden nié mnr Gounden se toestemming nodig gehad het om die intestate erfenis te repudieer nie.201

Die eksekuteurs van mnr Gounden se bestorwe boedel het wel versoek dat woorde soos "verwerp" of "afstand doen" by artikel 15(3)(b)(ii) ingelees moet word, sodat die "ander gade" se toestemming ook nodig is in die geval van repudiëring van 'n erfenis.202 Regter Pillay203 is egter die mening toegedaan dat sodanige situasie sal neerkom op:

... a far-reaching intervention that cannot be entertained in the circumstances of this case. This case clearly exposes and takes into account why it is necessary to allow the heir to retain the power of acceptance or rejection of an inheritance. That is part of our common law and cannot be varied for the convenience of some parties. In this case the parties who seek to share in the estate of Somnaidoo are the intervening parties who had no relationship to Somnaidoo. Given the prolonged estrangement between the first applicant and the deceased it is unconscionable and repugnant to permit the amendment suggested by the third and fourth respondents.

Opsommenderwys kom regter Pillay tot die gevolgtrekking dat die bevoegdheid om te adieer of te repudieer in mev Gounden gevestig het; dat mev Gounden se skriftelike repudiasie van 11 Julie 2013 betyds was;204 en dat, aangesien artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet die toestemming van die ander gade205 slegs vereis indien 'n erfenis aanvaar word, mnr Gounden206 se toestemming in hierdie geval (synde repudiasie van 'n erfenis), nie nodig was nie.207 Gevolglik is die Meester in die hof a quo gelas om mev Gounden se skriftelike repudiasie van 11 Julie 2013 as geldig, bindend en afdwingbaar te beskou.208

Soos vroeër aangedui209 het die volbank van die KwaZulu-Natal Hoë Hof, Durban, die bevel van die hof a quo gehandhaaf, maar weens uiteenlopende redes. Die vernaamste verskil in argument het dit gehad oor die interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet. Volgens regter Koen210 se interpretasie en toepassing van artikel 15(3)(b)(iii), is mev Gounden die "ander gade" en nie mnr Gounden211 nie:

The prohibition is against a 'spouse' receiving 'any money due or accruing' to the 'other spouse', 'without the consent of the other spouse' in respect of an 'inheritance, legacy, donation, bursary or prize left, bequeathed, made or awarded to the other spouse'.

In die onderhawige geval het dit oor die intestate erfenis wat mev Gounden uit hoofde van die toepassing van die Wet op Intestate Erfopvolging toekom, gegaan. Mev Gounden is gevolglik die "ander gade" waarna artikel 15(3)(b)(iii) se "... erflating ... aan die ander gade ... toegeken" verwys.212Mnr Gounden (as die "gade") mag gevolglik nie hierdie gelde wat mev Gounden (as die "ander gade") toekom, ontvang sonder haar toestemming nie.213 Regter Koen214 kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat:

Mr Gounden, or the first and second appellants after his death, could not receive any 'money due or accruing to that other spouse [ie, the first respondent] or the joint estate by way of ... inheritance' ... only the first respondent as 'the other spouse' could 'receive' and hence deal with any such inheritance which might be due or accrue to her or the joint estate ... she would 'receive' any inheritance and be entitled to deal with it to the exclusion of her spouse.215

Die praktiese implikasie van die volbank se bevinding is dat mnr Gounden nie die erfenis waarop mev Gounden geregtig was, self kon ontvang (alhoewel dit deel van die gemeenskaplike boedel sou word) sonder mev Gounden se toestemming nie,216 en dat mnr Gounden eweneens ook nie die gevestigde reg (vorderingsreg) kon verkry wat mev Gounden (en die gemeenskaplike boedel) toegekom het by die dood van haar suster (dies cedit) sonder mev Gounden se toestemming nie.217 Gevolglik:

... if the first respondent wished to renounce the benefit of receiving such inheritance (or the vested right to claim such inheritance) then it was for the first respondent and for her alone, and not Mr Gounden as well, to decide.218

Aangesien mev Gounden se erfenis219 wat buitestaanders (soos krediteure) betref, deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak, oorweeg regter Koen220 die moontlikheid of mev Gounden se repudiasie dan sou neerkom op 'n skenking van 'n bate van die gemeenskaplike boedel aan 'n ander persoon wat in artikel 15(3)(c) verbied word tensy die toestemming van die ander gade verkry is.221 Regter Koen222 dui egter aan dat repudiëring nie neerkom op skenking van die bate in die gemeenskaplike boedel aan 'n ander persoon nie, aangesien die verdere vererwing van die "renounced" erfenis in die geval van intestate erfopvolging, volgens regsweë sal geskied, naamlik volgens die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging.223

 

4 Gevolgtrekking

Hierdie bydrae het ten doel gehad om die twee uitsprake se beredenering rakende die volgende drie aspekte te analiseer en krities te bespreek, naamlik: die onderskeid tussen dies cedit en dies venit; die belang van hierdie onderskeid vir die uitoefening van n begunstigde se keuse om te adieer of te repudieer; en die implikasies vir die gemeenskaplike boedel van gades getroud in gemeenskap van goed.

Beide die hof a quo en die volbank bevestig dat dies cedit in die geval van intestate erfopvolging ten tye van die dood van die oorledene plaasvind en dat dies venit, weens doelmatigheidsredes, verwys na die oomblik waarop die Meester die eksekuteursrekening ooreenkomstig artikel 35(12) van die Boedelwet "goedkeur" of "bevestig".224

Beide die uitsprake is dit ook eens dat die keuse om 'n erfenis te repudieer (of te adieer),225 die persoon toekom wat 'n direkte belang daarby het, naamlik die erfgenaam. Voorts is beide uitsprake dit eens dat gedurende die tydperk tussen dies cedit en dies venit die reg om die keuse uit te oefen, die erfgenaam toekom en nie die gemeenskaplike boedel nie.226

Volgens die hof a quo kan die erfgenaam sy of haar keuse uitoefen vanaf dies cedit tot en met dies venit, terwyl die volbank (by monde van regter Koen) obiter dictum aandui dat repudiasie post dies venit (binne 'n redelike tyd) ook moontlik kan wees.227 Die praktiese implikasies vir die afhandeling van die boedel in die lig van hierdie obiter dictum word egter bevraagteken.228 Terwyl dit algemeen aanvaar word dat 'n begunstigde se keuse om 'n erfenis te aanvaar, uit sy of haar gedrag afgelei kan word,229word daar aan die hand gedoen dat repudiasie as n beswaar teen die eksekuteursrekening (spesifiek die distribusierekening) beskou moet word.230 Die 21 dae insaetydperk kan gevolglik as 'n redelike tyd beskou word waarbinne die begunstigde sy of haar keuse moet uitoefen.

Alhoewel beide uitsprake tot die uiteindelike gevolgtrekking kom dat mnr Gounden se toestemming nie nodig was om die intestate erfenis te repudieer nie, verskil die uitsprake met betrekking tot die interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet:

(a) Volgens regter Pillay se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) is mnr Gounden die "ander gade" wie se toestemming deur mev Gounden (as die gade) nodig was om die erfenis te ontvang. Regter Pillay dui egter aan dat die tersaaklike feite handel met die repudiasie van n erfenis, en aangesien artikel 15(3)(b)(iii) slegs voorsiening maak vir die ontvang van 'n erfenis, mnr Gounden se toestemming gevolglik nie nodig was nie.231

(b) Volgens regter Koen se interpretasie en toepassing van artikel 15(3)(b)(iii), is mev Gounden die "ander gade" en nie mnr Gounden nie. Gevolglik was dit mev Gounden (as die gade wat n erfenis ontvang/toekom) wat toestemming moes verleen alvorens mnr Gounden sodanige gelde kon ontvang - wat natuurlik nooit die geval was nie.232

Alhoewel die twee uitsprake dieselfde resultaat oplewer, word die volbank se letterlike interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet verwelkom gesien in die lig van die toepassing van die presedentestelsel, maar ook weens die indirekte beskerming wat die volbank se interpretasie van artikel 15(3)(b)(iii) aan intestate erfgename bied. In die inleiding is daar verwys na die feit dat 'n testateur kan bepaal dat 'n bemaakte voordeel nie deel van die gemeenskaplike boedel van die begunstigde en sy of haar gade, sal val nie. Weens artikel 15(3)(b)(iii) se ongekwalifiseerde verwysing na "erfenis" (met ander woorde, hetsy 'n testate of intestate erfenis), word die intestate erfgenaam wat in gemeenskap van goed getroud is, gevolglik ook in n mate beskerm, deurdat die intestate erfgenaam-gade (as die "ander gade"), toestemming moet verleen voordat sy of haar gade die (erfenis) geld kan ontvang.

 

Bibliografie

Literatuur

Corbett MM et al The Law of Succession in South Africa (Juta Kaapstad 1980)        [ Links ]

De Clercq B et al Deceased Estates 11de uitg (LexisNexis Durban 2017)        [ Links ]

De Groot H Inleidinge tot de Hollandsche Rechtsgeleerheid en Aanmerkingen door S Groenewegen van der Made met Latynsche Aantekeningen door WSchorer (Gillissen Middelburg 1760)        [ Links ]

De Waal MJ en Schoeman-Malan MC Law of Succession 5de uitg (Juta Kaapstad 2015)        [ Links ]

Du Bois F et al Wille's Principles of South African Law 9de uitg (Juta Kaapstad 2007)        [ Links ]

Du Plessis P Borkowski's Textbook on Roman Law 4de uitg (Oxford University Press Oxford 2010)        [ Links ]

Du Toit F "Roman-Dutch Law in Modern South African Succession Law" 2014 Ars Aequi 278-285        [ Links ]

Eiselen S "Krediethersiening, Gemeenskap van Goed en Bestorwe Boedels" 2015 TSAR 153-159        [ Links ]

Erasmus HJ et al "Wills and Succession, Administration of Deceased Estates and Trusts" in Joubert WA (red) The Law of South Africa - Volume 31 2de uitg (LexisNexis Kaapstad 2011)        [ Links ]

Heaton J, Church J en Church J "Marriage" in Joubert WA (red) The Law of South Africa - Volume 16 2de uitg (LexisNexis Kaapstad 2006)        [ Links ]

Jamneck J "Contents of Wills: Absolute Bequests, Conditions, the Modus and Estate Massing" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 143-162        [ Links ]

Jamneck J "Testate Succession: General Rules" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 47-58        [ Links ]

Jamneck J "The Problematic Practical Application of Section 1(6) and 1(7) of the Intestate Succession Act under a New Dispensation" 2014 PER 972-997        [ Links ]

Jamneck J en Rautenbach C (reds) Erfreg in Suid-Afrika 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017)        [ Links ]

McCullough M "Adiation v Repudiation" in LexisNexis Practical Guidance Trusts, Wills and Estates (LexisNexis Durban Datum Onbekend) (Aanlyn)        [ Links ]

Paleker M "Capacity to Inherit" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 107-124        [ Links ]

Paleker M "Intestate Succession" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 25-45        [ Links ]

Prinsloo AF Spreekwoorde en waar hulle vandaan Kom (Pharos NB Uitgewers Kaapstad 2009)        [ Links ]

Rautenbach C "Introduction" in Jamneck J en Rautenbach C (reds) The Law of Succession in South Africa 3de uitg (Oxford University Press Kaapstad 2017) 1-23        [ Links ]

Robinsons JA et al Introduction to South African Family Law 5de uitg (Printing Things Potchefstroom 2012)        [ Links ]

Skelton A et al Familiereg in Suid-Afrika (Oxford University Press Kaapstad 2011)        [ Links ]

Sonnekus JC "Adiasie, Insolvensie en Historiese Perke aan die Logiese" 1996 TSAR 240-254        [ Links ]

Sonnekus JC "Privé Bates van Gades Getroud in Gemeenskap -Insolvensie en die Erfreg - Du Plessis v Pienaar 2003 1 SA 671 (HHA)" 2003 TSAR 575-579        [ Links ]

Stevens R "RIP Testator: Wessels NO v De Jager en 'n Ander NNO" 2001 SALJ 230-236        [ Links ]

Van der Linden J Regtsgeleerd, Practicaal en Koopmans Handboek (Allart Amsteldam 1800)        [ Links ]

Van der Merwe CG "Things" in Joubert WA (red) The Law of South Africa -Volume 27 2de uitg (LexisNexis Kaapstad 2014)        [ Links ]

Van der Merwe CG et al "The Republic of South Africa" in Palmer VV (red) Mixed Jurisdictions Worldwide: The Third Legal Family 2de uitg (Cambridge University Press Cambridge 2012) 95-215        [ Links ]

Van der Merwe NJ en Rowland CJ Die Suid-Afrikaanse Erfreg 6de uitg (JP van der Walt Pretoria 1990)        [ Links ]

Van Zyl FJ Universele Opvolging in die Suid-Afrikaanse Erfreg (LLD proefskrif Universiteit van Stellenbosch 1981)        [ Links ]

Voet J Commentarius ad Pandectas (1698-1704) (Engelse vertaling en aantekeninge deur Gane P Commentary on the Pandects (LexisNexis Durban 1955)        [ Links ]

Wiechers NJ en Vorster I Administration of Estates (LexisNexis Durban 1996-, soos opgedateer 2018)        [ Links ]

Regspraak

Bielovich v The Master 1992 4 SA 736 (N)

Bopape v Moloto 2000 1 SA 383 (T)

Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T)

Commissioner for Inland Revenue v Estate Crew 1943 AD 656

Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A)

De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue 1993 3 SA 345 (A)

Estate Smith v Estate Follet 1942 AD 364

Ex parte Alberts 1944 TPD 187

Ex parte Benadie 1930 OPD 51

Ex parte Coleman Jr 1938 OPD 4

Ex parte Webb 1952 2 SA 541 (W)

Eyssell v Barnes [2000] JOL 23413 (N)

Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD)

Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZD)

Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A)

Harris v Assumed Administrator, Estate MacGregor 1987 3 SA 563 (A)

In re Estate Late LJ Steytler 1946 2 PH G35 (C)

Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan 1940 AD 163

Kellerman v Van Vuuren 1994 4 SA 336 (T)

Mthembu v Letsela 2000 3 SA 867 (HHA)

Secretary for Inland Revenue v Estate Roadknight 1974 1 SA 253 (A)

Union Government (Minister of Finance) v Olivier 1916 AD 74

Van Schoor's Trustees v Executor of Muller (1858) 3 Searle 131

Visser v Hull 2010 1 SA 521 (WCC)

Weiner v The Master 1976 2 SA 830 (T)

Wessels v De Jager 2000 4 SA 924 (HHA)

Wetgewing

Boedelwet 24 van 1913

Boedelwet 66 van 1965

Insolvensiewet 24 of 1936

Kaapse Ordinansie 104 van 1833

Wet op Hereregte 40 van 1949

Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984

Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987

Wet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992

Internetbronne

Afrikaans.com Datum Onbekend Liplekker-idiome https://afrikaans.com/leefstyl/afrikaanse-liplekker-idiome/ geraadpleeg 23 September 2019        [ Links ]

LYS VAN AFKORTINGS

PER Potchefstroomse Elektroniese Regsblad

SALJ South African Law Journal

TSAR Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg

 

 

Date Submission: 4 October 2019
Date Revised: 16 March 2020
Date Accepted: 24 March 2020
Date published: 24 April 2020

 

 

Editor: Prof W Erlank
* Anél Gildenhuys. LLB LLM LLD (NWU). Senior dosent, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika. E-pos: anel.gildenhuys@nwu.ac.za. Die twee anonieme evalueerders word bedank vir hul nuttige en waardevolle kommentaar en aanbevelings.
1 Alhoewel die bewoording "binne gemeenskap van goed" meer algemeen in die literatuur voorkom, word die oorspronklike bewoording van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 vir doeleindes van hierdie bydrae gevolg, naamlik "in gemeenskap van goed" (aa 14-17).
2 Sien in hierdie verband Skelton et al Familiereg 91. Heaton, Church en Church "Marriage" par 70 dui egter aan dat die vrugte wat die bemaakte voordeel oplewer, nie ingesluit is by sodanige voorwaarde nie, en dit sal gevolglik die gemeenskaplike boedel toekom.
3 Sien Jamneck en Rautenbach Erfreg in Suid-Afrika xxiii.
4 Anders as die oorspronklike Afrikaanse idioom "'n halwe eier is beter as 'n leë dop" wat beteken "beter om deel van iets te hê as niks". Sien Afrikaans.com Datum Onbekend https://afrikaans.com/leefstyl/afrikaanse-liplekker-idiome/. Sien ook Prinsloo Spreekwoorde 101 waar dié idioom toegelig word as "iets gerings is beter as heeltemal niks".
5 "Repudiasie" verwys na die afWysing of weiering van 'n erfenis, terwyl "adiasie" op sy beurt verwys na die aanvaarding van 'n erfenis - hetsy testaat of intestaat. Sien Corbett et al Law of Succession 14-15; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 408; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 192; De Clercq et al Deceased Estates 70; en Rautenbach "Introduction" 9-10, 16. Sien ook 3.3 van hierdie bydrae rakende 'n bespreking van adiasie en repudiasie.
6 By mnr Gounden se afsterwe moes sodanige toestemming deur sy eksekuteur en eksekutrise verleen word.
7 Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) (hierna die Gounden-saak of, na gelang van die geval, die uitspraak van die hof a quo).
8 Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 (hierna die Huweliksgoederewet).
9 Hierna kollektief verwys na as die eksekuteurs van mnr Gounden se boedel.
10 Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZD) (hierna die Govender-saak of, na gelang van die geval, die uitspraak op appèl).
11 Die eerste applikant in die hof a quo en die eerste respondent op appèl.
12 Die tweede applikant in die hof a quo en die tweede respondent op appèl. Sien Govender-saak par [2].
13 Govender-saak par [2].
14 Die eerste tussenparty in die hof a quo en die derde appellant op appèl.
15 Die tweede tussenparty in die hof a quo en die vierde appellant op appèl. Sien Govender-saak par [3].
16 Govender-saak par [5]. In die uitspraak van die hof a quo word daar foutiewelik aangedui dat mnr Gounden intestaat gesterf het. Sien Gounden-saak 2.
17 Govender-saak par [12].
18 Weens die feit dat mnr Gounden ook oorlede is, word daar vir praktiese doeleindes na me Somnaidoo as die erflater (eerder as die oorledene) verwys.
19 Govender-saak par [4].
20 Govender-saak par [4].
21 Govender-saak par [6]. Sien afdeling 1 van hierdie bydrae vir definisies van beide "repudiasie" en "adiasie". Sien ook afdeling 3.3.1 van hierdie bydrae vir 'n bespreking van die formaliteite vir die repudiasie van 'n erfenis. Sien Govender-saak par [12] asook afdeling 3.3 van hierdie bydrae vir 'n meer volledige uiteensetting van mev Gounden se rede vir die repudiëring van die intestate erfenis.
22 Hierna kollektief na verwys as die eksekuteursrekening.
23 Govender-saak par [6].
24 Naamlik 21 September 2012. Sien Govender-saak par [8].
25 Boedelwet 66 van 1965 (hierna die Boedelwet). Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae vir 'n oorsig van a 35 van die Boedelwet.
26 Die eerste respondent in die hof a quo en die derde respondent op appèl.
27 Soos hierbo aangedui, op 6 Maart 2012.
28 Sien Govender-saak par [8].
29 Die tweede respondent in die hof a quo en die vierde respondent op appèl.
30 Sien Govender-saak par [8]. Soos hierbo aangedui, sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae vir 'n oorsig van a 35 van die Boedelwet, insluitend die vereistes wat in a 35(5)(a) neergelê is.
31 Soos vroeër genoem, word daar beweer dat mev Gounden reeds op 'n vroeër stadium haar afstanddoening van die erfenis op 'n informele wyse te kenne gegee het, alhoewel die geskrewe repudiëring eers ná die geadverteerde likwidasie- en distribusierekenings uitgevoer is. Sien Govender-saak par [6]. Sien ook afdeling 3.3.1 van hierdie bydrae rakende inter alia die formaliteite vir die repudiëring van n erfenis.
32 Govender-saak par [9].
33 Onderskeidelik die derde en vierde respondente in die hof a quo en die eerste en tweede appellante op appèl.
34 Dieselfde erfenis wat mev Gounden beweer dat sy van afstand gedoen het en gevolglik self beswaar aanteken teen die distribusierekening.
35 Mev Gounden.
36 Govender-saak par [9].
37 Sien Govender-saak par [6]. Sien ook afdeling 3.3 van hierdie bydrae.
38 Aangesien mnr Gounden intussen oorlede is, die toestemming van mnr Gounden se eksekuteurs.
39 Govender-saak par [10].
40 Soos in afdeling 2.2 aangedui, word mev Gounden se oorlede suster, vir doeleindes van hierdie bydrae, na verwys as die "erflater" eerder as die "oorledene".
41 Uittreksel uit die Meester se beslissing van 20 Augustus 2013 soos aangehaal (en beklemtoon) in Gounden-saak 2.
42 Govender-saak par [11].
43 Gounden v Master of the High Court [2015] JOL 32896 (KZD) (reeds afgekort na die Gounden-saak).
44 Gounden-saak 3-4.
45 Gounden-saak 4-5.
46 Sien Gounden-saak 2, 5-6.
47 Gounden-saak 6.
48 Gounden-saak 6.
49 Govender v Gounden 2019 2 SA 262 (KZD) (reeds afgekort na die Govender-saak).
50 Sien afdeling 1 van hierdie bydrae.
51 Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae vir 'n bespreking van dies cedit en dies venit.
52 Sien afdeling 3.3 van hierdie bydrae.
53 Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
54 Vir 'n volledige bespreking van die invloed van die Romeins-Hollandse reg sowel as die Engelse reg op die Suid-Afrikaanse erfreg, sien Du Toit 2014 Ars Aequi 278285 en Van der Merwe et al "Republic of South Africa" 96-97.
55 Du Toit 2014 Ars Aequi 280. Die beginsel van universele erfopvolging het sy oorsprong in die Romeinse reg. Sien in hierdie verband D.29.2.37 soos vertaal in Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223: "An heir succeeds to the whole legal position of the deceased and not only to the ownership of individual things, because the assets which take the form of debts due also pass to the heir." Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223-227 vir 'n bespreking van die verskillende kategorieë Romeinse erfgename (naamlik sui et necessarii heredes; necessarii heredes en extranei heredes) sowel as die regsposisie van dié erfgename en remedies wat mettertyd ontwikkel het om beide die oorledene se krediteure en erfgename te beskerm.
56 Soos hierbo genoem, vind die Romeins-Hollandse universele erfopvolging sy oorsprong in die Romeinse reg. 'n Duidelike onderskeid is tussen 'n "erfgenaam" en 'n "legataris" getref. Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223229 vir 'n uiteensetting van die verskil tussen erfgename en legatarisse in die Romeinse reg, asook hul verhouding, gegewe die rol van die erfgenaam in die administrasie van die boedel. Vandag word die verskil tussen 'n erfgenaam en 'n legataris eenvoudig verwoord as: 'n erfgenaam erf die boedel; of 'n proporsionele gedeelte van die boedel; of 'n spesifieke deel van die boedel; of die restant van die boedel, terwyl 'n legataris 'n spesifieke of bepaalbare bate of 'n spesifieke bedrag geld erf. Vir verdere besprekings rakende die regsposisie van onderskeidelik erfgename en legatarisse, sien De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 130-131; De Clercq et al Deceased Estates 76; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 250; en Corbett et al Law of Succession 2. Aangesien die huidige bydrae handel oor 'n intestate erfenis, val 'n bespreking van legatarisse buite die bestek van hierdie bydrae.
57 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9-10. Sien ook Van Zyl Universele Opvolging; en Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 226227 vir 'n volledige bespreking van universele erfopvolging.
58 Du Toit 2014 Ars Aequi 280.
59 Sien afdeling 3.3 van hierdie bydrae vir 'n bespreking van adiasie en repudiasie.
60 Du Toit 2014 Ars Aequi 280.
61 Du Toit 2014 Ars Aequi 280. Sien ook Corbett et al Law of Succession 5-6.
62 Du Toit 2014 Ars Aequi 280.
63 Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 364G.
64 Eie beklemtoning. Alhoewel die saak oor 'n legaat gehandel het, is dieselfde beginsel van toepassing op 'n bemaakte erfenis uit hoofde van 'n testament asook 'n intestate erfenis.
65 Jewish Colonial Trust Ltd v Estate Nathan 1940 AD 163 (hierna Jewish Colonial Trust).
66 Jamneck "Contents of Wills" 144.
67 Sien ook Corbett et al Law of Succession 109; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12-13; Rautenbach "Introduction" 13. In Jewish Colonial Trust 175-176 word aangedui dat die woord "vest" verskillende betekenisse kan dra na gelang van die konteks: "When it is said that a right is vested in a person, what is usually meant is that such person is the owner of that right, - that he has all rights of ownership in such right including the right of enjoyment. If the word 'vested' were used always in that sense, then to say that a man owned a vested right would mean no more than a man owned a right. But the word is also used in another sense, to draw a distinction between what is certain and what is conditional; a vested right as distinguished from a contingent or conditional right. When the word 'vested' is used in this sense, Austin (Jurisprudence, vol. 2, lect. 53) points out that in reality a right of one class is not being distinguished from a right of another class but that a right is being distinguished from a chance or a possibility of a right, but it is convenient to use the well-known expressions vested right and conditional or contingent right. Now whenever a bequest is made in words which indicate that the right bequeathed is not to be enjoyed or exercised until some future date (that is some date after the testator's death), then the question always arises whether the words indicating future enjoyment were inserted for the purpose of making the bequest conditional or merely for the purpose of postponing the enjoyment of the bequest. The answer to that question depends ultimately upon the intention of the testator as gathered from the terms of the will, but there are many rules of construction which assist in the decision of the question. If the bequest is unconditional, then the legatee acquires a vested right in the bequest from the date of the death of the testator (dies cedit) though he cannot enjoy it until the time arrives for enjoyment (dies venit); if on the other hand the bequest is conditional, he acquires no vested right ... ." Hierdie bydrae fokus egter op intestate erfopvolging, met ander woorde 'n onvoorwaardelike erfenis.
68 Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12.
69 Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12. Sien ook De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 7.
70 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 7. Sien ook Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12.
71 Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 7-8. Waar dies cedit letterlik beteken "die dag sal kom", beteken dies venit "die dag het gekom". Sien Voet Commentary on the Pandects (Voet 36.2.1) soos vertaal deur Gane 447.
72 Rautenbach "Introduction" 13.
73 Sien ook Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T). Sien ook die verwysing na Voet 36.2.1 in Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12 asook in Botha v Botha 1979 3 SA 792 (T). In die geval van roerende liggaamlike eiendom, word die begunstigde eers eienaar daarvan ten tye van lewering en, in die geval van onroerende eiendom, ten tye van registrasie in die akteskantoor. Sien Van der Merwe "Things" parr 219 en 227.
74 Jamneck "Contents of Wills" 145. Dit is byvoorbeeld die geval met 'n absolute of onvoorwaardelike bemaking in 'n testament.
75 Sien Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12-13.
76 Vir meer oor die vestiging van regte in die testate erfreg sien Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12-20; De Waal en Schoeman Law of Succession 8-9; en Jamneck "Contents of Wills" 144-145.
77 Sien in hierdie verband Harris v Assumed Administrator, Estate MacGregor 1987 3 SA 563 (A); Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 12; en De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9.
78 Sien Paleker "Intestate Succession" 27 en Corbett et al Law of Succession 581 vir die verskillende omstandighede waaronder die intestate erfregreëls toepassing sal vind.
79 Sien Union Government (Minister of Finance) v Olivier 1916 AD 74 en die meer onlangse uitspraak in Mthembu v Letsela 2000 3 SA 867 (HHA) 882F-G. Sien ook Corbett et al Law of Succession 581; en Erasmus et al "Wills and Succession" par 237.
80 Gounden-saak 3.
81 Sien bv De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue 1993 3 SA 345 (A); Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 366; Estate Smith v Estate Follet 1942 AD 364; Commissioner for Inland Revenue v Estate Crew 1943 AD 656 692; Union Government (Minister of Finance) v Olivier 1916 AD 74 90; en Harris v Assumed Administrator Estate McGregor 1987 3 SA 563 (A).
82 Sien bv Du Bois et al Wille's Principles of South African Law 679, 703.
83 Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A) 364. Alhoewel hierdie saak oor testamentêre erfopvolging handel, is die invloed van die boedelberedderingsproses eweneens ook op intestate erfopvolging van toepassing.
84 Sien Jamneck "Contents of Wills" 145.
85 De Leef Family Trust v Commissioner for Inland Revenue 1993 3 SA 345 (A) (hierna De Leef-saak) 358D-E. Dié saak het oor aandeelhouers se aanspreeklikheid vir oordragskostes (soos vasgestel deur die Wet op Hereregte 40 van 1949) gehandel, alhoewel die appèlhof ná die tydstip van dies cedit en dies venit in die bereddering van bestorwe boedels kyk om tot sy gevolgtrekking te kom. Weereens, alhoewel die aanhaling verwys na testamentêre erfopvolging, is die situasie tussen 'n onvoorwaardelike bemaking en 'n intestate erfenis dieselfde en sal die boedelberedderingsproses dieselfde gevolge vir dies venit inhou.
86 De Leef-saak 358F-G.
87 Kortliks (en baie vereenvoudig) behels die ter insae legging en bevestigingsproses van die eksekuteursrekening dat (a) die eksekuteur eers die rekening aan die Meester van die Hoë Hof in die voorgeskrewe vorm moet voorlê (a 35(1) van die Boedelwet); (b) die Meester die rekening moet nasien en nadat die Meester die rekening nagesien het, moet die rekening in die kantoor van die Meester (en indien die oorledene woonagtig was in 'n ander distrik as dié waarin die kantoor van die Meester geleë is, ook die kantoor van die landdros van daardie ander distrik) vir 'n tydperk van minstens 21 dae ter insae lê (a 35(4)); (c) kennisgewing rakende die insae van die rekening moet dienooreenkomstig a 35(5) verleen word; (d) die insae en lewering van besware deur persone wat 'n belang by die boedel het, word in a 35(7) uiteengesit en die hantering van hierdie besware deur die Meester en die eksekuteur word in a 35(7)-(11) gereël. A 35(12) bepaal dat: "Wanneer 'n rekening soos hierbo bepaal ter insae gelê het en - (a) geen beswaar ingelewer is nie; of (b) 'n beswaar ingelewer is en die rekening ooreenkomstig die Meester se lasgewing of opdrag gewysig is en indien nodig weer ter insae gelê het soos by (11) bepaal, en geen aansoek binne die in (10) bedoelde tydperk by die Hof gedoen is om die Meester se besluit tersyde te stel nie; of (c) 'n beswaar ingelewer, maar teruggetrek is of nie gehandhaaf is nie en geen sodanige aansoek binne genoemde tydperk by die Hof gedoen is nie, moet die eksekuteur onverwyld, ooreenkomstig die rekening, die skuldeisers uitbetaal en die boedel onder die erfgename verdeel ... ." Vir 'n bespreking van a 35 sien De Clercq et al Deceased Estates 126-143.
88 Corbett et al Law of Succession 164 soos na verwys in die De Leef-saak 358F.
89 Naamlik vir 21 dae ooreenkomstig die voorskrifte van a 35(4) van die Boedelwet.
90 De Leef-saak 358F.
91 Gounden-saak 6.
92 Gounden-saak 6.
93 Sien afdeling 2.3 van hierdie bydrae.
94 Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae vir 'n uiteensetting van beide die hof a quo sowel as die volbank se interpretasie van a 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet.
95 Gounden-saak 6.
96 Onder andere Miriam en Mahomed.
97 Govender-saak par [14].
98 Govender-saak par [27].
99 De Leef-saak 358F-G.
100 Govender-saak par [28].
101 In die De Leef-saak en in die hof a quo na verwys as "bevestig".
102 Met verwysing na a 15(3)(b)(iii) van die Huweliksgoederewet, kom die volbank egter tot die gevolgtrekking dat hierdie onliggaamlike reg nie in die gemeenskaplike boedel van mnr en mev Gounden gevestig het nie, maar slegs in mev Gounden se boedel. Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
103 Govender-saak par [12] en vn 9.
104 Sien afdeling 1 van hierdie bydrae vir die omskrywings van onderskeidelik "repudiasie" en "adiasie" van 'n erfenis.
105 Govender-saak par [12] vn 9.
106 Een van die beweegredes waarom 'n erfgenaam sal kies om 'n voordeel te repudieer, word deur Corbett et al Law of Succession 14 verwoord as: "... he may, for a variety of reasons, prefer to repudiate, if only in order that the estate devolves directly upon the person next in line of succession". Die gevolge wat intree sou 'n testamentêre voordeel gerepudieer word, val buite die bestek van hierdie bydrae. Sien in hierdie verband Jamneck "Testate Succession" 55. Een van die vernaamste beweegredes waarom 'n intestate erfgenaam, welke intestate erfgenaam 'n afstammeling van die oorledene is en die oorledene ook 'n gade(s) nalaat, is sodat statutêre aanwas behoudens a 1(6) van die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 (hierna die Wet op Intestate Erfopvolging) kan plaasvind, naamlik dat die afstammeling wat repudieer se erfenis by dié van die oorledene se gade(s) sal aanwas. A 1(6) is egter nie in die onderhawige geval relevant nie, aangesien mev Gounden nie 'n afstammeling van die erflater (haar suster) was nie. A 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging vind egter wel toepassing, naamlik indien 'n erfgenaam van die intestate erfenis "afstand doen van sy reg om so 'n erfgenaam te wees, vererf enige voordele wat hy sou ontvang het indien hy nie ... aldus van sy reg afstand gedoen het nie ... asof hy onmiddellik voor die dood van die oorledene gesterf het ...". Die gevolg van dié bepaling is dat mev Gounden deur haar afstammeling(e) gerepresenteer sal word, naamlik deur haar dogter Rianna Gounden. Dit blyk dan ook dat Rianna Gounden wel 'n bedrag van die oorledene se intestate boedel ontvang het, welke ontvangs toegeskryf word aan mev Gounden se repudiasie van haar intestate erfenis en die gevolglike toepassing van a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging. Sien Govender-saak par [18]. Voor 1 Oktober 1992 kon 'n intestate erfgenaam wat gerepudieer het, nie gerepresenteer word nie, soos bepaal in a 1(4)(c) van die Wet op Intestate Erfopvolging. A 1(4)(c) is egter deur a 14(a) van die Wet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992 geskrap en a 1(7) is deur a 14(b) van laasgenoemde wet bygevoeg. Tans is a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging nog nie geregtelik oorweeg nie. Die locus classicus op die gebied van repudiasie van 'n intestate erfenis, is Bielovich v The Master 1992 4 SA 736 (N). Dié saak is egter beslis voor die inwerkingtreding van a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging. In hierdie saak was die oorledene se ouers sy intestate erfgename weens die werking van a 1(1)(d)(i) van die Wet op Intestate Erfopvolging. Die ouers het egter hul intestate erfenis gerepudieer onder die wanveronderstelling dat hulle deur hulle afstammeling (die oorledene se broers) gerepresenteer sou word. Die Meester het egter aangedui dat die Wet op Intestate Erfopvolging (voor wysiging), nie voorsiening maak vir representasie van 'n erfgenaam wat repudieer nie en dat die intestate boedel gevolglik bona vacantia verklaar moet word. Die hof het die Meester se beslissing bevestig, maar wel die geleentheid vir die ouers gegee om hul repudiasie terug te trek. Alhoewel 'n begunstigde se keuse om te repudieer as onherroepbaar beskou word (sien Erasmus et al "Wills and Succession" par 222), sal die howe tog in uitsonderlike omstandighede waar die begunstigde uit onkunde van sy of haar regte opgetree het, restitusie verleen na gelang van die omstandighede en indien inter alia die onkunde verskoonbaar is (iustus et probabilis). Sien in hierdie verband die bespreking asook verwysing na regspraak in Erasmus et al "Wills and Succession" par 223. De Waal en Schoeman Law of Succession 34 dui aan dat, sou die oorledene in Bielovich v The Master 1992 4 SA 736 (N) egter op of ná 1 Oktober 1992 te sterwe gekom het, en die ouers hul intestate erfenis gerepudieer het, hul wel weens die werking van a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging, deur hul afstammelinge gerepresenteer sou word. Vir 'n bespreking van a 1(6) en 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging, sien Paleker "Intestate Succession" 43; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 33-35; en Jamneck 2014 PER 972-997.
107 Govender-saak par [6].
108 Govender-saak par [6]. Eie beklemtoning.
109 Mev Gounden beweer dat sy die eksekutrise van die erflater se intestate boedel, persoonlik tydens verskeie geleenthede, ingelig het dat sy gekies het om die intestate erfenis te repudieer - lank voordat die eksekuteursrekening opgestel was. Sien Govender-saak par [16]. Soos voorheen aangedui (sien afdeling 2.2 van hierdie bydrae), is die datum(s) van hierdie geleenthede egter nie bekend nie.
110 Govender-saak par [6]. Regter Koen (Govender-saak par [6]) verwys na die informele repudiasie van mev Gounden as: "It is that renunciation which gave rise to the application and judgment forming the subject of this appeal."
111 Govender-saak par [12] vn 9.
112 Govender-saak par [6]. Eie beklemtoning.
113 Sien Gounden-saak 2. Sien ook Govender-saak par [11].
114 En by sy afsterwe, die toestemming van sy eksekuteurs.
115 Sien Gounden-saak 5-6 en Govender-saak par [40]. Sien ook afdeling 3.4 van hierdie bydrae vir 'n bespreking van onderskeidelik die hof a quo en die volbank se redes vir die gevolgtrekking dat mnr Gounden se toestemming tot die repudiasie, nie n vereiste was nie.
116 Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
117 Sien bv Corbett et al Law of Succession 15; De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 9; en Jamneck "Testate Inheritance" 55.
118 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298A.
119 Sien ook Ex parte Webb 1952 2 SA 541 (W). In Wessels v De Jager 2000 4 SA 924 (HHA) 928G het die Hoogste Hof van Appèl egter die stelling gemaak dat 'n begunstigde ten tye van die oorledene se dood slegs 'n "power" en nie 'n reg verkry nie en dat die begunstigde slegs 'n reg verkry wanneer/sodra hy of sy die voordeel aanvaar het. De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 10 is van mening dat hierdie standpunt nie die ware toedrag van sake weerspieël nie. Sien in hierdie verband ook Sonnekus 2000 TSAR 793; en Stevens 2001 SALJ 230.
120 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9.
121 Sien die bespreking onder afdeling 3.2 van hierdie bydrae dat dies cedit gewoonlik ten tye van die dood van die oorledene aanbreek tensy dit testamentêr uitgestel is. In die geval van intestate erfopvolging breek dies cedit ten tye van die dood van die oorledene aan. Sien ook afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
122 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9-10.
123 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 192. Sien ook Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 9; Corbett et al Law of Succession 4-15; Sonnekus 1996 TSAR 241; Jamneck "Testate Inheritance" 55; Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298; Weiner v The Master 1976 2 SA 830 (T) 838-839; en Secretary for Inland Revenue v Estate Roadknight 1974 1 SA 253 (A).
124 Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 9.
125 Sien Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 6-11 vir 'n bespreking van die verskillende benaderings tot wie die eintlike "reghebbende" van die boedelgoedere is tot en met die aanbreek van dies venit.
126 Indien 'n begunstigde die erfenis repudieer, sal sodanige repudiasie terugwerkend van krag wees vanaf die oomblik van vestiging (naamlik die oomblik van die oorledene se dood). Dit word gevolglik geag dat geen reg in die begunstigde gevestig het nie. Sien De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 10.
127 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 9-10 skryf hierdie toedrag van sake toe aan die feit dat die beginsel van universele erfopvolging (succession in universitatem) nie meer toepassing in die Suid-Afrikaanse erfreg vind nie. Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
128 Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
129 Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
130 Erasmus et al "Wills and Succession" par 217 verwys as voorbeeld na die geval waar 'n begunstigde in sy of haar hoedanigheid as erfgenaam met die boedelbates handel deur dit byvoorbeeld te verkoop of toestemming te verleen dat die boedelbates verkoop mag word. As gesag verwys Erasmus et al "Wills and Succession" par 17 na Grotius (De Groot) Inleidinge 2 21 3, 2 21 5; Voet Commentarius ad Pandectas 29 2 3-7; Van der Linden Koopmans Handboek 1 9 10; Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298; Weiner v The Master 1976 2 SA 830 (T) 838-839; en Secretary for Inland Revenue v Estate Roadknight 1974 1 SA 253 (A) 260.
131 Corbett et al Law of Succession 14-15.
132 Govender-saak par [21]. Dit kan hier vermeld word dat mev Gounden 'n aansoek gebring het om verdere bewyse tydens die appèlverrigtinge te lei. Sien Govender-saak par [15]. In 'n repliserende beëdigde verklaring noem die vierde respondent dat sy, in die uitvoering van haar taak as eksekutrise van die erflater se bestorwe boedel, die bankstate van die boedel bestudeer het en op twee betalings uit die rekening afgekom het, naamlik R700 000 op 20 Oktober 2010 en R400 000 op 22 Junie 2011. Sy het navrae in hierdie verband aan mev Gounden se broer, mnr Naidoo, gerig, aangesien laasgenoemde die bestorwe boedel hanteer het totdat hy vir die vierde respondent gedurende 2012 opdrag gegee het om die boedel af te handel. Mnr Naidoo het hierdie betalings verklaar as betalings wat reeds aan die erfgename uitbetaal is. Die bankstate wat die eksekutrise se verklaring vergesel het, het egter nie aangedui aan wie hierdie betalings gemaak is nie, en dit word ook nie verder toegelig in die vierde respondent se beëdigde verklaring nie. Mev Gounden beweer egter in haar repliserende verklaring dat sy nie hierdie gelde ontvang het nie (hierdie bewering word dan ook deur mev Gounden se broer, mnr Naidoo, bevestig in 'n bevestigende beëdigde verklaring). Mev Gounden se aansoek om verdere getuienis te lei, is egter op 13 Februarie 2017 teruggetrek, waarna die appellante beweer het dat sodanige terugtrekking neerkom op onreëlmatige verrigtinge inaggenome Eenvormige Reël 30, deurdat mev Gounden: (a) die toestemming van die partye; of (b) die verlof van die hof nodig gehad het (ingevolge Eenvormige Reël 41(1)(a)) om die aansoek terug te trek, welke toestemming of verlof nie verkry is nie. Die regspan van onderskeidelik: (a) die eerste en tweede appellante; en (b) die derde en vierde appellante versoek gevolglik dat die hof mev Gounden se terugtrekking van haar aansoek om verdere getuienis op appèl te lei, verwerp, en om die getuienis soos in die beëdigde verklarings vervat is, toe te laat - veral die verklaring van die vierde respondent (eksekutrise van die erflater) oor die bedrae geld wat uit die bestorwe boedel betaal is en wat moontlik daarop kan dui dat: "the first respondent had elected to adiate, which might preclude a subsequent change to elect to renounce the benefits from her late sister's estate". Govender-saak par [20]. Regter Koen (Govender-saak par [20]) dui aan dat die geldigheid van mev Gounden se repudiasie gebaseer was daarop dat dit "laat" was of dat sy voorheen geadieer het deur voordele uit die erflater se boedel te ontvang (soos die vierde respondent beweer met verwysing na die twee bedrae uit die rekening uit), nie geskilpunte was in die hof a quo nie en ook nie deel was van die gronde vir appèl nie. Voorts dui regter Koen aan dat in die beëdigde verklarings wat geliasseer is, daar nie eers 'n suggestie is dat die bedrae van R700 000 en R400 000 aan mev Gounden uitbetaal is nie. Gevolglik dui regter Koen aan dat die "further evidence sought to be adduced would serve no material purpose". Die Hof verleen gevolglik verlof dat die aansoek om verdere getuienis te lei, teruggetrek mag word. Of die hof ooit nodig gehad het om verlof te verleen, is voorts deur regter Koen betwyfel, aangesien Eenvormige Reël 41(1)(a) bepaal dat "iemand wat 'n geding ingestel het, kan dit voor terrolleplasing ter eniger tyd .... terugtrek". Slegs nadat die geding ter rolle geplaas is, moet "die toestemming van die partye of verlof van die hof" verkry word voordat die geding teruggetrek kan word. Regter Koen bewoord die toedrag van sake in die Govender-saak par [23] as: "The withdrawal of the application to adduce further evidence furthermore occurred prior to the appeal being enrolled for the present appeal hearing. There was no impediment to the first respondent withdrawing that application without the consent of the appellants. But even if I was wrong in that regard, and the previous set-down of the appeal when it was adjourned sine die was to constitute the 'set down' for the purposes of Uniform Rule 41(1)(a), then the application could nevertheless be withdrawn, even in the absence of consent by the appellants, with leave of this court." Voormelde verlof is wel deur die hof verleen. Govender-saak par [25].
133 Soos in die geval van 'n modus; voorwaarde of boedelsamesmelting. Sien Jamneck "Testate Succession" 56-57; Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaase Erfreg 421-423, 436.
134 Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 409.
135 Jamneck "Testate Succession" 56.
136 Jamneck "Testate Succession " 56.
137 Dit is opmerklik dat beide die hof a quo en die volbank in mev Gounden se geval verwys na "election". Sien bv Gounden-saak 5; en Govender-saak par [44]. Dié verwysing na "election" verwys bloot na mev Gounden se keuse tussen adieer en repudieer, maar dit verwys nie na die "leerstuk van eleksie/keuse" en die gepaardgaande formaliteit nie.
138 Sien bv Jamneck "Testate Succession" 55: "It is generally assumed that a beneficiary will adiate any benefit received in terms of either a will or in terms of the rules of intestate succession, depending on the circumstances ... there are normally no formalities required for adiation, but repudiation should be done in writing." Geen gesag is egter aangebied vir die laasgenoemde stelling nie.
139 Soos hierbo genoem, sien ook regter Koen se verwysing in die Govender-saak parr [6] en [12] na "valid renunciation" en "document executed, as it was formally required".
140 Jamneck "Testate Succession" 55.
141 Naamlik Estate Smith v Estate Follett 1942 AD 364 383 en Greenberg v Estate Greenberg 1955 3 SA 361 (A).
142 Jamneck "Testate Succession" 55.
143 De Clercq et al Deceased Estates 71.
144 Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 409.
145 Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
146 Eie beklemtoning.
147 De Waal en Schoeman-Malan Law of Succession 193.
148 Erasmus et al "Wills and Succession" par 117.
149 Voet Commentary ad Pandects (Voet 29.2.33) soos vertaal deur Gane 50.
150 Sui et necessarii heredes (hierna sui) verwys na diegene wat by die afsterwe van die oorledene, selfstandig (sui iuris) sou word. Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 223. Sui erfgename kon nie die erfenis weier nie (necessarii). Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224 dui egter aan dat die Praetor wel aan sodanige erfgename die reg verleen het om hul van die erfenis te weerhou (ius abstinendi). Soos Voet 29.2.33 aandui, kon sui aanspraak op die ius abstinendi maak indien hul nie met die boedel ingemeng het nie of indien hulle 'n verklaring ("judicially or extra judicially") gemaak het dat hulle nie die erfenis wil behou nie. Sien ook Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224.
151 Naamlik erfgename wat nie lede van die erflater se huishouding was nie. Sien Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224. Extranei heredes het die reg gehad om die erfenis te weier. Gevolglik dui Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 226 aan dat indien 'n extraneus heres "did not wish to take - whether under a will or intestacy - any evidence of an intention not to accept sufficed: no formal act of repudiation was required".
152 Sien ook Voet 34.4.10.
153 Erasmus et al "Wills and Succession" par 117.
154 Erasmus et al "Wills and Succession" par 117 dui ook aan: "Repudiation may be inferred from acquiescence, but the courts are reluctant to hold that heirs are estopped by acquiescence from exercising their rights under a will."
155 Erasmus et al "Wills and Succession" par 117.
156 Wiechers en Vorster Administration of Estates par 6.5.
157 McCullough "Adiation v Repudiation".
158 De Clercq et al Deceased Estates 71.
159 Met ander woorde waar die leerstuk van eleksie nie van toepassing is nie.
160 Jamneck "Testate Succession" 55.
161 Erasmus et al "Wills and Succession" par 217.
162 Wiechers en Vorster Administration of Estates Bylae A25.
163 Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
164 Govender-saak par [6].
165 Soos deur regter Koen in die Govender-saak par [6] na verwys as die "actual renunciation".
166 Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
167 Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
168 Gounden-saak 5.
169 Gounden-saak 5.
170 Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae rakende die bespreking van dies venit en die bevestiging/goedkeuring van die eksekuteursrekening.
171 Gounden-saak 5.
172 Gounden-saak 5.
173 Govender-saak par [44].
174 Ongeag of dit met die toestemming al dan nie van mnr Gounden moes plaasgevind het. Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
175 In afdeling 3.2 aangedui as die scenario in a 35(12) van die Boedelwet, naamlik waar die rekening reeds ooreenkomstig die prosedure en voorskrifte van a 35(4)-(11) ter insae gelê het en daar (inter alia) geen besware ontvang is nie, naamlik dat die eksekuteur onverwyld moet voortgaan om die skuldeisers van die oorledene uit te betaal en die boedel onder die erfgename te verdeel ooreenkomstig die rekening.
176 Govender-saak par 44.
177 In re Estate Late LJ Steytler 1946 2 PH G35 (C). Sien ook Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
178 Erasmus et al "Wills and Succession" par 215 verwys na die feit dat 'n begunstigde in die Romeins-Hollandse reg die geleentheid kon versoek vir: "deliberation before he made up his mind whether or not to accept the inheritance (spatium deliberandi), or by accepting subject to the benefit of inventory (beneficium inventarii, 'voorreg van boedelbeskrywing')". Ook Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224 verwys na die feit dat weifelende sui et necessarii heredes gedwing kon word om hul keuse uit te oefen, maar dat sodanige erfgename wel 'n vasgestelde tydperk kon versoek ten einde te beraadslaag oor hul keuse. Du Plessis Borkowski's Textbook on Roman Law 224 verwys in hierdie verband na Ulpinianus (D.28.8.8): "If a person who is suus heres, after having refrained from [dealing with the inheritance], then asks for time for consideration, let us see whether he ought to succeed with his request; and the preferable view is that he ought to succeed in his request on cause shown, where the property has not yet been sold."
179 Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
180 Soos in a 35 van die Boedelwet vereis word.
181 Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
182 Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
183 In re Estate Late LJ Steytler 1946 2 PH G35 (C). Sien ook Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
184 Erasmus et al "Wills and Succession" par 220.
185 Govender-saak par [44].
186 Crookes v Watson 1956 1 SA 277 (A) 298A.
187 Artikel 35(7) van die Boedelwet bepaal: "Enige persoon wat belang by die boedel het, kan te eniger tyd voor verloop van die tydperk vir insae toegestaan, in tweevoud by die Meester met aangifte van redes 'n beswaar teen so 'n rekening inlewer en die Meester moet 'n afskrif van so 'n beswaar tesame met afskrifte van dokumente wat sodanige persoon ter stawing daarvan aan die Meester voorgelê het, aan die eksekuteur aflewer of per aangetekende pos stuur."
188 Sien afdeling 2.1 van hierdie bydrae.
189 Welke gemeenskaplike boedel ten tye van huweliksluiting ontstaan en hierdie "gemeenskaplike boedel" word deur a 1 van die Huweliksgoederewet gedefinieer as "die gemeenskaplike boedel van 'n man en 'n vrou wat in gemeenskap van goed getroud is".
190 Die gemeenregtelike maritale mag wat 'n man "oor die persoon en goed van sy vrou" uitgeoefen het, is deur a 11 van die Huweliksgoederewet afgeskaf. A 14 van die Huweliksgoederewet bepaal voorts dat gades getroud in gemeenskap van goed, gelyke bevoegdhede het rakende die: (a) beskikking oor bates van die gemeenskaplike boedel; (b) aangaan van skulde wat van die gemeenskaplike boedel verhaalbaar is; asook (c) die bestuur van die gemeenskaplike boedel. Sien in hierdie verband Skelton et al Familiereg 80-81; Heaton, Church en Church "Marriage" par 67.
191 Skelton et al Familiereg 80.
192 Of by mnr Gounden se afsterwe sy eksekuteurs.
193 Gounden-saak 2-3.
194 Artikel 15(1) van die Huweliksgoederewet bepaal dat: "Behoudens die bepalings van subartikels (2), (3) en (7) kan 'n gade in 'n huwelik in gemeenskap van goed sonder die toestemming van die ander gade enige regshandeling met betrekking tot die gemeenskaplike boedel verrig." Subartikel (2) handel oor transaksies wat die skriftelike toestemming van die ander gade verlang en sluit inter alia die vervreemding of beswaring van onroerende eiendom in wat deel van die gemeenskaplike boedel uitmaak (a 15(2)(a)). Subartikel (7) handel inter alia oor genoteerde effekte en deposito's by bouverenigings.
195 Eie beklemtoning.
196 Gounden-saak 5.
197 "Ander gade" dui volgens regter Pillay se redenering op mnr Gounden (of dan sy eksekuteurs in hierdie geval). Sien Gounden-saak 5.
198 Gounden-saak 5.
199 Gounden-saak 5. Met betrekking tot wie oor die reg beskik om 'n erfregtelike voordeel te adieer of te repudieer, verwys regter Pillay (Gounden-saak 4) na Eyssell v Barnes [2000] JOL 23413 (N) waarin beslis is dat die persoon wat 'n direkte belang in die "right of election" het (nie verwysend na die leerstuk van eleksie nie), oor hierdie reg beskik. In die Gounden-saak is dit die applikant (naamlik mev Gounden) wat 'n direkte belang in die "right of election" het en gevolglik moet sodanige reg deur mev Gounden self uitgeoefen word en nie byvoorbeeld deur enige eksekuteur nie. Sien Gounden-saak 5. Erasmus et al "Wills and Succession" par 220 dui aan (met verwysing na Ex parte Benadie 1930 OPD 51; Ex parte Coleman Jr 1938 OPD 4; Ex parte Alberts 1944 TPD 187) dat aangesien die eksekuteur die vereiste eksekuteursrekening moet opstel, die howe, op aansoek van die eksekuteur, die begunstigde kan dwing om sy of haar keuse van adiasie of repudiasie uit te oefen. Sien in hierdie verband ook Van der Merwe en Rowland Suid-Afrikaanse Erfreg 416-417. Vir 'n bespreking rakende adiasie en repudiasie namens iemand anders (insluitend 'n insolvente begunstigde) sien Erasmus et al "Wills and Succession" par 224.
200 Gounden-saak 5.
201 Vir 'n algemene bespreking van die vermoënsregtelike gevolge van huwelike in gemeenskap van goed gesluit, sien Heaton, Heaton en Church "Marriage" par 70; Robinson et al Introduction to South African Family Law 167-179; Sonnekus 2003 TSAR 575-579; Eiselen 215 TSAR 153-159.
202 Gounden-saak 5: "... requested that one should read into the text of the section 3(b)(iii) words to the effect that consent of the other spouse should be required to not only receive but also 'reject or renounce' any inheritance".
203 Gounden-saak 5.
204 Met verwysing na regter Pillay se bepaling van die tydstip van dies venit. Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
205 In die hof a quo verwysend na mnr Gounden.
206 Verwysend na mnr Gounden se eksekuteurs aangesien mnr Gounden toe al oorlede was.
207 Gounden-saak 5.
208 Gounden-saak 6.
209 Sien afdeling 3.1 van hierdie bydrae.
210 Govender-saak par [40].
211 Of dan sy eksekuteurs nie.
212 Govender-saak par [40].
213 Govender-saak par [40]. Regter Koen se lees van a 15(3)(b)(iii) kom gevolglik daarop neer dat mev Gounden, as die gade wat 'n erfenis toekom, toestemming moet verleen sodat mnr Gounden (as die "ander gade") sodanige gelde kan ontvang - wat natuurlik nooit hier die geval was nie. Sien Govender-saak par [41].
214 Govender-saak parr [41-42].
215 Sien regter Koen se omskrywing van "receive" in die Govender-saak par [42].
216 Govender-saak par [45].
217 Govender-saak par [45].
218 Eie beklemtoning. Govender-saak par [45].
219 Of dan selfs die reg om die erfenis te eis. Sien Govender-saak par [46].
220 Govender-saak par [46].
221 Artikel 15(3)(c) van die Huweliksgoederewet verbied ook die "vervreemding sonder teenwaarde" van 'n bate in die gemeenskaplike boedel, tensy die toestemming van die ander gade verkry is. Regter Koen (Govender-saak par [47]) dui aan dat hierdie "vervreemding sonder teenwaarde" in a 15(3)(c) ingesluit is ten einde voorsiening te maak vir insolvente erfgename en die gevolglike vraag of 'n insolvente erfgenaam 'n erfenis mag repudieer en of sodanige repudiëring dan nie sou neerkom op "beskikking oor goed sonder teenwaarde" soos voorsien in a 26 van die Insolvensiewet 24 of 1936 nie. Aangesien mev Gounden nóg die gemeenskaplike boedel insolvent was, val 'n uitgebreide bespreking van hierdie aspek egter buite die bestek van hierdie bydrae. Regter Koen (Govender-saak par [47]) verwys egter na regspraak waarin daar op Voet 42.8.16 gesteun is om tot die gevolgtrekking te kom dat die repudiëring van 'n erfenis, ten einde te voorkom dat die erfenis na die krediteure gaan, nie neerkom op "an alienation in fraud of creditors; as there can be no alienation of what is omitted to be acquired" nie en soos wel beslis is in Van Schoor's Trustees v Executor of Muller (1858) 3 Searle 131 137. Sien ook Kellerman v Van Vuuren 1994 4 SA 336 (T) 337. Sien ook Wessels v De Jager 2000 4 SA 924 (HHA). Vir verdere bespreking van hierdie onderwerp sien Sonnekus 1996 TSAR 240-254; Erasmus et al "Wills and Succession" par 224; en Paleker "Capacity to Inherit" 112. Regspraak waarin die howe al uitspraak oor a 15(3)(c) moes lewer, sluit in: Bopape v Moloto 2000 1 SA 383 (T); Visser v Hull 2010 1 SA 521 (WCC).
222 Govender-saak par [46].
223 Meer spesifiek sal a 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging toepassing vind, naamlik dat mev Gounden se afstammeling (Rianna Gounden) haar sal representeer.
224 Sien afdeling 3.2 van hierdie bydrae.
225 In hierdie konteks verwys "uitoefening van keuse" nie noodwendig na die "leerstuk van eleksie" nie, aangesien laasgenoemde nie in die feite ter sprake was nie.
226 Sien afdeling 3.3.1 en afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
227 Sien afdeling 3.3.2 van hierdie bydrae.
228 Soos aangedui was dit egter in hierdie geval nie nodig om te bepaal of repudiasie post dies venit moontlik is nie, aangesien beide uitsprake tot die gevolgtrekking kom dat mev Gounden se repudiasie (hetsy die informele of geskrewe repudiasie) wel plaasgevind het, voordat die Meester die eksekuteursrekening goedgekeur/bevestig het.
229 Benewens sekere uitsonderings.
230 Sien afdeling 3.3.2 van hierdie bydrae.
231 Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.
232 Sien afdeling 3.4 van hierdie bydrae.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons