SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número5Public interest environmental litigation: recent cases raise possible obstaclesMisplacing NEMA? A consideration of some problematic aspects of South Africa's new EIA Regulations índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Potchefstroom Electronic Law Journal (PELJ)

versão On-line ISSN 1727-3781

PER vol.18 no.5 Potchefstroom  2015

http://dx.doi.org/10.4314/pelj.v18i5.04 

ARTICLES

 

Die effek van 'n voorlopige sekwestrasiebevel - Word my reg om 'n lid van die parlement te wees ingeperk?

 

The effect of a provisional sequestration order - Does it impose a limitation to my right to be a member of parliament?

 

 

AL Stander

Blur LLB (PU vir CHO) LLM (Unisa) LLD (PU vir CHO). Professor in die Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. E-pos: Leonie.Stander@nwu.ac.za

 

 


SUMMARY

The question asked in this article is inspired by the recent case of Mr Julius Malema. Why the matter is so important and has enjoyed so much attention, is the fact that it was widely suggested that a final order of sequestration would affect Mr Malema's political career in that it would not be possible for him to continue to serve as Member of Parliament. The question that immediately comes to the fore is whether the provisional order of sequestration would not already result in such an outcome. As stipulated by the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, an unrehabilitated insolvent may not become a member of the National Assembly, National Council of Provinces, or a Provincial Legislator. Do the words "unrehabilitated insolvent" also include a person who is under provisional sequestration? The purpose of this article is to investigate the effect of a provisional order of sequestration and the focus will be on the ability of an insolvent to act as a Member of Parliament. The legal position in the South African law will be compared with the legal position in the United States of America - which is, with regard to the insolvency law, recognized as a very successful, modern, progressive and dynamic legal system. Voluminous changes to the American bankruptcy law system, to adapt to current practical situations and the current economic climate, have been effected as recently as in 2005. Brief reference will also be made to the legal position in the United Kingdom, due to South Africa's historical ties with the UK and the reliance in the past on the English insolvency law and the Bankruptcy Act, 1986.

Keywords: insolvency; provisional sequestration; final sequestration; effect of sequestration; competency of insolvent


 

 

1 Inleiding

Die vraag na die effek van 'n voorlopige sekwestrasiebevel, veral op die bevoegdheid van 'n persoon om 'n lid van die Parlement te wees of te word is besonder relevant en toepaslik weens die onlangse geval van mnr Julius Malema. Mnr Malema se boedel is op 10 Februarie 2014, op aansoek van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (hierna "SARS") in die Gauteng Noord Hoë Hof voorlopig gesekwestreer. Die skuld is gebaseer op uitstaande belasting van R16m plus rente deur mnr Malema verskuldig. Op die keerdatum van 26 Mei 2014 het SARS 'n verklaring uitgereik waarin bevestig is dat 'n voorwaardelike skikkingsooreenkoms met mnr Malema bereik is, op grond waarvan die voorlopige sekwestrasiebevel verleng is.1 Die keerdatum is verleng tot 25 Augustus 2014, daarna tot 1 Desember 2014.2 Op laasgenoemde datum is die keerdatum weer eens verleng tot 16 Maart 2015.3 Hierdie bevel is gegee op grond van 'n verdere ooreenkoms tussen SARS en mnr Malema om bogenoemde skikkingsooreenkoms tussen die partye te finaliseer. Weer is die keerdatum verleng.4 Hierdie keer na 1 Junie 2015. Volgens SARS sou die verlenging hulle, sowel as mnr Malema, tyd gee om al die nodige hofdokumente te liasseer vir die finale stadium van die sekwestrasie-aansoek.

Waarom die aangeleentheid so belangrik is en soveel prominensie geniet het, is die feit dat 'n finale sekwestrasiebevel mnr Malema se politieke loopbaan kon beïnvloed omdat hy dan nie toegelaat sou word om verder as 'n Lid van die Parlement te dien nie.5

Die vraag wat onmiddellik na vore kom, is: bewerkstellig die toestaan van die voorlopige sekwestrasiebevel nie reeds so 'n uitkoms nie? Uit al die koerant- en nuusberigte blyk dit dat die standpunt is dat slegs 'n finale sekwestrasiebevel so 'n uitkoms bewerkstellig. Kragtens die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 19966 mag 'n ongerehabiliteerde insolvent nie 'n lid van die Nasionale Vergadering,7die Nasionale Raad van Provinsies,8 of 'n Provinsiale Wetgewer9 wees nie. Sluit die gebruik van die woorde "ongerehabiliteerde insolvent" ook iemand in wat onder voorlopige sekwestrasie verkeer?

Met hierdie artikel word vervolgens beoog om ondersoek in te stel na die effek van 'n voorlopige sekwestrasiebevel en die fokus sal wees die bevoegdheid van 'n insolvent om as 'n lid van die Parlement te funksioneer. Die regsposisie in die Suid-Afrikaanse reg sal ook vergelyk word met die regsposisie in die Verenigde State van Amerika10 -wat ten opsigte van die insolvensiereg as 'n besonder suksesvolle, moderne, progressiewe en dinamiese regstelsel bekend staan. Beduidende veranderings om by hedendaagse praktiese situasies en die huidige ekonomiese klimaat aan te pas is so onlangs soos in 2005 aan die Amerikaanse insolvensieregstelsel aangebring.11 Hierdie stelsel sal deurtastend bespreek word omdat dit, wat die Suid-Afrikaanse konteks betref, 'n ietwat meer onbekende gebied is. Daar sal, spesifiek wat die aspek van deelname aan die Parlement betref, slegs baie kortliks na die regsposisie in die Verenigde Koninkryk verwys word, omdat hierdie stelsel wat die Suid-Afrikaanse konteks betref, veel beter bekend is vanweë Suid-Afrika se historiese bande met die VK en die steun in die verlede op die Engelse insolvensiereg en die Bankruptcy Act, 1986.

 

2 Die voorlopige sekwestrasiebevel in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg

Dit is algemeen bekend dat 'n verpligte sekwestrasie-aansoek in twee stadia geskied, naamlik die voorlopige stadium en die finale stadium.12 Dit is ook algemeen bekend dat die voorlopige stadium nie oor die hoof gesien kan word nie - dat 'n verpligte sekwestrasie-aansoek nie sonder 'n voorlopige stadium kan plaasvind nie;13 anders gestel, dat 'n finale, verpligte sekwestrasiebevel nie dadelik toegestaan kan word nie; dat 'n voorlopige sekwestrasiebevel eers gegee moet word voor 'n finale bevel gegee kan word; dat die voorlopige stadium nie oor die hoof gesien kan word nie, ongeag hoeveel goeie of sterk "bewyse" die applikant het.

'n Voorlopige sekwestrasiebevel sal uitgereik word, in die diskresie van die hof wat die aansoek aanhoor, as die applikant prima facie bewys lewer dat (1) die skuldenaar inderdaad insolvent is óf enige een van die dade van insolvensie kragtens artikel 8 van die Insolvensiewet gepleeg het, (2) daar rede bestaan om te glo dat die sekwestrasie tot voordeel van die concursus creditorum sal wees, en (3) die applikant 'n gelikwideerde eis van ten minste R100 het, of as daar twee of meer applikante is, moet hul eise tesame R200 of meer wees.14 As die hof nie tevrede is dat hierdie drie vereistes prima facie vasgestel is nie, moet dit weier om die voorlopige sekwestrasiebevel toe te staan.

Artikel 11 van die Insolvensiewet bepaal dat wanneer die hof 'n voorlopige bevel toestaan, dit daarmee saam 'n bevel nisi moet uitreik wat op die skuldenaar persoonlik gedien moet word.15 Hierdie bevel nisi bevat 'n keerdatum. Dit is die datum waarop die betrokke skuldenaar na die hof moet terugkeer en redes aantoon waarom sy16boedel nie finaal gesekwestreer moet word nie. Die implikasie is duidelik. Wanneer 'n keerdatum bepaal is en deur middel van 'n bevel nisi op die skuldenaar gedien is, is 'n voorlopige sekwestrasiebevel reeds toegestaan. Dit bestaan, dit het werking en dit het gevolge.

Voordat die gevolge van 'n voorlopige sekwestrasiebevel ondersoek word, is enkele opmerkings nodig oor enkele aspekte wat in die Malema-situasie of - omstandighede relevant kan word rakende die prosedure en die proses nadat die voorlopige bevel toegestaan is, nodig.

2.1 Die applikant en sy eis

Eerstens relevant is dat SARS, of te wel die Kommissaris van Binnelandse Inkomste, die reg het om 'n applikant te wees vir die verpligte sekwestrasie van 'n persoon se boedel,17 en wel vir enige agterstallige inkomstebelasting, verkoopbelasting en ook boetes in hierdie verband.18

Tweedens, die bedrag van ten minste R100 moet vasstaan ten tye van die liassering van die aansoek vir sekwestrasie by die Griffier van die hof, ten tye van die toestaan van die voorlopige bevel en wanneer aansoek vir die finale bevel gedoen word.19 'n Paar aspekte is nou belangrik vir die onderhawige aangeleentheid. As 'n skuldeiser reeds 'n voorlopige bevel gekry het en die skuldenaar/insolvent die verskuldigde bedrag betaal, kan die betrokke skuldeiser nie met die finale sekwestrasie-aansoek voortgaan nie.20 Dieselfde sal geld as die eis in so 'n mate betaal word dat dit nou minder as R100 is.21 Daarom is in Paizes v Phitides22 en daarna in Reliance Agencies (Pty) Ltd v Patel23 beslis dat die skuldeiser nie gedeeltelike betaling hoef te aanvaar nie as die hele oogmerk daarvan is om die skuldeiser te verhoed om die aansoek te bring nie. Mars wys op nog twee relevante gevalle.24 Dit is waar iemand anders die skuld vir die skuldenaar betaal. Die slotsom in hierdie geval is dat dit in beginsel nie saak maak wie die skuld namens die skuldenaar betaal nie (ten volle of tot onder R100).25 Die applikant sal nie kan voortgaan met die finale stadium van die sekwestrasie-aansoek nie en die voorlopige sekwestrasiebevel sal opgehef moet word.26 Al wat nou verder kan gebeur, is dat 'n ander party tussenbeide kan tree en self van nuuts af aan aansoek kan doen vir 'n voorlopige sekwestrasiebevel. Dan loop die aansoek weer sy gewone roete soos deur die Insolvensiewet uitgestip.

Derdens moet die applikant 'n gelikwideerde eis vir die genoemde bedrag hê. "Gelikwideer" beteken kortliks dat die eis 'n geld-eis moet wees wat vasgestel is deur ooreenkoms, hofbeslissing of op die een of ander manier ("andersins"). Daar mag bygevolg nie 'n bona fide geskil ten opsigte van die eis bestaan nie.27 Die belangrike punt is dat, indien daar wel 'n bona fide geskil bestaan, maar dit vas staan dat ten minste R100 verskuldig is, die applikant steeds met sy aansoek sal kan voortgaan.28 Verder is daar in Kalil v Decotex (Pty) Ltd29 beslis dat in die geval waar daar 'n geskil oor die applikant se eis is, mondelinge getuienis toegelaat sal word om die eis te bepaal. Dit sal egter slegs in uitsonderlike omstandighede gebeur.

Van belang is egter dat as 'n voorlopige sekwestrasiebevel reeds toegestaan is (soos in die geval van mnr Malema), beteken dit dat die hof tevrede was dat die applikant prima facie 'n gelikwideerde eis van ten minste R100 het. Mondelinge getuienis sal ingevolge Reël 6(5)(g) van die Uniforme Hofreëls30 wel in die finale stadium (dus op die keerdatum) toegelaat word om enige feitegeskille by te lê. In die reeds genoemde Kalil v Decotex (Pty) Ltd-saak31 het die hof die beginsel verduidelik, naamlik dat as daar 'n feitegeskil bestaan, die oorwig van waarskynlikhede soos uit die beëdigde verklarings voor die hof blyk, nie voldoende sal wees vir die applikant om sy saak te bewys nie. Voordat die hof 'n finale bevel sal toestaan, sal mondelinge getuienis gelei moet word, tensy die hof van oordeel is dat mondelinge getuienis nie die oorwig van waarskynlikhede sal versteur nie.

Vierdens moet die eis die applikant reeds toegeval het of aan hom verskuldig wees, hoewel dit kragtens artikel 9(2) nie 'n vereiste is dat dit reeds betaalbaar moet wees nie. Hieroor het die hof in Sanddune CC v Catt32 beslis dat:

... a decision on the present applicability or otherwise of s 9(2) of the Act can be arrived at by referring to the nature of the agreement between the applicant and the respondent. It is an agreement of lease conferring reciprocal obligations upon the parties thereto. The applicant is obliged to make the leased premises available to the respondent, and the respondent is in turn obliged to pay the rental. If for some reason the applicant should refuse or be unable to make the leased premises available to the respondent, his obligation to pay rental would fall away. In these circumstances it is my view that it cannot be said that the future rentals can be considered to be claims which have accrued but which are not yet due. The applicant's claim for each future month's rental would only accrue when the applicant makes the leased premises available to the respondent on the first day of each such month. The position is quite different from that which exists in respect of a sale for credit or a loan of money which is only repayable at some future date, for in both those instances the seller and the money lender will have performed their obligations in terms of the respective agreements and the liability to pay of the purchaser and the borrower would be certain.

2.2 Terugtrekking

Ook relevant vir die onderhawige ondersoek is die kwessie oor die terugtrekking van die aansoek. Mars meld dat die hof die diskresie het om toe te laat dat die aansoek teruggetrek word, al is die voorlopige sekwestrasiebevel toegestaan en al is daar opposisie deur die skuldeisers.33 As die aansoek teruggetrek word, sal die hof die voorlopige bevel ophef, tensy 'n ander skuldeiser tussenbeide tree. Kragtens artikel 149(2) van die Insolvensiewet mag die hof enige bevel wat dit uit hoofde van die bepalings van die Insolvensiewet gegee het, terugtrek34 of wysig. Die betrokke artikel gee egter geen gronde waarop die terugtrekking of wysiging kan geskied nie. Dit beteken dat die hof in so 'n geval weer eens sy diskresie sal gebruik. Wat hierdie reël oor terugtrekking inhou, is dat die skuldeiser voor of op die dag dat die aansoek vir 'n voorlopige sekwestrasiebevel aangehoor word, die hof kan versoek dat sy aansoek teruggetrek word. As 'n voorlopige sekwestrasiebevel reeds toegestaan is, kan die skuldeiser op die keerdatum (wat vervroeg kan word35) aansoek doen vir die terugtrekking van sy aansoek vir die finale sekwestrasiebevel en tersydestelling van die voorlopige bevel.36

Die aansoek vir herroeping/opheffing/terugtrekking/tersydestelling is 'n mosie-aansoek, maar 'n aksieprosedure kan ook aangewend word.37 In Storti v Nugent38verklaar die hof dat die terugtrekking van 'n sekwestrasiebevel kan plaasvind waar die bevel nie gegee moes word nie en ook waar die bevel behoorlik gemaak is, maar faktore wat later ingetree het, maak die terugtrekking daarvan noodsaaklik of wenslik.39

2.3 Die keerdatum

As die aansoek vir verpligte sekwestrasie geopponeer word, sal die keerdag byna sonder uitsondering uitgestel word40 om die betrokke partye kans te gee om hulle dokumente te finaliseer41 en hul saak as 'n bestrede mosie volgens die vereistes wat deur die Eenvormige Hofreëls gestel word, te argumenteer.42

Artikel 12(2) van die Insolvensiewet bepaal verder dat as die hof op die keerdatum nie op die oorwig van waarskynlikhede tevrede is dat die applikant sy saak (soos in artikel 12(1) vereis word) bewys het nie, dit die aansoek moet weier of verdere bewyse van die aangeleenthede wat in die aansoek uiteengesit is, moet versoek en die verhoor vir enige redelike tydperk moet uitstel,43 maar nie sine die nie. As die hof dus meen dat daar 'n gebrek aan bewyse is van die bewerings wat die applikant gemaak het, kan dit die keerdatum verleng. In die saak van Escom v Rademeyer44het die hof ook bevind dat as die skuldenaar 'n uitstel versoek omdat hy versuim het om 'n prosedurele stap binne die tyd wat daarvoor toegelaat word, te doen moet hy 'n redelike verduideliking vir die vertraging voorsien en prima facie aantoon dat hy 'n bona fide verweer het wat hy sal kan aanvoer as die uitstel wel toegestaan word.45

Die standpunt in Mars is dat die uitstel van 'n bevel nisi nie toegestaan moet word bloot vir die skuldenaar se gerief, of vir die een of ander onderduimse oogmerk, of as dit op 'n misbruik van die hofproses neerkom nie.46 Skrywer stem saam, gesien in die lig van al die duidelike en uitdruklike bepalings oor die onderwerp in artikels 10 tot 12 en artikel 149(2), veral met verwysing na die faktore wat as bewys vereis word, waarvoor uitstel verleen kan word, waarvoor 'n vervroeging toegestaan kan word, wanneer 'n terugtrekking toelaatbaar is, die faktore van "redelikheid", "redelike tyd", "redelike verontskuldiging", "redelike verduideliking", "spesiale omstandighede", "voordeel van skuldeisers" en "bona fides", soos dit deur die loop van jare in die regspraak uitgekristaliseer het.

2.4 Gevolge van die voorlopige bevel

Artikel 20(1) van die Insolvensiewet bepaal dat die skuldenaar met die toestaan van die sekwestrasiebevel beheer oor sy boedel verloor. Die bewoording wat gebruik word, is dat die boedel in die Meester vestig en met aanstelling van 'n kurator die boedel dan in daardie kurator vestig. Die skuldenaar, wat nou as die insolvent bekend staan, het vervolgens nie meer dieselfde regte ten opsigte van die boedel (wat voor die sekwestrasiebevel sý boedel was) as wat hy voor die sekwestrasiebevel gehad het nie. Hy het nie die reg om die bates van die boedel te gebruik, aan te wend, die boedel te belas of by ooreenkomste of besigheid te betrek nie. As in ag geneem word wat die "bates van die insolvente boedel" alles behels,47 is die effek van hierdie gebeurtenis vir die insolvent enorm.48

Daarbenewens het die sekwestrasie ook 'n beduidende effek op die insolvent persoonlik.49 Relevant vir die ondersoek tans, is die effek wat sekwestrasie het op die bevoegdheid van die insolvent om 'n beroep of professie te beoefen. Die algemene reël word gestel in artikel 23(3) van die Insolvensiewet wat daarop neerkom dat die insolvent enige beroep of professie mag beoefen of enige diens mag betree. Die oogmerk van die wet is duidelik dat die insolvent in staat moet bly om hom en sy gesin te onderhou, wat natuurlik die las op die staat om persone sonder inkomste by te staan, sal laat afneem. Daar is wel 'n uitsondering en dit is (hoe onverstaanbaar hierdie reël ook al mag wees) dat die insolvent nie sonder die skriftelike toestemming van sy kurator50 die besigheid van 'n algemene handelaar of 'n fabrikant mag bedryf nie, of in enige hoedanigheid in die diens van die besigheid van 'n algemene handelaar of fabrikant wees nie, of enige direkte of indirekte belang by so 'n besigheid mag hê nie.51 Dan is daar verder ook bepalings in ander wette wat die insolvent se reg om 'n beroep te beoefen, beïnvloed. Enkele van hierdie beroepe wat in die een of ander mate geraak word, is onder andere 'n direkteur van 'n maatskappy, prokureur, kurator van 'n insolvente boedel, lid van die Raad van die Nasionale Kredietreguleerder, likwidateur van 'n maatskappy of beslote korporasie, trustee van 'n trust, vervaardiger of verspreider van drank, lid van die Raad van die Land- en Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika.52 Die kritieke vraag is egter of die voorlopige sekwestrasiebevel dieselfde gevolg sal hê?

Om hierdie vraag te beantwoord is dit belangrik om daarop te wys en word dit herhaal dat die begrip "sekwestrasiebevel" volgens artikel 2 van die Insolvensiewet (wat die woordomskrywingsartikel is) enige bevel van die hof waardeur 'n boedel gesekwestreer word, beteken. 'n Finale sowel as 'n voorlopige sekwestrasiebevel wat nie tersyde gestel is nie, kwalifiseer derhalwe as 'n artikel 2-"sekwestrasiebevel".

Kragtens die Grondwet mag 'n ongerehabiliteerde insolvent nie 'n lid van die Nasionale Vergadering,53 die Nasionale Raad van Provinsies,54 of 'n Provinsiale Wetgewer55 wees nie. Dit is hierdie aspek wat die Malema-geval hierbo op die voorgrond geplaas het. Sluit die gebruik van die woorde "ongerehabiliteerde insolvent" ook iemand in wat onder voorlopige sekwestrasie verkeer? Die gemelde artikel 2 bepaal dat 'n "insolvent" 'n skuldenaar is wie se boedel onder sekwestrasie is. Afhangende van die konteks waarin die begrip gebruik word, kan dit wel ook so 'n skuldenaar vóór die sekwestrasie van sy boedel insluit. Daarom is dit my mening dat die byvoeging van "ongerehabiliteerde" in die genoemde bepalings van die Grondwet aandui dat hier onder die begrip 'n insolvent bedoel word: iemand wie se boedel onder sekwestrasie is. Sekwestrasie word weer bewerkstellig deur 'n sekwestrasiebevel. En soos genoem, sluit dit 'n voorlopige sekwestrasiebevel in.

Die verlenging van die keerdatum het geen effek op die voorlopige sekwestrasiebevel nie. Die voorlopige sekwestrasiebevel staan, tensy of totdat dit opgehef, tersyde gestel of herroep word. Het 'n betalingsooreenkoms tussen die appliserende skuldeiser en die insolvent - soos in die Malema-geval voorgekom het - enige effek op die feit van 'n "voorlopige sekwestrasiebevel"? Dit behoort nie te hê nie. Daar bestaan nie verskillende soorte voorlopige sekwestrasiebevele of voorwaardelike voorlopige sekwestrasiebevele nie en slegs die hof kan 'n sekwestrasiebevel tersyde stel. Dit mag wees dat die partye 'n ooreenkoms het dat op 'n sekere manier betaal moet word; dat sekere vereistes vir betaling gestel word; dat as daar nie daaraan voldoen word nie die applikant op die keerdatum sal voortgaan met die aansoek vir finale sekwestrasie. Dit is my mening dat die ooreenkoms nie die aard en die bestaan van 'n voorlopige sekwestrasiebevel kan wysig nie.

Daarom meen ek dat 'n voorlopige sekwestrasiebevel dieselfde effek ten opsigte van bogemelde ampte bewerkstellig. Dit sal vervolgens insiggewend wees om te sien hoe die insolvensiereg in die VSA 'n situasie soos hierdie sal hanteer.

 

3 Die regsposisie in die VSA

Om die Amerikaanse benadering met betrekking tot die insolvensiereg te verstaan en 'n behoorlike beeld en insig rakende hul ingesteldheid ten opsigte van hierdie aspek in hul alledaagse ekonomiese bedrywighede te kan vorm, is 'n kort oorsig van hul "sekwestrasieproses" nodig. Dit is hierdie benadering wat 'n groot rol speel by die uiteindelike hantering van die aangeleentheid onder bespreking. Die Amerikaanse insolvensiereg staan bekend as "bankruptcy law" en verder word die insolvensie van 'n skuldenaar, die sekwestrasie van die skuldenaar se boedel, oorverskuldigheid, en in skuld gedompel wees, alles onder een oorhoofse tema van "bankruptcy" hanteer.56

Ter wille van gerief en om misverstande met die vergelyking tussen hierdie twee jurisdiksies te voorkom,57 sal die begrip sekwestrasie in plaas van "bankruptcy" deurgaans gebruik word.58

Die interessante van die Amerikaanse insolvensiereg is dat dit volgens Howard teruggevoer kan word dwarsdeur die reg van Engeland tot by die reg van Italiaanse stadstate in die 14de eeu.59 Hierdie Italiaanse stadstate se reg was op hul beurt weer afgelei van Romeinse reg. Howard wys daarop dat die vroeëre insolvensiereg in sy geheel skuldeiser-georiënteerd was.60 Dit was ontwerp om die skuldenaar te verhoed om bates vir die skuldeisers weg te steek en het ten opsigte van die skuldenaar 'n strafeienskap ingehou.61 Hierdie vroeëre insolvensiereg het slegs verpligte sekwestrasies toegelaat en het geensins eers die vrystelling ("discharge") van skulde wat aan die einde van die hele proses nog oorgebly het, in gedagte gehad of beoog nie. Howard wys verder daarop dat die vroeëre insolvensiewette ook tot sekere klasse skuldenare, soos koopmans en handelaars beperk was. Tereg wys hy daarop dat die insolvensiewette geleidelik meer skuldenaar-vriendelik geword het.62 Dit het gaandeweg vrywillige aansoeke toegelaat en was nie net beperk tot koopmans en handelaars nie.

Die 1978 US Bankruptcy Code63 is die mees skuldenaar-vriendelike insolvensieregstelsel wat in die VSA gepromulgeer is.64 Veral opmerklik is die feit dat daar in die Amerikaanse insolvensiereg nie na die "insolvent" verwys word nie. Die gebruik van die begrip "bankrupt" is uitgefaseer en die begrip "debtor" is deurgaans gebruik.65 Elias en Bayer66 verklaar dan ook:

Bankruptcy is a truly worthy part of our legal system, based as it is on forgiveness rather than retribution. Certainly, it gives people a fresh start in our increasingly volatile economy, helps keep families together, reduces suicide rates, and keeps the ranks of the homeless from growing even larger.

Ferriell en Janger67 se mening is dat as skuldenare te straf behandel word, dit mense in die algemeen ontmoedig om risiko's aan te gaan wat andersins welvaart en ook effektiewe welvaart vir die gemeenskap in die geheel sal skep. Mense wat opgesaal sit met enorme skuld, met geen hoop om die voordeel van hul toekomstige arbeid (anders as om net hul skuldeisers te betaal) te geniet nie, word ontmoedig om hard te werk. As hulle van hul verpligtinge vrygestel word, en in staat gestel word om die voordele van hul toekomstige strewes te oes, sal hulle volgens hierdie skrywers meer geredelik produktiewe burgers wees.68 Baird verduidelik dit so:

There are many honest, decent individuals who through the improvidence or bad luck end up owing their creditors more than they ever can repay. ... For more than a century, our laws have granted such individuals a fresh start. They can file a bankruptcy petition, discharge their debts, and start over again. More than a million individuals file bankruptcy petitions each year. The overwhelming majority of these cases are short, uncomplicated affairs. The debtors never appear in court, no creditor objects, and the court clerk is the only one who ever sees the file. The system provides enormous benefits to the "honest but unfortunate debtor" while imposing only a small cost on creditors. Having a debt you are owed discharged matters relatively little if there is almost no chance you are going to be repaid anyway. You are better off having the debtor's affairs subjected to scrutiny by a trustee and walking away.69

'n Mens moet weliswaar nie nalaat nie om te meld dat daar inderdaad 'n hele aantal bepalings in die Bankruptcy Code opgeneem is om misbruik, bedrog en oneerlikheid te bekamp. Enkele voorbeelde hiervan is § 707 waardeur die "means test" gebruik word om 'n "fresh start" vir verbruikers te blok indien hulle meer as die meeste ander mense verdien en genoeg vervreembare bates het om substansiële terugbetalings aan hul skuldeisers te maak. Verder is daar ook § 727 wat skuldenare verhoed om 'n vrystelling ("discharge") te kry as hulle hul skuldeisers bedrieg het, bates oneerlik vervreem het of andersins die proses misbruik het.70

Wat verder in gedagte gehou moet word, is dat die Amerikaanse sekwestrasieproses deur federale reëls gelei word, hoewel aspekte van staatlike reg in sekere opsigte ook 'n rol speel.71 Die ingewikkelde fasette wat dit meebring, het egter vir die fokus van die ondersoek tans nie 'n noemenswaardige impak nie. In welke mate hierdie federale reëls ontwerp is om verbruikers en besigheide te help om van hulle skuld ontslae te raak72 onder die beskerming van die United States Bankruptcy Code en die United States Bankruptcy Court, sal hieronder nog verder duidelik word.

3.1 Die petisie73 vir sekwestrasie

Hoofstukke 7, 9, 11, 12, 13 en 15 van die 11 USC 1978 maak voorsiening vir die verskillende tipes sekwestrasie-aansoeke wat by die Amerikaanse insolvensiereg ingebring kan word. Chapter 7 is vir die likwidasie van die boedel van individue en korporasies; Chapter 9 word gebruik in die geval van insolvensies van munisipaliteite; Chapter 11 is vir 'n reorganisasie by hoofsaaklik korporasies, maar kan in sekere gevalle ook vir individue gebruik word; Chapter 12 is vir "familieboere" en "familie- vissermanne"; Chapter 13 is vir die rehabilitasie van individue en Chapter 15 is vir oorgrens-insolvensies.74 Nie een van hierdie prosedures behels enigsins 'n voorlopige stadium of 'n voorlopige sekwestrasiebevel nie. Myns insiens is dit deel van die Amerikaanse ingesteldheid en van die Bankruptcy Code se oogmerk om skuldenare te help75 om so gou as moontlik van hul skuld ontslae te raak en van voor af te begin, waaroor hier onder meer.

Daar is drie algemene tipes sekwestrasie wat vir die huidige ondersoek relevant is, naamlik die Chapter 7-, Chapter 11- en Chapter 13-sekwestrasies. Vir watter een aansoek gedoen moet word, hang af van die skuldenaar se inkomste, bates en tipes skuld. Dit is duidelik dat sekwestrasies in die Amerikaanse insolvensiereg in twee verskyningsvorme kom: likwidasie en reorganisasie.76 Wanneer die gewone likwidasie (Chapter 7) in die geval van 'n korporasie geskied het, hou die besigheid op om te bestaan. In 'n reorganisasie (Chapters 11 of 13) word die betaling van skuld uitgestel of verminder, voorraad herverdeel en die skuldenaar bly voortbestaan en bedryf steeds die besigheid.77

3.2 Chapter 778

Chapter 7 is vir individue en besighede. Reeds by die aansoek79 blyk die ingesteldheid om die skuldenaar so gou as moontlik te help. Die grondslag van so 'n aansoek is 'n hofgeding en word in die algemeen op 'n onmiddellike basis gelitigeer.80 Dit stel aan die einde die skuldenaar vry van die meeste van sy onversekerde skuld en gee hom 'n kans om baie vinnig weer van heel voor af te begin. Dit is die sogenaamde fresh start of nuut begin. Soos genoem is dit 'n likwidasieproses. 'n Kurator ("trustee") word onmiddellik en outomaties deur die hof aangestel81 en neem beheer van die insolvente boedel oor. Die insolvente boedel se bates, as daar is, word deur hom bymekaar gemaak, verkoop en die opbrengs onder die skuldeisers verdeel82 ooreenkomstig die voorgeskrewe voorkeurorde in die Bankruptcy Code. Tot in hierdie stadium klink dit baie soos die Suid-Afrikaanse proses. Tog is daar belangrike verskille. Die applikant hoef nie te bewys dat die skuldenaar se boedel insolvent is nie, of dat sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers sal wees nie, of dat daar voldoende vrye oorskot sal wees om die sekwestrasiekoste te delg nie.83 Dit is inderdaad 'n proses om die skuldenaar te help om van sy skulde ontslae te raak en van voor af te begin.84 Dit is werklik die eenvoudigste en vinnigste vorme van sekwestrasie en neem gewoonlik net so drie tot ses maande vir afhandeling.85

Chapter 7 word baie selde vir verpligte sekwestrasie-aansoeke aangewend. Tog kan dit wel gebeur.86 Dit is egter so dat minder as 0.5% van die aansoeke verpligte aansoeke is.87 In die meeste aansoeke van hierdie aard is byna al die bates vrygestel - die skuldenaar moet 'n lys aan die hof voorlê waarin hy aandui watter bates vrygestel is.88 So kan hy dit teen die onversekerde skuldeisers beskerm, want daar is dan gewoonlik geen bates om te likwideer nie en bygevolg geen dividend aan die skuldeisers nie.89

Die voordeel vir die skuldenaar by 'n Chapter 7-aansoek is dat dit onmiddellik 'n outomatiese opskorting ("automatic stay") bewerkstellig.90 Soos in Suid-Afrika, verhoed dit skuldeisers om enigsins hulle skuld in te vorder. Daar kan nie meer op die skuldenaar se bates, bankrekenings, salaris of ander eiendom beslag gelê word nie.91Die periode tussen die liassering van die verpligtige aansoek en die hof se beslissing daaroor, word as die "gap period" beskryf. Gedurende hierdie tydperk is daar spesiale beskermingsmaatreëls ten opsigte van die skuldenaar en ook daardie skuldeisers wat dan met hom besigheid doen.92

There are several other disadvantages to creditors pursuing involuntary relief. After the filing of the involuntary petition, a debtor may continue to operate its business and carry on financial transactions during the so-called "gap period," which subjects available assets to depletion.93

Die twee belangrike bepalings van die Bankruptcy Code in hierdie verband is 11 USC § 303(f) en 11 USC § 303(g). Die effek van hierdie bepalings, met verwysing na die voordelige posisie van die skuldenaar, spreek vanself - in hierdie tyd bly die skuldenaar in beheer van sy boedel en besigheid.94 11 USC § 303(f) bepaal:

Notwithstanding § 363 of this title, except to the extent that the court orders otherwise, and until an order for relief in the case, any business of the debtor may continue to operate, and the debtor may continue to use, acquire, or dispose of property as if an involuntary case concerning the debtor had not been commenced.

11 USC § 303(g) bepaal (klem ingevoeg):

At any time after the commencement of an involuntary case under Chapter 7 of this title but before an order for relief in the case, the court, on request of a party in interest, after notice to the debtor and a hearing, and if necessary to preserve the property of the estate or to prevent loss to the estate, may order the United States trustee to appoint an interim trustee under section 701 of this title to take possession of the property of the estate and to operate any business of the debtor. Before an order for relief, the debtor may regain possession of property in possession of a trustee ordered appointed under this subsection if the debtor files such bond as the court requires, conditioned on the debtor's accounting for and delivering to the trustee, if there is an order for relief in the case, such property, or the value, as of the date the debtor regains possession, of such property.

Skulde wat in die gewone loop van besigheid in die "gap period" aangegaan is, word as eise teen die boedel behandel en kry prioriteitstatus (derde prioriteit) in die verdeling van die boedel.95 Die oogmerk daarmee is om persone aan te moedig om steeds met die skuldenaar besigheid te doen.96 Ook hierdie wys myns insiens op die bedoeling van die Amerikaanse wetgewer om die skuldenaar so gou as moontlik weer in die handel bedrywig te kry.

n Verdere skuldenaar-vriendelike bepaling is dat die skuldenaar 'n absolute reg het om 'n verpligte sekwestrasie-aansoek kragtens Chapter 7 in 'n Chapter 11-aansoek om te skakel - óf voor óf selfs na die sekwestrasiebevel deur die hof toegestaan is.97 Dus, selfs as die skuldenaar se teenstaan van die verpligte Chapter 7-aansoek onsuksesvol is, kan hy die aansoek na 'n Chapter 11 (waar hy meer beheer het) omskakel.98 Dit sal hy kan doen om weer beheer oor sy boedel te verkry.

3.3 Chapter 1199

Hierdie prosedure herinner baie aan die akkoord-prosedure van die Suid-Afrikaanse insolvensiereg. Chapter 11 word hoofsaaklik gebruik vir besighede100 maar dit kan wel in die geval van individue met baie groot skulde aangewend word.101 Weer is dit nie nodig om te bewys dat die skuldenaar insolvent is nie, of dat die aansoek tot voordeel van die skuldeisers sal wees nie of dat daar vrye oorskot sal wees om die kostes van die aansoek te dek nie.102 Die Chapter 11-aansoek is hoofsaaklik vir reorganisasie103van die besigheid se skuld,104 hoewel dit ook een vir likwidasie kan wees.105 Dit is ook al beskryf as 'n "business debtor rehabilitation" deur middel van besigheid-reorganisasie. In hierdie geval word die skuldenaar 'n eksklusiewe tydperk gegun om 'n reorganisasieplan voor te stel en te laat bekragtig.106 Daardeur bied hy 'n ooreenkoms aan sy skuldeisers waaroor daar gestem word, en die meerderheid die nie-instemmende minderheid bind.107 Skuldeisers kan ook 'n petisie vir 'n Chapter 11-reorganisasie liasseer.108 Die prosedure vir 'n verpligte Chapter 11-aansoek is dieselfde as vir 'n Chapter 7-aansoek.109

'n Uitstaande kenmerk van hierdie tipe sekwestrasie-aansoek, is die "debtor in possession"-aspek.110 Hierdie skuldenaar bly in besit en in beheer van sy bates.111 Die DIP het al die regte, bevoegdhede, magte en pligte van 'n kurator in Chapter 7, behalwe die reg op vergoeding en die reg om die sake van die skuldenaar te ondersoek.112 Hy moet sy eie vernietigbare en onbehoorlike voorkeure tersyde stel en sy eie onuitgevoerde kontrakte verwerp.113 Hy is die gemagtige verteenwoordiger van die boedel.114 Daarom is dit moontlik vir 'n besigheid wat 'n Chapter 11-aansoek bring om so te sê normaal te funksioneer as 'n DIP.

3.4 Chapter 13115

Slegs individue kan 'n Chapter 13 liasseer116 en hierdie optrede staan in die algemene spreektaal bekend as die rehabilitasieprosedure of die "salaristrekker reorganisasie".117 Ook in hierdie geval is die DIP in beheer van sy bates en boedel.118

As die individu nie 'n Chapter 7 kan liasseer nie,119 is hierdie weg vir hom oop. Die skuldenaar moet 'n vaste en gereelde inkomste uit een of meer bronne hê, sodat hy 'n reorganisasieplan aan sy skuldeisers kan voorstel.

Die reorganisasieplan gee aan die skuldenaar 'n omvattende geleentheid om die onversekerde skuldeisers te betaal.120 Hy bied hulle 'n betalingsplan aan. Hy moet gereelde betalings maak wat tussen 3-5 jaar neem, waarvolgens (gewoonlik) slegs 'n gedeelte van die volle bedrag betaal sal word.121 Die skuldenaar betaal dus net terug wat hy kan bekostig om te betaal, maar moet al sy inkomste vir 'n periode van 3-5 jaar aanbied (behalwe wat nodig is om hom en sy gesin te onderhou).122 Die kurator verdeel die geld volgens die bepalings van die reorganisasieplan en maak seker dat die skuldenaar gedurende hierdie 3-5 jaar wat die skuldenaar in sekwestrasie is, daaraan voldoen. Die skuldenaar behou in hierdie geval die meeste van sy bates, indien nie alles nie.123

3.5 Die effek van die liassering van h sekwestrasie-aansoek op beroepbeoefening

Uit die uiteensetting hierbo is dit heel duidelik dat die ingesteldheid teenoor 'n skuldenaar wat insolvent is, in Suid-Afrika grootliks verskil van die ingesteldheid teenoor sodanige persone in die VSA. Die volgende vraag is vervolgens wat die effek van hierdie Amerikaanse benadering is op die bevoegdheid van 'n persoon onder sekwestrasie om in die Amerikaanse Kongres te dien?

In die Amerikaanse federale reg word 'n skuldenaar se reg om vir sekwestrasie aansoek te doen baie streng beskerm in die sin dat 'n skuldenaar nie uit sy werk of pos ontslaan kan word bloot omdat hy aansoek doen vir die sekwestrasie van sy boedel nie.124 Die federale insolvensiereg bepaal dat daar nie teen 'n persoon gediskrimineer kan word omdat hy 'n aansoek vir sekwestrasie geliasseer het nie, of dat so 'n aansoek teen hom geliasseer is nie.125 Die uitgangspunt is dat eerlike mense ook foute met hulle finansiële sake kan begaan of bloot dat slegte geluk hulle tref. Diesulkes behoort vergewe te word en moet nog 'n kans gegun word. 126 Volgens Ventura het die meerderheid mense wat vir sekwestrasie aansoek doen, nie in skuld gedompel geraak bloot omdat hulle geld roekeloos bestee het nie. Hy meen dat hulle eerder 'n ernstige terugslag in die lewe gehad het; maande, selfs jare geneem het om te betaal wat hulle skuld en eers 'n aansoek vir sekwestrasie geliasseer het nadat hulle geen ander opsies meer gehad het nie en skielik met die verlies van hul huis of motor of die beslaglegging op hul salarisse gekonfronteer is.127 Die redes hiervoor is volgens hom werksverlies, mediese rekenings, egskeiding en dan ook skuld aan die kant van skuldeisers - skuldeisers maak dit baie eenvoudig en maklik om krediet te verkry, is nie altyd 100% duidelik oor die terme van die krediet nie en maak groot wins deur hoë fooie en rente te vra.128

Van belang ten opsigte van beroepsbeoefening is veral 11 USC § 525 wat ingestel is met die doel om die staat en privaat werkgewers te verhoed om te diskrimineer.

3.5.1 Bepalings van toepassing op die staat as werkgewer

Kragtens 11 USC § 525(a) word alle federale, staatlike en plaaslike regeringsinstellings verhoed om te diskrimineer bloot omdat 'n aansoek vir sekwestrasie geliasseer is.129Kragtens hierdie bepaling van die Bankruptcy Code, kan die staat onder andere nie

die skuldenaar 'n werk weier of afdank nie;

weier om die skuldenaar se dranklisensie te hernu of 'n kontrak (soos vir 'n konstruksieprojek) te weier nie.130

Die kardinale woord hier is "alleen" ("solely"). Slegs as die liassering van die aansoek vir sekwestrasie die alleen-oorsaak vir die weiering of afdanking is, word dit verbied; word dit as diskriminasie beskou131 As daar ander geldige redes is om sulke stappe te doen, byvoorbeeld 'n swak bywoningsrekord, sal hierdie bepalings die skuldenaar nie help nie.132 Elias, Renauer en Leonard noem voorbeelde soos onnetheid, onbevoegdheid of oneerlikheid.133

3.5.2 Bepalings van toepassing op private werkgewers

Geen openbare werkgewer mag 'n skuldenaar se sekwestrasie in aanmerking neem wanneer dit moet besluit om 'n persoon in diens te neem nie. Daar is egter geen ooreenstemmende bepaling ten opsigte van private werkgewers nie. 11 USC § 525(b) bepaal die regsposisie in die geval van private werkgewers en gebruik die woorde "may (not) terminate the employment of, or discriminate with respect to employment Hierdie bepaling is daarom, ten opsigte van 'n private werkgewer, meer beperk as 11 USC § 525(a). 11 USC § 525(b) verbied 'n private werkgewer uitdruklik (en slegs) om huidige werknemers weens die aansoek vir sekwestrasie af te dank.134

Wat "discriminate with respect to employment ..." betref, mag geen werkgewer ook teen so 'n werknemer diskrimineer ten opsigte van enige ander terme en voorwaardes nie, byvoorbeeld deur sy salaris te verminder, die werknemer te demoveer of verantwoordelikhede weg te neem nie.135 Waarskynlik sal die betrokke werknemer dan ook 'n saak hê as hy "in die tou gestaan het" vir bevordering en dit geweier word net omdat hy 'n aansoek vir sekwestrasie geliasseer het.

Die interessante hier is dat die meeste howe136 reeds bevind het dat private werkgewers nie verbied is om iemand in diens te neem as gevolg van die aansoek vir sekwestrasie of 'n vorige sekwestrasie nie.137 Selfs as 'n private werkgewer weier om iemand in diens te neem as gevolg van sy swak kredietgeskiedenis - nie as gevolg van sy sekwestrasie nie - mag so 'n persoon nie werklik 'n beroep op die artikel van die wet hê nie.138

3.5.3 Ander aspekte ten opstgte van beroepbeoefentng

Wat beroepbeoefening betref, kom daar verdere interessante inligting ten opsigte van die toepassing van hierdie beginsels in die Amerikaanse reg voor. Daar word erken dat amptenare wat in die posisie/amp van wetstoepassing is dikwels toegang het tot sensitiewe materiaal, soos dwelms of wapens wat onder die tafel verkoop kan word, of kontant waarop beslag gelê word as bewyse. Die liassering van 'n sekwestrasie-aansoek kan in sulke gevalle inderdaad 'n persoon se kanse beperk om 'n werk wat hierdie soort toegang het, te kry of dit te behou.139 Werk wat sekuriteitsklaring vereis, sluit omtrent altyd 'n kredietkontrole in. Dit sluit dan baie regeringswerk, militêre posisies, FBI- en CIA-werk en regeringskontrakte in. Finansiële probleme brandmerk die persoon as 'n risiko vir afpersing of om geheime te verkoop as 'n wyse om uit so 'n persoon se finansiële verknorsing te kom. 'n Aansoek vir sekwestrasie sal nie noodwendig diensbeëindiging beteken as jy reeds in diens is met sekerheidsklaring nie, maar jou toegang tot sensitiewe inligting kan getermineer word. Dit kan natuurlik lei tot die beperking van werksverantwoordelikhede en betaling.140 Ventura erken dat dit tog moeilik is vir 'n skuldenaar om 'n werk te kry as die werk die hantering van geld, die bestuur van 'n werkgewer se finansies, ensovoorts is.141 Ook Elias en Bayer wys daarop dat sommige mense ervaar dat om 'n sekwestrasie êrens in hulle verlede te hê, dit terugkeer om by hulle te spook, veral as hulle aansoek doen vir werk wat met geld te make het, soos boekhouding, rekeningkunde, betaalstate en ander finansiële aspekte.142

3.6 Opsommend

Ferriell en Janger verklaar dat die "fresh start to honest but unfortunate debtors" die kern van die moderne insolvensiereg uitmaak.143 Die ingesteldheid in die Amerikaanse insolvensiereg is duidelik dat die liassering van 'n verpligte sekwestrasie-aansoek kragtens Chapters 7 en 11 vernietigende gevolge vir 'n skuldenaar en dié se besigheid kan hê. Gevolglik sluit § 303 verskeie beskermingmaatreëls in om die skuldenaar gedurende die tydperk van die aansoek en die beslissing van die hof te help144 sodat die ontwrigtende impak van die verpligte aansoek op die skuldenaar se besigheid en finansiële sake beperk word.145 Howard146 stel dit so:

The goal of providing a fresh start in economic sense for honest but unfortunate debtors has become entrenched in the American law. Several sections of the BC implement this fundamental policy. .... This fresh start allows hopelessly insolvent individuals to get out from under the weight of their debts and resume productive lives as contributing members of society. The debtor would have less incentive to work if his creditors could reap the fruits of his labors. The discharge provides a sort of social safety net, helping to avoid the creation of a perpetual debtor underclass.

In 'n Chapter 7-prosedure is die kurator in die reël nie betrokke by 'n langtermyn beheer en bestuur van die bates of besigheid van die skuldenaar nie. Die doel daarvan is om die boedel so gou as moontlik te likwideer. In 'n Chapter 11-prosedure is die situasie weliswaar dikwels so dat die besigheid winsgewend kan word as dit net ontslae kan raak van onproduktiewe bates of as dit kontrakte en skuldverpligtinge wat beswarend is, kan heronderhandel.147 Derhalwe gebruik besighede 'n Chapter 11 om die oproep of intrekking van 'n verband te stop, om skuld te heronderhandel en om 'n beswarende huurkontrak te beëindig. Sodra die plan bekragtig word, vestig al die skuldenaar se bates weer in hom. 'n Chapter 13 laat die skuldenaar toe om, terwyl hy sy bates behou, al sy agterstallige skuld oor 'n langer tydperk te betaal deur gebruik te maak van 'n plan wat deur die hof goedgekeur is, en onder toesig van die hof deur die kurator afgedwing word. Nie alle skuldeisers hoef ten volle betaal te word nie en die onbetaalde bedrae word vrygestel ("discharged").

Nêrens in die Amerikaanse Grondwet kom enige bepaling voor wat iemand diskwalifiseer op grond van sy insolvensie nie. Artikels 2 en 3 van die Constitution of the United States of America bepaal die kwalifikasies van 'n lid van die Huis van Verteenwoordigers en 'n senator as lid van die Senaat respektiewelik. Vir 'n lid van die House of Representatives is daar slegs drie kwalifikasies, naamlik (1) hy/sy moet ten minste 25 jaar oud wees, (2) moet vir ten minste 7 jaar 'n burger van die VSA wees, en (3) moet in die staat woon waarvoor hy/sy gekies is. In Klousule 3 van artikel 3 word ook slegs drie kwalifikasies vir 'n senator gestel, naamlik (1) hy/sy moet ouer as 30 jaar wees, (2) moet vir ten minste 9 jaar 'n burger van die VSA wees, en (3) moet in die staat woon waarvoor hy/sy gekies is. Pogings in die Kongres om vereistes by te voeg is al deur die Kongres en die howe verwerp. Artikel 6 van die Constitution of the United States of America bepaal verder dat 'n persoon wat ten tye van sy verkiesing vir die Kongres enige ander amp in/vir die VSA beklee, gediskwalifiseer is. Daarbenewens sal enige persoon wat 'n eed geneem het om die VSA te ondersteun en in 'n rebellie teen die VSA betrokke raak, gediskwalifiseer is. Dit is die enigste kwalifikasies en diskwalifikasies in die Amerikaanse Grondwet.148

 

4 Verenigde Koninkryk149

Met die benadering in Suid-Afrika ten opsigte van die insolvent aan die vér een kant en die benadering in die VSA aan die vér ander kant, is die posisie in die Verenigde Koninkryk noemenswaardig as 'n (na my mening) goeie middeweg.150 Met die inleiding van Bankruptcy Restriction Orders (BROs) deur die Enterprise Act van 2002, word 'n hele aantal beroepe deur sekwestrasie geraak. Sommige van die beperkings op die beoefening van beroepe vind toepassing ten opsigte van 'n ongerehabiliteerde insolvent terwyl ander slegs toepassing vind ten opsigte van daardie individue wat aan 'n beperkingsbevel onderworpe is.151 Die kruks is egter dat daar werk of beroepe is wat 'n ongerehabiliteerde insolvent inderdaad nie sal kan doen nie. Baie kortliks sluit dit die volgende in: prokureur, prinsipaal of lid van beheerliggaam van 'n skool of opvoedkundige inrigting, insolvensiepraktisyn, direkteur van 'n maatskappy, enige werk wat deur die Financial Services Authority (FSA) gereguleer word, vrederegter, 'n eiendomsagent, 'n trustee van 'n liefdadigheidstrust, plaaslike of nasionale regering, byvoorbeeld 'n raadslid of Lid van die Parlement (MP).

Ten opsigte van laasgenoemde kategorie diskwalifiseer artikel 427(1) Insolvency Act, 1986 'n individu wat aan 'n sekwestrasiebevel wat in Engeland, Wallis of Noord-Ierland onderworpe is of wie se boedel onderworpe is aan sekwestrasie in Skotland, om te dien of te stem in die House of Lords, om gekies te word, te dien of te stem in die House of Commons, om te dien of te stem in 'n komitee in enige van die Huise. Artikel 426A152 beperk egter hierdie diskwalifikasie tot slegs daardie lede van die parlement ten opsigte van wie 'n BRO gemaak is. Hulle word nie as lid van die House of Commons of as lid van die House of Lords toegelaat nie vir die duur van die BRO en moet onmiddellik die setel ontruim. Diegene mag ook nie op 'n komitee van die House of Lords dien nie, of stem in so 'n komitee of in 'n gesamentlike komitee van beide Huise nie. Die MP wie se boedel ook gesekwestreer is, is nie outomaties gediskwalifiseer nie, terwyl die persoon wat aan 'n BRO of selfs 'n interim-BRO onderworpe is, wel gediskwalifiseer is as gevolg van die element van skuld.153 Hierdie bepalings geld ook vir lede van die Skotse Parlement, die Noord-Ierland Parlement en die Nasionale Vergadering van Wallis.154 Al hierdie vind toepassing ongeag parlementêre privilegie:

This new provision introduced the parliamentary prohibition on sitting but only when a BRO was also made in addition to the bankruptcy order. A parliamentarian can now therefore only be excluded from sitting in Parliament if they are subject to a BRO, a Bankruptcy Restrictions Undertaking (BRU) or a Debt Relief Restriction Order (DRRO). Being a mere bankrupt is now insufficient.155

Opsommend kan gestel word dat die Enterprise Act van 2002 in Engeland die element van skuldkwytskelding ná sekwestrasies ("discharge") - en bygevolg ook die rehabilitasie-oogmerk - in 'n groot mate "geliberaliseer" het. Die stelsel van Bankruptcy Restriction Orders (BRO) is ingestel om tog sommige van die ernstige "sanksies" wat met sekwestrasie gepaard gaan, te behou. Dit word as 'n "balancing safeguard" beskou waar beperkings gestel word ten opsigte van die na-rehabilitasie fase, maar uitsluitlik gerig op skuldige en oneerlike skuldenare. Daarom vervul BROs 'n uiters belangrike funksie in die nuwe Enterprise Act, 2002 hervormings ten opsigte van skuldvrystelling of discharge en openbare onbevoeghede of diskwalifikasies.

 

5 Konklusie

Daar kan geargumenteer word dat 'n gesekwestreerde persoon, veral 'n oneerlike een, 'n bedreiging vir die publiek is. Daar kan geargumenteer word dat 'n lid van die parlement in die mees prominente posisie sit vanwaar hierdie bedreiging uitgeoefen kan word. Daarom is oor die jare heen gereken dat die diskwalifikasie van sitting in die parlement vir persone wat onder sekwestrasie is, noodsaaklik was om die waardigheid en onafhanklikheid van die parlement te bewaar. Die huidige internasionale klimaat rakende ekonomiese vooruitgang en die insolvensiereg noop 'n mens om te vra waarvoor die Suid-Afrikaanse insolvensiereg staan en wat dit probeer bereik. Wanneer die reg van ander jurisdiksies soos die VSA en die VK bestudeer word, is daar 'n rigting te bespeur dat die outomatiese diskwalifikasie van parlementariërs as 'n oogmerk van die insolvensiereg die afgelope aantal jare nie bestaan nie (VSA) of grootliks gekrimp het (VK).

Die retoriek wat tans insolvensiereghervorming omgewe, hou verband met 'n spoedige rehabilitasie en 'n "nuut begin". Hierdie benadering, soos hierbo gesien kon word, erken dat 'n sekwestrasie kan plaasvind sonder enige fout van die skuldenaar. As dit so is, is die vraag: Is dit dan nog geregverdig om te volhard in die historiese benadering tot sekwestrasies wat grootliks ontwikkel het uit 'n motief van of behoefte aan bestrawwing van die skuldenaar? Is so 'n houding houdbaar? Is dit sinvol om te bly vasklou aan die uitgangspunt dat parlementariërs wie se boedels gesekwestreer is, outomaties gediskwalifiseer moet word omdat hulle op finansiële ('n ander) gebied laat blyk het dat hulle ongesonde oordeel aan die dag gelê het? Kan geargumenteer word dat wetgewing (deur die parlement) nie oorgelaat moet word aan mense wat kwansuis nie geskik sou wees om dit te doen nie, omdat hulle op finansiële gebied ongesonde oordeel aan die dag gelê het?

Ek moet onmiddellik noem dat dit my standpunt is dat daar tog ook 'n mate van 'n straf-element by sekwestrasies moet wees, net om te verseker dat bedrog en oneerlikheid gestraf word en voldoende respek en nakoming van kredietverpligtinge gehandhaaf word. Ek is van mening dat die Amerikaanse benadering té "gerieflik" is en dat daar baie nadele en probleme met so 'n stelsel in die Suid-Afrikaanse konteks kan voorkom. Selfs in die VSA bestaan daar inisiatiewe om 'n strenger houding ten opsigte van die skuldenaar in te neem, deur byvoorbeeld die Bankruptcy Abuse Prevention and Consumer Protection Act van 2005 (BAPCPA) wat "attempts to, among other things, make it more difficult for some consumers to file bankruptcy under Chapter 7. Some of these consumers may instead utilize Chapter 13". Daar is Amerikaanse skrywers wat erken156 dat as skuldenare té toegeeflik behandel word, hulle baie makliker skuld kan aangaan en hul bates baie gemakliker kan verkwis in plaas daarvan om dit vir die betaling van hul skuldeisers te gebruik. Ander skrywers beklemtoon dat "the fresh start is only available to the honest but unfortunate debtor" en dat hierdie beperking 'n "moralistic strain in fresh start analysis" weerspieël wat nie geïgnoreer kan word nie. 'n Baie interessant ontwikkeling in die Amerikaanse insolvensiereg is dat onlangse wysigings aan die Bankruptcy Code die beskikbaarheid van 'n "fresh start" beperk. Hierdie wysiging is gebaseer op die aanname dat baie skuldenare die stelsel oneerlik gebruik om die betaling van hul skulde te vermy, wat hulle inderdaad sou kon doen. Volgens Ferriell en Janger was die meeste van die groot wysigings aan die huidige Bankruptcy Code, sedert sy oorspronklike instelling in 1978, grootliks pro-skuldeiser. Alhoewel daar uitroepe was, in die nasleep van die finansiële krisis wat reeds in 2007 begin het, dat die Kongres die pendulum in die teenoorgestelde rigting moet swaai, het daar volgens hulle tot dusver nog niks van gekom nie.157

Nietemin meen ek dat dit aanvaarbaar is om die stigma wat aan sekwestrasies kleef, te verminder. Dit is ook aanvaarbaar om die tydperk wanneer rehabilitasie en outomatiese rehabilitasie intree, te verminder tot wat nodig is om die administrasie van 'n insolvente boedel (insameling van bates en die verdeling van die opbrengs van daardie bates onder die skuldeisers) af te handel. Dit sal, en dit is my standpunt aangaande hierdie aangeleentheid, goed wees om dan die openbare diskwalifikasies slegs ten opsigte van roekelose, oneerlike en leuenagtige skuldenare op te lê deur iets soos die BRO-prosedure aan te wend na 'n skuldvrystelling en rehabilitasie. Maar dan moet hierdie stelsel van BRO behoorlik werk en in Suid-Afrika bestaan daar tans nog nie so-iets nie. Hierdie geleentheid gaan ook misbruik word om die standpunt te stel dat die totstandbrenging van 'n goeie, doeltreffende, behoorlike en betroubare sekwestrasieprosedure en -proses in Suid-Afrika, geskoei op die ingesteldheid van spoedige reorganisasie en rehabilitasie; besigheidsredding; betroubare en geloofwaardige "nuut begin" of "vars begin" van 'n skuldenaar; net bereik kan word met die instel van afsonderlike insolvensiehowe met afsonderlike, amptelike kurators-of likwidateursrade wat daarin funksioneer.

 

BIBLIOGRAFIE

Literatuur

American Bar Association Guide to Credit and Bankruptcy 2de uitg (Random House New York 2009)        [ Links ]

Baird DG Elements of Bankruptcy 6de uitg (Foundation Press St Paul 2014)        [ Links ]

Blum BA Bankruptcy and Debtor/Creditor 6de uitg (Wolters Kluwer New York 2014)        [ Links ]

Drake WH en Strickland CS Chapter 11 Reorganizations 2e uitg (Thomson Reuters New York 2013-2014)        [ Links ]

Efra R "Bankruptcy Stigma: Plausible Causes for Shifting Norms" 2006 EBDJ 481-519        [ Links ]

Elias S en Bayer L The New Bankruptcy: Will It Work for You? (Nolo Berkeley CA 2013)        [ Links ]

Elias S, Michon K en Dzikowski P Chapter 13 Bankruptcy: Keep Your Property and Repay Debts Over Time 12de uitg (Nolo Berkeley CA 2014)        [ Links ]

Elias S, Renauer A en Leonard R How to File for Chapter 7 Bankruptcy 7de uitg (Nolo Berkeley CA 1998)        [ Links ]

Feeney JF, Williamson MG en Stephan MJ Bankruptcy Law Manual - Vol 2 5de uitg (Thomson Reuters New York 2014)        [ Links ]

Ferriell JT en Janger EJ Understanding Bankruptcy 3de uitg (LexisNexis San Francisco 2013)        [ Links ]

Gerber MA Business Reorganizations: Teacher's Manual 3de uitg (LexisNexis New Providence 2015)        [ Links ]

Howard M Bankruptcy: Cases and Materials 5de uitg (Thomson St Paul MN 2012)        [ Links ]

LoPucki LM Strategies for Creditors in Bankruptcy Procedings 6de uitg (Wolters Kluwer New York 2015)        [ Links ]

Lumb RD The Constitutions of the Australian States 5de uitg (University of Queensland Press St Lucia 1991)        [ Links ]

Mars WH, Bertelsmann E en Nagel CJ The Law of Insolvency in South Africa 9de uitg (Juta Kaapstad 2008)        [ Links ]

Meskin PM ea Insolvency Law (Butterworths Durban 1990)        [ Links ]

Momsem R "The Right of the Senate to Exclude a Senator-Elect" 1928 The Notre Dame Lawyer 3-21        [ Links ]

Murphy PA Creditors' Rights in Bankruptcy 2de uitg (Thomson St Paul MN 2002)        [ Links ]

Roe MJ Corporate Reorganization and Bankruptcy: Legal and Financial Materials (Foundation Press New York 2000)        [ Links ]

Salerno TJ en Kroop JA Bankruptcy Litigation and Practice: A Practitioner's Guide 4de uitg (Wolters Kluwer New York (Byhouersdiens 2014))        [ Links ]

Scarberry MS ea Business Reorganization in Bankruptcy: Cases and Materials 4de uitg (Thomson St Paul MN 2012)        [ Links ]

Sharrock R ea Hockly se Insolvensiereg 4de uitg (Juta Kaapstad 2012)        [ Links ]

Smith C The Law of Insolvency 3de uitg (Butterworths Durban 1991)        [ Links ]

Steinfeld SM and Steinfeld BR The Family Lawyers Guide to Bankruptcy: Forms, Tips, and Strategies (ABA Chicago 2008)        [ Links ]

Tabb CJ en Brubaker R Bankruptcy Law: Principles, Policies, and Practice 3de uitg (LexisNexis San Francisco 2010)        [ Links ]

Tribe J "Parliamentarians and Bankruptcy: The Disqualification of MPs and Peers from Sitting in the Palace of Westminster" 2014 King's Law Journal 79-101        [ Links ]

Ventura J The Bankruptcy Handbook (Kaplan New York 2008)        [ Links ]

Warren WD, Bussel DJ en Skeel DA Bankruptcy 9de uitg (Foundation Press New York 2012)        [ Links ]

Whaley DJ en Morris JW Probeems and Materials on Debtor and Creditor Law 5de uitg (Kluwer New York 2013)        [ Links ]

Williamson JH The Attorney's Handbook on Small Business Reorganization under Chapter 11 6de uitg (Argyle Colorado 2006)        [ Links ]

Regspraak

Australië

Nile v Wood(1988) 167 CLR 133; 76 ALR 91

Sykes v Australian Electirial Commission (1993) 115 ALR 645; 67 ALJR 714

South Africa

Commissioner, South African Revenue Services v Hawker Air Services (Pty) Ltd, Commissioner, South African Revenue Services v Hawker Aviation Services Partnership 2006 4 SA 292 (HHA)

Escom v Rademeyer 1985 2 SA 654 (T)

Kail v Decotex (Pty) Ltd 1988 1 SA 943 (A)

Laeveldse Koöperasie Bpk v Joubert 1980 3 SA 1117 (T)

Naidoo v Matlala 2012 1 SA 783 (GNP)

Sanddune CC v Catt 1998 2 SA 461 (SOK)

Santino Publishers CC v Waylite Marketing CC 2010 2 SA 53 (GS)

Paizes v Phitides 1940 WLD 189

Reliance Agencies (Pty) Ltd v Patel 1946 CPD 463

Standard Bank of SA Ltd v Sewpersadh 2005 4 SA 148 (K)

Storti v Nugent 2001 3 SA 783 (W)

Zadi v Body Corporate of Outeniqua 2011 JOL 27756 (GN)

Verenigde State van Amerika

Burnett v Stewart Title Inc (In re Burnett) 635 F 3d 169 (5th Cir 2011)

In re Laracuente 891 F 2d 17 (1st Cir 1989)

Local Loan Co v Hunt 292 US 234 (1934)

Myers v TooJay's Management Corp 640 F 3d 1278 (11th Cir 2011)

Rea v Federated Inventors 627 F 3d 937 (3d Cir 2010)

Wetgewing

Australië

Commonwealth of Australië Constitution Act, 1900 (Australiese Grondwet)

Brittanje

Bankruptcy Act, 1986

Enterprise Act, 2002

Insolvency Act, 1986 (Engeland, Wallis, Noord Ierland)

Kanada

The Constitution Act, 1867

Suid-Afrika

Grondwet van die Repubiiek van Suid-Afrika, 1996

Inkomstebelastingwet 58 van 1962

Insolvensiewet 24 van 1936

Wet op die Belasting op Toegevoegde Waarde 98 van 1991

Verenigde State van Amerika

Bankruptcy Abuse Prevention and Consumer Protection Act, 2005

Constitution of the United States of America, (Amerikaanse Grondwet; USC)

Staatspublikasies

GN R48 in GG 999 van 12 Januarie 1965 (Uniforme Hofreëls)

Internet bronne

African News Agency 2015 Malema-sekwestrasie: SAID Sê Waarom Hy Bevel Terugtrek http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/malema-sekwes-trasie-said-se-waarom-hy-bevel-terugtrek/ besoek 3 Junie 2015        [ Links ]

City Press 2014 Sequestration Order against Malema Extended to 2015 http://www.citypress.co.za/news/malemas-sequestration-order-extended-2015/ besoek 28 Maart 2015        [ Links ]

City Press 2014 Who is Settling Julius Malema's Taxes? http://www.citypress.co.za/politics/paybackthemoney-settling-julius-malemas-taxes/ besoek 28 Maart 2015        [ Links ]

City Press 2014 Julius Malema Reaches Agreement with Sars http://www.news24.com/Archives/City-Press/Julius-Malema-reaches-agreement-with-Sars-20150429 besoek 28 Maart 2015        [ Links ]

City Press 2015 Sars Prolonging Malema Tax Issue for Political Reasons -Lawyer http://www.news24.com/Archives/City-Press/Sars-prolonging-Malema-tax-issue-for-political-reasons-lawyer-20150429 besoek 28 Maart 2015        [ Links ]

Insolvency Service 2014 Bankruptcy: Additional Effects of a Bankruptcy Restrictions Order or Undertaking https://www.gov.uk/government/publications/bankruptcy-additional-effects-of-a-bankruptcy-restrictions-order-or-undertaking besoek 2 April 2015        [ Links ]

Munroe S Date Unknown What Kind of Professional Jobs Are Affected by Bankruptcy? http://work.chron.com/kind-professional-jobs-affected-bankruptcy-16232.html besoek 2 April 2015        [ Links ]

PayPlan Date Unknown Ask the Expert https://www.payplan.com/debt_questions/debt_forum/viewtopic.php?f=6&t=1693 besoek 2 April 2015        [ Links ]

LYS VAN AFKORTINGS

ABA American Bar Association

ANA African News Agency

BAPCPA Bankruptcy Abuse Prevention and Consumer Protection Act

BC Bankruptcy Court

BROs Bankruptcy Restriction Orders

DIP debtor in possession

EBDJ Emory Bankruptcy Developments Journal

EEOC Equal Employment Opportunity Commission

FSA Financial Services Authority

MP Lid van die Parlement

SARS Suid-Afrikaanse Inkomstediens

VSA Verenigde State van Amerika

 

 

1 Sien City Press 2014 http://www.news24.com/Archives/City-Press/Julius-Malema-reaches-agreement-with -Sars-20150429.
2 Sien City Press 2015 http://www.news24.com/Archives/City-Press/Sars-prolonging-Malema-tax-issue-for-political-reasons-lawyer-20150429. Bewerings is gemaak dat SARS uitstel gevra het om ondersoek in te stel na die oorsprong van die maandelikse paaiemente wat namens Malema aan SARS betaal word. Daar is beweer dat SARS wou vasstel of "vuil geld" van enige bron gebruik is om die paaiemente te betaal, want as dit die geval is, sou dit die ooreenkoms tussen SARS en Malema in gevaar stel en daarbenewens sal SARS wil weet of die betalers skenkingsbelasting op die bydraes betaal het. Blykbaar het die ooreenkoms tussen mnr Malema en SARS hom verplig om sy finansiële sake bloot te lê en 'n volle en verifieerbare bekendmaking van sy bates, laste en inkomstebronne te maak. Sien City Press 2014 http://www.citypress.co.za/politics/paybackthemoney-settling-julius-malemas-taxes/.
3 Volgens SARS het mnr Malema nie die bg ooreenkoms nagekom nie, maar mnr Malema se prokureur het beweer dat die skuld betaal is. Sien City Press 2014 http://www.citypress.co.za/news/malemas-sequestration-order-extended-2015/.
4 Sien City Press 2014 http://www.citypress.co.za/news/malemas-sequestration-order-extended-2015/.
5 Op 1 Junie 2015 het die regter die voorlopige sekwestrasiebevel opgehef nadat SARS die aansoek vir 'n finale bevel teruggetrek het. Sien ANA 2015 http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sanuus/malema-sekwestrasie-said-se-waarom-hy-bevel-terugtrek/.
6 Hierna "die Grondwet".
7 Artikel 47(1)(c) van die Grondwet.
8 Artikel 62 van die Grondwet.
9 Artikel 106(1)(c) van die Grondwet
10 Hierna "die VSA" en "Amerikaanse".
11 Deur die Bankruptcy Abuse Prevention and Consumer Protection Act, 2005 (BAPCPA).
12 Sien aa 9-12 van die Insolvensiewet 24 van 1936, hierna "die Insolvensiewet.
13 Daar móét eers 'n bevel nisi uitgereik word. Sien a 12 van die Insolvensiewet
14 Artikel 10(a) saamgelees met a 9(1) van die Insolvensiewet Sien ook Meskin ea Insolvency Law para 2.1. Hierdie bedrae is belaglik min en behoort na my mening aansienlik opgeskuif te word. 'n Eisbedrag van R5 000 (en R7 000 vir meer as 1 skuldeiser) kom in gedagte.
15 Alternatiewe vorme van diening van die bevel nisi is nie nou relevant nie.
16 Die manlike vorm van skuldenaar sal deurgaans gebruik word, terwyl dit ook die vroulike vorm insluit.
17 Kragtens a 91(1)(c) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962. Sien ook a 40(2)(c) van die Wet op die Beaasting op Toegevoegde Waarde 98 van 1991; Meskin ea Insolvency Law para 2.1.
18 In die saak van Commissioner, South African Revenue Services v Hawker Arr Services (Pty) Ltd, Commissioner, South African Revenue Services v Hawker Aviation Services Partnership 2006 4 SA 292 (HHA) het die hof sover gegaan as om te beslis dat met verwysing na die bepalings van die Inkomstebelastingwet, die hof wat die sekwestrasie-aansoek aanhoor nie eers die korrektheid van die belastingaanslag mag bevraagteken nie.
19 Sien Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 107.
20 Sien ook Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 107.
21 Dit bevestig my standpunt dat die bedrag van R100 onbenullig is. As 'n uitstaande skuld van R10 000 argumentsonthalwe ter sprake is, wie sal dan nog wil voortgaan met 'n saak as bloot R100 of minder uitstaande is?
22 Paizes v Phitides 1940 WLD 189.
23 Reliance Agencies (Pty) Ltd v Patel 1946 CPD 463.
24 Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 108.
25 Kyk Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 107 vn 62. Sien verder die opmerking hieronder oor die ooreenkoms oor betaling tussen SARS en mnr Malema.
26 Sien die opmerking hieronder in para 2.2 en vn 36 oor die aansoek vir die opheffing van die voorlopige sekwestrasiebevel van mnr Malema.
27 Sien in die algemeen Meskin ea Insolvency Law para 2.1. Sien ook Laeveldse Koöperasie Bpk v Joubert 1980 3 SA 1117 (T) vir 'n verduideliking tov "bona fide geskil".
28 Die onbetwiste deel van die eis is maw R100 of meer en daardie deel word uitdruklik of implisiet deur die partye erken. Sien Laeveldse Koöperasie Bpk v Joubert 1980 3 SA 1117 (T).
29 Kalil v Decotex (Pty) Ltd 1988 1 SA 943 (A). Sien ook Santino Publishers CC v Waylite Marketing CC 2010 2 SA 53 (GS).
30 GN R48 in GG 999 van 12 Januarie 1965 (Uniforme Hofreëls).
31 Kalil v Decotex (Pty) Ltd 1988 1 SA 943 (A).
32 Sanddune CC v Catt 1998 2 SA 461 (SOK) 465D-H.
33 Sien Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 129. Die skrywers wys daarop dat die terugtrekking van die aansoek volledig en onvoorwaardelik moet wees en dat dit nie aan enige terme wat tussen die sekwestrerende skuldeiser en die skuldenaar ooreengekom is/word, onderworpe mag wees nie. Meskin ea Insolvency Law para 15.1.6.2.
34 Herroep, tersyde stel, ophef.
35 Artikel 11(3) van die Insolvensiewet. Sien ook Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 128; Meskin ea Insolvency Law para 2.1.10.
36 Daar moet dus so 'n aansoek wees. Uit die uitspraak van Zadi v Body Corporate of Outeniqua 2011 JOL 27756 (GN) paras 5-6 is dit duidelik dat die hof die voorlopige sekwestrasiebevel nie mero motu sal terugtrek of wysig nie. Vir 'n volledige uiteensetting van die bevoegdheid van die hof mbt die terugtrekking van 'n sekwestrasiebevel, sien ook Naidoo v Matlala 2012 1 SA 783 (GNP) 152-153.
37 Storti v Nugent 2001 3 SA 783 (W).
38 Storti v Nugent 2001 3 SA 783 (W).
39 Meskin ea Insolvency Law para 15.1.6.2. Vir 'n verdere, meer intensiewe bespreking van hierdie aspek, sien Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 25 en die regspraak hierbo na verwys.
40 Die rede hiervoor is die feit dat die skuldenaar betyds beëdigde verklarings waarin sy gronde vir opponering uiteengesit word, by die Griffier moet liasseer en op die appliserende skuldeiser moet dien. "Betyds liasseer" beteken dat die applikant voldoende tyd gegun moet word om op die verklarings te antwoord.
41 Soos wat weliswaar gebeur het in die aangeleentheid waarna hierbo verwys is.
42 Sien die onlangse saak van Standard Bank of SA Ltd v Sewpersadh 2005 4 SA 148 (K) 153 vir die status van 'n applikant se funderende verklaring, die toelaatbaarheid daarvan om verdere beëdigde verklarings by te voeg en die effek van nuwe aangeleenthede in die applikant se repliserende verklaring.
43 Die vraag is of die "redelike tydperk" nie in die onderhawige geval al oorskry was nie? Myns insiens wel. Die stappe waardeur die partye sedert vroeg 2014 al gegaan het, blyk op die oog af 'n onnodige uitrek van die proses te gewees het. Dit moet egter toegegee word dat die ondersoek waarmee SARS waarskynlik besig was, meer tyd benodig het as die gewone geval.
44 Escom v Rademeyer 1985 2 SA 654 (T).
45 Sien ook Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 133; Meskin ea Law of Insolvency para 2.1.13.
46 Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 133. Meskin ea Law of Insolvency para 2.1.13 huldig min of meer dieselfde standpunt.
47 'n Aspek wat vir doeleindes van hierdie ondersoek nie relevant is nie.
48 Sien in die algemeen Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 181 ev; Meskin ea Law of Insolvency para 5.
49 Sien bv a 23 van die Insolvensiewet; Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 172; Meskin ea Law of Insolvency paras 5.13, 5.14.
50 Dus, as die vereiste toestemming verkry is, is daar geen beletsel om sodanig betrokke te wees nie.
51 Dat daar heelwat oor hierdie onderwerp te sê is, is waar, maar nie nou relevant nie.
52 Vir 'n meer volledige verwysing en bespreking, sien Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 172; Sharrock ea Insolvensiereg 70 ev.
53 Artikel 47(1)(c) van die Grondwet.
54 Artikel 62 van die Grondwet.
55 Artikel 106(1)(c) van die Grondwet.
56 Sien Baird Elements of Bankruptcy 8.
57 Met die fokus van hierdie ondersoek, nl die verkiesing tot en die funksionering as lid van die Amerikaanse Kongres, in gedagte.
58 En "filing a petition (for bankruptcy)" as 'n aansoek vir sekwestrasie.
59 Howard Bankruptcy 15.
60 Soos ook die Suid-Afrikaanse gemenereg was. Sien Smith Law of Insolvency 5 ev.
61 Sien ook die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse insolvensiereg soos verduidelik in Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 6 ev.
62 Sien ook Efra 2006 EBDJ 481-519. Hierdie selfde neiging is te bespeur ook wat die ontwikkeling in die Romeins-Hollandse en Suid-Afrikaanse insolvensiereg betref. Sien Smith Law of Insolvency 5 ev; Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 6 ev.
63 Die Bankruptcy Code kom voor in Title 11.
64 Howard Bankruptcy 16. Na 'n hele oorsig oor die Amerikaanse "bankruptcy procedure" konkludeer Efra 2006 EBDJ 518 dat met die kulturele revolusie vanaf die 50-ger en 60-ger jare in die VSA (wat persoonlike vervulling beklemtoon het en persoonlike verantwoordelikheid grotendeels verwerp het) finansiële mislukking meer en meer as die gevolg van eksterne faktore, soos resessie, inflasie, gebrek aan welvaart, en die uitlener se optrede beskou is. Hierdie veranderende norme tov persoonlike bankrotskap is aan die een kant veroorsaak deur 'n verandering in die gemeenskap se ingesteldheid vanaf spaar na verbruik (Sien in hierdie verband ook Elias, Renauer en Leonard How to File for Chapter 7 Bankruptcy 7.) Aan die ander kant was daar volgens hierdie skrywer ook 'n afname in die sterkte van "norm enforcement mechanisms" (Efra 2006 EBDJ 518). "Not only have Americans become less vulnerable to external norm sanctions, the forcefulness of norm sanctions has dramatically declined over time as a result of weakening cultural cohesiveness in the United States. The looser the cultural structure, the weaker society is in forcing the individual to conform" (Efra 2006 EBDJ 514). Tradisioneel het insolvente persone dus "eksterne sanksies" van die gemeenskap in die gesig gestaar. Met die revolusie is die "formele" eksterne sanksies verwerp en "informele" eksterne sanksies het oneffektief geraak. Ook "norm internalisering" het ' minder kragtige afskrikmiddel geword (Efra 2006 EBDJ 519). Wat die skrywer bedoel is dat individue begin agterkom het dat so baie ander in die gemeenskap vir sekwestrasiebeskerming aansoek doen. Sekwestrasies was nie meer iets snaaks nie. Die verbruiker was nie meer skaam daaroor nie.
65 Sien 11 USC § 101; Baird Elements of Bankruptcy 7.
66 Elias en Bayer New Bankruptcy 8/3. Sien ook Blum Bankruptcy and Debtor/Creditor 95.
67 Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 1. Hierdie skrywers erken tog ook dat as skuldenare té toegeeflik behandel word, hulle baie makliker skuld kan aangaan en hul die bates wat hulle bymekaar gemaak het baie gemakliker kan verkwis in plaas daarvan om dit vir die betaling van hul skuldeisers te gebruik. Na my mening is hierdie benadering nog grootliks die oorheersende ingesteldheid tov die insolvent in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg.
68 Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 1 wys daarop dat soortgelyke doelwitte en kommer bestaan by besighede wat wil reorganiseer, maar gee toe dat korporasies wat likwideer nie 'n "fresh start" benodig of kry nie. Hulle hou bloot op om te bestaan.
69 Baird Elements of Bankruptcy 32 (klem ingevoeg).
70 Sien verder Baird Elements of Bankruptcy 37-44.
71 ABA Guide to Credit and Bankruptcy 239.
72 En dus 'n groot stap verder gaan as die Suid-Afrikaanse insolvensiereg tans.
73 In Suid-Afrika is dit 'n mosie-aansoek. Sien Reël 6(1) Uniforme Hofreëss, Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 67, 121.
74 Vir 'n volledige bespreking hiervan, sien in die algemeen Blum Bankruptcy and Debtor/Creditor; Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual, Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy; Elias, Michon en Dzikowski Chapter 13 Bankruptcy, Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice, Tabb en Brubaker Bankruptcy Law, Drake and Strickland Chapter 11 Reorganizations, Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy, Howard Bankruptcy, Scarberry ea Business Reorganization in Bankruptcy, Warren Bankruptcy, Williamson Small Business Reorganization; Roe Corporate Reorganization and Bankruptcy, Ventura Bankruptcy Handbook.
75 Howard Bankruptcy 17 vestig die aandag op die mees aangehaalde saak oor die insolvensiereg in die VSA nl Local Loan Co v Hunt 292 US 234 (1934) en verduidelik die uitspraak (klem ingevoeg) op 244 dat "bankruptcy gives to the honest but unfortunate debtor who surrenders for distribution the property which he owns at the time of bankruptcy, a new opportunity in life and a clear field for future effort, unhampered by the pressure and discouragement of preexisting debt." Whaley en Morris Debtor and Creditor Law 2 verwys ook na hierdie saak wanneer hulle verklaar dat "(b)ankruptcy law has two primary goals: It seeks the orderly and equitable repayment of claims for benefit of creditors, and it offers an economic fresh start to the proverbial 'honest but unfortunate debtor'". Tog noem hulle ook dat "(i)n some ways, these goals conflict. The more assets we permit a debtor to keep, the 'fresher' the debtor start. On the other hand, the debtor's retention of the assets lessens the amount that the creditors can recover in satisfaction of their claims".
76 Roe Corporate Reorganization and Bankruptcy 1.
77 Roe Corporate Reorganization and Bankruptcy 2.
78 Sien Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 120, 160 en 165.
79 "Filing for bankruptcy" of "petition for Chapter 7".
80 Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 77; Warren Bankruptcy 20.
81 Elias en Bayer New Bankruptcy 8/3. Dit is anders as in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg waar 'n kurator deur die skuldeisers verkies word.
82 Ventura Bankruptcy Handbook 115,136; Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 8-11.
83 Sien LoPucki Strategies for Creditors 23.
84 Natuurlik het bedrog en oneerlikheid deur die jare hoogty gevier, sodat die wetgewer in 2005 die "means test" op die wetboek geplaas het. Sien bv LoPucki Strategies for Creditors 250; Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 117; Baird Elements of Bankruptcy 34 ev; Ventura Bankruptcy Handbook 128. Dit is 'n redelik ingewikkelde toets om te bepaal of die aansoeker se inkomste onder die mediaan val van huishoudelike inkomste vir die staat waarin hy woon. Slegs dan kan hy deesdae 'n Chapter 7 aansoek bring. Dit stel ook die vereiste dat skuldenare verpligte skuldberading ondergaan voordat die liassering van die petisie vir sekwestrasie gedoen kan word.
85 Volgens ABA Guide to Credit and Bankruptcy 228 neem dit so 4-6 maande na die aansoek. Volgens Elias, Renauer en Leonard How to File for Chapter 7 Bankruptcy 10 neem dit slegs so 3 maande en volgens Elias en Bayer New Bankruptcy 1/4 neem dit 3-6 maande.
86 LoPucki Strategies for Creditors 23, 62 ev; Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 183.
87 Baird Elements of Bankruptcy. Een rede is waarskynlik die feit dat as die hof die verpligte aansoek weier, die appliserende skuldeisers beveel kan word om enige skade te vergoed wat deur die beslagneming van die skuldenaar se bates deur die kurator veroorsaak is (11 USC 303(i)(1)). Daarbenewens kan die hof ook vonnis teen die skuldeiser wat die aansoek mala fide gebring het, gee vir enige skade wat die onmiddellik daardeur veroorsaak is (11 USC § 303(i)(2); Williamson Small Business Reorganization 209, 214; LoPucki Strategies for Creditors 24, 252; Warren Bankruptcy 20.
88 Die staatlike reg bepaal welke bates buite die boedel val, maar sommige state laat toe dat die skuldenaar self besluit om die federale vrystellings te gebruik en hierdie twee mag baie verskil. Die skuldenaar kan dan daardie reëls gebruik wat hom die meeste bates laat behou (Elias en Bayer New Bankruptcy 1/6). Sien ook American Bar Association Guide to Credit and Bankruptcy 245; Ventura Bankruptcy Handbook 135.
89 ABA Gudde to Credit and Bankruptcy 243, 245; Elias en Bayer New Bankruptcy 1/6; Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 690.
90 LoPucki Strategies for Creditors 36; Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 193; Whaley en Morris Debtor and Creditor Law 2.
91 Warren Bankruptcy 177-180.
92 Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual 1410.
93 Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual 1344. LoPucki Strategies for Creditors 207 verklaar oor die effek van hierdie gap period dat skuldenare "can continue to operate the business and use the collateral until the court orders otherwise. Thus ... the debtor will have much of the best of both worlds, perhaps to the detriment of creditors."
94 Sien verder Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 192-193. 'n Voorlopige kurator ("interim trustee") kan wel in hierdie tyd op versoek van die skuldeisers aangestel word. Sien ook Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual 1411.
95 11 USC §§ 502(f), 507(3)(a). Sien ook LoPucki Strategies for Creditors 315, 534.
96 Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual 1415.
97 Kyk 11 USC § 706(a). Sien ook LoPucki Strategies for Creditors 24, 336.
98 Williamson Small Business Reorganization 213.
99 Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 551 ev. Sien in die algemeen ook Gerber Business Reorganizations, Williamson Small Business Reorganization 11.
100 Besighede met ernstige skuldprobleme wat deur hul skuldeisers vir betaling geteister word, doen onmiddellik aansoek vir 'n Chapter 11 "sekwestrasie" (of te wel besigheid reorganisasie).
101 LoPucki Strategies for Creditors 20; Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Gudde to Bankruptcy 4, 70.
102 Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 552 wys daarop dat die aansoeker slegs hoef te bewys dat die skuldenaar nie sy skuld betaal soos dit verskuldig raak nie of dat 'n "custodian" reeds oor sy boedel aangestel is.
103 Sien para 3.2 hierbo vir die effek van 'n reorganisasie.
104 Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Gudde to Bankruptcy 68-70.
105 Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 21; Williamson Small Business Reorganization 209.
106 11 USC § 1121 gee 'n tydperk van 120 dae. As dit nie suksesvol is nie, kan die skuldeisers 'n kompeterende plan voorstel (Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 22, 580).
107 Net soos by akkoord in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg (sien a 119 van die Insolvensiewet 24 van 1936) is die stemming taamlik ingewikkeld, met verwysing na wie en hoe gestem word en hoeveel meerderheid vereis word. Die aanvaarde ooreenkoms bind alle skuldeisers, hoewel daar 'n sekere prosedure betrokke is mvn sekere groepe skuldeisers. Sien Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 632 ev.
108 11 USC § 303(a); Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 77; Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 8-10.
109 Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 8-10. Waar die skuldeisers die aansoek rig, stel hulle uit die aard van die saak die betalingsplan voor.
110 Hierna DIP. Sien verder Murphy Creditors' Rights in Bankruptcy 567; Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 77.
111 Tensy en totdat die hof die aanstelling van 'n kurator beveel. By Ch 11 gebruik die "interested party" § 1104 om 'n voorlopige kurator te laat aanstel (Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual 1415). Of die skuldenaar kan die aansoek na 'n Chapter 7 sekwestrasie omskep (LoPucki Strategies for Creditors 21; Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 165).
112 Sien 11 USC § 1107(a); Scarberry ea Business Reorganization in Bankruptcy 14, 21, 28, 84.
113 Williamson Small Business Reorganization 92.
114 Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 8-11.
115 Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 172; Drake and Strickland Chapter 11 Reorganizations 54.
116 Drake and Strickland Chapter 11 Reorganizations 55; Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 17. Ventura Bankruptcy Handbook 112 meld dat besighede wat as eenmansake bedryf word en in besigheid wil bly, ook 'n Chapter 13 kan liasseer.
117 Drake and Strickland Chapter 11 Reorganizations 55. In hierdie geval is 'n kurator in plek, maar hy is bloot 'n "staande" kurator en nie 'n likwiderende kurator nie (Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 72). Hy dien bloot as 'n uitbetalingsagent en raadgewer van die hof (Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 71). Sien ook LoPucki Strategies for Creditors 21.
118 Steinfeld and Steinfeld Family Lawyer's Guide to Bankruptcy 70-71; LoPucki Strategies for Creditors 21.
119 Agv die "means test" (Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 117) wat impliseer dat hy te veel bates of inkomste het om 'n Chapter 7 sekwestrasie aanhangig te maak.
120 Drake and Strickland Chapter 11 Reorganizations 55.
121 LoPucki Strategies for Creditors 22. Soms word wel die volle skuld aangebied.
122 LoPucki Strategies for Creditors 22.
123 Ventura Bankruptcy Handbook 116, 137-138.
124 ABA Guide to Credit and Bankruptcy 220. Die algemene reël in die Suid-Afrikaanse reg is dieselfde. Sien bv Mars, Bertelsmann en Nagel Law of Insolvency 242.
125 Elias, Michon en Dzikowski Chapter 13 Bankruptcy 181, 228-229; Ventura Bankruptcy Handbook 96.
126 Ventura Bankruptcy Handbook 101.
127 Ventura Bankruptcy Handbook 104.
128 Ventura Bankruptcy Handbook 106. Sien ook Efra 2006 EBDJ 484.
129 Dit sluit in die weiering, intrekking, opskorting of weiering om die volgende te hernu: 'n lisensie, permit, kontrak, franchise, en ander soortgelyke toekennings.
130 Elias, Michon en Dzikowski Chapter 13 Bankruptcy 229; Elias The New Bankruptcy: Will it work for You? 8/4.
131 Elias, Michon en Dzikowski Chapter 13 Bankruptcy 229; Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 5-55; Warren Bankruptcy 169-170; Elias, Renauer en Leonard How to File for Chapter 7 Bankruptcy 281-282; Elias en Bayer New Bankruptcy 8/3.
132 Waarskynlik sal dit dan 'n geldige rede wees as die afdanking of diensbeëindiging te wyte is aan die feit dat die betrokke werknemer se maatskappy sy besigheid afskaal of sy arbeidsmag verminder op 'n andersins regsgeldige wyse. As daar 'n ander rede vir die staat was behalwe die feit dat die skuldenaar 'n "discharge" verleen is, wat die onmiddellike oorsaak ("proximate cause") van die afdanking is, is dit toelaatbaar (Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 522-526). Ferriell en Janger bespreek hierdie aspek as 'n effek van die vrystelling ("discharge") na sekwestrasie afgehandel is. Die betrokke bepaling gebruik egter woorde tot die effek dat dit nie net na 'n vrystelling geld nie, maar selfs wanneer die skuldenaar nog net onder sekwestrasie is.
133 Elias, Renauer en Leonard How to File for Chapter 7 Bankruptcy 281-282; Elias en Bayer New Bankruptcy 8/3.
134 Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 527; Warren Bankruptcy 169-170. Sien In re Laracuente 891 F 2d 17 (1st Cir 1989) waar die hof § 525(b) eng geïnterpreteer het en bevind het dat daar diskriminasie is as die werknemers se afdanking die gevolg was van die liassering van die aansoek vir sekwestrasie alleen. Die hof het op die verskil in bewoording tussen § 525(a) en § 525(b) gewys. Lg bevat nie uitdruklike woorde wat 'n private werkgewer verbied om iemand nie in diens te neem gebaseer op sy sekwestrasie nie. Sien ook Myers v TooJay's Management Corp 640 F 3d 1278 (11th Cir 2011) waarin gesê word: "Interpreting 'discriminate with respect to employment' to include hiring decisions would make the phrase 'deny employment' in § 525(a) (and absent from § 525(b)) superfluous. Accordingly, private employers are still permitted, under § 525(b), to deny employment to an applicant based on that applicant's prior bankruptcy filing." Sien ook die bespreking in Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 5-56.1.
135 Sien ook Elias en Bayer New Bankruptcy 8/4; Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 5-56.1.
136 Sien bv Burnett v Stewart Title Inc (In re Burnett) 635 F 3d 169 (5th Cir 2011).
137 Sien bv Rea v Federated Inventors 627 F 3d 937 (3d Cir 2010). Hierdie uitspraak het dieselfde strekking as die Myers v TooJay's-saak hierbo. Kyk ook Warren Bankruptcy 171; Elias, Michon en Dzikowski Chapter 13 Bankruptcy 229; Salerno en Kroop Bankruptcy Litigation and Practice 5-56.1; Howard Bankruptcy 731-732.
138 Elias, Renauer en Leonard How to File for Chapter 7 Bankruptcy 282.
139 Munroe Date Unknown http://work.chron.com/kind-professional-jobs-affected-bankruptcy-16232.html.
140 Munroe Date Unknown http://work.chron.com/kind-professional-jobs-affected-bankruptcy-16232.html.
141 Ventura Bankruptcy Handbook 95.
142 Elias en Bayer New Bankruptcy 8/4. "While employers need your permission to run a credit check, employers can also refuse to hire you if you don't consent" (Elias en Bayer New Bankruptcy 8/5). Dit is maw toelaatbaar in die Amerikaanse reg om slegte krediet wat gewoonlik 'n sekwestrasie-aansoek voorafgaan, te oorweeg. Maatskappye doen dit gewoonlik wanneer 'n posisie finansies, boekhouding, kontant of waardevolle voorraad betrek en wanneer 'n posisie 'n sekuriteitsklaring vereis. Die US Equal Employment Opportunity Commission (EEOC) hou egter toesig dat onnodige kredietkontrole nie oneweredige gevolge het nie.
143 Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 2. Hulle voeg nietemin ook by: "However, the fresh start is only available to the 'honest but unfortunate debtor'. This limitation reflects a moralistic strain in fresh start analysis that cannot be ignored. It is embodied in many existing provisions in the Bankruptcy Code. For example, a debtor who has engaged in dishonest conduct, such as hiding assets, or lying to the court or creditors, may be denied a discharge (§ 727(a)). Similarly, certain debts that were incurred dishonesty may not be discharged (§ 523(a)(2))."
144 Whaley en Morris Debtor and Creditor Law 47.
145 § 303(f) laat die skuldenaar toe om aan te gaan met sy besigheid. Hy kan voortgaan om sy finansiële sake te bestuur (Feeney, Williamson en Stephan Bankruptcy Law Manual 1411). Die eise wat ontstaan het in die "gap period" (tussen die aansoek vir verpligte sekwestrasie en die sekwestrasiebevel) geniet spesiale prioriteit ingevolge § 507(a)(2) van die BC (Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 195; Williamson Small Business Reorganization 213). § 549(c) beskerm die na-petisie oordragte teen tersydestellings deur die kurator (Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 193-194).
146 Howard Bankruptcy 17. Sien ook Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 1.
147 Sien in die algemeen LoPucki Strategies for Creditors 21; Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 122, 166.
148 Efra 2006 EBDJ 481-519. Sien ook die baie ou artikel van Momsem 1928 The Notre Dame Lawyer 3.
149 Daar bestaan verskillende standpunte oor die vraag of iemand wie se boedel gesekwestreer is, as bevoeg beskou moet word om lid van die land se parlement te wees. In Kanada bepaal artikel 31 van Hoofstuk IV van die Kanadese Grondwet, The Constitution Act, 1867, die diskwalifikasie van 'n senator: "The Place of a Senator shall become vacant in any of the following Cases: ... (3) If he is adjudged Bankrupt or Insolvent, or applies for the Benefit of any Law relating to Insolvent Debtors, or becomes a public Defaulter: ..." Artikel 44 van die Australiese Grondwet (Commonweatth of Australië Constitution Act, 1900 (Imp) Klousule 9 Hoofstuk 1 Deel IV Artikel 44) beskryf die diskwalifikasies van 'n lid van die Parlement vir albei Huise. Een van hierdie vyf kategorieë is 'n ongerehabiliteerde insolvent. Die locus classicus hier is Nile v Wood (1988) 167 CLR 133; 76 ALR 91. Sien ook Sykes v Australian Electirial Commission (1993) 115 ALR 645; 67 ALJR 714. Sodra die hof 'n persoon insolvent verklaar het en daardie persoon nog nie van die insolvensie vrygestel (gerehabiliteer) is nie, is hy/sy gediskwalifiseer (Lumb Constitution of the Commonweatth of Australia 98).
150 Sien die bespreking in Tribe 2014 King's Law Journal 79-101.
151 Sien die Enterprise Act, 2002 ("Disqualification from Office: General Order 2004"). Sien ook PayPlan Date Unknown https://www.payplan.com/debt_questions/debt_forum/viewtopic.php?f=6&t=1693.
152 Artikel 426A van die Insolvency Act, 1986, soos gewysig deur die Enterprise Act, 2002.
153 Insolvency Service 2014 https://www.gov.uk/government/publications/bankruptcy-additional-effects-of-a-bankruptcy-restrictions-order-or-undertaking.
154 Artikel 426B van die Insolvency Act, 1986 soos gewysig deur die Enterprise Act, 2002.
155 Tribe 2014 King's Law Journal 80.
156 In vn 68 hierbo.
157 Ferriell en Janger Understanding Bankruptcy 3, 116.

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons